16. Die Antichris

Die Antichris sal 'n duiwels-geďnspireerde leier wees wat die węreld die laaste sewe jaar voor die wederkoms van Christus sal regeer. Hy sal in die Arabiese węreld noordoos van Israel sy verskyning maak en spoedig 'n posisie van węreldheerskappy bereik. Saam met die valse profeet sal hy alle nasies mislei om te dink dat hy die gemeenskaplike messias van alle gelowe is, en gekom het om vrede en eenheid op aarde te bring. Die bloedige diktatuur waarin sy bewind sal eindig, word in die Bybel as 'n groot verdrukking beskryf soos daar nog nooit was nie.

Die volgende skrifgedeelte bevat verskeie besonderhede oor die openbaring van die Antichris:

“Laat niemand julle op enige manier mislei nie, want eers moet die afval kom en die mens van sonde geopenbaar word, die seun van die verderf, die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is… En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak; hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen en met allerhande verleiding van ongeregtigheid in die wat verlore gaan, omdat hulle die liefde tot die waarheid nie aangeneem het om gered te word nie. En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo, sodat almal geoordeel kan word wat die waarheid nie geglo het nie, maar behae gehad het in die ongeregtigheid” (2 Thess. 2: 3-12).

Paulus gee in dié gedeelte twee aanduidings van iets wat eers moet gebeur voordat die Antichris geopenbaar sal word. In vers 3 hy dat die afval eers moet kom. Die Griekse woord apostasia wat hier as afval vertaal is, se grondbetekenis is vertrek. Wanneer die waarheid vertrek, tree daar groot goddeloosheid en afvalligheid in, soos hier geďmpliseer. Die vertrek van die waarheid moet hier in noue samehang met die vertrek van die Christene tydens die wegraping gesien word.

In ‘n gesaghebbende boek wat deur vooraanstaande evangeliese teoloë oor die eskatologie opgestel is (When the Trumpet Sounds, onder redaksie van Thomas Ice en dr. Tim Demy) word apostasia as die wegraping aangedui.

In elk geval gaan daar groot afvalligheid in die laaste dae voor die wegraping plaasvind (2 Tim. 3:1-5), maar in 'n veel groter mate nadat die Christene skielik vertrek het en groot geestelike duisternis oor die aarde sal toesak. Dan sal die Antichris as die mens van sonde en die seun van die verderf geopenbaar word en leiding in ‘n węreldwye rebellie teen behoudende Christelike norme neem. Hy sal ‘n sonde-kultuur vestig en aanmoedig.

Die tweede verwysing na die belangrike gebeurtenis wat voor die openbaring van die Antichris moet plaasvind, is in vers 7 en 8, en sluit by bogenoemde gedagte van die vertrek aan: “net totdat hy wat nou teëhou uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word…” Die teëhouer is die liggaam van Christus, nl. sy kerk op aarde, wat skielik weggeraap sal word. Groot geestelike duisternis sal dan węreldwyd heers, en dit sal aan die Antichris die geleentheid bied om sonder teëstand geopenbaar te word.

Daar is diegene wat die mening huldig dat die teëhouer die Heilige Gees is. Die feit is egter dat daar ná die wegraping nog vele siele op aarde gered sal word (Op. 7), en oor die volk Israel gaan daar ‘n nuwe uitstorting van die Gees plaasvind (Sag. 12:10). Die Heilige Gees word dus nie met die wegraping van die aarde af onttrek nie. Omdat die Christene ook tempels van die Heilige Gees is (1 Kor. 3:16), is dit waar dat die Gees direk ná die wegraping min kanale sal hę waardeur Hy kan werk, en dit is juis dan wanneer die Antichris sy groot skuif gaan maak. Spoedig hierna sal daar egter ‘n Gees-gewerkte herlewing onder Jode plaasvind.

Al hierdie feite dui onmiskenbaar daarop dat die wegraping vóór die openbaring van die Antichris en die begin van die sewe jaar lange verdrukking sal plaasvind. Dit is juis die wegraping wat aan ‘n verrassingselement gekoppel is deurdat die tyd daarvan nie bereken kan word nie. Alle Christene moet dus altyd hiervoor gereed wees. Dié belofte is soos die blink môrester wat vir almal van ons wink om onsself na die dag van Christus se wederkoms uit te strek en deur ons optrede die koms van sy koninkryk te verhaas.

Christene het dus ‘n Christus-verwagting en nie ‘n Antichris-verwagting nie. Ons wag vir die Here Jesus wat op ‘n uur sal kom wanneer niemand Hom verwag nie. Intussen moet ons teëhouers in die opmars van die Antichris wees en mense aktief teen hom en al sy goddelose strategieë waarsku. Vir hom en sy skrikbewind is ons egter nie bestem nie, daarom hou ons onsself nie met oorlewingstrategieë vir die donker dae van die groot verdrukking besig nie. Ons gaan vir Christus ontmoet en nie die Antichris nie.

‘n Verdere belangrike stelling wat omtrent die Antichris in 2 Thessalonicense 2 gemaak word, is dat hy ‘n eindtydse figuur is. Hy sal kort voor die wederkoms van Jesus op die toneel verskyn, en ‘n lewende persoon op aarde wees wanneer Jesus sy voet op die Olyfberg neersit. Op daardie dag sal die Antichris verdelg word:

“…dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak” (2 Thess. 2:8).

Diegene wat ‘n historiese vertolking aan die profesieë oor die Antichris koppel, is heeltemal uit pas met wat die Bybel hieroor sę. Om tiranne soos Nero, of sekere pouse in die verlede as die Antichris te etiketteer, bring baie teenstrydighede mee. Hoe kan hulle as lewende persone by die wederkoms van Jesus verdelg word? Dat hulle antichriste in die kleine was, wat die weg vir hierdie eindtydse diktator help voorberei het, is waar. Die finale vervulling van die profesieë oor die Antichris is egter toekomstig omdat dit duidelik binne ‘n eindtydse situasie geplaas is.

Let ook daarop dat die Antichris ’n persoon sal wees en nie ‘n onpersoonlike stelsel nie. Hy word die mens van sonde genoem, asook die seun van die verderf en die teëstander wat in die tempel sal sit en homself tot God verklaar. Die Bybel sę dat hy lewendig in die hel gewerp sal word op die dag wanneer Jesus kom (Op. 19:20). Dat hy ‘n regeringstelsel en ‘n bepaalde ideologie sal hę waarvolgens hy sal regeer, is seker. Hy sal as ‘n lewende persoon egter die hoof van die sisteem wees en saam met die valse profeet ‘n tweemanregering vorm om die hele węreld onder Satan se heerskappy te plaas en volgens sy opdragte te handel.

Die vier ruiters

Volgens Openbaring 6:1-8 gaan die Antichris op ‘n heel besondere wyse geopenbaar word in sy poging om die mensdom eers deur misleiding en dan deur ‘n genadelose diktatuur onder sy absolute beheer te kry. In die eerste stadium van sy bewind sal hy as ‘n vredevors op die węreldtoneel verskyn (die ruiter op die wit perd). Feitlik niemand sal deur sy bedekte bedrog en valse vredesmantel kan sien wie hy werklik is nie. Hy sal sy aanspraak dat hy ‘n gesant van God is, op ‘n skouspel van bonatuurlike magte en wonderwerke baseer. Alle godsdienste sal hom as gevolg hiervan as hulle gemeenskaplike węreldmessias aanvaar. Deur slim diplomasie sal hy ook die węreld polities verenig om die hoof van ‘n węreldregering te word.

Wanneer dit 3˝ jaar later blyk dat die Antichris se eenheidshervormings en sosialistiese węreldregering misluk het en rebellie teen sy bewind voorkom, sal hy homself tot geweld wend om sy posisie te handhaaf, en daardeur ‘n militęre diktator word (die ruiter op die rooi perd). Streng ekonomiese beheer en rantsoenering sal tydens die oorloë en hongersnode ingestel word (die ruiter op die swart perd). Hierna bly daar nog net een hoedanigheid vir die Antichris in sy skrikbewind oor, en dit is om as die doodsengel soveel as moontlik mense af te maai en saam met hom na die verderf te sleep (die ruiter op die vaal perd).

In die profetiese rede het Christus dieselfde orde van gebeure beskryf wat in die verdrukking sal plaasvind (Matt. 24:4-9). Dit begin by ‘n valse vrede wat deur die valse Christus en sy meelopers ingestel sal word:

·          “Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sę: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei” (die wit perd).

·          "Julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë... Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander” (die rooi perd).

·          “En daar sal hongersnode wees en pessiektes” (die swart perd).

·          “Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak” (die vaal perd).

Identiteit van die Antichris

In Openbaring 13 word meer besonderhede oor die identiteit en rol van die Antichris gegee, wat as ‘n dier met sewe koppe voorgestel word, asook van sy mederegeerder, die valse profeet:

Die Antichris: “En ek het ‘n dier uit die see sien opkom met sewe koppe en tien horings, en op sy horings tien krone en op sy koppe ‘n naam van godslastering. En die dier wat ek gesien het, was soos ‘n luiperd, en sy pote soos dié van ‘n beer, en sy bek soos die bek van ‘n leeu; en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag. En ek het een van sy koppe gesien net of dit dodelik gewond was, en sy dodelike wond is genees. En die hele węreld het verwonderd agter die dier aan gegaan. En hulle het die draak aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesę: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer? En ‘n mond is aan hom gegee wat groot woorde en godslasteringe uitspreek, en aan hom is mag gegee om dit twee-en-veertig maande lank te doen… Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie…” (Op. 13:1-7).

Die valse profeet: “En uit die aarde het ek ‘n ander dier sien opkom… En hy oefen al die mag van die eerste dier uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is. Hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen, deur aan die bewoners van die aarde te sę dat hulle ‘n beeld moet maak vir die dier wat die swaardwond ontvang en lewend geword het. En dit is hom gegee om ‘n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie. En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe ‘n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van ‘n mens; en sy getal is seshonderd-ses-en-sestig” (Op. 13:11-18).

In Openbaring 17 word nog ‘n intieme bondgenoot van die Antichris genoem, uit wie ons meer van hom te wete kan kom. Dit is ‘n vrou wat al die valse (antichristelike) godsdienste van alle tye voorstel:

“…en ek het ‘n vrou sien sit op ‘n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name, met sewe koppe en tien horings… en op haar voorhoof was ‘n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde” (Op. 17:3, 5).

Hierdie vrou is die moeder van die afvalliges, en as sodanig ‘n geestelike moederorganisasie (‘n alliansie of ekumeniese liggaam) vir al die valse godsdienste. Sy was in ‘n noue assosiasie met al die vorige węreldryke, en sy sal ook op die dier se rug ry en ten nouste met hom en sy komende węreldregering geassosieer wees. In Openbaring 17 word ons gehelp om sowel vir haar as die dier op wie se rug sy ry, beter te verstaan:

“Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit. En hulle is sewe konings: vyf het geval en een is; en die ander het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy ‘n kort tydjie bly. En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf” (Op. 17:9-11).

Die eerste gevolgtrekking wat ons hier moet maak, is dat Johannes nie van die sewe berge van Rome praat nie, en dus nie ‘n profesie uitgespreek het wat uitsluitlik op die Rooms-Katolieke Kerk betrekking het nie. Hy sę dat die sewe berge sewe goddelose konings (of koninkryke) is wat mekaar chronologies opvolg in tyd. Ons weet ook dat hy nie na Romeinse keisers verwys nie, omdat daar tussen Nero en Konstantyn alleen tien antichristelike keisers aan bewind was. Nee, die Here gee vir ons hier ‘n breë perspektief op sewe węreldryke wat almal vestings vir heidense gelowe was (en sal wees) en dus in openlike rebellie teen die koninkryk van God is. In Génesis, Jesaja en Daniël word na hierdie ryke verwys. Hulle is die volgende:

1.    Die oud-Babiloniese ryk wat deur Nimrod gestig is.

2.    Die Assiriese ryk.

3.    Die neo-Babiloniese ryk van Nebukadnésar.

4.    Die Medo-Persiese ryk.

5.    Die Griekse ryk.

6.    Die Romeinse ryk.

7.    Die eindtydse ryk van die Antichris.

In die aangehaalde gedeelte sę Johannes duidelik dat vyf van hierdie koninkryke in sy tyd reeds geval het, die een was aan bewind en die sewende een moes nog kom. In die jaar 95 n.C. toe die boek Openbaring geskryf is, het vyf van dié ryke inderdaad reeds geval – dit is van die oud-Babiloniese ryk af tot by die Griekse ryk. Die Romeinse ryk was bestaande en die eindtydse ryk van die Antichris nog toekomstig. Die laaste ryk word deur die sewende kop met die tien horings voorgestel.

Dit is belangrik om die korporatiewe karakter en samehorigheid van hierdie sewe węreldryke raak te sien: dit is een dier met sewe koppe. Hulle adem almal dieselfde gees van verderflike humanisme, selfverheffing, sondigheid, gewelddadigheid, rebellie teen die lewende God, asook betrokkenheid by die okkultiese werke van die duisternis. Almal van hulle is dus vestings van valse godsdienste en as sodanig ‘n sataniese komplot teen die koninkryk van God en die stad van die groot Koning, Jerusalem.

Die Antichris se eindtydse ryk moet dus as voortvloeiend uit die vorige ses ryke gesien word. Dit is wesenlik deel van dieselfde godsdienstige en politieke rebellie wat al vir duisende jare deur Satan aangeblaas word, en deur hom gebruik word om die koninkryk van God op aarde te probeer vernietig. Sy einddoelwit is om oor God se skepping te heers en in sy plek as God aanbid te word. Onderweg na die bereiking van hierdie ideaal sal alle moontlike vorms van misleiding, omkopery, dwang, onderdrukking en militęre geweld gebruik word wat hy vir sy doel nuttig vind en wat hy kan slaag om te monster.

Die Antichris se aanslag sal deel van die eeue oue stryd tussen die Godsryk en die Satansryk wees. Hy sal die hoof van die sewende én agtste węreldryke wees (Op. 17: 11). Aanvanklik sal hy saam met ander konings aan die hoof van ‘n regering van internasionale eenheid staan (sy vredesregering). Daarna, in die tweede helfte van die verdrukking, sal hy ‘n militęre diktatuur instel waarin hy in ‘n driemanregering saam met die draak en die valse profeet oor die aarde sal heers (sy militęre bewind).

Die noue verband tussen die Antichris se eindtydse ryk en die vorige węreldryke blyk ook uit die feit dat hy as ‘n dier met die lyf van ‘n luiperd, die pote van ‘n beer, die bek van ‘n leeu en ‘n kop met tien horings daarop voorgestel word (Op. 13:2).

Hierdie simboliek stem met dié in Daniël 7 ooreen waarin die Babiloniese ryk as ‘n leeu, die Medo-Persiese ryk as ‘n beer, die Griekse ryk as ‘n luiperd en die Romeinse ryk as ‘n wreedaardige dier met tien horings op sy kop voorgestel word. Dit beteken dat kenmerke van al hierdie ryke in die Antichris en sy eindtydse ryk sal herleef – dit sal dus nie net ‘n herleefde Romeinse ryk wees nie, maar ook ‘n herlewing van al die slegte eienskappe van die Babiloniese, Medo-Persiese en Griekse ryke:

·         Die Antichris sal die Babiloniese tradisie van die vergoddeliking van die koning volg. Hy sal homself bo elke god verhef en ook die gesag van die ware God van die hemel uitdaag. Hy sal ‘n beeld van homself laat maak en alle onderdane van sy węreldryk dwing om in aanbidding voor die beeld neer te buig. Elkeen wat ‘n ander god aanbid en sou weier om die koning se beeld te aanbid, sal in ‘n vuuroond van vervolging en marteling gewerp word. Hy sal ook, soos Nebukadnésar, Jerusalem beleër, die Joodse regeringsleiers om die lewe bring en die volk verdryf en verstrooi.

·         Soos in die Medo-Persiese ryk, sal die dier die volke van die aarde onder sy pote vertrap, hulle regerings afskaf en hulle onderdane by sy ryk inlyf. In sy regering sal hy nie die oppergesag van God erken nie, maar op absolute en ongebonde alleenheerskappy aanspraak maak. Hy sal militęre dekrete uitvaardig en deur middel van die onherroeplike wette van die Meders en die Perse regeer. Hy sal ook, soos koning Ahasveros van ouds, ‘n Joodse volksmoord in sy hele koninkryk gelas.

·         Die Griekse ryk is deur Daniël as ‘n luiperd met vier vlerke voorgestel. Hulle het hoogs beweeglike leërs gehad wat deur vernuftige krygskuns gekenmerk is, en vinnig en doeltreffend toegeslaan het. Die Antichris sal ook hoogs mobiele taakmagte op die been bring wat feitlik oornag enige plek in die węreld ontplooi kan word om opstande te onderdruk en sy beleid af te dwing. In die Griekse ryk was goewerneur Antiochus Epifanes ‘n fanatieke Jodehater wat teen hierdie volk oorlog gevoer het. Hy het hulle godsdiens probeer uitwis deur ouers tereg te stel wat hulle kinders laat besny het. Hy het ook ‘n afgodsbeeld van Zeus in die tempel opgerig. Sodoende het hy probeer om die Jode godsdienstig afvallig van hulle God te maak en hulle by die Hellenistiese węreldgodsdiens in te lyf. Al dié eienskappe sal ook kenmerkend van die dier se ryk wees.

·         Die Romeinse ryk, wat voorgestel word deur die vierde dier met die tien horings op sy kop, was skrikwekkend. Die Romeine het die Joodse provinsies beleër, dorpe en stede ingeneem en verwoes, en honderde duisende mense om die lewe gebring. Met die beleëring en verowering van Jerusalem in 70 n.C. is die tempel totaal verwoes, 1,1 miljoen Jode is dood en bykans 100 000 is krygsgevange geneem, waarvan baie op slawemarkte verkoop is. Die Antichris sal ook hierdie onbeheerste vernietigingsdrang vertoon. In die middel van die verdrukking sal hy alle Jode probeer uitdelg nadat hulle as gevolg van sy selfvergoddeliking en die ontheiliging van die tempel hulle verbond met hom verbreek het.

Dit is dus duidelik dat die Antichris se ryk nie slegs ‘n herlewing van die Romeinse ryk sal wees nie, maar van al die groot węreldryke. Dit sal veral sterk Babiloniese eienskappe vertoon. Om hierdie rede is dit verkeerd om net na Wes-Europa as die herstelde Romeinse ryk te kyk en te beweer dat die Antichris uit Rome moet kom. Sy oorsprong sal uit ‘n land wees wat deel van al hierdie ryke was, naamlik uit die gebied van die koning van die Noorde (Dan. 11:36-45). Dit is noord-noordoos van Israel geleë en was in verskillende tye in die geskiedenis as Babilonië, Assirië en Sirië bekend. Huidiglik is dié gebied as Sirië en Irak bekend, maar die hartland daarvan is in Irak. Dit is ook waar die stad Babilon geleë is, wat nou weer herbou word.

Die boek Daniël is van groot hulp om die land van oorsprong van die Antichris vas te stel:

·         Eers word hy as een uit tien voorgestel (Dan. 7:7-8), wat een van tien lande in die ou Romeinse ryk is. Die Siriese provinsie (wat die huidige Irak insluit) was deel van dié ryk.

·         Daarna word hy as een uit vier voorgestel, wat die vier provinsies in die verdeelde Griekse ryk is (Dan. 8:8-9). Sirië (wat die huidige Irak insluit) was een van dié vier provinsies.

·         Uiteindelik word hy as een uit twee voorgestel, wat die gebiede van die koning van die Noorde en die koning van die Suide in die verdeelde Griekse ryk ná Alexander die Grote was (Dan. 11). Die noordelike provinsie was Sirië en die suidelike een Egipte. Die historiese stryd tussen hulle word in Daniël 11:2-35 beskryf, en die eindtydse koning van die Noorde (die Antichris) in Daniël 11:36-45. Hy sal dus uit Irak of Sirië kom.

In Jesaja 10 is ook ‘n duidelike profesie oor die herstelde Assiriese ryk van die eindtyd. Dit word binne die konteks van die dag van die Here geplaas (Jes. 10:20), en die Antichris as die koning van Assirië voorgestel:

“Maar as die Here sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem, dan sal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië se koning en oor die gepraal van sy hoë oë. Want hy sę: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos ‘n maghebber neergewerp. En my hand het na die rykdom van die volke gegryp soos na ‘n voëlnes, en ék het die hele aarde bymekaargeskraap soos ‘n mens eiers bymekaarskraap wat verlaat is; en daar was niemand wat ‘n vlerk verroer of ‘n bek oopgemaak of gepiep het nie” (Jes. 10:12-14).

Die Antichris sal dus sonder enige moeite die grense tussen die volke verwyder ten einde sy beleid van internasionalisme deur te voer. Hy sal ook maklik beheer oor die węreldekonomie verkry en daardeur ‘n magsposisie bekom. Hiertoe sal hy die volle samewerking van die misleide en insiglose politieke leiers van sy ryk hę:

“En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier” (Op. 17:12-13).

Israel én die hele węreld sal swaar verdruk word. Deur die Here se ingryping by sy wederkoms sal hulle egter van die eindtydse Assiriër en sy węreldmag se wrede skrikbewind verlos word (Jes. 10:23-25; Miga 5:4-6). Geen menslike poging sal egter suksesvol wees om die Antichris te onttroon en sy diktatoriale mag oor die węreld te verbreek nie.

Magsbasisse van die Antichris

Die eerste 3˝ jaar van die verdrukking sal die Antichris as ‘n valse vredevors regeer en węreldeenheid nastreef. Dan sal hy sy groot aanslag loods. Sy gedaanteverwisseling in die middel van die verdrukking sal só dramaties en vreesaanjaend wees dat hy die hele mensdom aan die wreedhede en afskuwelike magspel van openlike satanisme sal onderwerp, soos in Openbaring 13 beskryf word. Nadat hy ‘n dodelike wond ontvang en weer lewendig geword het, sal die duiwel nie meer as vredevors en engel van die lig deur hom manifesteer nie, maar as ‘n magshonger diktator wat vol godslastering, sadisme en moordplanne is.

Hy sal ‘n diktatuur instel wat op politieke, godsdienstige én ekonomiese magsbasisse berus. Op elk van hierdie drie terreine sal totalitęre beheer uitgeoefen word met die doel om alle mense tot absolute slawerny te verneder. Hulle sal geen politieke regte, godsdiensvryheid óf ekonomiese selfbeskikkingsreg buite die strukture van sy nuwe węreldorde kan verkry nie. Hiervoor sal die Antichris self sorg, omdat hy nie sy alleenheerskappy sal prysgee nie.

Die twee helftes van die Antichris se bewindstermyn kan skematies só uiteengesit word:

Politieke mag

In die laaste helfte van die verdrukking, wat die groot verdrukking genoem word, sal die Antichris ‘n alleenheerser en militęre diktator wees wat sy gesag op geweld baseer. Geen aardse mag sal teen hom kan standhou nie, want “aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie” (Op. 13:7). Daar sal nie ‘n enkele nasie met ‘n soewereine regering wees nie, en almal sal volle uitvoering aan die dier se militęre dekrete moet gee. Politieke dislojaliteit sal nie geduld word nie, en maghebbers wat hulle eie beleid volg, sal van hulle trone afgeruk word (Jes. 10:13).

Die Antichris sal ‘n moderne Nebukadnésar wees en die węreldburgers van sy tyd na willekeur hiet en gebied. Die eienskappe van ander bekende militęre diktators in die geskiedenis, soos Nimrod, Alexander die Grote, Nero, Hitler en Stalin sal op ‘n oortreffende wyse in sy optrede weerspieël word. Sy militęre veldtogte sal nie slegs op aardse teikens gerig wees nie, want die grootste sametrekking van militęre magte wat die węreld nóg gesien het sal in Israel teen ‘n hemelse leër ontplooi word (Op. 19:19). Dit sal tot die veelbesproke slag van Armagéddon lei (Op. 16:14, 16).

Godsdienstige mag

Universele godsdienseenheid, m.a.w. die inherente eenheid van alle gelowe op aarde, sal die godsdienstige ideologie van die Antichris wees. Die grondslag van hierdie ideologie is dat alle gelowe dieselfde God op verskillende maniere aanbid. Ten spyte van uiterlike verskille is hulle dus almal in hulle diepste kern dieselfde. Die logiese uitvloeisel hiervan is dat alle gelowe ook vir dieselfde universele messias wag, al gebruik hulle verskillende name vir hom.

Dit is inderdaad soos wat die Antichris sy verskyning op aarde sal maak: die Christus vir die Christene, die Messias vir die Jode, Krishna vir die Hindoes, die Imam Mahdi vir die Moslems, en die Maitreya Boeddha vir die Boeddhiste. Hy sal hulle onder sy gemeenskaplike leierskap tot ‘n hegte alliansie saamvoeg. Openbaring 17:3-5 beeld dié ekumeniese groep as ‘n ontugtige vrou uit wat op die dier se rug ry en hartlik met hom saamwerk.

Hierdie Babiloniese sameflansing van gelowe is die bruid van die Antichris, net soos wat die ware kerk die bruid van Christus is. Die Antichris sal sy bruid dra, koester, en groot openbare erkenning aan haar gee. Hy sal haar as ‘n bondgenoot in die skepping van eenheid op aarde gebruik. Al haar volgelinge sal van hulle onderlinge eenheid bewus gemaak word, en dit sal die grondslag vir ‘n mistiese węreldbroederskap lę. Hierdie godsdienstige band sal die realisering van sosiale, politieke en ekonomiese eenheid aansienlik vergemaklik.

Getrou aan sy aard, sal die Antichris se huwelik met sy bruid [die valse gelowe] nie baie lank hou nie. Ná 3˝ jaar sal hy homself tot God verklaar en die direkte persoonlike aanbidding van alle mense opeis. Dan sal die verskillende godsdienste, hulle kerke, tempels, moskees en sinagoges nie meer nodig wees nie, en vernietig word. Die Antichris sal dus aan sy bruid die opsie bied om óf sy verhoogde status van messias na God te aanvaar en hom as God te aanbid, óf om tereggestel te word. Met die alliansie van godsdienste en hulle verbintenis aan die Antichris as die węreldmessias, sal dit dan verby wees:

“En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand” (Op. 17:16).

Die godsdienstige einddoel van die Antichris sal wees om saam met Satan as God aanbid te word (Op. 13:4, 8, 15). Satanisme sal dus die enigste erkende węreldgodsdiens in die groot verdrukking [die tweede 3˝ jaar] wees. Die eerste fases van die Antichris se godsdienstige ideologie word nou reeds in voorbereiding op sy verskyning geďmplimenteer. Dit sal deur die volgende stadiums na die einddoel daarvan beweeg:

Godsdiensgelykheid. Alle gelowe is gelykwaardig, en die een is nie beter as die ander nie. Die speelveld word gelyk gemaak, en hulle word aangemoedig om by ekumeniese liggame soos die Verenigde Godsdienste Inisiatief, die Węreldkonferensie vir Godsdiens en Vrede en die Parlement vir Węreldgodsdienste aan te sluit en aktief oor vrede en eenheid met mekaar saam te werk.

Godsdienseenheid. Die idee word aanvaar dat alle gelowe dieselfde God aanbid, daarom kan hulle geestelike inhoud aan hulle ekumeniese bande gee. Hulle sal die evangeliese Christendom wat op Bybelse gronde weier om kompromie te maak en met ander gelowe te assosieer, erg diskrediteer.

‘n Intieme alliansie van węreldgodsdienste. Die Antichris sal as die gemeenskaplike messias van alle gelowe op die toneel verskyn en die alliansie as sy bruid heg saamsnoer. Hy sal groot mag en aansien aan hulle verleen en die afstand tussen hulle verder vernou. Hulle sal die evangeliese Christene wat nie by hulle wil inskakel om die dier te aanbid nie, hewig vervolg.

Verpligte aanbidding van Satan en die Antichris. Die valse gelowe sal ná 3˝ jaar deur hulle eie messias [die Antichris] verwerp en vernietig word tensy hulle bereid is om hom as God te aanbid. Hierdie misleides se uiteinde is die poel van vuur waar hulle vir ewig saam met die duiwel, die Antichris en die valse profeet gepynig sal word (Op. 14:9-11).

Die Antichris sal die Christene wat hom nie wil aanvaar en aanbid nie, almal laat teregstel (Op. 6:9-11; 13:7, 15; 20:4). Hy sal die ware Christus en die ware God belaster en totaal verwerp (Op. 13:5-6). Sy laaste groot magsmonstering op aarde sal in Jerusalem wees, waar hy Jesus sal inwag om teen Hom oorlog te voer. Die Antichris sal dit doen in ‘n desperate poging om sy eie sataniese węreldryk van ondergang te red.

Ekonomiese mag

Benewens politieke en godsdienstige mag, gaan die węreld se geldmag ook deur die Antichris gebruik word om die mensdom op alle lewensterreine te beheer en te verslaaf. Deur die instelling van ‘n gerekenariseerde, kontantlose ekonomie sal alle ekonomies aktiewe mense se koop- en verkooptransaksies beheer word (Op. 13:16-18).

Dit is uit hierdie gedeelte duidelik dat nommers of kodes aan mense toegeken sal word, waarsonder hulle nie sal kan koop of verkoop nie. Daar sal dus geen kontantgeld meer in omloop wees nie. Die stelsel van elektroniese fondsoorplasing sal ook net toeganklik wees vir mense wat “die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het.” Dit beteken dat ‘n formele eed van getrouheid aan die Antichris as die god en koning van hierdie węreld afgelę sal moet word voordat ‘n persoonlike identiteitsnommer (PIN) aan ‘n aansoeker toegeken sal word. Hierdeur sal hy egter sy siel aan die duiwel verkoop, omdat hy deur die eed wat hy afgelę het, die Antichris se politieke, godsdienstige én ekonomiese status sal erken. Hy sal dus bewustelik aan die dier verbonde wees.

Die bewering wat sommige teoloë maak dat daar nooit enige gevaar in ‘n kontantlose ekonomiese stelsel sal wees nie, en dat die nommer of die merk van die Antichris nie letterlik opgeneem moet word nie, is deel van Satan se propagandaveldtog om mense nou reeds op die aanvaarding van sy nommerstelsel voor te berei. ‘n Ekonomiese stelsel vir die beheer van koop- en verkooptransaksies is geen simboliese uitspraak oor een of ander abstrakte saak nie, maar ‘n letterlike stelling oor ‘n alledaagse menslike handeling.

Indien u waardig is om die komende verdrukking te ontvlug, sal die Antichris se nommer nooit op u afgedwing kan word nie. Indien u onder diegene sal wees wat agterbly, en in daardie tyd u saak met die Here regmaak, sal u die Antichris, sy regeringstelsel, sy valse węreldgodsdiens, sy eis van persoonlike aanbidding én die aanbod van sy nommerstelsel, volkome moet verwerp ongeag die haglike gevolge wat dit vir u sal inhou.

Vir diegene wat ‘n eed van getrouheid aan die Antichris aflę, sy nommer aanvaar en hom aanbid, sal dit vir ewig nag word omdat hulle ook sy oordeel met hom sal deel:

“As iemand die dier en sy beeld aanbid en ‘n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang” (Op. 14:9-11).

Aan die ander kant is daar die oorwinnaars oor die sataniese komplot, wat nie die knie voor Baäl gebuig het nie:

“En die oorwinnaars oor die dier en oor sy beeld en oor sy teken, oor die getal van sy naam, het ek by die see van glas sien staan, met siters van God” (Op. 15:2).

Uiteinde van die Antichris

Tydens die hoogtepunt van die slag van Armagéddon sal Jesus Christus en sy hemelse leërskare neerdaal, en Hy sal sy voete op die Olyfberg in Jerusalem neersit. Dan sal die finale oordeel van die Antichris en die valse profeet aanbreek:

“En ek het die dier [die Antichris] en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit [Christus], en teen sy leër. En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees” (Op. 19:19-21).