7. Christelike Fundamentalisme

Baie van die Nuwe Testamentiese gelowiges plaas verkeerdelik wettiese rels uit die ou verbond met Israel na die Christelike geloof oor en volg dit dan slaafs na. Hulle doen dit meesal omdat hulle eerlik daarvan oortuig is dat hulle siening van die Christelike lewe meer Skrifgetrou en dus ook meer fundamentalisties is as diegene wat baie oppervlakkig in hulle denke is en op morele gebied permissief leef. In n brer verband sien hulle Christelike wetsgehoorsaamheid as die enigste alternatief vir die bandelose en wettelose samelewings oral in die wreld. n Verdere rede waarom baie mense hierdie denkpatroon en lewenswyse aanvaar, is omdat hulle die kerk as die NT plaasvervanger en dus ook die voortsetting van die volk Israel sien. Hulle probeer dan om op hierdie manier uitvoering aan God se verbonde met Israel te gee.

In die proses doen hulle egter baie skade aan die Christelike vryheid wat ons binne die verband van die leer van genade het. Ons word opgeroep om vas te staan in die vryheid waarmee Christus ons vrygekoop het, en onsself nie onder die juk van diensbaarheid aan Israel se OT wette te bring nie (Gal. 5:1). Ons word nou deur die Heilige Gees in die volle waarheid gelei. Gehoorsaamheid aan sy leiding en oortuigingswerk is die rel waarvolgens ons moet wandel, en nie die letter van die OT wet nie.

Die leiding van die Heilige Gees ooreenkomstig die beginsels van Christus se genade stel ons in staat om veel hor standaarde van heiligheid te bereik as wat in die OT moontlik was. Paulus s dat die genade van God ons leer (of lei) om wreldse begeerlikhede te verlon, en ingeto en regverdig en vroom in die teenwoordige wreld te lewe. Dit gee ook aan ons n aktiewe en salige hoop op die verskyning van die Here Jesus tydens die wegraping (Tit. 2:11-13). n Lewe van hierdie aard is nie onder die wet moontlik nie.

Ons kan onsself slegs fundamentele, konserwatiewe of evangeliese Christene noem indien ons ten volle volgens die beginsels van die nuwe verbond leef. Christelike fundamentalisme staan met die volgende 32 beginselsake in verband:

Die erkenning van Skrifgesag. Dit behels die erkenning van die Bybel, in sy oorspronklike tale, as die letterlike en foutlose Woord van God wat deur die Heilige Gees genspireer is. Dit verskaf betroubare kennis oor ons saligheid deur geloof in Jesus Christus, en is ook n vaste riglyn vir ons Christelike lewe in al sy fasette: Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus (2 Tim. 3:15-17; vgl. 2 Pet. 1:19-21). Omdat God die oppergesag in die heelal het, is alle uitsprake in sy Woord ook met gesag beklee. As ons God vrees, moet ons die gesag van sy Woord eerbiedig en altyd nougeset daarvolgens handel. Daar word groot sen aan ons beloof as ons nie regs of links van sy Woord afwyk nie (Deut. 5:32; Jes. 66:2; Op. 3:8). Aan die ander kant rus God se oordele op almal wat sy gesag, asook die gesag van sy Woord, verwerp en die rug daarop draai. In die eerbiediging van Skrifgesag moet ons duidelike onderskeid tussen die OT opdragte aan Israel en die NT opdragte aan die kerk tref.

n Letterlike Skrifverklaring. Die letterlike, grammaties-historiese verstaan van die Bybel is n grondbeginsel in die evangeliese Christendom. Die Here het bedoel wat Hy in bepaalde tydsomstandighede vir bepaalde mense ges het. Beeldspraak en simboliek moet beperk word tot dit wat die Bybel self duidelik s bedoel. Die Engelse uitdrukking is: When the plain sense of the Word makes common sense, then seek no other sense. Selfs al is daar simbole, het hulle meesal n letterlike tebeeld en moet dus nie allegories verklaar word nie. Die dier met die sewe koppe (Op. 13:1-2; 17:7) is bv. nie n abstrakte begrip wat allegories verklaar moet word nie, maar n simboliese beskrywing van n persoon, die Antichris. Beskrywende name word dikwels in die Bybel gebruik om sekere morele of geestelike eienskappe van n persoon te beklemtoon. S bv. is Christus die lig van die wreld, die water en brood van die lewe, die Lam van God, ens. Wanneer daar van n letterlike Skrifverklaring afgewyk word deur bv. te beweer dat Israel die kerk is of dat Jesus net metafories uit die dood opgestaan het, dan gee sulke mense hulle eie, subjektiewe verklaring vir God se Woord en verander die basiese betekenis daarvan heeltemal.

Die verwerping van vergeesteliking. Die apostels n die vroe kerkvaders het die Skrif met die idee van sensus plenior benader (Eng. plain meaning, Afr. duidelike, alledaagse betekenis). Dit is die aanvaarding dat daar slegs een betekenis vir n teks is. Later is hierdie benadering toenemend verwerp. Origenes (geb. 185 n.C.) is die vader van die allegoriese interpretasie en het verskeie boeke oor die verstaan van die Bybel geskryf. Hy was egter sterk onder die invloed van die Griekse filosofie van Plato en wou filosofies meeleef maar tg ook Christen bly. Hy het die Bybel as n boek gesien wat vol simbole en allegoriese konstruksies is en dit derhalwe nie letterlik vertolk nie. Die werklike bestaan was vir hom in die filosofies-geestelike gnosis (kennis van godsdienstige verborgenhede) gele waarheen elkeen moet vorder. Daar was vir hom geen sprake van n letterlike koningskap van Christus op aarde nie, en dus ook nie van n persoonlike Antichris wat voor die wederkoms sewe jaar lank oor die wreld sal regeer nie. Die allegoriese vertolking van die Bybel het n hoogs bedenklike oorsprong omdat die Bybel nie deur die Bybel self verklaar word nie, maar in terme van n filosofiese benadering as n abstrakte geskrif met verborge betekenisse gesien word. Hierdie benadering leef steeds in die gereformeerde teologie voort, omdat sowel die hervormers as hulle opvolgers verkies het om die rel van sensus plenior te verwerp sodat hulle o.a. van die idee van n letterlike herstel van Israel kon wegkom. Groot kerke se selgroepe of omgeegroepe word soms aangemoedig om die meerderheid betekenisse wat deur vergeesteliking aan Bybelse uitsprake gekoppel kan word, te ondersoek. Vir elkeen beteken n teks dan iets anders, en dikwels kom hulle glad nie by die primre betekenis van tekste uit nie. Fundamentaliste kan hoegenaamd nie met hierdie gebruik saamgaan nie. Verskillende toepassings van dieselfde waarheid is in orde, maar nie verskillende verklarings vir die basiese betekenis van die Skrif nie.

Die erkenning van geestelike werklikhede. n Letterlike vorm van Skrifverklaring behels ook die volle erkenning van geestelike stellings in die Bybel. Daar is geen waarheid in die bewering deur vergeestelikingsteolo dat net hulle die Bybel geestelik verstaan, terwyl die fundamentaliste dit letterlik opneem en sodoende die geestelike waarhede daarvan ontken nie. Hierdie argument beteken dat ons ongeestelik is, terwyl hulle geestelik is. Die feit is dat ons die grondbetekenis van elke teks ten volle aanvaar. As daardie grondbetekenis geestelik is, dan aanvaar ons dit net so as n geestelike stelling. Ons probeer nie om verse te verander wat n duidelike geestelike strekking het nie. Soos ns dit verstaan, is dit juis ongeestelik om die Bybel feitlik deurgaans te vergeestelik en van sy grondbetekenis te ontneem, want dan takel jy die gesag van die Skrif af. Daar is geen betroubare basis vir geestelikheid as ons nie n gesagvolle Bybel het nie.

Teologiese konserwatisme. n Fundamentele Christen is konserwatief en behoudend omdat hy daartoe verbind is om die Bybel se boodskap in terme van sy grondbetekenis te verklaar en toe te pas. Mense wat hulleself die vryheid veroorloof om n woord of sin deur vergeesteliking of allegorisering van sy basiese betekenis te beroof, tree liberaal en eiesinnig op. Hulle toon nie respek vir die basiese betekenis van God se Woord nie, en besluit dan self watter ander betekenis hulle daaraan kan koppel. Daar is geen perke aan die eiesinnige eksegese van hierdie liberale teolo nie. Baie van hulle neem letterlike uitsprake oor die hemel, die hel, die duiwel, die Antichris, Israel en die duisendjarige vrederyk, en gee dan heeltemal n ander betekenis daaraan as wat die Bybel doen, of ontken selfs die werklikheid van hierdie begrippe. As regverdiging vir hulle liberale voortvarendheid beweer hulle dat die Bybel in terme van n antieke wreldbeeld geskryf is, toe mense nog in drake, die duiwel en die hel geglo het. Die modernis skryf die hele Bybel dus oor en beweer implisiet dat God se openbarings in die vorm van primitiewe bygelowe in die Bybel verwoord is. Die Here gaan hard met hulle handel, soos wat daar in die laaste hoofstuk van die Bybel verduidelik word (Op. 22:18-19).

Die Bybelse skeppingsleer. Die Bybelse beskrywing dat God die Skepper is van alles wat bestaan, word onvoorwaardelik aanvaar. Hierdie oortuiging lei na die verwerping van die evolusieleer, wat n blote teorie is dat alle lewe n n oerknal evolusionr uit n eensellige organisme iewers in n groot moeras ontwikkel het. Die evolusieteorie is n uitdruklike ontkenning van die feit dat mense ander attribute as die diereryk het. Hulle verwerp die feit dat mense ook geestelike wesens is wat na die beeld van God geskape is, en dus vir hulle optrede aan Hom aanspreeklik is. Die meerderheid evolusioniste is agnostici omdat hulle meen dat hulle wetenskaplike feite het dat God nie n rol in die ontstaan van lewe gespeel het nie. Hulle dwaal egter grootliks, omdat daar geen vaste wetenskaplike bewyse vir hierdie teorie is nie. Daar is nie bewyse vir transisionele spesies gevind, op grond waarvan die afleiding van geleidelike verandering na hor vorme gemaak kan word nie. Ape is sedert die skepping nog steeds ape, en het nie deur evolusionre verandering iets anders geword nie!

Die vyandige koninkryk van Satan. Fundamentele Christene glo in die bestaan van n opponerende koninkryk van die duisternis wat onder die hoof van Satan en sy demone staan. Die Here het die poel van vuur (die hel) as n ewige plek van verdoemenis vir die duiwel en sy engele berei, asook alle ongeredde sondaars (Matt. 25:41; Op. 20:11-15). Omdat alle mense weens Satan se verleiding van ons eerste ouers met n sondige natuur gebore word (Rom. 5:12), moet ons besef dat ons net deur Jesus Christus van ons sonde en van satansmag verlos kan word (Ef. 1:7; 1 Joh. 3:8). Benewens die invloed van die mens se sondige natuur wat oorwin moet word (Gal. 5:16-17), moet ons ook die volle wapenrusting van God aantrek sodat ons staande kan bly teen die liste van die duiwel (Ef. 6:10-13). Geestelike oorlogvoering is n weg tot oorwinning in ons persoonlike stryd teen Satan. Ons moenie hierdie metode op n onbybelse manier gebruik in pogings om Satan en sy demone uit die hele wreld (stede, lande en kontinente) te probeer verdryf nie. In hierdie hele bedeling leef ons in n wreld wat in die mag van die Bose l (Gal. 1:4; 1 Joh. 5:19). Ons is in n stryd teen boosheid gewikkel, en di stryd word al hoe hewiger.

Dispensasionalisme. n Letterlike vertolking van die Bybel verbind ons tot n dispensasionele verklaring van God se geopenbaarde waarheid. Elke dispensasie (bedeling) het sy eie kenmerke, hoewel dit ook sekere ooreenkomste met ander dispensasies kan h. Neem in verband met dispensasionele verskille in ag dat die Nuwe Testamentiese geloofsuitsprake waarin die kruis die basis vorm, anders as Ou Testamentiese geloofsuitsprake klink. Dit is onmoontlik om geestelik die regte perspektief oor sake te h indien ons nie dispensasionele werklikhede in ag neem nie. Wanneer verskillende dispensasies in God se raadsplan vir die mens met mekaar verwar word, tree groot dwalings en valse verwagtings in. Dit gebeur bv. wanneer aspekte van Israel se bedeling van die wet in die OT met die NT bedeling van genade (die kerkbedeling) verwar word deur mense wat n wettiese godsdiensvorm voorstaan. Groot dwalings tree ook in wanneer die kerkbedeling met die toekomstige koninkryksbedeling van Christus se vrederyk op aarde gelykgestel word, wat eers n sy wederkoms sal aanbreek. Dit skep verwagtings dat die duiwel n gebind en van sy invloed gestroop kan word, dat Christene n die wreld kan oorneem en soos klein koninkies regeer, en dat tekens en wonders algemeen moet voorkom. Sulke mense is mislei en het geen begrip vir profesie oor n slegter wordende wreld aan die einde van die kerkdispensasie nie (1 Tim. 4:1; 2 Tim. 3:1-5).

Erkenning van Israel. Fundamentele Christene erken die moderne staat van Israel, omdat hulle in die letterlike, eindtydse vervulling van die baie beloftes oor Israel se herstel as volk in die Beloofde Land glo (Jes. 11:11-12; Jer. 31:3-10,20-21,31-39; Eseg. 11:17; 36:22-29; 37:21). Israel keer tans terug na die land wat die Here aan hulle vaders gegee het (Gen. 13:14-15; 17:8; 26:3; 28:13). Hulle het n onbetwisbare Bybelse mandaat oor hierdie land, daarom mag dit nie van hulle vervreem of selfs net verdeel word nie. Die tweestaat-oplossing wat Amerika en die hele internasionale gemeenskap nastreef, in terme waarvan hierdie land in twee state, Israel en Palestina, verdeel moet word, is lynreg in stryd met die Bybel. Groot oordele van die Here gaan oor die nie-Joodse nasies kom, omdat hulle hierdie land verdeel het (Jol 3:1-2). Die Here het sy Naam nie net aan Israel as sy volk verbind nie (Jer. 31:1), maar aan Jerusalem as hulle geestelike en politieke hoofstad, wat ook in die millennium, n Christus se wederkoms, hierdie status sal geniet (1 Kon. 9:3, 11:36; Jes. 2:1-4; Jer. 3:17). Jerusalem mag nie verdeel word nie.

Voortgaande hervorming. Ernstige Christene moet voortdurend daarop ingestel wees om die teologie en gebruike van die kerk of huisgroep waaraan hulle behoort, in lyn met die Bybel te bring. Bybelstudie en die gebruik van goeie naslaanbronne om dieper insig in die Woord te kry, gevolg deur aksies om die nuwe kennis te implementeer, moet n voortgaande proses wees. Daar moet gewaak word om Bybels onverantwoordbare kerklike standpunte en gebruike wat oor n lang tyd tradisie geword het, te laat voortleef sonder om dit ooit te bevraagteken. Baie van die gereformeerde kerke maak hulleself hieraan skuldig, en laat na om ernstige foute wat hulle kerkvaders in belydenisskrifte vasgel het, krities te ondersoek. Op di manier het daar selfs totaal onbybelse, Roomse gebruike en sienings in die kerk van die Hervorming ingesluip en voortgeleef. In plaas van n egte hervorming waarin daar na Bybelse beginsels en standaarde teruggekeer word, is daar in baie kerke n onbybelse hervorming aan die gang wat daarop ingestel is om die oorblywende, fundamentele belydenisse in die kerk wortel en tak uit te roei. In Suid-Afrika is daar s n Nuwe Hervorming aan die gang, waardeur teologiese verwoestingswerk gedoen word. Dit is nie n reformasie van die kerk om dit nader aan die Bybel te bring nie, maar n deformasie wat daarop gerig is om die kerk se geloofsfondamente heeltemal omver te werp. Nuwe hervormers beweer dat die meesterverhaal van die Christendom op die beperkte en dikwels foutiewe insigte van die Bybelskrywers en kerkvaders berus. Deur moderne teologiese navorsing, wat niks anders as beplande, postmoderne dekonstruksie en humanistiese herbesinning is nie, konstrueer hulle nou n historiese Jesus wat nie maagdelik gebore is nie, nie God is nie, wie se kruisdood geen heilswaarde het nie, en wat nie liggaamlik uit die dood opgestaan het nie. Vir hulle is die Bybel nie God se onfeilbare Woord nie, maar blote spekulasie deur primitiewe denkers. Hulle stel die Christendom ook gelyk met ander gelowe. Hierdie proses van godsdienstige verval moet verwerp en deur n egte hervorming tegewerk word.

Bybelse Christologie. Fundamentele Christene is daartoe verbind om die volle openbaring van Jesus Christus in die Bybel te glo en te verkondig. Daar moet absolute duidelikheid oor sy ewige selfbestaan wees, sy rol in die skepping van die wreld, die gelyke posisie wat Hy as God die Seun saam met God die Vader en God die Heilige Gees in die Drie-eenheid inneem, sy maagdelike geboorte tydens sy menswording, die volle betekenis van sy soendood aan die kruis, sy liggaamlike opstanding uit die dood, sy hemelvaart, sy funksies as profeet, hopriester en Koning, asook die feit dat Hy met sy wederkoms as Koning van Israel n die hele wreld geopenbaar sal word. Dan sal Hy van die troon van Dawid af in sy vrederyk oor die hele wreld regeer. Sy attribute moet ook dispensasioneel reg verstaan word, omdat die klem in die kerkdispensasie op die gekruisigde Christus val wat deur die wreld verwerp word, op sy Hopriesterlike rol om vir ons by die Vader se troon in die hemel in te tree, en ook op die besondere manier waarop Hy sy dissipels deur bemiddeling van die Heilige Gees lei en vir hulle opdrag bekragtig om die wreld te evangeliseer. In die vrederyk sal Hy fisies op aarde teenwoordig wees, dan sal die klem op sy koninklike rol val en elke knie sal voor Hom buig.

Die uniekheid van die Christelike geloof. In ons verhouding met die wreld daarbuite word baie sterk standpunt oor die uniekheid van die Christelike geloof ingeneem. Geen mens kan na God gaan anders as net deur Jesus Christus nie (Joh. 14:6). Die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie (Hand. 4:12). Geen geloofwaardigheid van enige aard kan dus aan die nie-Christelike gelowe verleen word nie, en daar kan ook nie ekumeniese bande met hulle gesmee word nie. Broederlike verhoudings kan selfs nie eers met nominaal Christelike kerke aangeknoop word wat nie n duidelike verlossingsleer bely wat op die geloofsaanvaarding van Christus se reddende genade as gevolg van sy soendood aan die kruis gebaseer is nie.

n Evangeliese verlossingsleer. Verlossing geskied deur bekering (n veranderde gesindheid oor jou sonde) en die geloofsaanvaarding van die Here Jesus as jou Saligmaker (Joh. 1:12; Hand. 16:31). Christus het deur sy kruisdood versoening vir die sondes van die hele wreld gedoen (Hand. 17:30; 1 Joh. 2:2), daarom moet n sondaar sy geloof in die gekruisigde Here Jesus stel, wat ook deur sy opstanding die dood en graf oorwin het, en leef om vir ons in te tree. Geen persoon kan op enige ander grondslag saliggespreek word, bv. op grond van sy goeie werke, doop en aanneming nie (vgl. Ef. 2:8-9). Daar is geen Bybelse regverdiging vir die algemene gereformeerde siening dat die Here voor die grondlegging van die wreld sekere mense vir redding uitverkies het, en dat hulle verkiesing dan deur hulle verbondsdoop bevestig word nie. Dit is die Roomse leer van doopsaligheid. Daar word oor en oor in die Bybel ges dat die Here alle mense wil red (Joh. 3:16; Hand. 17:30; 1 Tim. 2:3-4; 2 Pet. 3:9). Die genadedeur is vir almal oop, en elkeen moet besluit of hy of sy wil ingaan. Geen dwang word toegepas nie.

Sensitiwiteit vir die werking van die Heilige Gees. Die belangrikste bedienings van die Heilige Gees staan in verband met die oortuiging van sonde, wederbaring, bekragtiging, onderrigting en vertroosting. n Transisionele gawe soos die spreek in ander tale, was net vir die oorgang na die nuwe bedeling van die kerk van Christus onder alle nasies bedoel. Daardeur het die Here aangetoon dat die evangelie in alle tale verkondig moes word. Hierdie stelling is in die eerste eeu reeds duidelik gemaak, en niemand het die reg om steeds vir s n gawe te bid nie. In die pinksterbelofte het die Here Jesus slegs die krag van die Heilige Gees aan ons beloof nie gawes van talespreek en genesing nie (Luk. 24:49; Hand. 1:8). Ons moet groot sensitiwiteit en gehoorsaamheid vir die leiding van die Heilige Gees h, ook wanneer Hy ons van sonde oortuig, omdat Hy nie Homself op enigeen afdwing nie. Hy kan dus maklik bedroef word (Ef. 4:30), wat beteken dat n persoon dan van die Here se wil afwyk. Ons moet ook versigtig wees om nie die Gees van God se werking na manifestasies op die sintuiglik waarneembare vlak te herlei, soos bv. val in die Gees nie. Dit gaan gewoonlik met transtoestande en wanordelike verskynsels soos onbeheerste lagbuie, onsamehangende gesprekke en die maak van dieregeluide gepaard. Wanneer n Skriftoets op hierdie vreemde manifestasies toegepas word (1 Joh. 4:1), sal dit oneg bevind word, en dus in botsing met n fundamentele Skrifbeskouing.

Vryheid van die menslike wil. Die Here het aan elke mens n vrye wil gegee, sodat hy self tussen goed en kwaad kan besluit. Hy wil h ons moet Hom vrywillig liefh, daarom moet ons onsself deur n wilsbesluit hiertoe verbind. Di siening staan direk teenoor predestinasie, wat leer dat die Here alle mense op n voorafbepaalde manier manipuleer om te doen wat Hy wil h dat hulle moet doen. Dit is egter in stryd met die Bybel, waarin die Here Jesus s: Laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet (Op. 22:17). Hy het ook ges dat Hy Jerusalem se inwoners by Hom wou versamel, maar hulle wou nie (Matt. 23:37). Die feit dat mense in stryd met God se wil kan optree en sy Gees kan bedroef, tas geensins sy soewereiniteit aan nie. Hy het juis n soewereine besluit geneem om aan mense n vrye wil te gee, sodat hulle kan besluit wie hulle wil dien (vgl. Jos. 24:15; 2 Kor. 5:20). Die Here het wl voorkennis oor wie Hom sal aanneem, en verkies hulle dan tot heiligmaking en diensbaarheid. Dit beteken dat Hy hulle in sy diens aanstel en die voorwaardes vir vrugbare diens bepaal.

n Skriftuurlike leer oor sonde. Die mens is na die beeld van God geskape, maar as gevolg van die sondeval het hy geestelik gesterf en n verdorwe natuur met immorele neigings gekry. Alles wat hy doen en bedink wat in stryd met die goddelike natuur is, word deur die Bybel sonde genoem. Die wet het Israel in die OT van hulle sonde oortuig, en die Heilige Gees oortuig mense in die huidige bedeling na aanleiding van Skrifuitsprake van sonde. Die Here wil sy beeld in mense herstel, en hiervoor is bekering, wedergeboorte en heiligmaking nodig. Sy oproep aan Israel in die OT n ook aan alle gelowiges in die NT is: Wees heilig, want Ek is heilig (Lev. 11:44; 1 Pet. 1:15-16). Van die sondeval af tot vandag toe het die definisie van sonde nie verander nie, omdat dit alle vorms van gedrag insluit wat in botsing met God se onveranderlike, heilige natuur is. Menslike waardes kan nooit die norm vir sonde word nie, omdat dit subjektief bepaal word deur mense wat meesal self nog onder die beheer van hulle ongekruisigde, sondige natuur leef. Die Bybel alleen is die maatstaf vir dit wat sonde is. As die Bybel bv. s dat homoseksualiteit sonde is (Rom. 1:26-27), dan bly dit altyd n sonde omdat God nie mense so geskape het nie. Die Bybel praat baie oor sonde, onder meer as die vrug van die vlees, wat die sonde-geneigde natuur van die mens is. Die loon van die sonde is die dood (Rom. 6:23), daarom mt ons daarvan verlos word (Matt. 1:21).

Bybelse beginsels en kultureel bepaalde gebruike. Bybelse beginsels vir menslike gedrag verander nie, maar kultureel-bepaalde maniere waardeur uitvoering aan daardie beginsels gegee word, kan van volk tot volk en van tyd tot tyd verander. In die eerste eeu moes die vrouens as n aanduiding van onderworpenheid aan gesag n hoed op hulle hoofde h wanneer hulle aanbid. Vandag is n hoed nie n simbool van die vrou se onderdanigheid aan die man nie, en moet hierdie beginsel op ander maniere afgedwing word. In die eerste eeu moes die mans mekaar hartlik groet, en die gebruik daardie tyd was om mekaar te soen (1 Kor. 16:20; 1 Thess. 5:26). Vandag is daar ander maniere om mekaar hartlik te groet! Kleredrag het ook verander. Die beginsel is dat mense goed geklee moet wees. In die eerste eeu het die mans nie baadjies en pakke klere gedra nie, maar rokke. Ons het heeltemal ander kulturele gebruike om goed geklee te wees. Ons moet dus die vaste Bybelse beginsels in ons eie kultuurverband eerbiedig.

Antitetiese lewensbeskouing. n Bybelse denkwyse is sterk teenstellend, of antiteties. Fundamentele Christene is verplig om duidelike onderskeid tussen geregtigheid en sonde, mooi en lelik, goed en kwaad, die waarheid en die leuen, die lig en die duisternis, te kan tref. Dit beteken dat hulle geestelike en morele riglyne moet h wat in elke situasie gebruik kan word om by die regte optrede en besluite uit te kom, soos deur die Bybel voorgeskryf. In die opkomende nuwe wreldorde en ook in die Nuwe Era Beweging, verskuif die klem na n sintetiese denkwyse. Dit is holisties en lei na die samevloeiing en eenwording van alle dinge. Grense word nie meer getrek nie, omdat dit die onderlinge eenheid van alle dinge versteur. Die klem is nou op die bou van bre van versoening en vereniging. Alle godsdienste moet bv. hande vat, as gevolg van die sintetiese idee dat ons almal dieselfde God aanbid. So ook moet kulture en ideologie saamvloei, sodat die bestaande diversiteit deur n oorkoepelende eenheid vervang kan word. Dit is totaal in stryd met n Bybelse denkwyse, waarin die Here skeiding tussen lig en duisternis gemaak het. Ons kan nie in een juk saam met ander gelowe trek nie (2 Kor. 6:14-18).

n Verdedigende (apologetiese) ingesteldheid. Die Bybelse boodskap staan teenoor n verdorwe en sondige wreld, waarmee dit in stryd is. Om hierdie rede moet ware Christene skyn soos ligte te midde van n krom en verdraaide geslag (Fil. 2:15), terwyl hulle die goeie stryd van die geloof stry (1 Tim. 6:12). Ons is die sout van n bedorwe aarde en die lig van n donker wreld (Matt. 5:13-16). Dit is duidelik dat ons die Here, sy Woord, ons geloof en n Christelike leefwyse teen die aanslag van n vyandige wreld moet verdedig. Valse leraars wat van die waarheid van die Woord afgewyk het, bevraagteken en diskrediteer ook voortdurend die Bybel en die suiwer Christelike leer, daarom s Paulus: Verkondig die woord, hou aan tydig en ontydig; weerl, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie (2 Tim. 4:2-3). Ons is tot die verdediging van die evangelie bestem (Fil. 1:17). In die ware sin van die woord moet ons Protestante wees wat teen alle vorms van leerstellige dwaling en korrupte praktyke protesteer.

Die verwerping van positiewe denke. Die testellende denkpatroon van fundamentele Christene verbind hulle daartoe om ook volle erkenning aan die bestaan van negatiewe, sondige gedagtes en werke te gee. Ons moet kwade en bose dinge kan identifiseer en testaan, veral ook geestelike dwalings. n Sondaar moet n sondaar genoem word; so ook moet God se oordeel oor sondaars saam met die oplossing daarvoor verkondig word. Liberale kerke, asook die ekumeniese beweging, beskou hierdie ingesteldheid egter as n groot bedreiging vir hulle program van eenwording met die Roomse Kerk n die nie-Christelike gelowe. Hulle wil nie h ons moet dwalings noem en kritiek teen afvalliges lewer nie, want dit versteur hulle pogings tot eenwording met die wreld. Hulle s dat fundamentaliste negatiewe mense is wat daarop uit is om konflik en verdeeldheid te skep. Ons verwerp egter hulle humanisties-gedrewe positiewe denke omdat hulle mislei is en geen onderskeid tussen goed en kwaad kan of wil tref nie.

Christusgelykvormigheid. n Lewe van gelykvormigheid aan die Here Jesus moet die hoogste ideaal van elke Christen wees: Hy wat s dat hy in Hom bly, behoort self ook te wandel soos Hy gewandel het (1 Joh. 2:6). Die Here Jesus het duidelik nie vir Homself geleef nie, maar vir andere: Elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as n losprys vir baie (Matt. 20:27-28). Ons moet diensknegte wees wat die boodskap van die Here Jesus se reddende genade aan almal verkondig. Ons moet dinge doen wat ewigheidswaarde het, en nie daarna streef om verganklike, wreldse skatte bymekaar te maak nie. Ons moet ook bereid wees om te ly en swaar te kry as dit nodig is, soos wat Christus ook gedoen het (1 Pet. 2:21). Ons moenie navolgers van ander mense wees nie, en dit sluit die kerkvaders in, tensy hulle self getroue navolgers van Jesus Christus was, soos bv. Paulus (1 Kor. 11:1).

Die handhawing van n Bybelse gesagsorde. God beklee die oppergesag in die heelal. Hy het Christus as die hoof van die gemeente aangestel (Ef. 1:22). Onder die hoofskap van Christus word ouderlinge en diakens aangestel wat ampsdraers in die gemeente is. Hulle is almal mans: n Opsiener moet onberispelik wees, die man van een vrou... en wat sy huis goed regeer en sy kinders met alle waardigheid in onderdanigheid hou (1 Tim. 3:2-4). n Vrou mag nie oor n man regeer of hom in n erediens uit die Woord onderrig nie, daarom mag hulle nie predikante word nie. Weens die apologetiese, vermanende en dissiplinre aspekte van prediking, moet dit in die hande van mans bly. Dit is vir mans n vernedering om deur n vrou bestraf en gedissiplineer te word. Paulus s: Ek laat die vrou nie toe om onderrig te gee of oor die man te heers nie (1 Tim. 2:12). Vrouens is egter vry en dikwels ook baie bekwaam om onderrig aan ander vrouens en kinders te gee, en selfs ook volwasse Bybelstudie waarin daar nie n regerende element aanwesig is nie. In menslike samelewings geld dieselfde gesagsorde, want die Here het gesinne ingestel waarin die man in alle gevalle die hoof is: Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente (Ef. 5:23).

Kulturele en volksverskeidenheid. Die Here het grense tussen die nasies n volke gestel, en verwag van ons om dit te eerbiedig (Hand. 17:26). Dit is n voortsetting van die taalverwarring wat tydens die bou van die toring van Babel ingestel is (Gen. 11:5-8). Dit was verkeerd in die o van die Here dat die Babilonirs n wreldstaat met net een taal wou instel, daarom het Hy vir elke groep sy eie taal gegee. Hulle het uitmekaargespat en elkeen in sy eie woongebied onder sy eie regering gaan woon. Hieruit het verskillende volkskulture ontstaan. Die erkenning van hierdie verskeidenheid is die enigste grondslag vir gesonde verhoudings tussen volke. In die evangelisering van die wreld word ons ook na elke volk en taal en stam gestuur sodat hulle (verkieslik) in hulle eie taal gevangeliseer kan word. In die eindtyd gaan daar egter onder die aanstigting van die Satan, die Antichris en die valse profeet n wreldstaat met net een regering, een godsdiens en een ekonomiese stelsel geskep word (Op. 13:1-18). Die opkomende nuwe wreldorde beywer homself hiervoor. Dit sal n ernstige vergryp teen God se orde van onafhanklike en selfbeskikkende volke wees, daarom sal die Here Jesus die bose lewenswyse en samelewingsorde van die Antichris tydens sy wederkoms vernietig.

Die erkenning van biologiese identiteit. Die Here het benewens volksidentiteit ook die basiese, persoonlike identiteit van elke indiwidu as man of vrou bepaal (Gen. 1:27). Die doel hiermee was dat heteroseksuele mans en vroue huwelike sluit wat die basiese eenhede vir voortplanting, versorging, opvoeding, kultuuroordrag en gesagshandhawing in die samelewing is. Die Here het beslis nie geslaglose mense geskape wat nie regtig weet of hulle mans of vrouens is nie (homoseksuele, of gays). Wanneer daar sulke mense is, dan is dit die gevolg van aangeleerde gedrag en nie oorgerfde gedrag nie. Daar is nie mense wat gay-gene in hulle het nie. Sodomie is n gruwel in die o van die Here, omdat sulke mense deur hulle gedrag die Skepper verlon en selfs ook vir hulle perverse seksualiteit verantwoordelik probeer hou. Daar is verlossing van hierdie verdraaide, sondige ingesteldheid (1 Kor. 6:10-11), en daar is etlike getuienisse van voormalige gays wat nou normale, heteroseksuele verhoudings handhaaf. Sodomie mag beslis nie goedgepraat of voortgesit word nie, want dit is met die gesonde leer van die Bybel in stryd (1 Tim. 1:10; vgl. Rom. 1:24-27). Die skepping van gay gemeentes, asook die aanstelling van gay predikante, is verdere bewyse dat Bybelse fundamentalisme deur die afvalliges verwerp en die fondamente van die Christelike geloof sodoende omgegooi word (vgl. Ps. 2:2-3; 11:3).

Kompromieloosheid. Die Here Jesus het gekom om n vaste geloof en duidelike lewensrels aan ons te gee. Hy het nie gekom om kompromie te maak nie. Alle mense word in sonde ontvang en gebore, en hulle word opgeroep om deur geloof in Jesus Christus n duidelike oorgang van die duisternis van sonde af tot sy wonderbare lig te maak (1 Pet. 2:9). Hy verwag dat ons deur bekering met ons sondige verlede sal breek. Die ryk jongman was nie bereid om van sy aardse besittings en vormgodsdiens af te sien en n ware volgeling van Jesus te word nie, omdat die kosteberekening vir hom t hoog was. Hy wou graag die beste van twee wrelde h en het probeer om God n Mammon gelyk te dien. Toe hy omgedraai het, het die Here Jesus hom nie teruggeroep en kompromie probeer maak deur hom te oorreed om net van die helfte van sy aardse besittings af te sien nie. Dit beteken nie dat ryk mense alles moet weggee om Christene te word nie, maar hulle moet hulself n alles wat hulle het, aan die Here oorgee. Dan word hulle rentmeesters vir die Here se saak op aarde, en behoort dit nie moeilik te vind om ruim bydraes vir die werk van die Here te maak nie.

Christelike moraliteit, waardes en gebruike. n Fundamentele Christen is n persoon vir wie n Christelike lewenswyse die enigste aanvaarbare vorm van bestaan is. Hy beywer homself dus vir n Christelike grondwet en regering, Christelike onderwys en die eerbiediging van Christelike norme in die samelewing. Daar was tye, veral gedurende die groot herlewings van die 18de en 19de eeue, toe Christelike hervormings kenmerkend van die meeste volke in Europa en Noord-Amerika was asook volke van Europese oorsprong in ander wrelddele. Soos wat sekularisme en humanisme weer die oorhand gekry het, het hierdie samelewings geleidelik weer hulle Christelike karakter begin verloor. Dit het groter druk en meer verantwoordelikheid op Christelike gesinne geplaas om self op die regte weg te volhard en ook aan die jong geslag n Christelike opvoeding te gee. Persone wat nie die Bybel ernstig opneem nie, wyk maklik van hierdie lewenspatroon af en skakel na n postmoderne orintering oor wat in sy wese post-Christelik is.

Vreemdelingskap. Ten spyte van die positiewe hervormings in sekere lande gedurende die groot herlewings, word die menslike geskiedenis hoofsaaklik deur goddelose en vormgodsdienstige samelewings gekenmerk, waarin daar nie waardering vir fundamentele Bybelse waarhede is nie. In die eindtyd word sulke waardes en lewensbeskouings nie eers meer verdra nie, en in baie gevalle geminag of totaal verwerp (1 Tim. 4:1; 2 Tim. 3:1-5). Die gevolg hiervan is dat ware Christene vreemdelinge en bywoners in n wreld is wat in die mag van die Bose l (1 Joh. 5:19; 1 Pet. 2:11). Aanvaar hierdie werklikheid, asook die testand en vervolging wat met die evangeliese Christenskap gepaard gaan. Die koninkryk van die Here gaan beslis nie nou op aarde geopenbaar word nie, omdat Christus eers met sy wederkoms as die Koning van die konings kom. Dan sal die Antichris en sy magte verdelg (Op. 19:19-21) en Satan in n bodemlose put gebind word (Op. 20:1-3). Daarna sal n regering van geregtigheid en vrede vir die hele wreld ingestel word (Jes. 2:2-4; Jer. 3:17; Sag. 8:20-22). Dan sal ons nie verwerpte dissipels wees nie (Joh. 15:18-19), maar konings wat saam met Jesus Christus in sy geopenbaarde koninkryk regeer (Op. 5:9-10; 20:4).

Volharding. Een van die sterk eienskappe van n evangeliese Christen is volharding in sy geestelike lewe. Wanneer die pad steil word en die vordering moeisaam, wanneer vriende jou verlaat en selfs familielede die rug op jou draai, moet jy steeds aan jou verhouding met die Here Jesus vashou. Want ons het deelgenote van Christus geword, as ons net die begin van ons vertroue tot die einde toe onwrikbaar vashou (Heb. 3:14; kyk ook 3:6,13). Moenie dat teleurstellings en testand jou van koers af dwing nie: ...as julle ten minste gegrond en vas bly in die geloof en julle nie laat afbring van die hoop van die evangelie nie (Kol. 1:23; vgl. 1 Tim. 1:19). Volhard om die Here te dien en te volg (Luk. 8:15; 21:19). Ons weet dat die Here ons nie sal begewe of verlaat nie (Heb. 13:5), maar die moontlikheid bestaan altyd dat ons ontrou teenoor Hom kan word. Jesus s: Bly in My, soos Ek in julle... As iemand in My nie bly nie, word hy uitgewerp soos die loot en verdroog (Joh. 15:4,6). Hoe gebeur dit? Mense verkoel eers in hulle liefde vir Jesus (Matt. 24:12), en uiteindelik verlaat sommige van hulle hul eerste liefde (Op. 2:4-5). Petrus s dat baie van hulle deur die dwaling van sedelose mense weggesleep word en uit hulle vastigheid wegval (2 Pet. 3:17). Geloof, gehoorsaamheid en dissipline is in ons geestelike lewe nodig. Paulus s: Ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar... (1 Kor. 9:27).

n Bybelse toekomsverwagting. Dit is vanselfsprekend dat iemand wat die Woord van die Here bewaar en die Naam van Jesus Christus nie verlon nie (Op. 3:8), sterk op die wederkoms van Christus ingestel sal wees. Hy sal weet dat hierdie wreld nie ons tuiste is nie, omdat God vir ons n stad berei wat fondamente het n ewige woning in die hemel (Joh. 14:2-3; Heb. 11:10). Hierdie verwagting bewaar ons daarvan om in n klein wreldjie van eiebelang en materialisme vasgevang te raak. Paulus s: As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense (1 Kor. 15:19). Ons moet Hom in onverganklikheid, ter wille van die belange van sy ewige koninkryk, liefh. Die dag wanneer die Here Jesus die ware gelowiges deur middel van die wegraping kom haal, sal ons van hierdie verdorwe wreld afskeid neem om vir altyd by Christus te wees (1 Thess. 4:16-17). Hiervoor leef ons en hierna strek ons onsself daagliks uit. Ons leef soos mense wat hulle Meester enige oomblik verwag. Die Bybel beskryf n slegte dissipel as een wat sy wederkomsverwagting verloor. Hy s in sy hart: My Heer talm om te kom (Matt. 24:48), en dan begin hy om homself arrogant te gedra en in sonde te verval.

Aanspreeklikheid teenoor God. Die mens moet daarteen waak om sy eie god te word deur self op die troon van sy hart te wil sit. Ons is deur God geskape en geroepe om aan die beeld van sy Seun gelykvormig te word, daarom is almal van ons aan Hom aanspreeklik oor wat ons met ons lewe gedoen het. Alle ongereddes leef in rebellie teenoor God en sal as gevolg van hulle sonde en ongeregtigheid voor die groot wit troon tot die ewige poel van vuur verdoem word (Op. 20:11-15). Die Christene sal voor die regterstoel van Christus verskyn, waar hulle loon vir hulle arbeid sal ontvang (2 Kor. 5:10; Luk. 19:15-17). Op daardie dag sal dit egter blyk dat baie van hulle nie met die Heilige Gees vervul was en vrugte gedra het wat by die bekering pas nie. Wanneer hulle werke aan die vuurproef van Christus se oordeel onderwerp word, sal dit soos hout, hooi en stoppels verbrand: ...as iemand se werk verbrand word, sal hy skade ly; alhoewel hy self gered sal word, maar soos deur vuur heen (1 Kor. 3:15). Berei jou vir hierdie afspraak voor en sorg dat jy nie met le hande daar sal verskyn nie.

Fundamentalisme en radikalisme. Christelike fundamentalisme moet geensins met radikale en hardhandige optrede verwar word nie. Hoewel ons n geloof en beginsels het wat radikaal van di van die wreld verskil, gebruik ons nie radikale (militante) metodes om dit te bevorder nie. Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur my Gees, s die Here (Sag. 4:6). Ons hou nie demonstrasies in die strate nie, ons dreig nie mense nie en neem nooit die wapen offensief teen andere op nie slegs defensief wanneer dit absoluut nodig is. As n klein minderheidsgroep is ons nie in n posisie om eise te stel nie. Ons kan slegs op n beskaafde manier versoeke aan die gemeenskap n die owerhede rig, waarin ons ons saak goed motiveer. Daar word dikwels n verkeerde beeld van fundamentele Christene geskep, deur hulle bv. met fundamentele Moslems te vergelyk. Laasgenoemde groep is, wat die Bybel betref, nie met die waarheid besig nie en hulle heilig ook geweld deur n jihad teen Israel en die Christendom te voer. In die Koran word hulle dikwels tot s n oorlog opgeroep. Christene word in hierdie bedeling nooit tot oorlog opgeroep nie, daarom kan ons nie radikaal wees nie. Ons behoort aan n hemelse koninkryk wat nie militr verdedig kan word nie slegs deur die woord van ons getuienis. Ons verkondig net die reddende genade van Jesus Christus aan alle mense ook aan die vyande van die Christendom, wie se sinne deur die god van hierdie wreld verblind is (2 Kor. 4:4).

Vervolging. Die evangelie van Jesus Christus was nog nooit bestem om ons vir die wreld aanvaarbaar te maak nie, maar dit berei ons voor om deur die wreld verwerp, gehaat en vervolg te word (Joh. 15:18-20; Hand. 14:22). Ons weet dus dat ons nie in hierdie bedeling die wreld sal oorneem nie. Oral waar die evangelie van Christus reg verkondig word sonder om die standaard daarvan af te water en dit met sensasionele koninkryksbeloftes te vermeng, sal net n minderheid gered word (Luk. 13: 23-24; Matt. 7:14). Dit is oor en oor die moeite werd om net by die volle waarheid van God se Woord te bly om dus fundamenteel en evangelies te wees en kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is (Judas 1:3).

n Lewe wat ten volle in die oorvloedige genade van die Drie-enige God gelei word, sal aan die kenmerke wat hierbo genoem is, voldoen. S n persoon kan uit n Bybelse oogpunt n fundamentele Christen genoem word omdat sy lewe op die fondament, Jesus Christus, berus, en nie op enige ander fondament nie ook nie die fondament van die OT wet nie: Niemand kan n ander fondament l as wat daar gel is nie, dit is Jesus Christus (1 Kor. 3:11). As ons lewens deur genade op hierdie vaste rots gebou is, en ook geestelik deur sy genade in stand gehou word, sal ons nie wankel wanneer die storms van die lewe opsteek en ook oor ons losbreek nie. Die vastigheid van hierdie Rots, die sekerheid van ons geloof in Hom, en die onveranderlikheid van sy ewige Woord, bied aan ons n hoopvolle toekoms in sy onverganklike, hemelse koninkryk. Die Here Jesus s: Die hemel en die aarde sal verbygaan, maar my woorde sal nooit verbygaan nie (Luk. 21:33).