Verwysings

Barbieri, Louis. A. Jnr. 1983. Matthew. In: Walvoord, John F. & Zuck, Roy B. (reds.) The Bible Knowledge Commentary: New Testament. Victor Books.

Buksbazen, Victor. 1954. The gospel in the feasts of Israel. Church Mission to the Jews, Londen.

Campbell, Donald K. 1983. Galatians. In: Walvoord, John F. & Zuck, Roy B. (reds.) The Bible Knowledge Commentary: New Testament. Victor Books.

Chumney, Edward. 1994. The seven festivals of the Messiah. Destiny Image Publishers, Shippensberg, Pennsylvania.

Colón, Peter, 2001. The Feast of Tabernacles in the Days of Jesus. In: Israel My Glory, Sept./Oct. 2001. Gepubliseer deur Friends of Israel Gospel Ministry, Bellmawr, New Jersey.

Downie, Hugh K. 1994. Harvest Festivals. Gospel Folio Press, Kilmarnock, Scotland.

Fruchtenbaum, Arnold G. 1991 (5de hersiene uitgawe). A Passover Haggadah for Jewish believers. Ariel Ministries Press, San Antonio, Texas.

Fruchtenbaum, Arnold G. 1993. Lesing 16 – Feasts and fellowship. Herdruk uit Tishri Vol. 2 No. 1, The Feasts. http://www.tishri.org/number16.html

Grassmick, John D. 1983 : Mark. In: Walvoord, John F. & Zuck, Roy B. (reds.) The Bible Knowledge Commentary: New Testament. Victor Books.

Hannah, John D., 1985 : Jonah. In: Walvoord, John F. & Zuck, Roy B. (reds.) The Bible Knowledge Commentary: Old Testament. Victor Books.

Hartman, Craig., 2012. Yom Kippur. Shalom Ministries – reaching the Jewish world: New York and beyond. www.shalomnyc.org/feasts/yom_kippur.htm

Malan, J.S., 1994. Ideological and structural reforms in the Kibbutz system. SA Journal of Ethnology, Vol. 17(4). Pretoria.

Malan, J.S., 1995. Variations in the communal experience in Israel. SA Journal of Ethnology, Vol. 18(1). Pretoria.

Malan, J.S. 2009. Voorregte en verpligtinge van Christus se bruid. http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Bruid.htm

Malan, J.S. 2012a. Jesus Christus en ons lewe in Hom: ’n sistematiese, evangeliese leerstelling oor die Persoon en werke van Jesus Christus. Lux Verbi Uitgewers, Kaapstad.

Malan, J.S. 2012b. Israel: ’n Historiese, eietydse en profetiese perspektief. Lux Verbi Uitgewers, Kaapstad (ter perse).

McGrath, Cheryl. 2000. God’s prophetic clock: an overview of the feasts of Israel. www.greatsouthland.org/pages/propheticlock.html

Parsons, John J. 2012. The Festival of Sukkot: The Feast of Tabernacles. Hebrew for Christians: www.hebrew4christians.com/Holidays/Fall_Holidays/Sukkot

Reagan, David R. 2012. The feasts of Israel: A study in symbolic prophecy. http://focusonjerusalem.com/thefeastsofisrael.html

Richie, John. 2000. Feasts of Jehovah. John Richie Ltd., Kilmarnock, Scotland.

Schepers, J.M., 1984 : Die kruisigingsdatum van Jesus eeue tevore geprofeteer. Die Basuin, Vol. 1 No. 2:710.

Schneider, Luzius. 2000. The biblical calendar. http://www.luziusschneider.com/Papers/JewishFeasts.htm

Scott, Bruce. 1997. The feasts of Israel: Seasons of the Messiah. Friends of Israel Gospel Ministry, Bellmawr, New Jersey.

Simpson, A.B. 2009. Christ in the tabernacle. Christian Publications, Harrisburg, Pennsylvania.

Strong, James 1990. The New Strong’s Exhaustive Concordance of the Bible. Thomas Nelson Publishers, Nashville.

 

Oor die Outeur

In Augustus 1978 is Johan Malan aangestel as professor in Antropologie aan die Universiteit van die Noorde (tans die Universiteit van Limpopo) naby Polokwane in die Limpopo Provinsie van Suid-Afrika. Hy het in 2006 afgetree. Hy en sy vrou, Wilma, woon tans in Mosselbaai. Hulle het twee getroude seuns.

As die seun van ’n sendeling, wyle ds. J.S. Malan, is Johan deur sy ouers geleer om die Bybel as die foutlose en letterlik geïnspireerde Woord van God te respekteer. Dit het onder andere daartoe gelei dat hy vir Jesus Christus as die beloofde Messias en Verlosser van die wêreld aangeneem het. Hy aanvaar ook die honderde Bybelse profesieë oor die fisiese en geestelike herstel van Israel as die uitverkore volk letterlik.

Johan het sy Bybelse belangstelling in Israel gekoppel aan sy wetenskaplike navorsing van verskeie kulture, insluitend dié van die Joodse volk. In 1993 het hy en sy vrou verskeie kibbutzim en moshavim in Israel besoek om oor hulle kommunale lewenswyse navorsing te doen (Malan, 1994, 1995). Die volgende kibboetse en ander kommunale nedersettings is besoek waar tersaaklike inligting goedgunstiglik deur lede van verskeie bestuurskomitees verskaf is: Ramat Rachel aan die suidelike hange van Jerusalem, Neve Ilan (meshek) en Shoresh (moshav) op die berge van Judéa wes van Jerusalem, Ein Gedi aan die oewers van die Dooie See, Nof Ginosar aan die westelike oewers van die See van Galiléa (die Kinneret-meer), Ein Gev aan die voet van die Golan Hoogtes oos van die See van Galiléa, en Lavi op die heuwels van Laer Galiléa.

Bykomende inligting is van Yad Tabenkin, die Navorsings- en Dokumentasiesentrum van die United Kibbutz Movement, verkry terwyl ’n literatuurstudie in die biblioteek van die Hebreeuse Universiteit in Jerusalem gedoen is. Inligting oor die godsdienstige lewe op ortodokse kibboetse is deur rabbi A.L. Jacobs van Oos-Talpiot in Jerusalem verskaf. Onderhoude is met verskeie Messiaanse Jode asook personeellede van die Internasionale Christen-ambassade in Jerusalem gevoer.

Johan se Bybelse belangstelling in Israel het gelei tot die skryf van verskeie artikels en boeke, waarvan talle op sy webwerf: www.bibleguidance.co.za aangebied word.