10. Vervul met God se Liefde

Die belangrikste vrug van die Heilige Gees is liefde liefde vir God, liefde vir die broeders en liefde vir n verloregaande wreld. Wanneer ons met die Heilige Gees vervul word, word ons ook met hierdie agape liefde van God vervul. Paulus s: Die liefde van God is in ons harte uitgestort deur die Heilige Gees wat aan ons gegee is (Rom. 5:5). Johannes s ons moet volmaak word in die liefde (1 Joh. 2:5; 4:12), want liefde is by uitstek die kenmerk van n heilige lewe.

Ons moet harte h wat vol van die liefde van die Here Jesus is. Het ons sulke harte? Dit is glad nie maklik om hierdie vraag eerlik te beantwoord nie, want dikwels is daar in ons harte n mengsel van teenstrydige gedagtes en emosies. In baie mense se harte is daar n stryd tussen die vlees en die Gees (Gal. 5:17). Die vlees is op liefde vir jouself en vir die wreld ingestel, terwyl die Gees die liefde van God verteenwoordig.

Ons moet in God se liefde gewortel en gegrond wees, en toesien dat ons nie deur wreldgesindheid in ons liefde verkoel nie. Mense wat in hulle liefde verkoel het en daarby berus, loop gevaar om later hulle eerste liefde te verlaat (Op. 2:4). As dit die geval is, moet ons dringend die saak regstel en die Here vertrou om ons harte opnuut met sy liefde te vul.

Omdat die liefde van God as n Christelike lewensbeginsel so belangrik is, moet ons bewus wees van die volgende vyf wesenlike kenmerke daarvan:

1. Dit is n ewige en onveranderlike liefde

God se liefde bestaan van ewigheid tot ewigheid. Dit is nie tydelik en verbygaande van aard nie. Ons leef in n sondige, gevalle wreld waarin alle dinge aan die verganklikheid onderworpe is. Niks hier het ewigheidswaarde nie, daarom kan hierdie wreld geen blywende geluk aan jou bied nie. Die meeste mense is weens hulle vleeslikheid en sondige natuur onbetroubaar en veranderlik. Goedgesindheid gaan dikwels oor in antagonisme, aanvaarding in verwerping, toegeneentheid in afsydigheid, en liefde in liefdeloosheid, veragting of selfs haat. God se liefde is egter ewig en onveranderlik. Dit gee aan jou iets om voor te lewe waarop jy altyd kan peil trek en wat niemand van jou kan wegneem nie selfs nie die dood nie. Niks kan ons skei van die liefde van God wat daar in Christus Jesus is nie (Rom. 8:35-39). Dit maak die lewe oor en oor die moeite werd omdat dit n saak is wat jou oor die grense van tyd en ruimte aan die ewige lewe van God self verbind.

Die mees verhewe en sinvolle gedagtes wat die mens kn bedink is oor die liefde van God. n Verslaggewer het by geleentheid aan n professor in Afrikaanse letterkunde gevra wat die mooiste en mees betekenisvolle woorde is wat sy ooit gelees het. Hierdie gelowige en goed belese dame het sonder huiwering net die eerste paar woorde van 1 Korinthirs 13:8 aangehaal: Die liefde vergaan nooit nie. Wat n aangrypende gedagte is dit nie God se liefde is onverganklik! Dit is n onvervreembare geskenk. Dit bied aan jou oneindig meer as wat dit van jou vra. Al wat dit van jou vra, is die bereidwilligheid om deur hierdie liefde herskep te word. Jy moet uit jou lewe van sondigheid, kortsigtigheid en materialisme opstaan, jou tot die lewende God bekeer deur in Hom te glo, en n lewe te lei waarin jy Hom deur die Here Jesus sal liefh en jou hoop vir tyd en ewigheid in Hom alleen sal stel.

2. Dit is n liefde wat gee

God se liefde het n uitwaartse gerigtheid deurdat dit na n wreld in sy nood uitreik. Dit is waarom Hy die kosbaarste van alle geskenke vir die wreld kon gee, naamlik sy eniggebore Seun wat Homself vir ons sondes geoffer het. Groter liefde het niemand as dit nie, dat iemand sy lewe vir sy vriende gee (Joh. 15:13). Hy is die goeie Herder wat sy lewe vir die skape afgel het, en al wat van ons verwag word, is om dit in die geloof aan te neem.

Hierdie eienskap van God se liefde is presies die teenoorgestelde as di van die sondige mens wie se sinne deur Satan verblind is. Die gevalle mens het n verwronge, hebsugtige en selfgerigte liefde. Hy is opgeblase, vervuld van homself, en praat graag groot. Hy het homself ten koste van ander lief. Dit wat hy sien, begeer hy en wil dit vir homself inpalm. Hy wil nie homself verlon en gee nie, want hy het geen ware meegevoel nie en gee nie regtig om as die onheile ander tref nie. Hy het net diegene lief uit wie hy iets kan kry, en vir wie hy kan gebruik en ook kan misbruik. Hy word verbitterd as hy nie sy sin kry nie, en is sterk ingestel op vergelding teen opponente en kritici.

Hoe anders is die rein, suiwer, herskeppende en onselfsugtige liefde van God nie! Dit is s groot en opreg dat dit alle sondaars insluit. God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was (Rom. 5:8). Hy het alle mense liefgehad en na hulle neergebuig om hulle uit die kuil van vernietiging op te trek. Hy dra almal se ewige belange op die hart, en wil nie h dat een verlore moet gaan nie, maar dat almal gered moet word (2 Pet. 3:9).

3. Dit is n liefde wat kan vergewe en vergeet

God se liefde vergewe ten volle en volkome s volkome dat Hy nooit weer een keer na die sonde wat vergewe is, verwys nie. Hy werp dit in die see van vergetelheid en dink nie weer daaraan nie. Hy reken die kwaad nie toe nie en verwyt mense nie vir sondes wat bely en laat staan is nie. Selfs al sondig sy kinders by herhaling, raak Hy nie teen hulle verbitterd nie, en vergewe maar weer. Jesaja 55:7 s Hy vergeef menigvuldiglik.

Mense wat teruggeval het, soos bv. die verlore seun in die gelykenis, moet net bereid wees om na hulle Vader terug te keer en hulle saak met Hom reg te maak. Hulle sal in Hom n liefdevolle en vergewensgesinde Vader vind wat opnuut vir hulle n feesmaal in sy koninkryk sal berei. Hy sal hulle nie donker aankyk as hulle met berou na Hom terugkeer nie (Jer. 3:12).

Hoe anders tree die mens nie op nie, hoe onopreg is sy liefde nie, en hoe traag is hy nie om volkome te vergewe en n saak vir altyd te begrawe nie. Salomo s: Wie n oortreding bedek, soek liefde; maar hy wat n saak weer ophaal, skei vriende van mekaar (Spr. 17:9).

Nie net vriende skei as gevolg van liefdelose beskuldigings nie, maar ook huweliksgenote. Mense wat nie met die liefde en vergewensgesindheid van God vervul is nie, raak maklik verbitterd teenoor mekaar, grawe ou koeie uit die sloot, en beskuldig mekaar opnuut oor en weer. Waar is die gesindheid van Christus om dinge wat reggemaak is, nooit weer op te haal nie?

Ons het die volgende, baie verstaanbare opdrag oor vergewensgesindheid: Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is. En laat die vrede van God waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar (Kol. 3:13-15).

4. Dit is n Nuwe-Testamentiese beginsel

Die geheim van n lewe van volkome geestelike vervulling is om in die liefde van God gewortel en gegrond te wees. Dit is waarom ons in die Nuwe Testament net een wet of grondbeginsel het, en dit is die gebod van die liefde. As jy die Here liefhet met jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand en met al jou kragte, dan sal jy aan Hom getrou bly en nooit die knie voor ander gode buig nie.

As jy jou naaste liefhet soos jouself, dan vervul jy al die ander wette wat die verhouding met jou medemens rel: Die liefde doen die naaste geen kwaad nie; daarom is die liefde die vervulling van die wet (Rom. 13:10).

Goddelike liefde bepaal die aard en koers van ons lewe, daarom is ons nie onder die Ou-Testamentiese wet nie en kan ons vrye uitdrukking aan Christus se liefde gee. Ons is aan die verhewe beginsel van Goddelike liefde gebonde, en om di rede moet liefde die hoofkenmerk van n Christen se lewe wees. In sy hopriesterlike gebed het die Here Jesus aan die Vader ges: Ek het u Naam aan hulle bekend gemaak, sodat die liefde waarmee U My liefgehad het, in hulle kan wees, en Ek in hulle (Joh. 17:26). Aan die dissipels het Christus ges: n Nuwe gebod gee Ek julle, dat julle mekaar moet liefh; soos Ek julle liefgehad het, moet julle ook mekaar liefh. Hieraan sal die wreld weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het (Joh. 13:34-35).

5. Dit is grensloos

Ons kan geen grense stel of beperkings plaas op die liefde van Jesus nie. Ons moet bewus daarvan wees dat dit elke aspek van ons bestaan insluit. Paulus s in sy gebed vir die Efsirs: Om hierdie rede buig ek my knie voor die Vader van onse Here Jesus Christus dat Hy aan julle mag gee na die rykdom van sy heerlikheid om met krag versterk te word deur sy Gees in die innerlike mens julle wat in die liefde gewortel en gegrond is, en julle in staat kan wees om saam met al die heiliges ten volle te begryp wat die breedte en lengte en diepte en hoogte is, en die liefde van Christus te ken wat die kennis oortref, sodat julle vervul kan word tot al die volheid van God (Ef. 3:14-19).

Hoewel ons van die rykdom van God se liefde bewus kan wees, beteken dit nie dat ons dit ten volle kan deurgrond nie. God se liefde in Christus Jesus is onpeilbaar en grensloos. Dit is brer as die wreld, dieper as die diepste see en hor as die hoogste hemel. Ons staan in verwondering voor die onnaspeurlikheid van die Here Jesus se liefde en reddende genade. In Hom is alle skatte van wysheid en kennis verborge. Sy almag en liefde ken geen perke nie. Hy kan in elke behoefte van ons voorsien na die rykdom van sy genade. Hy sal ook nie tugtiging weerhou as ons dit nodig het nie.

Hierdie liefdevolle Verlosser trek vir jou en my na Hom toe met koorde van liefde. Hy wil ons nie net red en die ewige lewe aan ons skenk nie, maar ons volmaak en volkome in sy liefde bevestig. Deur die Heilige Gees stort Hy sy liefde in ons harte uit. Hy maak van ons skynende ligte in n donker en liefdelose wreld waarin ons sy getuies moet wees.

Is jou lewe volkome onder die beheer van God se herskeppende, onveranderlike en ewige liefde? Dan sal daar by jou n groot verlange wees dat ander dit ook deelagtig moet word. Jou grootste verlange sal egter wees na die koms van die hemelse Bruidegom wat spoedig sy bruid na n hemelse ivoorpaleis sal wegvoer om vir ewig by Hom te woon (Ps. 45:9-10).

Die skoonheid van die bruid

In die boek Hooglied word daar baie ges oor die skoonheid van die bruid, wat n tipe is van die bruid van Christus. Hieruit moet dit vir ons duidelik wees dat ons met die skoonheid en reinheid van Christus beklee moet wees.

In Hooglied 1:8 s die Bruidegom dat sy bruid die mooiste onder die vroue is. Sy het n hemelse skoonheid wat ander vroue onder die mensekinders nie het nie. Sy is geroepe om onberispelik te wees in heiligheid. Die wreld moet kan sien dat sy deur die liefde en skoonheid van die Bruidegom omstraal word.

My nardus het sy geur gegee (Hoogl. 1:12). In die tyd van Salomo, en ook lank daarna, is nardussalf en -olie as een van die kosbaarste parfuums gereken. Die bruid word deur die lieflike geur van nardus omring. Sy is hiermee gesalf, en dit dra n onmiskenbare getuienis uit na almal wat naby aan haar is. Ons moet deur Christus n lieflike geur wees (Ef. 5:2).

My beminde is vir my n tros hennablomme in die wingerde van ngedi (Hoogl. 1:14). Die hennastruik met sy lang trosse wit blomme staan ook as die bruidsblom bekend. Dit versprei n besonder aangename geur. Die trosse blomme word soms deur vroue om hulle nekke gedra. Hoe paslik is dit nie om n bruid met haar vlekkelose wit kleed en pragtige voorkoms met hennablomme in die wingerde van ngedi te vergelyk nie!

Soos n lelie tussen die dorings, so is my vriendin onder die dogters (Hoogl. 2:2). Die bruid het n hemelse skoonheid en reinheid wat die ongereddes rondom haar nie het nie. Haar geestelike skoonheid en morele reinheid is in skrille kontras met die verdorwe karaktertrekke van n ongeredde mensdom wat deur die sonde oorheers en ontsier word.

Word wakker, noordewind, en kom, suidewind, deurwaai my tuin, laat sy balsemgeure uitvloei! Laat my beminde in sy tuin kom en van sy kostelike vrugte eet (Hoogl. 4:16). Die lewe van die bruid moet die lieflike geur van die genade en liefde van haar Bruidegom oral versprei. Die noordewind en die suidewind moet die geure uitdra. Benewens die bloeisels moet daar ook vrugte in die bruid se tuin wees. Haar lewe moet soos n tuin wees waarin die Bruidegom die kostelike vrug van sy eie handewerk kan sien en geniet. Sy moet soos n boom wees wat geplant is by waterstrome.

(My susterbruid) is n fontein van die tuine, n put met lewende water wat van die Lbanon afvloei (Hoogl. 4:15). Die bruid moet n fontein van lewende water h wat uit haar binneste opborrel. Dit moet n bron van verkwikking vir ander mense wees. Hierdie water kom van haar Bruidegom wat self die water van die lewe is, en wat dit deur die Heilige Gees aan sy beminde skenk.

My duif in die rotsklowe, in die skuilplek by die krans ... laat my u stem hoor (Hoogl. 2:14). Sy skuil in die veilige beskutting van n rotsvesting, hoog in die berge. Van hier af moet sy haar roepstem in die klowe daaronder laat hoor, omdat sy n duidelike boodskap aan die wreld het. Ook wil die Bruidegom haar stem hoor wanneer sy lofliedere tot eer van sy Naam sing en Hom ook in die gebed aanroep. Sy moet nooit tot stilswye gedwing word en ophou om die lof van haar Verlosser te verkondig nie.

Alles is mooi aan u, my vriendin, en daar is geen gebrek aan u nie (Hoogl. 4:7). Hierdie skoonheid is deur die Bruidegom aan haar verleen. Deur n verbintenis met Hom het die ou dinge verbygegaan; kyk, dit het alles nuut geword (2 Kor. 5:17). Hierdie vernuwende aanraking vind noue aansluiting by wat Paulus in Efsirs 5:25-27 van die hemelse Bruidegom s: Christus het ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het ... sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees. Het jy al geestelik s verander geraak deur die vernuwing van jou gemoed, dat die skoonheid van die Here Jesus waarneembaar in jou lewe gestalte verkry het? Ons is hiertoe geroep.

Die liefde van God het nie net tot die soendood van sy Seun gelei om die straf vir ons sonde te betaal nie, maar dit word ook ryklik deur die Heilige Gees in ons harte uitgestort om ons hele lewe te verander en te heilig. Ons word van gedaante verander om aan die beeld van Christus gelykvormig te word. Die vraag is of ons onsself aan hierdie vormende werk van die Heilige Gees oorgegee het? Paulus was in groot benoudheid oor die Galsirs, en sou raadop bly oor hulle, totdat Christus in julle gestalte verkry (Gal. 4:19). Hulle was so traag om aan Hom gelykvormig te word, en sy liefde is so min in hulle lewens gesien.

Wat is die posisie met jou en my? Besef ons saam met al die heiliges wat die breedte, lengte en diepte van Christus se liefde is, en wandel ons daagliks daarin? Die Gees van God het gekom om hierdie liefde in ons harte uit te stort. Ons moet op s n manier wandel dat ander dit kan sien.