9. Fees van die Basuine

Drie feeste word in die sewende maand (Tisjri) op Israel se godsdienstige kalender gehou, naamlik die Fees van Basuine, die Groot Versoendag en die Loofhuttefees: Spreek met die kinders van Israel en s: In die sewende maand, op die eerste van die maand, moet dit vir julle n rusdag wees, n gedenkdag deur basuingeklank, n heilige vierdag (Lev. 23:24). Die sewende maand val saam met die einde van die oes.

Hierdie fees het met die Joodse Nuwejaarsvieringe (Rosh Hashanah) saamgesmelt aangesien Tisjri (gewoonlik in September op die Gregoriaanse kalender) die eerste maand op hulle siviele kalender is. Rosh Hashanah is die eerste dag van n nuwe jaar (Rosh beteken hoof en shanah jaar). Die Jode glo dat God die aarde in die maand Tisjri geskape het, daarom beskou hulle dit as die begin van alles en dus die eerste maand van die jaar.

Hoe moet ons as nie-Joodse gelowiges onsself in die vervulling van die Fees van Basuine sien? Ongeag van die feit dat die inhoud van die sewe feeste n belangrike deel vorm van Israel se godsdienstige gebruike in die Ou Testament, en ook in die godsdienstige weergawe van hulle maanjare aangebied word, is hulle profeties van wreldwye belang en word vervul ten opsigte van die geestelike behoeftes van die nasate van die eerste Adam. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word (1 Kor. 15:22; my beklemtoning). Hy is die laaste Adam (1 Kor. 15:45) wat gekom het om nuwe lewe aan almal van ons te skenk Jode sowel as nie-Jode.

Dit was die rede waarom Christus sy dissipels na al die uithoeke van die aarde uitgestuur het om die evangelie van verlossing te verkondig. Die Heilige Gees is ook op Pinksterdag uitgestort om die hele kerk van die Messias te bemagtig om n bruid vir Hom onder alle nasies te versamel. Die insameling van die finale oes van God se koninkryk op aarde, wat deur die Fees van Basuine voorafgeskadu word, is dus ook van toepassing op alle gelowiges oral.

Die basuin van opwekking

Rosh Hashanah se Bybelse naam is Yom Teruah, wat beteken Dag van die ramshoring se geklank of Die blaas van die opwekking. Die groot betekenis van Rosh Hashanah as die Nuwejaarsdag vereis dat die fees gevier word op presies die regte dag op die maankalender dit is na die verskyning van die eerste skrefie van die nuwemaan soos van Jerusalem af gesien. In die praktyk is dit egter nie altyd moontlik om alle mense in Israel n in die buiteland betyds oor die bekendmaking van die nuwemaan se verskyning en die amptelike begin van die Nuwejaar in te lig nie. Ten einde hierdie probleem te kan oplos, word Rosh Hashanah deur die Jode vir twee dae lank gevier, en daardeur word die belangrikheid van die dag versterk. Volgens die rabbynse beskouing word die twee dae as een lang dag (yoma arikhta) beskou.

Die basuin van opwekking is deel van n langer tydperk van bekering, waarna verwys word as Teshuvah (om te bekeer of terug te draai). Hierdie periode begin al op die eerste dag van Elul (die maand wat Tisjri voorafgaan) en duur 40 dae lank voort tot en met die Groot Versoendag op die tiende dag van Tisjri wanneer dit eindig. Na 30 dae in die tyd van bekering breek Rosh Hashanah op 1 Tisjri aan, gevolg deur nog tien dae van intensiewe bekering tot en met Yom Kippur. Hierdie tien dae staan bekend as die verskriklike dae (yamin noraim). Elke mre gedurende die maand Elul, na die oggenddiens, blaas daar n basuin (n ramshoring of shofar) om mense te herinner om hulle tot God te bekeer. Spesiale gebede word ook om middernag vir die vergifnis van sondes gebid, en staan as slihoth bekend.

Buksbazen (1954:28-29) s die volgende oor die finale tydperk van verskerpte pogings tot bekering: Nuwejaarsdag op 1 Tisjri lui n periode van plegtige bekering ter voorbereiding op die Groot Versoendag in. Op die namiddag van Nuwejaarsdag kom Jode oral in die wreld byeen by riviere, spruite, of by die see, om hulle sondes weg te werp. Hierdie seremonie staan bekend as Tashlikh en word gebaseer op Miga 7:19 wat lui: Hy sal Hom weer oor ons ontferm, ons ongeregtighede vertree; ja, U sal al hulle sondes in die dieptes van die see werp. Oral waar Jode die tradisies van Israel respekteer, word Tashlikh nagekom. Op die namiddag van Nuwejaarsdag sien n mens gewoonlik groot groepe Jode naby watermassas waar hulle die simboliese ritueel van die wegwerp van hulle sondes uitvoer.

Volgens Edward Chumney (1994:103) het Teshuvah (die tyd van bekering) op alle mense betrekking. Diegene wat in die Messias glo, word opgeroep om hulle lewens te ondersoek en vas te stel in watter opsigte hulle van God af weggedwaal het. Dit is ook n oproep om die Skrifte te ondersoek oor al die getuienis dat die Messias werklik is wie Hy ges het dat Hy was. God het mense nog altyd gewaarsku voordat Hy hulle geoordeel het. Hy het die mense voor die sondvloed gewaarsku, en Hy het Ninev gewaarsku voordat hulle vernietig sou word. Hy wil nie h dat enigeen die voorwerp van sy toorn en oordele moet wees nie (Eseg. 18:21-23, 30-32; Sef. 2:1-3; 2 Pet. 3:9).

Diegene wat op die Here se waarskuwings ag slaan en hulle bekeer, sal gered word. Mense wat die waarskuwings in die Bybel verontagsaam en nalaat om in die regte verhouding met die Messias te kom, sal vir hulle eie geestelike ondergang verantwoordelik wees ongeag of hulle verharde sondaars was of teruggevallenes wat van die we van geregtigheid afgewyk het. Die volgende oproep tot bekering in samehang met die blaas van basuine spreek vanself, asook die waarskuwing aan teruggevallenes:

As dan iemand die geluid van die basuin hoor, maar hom nie laat waarsku nie, en die swaard kom en neem hom weg, dan is sy bloed op sy hoof. Hy het die geluid van die basuin gehoor, maar het hom nie laat waarsku nie: sy bloed is op hom. Maar as hy hom laat waarsku, dan red hy sy siel. As daarenteen die wag die swaard sien kom en met die basuin nie blaas nie, sodat die mense nie gewaarsku is nie, en die swaard kom en neem n siel uit hulle weg dan is hy deur sy ongeregtigheid weggeneem, maar sy bloed sal Ek van die hand van die wag eis. En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku. ... S vir hulle: So waar as Ek leef, spreek die Here Here, gewis, Ek het geen behae in die dood van die goddelose nie, maar daarin dat die goddelose hom bekeer van sy weg en lewe. Bekeer julle, bekeer julle van jul verkeerde we! Waarom tog wil julle sterwe, o huis van Israel? ... As Ek aan die regverdige s dat hy sekerlik sal lewe, en hy vertrou op sy geregtigheid en doen onreg, dan sal aan al sy geregtighede nie gedink word nie, maar deur sy onreg wat hy doen, daardeur sal hy sterwe. En as Ek aan die goddelose s: Jy sal sekerlik sterwe en hy hom van sy sonde bekeer, en reg en geregtigheid doen gee die goddelose die pand terug, vergoed hy wat geroof is, wandel hy in die insettinge van die lewe, sodat hy geen onreg doen nie dan sal hy sekerlik lewe, hy sal nie sterwe nie (Eseg. 33:4-15).

Alle mense op aarde moet gekonfronteer word met die noodsaaklikheid om in die Messias as Verlosser te glo en hulle te bekeer deur van hulle sondes af weg te draai. Nadat die Here Jesus uit die dood opgestaan het, en kort voor sy hemelvaart, het Hy aan sy dissipels ges: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die Psalms, vervul moet word. Toe open Hy hulle verstand om die Skrifte te verstaan. En Hy s vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder (Luk. 24:44-47).

In hierdie gedeelte word dit baie duidelik gestel dat Christus se soendood ook verstaan moet word in die lig van verskeie Ou-Testamentiese uitsprake (alles wat oor My geskryf is ...) omdat dit sal lei na n beter begrip van God se plan van verlossing vir die mensdom, en ook die noodsaaklikheid van bekering as n voorwaarde vir vergifnis sal beklemtoon. Hy is die Lam van God wat geslag is en op die derde dag opgestaan het. Hy is ook die ongesuurde brood van die lewe wat van sy volgelinge verwag om hulleself uit sy Woord te voed en hulle van alle suurdeeg van sonde in hulle lewe te bekeer. Ongeregtigheid moet verwerp word en gelowiges moet bid vir reiniging deur die bloed van die Lam.

Nou, in die eindtyd, is daar verskeie oproepe om tot bekering te kom en heilig voor God te lewe in afwagting op die spoedige koms van die hemelse Bruidegom. Een van die belangrike tekens van die einde van die kerkbedeling is die herstel van Israel in die land van hulle vaders. Wanneer ons die vyeboom sien bot en groei in die lente, dan weet ons dat die somer van God se koninkryk naby is. In die somer sal die vyeboom vrugte dra en dit sal n seker teken wees dat die geestelik herstelde Israel ook n sen vir die hele wreld sal wees (Rom. 11:12; Jes. 27:6).

Die laaste basuin

https://untilallhaveheard1.files.wordpress.com/2011/06/rapture-trumpet.jpg

Dit is baie duidelik dat die basuin van Rosh Hashanah vervul sal word gedurende die finale insameling van God se oes op aarde, en dit sal gebeur wanneer Christus sy heiliges kom haal. Daar is egter diegene wat van hierdie vertolking verskil en van mening is dat hierdie basuin betrekking het op Israel se herstel uit hulle verstrooiing. Hugh Downie (1994:98-99) meen dat die basuin van Rosh Hashanah die boodskap verkondig van Israel se eindtydse herstel in hulle land, en dus eksklusief n Joodse fees is. Hy glo vas aan die wegraping, maar s dat dit nie noodwendig op Rosh Hashanah sal plaasvind nie. Daar was egter geen geleentheid van die blaas van basuine tydens of na moderne Israel se herstel in hulle land in Mei 1948 nie.

Die vinnige opeenvolging van die laaste drie feeste dui daarop dat daar n ingryping deur God sal wees om sy heiliges te versamel, wat gevolg sal word deur n donker tyd van oordele (die verdrukking) voor Christus se openbare koms op die Olyfberg. Baie van die navorsers wat boeke en artikels oor hierdie onderwerp geskryf het, is sterk daarvan oortuig dat die Fees van Basuine vervul sal word wanneer God se oes onder alle nasies ingesamel word. Die volgende is standpunte wat dikwels gestel word:

      Edward Chumney (1994:92-93) s: Die Bybelse naam vir Rosh Hashanah is Yom Teruah, wat in Hebreeus beteken: die blaas van die opwekking. Hierdie basuin (shofar) word deur die apostel Paulus genoem in 1 Korinthirs 15:5153. Omdat di basuin slegs op Rosh Hashanah geblaas word, en omdat Paulus spesifiek noem dat die wegraping (natzal) van gelowiges in Jeshua die Messias tydens die blaas van die laaste basuin sal plaasvind, het hy n duidelike aanduiding gegee dat die wegraping van gelowiges in die Messias op n Rosh Hashanah sal plaasvind.

      John Ritchie (2000:61-62), wat van 1875 tot 1930 geleef het, het ges dat die Fees van Basuine sy groot vervulling sal h wanneer die Here Jesus sy heiliges kom haal (1 Thess. 4:16-17), maar dat dieselfde basuin ook die opwekking en versameling van God se aardse volk, Israel, aankondig. Hy kies nie tussen die twee uiteenlopende standpunte nie en probeer om albei te akkommodeer.

      David Reagan (2012) s: Die Fees van Basuine (wat vandag Rosh Hashanah genoem word) dui op die wegraping wanneer die Messias in die hemele as die Bruidegom sal verskyn om sy bruid, die kerk, te kom haal. Die wegraping word altyd in die Skrif met die harde blaas van n basuin geassosieer (1 Thess. 4:13-18 en 1 Kor. 15:52).

      Arnold Fruchtenbaum (1993) s: Die vervulling van die Fees van Basuine is die wegraping van die kerk, ongeag watter beskouing n mens oor die tydsbepaling van hierdie gebeurtenis huldig. Daar is twee belangrike gedeeltes waarin besonderhede oor die wegraping van die kerk verskaf word, en in albei van hulle word die blaas van n basuin genoem. Dit word nie toevallig of sonder rede gedoen nie, siende dat die wegraping die vervulling van die Fees van Basuine sal wees. Die eerste van hierdie twee gedeeltes is 1 Thessalonicense 4:13-18 ... en die ander 1 Korinthirs 15:15-58).

       Luzius Schneider (2000) s: Die basuine sal die wederkoms van Jesus aankondig.

      Cheryl McGrath (2000) s: Dit word gewoonlik nie betwis dat die Fees van Basuine profeties aan die wederkoms van Jesus verbind word nie.

Paulus verwys na die blaas van n basuin wanneer Christus sal kom om sy aardse bruid weg te neem na haar hemelse woning wat Hy vir haar gaan voorberei het:

Want die Here self sal van die hemel neerdaal met n geroep, met die stem van n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees. Bemoedig mekaar dan met hierdie woorde (1 Thess. 4:16-18).

Die verborgenheid van die eerste opstanding is aan die Korinthirs geopenbaar, en daarmee saam aan die hele Christelike kerk:

Kyk, ek deel julle n verborgenheid mee: Ons sal wel nie almal ontslaap nie, maar ons sal almal verander word, in n oomblik, in n oogwink, by die laaste basuin; want die basuin sal weerklink, en die dode sal onverganklik opgewek word; en ons sal verander word. Want hierdie verganklike moet met onverganklikheid beklee word, en hierdie sterflike moet met onsterflikheid beklee word (1 Kor. 15:51-53).

Baie mense het probleme met die feit dat die basuin wat sal blaas tydens die opstanding van die gelowiges beskryf word as die laaste basuin (1 Kor. 15:52), en op grond daarvan verwerp hulle die idee van n voorverdrukkingwegraping. Dit is waar dat verskeie basuine van God se oordele tydens die verdrukking geblaas sal word, en daar sal ook n basuin geblaas word tydens die wederkoms van Christus wanneer die Groot Versoendag vervul word. Die laaste basuin wat egter in verband met die opstanding van die gelowiges genoem word, verwys na die laaste van n lang reeks basuine wat elke jaar van 1 Elul af tot op die tweede dag van Tisjri geblaas word. Hierdie basuine kondig die einde van die oesseisoen aan en is in die besonder ook n oproep tot bekering. Die laaste basuin in hierdie reeks blaas op die tweede dag van Tisjri teen sononder wanneer die dag amper verby is.

Kort na die laaste basuin geblaas is, begin die sewe dae wat bekend is as die sewe verskriklike dae wat van 3 tot 9 Tisjri verloop. Hierdie sewe dae verwys profeties na die jaarweek van die verdrukking onder die valse messias. Op die tiende dag van Tisjri word die Groot Versoendag gevier.

In die lig van hierdie opeenvolging van gebeure, moet daar twee fases onderskei word in die koms van Christus sy koms vir sy heiliges wanneer die basuin voor die sewe verskriklike dae sal blaas, en sy koms met sy heiliges op die Groot Versoendag. Hierdie twee fases in die koms van Christus verskil in die volgende opsigte van mekaar:

Sy koms voor die verdrukking

Sy koms na die verdrukking

Hy kom as die hemelse Bruidegom

Hy kom as die Koning van konings

Hy kom in die geheim tydens die wegraping

Hy kom in die openbaar sodat alle mense Hom kan sien

Hy kom vir sy heiliges

Hy kom met sy heiliges

Hy ontmoet die heiliges in die lug

Hy sit sy voete op die Olyfberg

Hy beloon sy heiliges

Hy oordeel en regeer die wreld

Hy word slegs deur sy heiliges gesien

Elke oog sal Hom sien

Hy keer na die hemel terug nadat Hy sy bruid versamel het

Hy bly op aarde om as Koning van die konings uit Jerusalem te regeer

Die eerste opstanding

Wanneer n mens die drie belangrikste basuine in ag neem wat gedurende die sewe feeste geblaas word, is dit duidelik dat hulle groot betekenis daarin gele is dat hulle nuwe dispensasies in God se heilsplan vir die mensdom aankondig:

      Op Pinksterdag is die Heilige Gees uitgestort en is die geluid van n magtige wind gehoor (Hand. 2:2). Dit was die geboortedag van die kerk van Christus, en dus die begin van die dispensasie van die kerk op aarde. Op hierdie dag het die Heilige Gees die dissipels bemagtig om in die wreld uit te gaan en die evangelie aan alle nasies te verkondig. Pinkster was n aftelling van 50 dae vanaf Paassondag, en was die geestelike toerusting om die boodskap van die gekruisigde en opgestane Christus se genade aan die wreld te verkondig.

      Tydens die vervulling van die Fees van Basuine sal alle heiliges van alle tye byeengebring word as n teken van die afsluiting van die kerkbedeling en die begin van die permanente fase van die verheerlikte kerk van Christus. Ontslape heiliges sal opgewek word in verheerlikte liggame, terwyl die lewende heiliges in n oogwink van sterflikheid na onsterflikheid verander sal word.

      Die fees van die Groot Versoendag sal vervul word wanneer die Messias-Koning met trompetgeskal kom en daardeur die bedeling van God se geopenbaarde koninkryk op aarde aankondig. Almal wat die groot verdrukking oorleef het, Jode sowel as nie-Jode, sal gered word wanneer Christus kom. Hulle sal dan ook deel h aan die beloofde Messiaanse koninkryk.

In die lig van die groot betekenis van die Fees van Basuine in die opstanding en verheerliking van die kerk van Christus van alle tye (insluitend Ou-Testamentiese heiliges wat op die Messias gewag het), moet ons die belofte van die eerste opstanding aanvaar en ook goed verstaan. By hierdie geleentheid sal die Here Jesus kom om net die weergebore gelowiges op te wek; dit is waarom Paulus ges het: ... die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan (1 Thess. 4:16). Hier word hoegenaamd niks oor die opstanding van die ongelowige dooies ges nie. Aangesien n eerste opstanding ook n tweede opstanding impliseer, en aangesien ons weet dat beide die gelowiges en ongelowiges sal opstaan (Hand. 24:15), is dit duidelik dat die ongelowige dooies tydens n later opstanding opgewek sal word.

Openbaring 20 s dat die twee opstandings ten minste n duisend jaar uitmekaar sal wees. Johannes verwys na al die heiliges wat tydens die eerste opstanding opgewek sal word om in die millennium as konings saam met Christus te regeer: ... en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding. Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding (Op. 20:4-6).

Diegene wat deel het aan die eerste opstanding word gesend genoem, daarom is dit n bevoorregte posisie om hierby ingesluit te wees. Verskeie ander Skrifgedeeltes lewer onweerlegbare bewyse dat weergebore gelowiges eerste opgewek sal word, waarvan die belangrikste uitsprake in Paulus se groot hoofstuk oor die opstanding voorkom (1 Kor. 15:20-24). Hierin verduidelik hy die chronologiese orde in die eerste opstanding.

Tussen die opstanding van Christus as die eersteling en die opstanding van die weergebore regverdiges by sy wederkoms (die eerste opstanding) sal die totale kerkbedeling verloop, wat tans byna twee millennia al voortduur. Dit is uit Openbaring 20 duidelik dat n verdere duisend jaar van Christus se regering tussen die opstanding van die regverdiges en die einde van die huidige aarde sal verloop. Dan sal die onregverdiges in die tweede opstanding opgewek word om vir die eindoordeel voor die groot wit troon gedaag te word.

Die volgende is uitdrukkings wat slegs na die eerste opstanding verwys:

      Die eerste opstanding (Op. 20:6).

      Die opstanding van die kinders van God (Luk. 20:36).

      Die opstanding van di wat in Christus gesterf het (1 Thess. 4:16).

      Die opstanding van die regverdiges (Luk. 14:14).

      n Beter opstanding (Heb. 11:35).

      Die opstanding tot die lewe (Joh. 5:29).

      Die opstanding uit die dode in Jesus (Hand. 4:2).

Wanneer daar na die Christene se opstanding uit die dode verwys word, asook wanneer die opstanding van Christus ter sprake is, word die uitdrukking ek nekroon in Grieks gebruik. Dit beteken uit die dode en word slegs ten opsigte van n opstanding gebruik waarin daar ander dode is wat agterbly. Hierdie uitdrukking, wat 49 keer in die Nuwe Testament gebruik word, waarvan 34 keer in verband met die opstanding van die Here Jesus, word nie een keer in verband met die finale opstanding gebruik nie. Na die tweede opstanding word slegs as toon nekroon verwys, wat die opstanding van die dode is.

Wanneer die wegraping plaasvind, staan die regverdiges met verheerlikte liggame onder die ander dode op [vanuit die dode] en gaan dan met di wat nog in die lewe is, Christus tegemoet in die lug. Die onregverdiges (ongereddes) sal in hulle grafte bly omdat hulle nie in die Here gesterwe het nie (Op. 14:13).

Die opening van die drie boeke

Volgens die rabbynse tradisie soos in die Talmoed beskryf, maak God op Rosh Hashanah drie boeke oop. Die Messiaanse Jood, Victor Buksbazen (1954:24) s: In die een boek is die name van die regverdiges, in die tweede boek diegene wat nie heeltemal regverdig en ook nie heeltemal goddeloos is nie, en in die derde boek die name van di wat goddeloos is.

In die eerste boek word nie net die name van die regverdiges geskryf nie, maar ook die beloning en seninge wat hulle van die Here sal ontvang. Dit sluit materile sowel as geestelike seninge in, soos n geestelik produktiewe lewe, gesondheid, voldoende oeste en oorwinning oor die vyand. Die blaas van die basuin van Rosh Hashanah elke jaar verseker hulle van die volgehoue sen van die Here elke jaar terwyl hulle Hom hier op aarde dien. Wanneer hierdie fees finaal vervul sal word (niemand weet in watter jaar nie) sal die heiliges opgewek word om hulle ewige seninge en genadeloon in die hemel te ontvang. Die ware gelowiges sal rekenskap van hulle lewens gee voor die regterstoel van Christus en loon van Hom ontvang (Rom. 14:10-12; 2 Kor. 5:10). Paulus s: ... elkeen sal sy eie loon volgens sy arbeid ontvang (1 Kor. 3:8, en volgende verse). Volgelinge van die Messias wat tot op die einde op die weg van geregtigheid volhard, is n minderheidsgroep.

Die tweede boek bevat die name van diegene wat nie volkome regverdig was nie, maar ook nie volkome goddeloos nie. Volgens n baie algemene opvatting onder Jode is die name van die meeste mense in Israel in die tweede kategorie, omdat daar baie dinge in hulle lewe is wat nie die Here behaag nie. Hierdie groep word nie as permanent gesien nie, omdat daar aan die lede daarvan n beperkte tyd gegun word om hulle gebroke verhouding met God te herstel. Indien hulle dit doen, sal hulle name na die eerste boek oorgeskuif word en sal hulle saam met die regverdiges die seninge van die Here geniet. Indien hulle hulself nie volwaardig bekeer en die Messias volg nie, sal hulle name by di van die goddeloses in die derde boek gevoeg word. Gedurende die komende verdrukking van sewe jaar, wat die vervulling sal wees van die sewe verskriklike dae tussen Rosh Hashanah en Yom Kippur, sal die mense wat probeer om goed te doen maar nie daarin slaag nie, n finale geleentheid kry om te wys waar hulle staan f by die ware Messias wat heiligheid vereis, f by die valse messias wat die mens van sonde sal wees.

Die derde boek bevat die name van die goddeloses, asook die regverdige straf wat hulle sal ontvang. Die groot meerderheid van alle mense op aarde dien nie die God van die Bybel nie en is f agnostici f heidene wat afgode aanbid. Hulle sal n die tweede opstanding deur God geoordeel en verdoem word.

Wat die eerste groep betref: deur die feeste van God (Nagmaal en Pinkster in die Nuwe Testament) word gelowiges tot hor vlakke van toewyding opgeroep. Hulle moet gereeld hulle geloof in die Lam van God wat sy bloed op Glgota vir hulle gestort het, herbevestig en versterk. Hulle moet ook voortdurend hulle eie lewens ondersoek om vas te stel of daar nie suurdeeg van sonde in is waardeur die Heilige Gees bedroef word nie. Wanneer hulle deeglik gereinig is van alle besoedeling van die vlees en die gees (2 Kor. 7:1), moet hulle hulself opnuut aan die diens van die Here wy en werke doen wat by die bekering pas. Paulus s dat ons vasberade moet werk met die oog op genadeloon voor die regterstoel van Christus:

Weet julle nie dat die wat op die baan hardloop, wel almal hardloop, maar dat een die prys ontvang nie? Hardloop s dat julle dit sekerlik kan behaal. En elkeen wat aan n wedstryd deelneem, onthou hom in alles hlle nogal om n verwelklike krans te ontvang, maar ons n onverwelklike. Ek hardloop dan soos een wat nie onseker is nie; ek slaan met die vuis soos een wat nie in die lug slaan nie. Maar ek kasty my liggaam en maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie (1 Kor. 9:24-27).

Wat die tweede groep betref: baie mense beskou hulleself as gelowiges wat goeie lewens lei, maar hulle is nie regtig weergebore nie en word dus nie deur die Heilige Gees gelei nie. In Israel beskou sulke nominale gelowiges hulleself as geregverdigde lede van die verbondsvolk, maar as gevolg van die verwerping van die Messias is hulle nie. Die Here Jesus het vir hulle ges: Geveinsdes, tereg het Jesaja oor julle geprofeteer toe hy ges het: Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is (Matt. 15:7-9). Hulle beoefen n mensgemaakte godsdiens wat geen ware geestelikheid het nie. Jesaja het oor die valse pretensie van hierdie vormgodsdiens ges: En ons het almal geword soos n onreine, en al ons ongeregtighede soos n besoedelde kleed; en ons het almal verdor soos blare, en ons ongeregtighede het ons weggevoer soos die wind (Jes. 64:6).

In die Christelike kerk is daar ook n groot aantal naamchristene wat uiterlik wel regverdig lyk, maar innerlik verkeer hulle steeds in geestelike duisternis. Paulus het vir Timthes gewaarsku teen mense wat sondige lewens lei, maar terselfdertyd n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verlon het. Sy advies aan hom was duidelik: Keer jou ook van hierdie mense af (2 Tim. 3:5). Die wederbarende krag van die Heilige Gees ontbreek in hulle lewens, maar tog hou hulle deur eie pogings n uiterlike gedaante van godsaligheid in stand. Ware Christene behoort hulleself uit die kringe van die skynheiliges te onttrek, anders sal hulle dalk ook dubbele lewens begin lei wat op n valse skyn berus.

Die Here Jesus s aan die gemeente in Sardis: Ek ken jou werke, dat jy die naam het dat jy leef en jy is dood (Op. 3:1). Hulle is vermaan om uit hulle dooie vorm van godsaligheid te bekeer en dan uit te gaan en die evangelie aan sondaars te verkondig.

Indien sulke mense nie tot bekering kom nie, sal hulle agterbly wanneer die basuin vir die opstanding van die regverdiges tydens die wegraping blaas. Gedurende die daaropvolgende verdrukking sal die kategorie van naamchristene wat nie volkome regverdig of boos is nie (die draadsitters), spoedig ophou om te bestaan. Sommige van hulle sal volgelinge van die Antichris word en die ware Christus volkome verlon, terwyl andere die Antichris sal verwerp en met onverdeelde harte die ware Christus sal aanneem. Johannes s die volgende oor hulle:

N hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande; en hulle het met n groot stem geroep en ges: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die Lam! ... Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my ges: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is hulle en waarvandaan het hulle gekom? En ek s vir hom: My heer, u weet dit. En hy s vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam (Op. 7:9-14).

Die derde groep van onbekeerlike sondaars sal die Antichris slaafs navolg, sy nommer aanvaar, hom aanbid, saam met hom die ware God en sy Seun belaster, en daarom sy oordeel met hom deel: As iemand die dier en sy beeld aanbid en n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang (Op. 14:9-11).

n Teken aan Israel

Die blaas van die basuin by die wegraping sal n wekroep aan Israel wees tydens die vervulling van die Fees van die Basuine. Op daardie oomblik sal Messiaanse Jode in Israel en elders saam met lede van die liggaam van Christus uit die hele wreld weggevoer word. Dit is onseker of ortodokse Jode en ander ongeredde mense ook die geklank van die basuin sal hoor wanneer die Bruidegom kom (1 Thess. 4:16), maar die skielike verdwyning van Messiaanse gelowiges sal n duidelik boodskap aan die Jode in Israel oordra dat die Messias soos n dief in die nag gekom het vir sy bruid.

In die tradisionele Joodse huwelikseremonies is n shofar geblaas wanneer die tyd aangebreek het vir die bruid om in die geheim weggeneem te word. Die bruidegom het sy bruid in die aand of in die nag kom haal gewoonlik tussen 6-uur die aand en middernag. Wanneer hy en sy vriende naby aan die huis van die bruid was, was daar n geroep en ook die blaas van die ramshoring om die bruid en haar bruidsmeisies te laat weet dat hulle dadelik moes uitkom om die bruidegom buite op die pad te ontmoet. Diegene wat nie op daardie kritieke oomblik genoeg olie gehad het nie, was laat vir hulle afspraak en het agtergebly nadat die Bruidegom sy bruid na sy vaderhuis teruggeneem het.

Direk na die dramatiese vervulling van hierdie gebeurtenis in die eindtyd, sal baie van die Jode besef dat Jesus ongetwyfeld die ware Messias is. Hulle sal dan in die lig van Bybelse profesie weet dat die valse messias spoedig daarna geopenbaar sal word om die tyd van Jakob se benoudheid in te lui. Afgesien van die feit dat die meeste Jode die valse messias as die ware Messias sal aansien (Joh. 5:43; Dan. 9:27), sal n aansienlike aantal van hulle nie deur die valse messias mislei word nie, en in plaas daarvan hulle lewe aan die Here Jesus oorgee. Die 144 000 spesiale getuies vir Christus sal uit hulle geledere kom. Hulle sal baie van hulle eie mense na die Here toe lei, asook baie nie-Jode, en hulle bemoedig om vas te staan gedurende die donker dae van die verdrukking.

Die tyd van benoudheid vir Jakob

Die tien verskriklike dae van 1 tot 10 Tisjri sluit die sewe dae tussen Rosh Hashanah en Yom Kippur in, en verteenwoordig die tyd van benoudheid vir Jakob. Die einde van die oesseisoen loop uit op die begin van Danil se 70ste jaarweek, die tyd wanneer Israel getoets en vervolg sal word en Jerusalem deur die lers van vyandige nasies omsingel sal wees (Eseg. 22:18-22; Sag. 14:2, 12). In hierdie tyd sal baie mense uit verskillende volke n finale keuse oor hulle ewige bestemming moet maak. Ongekende rampe sal plaasvind wanneer die groot oordele waarvan ons in Openbaring 6 tot 19 lees, kort na mekaar aangekondig sal word.

Jeremia het die oordele van die dag van die Here pertinent genoem: Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word (Jer 30:7). Die benoudheid verwys nie net na die toorn van God wat oor n rebelse mensdom uitgestort sal word nie, maar ook na die misleiding en wreedheid van die valse messias wat oor die onderdane van sy wreldryk uitgestort sal word. Gedurende hierdie jaarweek sal die geestelike misleiding van Israel tot groot uiterstes gevoer word weens die optrede van die valse profeet, maar daar sal ook diegene onder hulle wees wat weerstand daarteen bied (Dan. 11:32-33).

In reaksie op die groot misleiding en vervolging sal n minderheid lede van Israel en die nasies hulle tot die ware Messias wend om gered te word (Op. 12:11), terwyl die meerderheid die valse messias sal navolg en aanbid. Baie mense sal sterf in oordele van God terwyl hulle in die dal van beslissing is (Jol 3:14).

Die bekering van 144 000 Jode en hulle afsondering vir die diens van die Here (Op. 7:4) sal n baie belangrike gebeurtenis aan die begin van die verdrukking wees, net na die openbaring van die Antichris. Die 144 000 sal die eerste groep wees in die eindtydse geestelike herlewing van Israel as n volk, en hierdie proses sal eers tydens die wederkoms van die Messias afgehandel wees. Openbaring 7:1-8 sluit aan by n uitgebreide reeks Bybelse profesie waarin die waarborg gegee word dat die Here nie net vir Israel fisies in hulle land sal herstel nie, maar dat hulle in die laaste dae ook geestelik lewend gemaak sal word (Jer. 32:36-40; Eseg. 37:1-28).

Uit n dispensasionele oogpunt is dit baie duidelik waarom die 144 000 Jode gered en in die diens van die Here gebruik sal word. Nadat die Here Jesus sy kerk weggeneem het, aan wie Hy die opdrag gegee het om in hierdie bedeling die lig van die wreld te wees, sal Hy die geestelike potensiaal van Israel gebruik om in die donker nag van die verdrukking sy lig in die wreld te laat skyn.

 

10. Die Groot Versoendag

Op die tiende van hierdie sewende maand is dit die versoendag. n Heilige vierdag moet dit vir julle wees; dan moet julle jul verootmoedig en aan die Here n vuuroffer bring (Lev. 23:27). Die Groot Versoendag begin teen sononder aan die einde van die negende dag van Tisjri. Dit is die plegtigste van alle Joodse feeste. Hierdie sesde fees dui op die redding van die hele Israel, wanneer hulle tydens die wederkoms van die Messias waarlik God se volk sal word.

Hierdie belangrike godsdienstige fees was die enigste dag van die jaar wanneer die hopriester (Cohen Ha Gadol) toegelaat was om die Allerheiligste te betree om offers vir die sondes van die volk te bring. Volgens Levtikus 16 moes n bul en n bok op hierdie dag geoffer word, terwyl n ander bok (die sondebok) na die woestyn weggestuur is. Voordat die bok na die woestyn weggelei is, het die hopriester albei sy hande op die bok se kop geplaas en al die sondes van Israel bely. Sodoende is al die volk se sonde op die bok se kop geplaas sodat hy dit na n onbewoonbare plek kon wegdra (Lev. 16:20-22).

Om te verseker dat die sondes van die volk wat deur die sondebok weggedra is, nooit weer na hulle toe terugkeer nie, is die sondebok na n steil krans toe geneem en daarvandaan afgegooi. Volgens oorlewering het die rooi lyn wat aan die bok se kop vasgebind was, daarna wit geword. Dit was n aanduiding dat God die offers aanvaar het en dat die volk se sondes vir nog n jaar bedek was. Hartman (2012) maak die volgende baie insiggewende opmerking hieroor: Joodse tradisie in die Talmoed vertel ons dat vir veertig jaar voor die vernietiging van die tempel in 70 n.C., die rooi lyn op die sondebok se kop nie wit geword het nie. Dit dui daarop dat sedert Jesus se kruisdood, totdat die offers geindig het toe die Romeine die tempel vernietig het, God nie meer die offers van bulle en bokke aanvaar het nie! Hoewel ons nie kan bewys dat dit werklik gebeur het nie, is dit interessant dat hierdie stelling oor die offers in n Joodse geskrif gemaak word.

Al die tipologiese offers is inderdaad deur Christus vervul: Hy [het] ns krankhede op Hom geneem, en ns smarte di het Hy gedra; maar ns het Hom gehou vir een wat geplaag, deur God geslaan en verdruk was. Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom. Ons almal het gedwaal soos skape, ons het elkeen sy eie pad geloop; maar die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom (Jes. 53:4-6).

Ons ongeregtighede is op die Lam van God geplaas. Hy is gelei na n plek buite Jerusalem waar Hy vir ons sondes gesterf het: Daarom het Jesus ook, om die volk deur sy eie bloed te heilig, buitekant die poort gely. Laat ons dan uitgaan na Hom toe buitekant die laer en sy smaad dra (Heb. 13:12-13).

In hierdie Skrifgedeelte het Paulus sy Hebreeuse lesers bemoedig om nie te huiwer om deelgenote te word van die smaad wat Jesus gedra het nie. Hulle moes die laer van Judasme verlaat en dan buitekant hierdie laer met die Messias identifiseer waar Hy die eenmalige offer vir die sondes van die wreld gebring het. Die gelowige se ware geestelike bestemming is nie n godsdienstige stelsel wat vermeng geraak het met gevestigde menslike belange en selfgesentreerde leierskapsrolle nie, maar die vergifnis en vryheid wat net Christus ons kan bied.

Simboliese pligte van die hopriester

n Bul is geoffer om die heiligdom te reinig van besoedeling wat deur die sondes van die hopriester en sy huishouding veroorsaak is (Lev. 16:6). Een van die twee bokke is dan geoffer om die heiligdom van die volk se sondes te reinig. Die bloed van die offerdiere is ook op die altaar gesprinkel.

Voordat die hopriester die Allerheiligste binnegegaan het, moes hy sy hele liggaam was en ook sy kleed was as deel van n reinigingseremonie sodat hy waardig kon wees om in die Allerheiligste te verskyn. Sy klere was bloedbevlek weens die slag van die diere en die besprinkeling van die altaar met hulle bloed, daarom moes dit op n spesiale plek gewas word (Lev. 6:27).

Hierdie gebruike is deur die Messias vervul: Terwyl ons dan, broeders, vrymoedigheid het om in die heiligdom in te gaan deur die bloed van Jesus op die nuwe en lewende weg wat Hy vir ons ingewy het deur die voorhangsel heen, dit is sy vlees, en ons n groot Priester oor die huis van God het, laat ons toetree met n waaragtige hart in volle geloofsversekerdheid, die harte deur besprenkeling gereinig van n slegte gewete en die liggaam gewas met rein water (Heb. 10:19-22; vgl. 1 Pet. 1:2).

Op die Groot Versoendag het die hopriester by drie geleenthede voor die volk verskyn om eerstens sy eie sondes en die sondes van sy gesin te bely, tweedens die sondes van die stam van Levi, en derdens die sondes van al twaalf die stamme van Israel. Dit was die enigste geleentheid in die hele jaar wanneer die hopriester toegelaat was om die Naam van God, Jahweh, soos voorgestel deur die Hebreeuse letters JHWH (bekend as die vierletterwoord) hardop uit te spreek, en ook die Allerheiligste drie keer te betree. Hy het slegs uitgekom om sondes namens die volk te bely en ook Israel se sondes op die kop van die sondebok te plaas.

Wanneer die hopriester in die Allerheiligste was, was die volk in gespanne afwagting op sy verskyning. Indien hy t lank weggebly het, het hulle ernstig gevrees dat God nie die volk se sondes vergewe het nie en dalk die onwaardige hopriester getref het sodat hy dood neergeslaan het. Wanneer hy uiteindelik uitgekom het, was daar n sug van verligting onder die aanwesiges en hulle het lofsange gesing. Op hierdie dag is daar ook n basuin geblaas, bekend as die basuin van die hopriester (Shofar Ha Gadol).

Craig Hartman (2012) beskryf die uiterstes van vrees en vreugde op hierdie laaste dag van die 40-dae periode van bekering en sondebelydenis soos volg: Hierdie aktiwiteite van die hopriester was vol drama en spanning. Die mense wat byeengekom het om die ritueel waar te neem, het geweet dat indien God nie die offers aanvaar het nie, sy oordeel oor sonde die hopriester dood kon laat neerslaan in die Allerheiligste dan sou die volk se sonde ook nie bedek wees nie. Interessant genoeg, is daar n tou aan die hopriester vasgebind indien hy in die Allerheiligste sou sterf. In di geval sou sy liggaam uitgesleep kon word sonder dat iemand daar hoef in te gaan om hom uit te haal, want dit kon ook tot daardie persoon se dood lei. Die volk het dus ten volle op die werk van die hopriester vertrou. Wanneer die hopriester uit die tabernakel gekom het, het sy verskyning tot groot vreugde en feesviering onder die volk gelei.

Hierdie simboliese manier van versoening is vervul deur die Here Jesus toe Hy Homself as losprys vir ons sondes geoffer het: Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree. Want so n hopriester was vir ons gepas, een wat heilig, onskuldig, onbesmet, afgeskeie van die sondaars is, en wat hor as die hemele geword het; wat nie elke dag nodig het, soos die hopriesters, om eers vir sy eie sondes offers te bring en dan vir di van die volk nie. Want dit het Hy net een maal gedoen toe Hy Homself geoffer het (Heb. 7:25-27).

Plaasvervangers vir versoening

Sedert die vernietiging van die tempel in 70 n.C., het ortodokse Jode groot probleme ervaar om hulle feeste te vier, veral die Groot Versoendag, omdat geen offers gebring kan word vir die versoening van sondes nie. In n poging om hierdie probleem op te los, is verskeie plaasvervangers ingestel, byvoorbeeld gebed, vas, n studie van die wet, liefdadigheid, asook verskeie mensgemaakte pogings van bekering, insluitend persoonlike lyding.

n Persoon se eie lyding word as n plaasvervanger beskou, veral die lyding van die regverdiges. Ortodokse Jode in Oos-Europa het n gebruik beoefen wat as malkoth bekendstaan, waarin hulle hulself met 39 houe laat slaan het. Die apostel Paulus is by vyf geleenthede onderwerp aan veertig houe op een na (2 Kor. 11:24). Dit was n antieke Joodse metode van straf vir oortreders. Verder op hierdie tema, word n persoon se eie dood ook beskou as plaasvervanger vir n offer, en hierdie foutiewe idee word van Psalm 116:15 afgelei: Kosbaar is in die o van die Here die dood van sy gunsgenote. Abraham se offer van sy seun, Isak, word ook gesien as n plaasvervangende offer vir versoening, maar hierdie daad het net die dood van die Vader se Seun, Jesus, voorafgeskadu. Daar was geen vrymakende substansie in Abraham se daad nie en Isak het ook nie regtig gesterf nie.

Daar is n klein groepie ortodokse Jode wat glo dat n plaasvervangende dood steeds nodig is vir die vergifnis van sonde, en hulle gee uitdrukking aan hierdie geloof deur n gebruik bekend as kapparoth. Die dag voor Yom Kippur neem die persoon n hoender, bely sy sondes oor die hoender terwyl hy sirkelbewegings met sy hand bokant die hoender se kop maak. Die hoender word daarna doodgemaak en daar word geglo dat sy bloed versoening vir sondes doen (Hartman, 2012).

Die dilemma van Judasme in hulle poging om n geldige basis vir versoening te kry, word duidelik deur Victor Buksbazen (1954:35) beskryf: Ten spyte van Yom Kippur, die dag wat aan versoening gewy word, is daar in Judasme geen versekering van sondes wat vergewe word nie. Daar is n verlange en hoop op vergifnis, maar geen versekering daarvan nie. Slegs die Seun van God kan dit gee aan mense wat in die geloof na Hom toe kom. Die Groot Versoendag is net n plaasvervanger vir versoening. Judasme kan ten beste opgesom word as die mens se pogings om homself te regverdig sonder die versoening wat deur die Verlosser gedoen is. Dit kan nie gedoen word nie. Daar is geen plaasvervanger vir Christus, ons Versoener nie. Judasme het hard probeer om n plaasvervanger vir Hom te kry.

Hierdie beskouing word bevestig deur Hartman (2012): Die vier van Yom Kippur het na 70 n.C. drasties verander. Met geen tempel, geen priesters en geen offers nie, moes die Jode ander maniere vind om aan die Bybelse voorskrifte vir die jaarlikse versoening van hulle sondes te voldoen. Die rabbis het n tradisie ontwikkel waarin die sondes van die volk deur gebed, bekering en welsynswerk (goeie werke) versoen sou word. Terwyl dit verstaanbaar is dat hulle nuwe metodes sal soek sonder n tempel, voldoen hierdie metodes egter nie aan Bybelse bepalings nie. God het nooit sy eis van versoening deur n bloedoffer verander nie, en alhoewel die Jode interessante argumente aanvoer om hulle standpunt te regverdig, is hulle nogtans verkeerd. ... Dienste in sinagoges gaan gepaard met vas ten einde n persoon se siel te kasty. Die offer vir versoening ontbreek egter.

Eindtydse vervulling van hierdie fees

As ons verby die geweldige lyding kyk wat veroorsaak sal word deur die komende verdrukking van sewe jaar (Danil se 70ste jaarweek), is daar ook n goddelike doel wat hiermee bereik sal word. God het ges: In hulle nood sal hulle My soek (Hos. 5:15). Lank gelede het Moses ook vir Israel gewaarsku teen die eindtydse nood wat hulle sal oorval, en hulle gemaan om die geleentheid te gebruik om in die regte verhouding teenoor God te kom: As jy in die nood is en al hierdie dinge aan die einde van die dae oor jou kom, sal jy na die Here jou God terugkeer en na sy stem luister. Want die Here jou God is n barmhartige God; Hy sal jou nie verlaat en jou nie in die verderf stort nie; en Hy sal die verbond van jou vaders wat Hy hulle besweer het, nie vergeet nie (Deut. 4:30-31).

Gedurende die komende beproewings sal n toenemende aantal Jode gered word deur vir Jesus as Messias en Verlosser aan te neem. Die hele oorblyfsel van die volk sal egter eers gered word op die dag wanneer die Messias kom, en dit sal vir Israel die finale vervulling van die Groot Versoendag wees. Dit sal die wonderlikste dag in die ganse geskiedenis van hierdie volk wees wanneer hulle met hulle Messias versoen word n dag waarvan God s: Ek sal die skuld van hierdie land op een dag uitdelg (Sag. 3:9).

Die tyd van die benoudheid vir Jakob (Jer 30:7) wat die geestelike herlewing van Israel sal voorafgaan, sal n besonder onheilspellende tyd wees. In die middel van die verdrukking sal die Jode uit Jerusalem en omliggende gebiede na n veilige plek in die woestyn vlug waarskynlik suid van die Dooie See by Petra. Die aanleiding vir hierdie vlug sal die ontheiliging van die herboude tempel in Jerusalem wees, waarin die Antichris homself tot God sal verklaar (Matt. 24:15-22; 2 Thess. 2:4; Dan. 9:27). Hy sal ook n beeld van homself in die tempel laat oprig en die wreldwye aanbidding van die beeld afdwing. Wanneer Godvresende Jode weier om die knie voor die moderne Baal te buig, sal n volksmoord teen hulle afgekondig word.

In die groot verdrukking sal multinasionale magte Israel se grondgebied beset en ook die stad Jerusalem beler. Naby aan die einde van daardie jaarweek sal Joodse vlugtelinge na hulle belerde hoofstad terugkeer, sterk daarvan oortuig dat die Messias op die Groot Versoendag sy voete op die Olyfberg sal sit. Die sewe verskriklike dae tussen Rosh Hashanah en Yom Kippur sal hulle einde nader, en dit sal saamval met die einde van die jaarweek, wat die tyd van benoudheid vir Jakob sal wees.

Danil het geprofeteer oor die kritieke tweede helfte van die verdrukking toe hy ges het: ... dit sal n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat n volk bestaan het tot op di tyd nie. ... En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word [die beeld van die Antichris in die tempel], sal duisend-tweehonderd-en-negentig dae verloop (Dan. 12:1, 11).

Hierdie aantal dae is n tydperk van 43 maande, wat een maand meer is as die tweede helfte van die betrokke jaarweek. Hierdie ekstra maand sal heel waarskynlik opgeneem word deur die routydperk waardeur Israel sal gaan nadat hulle die Messias ontmoet het en sterk onder die indruk sal kom van hulle sonde deur Hom te verwerp. Dit was gebruiklik in Israel om dertig dae lank oor n geliefde leier te rou, soos die geval was met Aron en Moses (Nm. 20:29; Deut. 34:8).

Vanaf die donker dag in die middel van die week wanneer die Antichris homself tot God sal verklaar, sal daar 42 maande verloop tot aan die einde van die jaarweek, wanneer Rosh Hashanah die begin van n nuwe jaar en n nuwe jaarweek sal aankondig. Groot benoudheid sal die vlugtelinge oorval wanneer hulle Jerusalem nader in die verwagting dat die Messias sal kom om hulle te verlos. Hulle sal deur die magte van die Antichris omsingel word, en groot chaos sal in Jerusalem heers.

Sagara s: Kyk, daar kom n dag vir die Here (Sag. 14:1). Die dag van die Here verwys na die eindtydse uitstorting van God se toorn gedurende die groot verdrukking, wat sy hoogtepunt in die slag van Armagddon sal bereik. In Sagara 14 word hierdie Goddelike ingryping beskryf. God s: Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap (Sag. 14:2).

Die daaropvolgende dae wat na die Groot Versoendag op die tiende dag van Tisjri sal lei, sal besonder erg wees. Sommige Jode sal met die magte van die Antichris slaags raak, terwyl ander weer van die gevegsterrein af sal probeer wegkom. Baie van hulle sal paniekbevange raak en uitroep: ... ons verwagting is verlore, dit is klaar met ons! (Eseg. 37:11). Maar dan, op die Groot Versoendag, sal hulle verlossing van die Olyfberg af kom:

En die Here sal uittrek en stryd voer teen di nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog. En in di dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem l, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot n baie groot dal ... En julle sal vlug in die dal van my berge want die dal van die berge sal loop tot by Asal en julle sal vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussa, die koning van Juda. Dan sal die Here my God kom, al die heiliges met U! ... En die Here sal Koning wees oor die hele aarde. ... En dit sal die plaag wees waarmee die Here al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle o sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond. En in di dag sal 'n groot verwarring van die Here onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander (Sag. 14:3-13).

Wanneer donker wolke van God se oordele oor Jerusalem en sy omstreke toesak, sal die oorlewende Jode na n veilige plek toe vlug wat sal ontstaan deur n skielike skeur in die Olyfberg. Daar, letterlik aan die voete van Jesus, sal hulle veilig wees. Groot verwarring sal onder hulle vyande ontstaan terwyl hulle deur Goddelike oordele oorval word, en hulle sal mekaar begin doodmaak.

Die Antichris en die valse profeet, die twee leiers van die wreldwye rebellie teen die Messias en sy volgelinge, sal gevang en lewendig in die vuurpoel gegooi word (Op. 19:19-20). Jesus sal na sy volk toe uitreik en hulle sen. Hulle sal vreesbevange raak wanneer hulle die merke in sy hande sien, en hulle eerste woorde aan Hom sal wees: Watter wonde is daardie tussen jou hande? Hy sal hulle antwoord: So is ek geslaan in die huis van my vriende (Sag. 13:6). Hoe sal die Jode die feit verklaar dat die Messias wonde in sy hande het wanneer Hy op die Olyfberg neerdaal? Hoe sal hulle kan verklaar waar daardie wonde vandaan kom? Dit was sekerlik nie in die hemel op Hom toegedien nie! Hulle sal inderdaad opkyk na Hom vir wie hulle tydens sy eerste koms deurboor het. Sagara s:

Maar oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos n mens rouklaag oor n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos n mens bitterlik ween oor n eersgebore kind. In di dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadad-Rimmon in die laagte van Megiddo. En die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik. ... In di dag sal daar n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid (Sag. 12:10-12; 13:1).

Hartman (2012) s dat die finale Versoendag vir Israel teen n baie groot prys sal kom twee-derdes van die Jode in die land sal vernietig word (Sag. 13:8). Die oorblywende derde sal uit die vuur van loutering kom en gered word. God sal aan die oorblyfsel in Israel nuwe harte en n nuwe gees gee (Eseg. 36:26), en hulle sondes vir altyd vergewe (Jer. 31:34). Paulus het oor hierdie tyd van die uitgiet van God se Gees oor Israel gepraat toe hy ges het: ... en so sal die hele Israel gered word (Rom. 11:26). Hierdie toekomstige tyd van nasionale reiniging en herstel sal daartoe lei dat die hele Joodse volk vir Christus as hulle Messias aanneem, en dan uiteindelik vir Hom s: Die Here, my God! (Sag. 13:9).

Die hele oorblyfsel van Israel sal gered en hulle vyande geoordeel word. Dit sal egter nie net vir Israel n Groot Versoendag met die Messias wees nie, aangesien n oorblyfsel van die nie-Joodse nasies ook gered sal word en dan groot ondersteuners van Israel sal word in die komende koninkrykdispensasie. In Sagara se hoofstuk oor die wederkoms van Christus en die oordeel oor die nasies, is daar goeie nuus ingesluit vir die oorlewendes onder die nasies wat hulle tot Christus sal wend vir redding: En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die Here van die lerskare, en om die huttefees te vier (Sag. 14:16).

Wanneer die Antichris, die valse profeet en hulle multinasionale mag by die wederkoms teen Christus en sy hemelse ler veg (Op. 19:19-21), sal dit vreeslik wees om te val in die hande van die lewende God (Heb. 10:31). Diegene wat egter hierdie oordeel oorleef sal, soos Israel, in opregte verootmoediging en bekering na Jesus toe kom. Dit sal ook op die Groot Versoendag gebeur wanneer die Messias uit die hemel kom om sy vyande te oordeel en diegene te red wat hulle dwaasheid sal besef en hulle dan tot Hom sal wend vir redding:

En dadelik n die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid. En Hy sal sy engele uitstuur met harde trompetgeluid, en hulle sal sy uitverkorenes versamel uit die vier windstreke, van die een einde van die hemele af tot die ander einde daarvan (Matt. 24:29-31).

Dit sal die oorgang wees na n nuwe dispensasie in God se heilsplan vir die mensdom. Die koninkryk van God wat vroer nie van hierdie wreld was nie, sal nou in al sy krag en heerlikheid op aarde geopenbaar word. Christus sal uit Jerusalem regeer en sy heiliges sal saam met Hom regeer.

 

11. Die Loofhuttefees

Die laaste van die sewe feeste, wat sewe dae lank gevier moet word, is ook van groot betekenis en dui op die voltooiing van die Messias se werk van verlossing. Hierdie fees vertoon op n baie gevoelvolle manier die vreugde wat die Messias vir individue bring, vir die volk Israel, en uiteindelik ook vir al die nasies van die wreld:

Spreek met die kinders van Israel en s: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die Here. ... En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van die Here julle God vrolik wees. En julle moet dit as fees van die Here sewe dae in die jaar vier. Dit is n ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier. Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon, sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is die Here julle God. So het Moses dan die feestye van die Here aan die kinders van Israel bekend gemaak (Lev. 23:34; 40-44).

Hierdie is n vreugdefees wat jaarliks n die finale insameling van die oes gevier word om die Here vir al sy weldade van daardie betrokke jaar te bedank, insluitend die oes wat gemaak is. Maar die fees verwys ook terug na die tyd, lank gelede, toe die Israeliete verlos is uit hulle Egiptiese slawerny en beskerming gevind het onder die bloed van die paaslam. Nadat hulle Egipte verlaat het, het hulle in hutte in die woestyn gewoon en is bonatuurlik beskerm teen baie gevare. Verder het die fees n besliste toekomsperspektief deurdat dit ook duidelik die koms van die Messias weerspiel. Wanneer Hy kom, sal die finale oes van die hemelse koninkryk ingesamel en die vyande van hierdie koninkryk vernietig wees.

Op die eerste dag van die Loofhuttefees lees die rabbis Sagara 14 in die sinagoges voor. Hierdie hoofstuk handel oor die volgende temas:

      die koms van die Here met al sy heiliges (v. 4-5);

      die koningskap van die Messias (v. 9);

      die verhoging van Jerusalem (v. 8-11);

      die vernietiging van Israel se vyande (v. 12-15); en

      die verpligte deelname deur ander volke aan die Loofhuttefees in Jerusalem gedurende die Messias se vrederyk (v. 16-18).

Sukkot was een van drie belangrike geleenthede waarop God die Israeliete beveel het om by die tempel in Jerusalem byeen te kom en offers aan Hom te bring. Hulle is gewaarsku om nie met le hande voor die Here te verskyn nie: Drie maal in die jaar moet al jou manne voor die aangesig van die Here jou God verskyn op die plek wat Hy sal uitkies; op die fees van die ongesuurde brode en op die fees van die weke en op die huttefees; en hulle mag nie met le hande voor die aangesig van die Here verskyn nie (Deut. 16:16).

Ons moet ook daaraan herinner word dat ons n die insameling van die oes voor die regterstoel van Christus sal verskyn, en ons moet seker maak dat ons nie met le hande vir hierdie afspraak opdaag nie. Die Heilige Gees stel ons in staat om werke te doen wat ewigheidswaarde het, en ons moet onsself daaraan toewy om die werk te doen wat aan ons opgedra is. Diegene wat nalaat om die opdragte van die Here oor vrugbare diens na te kom, sal gered word asof deur vuur heen. Hulle sal geen werke h wat aanvaarbaar is en dus in staat om die vuurproef te deurstaan nie (vgl. 1 Kor. 3:11-15).

Sedert hulle uittog uit Egipte het Jode die Loofhuttefees gevier, en het baie van hulle ook spesifiek die volgende opdrag nagekom: Sewe dae lank moet julle in hutte woon. Gedurende die hele verloop van die fees bly hulle in klein hutte of takskerms wat op n ruwe manier van gevlegte takke gemaak is. Die dakke word op so n manier gedek dat hulle skaduwee in die dag bied, maar dat mense nog steeds die sterre in die nag kan sien.

Mense wat die vieringe bywoon, dra n lulav, wat gemaak is van die takke van palms, mirtebome en wilgers. Peter Coln (2001:13) s: Dit was n plaaslike gebruik in Jerusalem om die takke met gouddraad vas te bind. Die takke is in die tempel geswaai gedurende sekere dele van die diens. Afgesien van die lulav het hulle ook sitrusvrugte (ethrog) by hulle gehad wat simbolies van die Beloofde Land is. Is die blydskap van die Here ook ons sterkte, en verraai ons lewens iets van die heerlikheid van die hemelse koninkryk wat ons verwag?

Christene moet daaraan herinner word dat n ons redding uit die slawerny van sonde ons soos vreemdelinge en bywoners moet leef wat op pad is na n beter land toe. In daardie sin woon ons ook in hutte of tente. Ons moenie hierdie wreld ons permanente woning maak en al ons tyd en geld bestee om aardse skatte te versamel wat van geen waarde sal wees wanneer die Messias se koninkryk geopenbaar word nie.

n Sen vir die nasies

Gedurende die Loofhuttefees is baie offers in die tempel gebring as sondoffers osse, ramme en bokke. n Totaal van 70 jong osse is gedurende die fees geoffer, en volgens rabbis in die ou tyd was dit offers vir die 70 nasies van die wreld. Die doel met hierdie offers was dat die nie-Joodse nasies hulle tot die God van Israel sou bekeer, en daardeur beskutting vind onder die vleuels van die heerlikheid van die Here (Shekinah) wat in die Allerheiligste van die tempel woon.

Die liturgie van die fees sluit n gebed in waarin gevra word dat die nie-Jode ook na Jerusalem sou kom om die fees te vier. Dit is waarom Christene uit verskillende lande besluit het om hulle solidariteit met Israel te betoon deur na Jerusalem toe te gaan vir die Loofhuttefees. In 1980, die jaar waarin Jerusalem herstel is as die hoofstad van Israel, het 1 000 Christene uit 20 lande besluit om aan die fees deel te neem. Hulle was baie verbaas deur die hartlike ontvangs wat hulle van godsdienstige leiers in Israel ontvang het. Hierdie leiers het verklaar dat dit vir hulle n verdere bewys was dat die koms van die Messias, wat deur hulle as sy eerste koms gesien word, naby is. Die publisiteit wat hierdie fees geniet het, was oorweldigend positief, en die Christene is versoek om aan die Jerusalem-mars deur die strate van die stad deel te neem. Hulle het die ereplek voor die Israeli weermag ingeneem.

Op die laaste dag van die fees is die Internasionale Christenambassade in Jerusalem gestig. Hierdie ambassade verteenwoordig Christene wat Israel se Bybelse mandaat oor die land erken, en hulle skakel ook met die Israeli regering. Hulle is betrokke by die hervestiging van Jode wat uit ander lande na Israel emigreer, veral die duisende arm Russiessprekende Jode. Bedrywighede by die ambassade word elke dag met gebede vir die veiligheid van Jerusalem begin, soos voorgeskryf in Jesaja 62:6-7 en Psalm 122:6 Bid om die vrede van Jerusalem.

In die volgende jaar (1981) was daar n groot toename in die aantal deelnemers toe 3 500 Christene uit 35 lande die Loofhuttefees bygewoon het 400 van hulle uit Suid-Afrika. Belangstelling in die fees het aangehou om toe te neem, en teen die draai van die eeu het omtrent 6 000 pelgrims uit meer as 80 lande dit bygewoon.

Let asseblief daarop dat hoewel die bywoning van hierdie fees nie vir Christene voorgeskryf is nie, dit n vrywillige manier is om eensgesindheid met Israel te betoon, maar spesifiek op n Christelike manier. Die Christene hou hulle eie fees in Jerusalem waarin Jesus as Messias geer word, en hulle kies ook n spesifieke tema vir elke jaar wat verband hou met een of ander aspek van Israel se herstel. In die lig van Sagara 14:16 laat Ortodokse Jode hulle hierdie vryheid toe. Die twee feeste, die Ortodokse en Christelike, word gelyktydig maar op verskillende maniere gehou.

Die fontein van redding

Die giet van water in die tempel was een van die baie belangrike rituele van die fees. n Priester is spesiaal aangestel om water in n goue kruik van die poel van Silam af te bring (vgl. Joh. 9:7). Die hopriester het die water in n bak aan die onderkant van die altaar gegooi. Uit n ander kruik is wyn in dieselfde bak gegooi. Die water en wyn het vermeng geraak en deur spesiale pype na die Kidronspruit gevloei.

Die betekenis van die giet van die water was tweevoudig. Eerstens was dit n simboliese en rituele gebed vir oorvloedige ren. Die somer was aan sy einde, en die winter met sy renseisoen sou spoedig aanbreek. Israel was toe, soos ook nou, afhanklik van genoeg ren vir goeie oeste daarom die gebede vir ren. Gebede word nog steeds in die sinagoges vir goeie jaarlikse rens gebid. Die giet van die water was n sigbare gebaar om God se genade uit te beeld deur ren te stuur. Tweedens het die drankoffer van die water ook verby die fisiese toepassing daarvan gegaan; dit was profeties en Messiaans in sy hoop, aangesien daar uitgesien word na die uitstorting van die Heilige Gees oor Israel sowel as gelowiges uit die nasies gedurende die regering van die Messias-Koning (Buksbazen, 1954:40-41).

Maar wat van die simboliese betekenis van die meng van die water en wyn in die bak aan die onderkant van die altaar? Die wyn verwys na die bloed van Christus wat vir ons redding gestort is dit stel die nuwe testament in sy bloed voor (Luk. 22:20). Die water dui op die Messias as die bron van ons nuwe lewe (Joh. 4:14). Die meng van die water en die wyn, waarna dit wegvloei, verwys na die feit dat Christus se lewe afgel en sy bloed gestort is vir ons verlossing. In die tabernakel was daar n koperwaskom. Hierin het die priesters hulle hande n die offers gewas, gevolglik was daar water in wat met bloed gemeng was. Dit was die bewys van n volbragte offer. Nadat Jesus gesterf het, het daar water en bloed uit sy sy gekom, as n bewys dat Hy klaar gesterf en sy lewe vir ons afgel het (Joh. 19:33-34).

Johannes 7 beskryf die viering van n Loofhuttefees waaraan die Here Jesus deelgeneem het en Homself as die ware bron van die water van die lewe aangebied het. Baie Jode verwag dat die Messias gedurende n viering van hierdie fees geopenbaar sal word, en dit was die rede waarom die broers van Jesus by Hom aangedring het om dit by te woon: En die fees van die Jode, die huttefees, was naby. Sy broers het toe vir Hom ges: Vertrek hiervandaan en gaan na Juda, sodat u dissipels ook u werke kan sien wat U doen. ... Toe s Jesus vir hulle: My tyd is nog nie daar nie (Joh. 7:2-3, 6). Daar was nog n groot oes wat ingesamel moes word onder Israel en die nasies voordat dit tyd sou wees vir die finale oesfees.

Die Jode het vir Jesus op die fees verwag, aangesien hulle bewus was van sy aanspraak om die Messias van Israel en Seun van God te wees. Om hierdie rede het Hy in die geheim na Jerusalem opgegaan sodat die omstrede vraag oor sy Messiasskap beantwoord kon word: Maar nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die fees, nie openlik nie, maar in die geheim. En die Jode het Hom op die fees gesoek en ges: Waar is Hy? En daar is baie oor Hom gemompel onder die skare. Sommige het ges: Hy is goed. Ander weer het ges: Nee, maar Hy mislei die skare. Tog het niemand openlik oor Hom gepraat nie, uit vrees vir die Jode. En toe dit al in die middel van die fees was, het Jesus opgegaan na die tempel en geleer (Joh. 7:10-14).

n Redelike aantal mense het geglo dat Jesus die Messias was, maar hulle geestelike leiers het nie hierdie oortuiging met hulle gedeel nie: Maar baie van die skare het in Hom geglo en ges: Wanneer die Christus kom, sal Hy meer tekens doen as wat hierdie man gedoen het? (Joh. 7:31). Naby aan die einde van die fees, met verwysing na die geestelike betekenis en Messiaanse vervulling van die drankoffer, het Jesus duidelik ges wie Hy was:

En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en ges: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif s: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy ges van die Gees wat di sou ontvang wat in Hom glo; want die Heilige Gees was daar nog nie, omdat Jesus nog nie verheerlik was nie. Baie van die skare het, toe hulle die woord hoor, ges: Hy is waarlik die profeet. Ander het ges: Hy is die Christus. En ander het ges: Kom die Christus dan uit Galila? Het die Skrif nie ges dat die Christus uit die geslag van Dawid kom en uit Betlehem, die dorp waar Dawid was nie? Daar het toe verdeeldheid onder die skare gekom oor Hom (Joh. 7:37-43).

Mense se wanopvattings oor Jesus kon maklik uit die weg geruim word deur die werklike feite oor sy geboorteplek, sy persoon en werke vas te stel. Jesus het egter nie die foutiewe bewerings oor Hom weerl nie dit is die plig van elke persoon om die Skrifte te ondersoek. Dit is ons taak om die onderwerp van die Messiasskap van Jesus na te vors. Indien ons dit nie doen nie, loop ons gevaar om die ewige lewe te verbeur, asook al die seninge wat die Here belowe het aan diegene wat in die Messias glo. Dit is n ontsettende ho prys om vir onkunde te betaal.

Gesange van bevryding

Die laaste dag van die Loofhuttefees was n vreugdevolle geleentheid. Die seremonie van die giet van die water was n daaglikse gebruik en het sy hoogtepunt bereik op die sewende dag, wat die groot en finale dag van die fees was. Hierdie dag is beskryf as Hoshana Rabba, die Dag van die Groot Hosanna, en het n spesiale Messiaanse betekenis. Die giet van water uit die goue kruik het plaasgevind te midde van die blaas van basuine deur die priesters en die sing van gewyde liedere deur die Leviete, terwyl die mense hulle palmblare geswaai het en lofpsalms opges het die Hallel, wat Psalms 113 tot 118 insluit. Die volgende is die afsluitingswoorde van Psalm 118:

Ag, Here, gee tog heil; ag, Here, gee tog voorspoed! Gesend is hy wat kom in die Naam van die Here! Ons sen julle uit die huis van die Here. Die Here is God, en Hy het vir ons lig gegee. Bind die feesoffer met toue, tot by die horings van die altaar. U is my God, en ek wil U loof; o my God, ek wil U verhoog. Loof die Here, want Hy is goed, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid! (Ps. 118:25-29).

Messiaanse Jode, sowel as ander persone wat n goeie kennis van Hebreeus het, verkry meer betekenis uit die terminologie van die fees. Buksbazen (1954:41-42) verduidelik dit s: Na aanleiding van die woorde: Gee tog heil (Hebreeus Hoshana) staan hierdie dag bekend as die Groot Hosanna. Dit was kenmerkend Messiaans omdat dit n gebed vir spoedige verlossing deur die Messias was. Dit was waarom ons Verlosser by n ander geleentheid met die waai van palmblare begroet is, saam met die woorde: Hosanna vir die Seun van Dawid, bedoelende: Red ons, Seun van Dawid. Hierdie kennis is noodsaaklik om te kan verstaan wat gebeur het toe Jesus die tempeldiens bygewoon het op die dag van die Groot Hosanna. Dit was toe die water uit die poel van Silam in die bak van die altaar gegooi is, die priesters die basuine geblaas het, die Leviete Psalms gesing het en die mense gebid het: Ag, Here, gee tog heil, dat die Messiaanse ywer op sy hoogtepunt was en Jesus in die tempel uitgeroep het: As iemand dors het, laat hom na My toe kom en drink. Die Messiaanse aanspraak van die Verlosser is deur almal verstaan, en dit moes soos n weerligstraal uit die bloute gekom het. Hier was die Een wat duidelik laat blyk het dat Hy die antwoord was op die vurige hoop en gebede wat eeue en geslagte lank al voortgeduur het. Kon Hy, die skrynwerker van Nasaret, die lank verwagte Messias wees? Die volk was verdeeld hieroor.

Jesus Christus is inderdaad die Lam van God wat nie alleen gekom het om die Joodse volk van hulle sondes te red nie (Matt. 1:21), maar Hy het ook die sondes van die wreld weggeneem. Deur die ganse kerkbedeling het n ontelbare skare mense uit alle volke redding deur die soendood van die Seun van Dawid verkry. Tydens die komende verdrukking sal dit nog steeds so wees. In sy visie oor die eindtyd het Johannes ges: N hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met palmtakke in hulle hande (Op. 7:9).

Die geestelike status en herkoms van hierdie gelowiges word duidelik gestel: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam (Op. 7:14). Hulle sal ook teenwoordig wees wanneer die finale vervulling van die Loofhuttefees gevier word in die koninkryk van die Messias, die Seun van Dawid en ook die Seun van sy hemelse Vader. Regdeur die duisendjarige vrederyk van die Messias wanneer Hy uit Jerusalem sal regeer, sal lede van alle volke jaarliks na Jerusalem kom om die Loofhuttefees te vier (Sag. 14:16).

In verband met die liturgie van Sukkot was daar n ander duidelike aanduiding wat Jesus aan die Jode gegee het dat Hy die Messias was. Tydens die resitasie van Psalm 118 op die fees het hulle onder andere ges: Gesend is hy wat kom in die Naam van die Here! (Psalm 118:26). In sy profesie oor die vernietiging van Jerusalem het Jesus aan die Joodse leiers ges: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal s: Gesend is Hy wat kom in die Naam van die Here! (Matt. 23:39).

In moderne vierings van die Loofhuttefees het die Jode nuwe rituele bygebring in die plek van dit wat deel was van die tempeldiens. Een so n gebruik is die slaan van wilgertakke in n poging dat al die blare daarvan, waardeur sonde voorgestel word, moet afval. n Gebed vir redding word eers gebid, waarna die wilgertakke drie keer op die banke van die sinagoge geslaan word. Met elke blaar wat afval, word geglo dat n sonde wegval van die persoon wat gebid het.

In die afwesigheid van n fontein van lewende water waar hulle van alle sonde gereinig kan word, asook geloof in die Een wat aan n kruis vasgeslaan is vir die sondes van die wreld, neem ortodokse Jode hulle toevlug tot ander gebruike en rituele om verlossing van sonde te simboliseer. Die skaduwees van Messiaanse profesie word steeds deur baie Jode verkies bo die werklikheid van hulle vervulling in die Here Jesus.

Die lig van die wreld

n Ander belangrike kenmerk van die Loofhuttefees was die verligting van die tempel in Jerusalem. Vier reuse kandelaars, 50 el hoog (omtrent 22 meter) is in die voorhof opgerig. Goue bakke is op die kandelaars gesit, waarin n groot hoeveelheid suiwer olie gegooi is. Verslete klere van die priesters en Leviete is vir lamppitte gebruik. As gevolg van die helder lig wat van die kandelaars af uitgestraal is, is die Tempelberg en omliggende dele van Jerusalem (die Ou Stad) helder verlig. Die pelgrims wat die fees bygewoon het, het ook fakkels en lampe saamgebring.

Wat n paslike simbool van die Messias, wat ges het: Ek is die lig van die wreld; wie My volg, sal sekerlik nie in die duisternis wandel nie, maar sal die lig van die lewe h ... So lank as Ek in die wreld is, is Ek die lig van die wreld (Joh. 8:12; 9:5). Met die oog op sy hemelvaart het Hy aan sy dissipels ges: Julle is die lig van die wreld. n Stad wat bo-op n berg l, kan nie weggesteek word nie; en n mens steek ook nie n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig s skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik (Matt. 5:14-16).

Na die wederkoms van die Messias sal die lig van sy regverdige koninkryk helder van Jerusalem af skyn: Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die Here gaan oor jou op. Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor ju sal die Here opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word. En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang (Jes. 60:1-3).

Die wederkoms van Jesus en die openbaring van sy koninkryk sal die vervulling wees van die Loofhuttefees. Die gelowiges sal God almal prys omdat Hy hulle uit die slawerny van sonde gered het, en ook omdat Hy hulle in hierdie gevaarlike en bose wreld beskerm het. Hulle sal Hom dank en prys vir die groot oes van gelowiges wat vir die koninkryk van die hemel versamel is. Groot vreugde sal heers wanneer God se plan van verlossing wat by die offer van die Paaslam begin het, met die instelling van die Messias se vrederyk in Jerusalem volvoer sal word.

John Parsons (2012:2) s: Die feeste vestig ons aandag op die Here as ons Skepper, ons Regter en die Een wat vir ons sondes versoening gedoen het, maar tydens die Loofhuttefees vier ons alles wat die Here vir ons gedoen het. In n profetiese sin dui die sewe dae van Sukkot op die olam haba, die toekomstige wreld, asook op die duisendjarige koninkryk van die Messias. Indien Jeshua tydens Sukkot gebore is (en dus tydens Hanukkah, die Fees van Ligte in Desember, verwek is), dan verleen dit n verdere profetiese betekenis aan hierdie fees, naamlik die Woord wat tydens Sukkot vlees geword en onder ons gewoon het (Joh. 1:14; Engels: The Word became flesh and tabernacled with us). In die Millennium, wat die vervulling van Sukkot sal wees, sal Hy weer onder ons woon en uit Sion regeer.

Sekerheid van die millennium

Baie mense bevraagteken die geloof in n letterlike millennium op aarde n die koms van Christus. n Studie van die feeste van Israel, en in besonder die Loofhuttefees, maak dit egter baie duidelik dat die dispensasie van die koninkryk nog voorl. Die Here Jesus het ons geleer om te bid: Laat u koninkryk kom; laat u wil geskied, soos in die hemel, net so ook op die aarde (Matt. 6:10). Die volgende is die belangrikste kenmerke van die Messias se toekomstige regering op aarde:

      God sal op aarde regeer deur die Koning van konings, Jesus Christus. n Teokratiese wreldregering sal gevestig word (Luk. 1:31-33; Op. 19:15; Dan. 7:13-14).

      Christus sal op die herstelde troon van Dawid in Jerusalem regeer en Israel sal die middelpunt en hoofsentrum van die wreld wees (Ps. 2:6-12; Sag. 8:22; Jes. 2:2-3; 24:23; 33:17, 20-22; Dan. 7:27). Sy regering sal gekenmerk word deur geregtigheid en regverdigheid (Jes. 1:26-27; 32:1-2, 16-17; Jer. 23:5-6).

      Israel se hoofstad, Jerusalem, die stad van onse God, die stad van die groot Koning, sal die sentrum van aanbidding wees vir die hele wreld, en alle volke sal daar byeenkom om God te aanbid deur Christus, die Koning van die konings (Ps. 48; Jer. 3:17; Sag. 14:16-20; Jes. 66:18-23; Op. 19:16).

      Die geredde oorblyfsel van Israel sal hulle verbly in die Here en die hele wreld evangeliseer (Jes. 12:3-6; 40:9; 51:11). Hulle sal die hele wreld vol vrugte maak (Jes. 27:6) en God sal geer word (Jes. 28:5; Sag. 8:20-23).

      Satan sal gebind wees sodat hy die nasies nie kan verlei nie (Op. 20:1-4).

      Vrede sal oral heers. Daar sal geen oorlo of militre opleiding wees nie, en wapens sal opgesmelt en die metaal vir vreedsame doeleindes gebruik word (Jes. 2:4; 9:7; Miga 5:4-5; Hos. 2:18).

      Die aarde sal vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem oordek (Jes. 11:9-10; Hab. 2:14).

      Daar sal geen siektes wees nie (Mal. 4:2; Jes. 33:24).

      Mense sal gesond en aktief wees tot op n ho ouderdom soos diegene voor die sondvloed. n Persoon van 100 jaar oud sal as n kind gereken word (Jes. 65:20-23).

      Die natuur sal grootliks baat omdat die vloek van Gnesis 3:17-19 opgehef sal word, en die hele skepping wat sedertdien aan die nietigheid onderworpe was, sal vrygemaak word van die slawerny van verganklikheid tot die vryheid van die heerlikheid van die kinders van God (Rom. 8:19-22; Jes. 55:12-13; Jol 3:18).

      Die aarde sal vrugbaar wees en so oorvloedig voedsel oplewer dat die volgende plantseisoen sal aanbreek nog voordat die vorige oes heeltemal ingesamel is (Miga 4:3-4; Amos 9:13-15; Jes. 65:21-23; Ps. 65:9-13).

      Harmonie sal in die diereryk heers. Die wolf sal by die lam l en die leeu sal strooi eet soos n os. Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig nie, omdat die Here n nuwe verbond met die diere sal sluit waarin hy die fisiologie en aggressiewe geaardheid van roofdiere na die fisiologie en sagte geaardheid van plantvreters sal verander (Jes. 11:6-9; 65:25; Hos. 2:17).

Israel wat as n volk deur God geroep is, is self n duidelike bewys dat die millennium nog nie aangebreek het nie. Bybelse profesie dat Israel in hulle land herstel sal word, geestelik sal herleef, belangriker as al die ander volke sal wees en ryklik gesen sal word, is nog nooit vervul nie (Deut. 28:1-14; 30:1-4; Eseg. 36:24-28; Jes. 60:1-22; Hos. 14:5-8; Rom. 11:26-27). Inteendeel, geen volk het soveel lyding oorleef soos die verlengde wreldwye verstrooiing, minagting, vervolging, haat en pogings tot volksmoord wat Israel die afgelope twee millennia beleef het nie. God se beloftes teenoor hulle staan egter nog steeds en sal in die millennium vervul word.

Die geboorte van die Messias tydens Sukkot

Dit is vanpas dat die Bybelse verband tussen die geboorte van die Messias en die Loofhuttefees ook hier bespreek word. Daar is soveel verwarring oor Kersfeesvierings in die wreld vandag dat die Bybelse grondslag van die herdenking van Christus se koms na die wreld feitlik heeltemal uitgewis is.

Die jaarlikse Kersfeesvieringe op 25 Desember is op n verkeerde datum vasgestel. Dit is ook wat sy vorm betref n vervalste en hoogs gekommersialiseerde fees wat deur Christene n nie-Christene gevier word. Soos wat die wreld in n toenemende mate beslag l op hierdie fees, verloor dit sy ware Christelike karakter en word meer en meer met heidense gebruike vermeng. In sommige gevalle word Christus selfs heeltemal uit die naam van die fees weggelaat deur sy Naam met n X uit te krap en die fees Xmas te noem (in plaas van Christmas).

Die besluit om die viering van Jesus se geboortedag van n vorige datum in April na die huidige 25 Desember te verskuif, is in die vierde eeu tydens die bewind van keiser Konstantyn geneem. Amptelike erkenning is toe aan die Christendom gegee, en ten einde dit vir die heidense gelowe meer aanvaarbaar te maak, is n vermenging van die twee tradisies doelbewus toegelaat.

In die voor-Christelike heidenwreld was 25 Desember die dag waarop Die Fees van die Onoorwinlike Son (Invicti Solis) gevier is. In die Noordelike Halfrond vind die sonstilstand in die middel van die winter op 22 Desember plaas. Sonaanbidders het dan verskeie rituele uitgevoer om die songod te oorreed om terug te draai. Mense het geglo dat as die son op sy suidelike tog sou voortgaan, die mensdom deur duisternis, koue en dood oorval sou word. Op 25 Desember, wanneer die son begin terugdraai, het dit tot groot blydskap en vreugde aanleiding gegee. Mense het rondom groen bome gedans, aan mekaar geskenke gegee, en jolyt en dronkenskap het dikwels hierdie feestelikhede gekenmerk.

Kersfees is na 25 Desember verskuif op grond van die argument dat Jesus die Son van Geregtigheid is. Die onafwendbare gevolg was egter dat die Christelike Kersfees en die Babiloniese Fees vir die Onoorwinlike Son vermeng geraak het. Selfs al word die songod as sodanig nie meer direk vereer nie, word Christus nou saam met twee afgode, naamlik Bacchus (die drankgod) en Mammon (die geldgod) vereer.

Soos wat vroer in hierdie hoofstuk aangetoon is, is die feeste van Israel in werklikheid feeste van die Messias. Bybelse getuienis dui inderdaad daarop dat Jesus tydens die Loofhuttefees gebore is. Die volgende chronologiese gebeurtenisse wat na Christus se geboorte gelei het, is ter sake:

n Belangrike aanduiding is die tyd wanneer Sagara, n lid van die priesterlike familie van Aba, sy tempeldiens verrig het. In 1 Kronieke 24 is daar n beskrywing van die twee weke tempeldiens wat deur elk van die 24 priesterlike families verrig moes word: Dit was hulle ampsorde vir hul diens, om in die huis van die Here te gaan (1 Kron. 24:19). Die agtste familie in die groep van 24 was di van Abja (1 Kron. 24:10).

Die eerste maand in hierdie siklus is Nisan, wat die eerste maand in die godsdienstige kalender van Israel is (Ex. 12:2; Lev. 23:5). Volgens die skedule in 1 Kronieke 24 was die familie van Abja die agtste groep, en was dus die tweede helfte van die vierde maand dienspligtig. Dit was aan hierdie familie dat die priester Sagara, die vader van Johannes die Doper, behoort het:

Daar was in die dae van Herodes, koning van Juda, n sekere priester met die naam van Sagara, uit die afdeling van Aba ... En terwyl hy besig was om die priesteramp voor God te bedien in die beurt van sy afdeling, het die lot volgens die priesterlike gewoonte op hom geval om in te gaan in die tempel van die Here en reukwerk te brand (Luk. 1:5, 8-9).

Terwyl hy hiermee besig was, het n engel aan hom verskyn en ges: Moenie vrees nie, Sagara, want jou gebed is verhoor, en jou vrou Elisabet sal vir jou n seun baar, en jy moet hom Johannes noem (Luk. 1:13). Die res van die gebeure staan in n noue verband met hierdie aankondiging:

En n hierdie dae het Elisabet, sy vrou, ontvang en haar vyf maande lank verberg ... En in die sesde maand is die engel Gabril deur God gestuur na n stad in Galila met die naam van Nsaret, na n maagd wat verloof was aan n man met die naam van Josef, uit die huis van Dawid; en die naam van die maagd was Maria ... En die engel s vir haar: Moenie vrees nie, Maria, want jy het genade by God gevind. En kyk, jy sal swanger word en n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid ... En kyk, Elisabet, jou bloedverwant, het self ook n seun ontvang in haar ouderdom, en hierdie maand is die sesde vir haar wat onvrugbaar genoem is. Want geen ding sal by God onmoontlik wees nie. En Maria s: Hier is die diensmaagd van die Here. Laat dit met my gaan volgens u woord (Luk. 1:24, 26-27, 30-33, 36-38).

Sagara se ontmoeting met die engel, en die begin van sy vrou se swangerskap, het in die tweede helfte van die vierde maand op die godsdienstige kalender plaasgevind (Junie op die Gregoriaanse kalender). Ses maande later, in die tweede helfte van die tiende maand (omtrent die tyd wanneer Kersfees nou gevier word), het Maria se swangerskap begin. Nege maande later, in die tweede helfte van September, is Jesus gebore.

Sedert Sagara se beurt van tempeldiens het dus 15 maande (6+9) tot by die geboorte van Jesus verloop dit is een jaar en drie maande. Binne die raamwerk van die Joodse godsdienstige kalender was dit die tydperk tussen die tweede helfte van die vierde maand en die tweede helfte van die sewende maand in die daaropvolgende jaar. Dit het dus met die Loofhuttefees (September op ons kalender) saamgeval: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die Here (Lev. 23:34).

Daar is ook in die Bybel omstandigheidsgetuienis wat hierdie inligting oor die tyd van Jesus se geboorte bevestig. Die wagters het buite in die veld oornag iets wat hulle weens die koue nie in die middel van die winter gedoen het nie: En daar was herders in dieselfde landstreek, wat in die oop veld gebly en in die nag oor hulle skape wag gehou het. En meteens staan daar n engel van die Here by hulle, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle geskyn en groot vrees het hulle oorweldig. En die engel s vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here is. En dit is vir julle die teken: julle sal n Kindjie vind wat in doeke toegedraai is en wat in die krip l (Luk. 2:8-12).

Soos vroer aangetoon, het Jesus Homself as Messias aangebied tydens die Loofhuttefees in Jerusalem. Aan diegene wat Hom aangeneem het, is n nuwe lewe gegee. Dit het tot gevolg gehad dat strome van lewende water uit hulle binneste gevloei het. Tydens Christus se wederkoms wanneer hierdie fees in finale vervulling sal gaan, sal die vreugde van almal wat aan Hom behoort, wees soos n fontein wat opborrel en oorloop.

Ons behoort nou reeds iets van die vreugde van die Loofhuttefees in ons lewe te ervaar, ten spyte van die feit dat ons die grootste seninge van Christus se koninkryk eers tydens sy wederkoms sal verkry. Dawid het die Here gedank vir die sen wat hy ontvang het toe hy nog steeds in sy sterflike liggaam was: U sal my die pad van die lewe bekend maak; versadiging van vreugde is voor u aangesig, lieflikhede in u regterhand, vir ewig (Ps. 16:11).