1. Die Pinksterfees

Gebed: Ons dank U, o Here, vir ng n geleentheid wat ons het om die Pinkstergebeure van die eerste eeu te herdenk, en ook opnuut in ons eie lewe as n werklikheid te ervaar. Ons aanbid U as die onveranderlike God wat dieselfde is gister, en vandag en tot in ewigheid. Dank U dat die belofte van die volheid van die Heilige Gees nie net vir daardie vroe dissipels bedoel was nie, maar vir alle ware Christene deur die eeue heen. In hierdie tyd van groot afvalligheid het ons soveel te meer nodig om met u Heilige Gees vervul te word vir die eerste keer of by hernuwing. Hoe sal ons ooit kan wandel deur die Gees as Hy nog nie volle beheer oor ons lewe verkry het nie? Hoe kan Hy ons Trooster en Leidsman wees as die ongekruisigde vlees nog in ons harte heers en die Gees testaan? Hoe kan Hy ons in die hele waarheid lei as ons nog nie die oue mens afgel en die Gees van heiligheid toegelaat het om ons met die nuwe mens te beklee nie? Soos die dissipels van ouds wil ons in hierdie dae n volle oorgawe maak en op U wag totdat U ons met u Heilige Gees vervul het. Maak ons bereid om van onsself en van wreldse begeerlikhede leeggemaak te word, sodat ons vervul kan word tot al die volheid van God. Ons vra dit om Jesus ontwil, amen.

Die vroegste ontstaan van die pinksterfees, in n profetiese vorm, was toe dit deel was van Israel se sewe groot feeste wat volgens Levitikus 23 jaarliks gevier is. In die Nuwe Testamentiese vervulling van hierdie feeste kan ons die heilsweg volg wat by die kruis en die eerste reiniging van ons sonde begin, na die opstandingslewe en die vervulling met die Heilige Gees voortgaan, en daarna deur die lang pad van wreldevangelisasie tot aan die einde van die kerkbedeling lei. Hierna volg die finale insameling van die oes en die vestiging van die Messias se duisendjarige vrederyk op aarde.

Die eerste vier feeste, van die pasga af tot by die pinksterfees, staan in n noue verband met mekaar. Hulle is almal met die aanbreek van die Nuwe Testament kort n mekaar vervul dit was tydens die kruisiging en opstanding van die Here Jesus, asook die uitstorting van die Heilige Gees. Die laaste drie feeste staan as die oesfees bekend, en sal in die gebeure rondom die wederkoms van Christus vervul word. Tussen hierdie twee groepe feeste het daar jaarliks vier maande verloop waarin Israel die oes moes insamel. Kom ons kyk wat die aanloop na die pinksterfees was.

Die Pasga

Die pasga word in die eerste maand van Israel se godsdienstige kalender gevier. Dit is in Maart of April op ons kalender: In die eerste maand, op die veertiende van die maand, teen die aand, is die pasga van die Here (Lev. 23:5). Israel se kalender is op maanmaande gebaseer wat met die nuwemaan begin, daarom is dit op die 14de dag van die maand volmaan.

Moses het aan Israel ges: Julle moet n lam h sonder gebrek, n jaaroud rammetjie En julle moet dit in bewaring hou tot die veertiende dag van hierdie maand; en die hele vergadering van die gemeente van Israel moet dit slag teen die aand. En hulle moet van die bloed neem en dit stryk aan die twee deurposte en aan die bo-drumpel Want Ek sal in hierdie nag deur Egipteland trek en al die eersgeborenes in Egipteland tref Maar die bloed sal vir julle n teken wees as Ek die bloed sien, sal Ek by julle verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees nie (Ex. 12:5-7,12-13).

Met die instelling van die pasga is die eerste formele riglyne gel waarvolgens God se verlossingsplan vir die mens 1500 jaar later sy finale vervulling in die kruisdood van Jesus Christus sou verkry. Die vervulling van die pasga was met die kruisiging van die vlekkelose Lam van God wat in die volheid van die tyd mens geword het om vir ons sy lewe af te l. Johannes die Doper het na Hom gewys en ges: Dr is die Lam van God wat die sonde van die wreld wegneem! (Joh. 1:29). Petrus het ook na die pryslose offer van hierdie Lam verwys toe hy ges het: julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus, soos van n lam sonder gebrek en vlekkeloos (1 Pet. 1:18-19). In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade (Ef. 1:7).

Weens die tipologiese aard van die pasga, as n heenwysing na die offer van die Lam van God, was dit duidelik dat hierdie fees tydens een van sy toekomstige vieringe vervul sou word. Die Here Jesus is inderdaad op die dag van die pasgaviering gekruisig. Het jy al hierdie groot offer in die geloof aanvaar? die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom die Here het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom (Jes. 53:5-6). Die vraag is of jou hart deur die bloed van die Lam gereinig is? As die plaasvervangende dood van die Lam van God nie vir jou toegereken is nie, is jou hart en lewe nog nie gereinig nie dan sal jy self die straf vir jou sonde moet dra. Die Here s: As Ek die bloed sien, sal Ek by [jou] verbygaan (Ex. 12:13). Hy s nie: As ek n goeie lewe, n doopsel of n graad in teologie sien, sal Ek by jou verbygaan nie. Net die bloed van Jesus Christus reinig ons van sonde en ongeregtigheid (1 Joh. 1:7). Die voorwaarde hiervoor is dat ons alle sonde moet bely en laat staan (1 Joh. 1:8-9; Spr. 28:13). Doen dit en jy sal lewe!

Die fees van die ongesuurde brode

Direk n die pasga het die fees van die ongesuurde brode n aanvang geneem: en op die vyftiende dag van hierdie maand is die fees van die ongesuurde brode van die Here; sewe dae lank moet julle ongesuurde brode eet. Op die eerste dag moet daar vir julle n heilige vierdag wees; gn beroepswerk mag julle doen nie (Lev. 23:6-7). Vir die ortodokse Jode is die betekenis van hierdie fees in selfondersoek en verootmoediging gele. Suurdeeg is n beeld van sonde, daarom simboliseer die eet van ongesuurde brood die nastreef van n heilige lewe. Tydens die volle duur van die fees moet suurdeeg, en selfs ook krummels van gesuurde brood, uit hulle huise verwyder en verbrand word (Ex. 12:15). Op dieselfde manier moes mense se lewens gereinig word deur afstand van hulle sonde te doen.

Die ongesuurde brood moes saam met die vleis van die offerlam n bitter kruie geet word (Ex. 12:8). Die volk het nie net verlossing deur die bloed van die lam gekry nie, maar moes hulle ook met die vleis van die offerlam voed en versterk om krag te verkry vir die moeilike reis wat voorgel het. Die bitter kruie dui op die lyding wat deur sonde veroorsaak is, asook die lyding van die lam self. Die volk moes onder die bloed van n onskuldige offerlam skuil sodat hulle marteling weens slawerny aan die sonde beindig kon word. Die haas waarin die eet van die offermaal moes geskied, was deel van die voorbereidings vir n bevrydingsreis wat daarna onderneem moes word. Die verloste volk van God vertrek op n reis na n nuwe lewe. Hulle is vreemdelinge en bywoners op aarde, wat onderweg na hulle ewige tuiste is.

Hierdie fees, wat wesenlik deel van die pasgavieringe is, is deur die sterwe en begrafnis van die Here Jesus vervul. Hy is die koringkorrel wat in die grond geval en gesterf het sodat dit veel vrug kon dra (Joh. 12:24). As die volmaakte en sondelose Lam van God is Hy self die ongesuurde brood van die lewe deur wie se krag ons geestelik kan opgroei; daarom kon Jesus s: Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is my vlees wat Ek vir die lewe van die wreld sal gee (Joh. 6:51). Hy verlos ons nie alleen van die slawerny van die sonde nie, maar stel ons ook in staat om die weg van die verlostes te kan bewandel en die goeie stryd van die geloof in n verdorwe wreld te stry.

Van ons word verwag om ons s met Christus as die ongesuurde brood van die lewe te vereenselwig dat ons alle suurdeeg van sonde sal afl. Paulus s: Weet julle nie dat n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak nie? Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle n nuwe deeg kan wees soos julle inderdaad ongesuurd is want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van ondeug en boosheid nie, maar met die ongesuurde brode van reinheid en waarheid (1 Kor. 5:6-8).

Soos die Jode van ouds hulle huise op hul knie in kerslig deursoek het om elke krummel brood wat met suurdeeg gebak is, te verwyder, moet ons ook op ons knie in die lig van God se Woord ons lewens deursoek en van alle ondeug en boosheid afstand doen. Gebruik die volgende Skrifgedeeltes as n riglyn vir hierdie selfondersoek en hertoewyding:

       Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! (Ps. 139:23-24).

       Nou moet julle ook dit alles afl, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgel het en julle met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper (Kol. 3:8-10).

       L dan af alle boosheid en alle bedrog en geveinsdheid en afguns en alle kwaadpratery; en verlang sterk soos pasgebore kindertjies na die onvervalste melk van die woord, dat julle daardeur kan opgroei (1 Pet. 2:1-2).

       As ons s dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig (1 Joh. 1:8-9).

       Terwyl ons dan hierdie beloftes het, geliefdes, laat ons ons van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig, en laat ons die heiligmaking in die vrees van God volbring (2 Kor. 7:1).

Ons moet alle sondes bely en n skoon breek met die verlede maak, sodat ons nie die pad van die Here met n erfenis van onbelyde sondes sal probeer bewandel nie. Dit sal ons vroer of later tot struikeling bring. As ons onsself deeglik van hierdie dinge gereinig het, kan ons die Here vir n nuwe vervulling met die Heilige Gees vertrou. Hy sl dit ook doen!

Die fees van die eerstelingsgerf

Hierdie fees bring ons by die begin van Israel se jaarlikse oesseisoen. Reg aan die begin daarvan moet die hele oes deur n spesiale fees geheilig word. Verder moet die volk self deur die beweegoffer van die eerstelingsgerf vir God welgevallig gemaak word:

Spreek met die kinders van Israel en s aan hulle: As julle in die land kom wat Ek julle gee en sy opbrings oes, moet julle die eerstelingsgerf van julle oes na die priester bring. En hy moet die gerf voor die aangesig van die Here beweeg, sodat julle welgevallig kan wees; die dag n die sabbat moet die priester dit beweeg (Lev. 23:10-11).

Met hierdie fees is dus iets veel meer op die spel as net die jaarlikse insameling en heiliging van die oes, omdat die beweegoffer ook daartoe moes bydra om die volk vir God welgevallig te maak. N Israel se winterrenseisoen is die koring en gars in die lente in die aar, en kan die eerste gerf van die komende oes as n beweegoffer in die tempel gebring word. Dit is die fees van die eerste vrugte, wat net n die pasga in die lentemaand gevier word reg aan die begin van die godsdienstige kalender.

Israel is in die lentemaand uit Egipte bevry nadat die offerlam geslag is, en het aan die begin van n nuwe lewe gestaan. n Ontmoeting met die Lam van God wat ons sondes wegneem, is ook vir ons die begin van n nuwe lewe. Ons word aan sy dood n opstanding gelykvormig gemaak.

In die jaar toe Jesus gekruisig is, is die beweegoffer van die eerstelingsgerf op die Sondagoggend gebring toe Hy uit die graf opgestaan het. Dit was die dag n die sabbat, m.a.w. die eerste dag van die week: nadat Hy opgestaan het, vroeg op die eerste dag van die week, het Hy eers verskyn aan Maria Magdalena (Mark. 16:9). Die koringkorrel wat in die grond geval en gesterf het, het op hierdie Sondagoggend sy eerste vrug opgelewer. Dit het die oesseisoen ingelui en die hele oes wat daarna ingesamel sou word, geheilig. Net Jesus alleen kon die eerstelingsgerf wees wat aan God geoffer is om die hele oes wat in sy Naam ingesamel word, te heilig en vir God welgevallig te maak. Hy is die eersteling van di wat uit die dood opstaan, en het dit sodoende vir baie mense in die hele wreld moontlik gemaak om uit die dood van die ou lewe op te staan en in Christus deel van die groot oes vir die koninkryk van die hemel te word:

As Christus nie opgewek is nie, dan is ons prediking vergeefs en vergeefs ook julle geloof Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde; as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms (1 Kor. 15:14,20,22-23).

n Verdere belangrike feit is die bepaling dat hierdie fees spesifiek op n Sondag gevier moes word die dag n die sabbat. Dit verteenwoordig profeties n oorgang van die ou verbond na die nuwe verbond. Sondag is die eerste dag van n nuwe week, of dispensasie, in God se raadsplan vir die mens. In hierdie bedeling word die opstanding van Jesus spontaan elke week op Sondae as die dag van die Here gevier. Die fees van die eerstelingsgerf in Levtikus 23 is die vroegste aanduiding in die Ou Testament van n toekomstige Sondagviering as n Christusfees. Op di dag verkondig ons die boodskap: Hy het opgestaan, Hy leef! Jesus self het op die Sondag van sy opstanding die eerste erediens van die nuwe bedeling gehou, asook n week later, weer op n Sondag, die tweede diens (Joh. 20:19-29). Daarna het die dissipels gereeld op Sondae bymekaargekom (vgl. Hand. 20:7 en 1 Kor. 16: 1-2), terwyl die uitstorting van die Heilige Gees as die geestelike toerusting vir wreldevangelisasie ook op n Sondag was. Dit is dus nie toevallig dat die vroe Christene Sondag as die dag van die Here begin vier het nie.

Die pinksterfees

Die fees van die eerstelingsgerf en die pinksterfees word saam as die fees van die eerste vrugte beskryf. Hulle staan ook as die fees van die weke bekend, omdat hulle presies sewe weke uitmekaar gevier word:

Dan moet julle tel van die dag n die sabbat, van die dag af as julle die beweegoffergerf bring sewe volle weke moet dit wees; tot die dag n die sewende sabbat moet julle vyftig dae tel; dan moet julle n nuwe spysoffer aan die Here bring. Julle moet uit jul woonplekke twee beweegbrode bring; dit moet van twee tiendes van n efa fynmeel wees; gesuurd moet dit gebak word as eerstelinge aan die Here (Lev. 23:15-17).

Dit is betekenisvol dat hierdie fees ook op n Sondag gevier word die dag n die sewende sabbat. Daar is vyftig dae in hierdie sewe weke. Volgens die Jode se rel van inklusiewe tydsberekening is daar in di tyd agt Sondae omdat beide die eerste en die laaste Sondag getel word. Die fees van die vyftigste dag word die pinksterfees genoem, afgelei van die Griekse woord pentecoste wat vyftigste beteken.

Op hierdie dag herdenk die Jode die formele begin van die bedeling van die wet. Hulle glo dat die bevryde Israeliete op die 50ste dag n die viering van die pasga en hulle uittog uit Egipte by die berg Sinai aangekom het waar Moses die tien gebooie ontvang het (Ex. 19:1-3). Dit was vir s n ortodokse pinksterfees dat Jode uit verskillende lande in Jerusalem bymekaar was op daardie besondere Sondagoggend toe die Heilige Gees uitgestort is, soos in Handelinge 2 beskryf.

Die Christelike pinksterfees is dus op die dag waarop die die Ou Testamentiese pinksterfees gevier is, vervul. Die 50 dae tussen die beweegoffer van die eerstelingsgerf en die pinksterfees het aan die begin van die Nuwe Testament tussen die opstanding van Jesus en die uitstorting van die Heilige Gees verloop. N die Sondag van Jesus se opstanding het 40 dae tot by sy hemelvaart verloop (Hand. 1:2-3), en n verdere tien dae tot by die uitstorting van die Heilige Gees. N die Donderdag van die hemelvaart het die dissipels hulleself tien dae lank in die bovertrek verootmoedig en gebid om die belofte van die Heilige Gees te ontvang. Op die dag n die sewende sabbat sedert paasnaweek is die Heilige Gees oor hulle uitgestort.

Die ortodokse Jode wat vir hulle pinksterfees van die wet byeen was, het glad nie gemerk dat die wet oorgegaan het in die genade en dat die bedeling van die kerk onder alle nasies op daardie dag begin het nie. Hulle was steeds geestelik verblind omdat hulle nie vir Jesus as die beloofde Messias en Lam van God wou aanvaar nie. Weens hulle ongeloof het Jesus se opstanding uit die dood ook nie tot hulle gespreek nie, omdat die verrese Heiland nie aan ongeredde mense verskyn het nie. Ortodokse Jode het aan die skaduagtige Ou Testamentiese feeste bly vashou en dit voortgesit tot vandag toe nog. Dit is net die Messiaanse Jode wat die vervulde Christusfeeste vier.

Watter verskil sou dit nie gemaak het as Israel se o vir hierdie groot waarhede oop was nie! Op Sinai, waar die volk op die 50ste dag n die pasga die wet gekry het, het 3 000 mense gesterf omdat die wet hulle afgodery rondom die goue kalf veroordeel het. In Jerusalem, waar die Heilige Gees op die 50ste dag n paasnaweek uitgestort is, is 3000 Jode op een dag gered! Die letter van die wet maak dood, maar die Gees maak lewend (2 Kor. 3:6). Hierdie volmaakte tydsberekening vir die uitstorting van die Heilige Gees dui onmiskenbaar daarop dat die bedeling van genade, wat ook die bedeling van die kerk of die bedeling van die Heilige Gees genoem word, die bedeling van die wet in God se raadsplan vir die mens vervang het.

Dit is verder opmerklik dat die pinksterfees nie in isolasie beskou word nie, maar deur middel van n aftelling van 50 dae aan die paasgebeure gekoppel word. Dit is dus nie n losstaande gebeurtenis nie, maar n uitvloeisel van die voorafgaande feeste. Om hierdie rede moet die vervulling met die Heilige Gees altyd in sy noue verband met die sterwe en opstanding van die Here Jesus gesien word. Daar is vandag baie mense wat nalaat om hierdie eenheidsverband te sien. Hulle l soveel klem op die Gees, en veral op die gawes van die Gees, dat Jesus en sy kruisdood in die agtergrond verdwyn.

n Gekruisigde lewe is n voorwaarde vir vervulling met die Heilige Gees. Ek kniel dus nie net voor die kruis om van my sondes gereinig te word deur die bloed van die Lam nie, maar om self ook vir die wreld en die sonde gekruisig te word. Ek moet my ou, vleeslike natuur afsterf en saam met Christus in n nuwe lewe opgewek word. Ek moet met die nuwe mens beklee word wat na God geskape is in ware geregtigheid en heiligheid. Net die Heilige Gees kan my met die opstandingslewe van Christus beklee. Dit is waarop die dissipels in daardie tien dae tussen die hemelvaart van Christus en die uitstorting van die Heilige Gees gewag het.

Ons moenie tekens en wonders verwag wanneer die Heilige Gees ons vervul nie, soos bv. die spreek in tale, want dit word nrens aan die dissipels belowe nie. Dit was slegs n oorgangsteken in daardie vroe jare om aan te toon dat Christus se evangelie vir alle volke en tale bedoel is. Die basiese belofte wat aan die dissipels gemaak is, was krag om in n vyandige wreld getuies vir Christus te kon wees. Hulle het krag uit die hoogte ontvang.

Een ander aspek van die Ou Testamentiese pinksterfees wat opvallend is, is die feit dat twee brode wat met suurdeeg gebak is, as beweegoffers aan die Here gebring moes word. Dit is eienaardig, want suurdeeg is altyd n simbool van sonde. Dit is dus duidelik dat hierdie brode nie op Christus dui nie, omdat Hy die ongesuurde, sondeloos volmaakte brood van die lewe is, soos voorgestel deur die ongesuurde brode wat tydens die paasfees geet word. Die twee gesuurde brode dui op gelowiges uit Israel n die heidendom, m.a.w. op die kerk van Christus wat op hierdie fees sy beslag gekry het. Hoewel hulle n opdrag het om heilig te leef, is hulle nie sondeloos volmaak nie. Ons moet onsself voor die Here verootmoedig en alle suurdeeg van sonde wat daar nog in ons lewe is, afl sodat ons volkome gereinig kan word. Ons word tot hor vlakke van heiligheid opgeroep, daarom moet ons n lewe lei waarin sonde en vleeslike neigings toenemend afgel word sodat ons in n voller mate met Christus beklee kan word.

Ons moet ook ons vrymoedigheid en ywer vir die saak van die Here behou, en hiervoor is dit nodig om meermale met die Gees van God vervul te word. Wanneer daar kritiek en dreigemente teen die dissipels was, het die Here hulle opnuut met sy Heilige Gees vervul sodat hulle innerlik versterk kon word. In Hand. 2 is die dissipels die eerste keer met die Heilige Gees vervul. In Hand. 4 lees ons dat die vervolging teen hulle s hewig was dat hulle die Here om genade gebid het sodat hulle met hul prediking kon volhard: En nou, Here, let op hulle dreigemente en gee aan u diensknegte om met alle vrymoedigheid u Woord te spreek (Hand. 4:29). Die Here het hierdie gebed beantwoord deur hulle opnuut met sy Gees te vervul: Hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die Woord van God met vrymoedigheid gespreek... En met groot krag het die apostels getuienis gegee van die opstanding van die Here Jesus, en groot genade was oor hulle almal (Hand. 4:31,33). In Handelinge 13:50-52 lees ons van n verdere vervulling met die Heilige Gees onder uiters moeilike omstandighede.

Ons kan die Here ook vir n nuwe aanraking met krag uit die hoogte vertrou. Is jy dalk in n ernstige krisis of stryd, of is daar dalk nog sonde en vleeslikheid wat beheer oor jou het? Verootmoedig jouself dan in hierdie tyd voor die Here, vertrou Hom vir volkome verlossing, en verklaar jouself opnuut bereid om leeggemaak te word sodat sy Gees jou lewe kan vervul. Kom ons vertrou die Here vir n vars salwing deur sy Gees.

Die insameling van die oes

N die fees van die eerste vrugte verloop daar n tydperk van vier maande waarin die oes in Israel ingesamel word. Daarna volg die laaste drie feeste wat as die oesfees bekend staan. Die lang periode tussen die twee groepe feeste dui profeties op die bedeling van die kerk, waartydens n oes vir die koninkryk van die hemel ingesamel word. Dit is n tyd van toegewyde arbeid in die oeslande van die wreld sodat die groot oes vir die Here se koninkryk ingesamel kan word. Jesus het sy dissipels s tot aksie aangespoor: S julle nie: Dit is nog vier maande dan kom die oes nie? Kyk, Ek s vir julle, slaan julle o op en aanskou die lande dat hulle al wit is vir die oes (Joh. 4:35). By n ander geleentheid het Hy ges: Die oes is wel groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here van die oes dat Hy arbeiders in sy oes uitstuur (Luk. 10:2). In een van sy gelykenisse word na die hele wreld as n saailand verwys en na die finale insameling van die oes as die voleinding van die wreld (Matt. 13:38-39).

Ons is nou nog in oestyd. Weldra sal die basuin van God blaas, wanneer die Here se oes in die hemel versamel sal word. Die pinksterboodskap is van deurslaggewende belang vir die uitvoering van die groot taak wat aan ons opgedra is, want geen gelowige kan by die insameling van die Here se oes betrokke wees as hy of sy nie deur die Heilige Gees hiervoor toegerus is nie. Die uitstorting van die Heilige Gees was die belofte waarvoor die vroe dissipels in Jerusalem moes wag. Hierdie krag is nie net aan sekere spesiale dissipels belowe nie, maar aan almal van hulle. Nie een van ons kan sonder dit n getuie vir Christus wees nie, want uit eie krag kan ons nooit teen die liste van die duiwel staande bly nie. Ons kan ook nie sonder die Here se hulp met oortuiging die evangelie verkondig nie, want ons prediking moet nie in oorredende woorde van menslike wysheid wees nie, maar in die betoning van gees en krag. Ons het die instaatstellende krag van God se Gees nodig.

Die dissipels het hulleself ondersoek, verootmoedig en op die vervulling van die belofte van die Heilige Gees gewag. Dit was vir hulle almal n tweede genadewerk, want hulle was reeds gered en het die vrede van sondevergifnis gehad, wat deur die inwonende Gees van God aan hulle gegee is. Hulle het ook reeds op die dag van Jesus se opstanding uit die dood die sendingopdrag gekry. Jesus s toe weer vir hulle: Vrede vir julle! Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook. En nadat Hy dit ges het, blaas Hy op hulle en s vir hulle: Ontvang die Heilige Gees (Joh. 20:21-22).

Op pinksterdag het hulle die krag ontvang om hierdie groot opdrag uit te voer. Almal van ons moet die vrede n die krag van die Heilige Gees in ons lewens ervaar. Ons ontvang die vrede van God n ons wedergeboorte. Dit verdryf die donker skuldgevoelens wat vroer deur ons sonde en verlorenheid veroorsaak is. Nadat ons met God versoen is, kry ons die blye wete dat ons aan Hom behoort en eendag hemel toe sal gaan. Die blydskap, vrede en krag van die Heilige Gees moet dwarsdeur ons lewe aanwesig wees, as n aanduiding dat ons steeds op die regte pad is en deur die Gees wandel.

Wanneer die vrede van die Here in jou hart versteur word of verdwyn, is jy besig om buite die Here se wil te beweeg. Dan sal die Heilige Gees jou nie vrede gee nie, maar oor jou sonde en vleeslikheid aankla. Stel dadelik die saak reg en kom weer in die regte verhouding met die Here. Moenie besluite neem voordat jy oor n saak gebid en vrede in jou hart daaroor gekry het nie.

Deur die krag van die Heilige Gees sal jy in staat gestel word om oorwinnend te leef, en dus nie n lewe van val-en-opstaan hoef te lei nie: Wandel deur die Gees, dan sal julle nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie (Gal. 5:16). Wag op die Here en vertrou Hom vir n nuwe toerusting met die krag van die Heilige Gees. Hy sal dit vir jou doen!

Gebed: Here Jesus, ons neem weer eens die belofte van die vervulling met die Heilige Gees vir onsself aan. Selfs al het ons in die verlede s n ondervinding gehad, het almal van ons nodig om opnuut toegerus te word met krag uit die hoogte. Dankie, o Gees van God, dat U ons oortuig van alle sondes en vleeslikheid wat tussen ons en U staan, en waardeur ons U in ons lewe bedroef. Ons kom in hierdie oomblikke om dit te bely en af te l sodat ons skoon kanale kan wees waardeur U kan werk. Ons besef dat heiligmaking n baie groot verskil in ons lewe kan maak. Ons wil nie kragtelose, biddelose en onvrugbare lewens lei wat onder die mag van die vlees vasgevang is nie, maar ons verlang na oorwinnende en godvrugtige lewens onder die leiding van God se Gees. Wys ons genadiglik wat die struikelblokke in ons eie lewe is, en maak ons bereid om dit ten volle aan die voet van die kruis af te l, sodat ons die tweede genadewerk van heiligmaking deelagtig kan word. Bereik u doel met ons lewens, en gee dat ons nie sal rus voordat u Heilige Gees ons innerlik vernuwe het nie. Ons vra dit om Jesus ontwil, amen.