Die Antichris sal ’n duiwelsgeďnspireerde leier wees wat die węreld die laaste sewe jaar voor die wederkoms van Christus sal regeer.
Die koninkryk van die duisternis is in ’n fel en volskaalse stryd teen die koninkryk van die lig gewikkel. Die terrein waarop hierdie stryd gevoer word, is in die lewens van mense wat na die beeld van God geskape is. Die metodes wat gebruik word, wissel vanaf direkte geestelike beďnvloeding en die gebruik van okkultiese magte, tot die aanhitsing en misleiding van miljoene mense wat onder die krag van die dwaling vals godsdienste beoefen. Alles word in die stryd gewerp om die ware Christendom te vervals of uit te roei.
Die einddoel met die stryd uit Satan se oogpunt, is sy volle beheer oor alle mense en die vestiging van ’n antichristelike koninkryk op aarde. Uit God se oogpunt sal die stryd uitloop op die finale oorwinning en verdelging van sataniese magte, en op die vestiging van ’n regering van geregtigheid op aarde. Die mag van die duisternis sal verbreek en al sy aanhangers in die hel verdoem word.
Dit is ’n eeue oue stryd hierdie wat reeds in die paradys begin het toe Adam en Eva deur die duiwel mislei is om aan hom gehoorsaam te word en teen God te rebelleer. In die duisende jare tot met die koms van Christus was daar tye toe nie net al die heidennasies geestelik deur Satan verblind was om afgode te aanbid nie, maar grootskaalse afvalligheid ook in Israel as die volk van God geheers het. Soms het dit gelyk of die hele Israel geestelik oorwin en vernietig sou word in die hewige stryd wat om hulle siele gewoed het. Selfs Elía het in een stadium byna die stryd gewonne gegee en gesę: “Here, hulle het u profete gedood en u altare het hulle afgebreek, en ek het alleen oorgebly, en hulle soek my lewe! Maar wat sę die Godspraak aan hom? Ek het vir Myself seweduisend manne laat oorbly wat die knie voor Baäl nie gebuig het nie” (Rom. 11:3-4).
Met die koms van Christus het die opdrag gekom om die hele węreld te evangeliseer. Dit het ’n verskerpte dimensie van die stryd ingelui omdat nie net Jode nie maar mense uit alle volke, tale, stamme en nasies uit die mag van geestelike duisternis bevry en na die koninkryk van die lig moes oorkom. God se doel met die opdrag van węreldevangelisering is dat mense oral gered moet word sodat ’n Christelike węreld tot stand kan kom. Wanneer die opdrag klaar uitgevoer is, sal sy Seun, Jesus Christus, fisies na die aarde terugkeer en ’n sigbare koninkryk hier vestig. Intussen sal dit ’n geestelike stryd wees wat die Christendom tydens die liggaamlike afwesigheid van Christus moet voer, maar waarin Hy nogtans geestelik by en met ons is deur die Heilige Gees wat in ons woon.
Satan het van die begin af die plan van węreldevangelisering aktief teëgestaan. Hy wil sy eie beheer verder uitbrei om ’n antichristelike węreld te skep. Tans doen hy dit deur geestelike misleiding – en as teenantwoord op die persoonlike wederkoms van Christus, beloof hy aan die mensdom ’n nuwe węreldorde met ’n węreldregering en ’n węreldgodsdiens onder die persoonlike leiding van die Christus – wat in werklikheid die Antichris sal wees.
Christus en sy volgelinge word dus gedurende die kerkbedeling deur die gees van die Antichris teëgestaan. In hierdie stryd mobiliseer die koninkryk van die duisternis soveel as moontlik mense om die Christendom te vervolg en te probeer uitroei. Sulke mense, soos Nero, Stalin en nog baie ander, word antichriste genoem. Hulle was almal voorlopers van die eindtydse openbaring van die Antichris: “Kinders, dit is die laaste uur; en soos julle gehoor het dat die Antichris kom, bestaan daar ook nou baie antichriste, waaruit ons weet dat dit die laaste uur is” (1 Joh. 2:18).
In Daniël 7 word daar as deel van die tye van die nie-Joodse nasies vier węreldryke beskryf wat mekaar sedert die Babiloniese ballingskap van Israel opgevolg het. Vervul met dieselfde gees van rebellie teen God en sy koninkryk, was hulle almal voorlopers van die Antichris se eindtydse węreldregering. Hulle was die Babiloniese Ryk wat deur ’n leeu voorgestel word, die Medo-Persiese Ryk (die beer), die Griekse Ryk (die luiperd), en die Romeinse Ryk (’n wrede dier met tien horings op sy kop). Die beeldspraak in Daniël 7 vind direkte aansluiting by Daniël 2:31-45, waar dieselfde vier węreldryke as ’n groot beeld voorgestel word wat in ’n droom aan Nebukadnésar geopenbaar is. Die kop van die beeld was van goud (Babiloniese Ryk), sy bors en arms van silwer (Medo-Persiese Ryk), sy buik en lendene van koper (Griekse Ryk), sy bene van yster (Romeinse Ryk), en sy voete van yster en klei gemeng (die eindtydse, herstelde Romeinse Ryk van die Antichris).
Die feit dat die Romeinse Ryk nooit deur ’n ander węreldryk verower en onderwerp is nie, verklaar die feit waarom daar sedert Nebukadnésar net vier węreldryke genoem word. Hoewel die Romeinse Ryk as ’n politieke entiteit in die vyfde eeu n.C. ophou bestaan het, het die invloed van Europa deur die eeue heen voortgeduur en is groot dele van die węreld deur Europese moondhede gekoloniseer. In die eindtyd sal die ou Romeinse Ryk met sy sterk Europese basis herleef en weer die belangrikste politieke magsblok in die węreld word. Dit is reeds besig om te gebeur.
Dit is verder ook betekenisvol dat die Romeinse Ryk beheer oor die gebiede van die vorige drie węreldryke verkry het, naamlik die Babiloniese, Medo-Persiese en Griekse Ryke, dus sal die herlewing van die Romeinse Ryk terselfdertyd ook ’n herlewing van al daardie ander węreldryke wees. Alles dui daarop dat die Antichris se toekomstige węreldregering uit die Midde-Ooste beheer sal word, uit ’n gebied wat deel van al vier die vorige węreldryke was.
In die lig hiervan is dit duidelik waarom die Antichris voorgestel word as ’n saamgestelde dier wat simbole van al vier węreldryke bevat, naamlik die bek van ’n leeu, die pote van ’n beer, die lyf van ’n luiperd, en die kop van ’n vreeslike dier met tien horings (Op. 13:1-2). Hy sal dus nie net die Romeinse Ryk laat herleef nie, maar terselfdertyd ook die Babiloniese, Medo-Persiese en Griekse Ryke. Al vier van hulle was sterk op die Midde-Ooste ingestel en het o.a. probeer om Israel uit te wis. Wanneer die Antichris en sy ryk dus verdelg word, word al sy voorgangers wat deur die Romeinse Ryk oorgeneem en ingelyf is, ook finaal verdelg. Hierdie feit vind aansluiting by Daniël 2:44-45, waar die groot beeld wat al vier hierdie koninkryke verteenwoordig, op een oomblik vernietig sal word wanneer die Rots (Jesus Christus) dit tref en dan in die plek daarvan sy eie Koninkryk oprig.
Daniël 7:11 verwys na die vernietiging van die Antichris en sy ryk tydens Christus se wederkoms. In hierdie vers beskryf hy die vierde dier met die tien horings op sy kop, en ’n verdere horing, naamlik ’n “ander horinkie” (die Antichris), wat tussen hulle opgekom het (Dan. 7:7-8, 20-21). Dit verwys na die Romeinse Ryk wat in die eindtyd, met die opkoms van die Antichris sal herstel, en dan deur Christus vernietig sal word. Die tye van die nasies sal hiermee beëindig word, en daarna sal Christus se Koninkryk, waarin Israel ’n groot rol sal speel, op aarde geopenbaar en gevestig word.
In Daniël 7:12 is ’n interessante verwysing na die eerste drie diere van Daniël 7 – die leeu (Babilonië), die beer (Medo-Persië) en die luiperd (Griekeland). Die Afrikaanse vertaling is hier meer korrek as dié van die KJV: “... verlenging van die lewe is aan hulle gegee tot op tyd en uur.” Die NIV sę: “The other beasts had been stripped of their authority, but were allowed to live for a period of time.” Dit beteken dat die eerste drie diere fisies hulle gesag verloor het, maar dat hulle gees en natuur (hulle anti-God en anti-Israelse ideologie) in hulle oorwinnaars voortgeleef het – nie vir ’n tyd en ’n uur lank nie, maar tot op ’n tyd en uur. Hulle finale vernietiging sal dus saam met die vernietiging van hulle groot verteenwoordiger, die Antichris, aan die einde van die verdrukking plaasvind.
Wanneer die Europese Unie verteenwoordigend is van die meeste Mediterreense lande, ook dié in die Midde-Ooste en Noord-Afrika, sal die Antichris binne die grense van die ou Romeinse Ryk na vore tree en drie van dié ryk se provinsies (of lande) onder sy eie mag konsolideer (Dan. 7:8). Dit sal waarskynlik Arabiese lande ten noorde en noordooste van Israel wees, waarvan Sirië en Irak deel sal uitmaak. Hierdie verwikkeling word gerugsteun deur die feit dat die Antichris uit Israel se oogpunt ook as die “Assiriër” en “koning van die noorde” bekend sal staan (Jes. 10:12-14; Dan. 11:31-45). Dit moet in ag geneem word dat die Antichris nie uit Italië, Frankryk of Engeland kan kom en nog steeds met die Griekse, Babiloniese of Medo-Persiese Ryke verbind kan word as die Assiriër of koning van die noorde nie. Die kompleksiteit van die Antichris as ’n persoon wat met al vier die antieke węreldryke geassosieer sal wees, vereis dat hy uit ᾽n gebied sal moet kom wat deel van al die vorige węreldryke was, en dit kan net die Midde-Ooste wees.
Let dus op vir die verdere uitbreiding van die Europese Unie na die Midde-Ooste ten einde hulle ekonomiese belange deur die insluiting van olieproduserende lande te versterk, en om ook vrede te probeer skep in die polities mees onstabiele streek op aarde.
Turkye het reeds vir lidmaatskap van die EU aansoek gedoen, terwyl Amerika se geleidelike onttrekking uit die Midde-Ooste ook ander lande in hierdie gebied dwing om na Europa te kyk vir militęre beskerming en ontwikkelingshulp. EU-lande se militęre betrokkenheid by die bevryding van Libië het die grondslag gelę vir sterk ekonomiese en diplomatieke bande tussen Arabiese lande en Europa in die nuwe geopolitieke bedeling wat tans besig is om gestalte aan te neem.
Daar is verskeie faktore wat besig is om ’n herlewing van die antieke węreldryke in die hand te werk. Hieruit is dit duidelik dat belangrike elemente van al vier die vorige węreldryke besig is om uit die stof van ’n byna vergete verlede te ontwaak. Dit word ook waargeneem dat daar ’n ernstige magsvakuum besig is om in hierdie gebiede te ontstaan, asook verontrustende ekonomiese probleme wat grootliks die gevolg is van swak regering en swak leierskap.
Neem die volgende verwikkelinge in die gebiede van die vier ou węreldryke in ag:
Europa is wel besig om in die węreld se belangrikste magsblok verenig te word, maar terselfdertyd is die behoefte aan sterk politieke en ekonomiese leierskap by die dag besig om toe te neem. Europese eenheid is ’n moeilik bereikbare ideaal in ’n kultureel diverse gebied waar die verskillende volke soos yster en klei is wat nie ’n hegte eenheid kan vorm nie. Verder gaan die hele Europa gebuk onder ’n skuldkrisis wat hoofsaaklik die gevolg is van swak regerings wat ’n onbetaalbaar hoë skuldlas op hulle lande gelę het. Oorbesteding het net aangehou en aangehou, terwyl tekorte op die begrotingsrekening aangevul is deur lenings en die uitreiking van verdere staatseffekte wat veral deur buitelandse banke opgekoop is. Die banke het verkeerdelik gemeen dat sulke effekte veilige beleggings met ’n gewaarborgde opbrengs is, omdat Westerse regerings nog altyd hulle skuld kon betaal.
Nou kan verskeie hoogs ontwikkelde lande nie hierdie skuld betaal nie, en die afskaling van hulle kredietwaardigheid het té laat gekom om die probleme te voorkom of reg te stel. Griekeland staan voor in die ry van bankrot lande, maar kort op hulle hakke is Ierland, Portugal, Spanje en Italië wat almal bakhand staan om gehelp te word.
Italië het baie eeue gelede aan die hoof van die magtige Romeinse Ryk gestaan, en beheer oor groot rykdomme uitgeoefen, maar nou is dit ’n sukkelende land met ’n groeikoers van slegs 1%. Die bevolking is vinnig besig om te verouder omdat daar al hoe minder kinders gebore word, en dus minder jongmense is wat tot die ekonomie kan toetree. Italië het vir dekades reeds die mees onstabiele regering in Europa, en hulle beweeg van een wankelrige koalisieregering na die ander. Skandale onder hoëlui is aan die orde van die dag, en in so ’n onstabiele samelewing floreer kriminele elemente soos die Mafia.
Godsdienstig en moreel gesproke is die “post-Christelike Europa” in ’n nóg groter krisis, en dit verklaar die algemene verval na immoraliteit, asook die vinnige uitbreiding van nie-Christelike gelowe soos Islam. Europa het lankal nie meer goeie politieke, ekonomiese en godsdienstige leiers met ’n konstruktiewe visie vir die toekoms nie, daarom beywer hulle hulself nou vir ’n nuwe węreldorde waarin al die sukkelende lande ’n gemeenskaplike lotsbestemming kan soek. Daar is egter so baie verswakte meelopers wat deur die paar sterkes gedra moet word dat verdere vordering haas onmoontlik geraak het. Nou wag hulle vir ’n dinamiese leier om op die toneel te verskyn en die sosio-politieke en ekonomiese landskap so te verander dat daar vir almal weer ’n nuwe begin en ’n nuwe toekoms geskep kan word.
Volgens die Bybel sal so ’n leier wel sy opwagting maak, maar hy sal die Antichris wees. Sy oplossings en vals vrede sal net 3˝ jaar lank werk, dan sal hy homself van ondergang probeer red deur die ergste militęre diktatuur van alle tye in te stel (Matt. 24:15-21; Op. 6:1-8; 13:1-18).
Van die magtige Babiloniese Ryk wat aanvanklik deur Nimrod opgebou is, en later onder die bewind van Nebukadnésar weer as die leidende koninkryk in die węreld gevestig is, het daar in die huidige Irak en sy naburige lande feitlik niks oorgebly nie. Amerika se inmenging in Irak was ’n ramp en het die chaos en bloedvergieting net laat toeneem. Die VSA se troepeonttrekking uit Irak het nou sy finale stadium bereik, en dit gaan van Irak ’n maklike teiken maak vir ’n inval en oorname deur sy magsugtige buurman, Iran. Daar is ook geen einde in sig vir die voortslepende faksiegevegte tussen Sjiďtiese en Soennie-Moslems in dié land nie.
Irak is die hartland van die ou Babiloniese Ryk, en volgens die Bybel gaan hierdie land profeties ’n belangrike rol in die eindtyd speel. Die Antichris sal Irak, Sirië en omliggende gebiede verenig, dalk ook saam met olieryk Persiese Golfstate, en daarvan ’n sterk magsblok binne die breër verband van ’n uitgebreide Europese Unie maak.
Die dier van Openbaring 13 sal die pote van ’n beer hę, wat daarop dui dat hy saam met die herlewing van die Romeinse, Griekse en Babiloniese Ryke ook die Medo-Persiese Ryk sal laat herleef. Persië is die huidige Iran, en hierdie land is heelhartig ingeskakel by die antichristelike agenda vir ’n Islamitiese węreldorde wat fanaties vyandig is teen Israel, die Weste en die Christendom. Dit sal die Antichris dus goed pas om Iran aktief by sy planne te betrek. President Ahmadinejad het al verskeie kere ’n Joodse volksmoord bepleit, en ook die onmiddellike beëindiging geëis van Westerse intervensie in die interne sake van Moslemlande. Volgens Eségiël 38 en 39 gaan Iran ook ’n groot rol speel in ’n toekomstige Russies-Arabiese inval in Israel.
Die kompleksiteit van die Antichris as ’n persoon wat met al vier die antieke węreldryke geassosieer is, veronderstel dat hy uit ’n gebied sal kom wat deel is van al vier hierdie ryke, en dit kan net uit die Midde-Ooste wees. Die Antichris kan nie uit Italië, Frankryk of Engeland kom en steeds aan die Griekse, Babiloniese of Medo-Persiese Ryke gekoppel wees en ook as die Assiriër of koning van die Noorde bekend staan nie.
Die eindtydse vestiging van ’n antichristelike węreldryk sal net so letterlik gebeur as wat daar in historiese tye ses opeenvolgende węreldryke was sedert die antieke Babiloniese węreldryk van Nimrod, gevolg deur die Assiriese Ryk, die herstelde Babiloniese Ryk van Nebukadnésar, die Medo-Persiese Ryk, die Griekse Ryk en die Romeinse Ryk. Almal van hulle het in noue assosiasie met vals godsdienste bestaan, en dit het na ’n sinistere huwelik tussen politiek en godsdiens gelei. Duiwelsgeďnspireerde politieke en godsdienstige mag is gebruik om mense fisies te onderdruk, te manipuleer en geestelik deur leuens te verblind.
Presies dieselfde bondgenootskap tussen politiek en godsdiens sal in die komende węreldryk van die Antichris gesluit word. Op die rug van die eindtydse węrelddiktator, wat deur Johannes as die “dier” beskryf word, sal ’n vrou sit wat die verpersoonliking van al die vals gelowe op aarde sal wees (Op. 17:3-6). Hieruit is dit duidelik dat die duiwel en sy medeheersers nie net na mag streef nie, maar ook na aanbidding. Dit sal op ’n węreldwye vlak afgedwing word, daarom was die vereniging van die węreld nog altyd hoog op die agenda van Satan en sy lakeie.
Met die oog op die realisering van hierdie ideaal sal die politieke ideologie van die Antichris dié van globalisme of węreldeenheid wees. Dit sal ’n allesomvattende nuwe węreldorde van internasionalisme behels. Nasies sal gedenasionaliseer word deurdat hulle van hul godgegewe soewereiniteit afstand sal doen om in die węreldstaat van die Antichris te kan opgaan. Slegs ’n beperkte mate van plaaslike outonomie sal deur regerings behou word. Die meeste van hulle funksies sal bestaan uit die implementering van die besluite en beleidsrigtings van die węreldregering.
Die motivering vir die Antichris se węreldregering sal die skep van internasionale eenheid en harmonie wees, asook die oplossing van węreldvraagstukke en streekkonflikte wat buite die vermoë van enkele lande is. Kort ná sy openbaring sal hierdie nuwe leier homself as ’n diplomaat van buitengewone statuur onderskei. Hy sal feitlik oornag ooreenkomste aangaan en oplossings vind vir konflikte wat die węreld al baie lank teister. As gevolg hiervan sal hy oral geprys en aangehang word, en vinnig opgang maak na ’n posisie van węreldleierskap. Hy sal op die golf van die populęre mening ry, en alle regerings en gemeenskappe sal hoogs beďndruk wees met sy prestasies – veral met sy sukses in die uitvoering van sy ideologie van eenheid, vrede en versoening: “En die hele węreld het verwonderd agter die dier aan gegaan … En aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie” (Op. 13:3, 7).
Die Antichris se nuwe węreldorde van internasionale eenheid, gebaseer op ’n vals, humanistiese vrede en die sosialistiese saamgroepering van alle mense in ’n enkele klas van węreldburgers, sal egter net 3˝ jaar lank hou. Teenstand sal teen sy regering begin ontwikkel, veral wanneer hy homself in die herboude tempel in Jerusalem tot God verklaar en alle mense se aanbidding opeis (2 Thess. 2:4; Op. 13:15). Daar sal ’n suksesvolle aanslag op sy lewe wees, maar hy sal met behulp van sataniese magte van sy dodelike wond herstel (Op. 13:3, 12).
Dramatiese veranderings sal ingestel word, want die Antichris sal skielik van gedaante verwissel: van internasionale vredevors tot militęre diktator. Sy ideologie van węreldeenheid sal hierna deur militęre geweld afgedwing word. Die konings wat vroeër saam met hom regeer het sal, waarskynlik onder dwang, hulle gesag aan hom oorgee sodat hy die onbetwiste alleenheerser van die węreld kan word (Op. 17:13). Dit sal die einde van die Antichris se 3˝ jaar lange neo-Babiloniese węreldryk wees (die sewende kop van die dier) en die begin van sy sataniese skrikbewind van die laaste 3˝ jaar, wat as die “groot verdrukking” beskryf word (Matt. 24:21; Op. 17:11).
Gedurende hierdie tyd sal die węreld deur ’n sataniese driemanskap regeer word: die draak (Satan), die dier (die Antichris) en die tweede dier (die vals profeet). Op die sigbare, menslike vlak, sal dit ’n tweemanregering wees, bestaande uit die Antichris en die vals profeet. Vanuit die geesteswęreld sal Satan egter aan die roer van sake staan, besluite neem en sy mag aan die Antichris oordra: “… en die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag” (Op. 13:2). Dit sal, geestelik gesproke, die donkerste tyd in die geskiedenis van die mensdom wees.
Die antichristelike nuwe węreldorde wat begin het met al sy mooi klinkende slagspreuke van eenheid, vrede en harmonie onder die leiding van ’n bose engel van die lig (2 Kor. 11:14-15), eindig hier in ’n Luciferiese węreldstaat waarin onderdrukking, moord en doodslag, asook die verpligte aanbidding van Satan en die Antichris, aan die orde van die dag sal wees.
Universele godsdienseenheid, m.a.w. die inherente eenheid van alle gelowe op aarde, sal die godsdienstige ideologie van die Antichris wees. Die grondslag van hierdie ideologie is dat alle gelowe dieselfde God op verskillende maniere aanbid. Ten spyte van uiterlike verskille is hulle dus almal in hulle diepste kern dieselfde. Die logiese uitvloeisel hiervan is dat alle gelowe ook vir dieselfde universele messias wag, al gebruik hulle verskillende name vir hom.
Dit is inderdaad soos wat die Antichris sy verskyning op aarde sal maak: die Christus vir die Christene, die Messias vir die Jode, Krisjna vir die Hindoes, die Imam Mahdi vir die Moslems, en die Maitreya Boeddha vir die Boeddhiste. Hy sal hulle onder sy gemeenskaplike leierskap tot ’n hegte alliansie saamtrek. Openbaring 17:3-6 beeld dié ekumeniese groep uit as ’n ontugtige vrou wat deur die Antichris gedra, bemagtig en gebruik sal word om sy valsheid te laat seëvier en alle waarheid te onderdruk.
Hierdie Babiloniese sameflansing van gelowe is die bruid van die Antichris, net soos wat die ware kerk die bruid van Christus is. Die Antichris sal sy bruid dra, koester, en groot openbare erkenning aan haar gee. Hy sal haar gebruik as ’n bondgenoot in die skep van eenheid op aarde. Al haar volgelinge sal van hulle onderlinge eenheid bewus gemaak word, en dit sal die grondslag vir ’n mistiese węreldbroederskap wees. Die realisering van sosiale, politieke en ekonomiese eenheid sal hierdeur aansienlik vergemaklik word.
Ná 3˝ jaar van hierdie geriefshuwelik sal die Antichris se verklaring van homself as God en die opeising van die direkte persoonlike aanbidding van alle mense beteken dat die verskillende godsdienste, hulle kerke, tempels, moskees en sinagoges nie meer nodig sal wees nie en vernietig sal word. Die Antichris se bruid sal dus óf sy verhoogde status van messias tot God moet aanvaar en hom as God aanbid, óf tereggestel word. Met die alliansie van godsdienste en hulle verbintenis met die Antichris as die węreldmessias, sal dit dan verby wees: “En die tien horings wat jy op die dier gesien het, hulle sal die hoer haat en haar verlate maak en naak, en haar vlees eet en haar met vuur verbrand” (Op. 17:16).
Aangesien dit die godsdienstige einddoel van die Antichris sal wees om saam met Satan as God aanbid te word (Op. 13:4, 8, 15), sal Satanisme dus die enigste erkende węreldgodsdiens in die groot verdrukking (die tweede 3˝ jaar) wees. Die verering en aanbidding waarna Lucifer voor sy val uit die hemel gestreef het, en waarby Hy die Here Jesus duisende jare later ook probeer betrek het (Luk. 4:7), sal gedurende die groot verdrukking węreldwyd afgedwing word.
Die eerste drie fases van die Antichris se godsdienstige ideologie word nou reeds in voorbereiding op sy verskyning geďmplementeer. Dit beweeg deur die volgende stadiums en vals aannames na die bose einddoel daarvan:
· Godsdiensgelykheid. Alle gelowe is gelykwaardig, en die een is nie beter as die ander nie. Die speelveld word gelyk gemaak, en hulle word aangemoedig om aan te sluit by ekumeniese liggame soos die Węreldraad van Kerke en sy geaffilieerde liggame, die Węreldkonferensie vir Godsdiens en Vrede, die Węreldparlement vir Godsdienste en die Verenigde Godsdienste Inisiatief. Hierdie forums word gebruik om die deelnemende partye nader aan mekaar te bring, hoewel (vir eers) steeds met die behoud van hulle eie identiteit. Intergeloofsamewerking vind aanvanklik net op die moreel-etiese en sosio-ekonomiese terreine plaas om vrede en verdraagsaamheid in die samelewing te skep, en ook om armoede en ongelykhede uit te skakel. Hierdie ekumeniese liggame is baie krities teenoor evangeliese Christene wat nie met hulle wil assosieer nie.
· Godsdienseenheid. Die samewerking tussen verskillende gelowe ter wille van vrede en menswaardige beleidsrigtings in die samelewing, spoel geleidelik ook na die godsdienstige terrein oor om die leerstellige afstand tussen hulle te vernou. Dit word gedoen met die oog op die vestiging van ’n groter mate van geestelike broederskap tussen die deelnemende gelowe. Hierdie oogmerk word verwesenlik deur die idee te propageer dat alle gelowe dieselfde God aanbid, en dat almal van hulle maar net verskillende name vir dieselfde Skeppergod gebruik. Wanneer die leuen dat dieselfde universele God in alle godsdienste aanbid word goed gevestig is, word hierdie gelowe bondgenote en nie meer konkurrente nie. Volgens multigodsdienstige ekumeniese denke van dié aard lei “alle paaie na Rome” (elkeen kan op sy eie manier salig word), en in werklikheid wag almal van hulle op die verskyning van dieselfde węreldmessias wat deur die universele God gestuur sal word om vrede op aarde te skep.
· ’n Intieme alliansie van węreldgodsdienste. Wanneer die Antichris as die gemeenskaplike messias van alle gelowe op die toneel verskyn het, sal hy al die misleide gelowe in een węreldwye ekumeniese liggaam as sy bruid verenig. Groot mag en aansien sal aan hulle verleen word, en dit sal die afstand tussen hulle verder laat vernou. Die evangeliese Christene wat nie by hulle wil inskakel om die Antichris te aanbid nie, sal openlik vervolg word. Dieselfde vervolging sal ook toegepas word op ander fundamentalistiese gelowe (of faksies van gelowe) wat nie by die ekumeniese liggaam wil aansluit en in vrede met hulle wil saamwerk nie.
· Verpligte aanbidding van Satan en die Antichris. Getrou aan sy ware aard as die groot verraaier, bedrieër en misbruiker van die mensdom, sal die Antichris se “huwelik” met sy “bruid”, soos aangetoon, net 3˝ jaar lank hou. Daarna sal hulle doel uitgedien wees om hom in sy hoedanigheid as die universele Christus van alle gelowe te vestig, te aanbid en na te volg. In daardie stadium sal die Antichris die herboude tempel in Jerusalem betree en homself tot God verklaar. Paulus sę hy sal hom “verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess. 2:4; vgl. Dan. 11:36). Hy sal onmiddellik die alliansie van vals gelowe afskaf en almal van hulle dwing om hom voortaan nie meer net as hulle “messias” te aanbid nie – maar as God. Hulle gehoorsame onderwerping aan hom sal hulle finale daad van rebellie teen die ware God wees, waardeur hulle hul verdoemenis in die poel van vuur sal verseker: “As iemand die dier en sy beeld aanbid en ’n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swael voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang” (Op. 14:9-11).
Dit is die tragiese uiteinde van ekumeniese kompromie wat by die idee van godsdiensgelykheid begin. Die oomblik wanneer die uniekheid van die Christelike geloof as die enigste pad na die Vader ontken word, en Christus van sy Godheid gestroop en met die valse gode van ander gelowe gelykgestel word, dan word die weg gebaan vir die openbaring van Satan se vals christus van alle gelowe (die Antichris). Almal wat ’n pad saam met hom loop, sal in die verderf eindig. Selfs al lyk sy idees aanvanklik hoe goed en reg, sal dit die misleiding van Satan se “engel van die lig” wees en dus in stryd met alle waarheid in die Skrif.
Die ekonomiese ideologie van die Antichris sal ingestel wees op sentrale ekonomiese beheer van die hele węreld. Deur elektroniese hulpmiddels sal hy hierdie beheer toepas en dit ook as ’n metode gebruik om mense se bewegings en aksies te monitor. Sodoende sal die węreldbevolking sy slawe word en nie sonder sy stelsel kan werk, koop of verkoop nie. Hierdeur sal hy finaal sy mag oor al die mense op aarde afdwing.
’n Kontantlose, elektroniesbeheerde węreldekonomie sal ingestel word, en niemand sal kan koop of verkoop sonder die nommer van die Antichris nie (Op. 13:16-18). Uit die konteks waarin hierdie nommer bespreek word, blyk dit dat die toekenning van die nommer nie net ekonomiese regte aan die ontvanger sal verleen nie, maar hom of haar ook daartoe sal verbind om die Antichris as persoon te erken en te aanbid (Op. 13:15; 14:9-11; 20:4). ’n Eed van getrouheid sal dus aan hom afgelę moet word, wat effektief sal beteken dat mense hulle siele aan die duiwel verkoop.
Satan se uniekbemagtigde koning sal dus nie net die politieke en godsdienstige hoof van die węreld wees nie, maar ook volle beheer oor die węreld se geldmag verkry. Die Here Jesus het mense duidelik teen die geldgod, Mammon, gewaarsku en gesę dat geen dienaar van die ware God terselfdertyd ’n dienaar en volgeling van Mammon kan wees nie: “Julle kan nie God én Mammon dien nie” (Luk. 16:13).
Die węreld is nou gereed vir die ruiter op die wit perd van Openbaring 6:2. Dit sal die Antichris wees, wat vir ᾽n kort tyd oorloë en opstande in die węreld sal beëindig en dus oral die demobilisasie van troepe moontlik sal maak. Sy suksesvolle optrede as diplomaat en vredemaker sal daartoe lei dat hy spoedig ’n posisie van politieke leierskap, asook godsdienstige en ekonomiese leierskap, in die węreld sal verkry.
Wanneer dinge na net ’n paar jaar vir hom lelik begin skeefloop en groot opposisie teen sy bewind ontstaan, sal hy ’n militęre diktatuur instel en deur middel van militęre dekrete regeer. Die ruiter op die wit vredesperd sal dan skielik verander in die ruiter op die rooi perd van oorlog, wat gevolg sal word deur die swart perd van rantsoenering en die vaal perd van die dood (Op. 6:3-8).
Daar wag dus vir die węreld ’n “groot verdrukking” soos daar nog nooit was nie (Matt. 24:21), maar dit sal op ᾽n misleidende wyse ingelui word deur die vals vrede en eenheid van ᾽n antichristelike nuwe węreldorde. Dit is waarvoor almal nou wag om uit hulle huidige dilemmas verlos te word. Ware Christene moet egter nie hiervoor wag nie, maar vir die skielike koms van die hemelse Bruidegom: “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan” (Luk. 21:36).
Die Bybel noem ’n aantal sleutelaspekte van die Antichris se korrupte en immorele karakter, wat almal uitdrukkings is van Satan se haat teenoor die drie-enige God en sy volgelinge:
· Nadat die teëhouer (die ware kerk van Christus) uit die weg geruim is en algehele geestelike duisternis ingetree het, sal “die ongeregtige” (die Antichris) geopenbaar word (2 Thess. 2:8). Die woord “ongeregtige” beteken “die anargis” of “die een wat sonder enige wette is”.
· Hy sal met lis en deur politieke bedrog ’n leierskapsposisie verkry, en daarna deur middel van slim diplomasie vinnige opgang na sy einddoelwit van węreldleierskap maak (vgl. Dan. 9:27).
· “Hy sal probeer om tye en wet te verander” (Dan. 7:25). Hy sal alle tradisies en wette verbreek en verander. Moontlik sal hy huwelike afskaf en selfs die dae van die week verander.
· Hy sal God se orde van selfbeskikkende nasies afskaf deur die grense tussen hulle te verwyder en ’n Babiloniese samelewing van węreldburgers te skep (Jes. 10:13; Op. 13:3).
· Hy is “die mens van sonde”. Hy sal dus alle wette oortree – in die eerste plek God se wette en verordeninge, maar ook alle mensgemaakte wette.
· Hy is ook “die seun van die verderf”. Hierdeur word sy verderflike en besoedelde karakter beskryf wat deur ’n oormaat sadisme, leuens, skelmstreke en rebellie gekenmerk sal word.
· Hy is die “teëstander”. Hy is God se teëstander wat in sy plek aanbid wil word; daarom kom hy ook as die Antichris om in Christus se plek as Messias aanvaar te word.
· Hy is ’n selfverklaarde God. Nadat hy 3˝ jaar lank as węreldmessias vereer is, sal hy tot die uiterste daad van rebellie teen God oorgaan deur homself tot God te verklaar.
· Hoogmoed en selfverheffing sal die aanleidende gesindheid tot sy selfvergoddeliking wees.
· Hy sal ’n lasteraar van die ware God en van die heiliges wees (Op. 13:5-6; Dan. 7:25). Hoewel hy vir 3˝ jaar met sy subtiele bedrog deur die Jode as Messias aanvaar sal word, sal hy in sy hart die grootse Jodehater van alle tye wees. Jodehaat sal in die laaste 3˝ jaar węreldwyd aangeblaas word.
· Hy sal by uitstek ’n beoefenaar van sataniese magte wees. Hy sal kragtige tekens en wonders deur middel van sy okkultiese magte doen, en daardeur mense mislei. Hoewel hy in werklikheid ’n towenaar sal wees, sal hy die reputasie verwerf as die mees gesalfde beoefenaar van goddelike magte op aarde.
· As ’n professionele misleier wat deur Satan (die engel van die lig) vir hierdie taak toegerus is, sal hy vernuftig te werk gaan om bedrog te pleeg. “Dié wat goddeloos handel teen die verbond, sal hy met vleiery afvallig maak” (Dan. 11:32). Hy sal omkoopgeskenke aan sy vriende en gunsgenote gee om hulle lojaliteit te verseker. Hulle wat hom aanvaar en met sy duistere komplotte saamwerk, sal hoë poste en grond kry: “Diegene wat hy erken, sal hy baie eer en hulle oor baie laat heers en grond as beloning uitdeel” (Dan. 11:39).
· Ten diepste sal hy ’n geweldenaar en mensemoordenaar wees, wat deur onbeheerste woedebuie oorval sal word as daar enige opposisie teen sy węreldregering ontstaan: “Gerugte uit die ooste en uit die noorde sal hom verskrik; daarom sal hy met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref” (Dan. 11:44).
· Hy sal ’n psigopaat met ’n gesplete persoonlikheid wees – inderdaad ’n man met baie gesigte, soos wat hy ook ’n dier met baie koppe is. Soms sal hy as ’n verleier en misleier so vriendelik en sjarmant wees dat niemand enigiets slegs in hom sal kan raaksien nie. Dan sal die donker kant van sy karakter weer die oorhand kry en hom ongelooflike wreedhede laat pleeg. In die eerste helfte van die verdrukking sal die onskuldige (engel van die lig) gedeelte van sy persoonlikheid dominant wees, en in die tweede helfte die donker, woeste deel daarvan. Weens sy normloosheid en buierigheid sal hy totaal onvoorspelbaar en onbetroubaar wees.
As gevolg van die invloed van die Antichris as ’n geweldenaar en die mens van sonde, sal ’n geweldskultuur en ’n sondekultuur tydens sy bewind oor die hele węreld uitbrei.
|
CHRISTUS |
DIE ANTICHRIS |
|
Hy daal uit die hemel neer en verskyn as mens, maar is van hemelse oorsprong (Joh. 3:13; 6:38). |
Hy kom uit Satan se afgrond op en sal as ’n mens uit die see van nasies voortkom (Op. 17:8 en 13:1). |
|
Hy is die Seun van God en het gekom om sy hemelse Vader aan die węreld te openbaar (Matt. 16:16). |
Hy is die seun van die verderf en sal sy vader se verdorwe en bose karakter kom openbaar (2 Thess. 2:3). |
|
Hy is die waaragtige God en die ewige lewe (1 Joh. 5:20). |
Hy sal homself valslik tot God verklaar (2 Thess. 2:4). |
|
Hy is sondeloos (2 Kor. 5:21; Heb. 4:15). |
Hy is die mens van sonde (2 Thess. 2:3-10). |
|
Hy het in die Naam van sy Vader gekom (Luk. 10:22). |
Hy kom in sy eie naam (Joh. 5: 43). |
|
Hy het gekom om die Vader te verheerlik (Joh. 17:4). |
Hy sal homself verheerlik en laster teen God (Op. 13:5-6). |
|
Hy is een met die Vader en die Heilige Gees, en het gekom om die Vader te openbaar (1 Joh. 5:7; Joh. 14:9). |
Hy sal saam met die draak en die vals profeet ’n driemanskap vorm en Satan verteenwoordig (Op. 13: 4, 11-12). |
|
Hy is die Verlosser van die węreld, en het gekom om ons van Satan se slawerny te bevry (1 Joh. 4:14; Joh. 8:36). |
Hy sal van die mensdom slawe van sy antichristelike ryk van die duisternis maak (Op. 13:7, 15-18). |
|
Hy het as ’n nederige dienskneg na die aarde gekom en sy lewe as ’n losprys gegee (Mark. 10:45). |
Hy sal in sy eie oë groot en verhewe wees en as ’n absolute diktator heers (Dan. 11:36; 2 Thess. 2:4). |
|
Hy het gekom om sondaars te red vir sy koninkryk (Luk. 19:10; Matt. 25:34). |
Hy sal kom om mense oor die aarde te verstrooi en hulle te verdelg (Dan. 11:44). |
|
Hy het gekom om God se geregtigheid op aarde te laat geskied (Fil. 3:9). |
Hy sal sonde en ongeregtigheid laat hoogty vier op aarde (2 Thess. 2:3). |
|
Hy het die wet kom vervul (Matt. 5:17-18). |
Hy sal tye en wette verander (Dan. 7:25). |
|
Hy bring vrede in mense se harte met God, maar konflik met die ongeredde węreld (Joh. 14:27; Matt. 10:34). |
Hy sal ’n vals vrede op aarde skep wat skielik in duie sal stort en op die groot verdrukking sal uitloop (1 Thess. 5:3). |
|
Hy het gekom om Satan te ontmasker en sy werke te verbreek (Kol. 2:15; 1 Joh. 3:8). |
Hy sal die god van die vestings (Satan) vereer met alles wat hy het (Dan. 11:38). |
|
Hy neem sterk standpunt in teen hebsug en aardse rykdom (Luk. 12:15). |
Hy sal groot rykdomme vergader en omkoopgeskenke uitdeel (Dan. 11:39, 43). |
|
Hy het die waarheid oor God, Satan, sonde, redding, die hemel en die hel aan die mensdom bekend gemaak (Matt. 22:16; Joh. 1:17 en 8:31-32). |
Hy sal die mensdom geestelik kom mislei en in leuens laat glo wat tot hulle ondergang sal lei (Matt. 24:4-5; 2 Thess. 2:9; vgl. ook Joh. 8:44). |
|
Hy verbind Homself net aan die ware kerk wat sy Naam bely en die afgode verwerp (Joh. 14:6; 2 Kor. 6:14). |
Hy verbind homself aan al die vals godsdienste wat bereid is om hom as hul messias te erken (Op. 17:3-6). |
|
Sy bruidsgemeente sal vir altyd by Hom wees (2 Kor. 11: 2; 1 Thess. 4:17). |
Sy bruid, die vals węreldkerk, sal ná 3˝ jaar vernietig word (Op. 17:16). |
|
Hy doen sy oortuigingswerk deur die Gees van die waarheid (Joh. 16:13-14). |
Hy oortuig mense d.m.v. ’n duiwelse gees van dwaling (2 Thess. 2:9; 1 Joh. 4:3, 6). |
|
Hy sal uit die hemel neerdaal en sy voete op die Olyfberg sit (Sag. 14:4-5). |
Hy kom uit die woestyn en sal op TV gesien kan word (Matt. 24:26). |
|
Sy koninkryk sal vir ewig duur (Op. 11:15). |
Sy ryk sal kortstondig wees (Op. 17:9-12). |
|
Hy is die oorwinnaar wat oor die Antichris en sy magte sal triomfeer (Op. 19:19-21). |
Hy sal vir ewig tot die hel verdoem word wanneer die Here Jesus kom (Op. 19:20). |
|
Sy volgelinge beërf ’n ewige koninkryk waarin hulle vir altyd saam met Hom sal regeer (Kol. 1:13-14; 2 Pet. 1:11). |
Sy volgelinge sal sy lot vir ewig in die hel met hom deel, waar hulle saam met hom gepynig sal word (Op. 14:9-11). |