3. Die Eise van Dissipelskap

Dissipelskap en heiligmaking is sinonimies. Hierdie twee begrippe behels reiniging en afsondering vir die diens van die Here. Dit berus op n ooreenkoms waarin beide die ontvanger en die Gewer aan bepaalde voorwaardes verbind word. Die ontvanger moet homself verlon en sy kruis opneem, terwyl die Gewer beloof om aan sy dissipel die instaatstellende krag van die Heilige Gees te verleen. Die doel met hierdie ooreenkoms is om die evangelieboodskap deur getuies van Jesus te laat uitdra sodat die koninkryk van God op aarde deur die redding van siele uitgebrei kan word.

En [Jesus] s vir almal: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verlon en sy kruis elke dag opneem en My volg. Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. Wat baat dit n mens tog as hy die hele wreld win, maar homself verloor of skade aandoen? Want elkeen wat hom skaam vir My en my woorde, vir hom sal die Seun van die mens Hom skaam wanneer Hy kom in sy heerlikheid en di van die Vader en van die heilige engele (Lukas 9:23-26).

In Lukas 14:27 s die Here Jesus: En elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie.

Daar moet dus n bepaalde kosteberekening vir dissipelskap gedoen word. Nadat n persoon vir Jesus Christus as Verlosser aangeneem het en wederbaar is, word hy onomwonde gekonfronteer met die eis van dissipelskap. Dit behels n verloning van die self wat die eie-ek, of die ou, sondige natuur van die mens is. Dissipelskap kan eers n werklikheid word nadat die kruis van selfverloning opgeneem is. In reaksie hierop sal die Here so n persoon vir sy taak toerus en vervul met die instaatstellende krag van die Heilige Gees.

Dit is belangrik dat elke gelowige die stap van dissipelskap of heiligmaking reg sal verstaan en dit ook daadwerklik sal beleef. Dit was die kern van Andrew Murray se prediking in Wellington toe daar meer as 100 jaar gelede herlewing onder gelowiges in sy gemeente uitgebreek het. Deur die werking van die Gees is lou, biddelose, kragtelose en onaktiewe Christene in brandende getuies vir die Here Jesus omskep. Spesiale bidure is gehou en dit het by die aanwesiges n groot ywer vir evangelisasie geskep. Hierdie herlewing wat begin het onder Christene wat hulle aan die eise van ware dissipelskap onderwerp het, het vinnig na ander gemeentes versprei.

Dit is opsigtelik dat die meeste Christene in hierdie moderne eeu nie die volle implikasies van dissipelskap en heiligmaking besef nie. Baie van di wat dit wel begryp en hulle ook daarvoor beywer, slaag nie werklik in hulle doel nie. Dit is dus nodig om weer die Bybelse grondbeginsels daarvan te verduidelik.

n Kontrak

Dissipelskap behels n kontrak tussen twee partye daar is sekere dinge wat die ontvanger moet doen, en ook sekere dinge waartoe die Gewer Hom verbind. Die ontvanger is die voornemende dissipel: dit is die persoon wat die Here deur die krag van die Heilige Gees wil dien. Die Gewer is die Here Jesus wat gevolg en gedien moet word.

Verpligting van die ontvanger

Die opdrag aan die volgeling van Jesus is duidelik: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verlon en sy kruis elke dag opneem en My volg. Eerstens moet die wil by jou aanwesig wees om die Here Jesus te dien en te volg. Jy moet n wilsbesluit neem waarin jy jouself tot sy beskikking stel. S vir Hom: Hier is ek, Here, stuur my en gebruik my in u koninkryk. Ek is bereid om die evangelie van verlossing te deel met hulle wat dit nog nie gehoor of aangeneem het nie.

Die voorwaarde wat aan die gewillige persoon gestel word, is dat hy homself moet verlon, sy kruis elke dag moet opneem en die Here moet volg. Dit is n ondubbelsinnige en baie belangrike opdrag hierdie: Verlon jouself; kruisig die eie-ek in jou lewe, daardie bedorwe, sondige natuur waarna die Bybel ook as die vlees verwys.

Hoe doen n mens dit? Jy maak n eerlike oorgawe waarin jy alle sonde en wreldgesindheid aan die Here bely en die volle beheer van jou lewe aan die Heilige Gees toevertrou. Erken die nutteloosheid van die vlees in die diens van die Here, hou op om daarop te vertrou, en doen daarvan afstand deur dit aan die Here te oorhandig. Jy moet bereid wees om saam met Christus te sterwe. Paulus s: Ek is met Christus gekruisig en k leef nie meer nie, maar Christus leef in my (Gal. 2:20).

Jy sal voortaan nie meer op jouself en jou eie vermons en prestasies roem nie, maar net in die Here Jesus alleen. Deur sy kruis is jy vir die wreld en die ou lewe dood. Paulus s: Wat my betref mag ek nooit roem nie, behalwe in die kruis van onse Here Jesus Christus, deur wie die wreld vir my gekruisig is en ek vir die wreld (Gal. 6:14). Deur hierdie stap draai jy jou rug op die ou lewe. Deur n geestelike n verstandelike ingesteldheid moet jy reken [die vaste oortuiging h] dat jy vir die sonde en die wreld dood is (Rom. 6:11-13).

Belofte van die Gewer

Tydens n persoon se bekering ontvang hy toegerekende geregtigheid omdat hy sonder werke deur die geloof gered word dit is n geskenk van God wat sonder enige verdienste aan sy kant aan hom toegereken word. Tydens sy oorgawe tot dissipelskap en heiligmaking word hy n medewerker van God. Die Here help hom om die struikelblok van die vlees te oorwin en verleen aan hom meewerkende geregtigheid wat die instaatstellende krag van die Heilige Gees is om suksesvol in n vyandige wreld vir God te kan leef en werk. Gelowiges se aktiewe samewerking is op hierdie vlak nodig.

Die Here Jesus se opdrag aan sy dissipels was duidelik, naamlik dat hulle nie uit eie krag vir Hom moes probeer werk nie, maar dat hulle in Jerusalem moes bly totdat hulle met krag uit die hoogte toegerus is dan eers sou hulle sy getuies in Juda, Samara en die hele wreld kon wees. Dit was ook so. N Pinksterdag het hulle met groot vrymoedigheid en krag van Jesus Christus se reddende genade getuig: Hulle is almal vervul met die Heilige Gees en het die woord van God met vrymoedigheid gespreek (Hand. 4:31).

n Persoon moet eers sy bereidwilligheid vir hierdie tweede genadewerk te kenne gee en ook bereid wees om homself voor die Here te verootmoedig en alles op die altaar te l. Die Here eer n volle oorgawe tot dissipelskap en heiligmaking. Hierdeur kry die Heilige Gees wat reeds in die kind van God woon, volle beheer oor sy lewe en kan Hy hom vorm en gebruik. Di persoon word dan nie meer deur die vlees gelei nie, maar deur die Gees. Vinnige vordering na geestelike volwassenheid word gemaak terwyl hy in die genade en kennis van Christus toeneem. Hy word minder, terwyl die Here Jesus in sy lewe meer word. Die volle doel van sy bekering sal nou in n lewe van oorwinning en diensbaarheid verwesenlik word.

Gebrek aan selfverloning

Wat gebeur as n persoon nie homself verlon en sy kruis opneem waaraan hy vir die wreld en die wreld vir hom gekruisig word nie? Hy is dan onbruikbaar in die diens van die Here. Jesus stel dit onomwonde: Elkeen wat sy kruis nie dra en agter My aan kom nie, kan my dissipel nie wees nie (Luk. 14:27).

Iemand wat nog nie hierdie oorgawe gemaak het nie, is vervuld van homself, van s planne en s idees. Hy verkondig net sy eie oortuigings en bevorder die saak van s kerk of organisasie, waarin die koninkryk van Christus nie noodwendig die eerste prioriteit is nie. Hy wil erkenning h vir alles wat hy bereik, en blaas n trompet voor hom uit om sy goeie dade bekend te maak.

Voordat die dissipels met die Heilige Gees vervul is, was hulle ook vervuld van hulleself en het gewonder wie van hulle die grootste in die koninkryk van God was (Matt. 20:20-28). Die vlees wil altyd voor in die ry staan en deur almal raakgesien word. As sy eer gekrenk word, is hy bitter ongelukkig daaroor. In sy hart verag en verwerp hy almal wat hom nie wil eer en ophemel nie, omdat hy voel dat hy nie kry wat hom toekom nie.

Waarom is s n persoon met n ongekruisigde vleeslike natuur onbruikbaar in die diens van die Here? Want die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nie (Gal. 5:17). Christene wat nog onder die heerskappy van die vlees is (vgl. 1 Kor. 3:1-3), is selfgesentreerd, vol twis, jaloersheid en tweedrag, en weens hulle geestelike onvolwassenheid nie bruikbaar as dissipels nie. Wanneer hulle wel die Woord verkondig, is dit nie in die betoning van Gees en krag nie, maar in oorredende woorde van menslike wysheid (1 Kor. 2:4). Dit is nutteloos, want dit oortuig mense nie van hulle sonde nie.

Dit is in ons tyd n algemene verskynsel dat mense met vleeslike motiewe die Christendom misbruik om hulle eie doel in die lewe te bereik. Hulle wil hulleself verryk en aansien in die samelewing verkry, en doen hulle dan as groot geestelike leiers voor wat die reg het om onaanvegbare uitsprake te maak. Die duiwel help sulke mense in hulle vleeslike veldtog omdat hulle in die proses duisende ander mense mislei, op n syspoor laat beland, en hulle selfs deur n vals evangelie na die verderf toe sleep (vgl. Gal. 1:6-8; 2 Kor. 11:4).

In die tyd van Jesus se aardse bediening het mense om ander redes van ware dissipelskap af weggeskram. Dit was in daardie tyd nie populr om jouself n Christen en volgeling van Jesus te noem nie. Messiaanse Jode is vervolg en selfs deur hulle ouers onterf. Hulle aansien en finansile sekuriteit was op die spel, dus was die kosteberekening vir dissipelskap hoog. Die Here Jesus het vir hulle ges: Elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, hy sal dit red. Wat baat dit n mens tog as hy die hele wreld win, maar homself verloor of skade aandoen? (Luk. 9:24-25). Hy het ook vir hulle ges dat, as hulle hul gesinslede liewer gehad het as vir Hom, hulle Hom nie waardig was nie. Die vlees soek na sosiale erkenning en wreldse rykdom dit is nie op die ewige dinge van God ingestel nie en wil nie opofferings daarvoor maak nie.

Baie van die eerste eeuse bekeerlinge was skaam om dissipels van Jesus genoem te word, omdat die mense hulle gespot het. Om weens skaamte van Jesus af weg te skram, is ook n vleeslike reaksie omdat die natuurlike mens nie spot en veragting kan verduur nie. Die Here Jesus het ges dat as mense hulle vir Hom skaam, Hy Hom ook vir hulle sal skaam wanneer sy koninkryk tydens sy wederkoms geopenbaar sal word (Luk. 9:26).

Wat ook al die omstandighede waaronder ons verkeer, daar is altyd n kosteberekening aan dissipelskap verbonde. Ek moet bereid wees om aansien en regte prys te gee en aan myself te sterf. As ek dit nie wil doen nie, dan diskwalifiseer ek myself om n ware dissipel van Jesus Christus te wees (Luk. 14:27).

Mislukte dissipels

Die rede waarom sommige mense se heiligmaking en oorgawe tot dissipelskap nie uitwerk nie, is omdat hulle nie begryp wat hulle volle verantwoordelikheid in hierdie verband is nie. Hulle besef nie dat hulle medewerkers van God in Christus Jesus is nie (1 Kor. 3:9), en dat hulle moet oppas hoe hulle op die fondament van bekering bou. Alle Christene word gewaarsku om nie met verganklike dinge, hout, hooi en stoppels, op die fondament Jesus Christus te bou nie (1 Kor. 3:10-15). Wanneer die najaag van dinge wat geen ewigheidswaarde het nie, die hoofdoel van hulle lewe geword het, is hulle mislukte dissipels wat eendag met le hande voor die Here sal verskyn gered asof deur vuur heen. Hulle prioriteite is heeltemal verkeerd.

Vir sulke vleeslike Christene vra Paulus: Weet julle nie dat julle n tempel van God is en die Gees van God in julle woon nie? As iemand die tempel van God skend, sal God hom skend; want die tempel van God is heilig, en dit is julle (1 Kor. 3:16-17).

Dit is n baie ernstige aanklag teen Christene wat nie deur die Gees wandel nie. Hulle begryp nie ten volle dat die Heilige Gees van God in hulle woon nie, daarom bedroef hulle Hom deur openlik en volhardend met sonde en n wreldse leefwyse voort te gaan. Hulle is op n gevaarlike afdraandepad in hulle geestelike lewe!

Geloof en werke

n Dissipel van Jesus Christus moet die beginsel van meewerkende geregtigheid goed verstaan. Hy is n medewerker van God, daarom is daar bepaalde verpligtinge wat op hom rus. Hy kan nie passief in n leunstoel terugsit en wag dat dinge vanself sal gebeur nie. Hy moet opstaan, in beweging kom en doen wat sy hand vind om te doen.

Wanneer die Bybelse beloftes met betrekking tot heiligmaking in onskou geneem word, is dit duidelik dat sommige van hulle God se rol beklemtoon, terwyl andere die mens se rol beklemtoon vanhier die begrip van medewerking. Paulus s vir die Thessalonicense: En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak ... Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen (1 Thess. 5:23-24). Vir die Korinthirs s hy egter: ... laat ons onsself van alle besoedeling van die vlees en die gees reinig en die heiligmaking in die vrees van God volbring (2 Kor. 7:1; vgl. 1 Joh. 3:3). Geloof en werke gaan dus hand aan hand en funksioneer in noue interaksie met mekaar.

Werke, as n manifestasie van die vrug van die Heilige Gees, moet in almal van ons se lewens sigbaar word, want n lewende geloof is dinamies en moet noodwendig tot diensbaarheid lei. Jakobus s: Wat baat dit, my broeders, as iemand s dat hy die geloof het, maar hy het nie die werke nie? Di geloof kan hom tog nie red nie? (Jak. 2:14). As n persoon nie vrug dra wat by die bekering pas nie, het hy n dooie geloof. Jakobus s nie dat n persoon deur werke gered word nie, maar dat werke n noodwendige gevolg is van n lewende en saligmakende geloof in die Here Jesus.

Hoe anders kan ek die boom ken as om na sy vrugte te kyk? Ek kan nie in n persoon se hart sien nie, maar sy werke sal vir my aandui of hy n gelowige is of nie. Dit is die rede waarom Jakobus s: Toon my jou geloof uit jou werke, en ek sal jou uit my werke my geloof toon (Jak. 2:18). Daar is n direkte verband tussen die twee. Die Here Jesus het ges: Elke loot wat in My nie vrug dra nie, neem Hy [die Landbouer] weg; en elke loot wat vrug dra, di maak Hy skoon, sodat dit meer vrug kan dra (Joh. 15:2). Die loot wat geen vrug dra nie, het geen bestaansreg nie, net soos wat geloof sonder werke ook nie op die ware lewe aanspraak kan maak nie.

Heiligmaking verwys nie net na morele onberispelikheid nie, maar ook na afgesonderdheid vir die diens van die Here.

Voortgesette selfverloning

Dit is opvallend dat die Here Jesus in Lukas 9:23 s dat ons elke dag die kruis van selfverloning moet opneem. Neem jou kruis elke dag op en volg My. Waarom is dit nodig? Dit is n aspek van die gekruisigde lewe wat nie almal van ons wil of kan insien nie. Ons kan die oorwinning wat ons oor die vlees gehad het, weer verloor. Dit is nie net teoreties nie, maar ook in die praktyk moontlik om op te hou om jouself te verlon en te kruisig. Dan begin die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede, sy eiewaan en sug na grootheid, eer en rykdom weer na vore kom. Dit gaan ook daarmee gepaard om jouself n andere wat in hierdie toestand verkeer, met skewe en krom teologiese beskouings te regverdig, soos byvoorbeeld om die werklikheid van die leer van heiligmaking te ontken. Die feit is dat jy dan nie meer deur die Gees van God beheer en gelei word nie, maar deur die vlees (die eie-ek).

Vir die Galsirs wat op n soortgelyke wyse in die genade veragter het, s Paulus: Is julle so onverstandig? Nadat julle met die Gees begin het, eindig julle nou met die vlees? Het julle verniet so baie gely? (Gal. 3:3). Hulle het n goeie begin gemaak en die smal pad van selfverloning geloop, maar toe sluip daar leerstellige dwalings in en hulle begin om weer in die vlees te roem. As gevolg hiervan het hulle geestelik drasties agteruitgegaan en uiteindelik weer beland in die Korinthirs se kleuterskool van vleeslike Christene, vol eiewaan, jaloesie en tweedrag n gevaarlike situasie om in te verkeer.

Paulus herinner hulle in sy brief daaraan dat n weergebore Christen in beginsel reeds die vlees gekruisig het en in die praktyk doelgerig s moet leef: Maar die wat aan Christus behoort, het die vlees met sy hartstogte en begeerlikhede gekruisig. As ons deur die Gees lewe, laat ons ook deur die Gees wandel. Laat ons nie word soekers van ydele eer wat mekaar uittart en mekaar beny nie (Gal. 5:24-26).

Die opdrag is uitdruklik: Verlon en kruisig jouself en wandel deur die Gees volgens die voorbeeld wat Christus aan jou gestel het, dan sal jy nooit die begeerlikheid van die vlees volbring nie. Sulke Christene sal nie soekers van ydele, wreldse eer word wat in die proses mekaar uittart, beny en ondergrawe nie.

Dit is n goeie beskrywing van vleeslike Christene hierdie. Wreldse eer en rykdom word weer die belangrikste oorweging in hulle lewe. Dit plaas hulle in kompetisie met ander wat hor posisies beklee, meer eer verkry en ook hor salarisse verdien. Hulle beny daardie mense, en daarom tree hulle ook uittartend teenoor hulle op. Sulke mense is vervuld van hulleself, en gee noodwendig vir ander aanstoot deur hulle optrede. Dit is vir hulle onmoontlik en onaanvaarbaar om die minste te wees, die gestalte van n dienskneg aan te neem, en ter wille van die Here se saak onreg te verduur.

Hiermee bedoel ek nie dat dissipels van die Here altyd moet stilbly en nooit sterk standpunte teenoor mense en aktuele sake moet inneem nie. Inteendeel hulle word geroep om kragtig te stry vir die eer van die Here en vir die waarheid van sy Woord. In s n stryd gaan dit egter nie om eiebelang nie, maar oor die saak en belange van die Here. Om bereid te wees om hiervoor onreg te verduur, is n praktiese bewys van oorwinning oor die vlees.

Timthes kry die volgende voorskrif: n Dienskneg van die Here moet nie twis nie, maar vriendelik wees teenoor almal, bekwaam om te onderrig en een wat kwaad kan verdra [onreg kan verduur] (2 Tim. 2:24). Te midde van sy verdraagsaamheid moet hy nogtans uitgesproke teen die dwalings van sy kritici wees: Weerl, bestraf, vermaan in alle lankmoedigheid en lering (2 Tim. 4:2)

Die verantwoordelikheid van dissipels

n Ware dissipel moet begryp dat hy die Here nie in die krag van die vlees kan dien nie, maar slegs deur die instaatstellende krag en salwing van die Heilige Gees. Daar is dus n direkte samewerking van twee kante af. Die Here gee die krag, maar jy moet waardig voor Hom wandel en daagliks planne maak om die krag wat Hy aan jou verleen, te gebruik. Dit sal nie sonder jou medewerking in werke omgesit word nie. Ons liggame moet aktief en doelbewus as werktuie van geregtigheid in die diens van die Here gestel word (Rom. 6:13). Neem die volgende opdragte, wat aan alle dissipels van alle tye gegee is om uit te voer, ter harte:

       Nou dat julle vrygemaak is van die sonde en diensbaar geword het aan God, het julle jul vrug tot heiligmaking en uiteindelik die ewige lewe (Rom. 6:22).

       Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook (Joh. 20:21).

       Dra dan vrugte wat by die bekering pas (Matt. 3:8).

       [Stel] jul liggame as n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens. En word nie aan hierdie wreld gelykvormig nie (Rom. 12:1-2).

       Verkondig die Woord; hou aan tydig en ontydig (2 Tim. 4:2).

In die uitvoering van hierdie en talle ander opdragte moet ons altyd onthou dat dit die krag van die Here is wat deur ons swak liggame werk. Die eer en die roem vir die oorwinning kom Hom alleen toe. Vir alles wat Paulus in n lewe van diensbaarheid bereik het, het hy die eer aan die Here gegee wat hom daartoe in staat gestel het; daarom kon hy s: Ek het oorvloediger gearbei as hulle almal; nogtans nie ek nie, maar die genade van God wat met my is (1 Kor. 15:10). Hy het besef dat hy sonder die Here niks kon doen nie dit is alles net genade. Nogtans moes hy as n medewerker van God homself aktief in die diens van die Here beywer. Hy het ges: Ek kasty my liggaam en ek maak dit diensbaar, dat ek nie miskien, terwyl ek vir ander gepreek het, self verwerplik sou wees nie (1 Kor. 9:27). Die Here het ons nie net gered om eendag hemel toe te gaan nie, maar om sy dissipels in n verloregaande wreld te wees en ander na Hom toe te lei.

Mag die Here aan elkeen van ons die genade verleen om te besef wat die ho roeping van God in Christus Jesus is. Hy wil ons nie alleen uit die duisternis tot sy wonderbare lig trek nie, maar ook van ons Geesvervulde dissipels van Hom maak bruikbare werktuie in sy reddende regterhand. Is u bereid om hiervoor bekwaam gemaak te word? Verootmoedig u dan voor die Here en wag op Hom totdat Hy u toegerus het met krag uit die hoogte. Volgelinge van die Here wat hierdie krag ontvang het, sal oral waar hulle gaan sy getuies wees, tot aan die uiterste van die aarde.

Dit is oor en oor die moeite werd om n dissipel van Jesus te wees en dinge na te streef wat ewigheidswaarde het. Dan sal jy nie geweeg en te lig bevind word nie. Jou werke sal nie voor die regterstoel van Christus in rook opgaan wanneer dit getoets word nie, maar jy sal tot eer van sy Naam genadeloon ontvang. Wanneer Hy spoedig terugkom, sal Hy ook aan jou s: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal Ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou Heer (Matt. 25:21).

Moderne dissipels

Die beginsels van selfverloning en vervulling met die Heilige Gees wat vir die vroe Christelike kerk gegeld het, is vandag nog net so van toepassing en behoort net so uitgeleef te word. Uit n biografie van John Wesley deur Robert Tuttle (1978) blyk die volgende uitstaande kenmerke wat in die lewe van hierdie Godsman waargeneem kan word:

Die herlewingsprediker, John Wesley, is in 1703 in Epworth, Engeland, gebore en het in 1791 in Leatherhead gesterf. Vir 60 jaar lank het hy elke oggend 4-uur opgestaan, en vir meer as 50 jaar het hy elke oggend 5-uur sy eerste preek vir die dag gelewer. Op Vrydae het hy gevas en gebid. John Wesley het nie so-iets soos vakansies geken nie. Terwyl hy vir twee weke in Bristol gerus het, het hy elke dag gepreek.

In die tyd toe Wesley opgetree het, was baie mense in Engeland brandarm en het in vuil toestande in een- en tweevertrekhuisies geleef. Soms het die diere ook in die huis geslaap. Die mis het dik gel op die smal strate, wat soms net 6 voet breed was net genoeg vir n slee om in te beweeg. Mense was s arm dat die kinders soms kos gesteel het. n Seun van ses jaar is opgehang omdat hy n brood gesteel het. Wesley het die vuil, arm en uitgeworpe mense besoek en vir hulle gepreek. Hulle is nie oorgeslaan nie. Vir die rykes het hy ges hoe moeilik dit vir hulle is om gered te word.

Wesley was n baie praktiese teoloog wat altyd sterk klem gel het op die mens se verantwoordelikheid in sy toewyding aan die Here. Dit was glad nie n vorm van werkeheiligheid nie, maar heiligmaking in die praktyk. Volgens 2 Korinthirs 7:1 moet elke Christen die heiligmaking in die vrees van God volbring. Dit plaas n groot verantwoordelikheid op almal van ons, daarom moet ons gedissiplineerde, ordelike lewens lei. n Mens moenie jou tyd, geld en energie op sinnelose dinge vermors nie. Wesley het ges elkeen van ons moet by n punt in ons lewe kom wanneer ons n vaste besluit neem om niks meer tyd of geld te mors nie. As n riglyn vir so n lewe het hy die volgende rels oor die gebruik van tyd aan die hand gedoen:

1.    Begin elke dag met God.

2.    Wees ywerig in jou roeping.

3.    Gebruik alle vry tyd vir godsdiens.

4.    Maak alle vakansiedae heilige dae.

5.    Vermy dronkaards en bemoeisieke mense.

6.    Vermy nuuskierigheid en alle sinnelose toepassings van kennis.

7.    Ondersoek jouself elke nag.

8.    Laat nooit n dag verbygaan sonder dat jy ten minste n uur aan stiltetyd gewy het nie.

9.    Vermy alle vorms van passie (dit is moeilik beheerbare of onbeheerbare emosies, bv. woede-uitbarstings, oordrewe seksuele gevoelens, n oormatige liefde vir vermaak, sport, ens).

Hierbenewens het hy ook n aantal algemene rels vir die Christen se ingesteldheid tot die lewe geformuleer:

1.    Verantwoord al jou dade in terme van jou einddoel.

2.    Begin alle ondernemings in die Naam van die Vader, die Seun en die Heilige Gees.

3.    Begin alle belangrike take met gebed.

4.    Moenie jou pligte versuim omdat dit probleme of versoekings vir jou meebring nie. Een daad van selfverloning wat jy vir die Here doen, beteken meer as baie roetinetake.

Werke is altyd in hulle korrekte plek geplaas as die vrug van geloof. Omdat geloof sonder werke dood is, moet almal van ons toesien dat ons vrug dra wat by die bekering pas. Menslike werke sonder geloof is humanisties gemotiveerd en het geen geestelike waarde nie. Ons moet in die geloof tot God nader om gered te word, en ons daarn diensbaar maak tot geregtigheid. Dit is dus net di werke wat uit n ware geloof voortspruit wat ewigheidswaarde het: Liefdesdiens, hoe eerbaar ook al, is die gevolg en nie die oorsaak nie van geloof tot saligheid. Ware heiligmaking kan dus net n bekering volg as die vrug van geloof. Ons word nie deur werke gered nie, maar vir werke.

In die lig hiervan moet elke mens seker maak dat hy waarlik gered is voordat hy of sy die Here probeer dien. Wesley het ges: Die innerlike getuienis van die Heilige Gees is die sterkste bewys van Christenskap (Rom. 8:16). Moenie jouself salig verklaar op grond van kerklike rituele soos die doop, of op grond van n goeie lewe nie. Hieroor s Wesley: Baie mense verruil die rykdom van toegerekende geregtigheid vir die armoede van selfgeregtigheid. Sulke mense soek toegang tot God deur werke, nie deur geloof nie.

Het John Wesley self aan die ho Bybelse standaarde voldoen wat hy aan ander gestel het? Beslis! Hy was een van die toegewydste en hardwerkendste predikers van wie ons weet. Aan die begin van die herlewing het Wesley gereeld elke week 14 byeenkomste binnemuurs en 8 tot 10 buite in die strate, op markpleine of onder bome gehou. In die 50 jaar van sy optrede as herlewingsprediker het hy 40 000 preke gelewer dit is n gemiddeld van 800 preke per jaar.

Teruggevalle Christene was n baie algemene verskynsel, veral onder die rykes. Wesley het hulle tot hertoewyding opgeroep.

Die huidige situasie

Die situasie vandag verskil in verskeie opsigte van di van die vroe dissipels in die eerste eeu, en ook van omstandighede wat in herlewingstye in die 18de en 19de eeue geheers het. Weens die gerief van die massamedia en die internet kan baie meer mense baie makliker met die evangelie bereik word. Daar is tans ook verskillende kerke, organisasies en individue wat finansile en ander vorms van ondersteuning aan verkondigers van die evangelie verleen. Dit bring mee dat daar in die algemeen minder eise aan dissipels gestel word, en vir baie evangeliste en predikers het dit selfs n aantreklike loopbaan met talle byvoordele geword.

Ongelukkig hou baie van die hedendaagse voordele ook etlike gevare in. Eerstens is daar n kenmerkende neiging om groter vertroue in mense te stel as in God. Dikwels word daar op borge staatgemaak om vir die oplossing van probleme in te staan wanneer dinge verkeerd loop. Die verlaagde eise van dissipelskap het ook tot gevolg dat die betrokkenes se selfverloning en toewyding in baie gevalle nie aan die Bybelse standaard voldoen nie. Die gevolg is dat vleeslikheid en broedertwiste n algemene verskynsel word, en dat baie sendelinge nie regtig opgewasse is vir die moeilike taak wat op hulle wag nie.

n Predikant wat jare lank in Belgi evangelisasiewerk gedoen het, het op 4 Junie 2012 op n vergadering in Mosselbaai ges dat Belgi as die begraafplaas van sendelinge bekend staan. Die redes hiervoor is die weerstand wat mense teen die boodskap van die Bybel bied, en ook die lae persentasie van die evangeliese Christendom in daardie land. Dit lei daartoe dat al hoe meer sendelinge hulle roeping laat vaar. In baie ander lande is die situasie soortgelyk.

In sekere opsigte word daar selfs hor eise aan moderne dissipels gestel as aan di van die verlede. Een daarvan is dat hulle gewoonlik in samelewings moet werk waar daar n groot aantal Christelike leerstellings en dwalings gehuldig word. Predikers en evangeliste moet dus nie net baie goed in die Bybel onderl wees nie, maar ook ingelig wees oor dogmatiese verskille tussen kerke, asook oor die sektewese en die nie-Christelike gelowe, omdat gesprekke dikwels in hierdie rigting gestuur word. Verder moet hulle in staat wees om die vrae van agnostici en aanhangers van die New Age-beweging te kan beantwoord.

Ten spyte van al hierdie probleme bly die geestelike toerusting wat die Bybel aan getuies van Christus bied, steeds voldoende om elke probleem die hoof te kan bied. Die kern hiervan is n duidelike getuienis van weergeboorte, n onwrikbare liefde vir die Here Jesus, die aanvaarding van die Groot Opdrag, selfverloning, vervulling met die Heilige Gees, en n deeglike kennis van die Bybel en ook n goeie begrip van moderne denkrigtings en diverse geloofsopvattings.