Koninkryksteologie en sy Menslike Heerskappy

Prof Johan Malan, Universiteit van Limpopo (Februarie 2006)

Miljoene Christene oor die hele węreld word deur die groeiende gety van koninkryksteologie (of heerskappyteologie) gekonfronteer. Dit is ‘n vorm van Christelike humanisme waarin gelowiges hulleself sien as deur die Here gestuur en bemagtig om sy koninkryk tot die voordeel van almal op aarde te openbaar. Die implementering van koninkryksteologie word “rekonstruksionisme” of “transformasie” genoem omdat die samelewing groot veranderings moet ondergaan om ‘n beter lewe vir almal te verseker. Hierdie toestand word soms ook as “hemel op aarde” beskryf en vereis dat die koninkryk van die duisternis eers van sy mag en invloed ontneem sal word.

Die heerskappy-mandaat

Christelike rekonstruksioniste aanvaar Genesis 1:26 as ‘n heerskappy-mandaat of ‘n heerskappy-verbond: “En God het gesę: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip” (Gen. 1:26). Ná die sondvloed is hierdie verbond met Noag hernu (Gen. 9:1-3).

Daar word geargumenteer dat ons in Christus die heerskappy terugkry wat Adam as gevolg van die sondeval verloor het. Die belangrikste implikasie van hierdie siening is dat indien ons heerskappy oor die aarde het, ons ook by die bestuur daarvan, insluitende alle vorms van menslike regering, betrokke moet wees. Om dit te kan doen, moet ons in die geloof ‘n duidelike standpunt oor ons goddelike mandaat inneem. Ons moet ook by geestelike oorlogvoering betrokke raak om Satan van die mag en invloed te ontneem wat hy verkry het toe hy die gevalle Adam van sy godgegewe gesag beroof het.

Die Groot Opdrag (Matt. 28:18-20) word as ‘n inherente deel van die koninkryksmandaat beskou. Die siening word gehuldig dat daar van hele volke dissipels gemaak moet word en dat die heerskappy van Christus deur die kerk, wat sy liggaam is, oor die hele aarde beoefen moet word. Alle mense uit alle lae van die bevolking sal baat vind by die implementering van God se wette deur die kerk, wat die uiterlike manifestasie van sy koninkryk op aarde is.

Peter Wagner verduidelik die heerskappy-mandaat soos volg:

“Ons moet weer na een van die bekendste Bybeltekste kyk: ‘Die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was’ (Luk. 19:10). In die verlede het ons gedink Jesus het gesę: ‘...om te soek en te red diegene wat verlore was,’ en gevolglik die teks op die redding van siele toegepas. Nou besef ons egter dat ons die teks meer letterlik moet opneem, naamlik net ‘wat verlore was.’ Wat is dit wat verlore was en wat Jesus gekom het om te red en te herstel? Die antwoord is in die eerste hoofstuk van Genesis. God se oorspronklike plan was dat Adam en Eva heerskappy oor God se hele skepping moes hę (Gen. 1:28). Hulle was egter ongehoorsaam aan God en het hulle gesag verloor. Satan het dit ingepalm en sodoende die god van hierdie węreld geword. Sy koninkryk sluit al die menslike koninkryke op aarde in (Luk. 4:5-6). Waarom het Jesus gekom? Hy het met sy koninkryk gekom, naamlik die koninkryk van God, om die koninkryk van Satan aan te val met die oog daarop om die heerskappy terug te neem wat in die Tuin van Eden verloor is. Die Heilige Gees praat nou met die kerke en sę dat hulle die nodige stappe moet neem om die samelewing in elke afdeling daarvan te transformeer totdat God se koninkryk op aarde gesien kan word soos wat in die hemel is” (C. Peter Wagner: Transform Society! Global Prayer News, Vol. 6, No. 3, Jul.-Sep. 2005).

‘n Populęre beweging

Die vrede, voorspoed en geluk wat deur hierdie beweging gebied word, maak dit baie populęr onder sakelui en politieke leiers, wat vir hulleself aansienlike voordele in die verwesenliking van die beweging se doelwitte sien. Kerke sal die meeste daarby baat omdat hulle hoër aansien en groot openbare steun sal geniet, ‘n veel hoër inkomste sal hę, asook groter invloed in die samelewing. Naďewe evangeliese Christene sien ook hierin die moontlikheid om gou miljoene mense vir Christus te bereik, en selfs met gemak van hele volke dissipels te maak.

Oppervlakkig beoordeel, blyk koninkryksteologie ‘n baie dinamiese en positiewe beweging te wees om God se krag en seëninge tot die mensdom se beskikking te stel, alle vorms van boosheid te beëindig, mense se lewens aansienlik te verbeter, ‘n siek węreld van al sy ongesteldhede te genees, en die verlorenes na Christus te bring. Is dit ons opdrag om al hierdie dinge doen? Die leerstellige grondslag van hierdie beweging moet eers deeglik ondersoek word voordat enige erkenning of ondersteuning daaraan verleen word.

Die belangrike vraag wat beantwoord moet word, is of hierdie visie in ooreenstemming met die aard en funksies van die kerkbedeling in God se ewige raadsplan vir die mens is. By nadere ondersoek word dit gou duidelik dat koninkryksteoloë al die seëninge, mag en goeie lewensomstandighede van die toekomstige koninkryksbedeling wat eers ná die koms van die Koning sal aanbreek, geneem en op die huidige kerkbedeling toegepas het.

Die gevolg hiervan is ‘n aanmatigende en menslik-bedinkte koninkryksvisie wat dispensasioneel heeltemal uit plek is. Dit verhoog die mens eerder as vir God omdat die plesier en belonings van die huidige lewe die belangrikste doelstellings van die beweging is. Die transformasie-beweging word deur regerings ondersteun en ruim deur die private sektor geborg, daarom is dit nie net menslik-bedink en menslik-ingestel nie, maar ook menslik-gedrewe. Die basiese idee mag dalk uit die Bybel afgelei wees, maar dit is dispensasioneel totaal buite sy verband toegepas.

Die leiers van die beweging het spesifieke doelstellings in gedagte. Om egter onnodige omstredenheid en verdeeldheid tussen ondersteuners te voorkom, het hulle die beweging se tussentydse en finale doelwitte van mekaar geskei. Die tussentydse doelwitte is op wye openbare steun onder alle kerke en belangegroepe in die samelewing gerig. Hulle is op só ‘n wyse geformuleer dat die meeste Christene hulle as voordelig en Bybels korrek sal beskou. Hierdie program is egter net die voorbereiding vir ‘n ander scenario wat natuurlik uit die eerste een sal ontwikkel. Die twee fases van koninkryksteologie is die volgende:

Tussentydse doelwitte

‘n Duidelike strategie word gevolg om God se koninkryk in verskillende lande in te stel. Dit het implikasies vir die plaaslike, streeks- én nasionale vlakke wat daarop gerig is om die voordele van God se koninkryk te openbaar. Die beweging is geestelik in ‘n algemene sin op God se liefde en beplande seëninge vir alle mense ingestel. Dit is dus vir die meeste denominasies, ongeag hulle leerstellige verskille, heeltemal aanvaarbaar. Sosiaal is dit as ‘n instrument vir transformasie na beter lewensomstandighede so verbruikersvriendelik as moontlik. Ekonomies is dit op die verligting van armoede ingestel. Polities is dit op samewerking met regerings ingestel, met die oog daarop om koninkryksbeleidsrigtings te bevorder waardeur die behoeftes van alle mense in die samelewing beter gedien kan word. Die volgende tussentydse doelwitte word nagestreef:

Eenheid. Kerke moet hulle inherente Christelike eenheid demonstreer deur binne die verband van ‘n ekumeniese liggaam met mekaar te assosieer. In die afwesigheid van sulke liggame moet hulle self gemeenskaplike strukture skep waarbinne hulle kan hande vat om die gemeenskap beter te kan dien. Hulle moet nie mekaar se leerstellings bevraagteken nie en net fokus op die taak wat verrig moet word. Hulle moet die Węreldraad van Kerke se riglyn volg dat “leerstellings verdeel, maar diens verenig.”

Openbare demonstrasies. Alle Christene in ‘n bepaalde samelewing of stad moet by tye massabyeenkomste in openbare plekke soos sportstadions hou om hulle eenheid, mag en verbintenis tot sosiale opheffing te vertoon, asook hulle potensiële leierskap nadat hulle ten volle verenig is. Hulle moet ook optogte reël om teen ongeregtighede te demonstreer en op noodsaaklike veranderings in die samelewing aan te dring.

Kerkgroei. Individuele gemeentes en denominasies moet by die Kerkgroeibeweging aansluit met die oog daarop om die invloed van die kerk uit te brei. Op hierdie manier kan die Christelike kerk in ‘n breë verband sy stempel sterk op die gemeenskap afdruk. Die klem in prediking moet nie op die eise van die evangelie geplaas word nie, maar op maklike toegang tot die kerk en op al die seëninge wat daar vir lidmate is. Kerke moet meer verbruikersvriendelik en relevant in ‘n moderne samelewing wees.

Gebed. Gesamentlike gebed binne ‘n vaste weeklikse of maandelikse skedule word as ‘n manier gesien om God se seën oor die transformasiebeweging se planne te verkry waardeur God se koninkryk op aard gevestig word. Die byeenkomste moet die ekumeniese aard van die beweging vertoon, asook die eerbare motief van sosiale opheffing waartoe hulle hulself verbind het.

Organisasie. Op die nasionale vlak moet daar strukture geskep word om hulp aan behoeftiges te verleen en veranderings deur ‘n dinamiese proses van sosiale transformasie te bevorder. Hierdie strukture moet deur bekwame persone beman word wat aktiwiteite kan organiseer deur soveel as moontlik vrywilligers te betrek.

Netwerke. Die sukses van die beweging hang van uitgebreide skakeling met sleutelpersone en organisasies in die regering en sakesektor af, sodat die nodige ondersteuning vir die transformasieprogramme verkry kan word. Die verenigende netwerk moet in alle samelewings geskep word, en ook tot op die nasionale vlak strek om veranderings daar te weeg te bring.

Hulpprogramme en berading. Elke plaaslike gemeenskap moet komitees stig van persone wat bekwaam is om ondersteuningsprogramme en berading aan siekes en getraumatiseerde persone te bied. Hulp moet ook alle ander behoeftiges verleen word, ongeag hulle omstandighede of die aard van hulle nood.

Onderwys en opleiding. Baie klem word op geletterdheidsopleiding geplaas. Daar word ook aan mense sekere vaardighede geleer sodat hulle dit winsgewend kan bedryf. Verder word geriewe vir die opleiding van leraars en evangeliste  vir die vinnig groeiende kerk geskep, want hulle is die belangrikste agente vir verandering in die samelewing.

Bevryding. Samelewings moet van al hulle kwale en besoedeling bevry word, bv. misdaad en die lyding wat deur siekte, armoede, werkloosheid, onderdrukking en die uitbuiting van mense veroorsaak word. Die sosiale, ekonomiese, sielkundige en godsdienstige berading wat nodig is, moet op ‘n gereelde grondslag aangebied word.

Opheffing. Die gehalte van die gemeenskapslewe moet sodanig verbeter word dat negatiewe gesindhede en die neiging tot misdaad aansienlik verlaag sal word en uiteindelik uit die samelewing sal verdwyn. Alle mense moet gemotiveer word om eerbare lewenswyses aan te leer waardeur ander mense nie bedreig nie maar positief beďnvloed sal word.

Daar is ernstige rede tot kommer oor ‘n hele paar sake in koninkrykshervormings op die plaaslike én nasionale vlakke, bv. die skep van ekumeniese bande, die toepassing van humanistiese metodes van kerkgroei, asook die kerk se klemverskuiwing na sosio-ekonomiese sake. Sekere van die aktiwiteite is egter baie eerbaar en noodsaaklik, en kan nie as sodanig gediskrediteer word nie. Voordat die plaaslike manifestasies en aktiwiteite van die beweging egter beoordeel kan word, moet hulle in die lig van sy finale doelstellings beoordeel word. Bybelse stellings sal dan aangehaal word om die geldigheid van die hele beweging te bepaal.

Finale doelwitte

Heerskappyteologie kan slegs volkome verstaan en reg beoordeel word indien die finale doelwitte daarvan in ag geneem word. Daar is duidelike uitsprake hieroor gemaak deur teoloë soos C. Peter Wagner, George Otis, Ted Haggard en ander. Hierdie doelwitte is:

Die instelling van God se koninkryk op aarde. Die koninkryk van God moet sigbaar word deur alle instellings in die samelewing te verchristelik en die kerk te bemagtig om ‘n leidende rol in die bepaling van alle gemeenskappe se openbare lewe te speel. Boosheid sal verdwyn en God sal deur middel van spesiaal gesalfde apostels en profete volle beheer oor die sake van die mensdom oorneem.

Die neerwerp van demoniese vestings. Die beweging se hoofleiers sien geen naasbestaan tussen die koninkryke van God en Satan in die węreld nie, en het hulleself heelhartig tot ‘n vorm van strategiese geestelike oorlogvoering verbind wat tot die verwagte vernietiging van al Satan se veelvuldige vestings op aarde sal lei. In gebiede waar hierdie oorlog gewen is, sal mense van die geestelike verblinding van hulle gemoed deur Satan en sy demone bevry wees. Met alle geestelike struikelblokke uit die weg geruim, sal hulle die kerke oorstroom en groot herlewings sal uitbreek. Die negatiewe invloede van Satan se koninkryk sal uit samelewings verdwyn, insluitende misdaad, geweld, oorlogvoering, korrupsie, valse godsdienste, toorkuns, dwelmmisbruik, MIV/Vigs, ens. Alle mense sal hulleself in die koninkryk van God verbly en Hom van harte dien.

Dissipels van alle nasies. In ‘n proses waarin die regering die leiding sal neem om die Christelike geloof te aanvaar en op alle vlakke Christelike beginsels van regering in te stel, sal daar van totale nasies dissipels gemaak word. Die volk sal hierdie voorbeeld navolg, en spoedig sal almal die voordele van God se koninkryk sien soos wat die misdaadsyfer heeltemal afneem, die morele lewe van die volk na Bybelse standaarde opgehef word, die ekonomie ‘n bloeitydperk beleef, en alle vorms van lyding en armoede vinnig in die niet verdwyn.

Die kulturele transformasie van nasies. Wanneer hele nasies dissipels word en in die koninkryk van God ingelyf word, sal hulle by ‘n intensiewe proses van kulturele transformasie betrokke raak. Alle aspekte van hulle kultuur – insluitende godsdiens, politiek, ekonomiese gebruike, sosiale lewe, onderwys, sport, kuns en ontspanning – moet aan Christelike standaarde voldoen. Wanneer dit gebeur, sal die Here die nasie na hoër vlakke van voorspoed, vrede en kulturele prestasies lei.

Die vestiging van ‘n węreldkerk. Die uiteindelike doelwit met bande van samewerking tussen verskillende kerke is die algehele verdwyning van denominatiewe grense en die vestiging van die post-denominatiewe kerk van die 21ste eeu. Plaaslike gemeentes sal almal selle van verenigde stadskerke onder die leierskap van apostels en profete wees. Stadskerke sal by die ontluikende węreldkerk ingelyf wees. Wanneer daardie stadium bereik is, sal die koninkryk van God węreldwyd ingestel wees en heerskappy oor die nasies voer.

Die węreldbiddag. Hierdie dag, wat die eerste keer in Mei 2005 gehou is, neem dieselfde vorm as die Nuwe Era Beweging se “World-wide Healing Day” aan wat jaarliks op 31 Desember gehou word. Op dié dag probeer Nuwe Era ondersteuners om eenheid, vrede en harmonie op aarde te bevorder deur op dieselfde tyd almal daarvoor te mediteer. Die węreldbiddag is ‘n poging om ’n nuwe Pinkster te weeg te bring, waarin die Heilige Gees opnuut op aarde uitgegiet sal word om ‘n węreldwye beweging vir die manifestering van God se koninkryk aan die gang te sit. Die gesamentlike aard van hierdie aktiwiteit is ook ‘n praktiese uitdrukking van die ekumeniese bande en toekomstige vereniging van alle Christelike kerke in ‘n węreldstruktuur.

Die groter prentjie van koninkryksteologie

Wanneer die einddoel van koninkryksteologie in ag geneem word, word dit baie duidelik waarheen die beweging op grondvlak in elke land op pad is. Binne hierdie breër verband kan die volgende besware daarteen geopper word:

Eenheid. Gesamentlike pogings deur kerke op die plaaslike vlak is net die vroeë begin van ‘n ekumeniese beweging op die nasionale vlak, en dit sal uiteindelik op ‘n węreldvlak by die post-denominatiewe węreldkerk eindig. Die gesag wat in die ontluikende stadskerke en die węreldkerk gesetel sal wees, is die hoofdoel van koninkryksteologie. Dit het ‘n duidelike humanistiese konnotasie omdat die mensdom daardeur bemagtig word om die bepaler van sy eie lotgevalle te word. Kerke wat nie met hierdie visie saamstem nie, behoort nie eers op die plaaslike vlak by ekumeniese aktiwiteite betrokke te raak nie.

Openbare demonstrasies deur multi-denominatiewe groepe Christene is humanistiese pogings om hulle oorheersing van die samelewing te bevestig. Hulle krag is nie in die Here nie, maar in die bedingingsmag wat hulle sterk verteenwoordigende posisie in die samelewing aan hulle verleen.

Die kerkgroeibeweging is ‘n metode om die hele węreld in die kerk in te bring en daardeur die kerk in staat te stel om ‘n onaanvegbare leierskapsposisie in die samelewing te beklee. Ten einde hierdie proses te bespoedig, word kerke so maklik toeganklik as moontlik gemaak. Hierdeur word gepoog om alle mense deel van die kerk te maak, en terselfdertyd word daar verseker dat kerke se inkomste aansienlik sal toeneem. Indien die redding van siele die hoofdoel van kerke was, dan sou die standaarde van bekering en wedergeboorte nie ter wille van vinnige uitbreiding afgewater gewees het nie.

Gebedsbyeenkomste vir die redding van siele en die materiële verbetering van mense se lewens is sekerlik belangrik en baie nodig. Waarom moet bidure egter gesamentlik en ekumenies van aard wees, en op dieselfde tyd plaasvind om die impak daarvan groter te maak? Die humanistiese en koninkryksagenda met hierdie gebedsbyeenkomste is baie duidelik. Ten spyte daarvan dat daar baie Christene mag wees wat die byeenkomste met suiwer bedoelings bywoon om vir lydende en ongeredde mense te bid, neem hulle nogtans aan ‘n ekumeniese byeenkoms deel wat eerder op sosiale transformasie en opheffing as op geestelike groei ingestel is. Hulle moet ook vir hulleself uitmaak waarom hulle dink dat gesamentlike bidure by die Here meer gewig sal dra as gebede wat alleen of in kleingroepsverbande gebid word.

Reiniging behels die bevryding van individue, gemeenskappe en die hele węreld van sonde en bose invloede. Twee foutiewe aannames word in hierdie proses gemaak. Die eerste een is dat alle persoonlike en sosiale probleme aan die werk van demone toegeskryf kan word. Bevryding van demoniese bindings word dan beoefen. Volgens die Bybel word die mens se grootste probleme egter aan die werke van die ongekruisigde vlees toegeskryf (Gal. 5:17; Rom. 8:13). Die tweede foutiewe aanname is dat demone in hierdie bedeling uit hele samelewings uitgewerp en hulle vestings vernietig kan word. Die Bybel ondersteun nie hierdie aanname gedurende die kerkbedeling nie, omdat dit slegs met die wederkoms van Christus sal gebeur (Op. 20:2-3).

Programme om armoede en lyding te verlig, word nie in hierdie beweging as aktiwiteite gesien wat aanvullend tot evangelisasie of die pogings van regerings is nie, maar as die basiese taak van die kerk. As gevolg van hierdie beskouing word die skaars hulpbronne van die kerk nie vir evangelisasie gebruik nie, maar vir die befondsing van humanitęre projekte.

Onderwys en sosiale opheffing word ook nou as die taak van die kerk beskou, maar dit is nie so nie. Dit is in die eerste plek die verantwoordelikheid van siviele regerings.

Die eskatologie van koninkryksteologie

Koninkryksteologie is op die vestiging van ‘n letterlike, fisiese koninkryk op aarde voor die wederkoms van Christus ingestel. Hulle meen dat die ontluikende koninkryk deur ekumeniese eenheid en groter toewyding aan God se wette gedryf moet word. Die inklusiewe aard van die verenigde kerk van die eindtyd is op ‘n baie algemene en vae definisie van die Christendom gebaseer, ten einde alle moontlike belydenisse en denominasies te kan akkommodeer.

Geen pogings word aangewend om geestelike misleiding teë te staan nie, en daar word ook geen “negatiewe” onderwerpe soos die Antichris en die komende verdrukking deur koninkryksteoloë bespreek nie. Alle “donker” profesieë word histories verklaar deur te beweer dat hulle reeds in die eerste eeu n.C. vervul is. Die eindtyd word slegs met die vinnige uitbreiding van God se koninkryk op aarde geassosieer, asook met groot herlewings en verreikende sosio-ekonomiese en politieke transformasie onder die leiding van die węreldkerk en sy leiers. Die proses van rekonstruksie is in ooreenstemming met die beginsels van God se onvergelyklike koninkryk. Hulle leer dat wanneer Christus kom, die koninkryk op aarde reeds deur die kerk, wat die liggaam van Christus is, gevestig sal wees.

Die oorwegend fisiese aard van hierdie koninkryk verklaar die sterk beklemtoning van materiële veranderings in die węreld en die swak beklemtoning van ons geestelike verhouding met Christus. Hulle wil veral praktiese veranderings in die węreld na groter eenheid en ‘n beter lewe vir almal sien. Hulle die mening sterk toegedaan dat hierdie dispensasie op ‘n hoë noot sal eindig wanneer Jesus Christus na die aarde sal terugkeer om sy ewige koninkryk te vestig.

Die transformasie van  Suidelike Afrika

Die aanbreek van die nuwe millennium het in Suidelike Afrika met die geboorte van ‘n transformasiebeweging saamgeval wat deel is van ‘n proses om die koninkryk van God in hierdie streek te vestig. Die bal is met die vrystelling van twee transformasie-video’s deur die Sentinel-groep van George Otis aan die rol gesit. Hierin word oordrewe bewerings gemaak van ‘n aantal stede en gebiede wat deur Christelike transformasies oorgeneem en van bose vestings bevry is. Die video’s skep egter ‘n eensydige en misleidende beeld van ekumeniese byeenkomste (waarby ook groot getalle Katolieke betrokke was) as die magsmonstering wat Satan se magte laat swig en die wyk laat neem het. Misdaad het drasties afgeneem en tronke begin leegloop. Volgens die video’s het harmonie en vrede op die bevryde gemeenskappe neergedaal, herlewing het uitgebreek en ‘n tydperk van vinnige ekonomiese groei het aangebreek.

Dr. B. Mostert van NUPSA (Network for United Prayer in Southern Africa) het die eerste van hierdie twee video’s wyd in Suid-Afrika en Namibië versprei en ook George Otis se boeke bekend gestel (vir ‘n bespreking van George Otis se valse teologie, klik hier). Dr. Mostert het ook ‘n navolger van C. Peter Wagner van die “World Prayer Center” geword. Soos George Otis, beoefen hy geestelike kartering as voorbereiding vir strategiese geestelike oorlogvoering om demoniese vestings in stede en oor lande neer te werp.

In 2001 het dr. Mostert en sy spanne ondersteuners aksie “Cleansing South Africa” van stapel laat loop om die hele Suid-Afrika van bose invloede en bloedlynvloeke te reinig. Sekere van die bose vestings wat na bewering tydens gebedsmarse neergewerp is, was by Boesmangrotte waar die eerste inwoners van Suid-Afrika gewoon en voorvaderaanbidding asook towery in hierdie land gevestig het. Ná die reiniginsoperasies van 2001, is die land vry van bose vestings verklaar en aan die Here toegewy. NUPSA is egter oor Satan se voortgesette teenwoordigheid en invloed ná sy uitwerping gekonfronteer, en hulle het gesę dat dit net sy laaste stuiptrekkings is voordat hy finaal die wyk sal neem. In die daaropvolgende vyf jaar het hierdie “stuiptrekkings” egter toegeneem eerder as afgeneem.

Ook in 2001 is die eerste transformasiebyeenkoms in die groot Nuweland-sportstadium in Kaapstad gehou. Die organiseerder was Graham Power, ‘n ryk sakeman wat ‘n visie van herlewing en ekonomiese voorspoed gehad het wat in Suid-Afrika sou ontstaan en dan noordwaarts oor die hele vasteland uitbrei. Ooreenkomstig hierdie visie glo hy dat Afrika ‘n lig vir die res van die węreld sal word, wat ander lande sal uitdaag deur hulle voorbeeld van praktiese voordele en veranderings wat kan intree nadat die eenheid en goeie trou van God se koninkryk in ‘n land wortel geskiet het. Graham is ook deur Otis se video aangevuur en glo vas in ‘n proses van transformasie na koninkrykstoestande.

In 2002 is massabyeenkomste vir transformasie in sewe Suid-Afrikaanse stede gehou. Alle kerke is uitgenooi om hieraan deel te neem. Die fokusgebiede vir gebed in 2002 was MIV/Vigs, armoede, misdaad en die land se leierskap. Daarna is soortgelyke byeenkomste in ander Afrikalande gehou, asook oorsee. Op 15 Mei 2005 het dit in ‘n węreldbiddag gekulmineer, om van die transformasiebeweging ‘n węreldwye beweging te maak. Die doel met hierdie biddag was om ‘n nuwe Pinkster te bewerkstellig waardeur die krag van God se koninkryk in die hele węreld vrygestel sal word.

In Namibië het die transformasiebeweging ook ‘n sterk fokus op eenheid en sekulęre voorspoed. In ‘n Tansformasie Namibië-brosjure stel die beweging sy doelstellings só: “Ons wil hiermee die transformasieboodskap versprei om die Namibiese droom waar te maak deur die regering, die sakesektor en die kerkleiers te verenig.” Die afwesigheid van eg geestelike doelstellings blyk ook uit ‘n beskrywing van hulle aktiwiteite op grondvlak. Hulle beoog: “Droomsentrums om die spesifieke behoeftes in elke gemeenskap aan te spreek, bv. die verspreiding van kos en klere, berading oor persoonlike probleme soos MIV/Vigs en dwelmmisbruik, dagversorging vir kinders, asook onderrig in verskeie vaardighede om mense in staat te stel om ‘n lewe te kan maak.” Die beweging het geen geestelike inhoud nie, anders net as dat kerke binne die raamwerk van die CNN (Council of Churches of Namibia) hande sal vat, ‘n ekumeniese liggaam wat volgens die voorbeeld van die Węreldraad van Kerke (WRK) in die lewe geroep is.

Die Bybelse beoordeling van koninkryksteologie

Dit is duidelik dat die transformasie of rekonstruksie van gemeenskappe, volke en uiteindelik die hele węreld, ‘n berekende poging is om namens Christus beheer oor hulle te neem. Bybelse waarhede word gruwelik verdraai om by die koninkryksteologie se agenda aan te pas:

‘n Verdraaiing van die koninkryksmandaat. Die mandaat van Genesis 1:26 sluit nie beheer oor alle mense in nie – dit onderwerp net die natuurlike węreld aan die gesag van die mens. Die ekologiese rampe wat die węreld vandag bedreig, bv. die besoedeling van die atmosfeer en waterbronne, ontbosting en aardverwarming, is die regstreekse gevolge van die mens se misbruik van sy heerskappymandaat. Die heerskappy wat aan Adam en sy nageslagte gegee is, is nie met die sondeval beëindig nie en hoef dus nie deur Christus aan hulle teruggegee te word nie. In Jesus Christus word almal wat glo, weergebore en geestelik lewend gemaak (Rom. 5:12-17). Dit herstel nie ons heerskappymandaat oor die natuur nie, maar verleen aan ons die regte geestelike motivering om ons natuurlike hulpbronne op ‘n meer verantwoordelike manier te bestuur.

‘n Verdraaiing van die Groot Opdrag. Mattheus 28:19 is nie ‘n koninkryksmandaat nie omdat dit net op die verkondiging van die evangelie aan alle nasies betrekking het. Christus het sy dissipels gewaarsku teen enige verwagtings dat hele nasies tot bekering sou kom om deel van God se koninkryk te word: “Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind” (Matt. 7:14; vgl. Luk. 13:23-24). Bekering is ‘n daad waarin individue die reddende genade van die Here Jesus in die geloof aanvaar – ‘n regering kan dit nie namens al sy onderdane doen nie. Selfs indien sekere politieke leiers gered is, beteken dit nie dat die hele regering uit geredde mense saamgestel is, wat die Here heelhartig sal dien en daardeur politieke uitdrukking aan Christelike koninkryksteologie sal gee nie.

‘n Verdraaiing van die koninkryksbegrip. Christus het duidelik aangedui dat sy koninkryk ‘n geestelike koninkryk is wat nie van hierdie węreld is nie (Joh. 18:36). Om dié rede kan dit nie nou fisies in die węreld waargeneem word nie aangesien dit in die harte van ware gelowiges gevestig is (Luk. 17:20-21). Dit beteken nie dat Christus se koninkryk nooit fisies in die węreld gevestig sal word nie – dit sal inderdaad, maar eers ná die wederkoms van Jesus Christus. Hy sal as die Koning van die konings kom (Op. 19:16), die duiwel laat vang en in ‘n bodemlose put toesluit (Op. 20:2-3), en dan saam met sy heiliges regeer (Op. 5:9-10; 20:6). Hierdie regering kan nie tydens die fisiese afwesigheid van die Here Jesus ingestel word nie, omdat Hy terug moet wees om sy vyande te verdelg, die troon van Dawid in Jerusalem te herstel en die węreld daarvandaan te regeer (Hand. 15:16-17).

‘n Verdraaiing van die kerkbedeling. Bybelse stellings en beloftes moet in hulle regte dispensasionele verband vertolk word. Die kerkbedeling moet nooit met die koninkryksbedeling gelykgestel word, wat eers ná die koms van die Koning sal aanbreek nie. Die węreld is as gevolg van die meerderheidsteun wat die koninkryk van die duisternis tydens die kerkbedeling geniet, ‘n bose plek om in te woon (Joh. 3:19). Christene word geroep om die sout van ‘n bedorwe aarde en die lig van ‘n donker węreld te wees (Matt. 5:13-14; Fil. 2:15). Ons moet nie verbaas wees as ons deur hierdie bose węreld en sy leiers gehaat en verwerp word nie (Joh. 15:18-20; 16:33). As gevolg hiervan is ons vreemdelinge en bywoners op aarde tydens hierdie bedeling (1 Pet. 2:11) – nie heersers nie.

‘n Verdraaiing van ons huidige status. De gelowiges is tans nie konings wat oor hulle erfdeel regeer nie, maar soldate vir die kruis. Paulus sę: “Ly dan verdrukking soos ‘n goeie krygsman van Jesus Christus” (2 Tim. 2:3). Ons moet die volle wapenrusting van God aantrek, sodat ons staande kan bly teen die liste van die duiwel (Ef. 6:11). Tydens hierdie bedeling is die duiwel nie van sy mag en invloed oor hele gemeenskappe en nasies ontneem nie – slegs individuele gelowiges word van sy oorheersing bevry. Wat die węreld daarbuite betref, sal dit geestelik donker bly omdat “die hele węreld in die mag van die Bose lę” (1 Joh. 5:19). Hy is “die god van hierdie węreld” wat die sinne van mense verblind (2 Kor. 4:4). Die meeste mense verkies dit so (Joh. 3:19) en verleen sodoende aan Satan ‘n groot ondersteuningsbasis in “die teenwoordige bose węreld” (Gal. 1:4).

‘n Verdraaiing van die begrip ‘eenheid.’ Koninkryksteoloë verdraai Christus se opdrag dat ons een moet wees soos wat Hy en die Vader een is (Joh. 17:11,21). Hulle vertolk hierdie opdrag struktureel eerder as geestelik. Vir hulle moet die geestelike band tussen gelowiges ekumenies manifesteer en daartoe bydra om sigbare gestalte aan ‘n verenigde węreldkerk te verleen. Die geestelike band in die verenigde familie van kerke, veral in die Węreldraad van Kerke, is baie swak en ook vaag gedefinieer om te voorkom dat aanstoot aan enige van die deelnemende kerke gegee word. Met hierdie benadering het hulle slegs daarin geslaag om ‘n oorwegend nominale Christendom te skep wat net ‘n uiterlike gedaante van godsaligheid het, omdat dié mense die krag van die evangelie verloën het (2 Tim. 3:5). Hulle mag ‘n koninkryksvisie hę om die węreld volgens hulle eie agenda te verander, maar hulle word nie deur die Here gebruik nie. Paulus gee aan die ware Christene ‘n duidelike opdrag om onder die vormgodsdienstiges uit te gaan: “Keer jou ook van hierdie mense af” (2 Tim. 3:5). Uiterlike, strukturele eenheid moet nie nagestreef word indien dit jou geloof op die spel plaas nie. Gaan liewer onder sulke mense uit en moet geen waarde aan hulle strukturele eenheid heg nie: “Want daar moet ook partyskappe onder julle wees, sodat die beproefdes onder julle openbaar kan word” (1 Kor. 11:19).

‘n Verdraaiing van ons werksetiek. Die werke van die koninkryksgroep is hoofsaaklik van ‘n sekulęre aard. Hulle sien dit as hulle belangrikste taak om die węreld in terme van koninkryksbeginsels te rekonstrueer. Dit behels meesal humanitęre werke wat van ‘n sosiale, ekonomiese, politieke of mediese aard is. Hulle verwys net in ‘n sekondęre sin na evangelisasie en die geestelike groei van mense. “Wat sal dit ‘n mens baat as hy die hele węreld win en aan sy siel skade ly?” (Mark. 8:36). Belangrik soos wat die daaglikse behoeftes van mense mag wees, moet ons nie slegs hierin voorsien nie omdat dit geen ewigheidswaarde het nie. Paulus sę: “As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense” (1 Kor. 15:19). Ons belangrikste verwagting en voorbereidings vir ‘n beter toekoms moet op die belofte van die opstanding en die ewige lewe in die hemel gefokus wees.

‘n Verdraaiing van eindtydse profesieë. Daar is ‘n algemene ontkenning onder koninkryksteoloë van ‘n verslegtende węreld aan die einde van die kerkbedeling, as ‘n voorspel tot die verdrukking en die openbaring van die mens van sonde. Hulle aanvaar nie die feit van ‘n groot afval in die laaste dae (2 Thess. 2:3) en ‘n geweldige toename in boosheid nie (Matt. 24:12; 2 Tim. 3:1-5; Op. 22:11). In plaas van hierdie Bybelse scenario bevorder hulle die beskouing van ‘n verenigde en vreedsame węreld onder die beheer van die herleefde kerk van die eindtyd. Hulle weier om enige stellings te maak waardeur die mensgemaakte ekumeniese bande wat die Christendom aanmekaar hou, in gevaar gestel sal word. Godsdienstige misleiding word nie ondersoek en uitgesuiwer nie, omdat dit aan sekere van die deelnemende kerke in die ekumeniese beweging aanstoot sal gee. Om hierdie rede word leerstellige suiwerheid nie nagestreef nie, en word die deur baie duidelik ook wyd vir verleidende geeste en leringe van duiwels oopgelaat (1 Tim. 4:1). Niks word oor die opkoms van die Antichris en sy węreldwye voorbereidings vir die slag van Armageddon gesę nie, omdat dit nie by hulle koninkryksvisie vir die węreld inpas nie. Hulle kan net aan die węreld die valse hoop van ‘n mensgemaakte Utopia bied.

‘n Verdraaiing van Israel. Die vervangingsteologie word algemeen beoefen, waarin kerke hulleself as die “Nuwe Israel” sien waardeur God die węreld wil regeer. Koninkryksgroepe erken nie Bybelse Israel en hulle eindtydse herstel in die land van hulle vaders nie (vgl. Eseg. 36:22-28). Die Węreldraad van Kerke, wat omtrent 500 miljoen Christene van 342 kerke in 120 lande verteenwoordig, skaar hulleself ook by die groeiende beweging vir die opskorting van steun aan Israel deur beleggings te weerhou. In Maart 2005 het hulle Israel se “onwettige besetting van grond in Gasa en die Wesbank” veroordeel. Hulle opponeer aktief die verbondsvolk, Israel, en sien hulleself as die “Israel van God” wat spoedig die węreld sal regeer.

Koms van die koninkryk

Die koninkryk van God sal eers fisies gemanifesteer word wanneer Christus kom: “En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat sę: Die koninkryke van die węreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid” (Op. 11:15). Die duiwel sal gebind wees sodat hy die nasies nie meer sal kan verlei nie (Op. 20:3). Dan, en dan alleen, sal hele nasies die Here dien: “En in dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die Here, en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van die Here in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie” (Jer. 3:17).

Wanneer Satan van al sy magte en bose vestings in die węreld gestroop is, sal omstandighede bestaan waarin hele stede en hele nasies die Here tydens sy duisendjarige vrederyk in Jerusalem dien (Sag. 8:20-22; Jes. 2:2-4). Dit is egter nog in die toekoms. In die huidige bedeling moet ons skyn soos ligte te midde van ‘n krom en verdraaide geslag (Fil. 2:15). Ons is burgers van ‘n hemelse koninkryk en ons wag vir die spoedige koms van die Koning om sy koninkryk op aarde te openbaar (Fil. 3:20-21).

 

Bibleguidance home page