Johan Malan
1. Wat is Saligheid en Seën?
2. Saligsprekinge in die Ou Testament
3. Saligsprekinge in die Bergpredikasie (Deel 1)
4. Saligsprekinge in die Bergpredikasie (Deel 2)
5. Verdere Saligsprekinge deur Christus
6. Saligsprekinge deur die Apostels
7. Die Bron van alle Saligheid
|
|
|
|
Johan Malan, Mosselbaai, RSA
Augustus 2013
Te midde van kommer, onsekerheid en ’n onvoorspelbare toekoms, stel die meeste mense hulle hoop op ’n groot mate van geluk en seën om positiewe uitkomste in hulle lewe te verseker. Dit is veral waar van diegene wat nie geestelike ankers het nie, en wat van mening is dat hulle toekoms deur magte buite hulleself bepaal word. In die moeilike omstandighede waaronder mense dikwels leef, het dit algemene gebruik geword om mekaar geluk en seën toe te wens – veral wanneer iemand ’n nuwe fase of tydperk in sy lewe betree, vir ’n werk of ekonomiese hulpverlening aansoek doen, aan een of ander toets of studieprogram onderwerp word, op ’n lang reis vertrek, mediese behandeling moet ondergaan, ens.
Die gebrek aan geestelike sekuriteit (die vaste wete van redding) is die grootste enkele probleem waardeur mense in die gesig gestaar word, en dit is ook die oorsaak van baie ander probleme. Ons is almal sondaars van die dag van ons geboorte af, en daarom sonder die saligheid van ’n ware geestelike lewe (Rom. 5:12). Die Bybel het ’n boodskap van hoop aan mense wat weens hulle sondegeneigde natuur van God af vervreem geraak het. Die deur is vir verlore siele geopen om na die Here terug te keer en die saligheid (geestelike seën) te verkry wat Hy aan elke bekeerling bied. Al wat van hulle gevra word, is die bereidwilligheid om hulle bose weë te verlaat, in die regte verhouding met God te kom, en sodoende ’n deel van sy koninkryk van geregtigheid te word.
Diegene wat nie op hierdie vriendelike uitnodiging reageer nie en verkies om hulle eie lewens weg van die Here af en in stryd met sy geregtigheid te lei, tel nie onder die geseëndes van die Here nie. Hulle maak van hulleself vyande van God wat deur Hom geoordeel sal word (Hand. 17:30-31). Die bekeerlinge, daarenteen, word deur die Here vergewe en salig gemaak, en sodoende tot kinders van God herskep. As gevolg hiervan ontvang hulle ’n baie spesiale vorm van Goddelike seën en vrede in hulle harte, asook die versekering van verdere seëninge wat die volgelinge van die Messias op hulle lewensweg te beurt sal val.
Daar is talle saligsprekinge in die Bybel, waardeur die Here aspekte beklemtoon van die seëninge wat deur Godvresende mense geniet word. Die woord wat algemeen in die Ou Testament gebruik word vir die toestand wat deur hierdie seëninge meegebring word, is “welgeluksalig” (Heb. esjer; Eng. blessed; happy). Die Griekse ekwivalent van hierdie begrip in die Nuwe Testament is makarios – om gelukkig of geseënd te wees. Dit het dieselfde betekenis as “welgeluksalig” – wel, gelukkig en salig.
Christus se Bergpredikasie is een van die belangrike boodskappe oor saligheid en seëninge in die Bybel. In die agt saligsprekinge word die besondere seëninge genoem wat deur dissipels van Christus geniet sal word wanneer hulle lewens die Goddelike kenmerke weerspieël wat grondliggend in die Christendom is. Hierdie kenmerke en seëninge behoort baie deeglik ondersoek en nagestreef te word.
Christene is fisies sterflike mense wat in ’n sondige węreld leef wat vyandig teenoor hulle geloof is, daarom het hulle voortdurend die behoefte aan Goddelike intervensie in die vorm van onderskraging en ander geestelike seëninge. Dit is ’n algemene gebruik in Christelike gemeentes om seënbede uit te spreek. Dit is ’n kort gebed vir Goddelike seën en leiding aan die einde van ’n erediens. Die prediker lig gewoonlik sy hande op en spreek die seën uit. Die woorde van die priesterlike seën in Númeri 6:24-26 word soms hiervoor gebruik: “Die Here sal jou seën en jou behoed; die Here sal sy aangesig oor jou laat skyn en jou genadig wees; die Here sal sy aangesig oor jou verhef en aan jou vrede gee.” Ander verse wat ook vir hierdie doel gebruik word, kom voor in Psalm 29:11, 121:7-8, 1 Thessalonicense 3:11-13, Filippense 4:7, 19-20, en 23.
Ons wil almal graag deur die Here geseën word, en dit het daartoe aanleiding gegee dat mense seënwense oor andere uitspreek soos: “God seën jou.” Dit word dikwels gedoen op of kort voor sekere godsdienstige feesdae en Nuwejaarsvieringe, wanneer daar gesę word: “Geseënde Kersfees”, “Geseënde Paasfees”, Voorspoedige Nuwejaar”, ens. In baie gevalle is hierdie “wense” weinig meer as ’n begeerte vir goeie geluk, goeie gesondheid en voorspoed, wat geen werklike geestelike inhoud het nie.
Dit moet duidelik gestel word dat die geluk en seën wat met die woord “salig” bedoel word, Goddelik in oorsprong is en net deur die Here aan mense geskenk word wat by Hom in guns is omdat hulle aan sy voorwaardes vir ’n verhouding met Hom voldoen. Hulle word hierdeur in staat gestel om ’n hegter verhouding met Hom te handhaaf en meer van Hom afhanklik te wees. God gee in sy Woord talle voorskrifte oor hoe ’n mens as ’n salige moet lewe en optree. Daar is geen hoër doel om voor te lewe as om ’n gunsgenoot van die Here te wees en deur Hom salig verklaar en geseën te word nie.
In die hoofstukke hierna word die hemelse saligheid en seën beskryf, sodat gelowiges presies kan weet hoe om deur Jesus Christus met God versoen te word, hulle prioriteite reg te bepaal, en hoe om in verskillende situasies in ooreenstemming met God se wil op te tree. Daar word ook gewys op die ernstige implikasies vir diegene wat nie die saligheid wat die Here aan alle mense bied, deelagtig word nie.
Die Here het in die Ou Testament die basiese riglyne neergelę oor hoe individue en nasies se verhouding met Hom moes wees indien hulle deel van sy koninkryk wou wees en daarvan verseker wou wees dat hulle sy seën geniet. Indien hulle volkome gelukkig en salig (welgeluksalig) wou wees, moes hulle voldoen aan ’n aantal basiese geestelike vereistes wat die Here gestel het. Baie hiervan word genoem in die Psalms, waarin die lof en barmhartigheid van God besing word, asook die ryke seëninge waarin die regverdiges kan deel.
“Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is. Welgeluksalig is die mens aan wie die Here die ongeregtigheid nie toereken nie en in wie se gees geen bedrog is nie. ... My sonde het ek U bekend gemaak, en my ongeregtigheid het ek nie bedek nie. Ek het gesę: Ek wil aan die Here my oortredinge bely; en U het die ongeregtigheid van my sonde vergewe” (Ps. 32:1-2, 5).
Daar is net een rede vir die geestelike vervreemding tussen God en mense, en dit is hulle sonde: “Julle ongeregtighede het ’n skeidsmuur geword tussen julle en julle God, en julle sondes het sy aangesig vir julle verberg, sodat Hy nie hoor nie” (Jes. 59:2). Net diegene wat hulle sondes bely en laat staan (Spr. 28:13) vind genade in die Here se oë, dien Hom, volg Hom en deel in sy seëninge wat oor die verlostes uitgespreek is. Hulle word welgeluksalig genoem.
Israel is dikwels voor die keuse gestel of hulle die seën van die Here in hulle lewe wou geniet (Deut. 28:1-14), of die vloeke wou verduur wat die gevolg van volhardende sonde en goddeloosheid sou wees (Deut. 28:15-68; vgl. Deut. 11:26-28). Die uiteinde van die seën en die vloek wat op mense rus, sal respektiewelik die ewige seën wees wat die regverdiges in die hemel sal geniet, en die straf wat alle sondaars se ewige lot in die hel sal wees.
Daar word in die Ou Testament verskeie seëninge verkondig oor volke wat die Here dien: “Welgeluksalig is die nasie wie se God die Here is, die volk wat Hy vir Hom as erfdeel uitgekies het” (Ps. 33:12). Ongelukkig het die uitverkore volk, Israel, net vir relatief kort tydperke die seën van die Here geniet. Selfs nadat Hy hulle uit Egipte verlos het om Hom in die Beloofde Land te gaan dien, het Hy in die meeste van hulle geen welbehae gehad nie (1 Kor. 10:5).
Dieselfde reël geld in Nuwe-Testamentiese tye, waarin volke ook geseën sal word as hulle die Here dien. In die praktyk doen hulle dit nie en maak eerder kompromie met die ongeregtigheid. As gevolg hiervan wandel hulle in duisternis: “Geregtigheid verhoog ’n volk, maar die sonde is ’n skandvlek vir die nasies” (Spr. 14:34). Dit is duidelik dat die volke eers in die komende vrederyk die Here sal dien en dan sy volle seën sal geniet (Jes. 2:2-4; Sag. 8:20-22).
Die aanbod en uitnodiging tot begenadiging bly nogtans staan: alle volke wat die Here dien, sal welgeluksalig wees: “Welgeluksalig is die volk wat ... wandel in die lig van u aangesig” (Ps. 89:16). Israel het die ideale geleentheid gehad om die Here in die Beloofde Land te dien, veilig teen alle aanslae van buite af te wees, en voorspoedig in al hulle weë: “Welgeluksalig is jy, o Israel! Wie is soos jy? ’n Volk wat deur die Here verlos is, die skild van jou hulp en wat die swaard van jou hoogheid is, sodat jou vyande hulle al kruipende aan jou onderwerp; maar jy sal op hulle hoogtes stap” (Deut. 33:29).
Israel is egter dikwels weens goddeloosheid aan hulle vyande oorgegee en moes vir lang tydperke in ballingskap ver van hulle land af lewe. Die Here wag steeds dat Israel as ’n volk na Hom sal terugkeer sodat hulle volkome herstel kan word: “Want so sę die Here Here, die Heilige van Israel: In terugkeer en rus lę julle heil, in stil wees en vertroue bestaan julle krag. ... En daarom sal die Here met ongeduld daarop wag om julle genadig te wees, en daarom sal Hy Hom verhef om Hom oor julle te ontferm; want die Here is ’n God van die gerig. Welgeluksalig almal wat op Hom wag!” (Jes. 30:15, 18).
Israel sal eers welgeluksalig wees wanneer hulle sonde vergewe en almal van hulle rondom die Messias verenig is: “Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda ’n nuwe verbond sal sluit. ... En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en sę: Ken die Here; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die Here; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie” (Jer. 31:31, 34).
Dit sal ook goed gaan met alle ander volke wat die Here van harte dien: “Welgeluksalig is die volk wie se God die Here is! (Ps. 144:15).
Waarom is die hele węreld so ver van ’n toestand van welgeluksaligheid af? Geestelik en moreel gesproke is die nasies sonder enige vaste beginsels, op ’n pad weg van die Here en sy geregtigheid af. Hulle het die deur wyd oopgegooi vir alles wat immoreel en oneerbaar is, en moedig selfs die aanbidding van elke denkbare valse godsdiens aan. Dit word alles gedoen onder die vaandel van menseregte, vryheid van geloof en vryheid van spraak. Die waarheid van God word egter teëgestaan omdat dit nie in assosiasie met enige vorm van die leuen kan bestaan nie. Die waarheid vereis dat ’n keuse tussen reg en verkeerd uitgeoefen word. Geen nasie wil in hierdie stadium die regte keuse doen nie, en hulle verkies om eerder God, sy Seun en sy Woord ter wille van hulle bandelose vryhede te verwerp:
“Waarom woel die nasies en bedink die volke nietige dinge? Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde en sę: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp! Hy wat in die hemel woon, lag; die Here spot met hulle. Dan sal Hy hulle aanspreek in sy toorn, en in sy grimmigheid sal Hy hulle verskrik: Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg. Ek wil vertel van die besluit: Die Here het aan My gesę: U is my Seun, vandag het Ek self U gegenereer. Eis van My, en Ek wil nasies gee as u erfdeel en die eindes van die aarde as u besitting. U sal hulle verpletter met ’n ysterstaf, U sal hulle stukkend slaan soos ’n erdepot. Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien die Here met vrees, en juig met bewing. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!” (Ps. 2:1-12).
Die internasionale rebellie teen God en sy Seun is futiel en selfvernietigend. Spoedig sal almal wat teen God en sy oppergesag rebelleer, in die eindtydse oordele van die dag van die Here omkom. Hulle sal baie goed weet dat die Seun se toorn teen hulle ontvlam het, paniekbevange van sy aangesig af wegvlug “en vir die berge en die rotse sę: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?” (Op. 6:16-17).
Hulle sal dan besef dat dit veel beter is om die Seun te dien en te eer as om Hom te verwerp en te probeer beveg. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!
Die veel meer uitnemende weg is om getrou aan die Here se Woord te bly, dit gedurig te oordink, streng daarvolgens te wandel en Hom met jou hele hart te eer. Dit is die enigste gelukkige vorm van lewe en staan in skrille kontras teenoor ’n goddelose bestaan:
“Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos ’n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit. So is die goddelose mense nie, maar soos kaf wat die wind verstrooi. Daarom sal die goddelose nie bestaan in die oordeel en die sondaars in die vergadering van die regverdiges nie” (Ps. 1:1-5).
Hierdie saligspreking oor mense wat ’n liefde vir die Woord het, word dikwels in die Psalms herhaal: “Welgeluksalig is die man wat die Here vrees, wat ’n groot welbehae in sy gebooie het” (Ps. 112:1; vgl. Ps. 94:12). Die hele Psalm 119 handel oor die wet (of woord) van die Here asook al die seëninge wat uit die onderhouding daarvan voortspruit: “Welgeluksalig is die opregtes van weg, wat in die wet van die Here wandel. Welgeluksalig is die wat sy getuienisse bewaar, Hom van ganser harte soek; ook geen ongeregtigheid doen nie, maar in sy weë wandel” (Ps. 119:1-3).
Die volgende is enkele van die stellings uit hierdie wonderlike Psalm, en daardeur word verskillende seëninge beskryf wat meegebring word deur eerbied vir die Here se Woord: “Waarmee sal die jongeling sy weg suiwer hou? Deur dit te hou na u Woord” (v. 9). “Ek soek U met my hele hart; laat my nie afdwaal van u gebooie nie” (v. 10). “Ek het u Woord in my hart gebęre, dat ek teen U nie sal sondig nie” (v. 11). “Ja, u getuienisse is my verlustiging, my raadsmanne” (v. 24). “Ek sal op die weg van u gebooie wandel, want U verruim my hart” (v. 32). “Neig my hart tot u getuienisse en nie tot winsbejag nie” (v. 36). “Ek sal u bevele tot in ewigheid nie vergeet nie, want deur hulle het U my lewend gemaak” (v. 93). “Ek het my voete teruggehou van elke verkeerde pad, dat ek u Woord kan bewaar” (v. 101). “U Woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad” (v. 105). “Die opening van u woorde gee lig; dit maak die eenvoudiges verstandig” (v. 130). “Maak my voetstappe vas in u Woord, en laat geen ongeregtigheid oor my heers nie” (v. 133). “Laat u aangesig skyn oor u kneg, en leer my u insettinge” (v. 135).
Een van die duidelike aspekte van welgeluksaligheid is dat dit op ’n lewe dui wat veilig is omdat die persoon in die teenwoordigheid van die Here lewe en daagliks onder sy sorg verkeer. Hy is ’n veilige skuilplek teen al die gevare waardeur ’n mens bedreig kan word: “Smaak en sien dat die Here goed is; welgeluksalig is die man wat by Hom skuil” (Ps. 34:9). “Die Naam van die Here is ’n sterk toring; die regverdige hardloop daarin en word beskut” (Spr. 18:10). Ons moet leer om onsself te midde van nood en benoudheid op die beskerming van die Here te beroep: “God is vir ons ’n toevlug en sterkte; as hulp in benoudhede is Hy in hoë mate beproef” (Ps. 46:2). “Welgeluksalig is hy wat die God van Jakob het as sy hulp, wie se hoop is op die Here sy God” (Ps. 146:5).
Wanneer ’n mens jou toevlug tot die Here neem om by Hom te skuil en in sy teenwoordigheid te lewe, dan kan jy geen vrees of kwaad in jou binneste herberg nie. Die Here ken jou gedagtes van ver af, en voor Hom is jou lewe oop en bloot. Sy Heilige Gees sal jou van alle krom en skewe paaie oortuig, sodat jy op die reguit pad van die Here se geregtigheid kan wandel. Dit sal verseker dat jy altyd ’n lied in jou hart het: “Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is. ... Welgeluksalig is die mens wat op U vertrou!” (Ps. 84:6, 13).
Die Here se seën rus kennelik op almal wat ’n helpende hand reik na die armes, siekes en vreemdelinge wat geen heenkome het nie: “Welgeluksalig is hy wat ag gee op die arme; die Here sal hom red in die dag van onheil. Die Here sal hom bewaar en hom in die lewe hou; hy sal gelukkig gemaak word op die aarde. Ja, U kan hom nie oorgee aan die begeerte van sy vyande nie. Die Here sal hom ondersteun op die siekbed” (Ps. 41:2-4).
Die Here het Homself daartoe verbind om die armes, hongeriges en eensames te versorg en te vertroos, daarom belowe Hy om ook goed te doen aan diegene wat hierdie taak verrig: “Wie hom ontferm oor die arme, leen aan die Here; en Hy sal hom sy weldaad vergelde” (Spr. 19:17). Hy sal ook konings en regerings seën wat hierdie basiese plig van menslikheid nakom: “’n Koning wat getrou aan die armes reg verskaf, sy troon sal vir altyd bevestig wees” (Spr. 29:14).
Die belangrikste vereiste vir barmhartigheid is dat ’n persoon ’n intieme wandel met die Here moet hę, want dan sal hy op ’n waardige wyse omgaan met ander mense en empatie hę met hulpbehoewendes: “Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God?” (Miga 6:8). Só ’n persoon is welgeluksalig, omdat liefde teenoor jou naaste ’n noodwendige uitvloeisel is van liefde teenoor God. Naastediens wat nie deur liefde vir God gemotiveer word nie, is slegs humanitęre hulp wat wel mense se tydelike nood aanspreek, maar in gebreke bly om ’n oplossing vir hulle geestelike armoede en behoeftes aan te bied.
Die Here Jesus se Bergpredikasie is in die eerste plek aan Israel gerig, om aan hulle te toon wat God se standaard is om toegang tot die koninkryk van die hemel te verkry. Die uitverkore volk het toe reeds vir 1 500 jaar lank onder die wet gelewe en het as gevolg daarvan gemeen dat hulle veel beter as die heidene was, en dat hulle plek in die hemel verseker was. Die Messias het deur hierdie preek egter aan hulle getoon aan watter standaard hulle moes voldoen om toegang tot sy koninkryk te verkry. Die meeste van hulle het nie hieraan voldoen nie.
Omdat hierdie preek voor Christus se kruisiging gelewer is, bevat dit net breë geestelike beginsels en standaarde, sonder spesifieke verwysing na die kruisevangelie. Soos wat Jesus se onderrig aan Israel egter gevorder het, het Hy hulle gaandeweg begin onderrig oor die feit dat net Hy sonde kan vergewe (Matt. 9:2; Luk. 7:47) en dat Hy self die deur tot God se koninkryk is: “Ek is die deur; as iemand deur My ingaan, sal hy gered word” (Joh. 10:9).
Wanneer ons op grond van die kruisevangelie gered is, moet ons lewens nog steeds aan die algemene geestelike standaarde voldoen wat in die Bergpredikasie uiteengesit is. Hierdie agt kenmerke is vir ons ’n aanduiding of ons waarlik gered is (2 Kor. 13:5), die Heilige Gees se getuienis oor redding in ons harte het (Rom. 8:16), vernuwe is in ons gemoed (Rom. 12:1-2), en diensbaar is in die Here se koninkryk (Matt. 3:8, Jak. 2:14, 26):
Die eerste saligspreking in hierdie preek van Christus vestig die aandag op die toetreepunt tot sy koninkryk. Hoe moet ons ingesteldheid wees wanneer ons deur die nou poort in sy koninkryk wil ingaan? Hy het gesę: “Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele” (Matt. 5:3).
Geestelike armoede beteken dat jy van nature niks het wat vir God van enige waarde is nie, “want almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God” (Rom. 3:23; vgl. Jes. 64:6). Wanneer jy in enigiets van jouself roem, dan besef jy nie jou geestelike armoede nie en het nog nie voor die Here gebreek om niks in sy oë te wees nie.
Paulus was ’n geleerde en godsdienstige man wat onberispelik volgens die wet gewandel het, maar het die nietigheid van dit alles besef. Hy het gesę dat hy al daardie dinge “as drek beskou het om Christus as wins te verkry en in Hom gevind te word, nie met my geregtigheid wat uit die wet is nie, maar dié wat deur die geloof in Christus is, ... sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word” (Fil. 3:8-10). Paulus moes aan die einde van homself kom deur glad nie in sy eie voortreflikhede te roem nie, maar saam met Christus te sterwe sodat hy in ’n nuwe lewe met Hom kon wandel.
Die boodskap van geestelike armoede is so belangrik dat die Here Jesus dit verder in ’n gelykenis verduidelik het: “En Hy het ook met die oog op sommige wat op hulleself vertrou dat hulle regverdig is en die ander verag, hierdie gelykenis vertel. Twee manne het na die tempel opgegaan om te bid, die een ’n Fariseër en die ander ’n tollenaar. En die Fariseër het gaan staan en by homself so gebid: o God, ek dank U dat ek nie soos die ander mense is nie – rowers, onregverdiges, egbrekers, of ook soos hierdie tollenaar nie. Ek vas twee keer in die week, ek gee tiendes van alles wat ek verkry. En die tollenaar het ver weg gestaan en wou selfs nie sy oë na die hemel ophef nie, maar het op sy bors geslaan en gesę: o God, wees my, sondaar, genadig! Ek sę vir julle, hierdie laaste een het geregverdig na sy huis gegaan eerder as die eerste een; want elkeen wat homself verhoog, sal verneder word, en hy wat homself verneder, sal verhoog word” (Luk. 18:9-14). Selfverhoging en selfregverdiging staan in die pad van ’n grondige bekering en hartsverandering.
Dit was dieselfde boodskap wat die geestelik voorbeeldige Nikodémus moes hoor: “As jy nie weergebore word nie, kan jy die koninkryk van God nie sien nie” (Joh. 3:3). Hy moes eers afsien van alles wat hy self bereik en gedoen het en waarlik arm van gees word voor die Here, sodat hy saam met Christus in ’n totaal nuwe lewe kon wandel. Die ou dinge moes verbygaan en as waardeloos gereken word, sodat alles deur ’n geestelike wedergeboorte nuut kon word.
Het jy al geestelik arm geword en van jou eie prestasies afgesien sodat jy deur die nou poort kan ingaan? (Luk. 13:24). Baie mense verkies egter om dit nie te doen nie en voort te gaan om in hulle eie geestelike bates te roem, bv.: “Ek is gedoop en aangeneem, ek het gelowige ouers en ek probeer my bes om goed te lewe.” Só ’n persoon het nog nie arm van gees geword nie en kan nie regtig van wedergeboorte getuig nie, omdat dit die begin van ’n nuwe lewe is.
Die Here Jesus, wat alle skatte van wysheid, kennis en geestelike rykdom het, het dit afgelę, die gedaante van ’n dienskneg aangeneem, ons sonde op Hom geneem, en geestelik aan die kruis arm geword sodat ons die rykdom van sy genade deelagtig kan word: “Want julle ken die genade van onse Here Jesus Christus, dat Hy, alhoewel Hy ryk was, ter wille van julle arm geword het, sodat julle deur sy armoede ryk kan word” (2 Kor. 8:9; vgl. Fil. 2:5-8).
As ons arm van gees word en ons godsdienstige selfregverdiging afsterf sodat ons niks het om op te roem nie, dan alleen kan die Here ons siele uit genade red en ons deelgenote van sy hemelse koninkryk maak. Ons sal dan ’n rykdom in die Here hę wat geen mens van ons af kan wegneem nie. Deur die vervulling met die Heilige Gees sal die bewussyn van hierdie geestelike rykdomme al hoe sterker word en ons in staat stel om die Here met oorgawe te kan dien.
“Salig is die wat treur, want hulle sal vertroos word” (Matt. 5:4). Hierdie toestand van treur veronderstel dat die persoon bewus is van ’n hopelose situasie waaruit hy glad nie kan kom nie, terwyl die troos dui op Goddelike ingryping om volkome uitkoms te gee.
Die Here wil hę dat ons tot die volle besef moet kom van die betreurenswaardige toestand van geestelike verval waarin die węreld al vir duisende jare verkeer. Alle mense is as gevolg van die sondeval op ’n pad weg van die Here en sy geregtigheid af (Rom. 3:10-12). Nie almal besef egter die donker toestand waarin hulle verkeer nie, daarom soek hulle nie regtig na uitkoms nie. Diegene wat dit wel besef en ook treur oor hulle verlore toestand, sal deur die Here gered en vertroos word. Hulle is salig! Die ander gaan onnadenkend voort op die pad van die dood.
Het jy al van jou sondigheid bewus geword en getreur daaroor? Dan alleen sal die Here jou lot verander en jou troos deur jou uit die kuil van vernietiging te red (Ps. 40:2-4). Dawid het tot die Here gebid: “Hoor, Here, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie” (Ps. 39:13). Nadat die Here ’n sondaar gered en vertroos het, is daar ’n loflied op sy lippe: “U het my siel gered van die dood, my oog van trane, my voet van struikeling” (Ps. 116:8).
Dit is net die Heilige Gees wat ’n mens kan oortuig van sy sonde en verlore toestand, asook van die feit dat die Here hom daaruit kan red. Dit is egter noodsaaklik dat die sondaar gebroke en verslae voor die Here sal staan – geheel en al bewus van die omvang van sy probleem – en dan sy geloof ten volle in die Here se reddende genade sal stel: “Die Here is naby die wat gebroke is van hart, en Hy verlos die wat verslae is van gees” (Ps. 34:19).
Dieselfde beginsel van berou oor sonde geld in Nuwe-Testamentiese tye: “Want die droefheid volgens die wil van God werk ’n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die węreld werk die dood” (2 Kor. 7:10). Die droefheid volgens God se wil lei tot trane oor jou sondigheid en verlorenheid. Die Heilige Gees oortuig jou egter nie net van jou sonde nie, maar ook van Christus se geregtigheid, asook die feit dat dit deur die geloof jou deel kan word. Jou sondeoortuiging lei dus tot sondebelydenis en bekering, asook die vaste wete dat die Here jou siel uit genade red. Daar is diepe en standhoudende vertroosting vir almal wat onder die leiding van die Heilige Gees hulle sonde erken, bely en laat staan.
Węreldlinge wat nog nie met die evangelie gekonfronteer is nie, ervaar ook droefheid as gevolg van die moeilike omstandighede waaronder hulle mag verkeer. Hulle soek egter ander oplossings vir hulle sondes en probleme, omdat hulle nie die pad na die Here se genadetroon ken nie. Geen mens kan egter sonder die Here se hulp uit die greep van sonde en verlorenheid ontkom nie, daarom lei die droefheid volgens die węreld na die dood. Al gebruik die persoon watter tegnieke ook al om uit die mag van Satan te ontkom, slaag hy nie daarin om ’n nuwe hart en lewe te verkry nie, en beweeg steeds nader aan die ewige dood.
By die Here Jesus is volle verlossing, want Hy het “self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe” (1 Pet. 2:24). Dan word die trane oor sonde met die loflied van die verlostes vervang: “U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord. ... U omring my met vrolike gesange van bevryding” (Ps. 30:12; 32:7).
Wanneer ’n Christen aan versoekings toegee en opnuut begin sondig, moet hy weer deur die proses gaan van sondeoortuiging en treur oor sy sondes. Die aand voor Jesus se kruisiging het Petrus Hom verloën toe hy onder die druk van vyandige mense geswig het; toe onthou hy die Here Jesus se waarskuwing: “Voor die haan kraai, sal jy My drie maal verloën. En hy het buitentoe gegaan en bitterlik geween” (Matt. 26:75). Hy het die vergifnis en vertroosting van die Here verkry, en is geestelik volkome herstel.
Wat word van diegene wat nie met trane van berou na die Here toe gekom het nie? Baie van hulle het sy genade doelbewus geminag en verwerp, en gaan sonder Hom deur die lewe. Sulke mense weerstaan aanhoudend die roepstem van die Heilige Gees; sommige van hulle bedroef en belaster Hom selfs deur hulle optrede, en dan verlaat Hy hulle. Die gevolg van hierdie mense se keuse is dat hulle die Here se geestelike vertroosting verbeur en eers tot besinning sal kom wanneer die oordele van die Here hulle tref.
Die geestelik verharde ryk man het eers in die doderyk tot besinning gekom en wou toe sy familie waarsku, maar dit was te laat (Luk. 16:23-25). Esau het sy eersgeboortereg waardeur die seën van die Here aan hom oorgedra sou word, geminag en vir ’n pot lensiesop verkoop. Hy het ook sy fout agtergekom toe dit te laat vir trane was: “Want julle weet dat hy, toe hy ook later die seën wou beërwe, verwerp is, want hy het geen geleentheid vir berou gevind nie, al het hy dit met trane vurig begeer” (Heb. 12:17). Daar kan nie ware berou oor sonde wees sonder die Heilige Gees se oortuigingswerk nie. Esau se trane was ’n węreldse, emosionele reaksie oor dit wat hy vroeër volkome verwerp het, en in hierdie laat stadium van sy lewe het hy maar net aan selfbejammering gelei. Sy trane was te laat en het nie tot redding en die vertroosting van die Here gelei nie.
“Salig is die sagmoediges, want hulle sal die aarde beërwe” (Matt. 5:5). Hierdie gesindheid beteken dat ’n persoon ’n sagte en leerbare gees het en dus ’n ontvanklike gemoed om oor die hoër geestelike en morele beginsels van die hemelse koninkryk onderrig te kan word. Diegene wat positief op onderrig van hierdie aard reageer, sal mede-erfgename van Christus wees wanneer Hy tydens sy wederkoms sy koninkryk op aarde openbaar (Rom. 8:17; 2 Tim. 2:12). Hulle sal saam met Hom oor die aarde regeer (Op. 5:9-10; 20:6).
Christus se koninkryk word nie deur krag of geweld uitgebrei nie, maar deur geestelike oorreding en ’n vrye wilsbesluit aan die kant van die ontvangers. Diegene wat bereid is om hulleself te verneder voor die gesag van God se Woord en daardeur onderrig te word, word deelgenote van hierdie koninkryk. Hoogmoedige en arrogante mense wat besig is om hulle eie koninkryk op aarde te vestig en hulle eie, selfsugtige belange te bevorder, is nie sagmoedig nie en kan daarom nie Christus se koninkryk beërf nie.
Die Jode het ’n selfverheffende en selfregverdigende vormgodsdiens beoefen wat op wetsonderhouding gebaseer is, en het daarom nie die regte ingesteldheid gehad om Jesus as Messias en Koning te aanvaar en deel van sy koninkryk te word nie. Die Here Jesus het vir hulle gesę: “Dit is julle wat julself regverdig voor die mense, maar God ken julle harte; want wat by die mens hoog geag word, is ’n gruwel voor God” (Luk. 16:15). Hulle harte was verhard (die teenoorgestelde van sagmoedigheid) as gevolg van hulle valse teologiese begrippe en misleidende selfbeeld, daarom het hulle die Messias en sy evangelie verwerp.
Baie mense het vandag ook ’n tradisionele, kerkistiese godsdiensvorm vol geestelike dwalings, op grond waarvan lidmate salig verklaar word. Drie van die duidelikste dwalings van afvallige kerke is: (a) die ontkenning van Christus se maagdelike geboorte en Godheid, (b) die Goddelike inspirasie en foutloosheid van die Bybel, en (c) die leer van doopsaligheid (mense word deur die doop gered). Hulle skaal Christus en sy Woord af terwyl hulle hulself verhef en hul valse sienings op lidmate afdwing “deur leringe te leer wat gebooie van mense is” (Matt. 15:8-9). Dit is egter alles tevergeefse pogings.
Indien ons met die suiwer evangeliese boodskap van die Bybel gekonfronteer word, is daar geen plek vir kerkistiese of teologiese selfverheffing nie – net die onvoorwaardelike aanvaarding van dit wat die Bybel oor redding sę: “Ontvang met sagmoedigheid die ingeplante woord, wat in staat is om julle siele te red” (Jak. 1:21; vgl. 1 Pet. 1:23). Ons moet hierdie boodskap ook met sagmoedigheid en deernis aan ander verkondig, soos wat die Here Jesus self gedoen het. Hy het gesę: “... leer van My, want Ek is sagmoedig en nederig van hart, en julle sal rus vind vir julle siele” (Matt. 11:29; vgl. 2 Kor. 10:1; Ef. 4:2).
’n Sagmoedige, leerbare gees is een van die vrugte van die Heilige Gees, en dus ’n kenmerk van ’n heilige lewe (Gal. 5:22; 6:1; Kol 3:12; 1 Tim. 6:11-12). ’n Persoon wat nie sagmoedig is nie, het ’n harde hart en kan nie die Woord van God verstaan of aanvaar nie (Mark. 6:52; Hand. 19:9; 2 Kor. 3:14). Ons word vermaan om nie ons harte teen die evangelie te verhard nie: “Vandag as julle sy stem hoor, verhard nie julle harte nie” (Heb. 4:8).
Die oomblik wanneer ’n persoon weer vir sonde in sy lewe plek gee, begin sy hart stelselmatig om hard, gevoelloos en apaties teenoor die Bybel en die Here se geregtigheid te word. Hiermee saam verdwyn sy sagmoedigheid, leerbaarheid en bereidwilligheid om Bybelse voorskrifte te aanvaar: “Maar vermaan mekaar elke dag ... sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie” (Heb. 3:13).
“Salig is die wat honger en dors na die geregtigheid, want hulle sal versadig word” (Matt. 5:6). God se attribuut van geregtigheid spruit voort uit sy hoedanigheid van heiligheid, en verbind Hom daartoe om billik, liefdevol en regverdig teenoor almal op te tree. As gevolg hiervan bied Hy sy reddende genade aan almal wat Hom in die geloof vertrou om hulle van hul ongeregtigheid en sonde te verlos. God se geregtigheid duld egter geen sonde nie, daarom sal Hy noodwendig ook alle onbekeerlike sondaars straf.
Geregtigheid by mense dui in die eerste plek op die aanvaarding van God se voorsiening vir saligheid en regverdigheid, asook op ’n voortgaande gesindheid en optrede wat in ooreenstemming is met die wil van God. Aan sulke mense sal God Homself openbaar en hulle ook deur sy Heilige Gees in staat stel om volgens die eise van sy geregtigheid te lewe.
Wanneer ons God se geregtigheid aanvaar, verbind ons onsself tot die volgende feite oor sy Persoon en karakter:
· God is heilig, en self die verpersoonliking van alles wat waar, opreg, barmhartig, eerbaar, rein, skoon en ordelik is. Dit is sy begeerte dat die mense wat na sy beeld geskape is, ook hierdie eienskappe sal vertoon, daarom sę Hy: “Wees heilig, want Ek is heilig” (1 Pet. 1:16).
· God se geregtigheid lei daartoe dat Hy sonde haat en sondaars straf. “[God het] ’n dag bepaal waarop Hy die węreld in geregtigheid sal oordeel” (Hand. 17:31). Wanneer Christus as Regter en Koning van die konings terugkeer aarde toe tydens sy wederkoms, sal Hy “oordeel en oorlog voer in geregtigheid” (Op. 19:11).
· God se genade vereis vryspraak aan berouvolle sondaars, maar sy geregtigheid eis die doodstraf oor sondaars. Daar is aan beide hierdie vereistes voldoen deur die plaasvervangende kruisdood van Jesus Christus. Hy het die straf vir ons sonde gedra, en nou kan sy geregtigheid en heiligheid deur middel van wedergeboorte en vervulling met die Heilige Gees aan ons toegereken word.
Begenadigde mense roem nie in hulleself nie, maar in die geregtigheid van God wat deur sy Seun aan hulle toegereken is. Net hulle word seuns en dogters van die hemelse Vader omdat daar geen ander weg tot versoening met die Vader is nie. Nie die beste mens op aarde, en selfs nie die mees wetsgehoorsame persoon in Israel, kan sonder Jesus Christus aan God se standaard van geregtigheid voldoen nie. Dit is die rede waarom niemand tot die Vader kan kom behalwe deur Hom en op grond van sy soendood nie.
Die meeste van die ortodokse Jode het God nie geken nie, en toe probeer om die geestelike leemte in hulle lewe deur menslike pogings tot wetsnakoming te probeer vul. As gevolg van hierdie misleidende grondslag vir geregtigheid het hulle geloof in Jesus verwerp, ten spyte daarvan dat dit die enigste manier is waarop God se geregtigheid aan hulle toegereken kan word: “Want omdat hulle die geregtigheid van God nie ken nie en hulle eie geregtigheid probeer oprig, het hulle hul aan die geregtigheid van God nie onderwerp nie. Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo” (Rom. 10:3-4).
Die geregtigheid van God is sonder die wet deur Jesus Christus geopenbaar, “die geregtigheid naamlik van God deur die geloof in Jesus Christus vir almal wat glo” (Rom. 3:21-22). Paulus het self heeltemal daarvan afgesien om sy geregtigheid op sy goeie, wettiese lewe te baseer, en in plaas daarvan sy geloof in Christus gestel (Fil. 3:8-10). In hierdie nuwe lewe het hy aan die dood en opstanding van die Here Jesus gelykvormig geword en steeds daarna gestreef om hoër hoogtes in sy geestelike lewe te bereik (Fil. 3:14).
Baie lede van Christelike kerke maak die fout om op hulle goeie lewe en kerkverband te roem, in die veronderstelling dat dit as sodanig hulle aanneemlik vir God maak. In die proses rig hulle hul eie geregtigheid op, sonder dat hulle ooit ’n duidelike getuienis oor wedergeboorte en die nuwe lewe in Christus het. Sulke mense honger nie na die geregtigheid van God nie en word derhalwe nooit geestelik versadig nie. Hulle is afwesig by Bybelstudies en stel nie regtig daarin belang om hulleself verder in die geregtigheid van God te verdiep nie. Hulle verstaan nie die verlossingsleer nie en verwerp gewoonlik ook die leer oor heiligmaking. Soos Israel van ouds, bou hulle hul lewens op die sand van selfregverdiging en vreemde ervarings (Matt. 7:21-23).
’n Honger en dors na die geregtigheid van God deur Jesus Christus, is ’n wesenskenmerk van ware Christene. Aan sulke mense openbaar die Here Homself en Hy gebruik hulle ook in die uitbreiding van sy koninkryk op aarde.
Die volgende is die laaste vier saligsprekinge in Christus se Bergpredikasie:
“Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word” (Matt. 5:7). Barmhartigheid kan beskryf word as hulp in nood, van watter aard die nood ook al mag wees, sonder om iets in ruil daarvoor te verwag. Die gewer betoon onverdiende guns aan die behoeftige.
Een van die kenmerke van ’n lid van die Here se koninkryk is dat hy aan andere barmhartigheid (vergifnis, hulp, versorging en liefde) bewys omdat hy self barmhartigheid by die Here verkry het. Hy doen dus aan ander wat die Here aan hom gedoen het. Indien hy nie so optree nie, is hy ’n swak getuie van Jesus Christus en dus nie ’n waardige volgeling van Hom nie.
Ons leef in ’n węreld waarin mense in die algemeen hard, onvergewensgesind en ongenaakbaar teenoor mekaar optree, en waarin jy baie min ontvang as jy nie daarvoor betaal nie. Die Here verwag egter nie van sy kinders om gesindhede van selfsug, harteloosheid en wraaksugtigheid te openbaar nie, want dit is nie kenmerke van sy koninkryk nie. ’n Onvergewensgesinde persoon kan nie verwag dat hy self deur die Here vergewe sal word nie (Matt. 6:15).
Dieselfde beginsel geld ook vir die bewys van barmhartigheid op ander lewensterreine. In die gelykenis van die onbarmhartige skuldeiser word van ’n persoon vertel wie se enorme skuldlas deur sy heer afgeskryf is, maar toe gee hy sy eie skuldenaar oor aan vervolging sonder om enige genade aan hom te betoon. “Daarop roep sy heer hom en sę vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my gesmeek het; moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie? En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was. So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe nie” (Matt. 18:32-35).
Barmhartigheid word met betrekking tot sowel geestelike as materiële behoeftes betoon, en hiervan is geestelike behoeftes verreweg die belangrikste. Die grootste behoefte van ’n verlore mensdom is geestelik van aard, en dit is waaroor die Here Hom in die eerste plek ontferm. Dawid het gebid: “Wees my genadig, o God, na u goedertierenheid; delg my oortredinge uit na die grootheid van u barmhartigheid. Was my heeltemal van my ongeregtigheid en reinig my van my sonde” (Ps. 51:3-4).
Die enigste voorwaarde wat die Here aan ’n gebedsversoek van hierdie aarde koppel, is dat die persoon sy sonde sal bely én ook sal ophou om dit te doen (bekering): “Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind” (Spr. 28:13; vgl. 1 Joh. 1:9). Die Here red ’n sondaar deur hom te wederbaar en volkome te vernuwe deur sy Heilige Gees (Tit. 3:5).
Die Here se barmhartigheid is oneindig oor almal wat sy genadetroon nader en hiervoor bid: “Sy barmhartigheid is van geslag tot geslag vir die wat Hom vrees” (Luk. 1:50). “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Heb. 4:16).
Die tweede terrein van ’n mens se behoeftes is op die materiële vlak geleë, en hiervoor moet ons ook bid omdat die Here in alle behoeftes van ons wil voorsien. Dit beteken nie dat alle probleme soos mis voor die son sal verdwyn nie, maar die Here kom wel tot ons hulp – al gee Hy net krag om ons kruis te kan dra en nie te midde van moeilike omstandighede ten gronde te gaan nie. Ons moet die soet én die suur van die lewe saam met die Here deurgaan terwyl ons deur baie verdrukkinge in die koninkryk van God ingaan (Hand. 14:22; vgl. 2 Kor. 11:24-27).
Onthou dat die geestelike nood van mense oneindig belangriker as hulle materiële behoeftes is, en dat dit die grootste rede vir die verlening van barmhartigheid is. Die gelykenis oor die barmhartige Samaritaan is in die eerste plek gebruik om ’n vraag aan Jesus te beantwoord oor wat ’n mens moet doen om die ewige lewe te beërf (Luk. 10:25-37). Die eerste vereiste hiervoor is liefde teenoor God en liefde teenoor jou naaste. Die tweede vraag het gehandel oor wie ons naaste is. In die gelykenis word daar op ’n treffende wyse aangetoon dat enige persoon wat in lewensgevaar verkeer, gehelp moet word om die groot krisis waarin hy is, te oorleef.
Die ongelukkige persoon wat langs die pad lę, is ’n beskrywing van alle mense wat op die lewensweg deur die groot Rower, Satan, oorval en op die pad van die dood aan sy eie lot oorgelaat is. Vormgodsdienstiges (die priester en Leviet) kon of wou die ongelukkige persoon nie help nie. Die Samaritaan, ’n persoon wat in Israel as ’n uitgeworpene beskou is, het die sterwende man gehelp, verpleeg, en in staat gestel om sy reis met blydskap voort te sit.
Die priesters en Leviete in Israel het niks aan die geestelike nood van hulle volk gedoen nie. Meer nog, hulle het die Messias, die Verlosser van Israel én die hele węreld (Joh. 1:29), as ’n uitgeworpene beskou en Hom nie aanvaar nie. Nogtans was Hy die Een wat aan verlorenes wat in Satansmag was, verlossing en redding gebring het. Die wyn en olie wat Hy op mense se geestelike wonde sit, dui op sy bloed waardeur hulle van sonde gereinig word (1 Joh. 1:7) en op sy Gees wat uitgestort is om verlore mense te wederbaar, te versorg en te vertroos.
Indien die wetgeleerde wat strikvrae aan Jesus probeer vra het, self ’n volgeling van die Messias was, sou hy beslis kon uitgaan om die barmhartigheid van ons groot Verlosser aan mense te bied wat geestelik op die pad van die dood oorval en verblind is. Hy was egter nie self gered nie en het nodig gehad dat die Groot Barmhartige Samaritaan hóm eers uit die mag van die duisternis verlos voordat hy ander sou kon help.
Wanneer ons die geestelike barmhartigheid aan verloregaandes verkondig, moet ons noodwendig ook in hulle tydelike behoeftes probeer voorsien sover ons kan. Die Here het ons geseën, daarom is ons verplig om ook ander se materiële nood te verlig: “Maar wie die goed van die węreld het en sy broeder sien gebrek ly en sy hart vir hom toesluit, hoe bly die liefde van God in hom?” (1 Joh. 3:17). Help dus waar jy kan om andere se nood te verlig, maar veral dié van mede-Christene: “Laat ons dan, terwyl ons geleentheid het, aan almal goed doen, maar die meeste aan die huisgenote van die geloof” (Gal. 6:10). As enige lid van die liggaam van Christus ly, dan ly al die lede saam met hom: “Dink aan die gevangenes asof julle medegevangenes is, en aan die wat mishandel word, as mense wat self ook ’n liggaam het” (Heb. 13:3).
“Salig is die wat rein van hart is, want hulle sal God sien” (Matt. 5:8). Wanneer iemand uit die duisternis van verlorenheid na God se koninkryk oorkom, word sy sonde nie net vergewe nie, sy hart moet ook gereinig en met die Heilige Gees vervul word. Ons moet dus nie net daarna streef om gelowiges te word nie, maar ook heiliges (Geesvervulde gelowiges). Daar is sekere stappe van toewyding wat ons moet doen om uitvoering aan die opdrag tot heiligmaking te gee. Wanneer ons hieraan gehoorsaam is, sal ons in staat gestel word om ’n positiewe rol te speel om die vrede van God in die samelewing te bevorder, en ons sal ook vrymoedigheid verkry om eendag in ’n waardige toestand voor die Here te verskyn: “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie” (Heb. 12:14).
Die belangrikste opdrag wat God in die Ou Testament aan Israel gee, is: “Wees heilig, want Ek is heilig” (Lev. 11:44). Hierdie opdrag geld eweneens vir ons in die Nuwe Testament: “Soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in jul hele lewenswandel heilig word” (1 Pet. 1:15-16). Ware heiligheid wat die beeld van God vertoon, kan net van binne af uit ’n veranderde hart kom, wanneer die beginsels van God se geregtigheid deur die Heilige Gees op die tafels van ’n gelowige se hart geskryf is. Dit bepaal jou lewensbeginsels, verander jou persoonlikheid en lewenswandel ten goede en maak van jou ’n gesant van die Here.
Heiligheid kan nie van buite af kunsmatig deur die aanleer van sekere gedragspatrone aangeplak word en in kombinasie met ’n vleeslike hart funksioneer nie: “Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie” (Gal. 5:17). Die ou, vleeslike natuur moet eers in ’n volle oorgawe oorgelewer word om gekruisig te word, en dan eers sal ons geestelik volkome vernuwe word in ons gemoed en deur die werking van die Heilige Gees met die nuwe mens beklee word wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid (Ef. 4:22-24). Hierdie dieper werk van heiligmaking staan ook as “volkome heiligmaking” bekend (1 Thess. 5:23).
Het jy al erns gemaak met die opdrag tot heiligmaking? Let daarop dat hierdie opdrag net aan gelowiges gegee word wat reeds gered is en as belydende lidmate en by Christelike gemeentes ingeskakel het. Paulus sę aan die Efésiërs: “Moenie dronk word van wyn nie – daarin is losbandigheid; maar word met die Gees vervul” (Ef. 5:18). Aan die Thessalonicense sę hy: “Dit is die wil van God: julle heiligmaking. ... Want God het ons nie tot onreinheid geroep nie, maar tot heiligmaking. Daarom, hy wat dit verwerp, verwerp nie ’n mens nie, maar God wat ook sy Heilige Gees aan ons gegee het” (1 Thess. 4:3, 7-8). Aan die Korinthiërs sę hy: “Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring” (2 Kor. 7:1). Dit moet ’n lewenswyse word: “Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie” (Gal. 5:16).
As ons God werklik geestelik wil sien, moet alle struikelblokke uit ons lewe verwyder word: “Daarom ... laat ons ook elke las aflę en die sonde wat ons so maklik omring, en met volharding die wedloop loop wat voor ons lę, die oog gevestig op Jesus” (Heb. 12:1-2). Slegs wanneer ons al hierdie hindernisse verwyder, sal ons Hom werklik kan sien. Dawid het hierdie belangrike feit lank gelede al besef, en self sy eie vraag beantwoord: “Wie mag klim op die berg van die Here? En wie mag staan in sy heilige plek? Hy wat rein van hande en suiwer van hart is. ... Hy sal seën wegdra van die Here en geregtigheid van die God van sy heil” (Ps. 24:3-5).
Dawid het ook besef dat, as ’n mens iewers langs die pad verlei word en weer in sonde val, jy die Heilige Gees bedroef en ook jou rein hart verloor. Hy was inderdaad in so ’n situasie, maar het ernstig om vergifnis en herstel gebid: “Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. Skep vir my ’n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my ’n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie” (Ps. 51:11-13).
Ons moet wegvlug vir die begeerlikhede van sonde en jaag na geregtigheid, geloof, liefde en vrede “saam met die wat die Here uit ’n rein hart aanroep” (2 Tim. 2:22). Terwyl ons dit doen, moet ons voorberei om sonder vlek of rimpel of iets dergeliks voor Christus te verskyn – heilig en sonder gebrek (Ef. 5:25-27). Hy kan en wil jou heilig maak, maar jy moet jou volle samewerking gee sodat dit ’n heerlike werklikheid in jou lewe kan word.
’n Aktiewe wederkomsverwagting is ’n noodsaaklike deel van ’n Christen se motivering om stappe van hoër toewyding te doen sodat hy daardie dag onbevlek voor die hemelse Bruidegom kan verskyn: “En elkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein is” (1 Joh. 3:3).
“Salig is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word” (Matt. 5:9). Ons leef in ’n vyandige węreld wat grootliks van God vervreem is as gevolg van die sondeval. Die toestand van sondigheid en geestelike doodsheid waarin alle mense gebore word, verklaar die feit waarom hulle in vyandskap teenoor God leef. Die Here nooi verlore mense egter terug na sy koninkryk deur op grond van die soendood van Jesus Christus vrede met Hom te maak. Al die kinders van God is geroepe vredemakers wat aktief moet deelneem aan die verkondiging van die goeie nuus dat sondaars vrede met God kan maak, want Hy is die God van vrede (Rom. 15:33; 2 Kor. 13:11; Fil. 4:9).
Almal wat met God versoen is, ervaar hierdie vrede in hulle harte: “En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en sinne bewaar in Christus Jesus” (Fil. 4:7). Dit is ’n soort vrede wat die węreld nie aan iemand kan gee nie, daarom het die Here Jesus gesę: “Vrede laat Ek vir julle na, my vrede gee Ek aan julle; nie soos die węreld gee, gee Ek aan julle nie” (Joh. 14:27). Sy vrede wat op sondevergifnis en wedergeboorte volg, word deur die Heilige Gees in ons harte uitgestort: “Die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede...” (Gal. 5:22).
Hierdie vrede spruit voort uit die feit dat ons nie meer van God af hoef te probeer wegvlug uit vrees vir sy oordeel oor sonde nie, omdat die sonde wat ons veroordeel het, vergewe en versoen is: “En dit alles is uit God wat ons met Homself versoen het deur Jesus Christus en ons die bediening van die versoening gegee het, naamlik dat God in Christus die węreld met Homself versoen het deur hulle hul misdade nie toe te reken nie en die woord van die versoening aan ons toe te vertrou” (2 Kor. 5:18-19). Ons is toevertrou met die taak om die boodskap van vrede met God verder uit te dra.
Baie mense maak die fout om te dink dat die vrede wat ons as Christene moet bevorder, van ons in ’n sekulęre sin pasifiste maak wat teen niks en niemand weerstand mag bied nie. Dit is glad nie die geval nie. Ons Christelike oortuigings bring ons in botsing met ’n verdorwe węreld wat in die mag van die Bose lę. As gevolg hiervan moet ons geestelik sterk staan en weerstand bied teen die ongeregtigheid waarmee ons gekonfronteer word. Jesus het oor hierdie situasie gesę: “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard” (Matt. 10:34). Daar kan selfs geestelike tweedrag binne gesinsverband voorkom, wat vereis dat Christelike beginsels kompromieloos verdedig moet word omdat die eer van Christus op die spel is (Matt. 10:35-37).
Ons geestelike weerbaarheid moet met die oog op hierdie stryd verhoog word: “Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat julle staande kan bly teen die liste van die duiwel” (Ef. 6:11). Valse leerstellings moet weerstaan word, ongeag wie dit verkondig of wat die gevolge van die teëspraak mag wees: “Verkondig die woord; hou aan tydig en ontydig; weerlę, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering; want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie, maar, omdat hulle in hul gehoor gestreel wil wees, vir hulle ’n menigte leraars sal versamel volgens hulle eie begeerlikhede, en die oor sal afkeer van die waarheid en hulle sal wend tot fabels. Maar wees jy in alles nugter; ly verdrukking; doen die werk van ’n evangelis; vervul jou bediening” (2 Tim. 4:2-5). Dit is ’n inherente deel van ons opdrag “om kragtig te stry vir die geloof wat eenmaal aan die heiliges oorgelewer is” (Jud. 1:3).
Misleide pasifiste is dié mense wat die bevordering van vrede vertolk as ’n opdrag om teen niks weerstand te bied nie, ook nie teen vreemde godsdienste nie, en die mensdom inherent as goed en vredeliewend te sien. Hulle erken nie die onderlinge vyandigheid tussen die koninkryke van God en Satan nie, daarom probeer hulle ’n soort węreldvrede skep wat op kompromie berus. Die valse profete in Israel het ook hierdie valse vrede verkondig: “Hulle genees die verbreking van die dogter van my volk op die maklikste manier deur te sę: Vrede, vrede! – terwyl daar geen vrede is nie” (Jer. 6:14).
Daar sal eers uiterlike vrede op die aarde neerdaal nadat Christus as die Vredevors teruggekeer, sy vyande verdelg en ’n regering van geregtigheid gevestig het. Sy koms sal wees “tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid” (Jes. 9:6).
Intussen moet ons onverpoos voortgaan om mense uit die duisternis na Christus se wonderbare lig te lei, sodat die vrede van God in hulle harte ervaar kan word. Wat ons verhouding met mense in ’n misleide en verdeelde węreld betref, moet ons ons rol as vredemakers beoefen, maar sonder om enige kompromie oor Christelike beginsels te maak: “Vergeld niemand kwaad vir kwaad nie; bedink wat goed is voor alle mense; as dit moontlik is, sover as dit van julle afhang, leef in vrede met alle mense” (Rom. 12:17-18). Indien mense jou egter oor jou Christelike beginsels verwerp, dan moet dit maar so wees. Bybelse beginsels mag nooit oorboord gegooi word ter wille van goeie verhoudings met vyande van die kruis nie.
“Salig is die wat vervolg word ter wille van die geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele. Salig is julle wanneer die mense julle beledig en vervolg en valslik allerhande kwaad teen julle spreek om My ontwil. Verbly en verheug julle omdat julle loon groot is in die hemele; want so het hulle die profete vervolg wat voor julle gewees het” (Matt. 5:10-12). Hierdie agtste en laaste saligspreking in die Bergpredikasie word herhaal om die erns daarvan nog sterker te stel en ook meer besonderhede daaroor te verskaf.
Die geregtigheid van God se koninkryk staan teenoor die ongeregtigheid van ’n verdorwe węreld wat onder die heerskappy van die owerste van die mag van die lug is (Ef. 2:2; 6:12; 1 Joh. 5:19). Die meerderheid mense het die duisternis liewer as die lig (Joh. 3:19), en dit is die rede waarom die minderheid Christene wat hulleself op die smal weg bevind, vervolg word.
Deur hierdie duidelike waarskuwing teen vervolging en negatiewe reaksies wat alle ware Christene kan verwag, vestig die Here Jesus ons aandag op ’n baie belangrike dispensasionele feit, naamlik die voortgesette verwerping van sy koninkryk op aarde. Die hele bedeling tussen sy eerste en tweede koms word gekenmerk deur die antagonisme en vyandige reaksies van ’n misleide en ongelowige meerderheid. Die verwerping wat Jesus te beurt geval het tydens sy eerste koms, sou regdeur die kerkdispensasie ten opsigte van Hom en sy minderheid ware volgelinge voortduur. Hy het hulle dikwels hierteen gewaarsku:
“As julle van die węreld was, sou die węreld sy eiendom liefhę. Maar omdat julle nie van die węreld is nie, maar Ek julle uit die węreld uitverkies het, daarom haat die węreld julle. Onthou die woord wat Ek vir julle gesę het: ’n Dienskneg is nie groter as sy heer nie. As hulle My vervolg het, sal hulle jul ook vervolg. As hulle my woord bewaar het, sal hulle jul woord ook bewaar. Maar al hierdie dinge sal hulle aan julle doen ter wille van my Naam, omdat hulle Hom nie ken wat My gestuur het nie” (Joh. 15:19-21).
Christus het hierdie inligting aan sy dissipels bekend gemaak sodat hulle kon leer om in Hom vrede en blydskap te ervaar, ten spyte van die feit dat hulle in die węreld vervolg word: “Dit het Ek vir julle gesę, dat julle in My vrede kan hę. In die węreld sal julle verdrukking hę; maar hou goeie moed, Ek het die węreld oorwin” (Joh. 16:33).
Die feit dat Christus die węreld oorwin het, beteken dat Hy die geestelike houvas wat die duiwel en sy koninkryk oor die gevalle mensdom gehad het, aan die kruis verbreek het. Hy het mens geword, “sodat Hy deur die dood hom tot niet kon maak wat mag het oor die dood – dit is die duiwel – en almal kon bevry wat hulle hele lewe lank uit vrees vir die dood aan slawerny onderworpe was” (Heb. 2:14-15). Die moontlikheid vir die geestelike verlossing van alle mense is hierdeur verseker, daarom is almal wat Jesus Christus as Verlosser aangeneem het, nie meer slawe van die sonde nie – hulle is vry.
Dit beteken egter nie dat die duiwel en sy koninkryk tydens die eerste koms van Jesus opgehou bestaan het nie. Inteendeel – hoewel hy ’n oorwonne vyand is, loop hy steeds rond soos ’n brullende leeu om te kyk wie hy kan verslind (1 Pet. 5:8-9). Ons moet die volle wapenrusting van God aantrek en hom teëstaan. Die duiwel is steeds “die owerste van hierdie węreld” (Joh. 14:30) omdat hy beheer voer oor die groot meerderheid van die węreldbevolking.
Solank hierdie toedrag van sake voortduur, sal die minderheid Christene onder druk geplaas en selfs vervolg word. “En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word” (2 Tim. 3:12). Ons moet dus nie verwag om nou ’n sorgvrye lewe te hę waarin ons as konings oor ons erfdeel regeer en ons daarop kan toespits om so ryk, voorspoedig en gelukkig as moontlik in hierdie sondige węreld te wees nie. Die voorspoedsevangelie is heeltemal buite orde en word in werklikheid deur die duiwel gebruik om mense se geloof te vernietig (1 Tim. 6:7-12; Luk. 16:13).
Ons moet dus nie in die huidige bedeling na mag, hoë posisies en gemaksugtigheid streef nie (Mark. 10:42-45). Die koninkryk van die hemel funksioneer nou in ’n verborge vorm te midde van ’n goddelose węreld. Wanneer Christus weer kom, sal die situasie drasties verander – dan sal diegene wat nou saam met Hom ly en deur die węreld verwerp word, saam met Hom regeer: “Ly dan verdrukking soos ’n goeie krygsman van Jesus Christus. ... As ons verdra, sal ons met Hom regeer. As ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën (2 Tim. 2:3, 12). Aan die Christene in Rome sę Paulus dat as ons saam met die Here Jesus ly, ons ook saam met Hom verheerlik sal word (Rom. 8:17; vgl. Fil. 1:29).
Petrus beklemtoon ook die feit dat die koninkryk van die hemel nie tydens die kerkbedeling as ’n sigbare entiteit op aarde geopenbaar word nie, maar as ’n geestelike werklikheid sal dit drasties teëgestaan word totdat Christus weer kom. In hierdie tydperk moet ons bereid wees om te deel in sy lyding, vernedering en verwerping, dan sal ons ook saam met Hom regeer wanneer Hy as die Koning van konings terugkeer: “Geliefdes, verbaas julle nie oor die vuurgloed van vervolging onder julle wat tot julle beproewing dien, asof iets vreemds oor julle kom nie; maar namate julle gemeenskap het aan die lyde van Christus, moet julle bly wees, sodat julle ook by die openbaring van sy heerlikheid met blydskap kan jubel” (1 Pet. 4:12-13).
Ons karakter word nie deur voorspoed, wonderwerke, rykdom, mag en groot invloed gevorm nie, maar eerder deur beproewings, loutering en die manier waarop ons teëstand en probleme hanteer. Hierdeur leer ons vasberadenheid, deursettingsvermoë, en om te wag op die Here vir uitkoms, sodat ons sy heiligheid deelagtig kan word (Heb. 12:10).
Verstaan jy die beginsels waarvolgens die koninkryk van die hemel tydens die kerkbedeling funksioneer? Beskik jy oor die hoedanighede, karaktertrekke en geesteskrag om ’n waardige dissipel van Jesus Christus te wees? Word jy deur die Heilige Gees gelei en is jou prioriteite reg? Dan alleen sal jy as mens van God volkome wees, vir elke goeie werk volkome toegerus (2 Tim. 3:17).
Die belangrikheid van die agt saligsprekinge in die Bergpredikasie word bevestig deur die feit dat God se redding, asook ander manifestasies van sy genade, die bron van alle seëninge in die Bybel is. Tydens sy aardse bediening het die Here Jesus dikwels na Goddelike seëninge verwys, en ook spesifieke voorbeelde genoem van mense wat deur God geseën is.
God het Homself deur sy Woord aan die mensdom geopenbaar. Almal wat dit hoor, aanneem en daarvolgens wandel, word salig genoem. In die Ou Testament is God se Woord deur Moses, die profete en Godvresende konings in Israel verkondig. In die Nuwe Testament het God Homself in al sy volheid deur sy Seun geopenbaar. Een van sy name is Die Woord van God (Op. 19:13). Johannes sę: “En die Woord het vlees geword en onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid aanskou, ’n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid” (Joh. 1:14). Jesus het ook sy dissipels salig genoem omdat hulle Hom gesien en gehoor het, want dit was nie vir die profete beskore nie (Luk. 10:23-24).
Maria is salig genoem omdat sy geglo het wat die Here oor die geboorte van Jesus aan haar gesę het (Luk. 1:45, 48). Wat ’n voorreg was dit nie om so deur die Here gebruik te kon word nie! Petrus is salig genoem omdat hy ’n openbaring van die Vader ontvang het dat Jesus die Christus is, die Seun van die lewende God (Matt. 16:16-17).
Ná Christus se hemelvaart is nuwe openbarings van God deur die apostels verkondig, totdat die volle openbaring van sy wil aan die mens met die skryf van die boek Openbaring voltooi is. Daarna word die Bybel as die Woord van God onder die leiding van die Heilige Gees deur alle Christene verkondig: “Verkondig die Woord; hou aan tydig en ontydig” (2 Tim. 4:2). Die seën van die Here rus steeds op almal wat dit hoor en aanneem: “Salig is hulle wat die Woord van God hoor en dit bewaar” (Luk. 11:28).
Die woorde van die Here is geestelike voedsel waardeur mense opgebou word in die allerheiligste geloof: “Salig is hy wat brood eet in die koninkryk van God” (Luk. 14:15). Alle Christene is geroepe getuies van Christus, wat die opdrag het om die brood van die lewe aan mense te bedien. Baie mense sal dit tot hulle nadeel van die hand wys, maar vir baie ander sal dit ’n hemelse feesmaal wees (Luk. 14:16-24).
Israel het ’n uiters belangrike rol gespeel as die volk van God waaruit die Messias en Verlosser van die węreld gebore is. Jesus het vir die vrou by die put in Samaria gesę: “... die saligheid is uit die Jode” (Joh. 4:22). Hiermee het Hy nie bedoel dat die Jode self voorbeelde van godsdienstigheid was nie, maar dat Hy self as ’n Jood uit die geslag van Dawid gebore is. Johannes die Doper het van Hom gesę: “Dáár is die Lam van God wat die sonde van die węreld wegneem!” (Joh. 1:29). Paulus het gesę dat Israel die volk is waarin God in die Persoon van Jesus Christus vlees geword het (Rom. 9:5).
Die verlossing is in die Messias self, daarom het Hy ook vir die vrou by die put gesę: “Elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom sal gee, sal in hom word ’n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe” (Joh. 4:14). Tydens die viering van die Loofhuttefees in Jerusalem het Hy gesę: “As iemand dors het, laat hom na my toe kom en drink! Hy wat in My glo, soos die Skrif sę, strome van lewende water sal uit sy binneste vloei. En dit het Hy gesę van die Heilige Gees wat dié sou ontvang wat in Hom glo” (Joh. 7:37-39).
Die feit dat Israel vir Jesus as Messias verwerp het, het regstreeks daartoe gelei dat Jesus sy dissipels met die boodskap van verlossing na elke volk en taal en stam en nasie gestuur het (Matt. 28:19; Mark. 16:15). Israel se blindheid het dus tot ’n groot geestelike voordeel vir die nie-Joodse węreld gelei. Paulus sę oor Israel: “Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak” (Rom. 11:11). Omdat ons die seën verkry het wat in die eerste plek vir Israel bestem was, is ons daartoe verplig om hulle te probeer terugwen vir die koninkryk van God. Ons moet hulle jaloers maak op die manier waarop ons die Messias deur die God van Abraham, Isak en Jakob dien. Israel sal nog as ’n volk geestelik ontwaak en almal rondom die Messias verenig word (Rom. 11:25-26; Sag. 12:10). Dan eers sal hulle salig wees.
Daar rus ’n spesiale saligspreking op diegene wat nie net hoorders van die Woord is nie, maar ook daders wat hulle lewens daarvolgens inrig en dit verkondig. Jesus het sy dissipels uit die duisternis van geestelike onkunde en morele verdorwenheid gelei tot in die volle lig van die kennis van God en sy geregtigheid. Daarna het Hy hulle verder onderrig in die Woord van God om van hulle lewende getuies van sy geregtigheid te maak. Hy verklaar sy dissipels salig indien hulle dieselfde doen: “Want Ek het julle ’n voorbeeld gegee om, net soos Ek aan julle gedoen het, ook so te doen. ... As julle hierdie dinge weet, salig is julle as julle dit doen” (Joh. 13:15, 17).
Jakobus sę: “Word daders van die Woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie” (Jak. 1:22). Indien die mense van die węreld die seëninge moet ontvang wat die Here vir hulle beskik het, moet die dissipels van Christus nie net passiewe hoorders van die Goeie Nuus wees nie, maar aktiewe getuies daarvan. Hulle het ’n baie belangrike rol om te vervul in God se program om die geestelike bestemming van die węreld te verander. Jesus het gesę:
“Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nęrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Julle is die lig van die węreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lę, kan nie weggesteek word nie; en ’n mens steek ook nie ’n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik” (Matt. 5:13-16).
’n Ten volle veranderde lewe moet gelykvormig aan Jesus Christus wees, in die krag van die Heilige Gees gelei word, en voldoende in die Woord geskool wees sodat die waarhede daarvan reg verkondig kan word. Slegs dit sal ’n verskil in die węreld kan maak en mense help om die seëninge van God te kan verkry. Saligheid en die verlossing van sonde is die eerste seën wat mense verkry, maar dit word deur verskeie ander seëninge gevolg vir diegene waarlik aan die Woord gehoorsaam is.
Die Here verklaar ons salig indien ons ’n geloofsband met Jesus Christus het en ’n verhouding met Hom handhaaf. Dit behels dat ons sal glo dat Hy van die Vader af kom, maagdelik gebore is, as God een met die Vader is, vir ons sondes gesterf en uit die dood opgestaan het, na die hemel opgevaar het waar Hy vir ons intree, en weer sal kom om ons te kom haal. Ons neem al hierdie feite in die geloof aan sonder dat ons die Here Jesus as Seun van die Mens gesien het. Thomas wou aanvanklik nie geglo het dat Jesus God is wat uit die dood opgestaan het nie. Nadat hy Hom egter gesien het, het hy gesę: “My Here en my God! Jesus sę vir hom: Omdat jy My gesien het, Thomas, het jy geglo; salig is die wat nie gesien het nie en tog geglo het” (Joh. 20:28-29).
Die dissipels moes die boodskap van geloof in Jesus na die hele węreld uitdra: “Gaan die hele węreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Hy wat glo en hom laat doop, sal gered word; maar hy wat nie glo nie, sal veroordeel word” (Mark. 16:15-16). Die seën van die groot Saligmaker rus op almal wat glo. Diegene wat egter nie glo nie, lewe onder die veroordeling van God.
Kort voor sy hemelvaart het Jesus aan die gelowiges die belofte gegee dat die saligheid wat hulle in Hom verkry het, die vaste versekering van ’n ewige tuiste in die hemel is: “Laat julle hart nie ontsteld word nie; glo in God, glo ook in My. In die huis van my Vader is daar baie wonings; as dit nie so was nie, sou Ek dit vir julle gesę het. Ek gaan om vir julle plek te berei. En as Ek gegaan en vir julle plek berei het, kom Ek weer en sal julle na My toe neem, sodat julle ook kan wees waar Ek is” (Joh. 14:1-3).
Die apostels het die boodskap van Jesus Christus se reddende genade oral uitgedra. Dit was die goeie tyding dat alle mense deur geloof saligheid kon verkry in die Naam van Jesus. Daar was egter voorwaardes hieraan verbonde, asook sekere implikasies waarvan Christene moes kennis neem. Dit het ook duidelike verpligtinge vir gelowiges meegebring. Hierdie implikasies en verpligtinge, hoe veeleisend ook al by tye, weeg nie op teen die ewige heerlikheid wat aan ons geopenbaar sal word nie.
Geloof in God is die kritieke faktor wat ’n mens salig maak. “En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag; want hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en ’n beloner is van die wat Hom soek” (Heb. 11:6). Ons moet veranderde harte en lewens hę, tesame met die vooruitsig dat ons vir ewig in die hemel by die Here sal wees. Petrus sę die saligheid van ons siele is die einddoel van ons geloof (1 Pet. 1:9).
Die boodskap van die apostels oor geloof in Christus was onomwonde, soos wat Petrus ook vreesloos voor die Joodse Raad getuig het: “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder die mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand. 4:12). Daar is net een bron van saligheid, en dit is geloof in Jesus Christus.
Ons geloof in Christus het nie net op ons redding betrekking nie, maar moet die dryfkrag van ons ganse lewe op aarde wees, daarom moet alles uit die geloof gedoen word: “Die regverdige sal uit die geloof lewe” (Heb. 10:38). Geloof in Christus is ’n skild om ons teen ongeloof en aanvalle deur die sielevyand te beskerm (Ef. 6:16), maar ook ’n oorwinningswapen: “Alles wat uit God gebore is, oorwin die węreld; en dit is die oorwinning wat die węreld oorwin het, naamlik ons geloof. Wie anders is dit wat die węreld oorwin as hy wat glo dat Jesus die Seun van God is?” (1 Joh. 5:4-5).
In Ou-Testamentiese tye reeds was die werke van die wet die uitvloeisels van ’n geloofsverhouding en het nie in sigself saligmakende krag gehad nie. Paulus bevestig dat dit in Nuwe-Testamentiese tye steeds dieselfde is: “Soos Dawid ook die mens salig spreek aan wie God geregtigheid toereken sonder werke: Welgeluksalig is hulle wie se ongeregtighede vergewe en wie se sondes bedek is. Welgeluksalig is die man aan wie die Here die sonde nie toereken nie” (Rom. 4:6-8).
Wat ’n wonderlike voorreg! “Almal het gesondig en dit ontbreek hulle aan die heerlikheid van God, en hulle word deur sy genade sonder verdienste geregverdig deur die verlossing wat in Christus Jesus is” (Rom. 3:23-24). Hierdie saligheid kan nie verdien word nie – dit is té kosbaar en kan net in die geloof aanvaar word.
Omdat die saligheid van die Here so wesenlik verskil van die waardes en ideale van ’n verdorwe węreld, word dit voortdurend bevraagteken, verwerp en die aanhangers daarvan selfs vervolg. Verdrukking van hierdie aard moet egter nie tot ontmoediging by Christene lei nie, maar eerder tot blydskap omdat hulle ter wille van Christus ly (Luk. 6:22-23).
Die Joodse Raad het die apostels erg vervolg, maar dit het hulle nie van stryk gebring nie: “En nadat hulle die apostels ingeroep het, het hulle hul laat slaan en hulle bevel gegee om nie in die Naam van Jesus te spreek nie en hulle laat gaan. Hulle het toe van die Raad af weggegaan, bly dat hulle waardig geag was om vir sy Naam oneer te ly. En hulle het nie opgehou om elke dag in die tempel en van huis tot huis te leer nie, en die evangelie te verkondig dat Jesus die Christus is” (Hand. 5:40-42).
Dieselfde beginsel geld ook vir ons: “Maar as julle ook moet ly ter wille van die geregtigheid, salig is julle. En vrees hulle glad nie, en wees nie ontsteld nie. Maar heilig die Here God in julle harte en wees altyd bereid om verantwoording te doen aan elkeen wat van julle rekenskap eis omtrent die hoop wat in julle is, met sagmoedigheid en vrees” (1 Pet. 3:14-15).
Versoekings en beproewings kom ook oor alle Christene se pad. Indien ons ons kruis op ’n waardige manier dra, word ons salig genoem: “Salig is die man wat versoeking verdra, want as hy die toets deurstaan het, sal hy die kroon van die lewe ontvang wat die Here beloof het aan die wat Hom liefhet” (Jak. 1:12).
Christene moet ook met betrekking tot hulle toekomsverwagting die regte oortuigings huldig en verkondig. Kennis hieroor sal hulle help om voorbereid te wees op dit wat kom. Dit is so belangrik en oor en oor die moeite werd om daarop ag te slaan dat die Here ons dikwels salig noem indien ons gereedmaak om ons toekomstige rol in sy koninkryk te vervul. Die volgende sewe saligsprekinge kom in Openbaring voor:
1. Die waarde van Bybelse profesieë. “Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby” (Op. 1:3).
Die Here wil nie hę dat ons verkeerde profetiese verwagtings moet koester nie, want ’n mens se voorbereidings vir die toekoms word hierdeur bepaal. Die volgende is reaksies wat op verskillende verwagtings volg:
· Sommige mense verwag nog voor die wederkoms van Christus die manifestasie van ’n Christelike koninkryk op aarde, en beywer hulleself hiervoor. Hulle ignoreer profetiese waarskuwing oor die groot afval van die laaste dae, en probeer alles in hulle vermoë om ekumeniese bande te skep en ’n groot beweging vir Christelike eenheid van stapel te stuur.
· Ander mense verwag ’n węreldwye verdrukking onder die bewind van die Antichris, en meen dat die kerk bestem is om deur hierdie tyd te gaan en dus ook onder dié diktator se tirannie te ly. Baie van hulle is besig om veilige toevlugsoorde vir Christene in te rig. In hulle eindtydse oriëntasie het hulle ’n Antichrisverwagting en nie ’n Christusverwagting nie. Volgens hulle sal Christus eers aan die einde van die verdrukking kom, gevolglik is ’n ontmoeting met Hom nie deel van hulle voorbereidings vir die onmiddellike toekoms nie. Hulle aktiwiteite het ’n verkeerde fokus en is nie in die belang van ’n beter verhouding met Christus nie.
· ’n Groot aantal mense het geen duidelike Bybelse toekomsverwagting nie en leef net vir die dinge van hierdie węreld asof daar geen einde aan kom nie. Weens hulle gebrek aan insig sal hulle enige węreldleier aanvaar – ook ’n godsdienstige een – wat vrede, eenheid en ekonomiese voorspoed aan almal belowe. Hulle sal uiteindelik onder die groot massa misleide mense wees wat verwonderd agter die Antichris sal aangaan (Op. 13:3). Wat ’n ernstige vergissing!
· ’n Relatief klein groep gelowiges is reg ingelig oor Bybelse profesieë en besef dat daar nie nou ’n transformasie na Christelike koninkrykstoestande gaan wees nie, maar inteendeel ’n groot afval wat na die openbaring van die Antichris gaan lei. Hulle aanvaar egter die belofte dat ons nie vir die komende verdrukking en Goddelike oordele bestem is nie, en berei voor om deur die hemelse Bruidegom weggevoer te word (Luk. 21:36; Joh. 14:2-3; 1 Thess. 4:16-18). Hulle word salig genoem omdat hulle na die profetiese woord luister en die beloftes daaroor in hulle harte bewaar. Hierdie ingesteldheid het vir hulle ’n positiewe uitkoms, want elkeen wat die hoop op Christus se wederkoms koester, “reinig homself soos Hy rein is” (1 Joh. 3:3). Hulle berei deur heiligmaking voor om saam met Hom na die hemel te vertrek, en nie om agter te bly en hier van die Antichris af te probeer wegvlug nie.
Dit is van kardinale belang om Bybelse profesieë reg te verstaan; daarom sę Paulus ook: “Verag nie die profesieë nie” (1 Thess. 5:20). Salig is almal wat dit doen.
2. Voorbereid vir ’n sekere toekoms. “Salig is van nou af die dode wat in die Here sterwe. Ja, sę die Gees, sodat hulle kan rus van hul arbeid, en hulle werke volg met hulle” (Op. 14:13).
Hierdie saligspreking is spesifiek vir die martelare van die groot verdrukking bedoel, want die dood sal vir hulle verlossing bring van verdere vervolging en marteling (vgl. Op. 6:9-11). Hulle werke – waaronder ook die bereidwilligheid om vir hulle geloof te sterf (Op. 2:10) – sal hulle volg en voor Christus se regterstoel vir hulle loon besorg. Hulle sal ook saam met die Here Jesus regeer in sy vrederyk wat kort na die verdrukking ingestel sal word (Op. 20:4).
In ’n meer algemene sin geld hierdie saligspreking ook vir alle Christene, want almal wat in Christus sterf, is salig en sal tydens die opstanding van die regverdiges met verheerlikte liggame opgewek word (1 Thess. 4:13-17; 1 Kor. 15:51-53). Daarna sal almal van ons genadeloon voor Christus se regterstoel ontvang (1 Kor. 3:11-15; 2 Kor. 5:10).
3. Gereedheid vir Christus se skielike koms. “Kyk, Ek kom soos ’n dief. Salig is hy wat waak en sy klere bewaar, sodat hy nie miskien naak rondloop en hulle sy skaamte sien nie” (Op. 16:15).
Die Here Jesus se koms sal skielik en onverwags wees, soos ’n dief in die nag. Dit sal dan te laat wees om vir sy koms voor te berei, daarom moet ons hele lewe in ’n toestand van gereedheid vir sy koms gelei word. Redding en heiligmaking word dikwels metafories met ’n kleed vergelyk: “Maar beklee julle met die Here Jesus Christus, en maak geen voorsorg vir die vlees om sy begeerlikhede te bevredig nie” (Rom. 13:14).
In Matthéüs 22:1-14 word ons vereniging met Christus met ’n koninklike bruilofsmaal vergelyk. In Bybelse tye het ’n koning ook aan die genooide gaste ’n bruilofskleed gegee om aan te trek. Soms was daar persone wat gemeen het hulle eie kleed is goed genoeg (eiegeregtigheid) en wat dan nie die koning se kleed aangetrek het nie. Ons lees van so ’n situasie in hierdie gelykenis:
“En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie ’n bruilofskleed aan het nie. En hy sę vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder ’n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sę nie. Toe sę die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis. Daar sal geween wees en gekners van die tande” (Matt. 22:11-13).
Daar is vandag ook baie mense wat meen dat hulle Christene is omdat hulle ’n goeie lewe lei en ook aan ’n kerk behoort. Hulle geestelike “naaktheid” sal egter geopenbaar word wanneer Christus kom, want hulle sal uitgewerp (agtergelaat) word op daardie oomblik wanneer die Here Jesus sy bruid kom haal. Dit sal vir hulle ’n groot verleentheid en skande wees.
As ons salig wil wees, moet ons nie net toesien dat ons ’n bruilofskleed het wat die Here aan ons gegee het nie, maar ons moet ook deurentyd waak en ons kleed rein bewaar. Die kleed moet sonder vlek of rimpel wees op die dag wanneer die Bruidegom skielik kom en ons voor Hom sal verskyn – ons moet heilig en sonder gebrek wees (Ef. 5:25-27).
4. Die bruid van die Lam. “Salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam” (Op. 19:9).
Die uitnodiging na die bruilofsmaal van die Lam vereis nie alleen dat die persone met Jesus Christus beklee is nie (toegerekende geregtigheid), maar ook dat hulle onder die leiding van die Heilige Gees werke gedoen het waardeur hulle kleed verder versier word (meewerkende geregtigheid). In die voorafgaande vers word gesę: “En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die heiliges” (Op. 19:8). Dit is deur die Heilige Gees aan haar gegee om werke te doen wat vir God welbehaaglik is, omdat sy Seun daardeur verheerlik en sy koninkryk op aarde uitgebrei word. Dit is die goud, silwer en kosbare stene waarmee ons ná ons bekering moet bou op die Rots, Jesus Christus (1 Kor. 3:10-15).
Wat ’n eer om na die luisterryke geleentheid van die bruilofsfees van die Lam genooi te wees, wat ’n uitnemende voorreg om deur die Gees van God werke te doen wat by die bekering pas en in harmonie met die kleed van geregtigheid is, en hoe uiters noodsaaklik is dit om te waak en te bid dat ons waardig sal wees vir hierdie wonderlike afspraak.
5. Die sekerheid van die eerste opstanding en ons koningskap saam met Christus. “Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank” (Op. 20:6).
Almal wat reeds die saligheid in Christus verkry het, kry daarmee saam verskeie wonderlike beloftes om na uit te sien. Ná die aardse lewe met al sy uitdagings wat deur die krag van die Heilige Gees en met die gesindheid van Christus te bowe gekom kan word, wag daar die onuitspreeklike seën van die ewige lewe. Dit sal begin by die opstanding van die regverdiges aan die einde van die kerkdispensasie. Oor al hierdie gelowiges het die tweede dood geen mag nie, daarom word hulle salig genoem. Die eerste dood is die dood van die liggaam aan die einde van ons aardse lewe. Ons is almal sterflike mense. Die tweede dood is egter die ewige dood in die poel van vuur, en dit sal die lot wees van alle ongeredde mense wat ná die vrederyk opgewek sal word om voor die groot wit troon te verskyn en hulle oordeel te ontvang (Op. 20:5, 11-15).
Die eerste opstanding vind in fases plaas en sluit alle gelowiges in wat voor die aanvang van die vrederyk geleef het. Hierdie opstanding het by Christus se opstanding begin, en almal wat aan Hom behoort sal hierin deel:
“Want as die dode nie opgewek word nie, dan is Christus ook nie opgewek nie; en as Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore. As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense. Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. Want aangesien die dood deur ’n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ’n mens. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee” (1 Kor. 15:16-24).
Diegene wat opgewek word wanneer die Bruidegom sy gemeente voor die verdrukking kom haal, sal reeds in die hemel wees voordat die eerste seël van God se oordele oor die ongelowiges gebreek word. Hulle sal daarna uitsien om ná die verdrukking saam met Christus terug te kom aarde toe en hier as konings te regeer (Op. 5:9-10). Hulle sę spesifiek: “... en ons sal as konings op die aarde heers.”
Die martelare van die verdrukking verteenwoordig die na-oes en vorm deel van die eerste opstanding omdat hulle ook voor die vrederyk opgewek sal word. Hulle is dus ook salig en sal saam in die vrederyk regeer. Johannes sę: “...en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank” (Op. 20:4).
Die herhaling van die belofte oor die eerste opstanding in Openbaring 20:6 is spesifiek gedoen met die oog op diegene wat nie deel was van die wegvoering nie en eers tydens die verdrukking weergebore sal word. Alhoewel hulle baie laat eers gered word, is hulle deel van Christus se koninkryk en verkry ook die seëninge wat daaraan verbonde is.
6. Die vaste versekering van Christus se sigbare koms. “Kyk, Ek kom gou. Salig is hy wat die woorde van die profesie van hierdie boek bewaar” (Op. 22:7).
Die herhaling van die eerste saligspreking in hierdie profetiese boek (Op. 1:3) word om ’n spesifieke rede gedoen. Openbaring begin by ’n oorsig oor die kerkgeskiedenis (Op. 2–3), en dit is noodsaaklik dat alle gelowiges van alle tye ’n sterk verwagting op die koms van Christus koester. Die salige hoop op Christus se koms help ons om nie oormatig by die dinge van die węreld betrokke te raak nie, en om ons op die ewige lewe voor te berei deur dinge te doen wat ewigheidswaarde het. Sodoende gaar ons skatte in die hemel op.
Gelowiges wat al hulle tyd, aandag en geld aan sekulęre dinge bestee, is geestelik arm en sal met leë hande voor die Here verskyn (1 Kor. 3:15). As ons so ’n ingesteldheid het, is ons geestelik beklaenswaardig: “As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense” (1 Kor. 15:19).
Die herbevestiging van Christus se spoedige wederkoms word veral gedoen met die oog op diegene wat eers in die verdrukking tot bekering kom. Aan die einde van hierdie tyd kom Hy weer – hierdie keer in die openbaar sodat elke oog Hom sal sien. Baie mense uit Israel en die nasies sal dan eers gered word (Sag. 12:10; Matt. 24:29-30).
7. Gehoorsaamheid aan sy opdragte. “Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde, die eerste en die laaste. Salig is die wat sy gebooie doen, sodat hulle reg kan hę op die boom van die lewe en ingaan deur die poorte in die stad” (Op. 22:13-14).
Die stelling: “Salig is die wat sy gebooie doen” (v. 14) moet reg verstaan word. In verskeie ander vertalings word hierdie teks soos volg vertaal: “Salig is die wat hulle klere was” (NIV, RSV, AB, NAB). Hierdie stelling vind noue aansluiting by dit wat van die martelare gesę word in Openbaring 7:14: “... hulle het hul klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.”
Wanneer die begrip “gebooie” gebruik word, moet dit Nuwe-Testamenties vertolk word met die oog daarop om God se wil ten opsigte van die Here Jesus te doen (Matt. 7:21). Dit behels onder meer om met Christus versoen te wees en reiniging deur sy bloed te verkry (Ef. 1:7; 1 Pet. 1:18-19) en om uitvoering aan sy nuwe gebod van die liefde te gee (Joh. 13:34). Die laaste versoek in Jesus se hoëpriesterlike gebed was dat sy dissipels met sy liefde vervul sou wees: “Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak en sal dit bekend maak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle” (Joh. 17:26).
Kan jy ’n meer salige en geseënde bestaan as dit bedink? Paulus se gebed vir die Efésiërs was:
· dat hulle met krag versterk sal word deur sy Gees in die innerlike mens;
· dat Christus deur die geloof in hulle harte sal woon;
· dat hulle in sy liefde gewortel en gegrond sal wees;
· dat hulle saam met al die heiliges ten volle sal begryp wat die breedte, lengte, diepte en hoogte van Christus se liefde is wat die kennis oortref; en
· dat hulle vervul sal word tot al die volheid van God (Ef. 3:16-19).
Salig is almal wat hiervan kan getuig.
Wanneer die saligsprekinge in die Bybel gelees word, is dit duidelik dat dit hoofsaaklik op geestelike seëninge dui wat die Here alleen aan ’n mens kan gee. Dit is alles daarop gerig om die gevalle mens se gebroke verhouding met God te herstel, te versterk, in stand te hou, en uiteindelik aan hom ’n ewige hemelse bestaan te verseker. Hoe meer ’n mens by die plan van God vir sy lewe inval en na hoër vlakke van sy roeping in Christus streef, des te meer word hy geseën en in die waarheid van God se Woord bevestig.
Om salig te wees impliseer ’n intieme verhouding met Jesus Christus, want Hy is die Bron van alle seëninge. Die essensie van die Christelike geloof bestaan veel meer uit ’n persoonlike verhouding met die Saligmaker as wat dit ’n godsdienstige stelsel is wat op sekere reëls en rituele gebaseer is. Christus is alles vir ons – ons wysheid, geregtigheid, heiligmaking en verlossing (1 Kor. 1:30) – kortom, ons hele lewe. Hy maak ons vry van sonde en gee aan ons ’n nuwe lewe, nuwe lewensbeginsels, asook die krag van die Heilige Gees om dit te kan uitleef, eerder as ’n stel reëls en wette waarvolgens ons moet leef. ’n Geseënde persoon is iemand in wie die gesindheid en tipiese optrede van die Here Jesus waargeneem kan word.
Van Jesus se geboorte af is Hy bekend gestel as die Saligmaker van Israel en die węreld. Die engel het aan die herders van Betlehem gesę: “Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ’n goeie tyding van groot blydskap wat vir die hele volk sal wees, dat vir julle vandag in die stad van Dawid gebore is die Saligmaker wat Christus, die Here, is” (Luk. 2:10-11). Sagaria het gesę dat Jesus gekom het “om kennis van saligheid aan sy volk te gee in die vergifnis van hulle sondes” (Luk. 1:77).
Die naam “Saligmaker” (Gr. Soter) is afgelei van sozo, wat beteken om te red, verlos, beskerm, genees, bewaar, goed te doen, heel te maak (Strong’s Konkordansie: 4982 en 4990 in die Bylaag: Griekse Woordeboek). Hierdie handelinge sluit alle aspekte van Goddelike seëninge in waaraan mens kan dink. Die groot Verlosser het inderdaad gekom om gebroke mense te seën deur hulle te verlos en heel te maak, en hulle ook te beskerm teen die vyand van ons siele.
Die Here Jesus se rol as Saligmaker is nie tot Israel beperk nie, omdat sy reddende genade aan alle mense in die hele węreld aangebied word. “Hy [is] waarlik die Christus, die Saligmaker van die węreld” (Joh. 4:42). In Ou-Testamentiese tye reeds het God gesę dat sy Seun vir die redding van die hele węreld sou kom: “Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot ’n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde” (Jes. 49:6).
Omdat net God mense salig kan maak, en Jesus self as God die Seun gelyk is aan God die Vader en God die Heilige Gees, moet sy Godheid uitdruklik erken word. Dit moet ook blyk uit die manier waarop ons Hom aanspreek – nie altyd net as “Jesus” nie, maar as die “Here Jesus”. Petrus beskryf Hom as “onse God en Saligmaker, Jesus Christus” (2 Pet. 1:1), en voeg hierby: “Want so sal ryklik aan julle verleen word die ingang in die ewige koninkryk van ons Here en Saligmaker, Jesus Christus” (2 Pet. 1:11).
Daar was ongelukkig baie mense in Israel, veral onder die skrifgeleerdes, wat geweier het om Jesus se Messiasskap en Godheid te erken, en aanstoot geneem het omdat Hy Homself God genoem het. “Jesus het hulle geantwoord: Baie goeie werke het Ek julle getoon van my Vader. Oor watter een van dié werke stenig julle My? Die Jode antwoord Hom en sę: Dit is nie oor ’n goeie werk dat ons U stenig nie, maar oor godslastering, en omdat U wat ’n mens is, Uself God maak” (Joh. 10:32-33).
As gevolg van hierdie gesindheid en verkeerde gevolgtrekking het ’n groot deel van Israel, en veral hulle geestelike leiers, nie die saligheid verkry wat die Here Jesus in die eerste plek aan hulle gebied het nie. Sy saligheid is net vir diegene wat Hom nie verwerp nie. Hy het gesę: “Salig is elkeen wat aan My nie aanstoot neem nie” (Matt. 11:6).
Vir almal wat in Christus bly, is daar die vooruitsig om hier op aarde ’n godvrugtige bestaan te voer, asook die salige hoop op sy wederkoms: “Want die reddende genade van God het aan alle mense verskyn en leer ons om die goddeloosheid en węreldse begeerlikhede te verloën, ingetoë en regverdig en vroom in die teenwoordige węreld te lewe, terwyl ons die salige hoop en die verskyning van die heerlikheid verwag van die grote God en ons Verlosser, Jesus Christus, wat Homself vir ons gegee het om ons te verlos van alle ongeregtigheid en vir Homself ’n volk as sy eiendom te reinig, ywerig in goeie werke” (Tit. 2:11-14).
Die salige hoop waarna Titus verwys, is die wegraping. Die blydskap wat daaraan gekoppel word, spruit nie net uit die feit dat ons hemel toe gaan wanneer Christus kom nie, maar ook dat ons die toorn van die komende dag van die Here (die verdrukking op aarde) sal ontvlug: “Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus” (1 Thess. 5:9). Ons ervaar reeds die saligheid van redding en heiligmaking, maar ons verwag ook die onbeskryflike saligheid van verheerliking in ’n nuwe liggaam, asook die ewige lewe in die nuwe Jerusalem, waarin daar nooit enige ongeregtigheid sal inkom nie (Op. 21:1-7, 27).
Terwyl ons die vervulling van die beloftes oor ons toekomstige saligheid afwag, moet ons alles moontlik doen om tydens ons aardse lewe die volle doel te bereik waarvoor die Here ons hier geplaas het. Ons moet heilig leef tot eer van die Here, en met alle ywer getuies vir Christus wees sodat sy koninkryk deur die redding van siele uitgebrei kan word. Ons bruikbaarheid kan deur sonde, vleeslikheid, passiwiteit, onkunde en węreldgesindheid gekortwiek word. Hoedanig maak jy erns met die opdrag tot heiligheid en diensbaarheid?
Die kwalitatiewe aard van ons saligheid hang af van die mate waartoe ons met Jesus Christus identifiseer, aan Hom gehoorsaam is, en in Hom tot geestelike volwassenheid opgegroei het. Paulus sę ons moet opgroei tot die mate van die volle grootte van Christus, sodat ons nie soos geestelike kinders sou wees wat heen en weer gedryf word deur elke wind van lering nie (Ef. 4:13-14). Petrus bevestig hierdie vermaning en sę: “Julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus” (2 Pet. 3:18). Die saligheid is nie in die wet nie, nie in ’n stel reëls nie, nie in ’n kerk nie, en ook nie in menslike pogings tot ’n goeie lewe nie – dit is in Jesus Christus alleen, in wie ons kan opgroei tot al die volheid waartoe ’n genadige God ons geroep het.