Afdeling A: Die Antichris en Eindtydse Oordele

Profesieë oor die laaste dae moet nie in isolasie beskou word nie, maar as die eindtydse kulminasie gesien word van ’n eeue oue stryd tussen die koninkryk van God en die koninkryk van Satan. Hierdie twee koninkryke het uit verborge, geestelike sfere hulle invloed op die węreld laat uitgaan, maar in die eindtyd gaan hulle sigbaar geopenbaar word. Dit sal begin by die verskyning van die Antichris as die koning in Satan se węreldryk, terwyl Christus sewe jaar later sy sigbare verskyning op die Olyfberg sal maak om as Koning van die konings sy vyande te verdelg en self uit Jerusalem oor die aarde te regeer.

Uit ’n studie van węreldgodsdienste is dit duidelik dat almal van hulle die verwagting koester van ’n groot geestelike leier wat op die toneel sal verskyn om die węreld te hervorm en te verenig. Die duiwel gaan binne die raamwerk van hierdie verwagtings ’n polities/godsdienstige węreldleier stuur om die mensdom verder te mislei en op die pad na die verderf aan te help.

Globalisme is die ideologie wat ten grondslag lę van die Antichris se komende węreldregering. Verskillende vorms van globalisme word tans as postmoderne denkwyses gevestig, en hierdeur word die toneel finaal voorberei vir die verskyning van hierdie verraderlike węreldleier.

Daar word duidelike tekens van die tye in die Bybel genoem, en die Here spreek die eindtydse mensdom hierdeur aan om hulle te waarsku teen ernstige misleiding, asook teen groot oordele wat oor die aarde uitgestort gaan word. Dit sal gebeur in die dag van die Here, ’n tydperk wat sal saamval met die sewe jaar lange regering van die Antichris.

Die tye van die nasies sal op die dag van Christus se wederkoms beëindig word wanneer Hy die koningskap op sy skouers sal neem (Op. 11:15), Israel se koninkryk sal herstel en self van die troon van Dawid af sal regeer (Hand. 15:16-17). Die letterlike aard van hierdie węreldhervormende gebeurtenisse vereis dat ons die tekens wat op die spoedige aanbreek daarvan dui, letterlik sal opneem. Groot verwarring en onsekerheid oor wat die eindtyd inhou, ontstaan wanneer Bybelse profesieë vergeestelik en allegories verklaar word.

 

1. Die Stryd Tussen Twee Koninkryke

Indien ons beter insig wil hę in die dramatiese, eindtydse konfrontasie tussen die koninkryke van God en Satan, moet ons die antagonisme en vyandigheid in oënskou wat sedert die begin van tyd tussen hulle bestaan het. Binne hierdie breë perspektief sal dit duidelik wees hoe hierdie opponerende geestelike magte deur die eeue heen aan die werk was, en hoe die ernstige konflik tussen hulle tans besig is om na sy finale en beslissende fase op te bou.

Die koninkryk van die duisternis is ’n werklikheid waarvan elke mens kennis moet neem, omdat ons almal by ’n stryd daarteen gewikkel is. Hierdie stryd het in prehistoriese tye begin toe Satan en sy demone weens hulle rebellie teen God uit die hemel gewerp is. Die Here het vir Lucifer gesę: “Jy was volkome in jou weë van die dag af dat jy geskape is, totdat daar ongeregtigheid in jou gevind is. … Jou binneste [is] met geweld gevul, en jy het gesondig; daarom het Ek jou as onheilige van die godeberg afgedrywe. ... Hoogmoedig het jou hart geword oor jou skoonheid; jy het jou wysheid verderwe weens jou glans. Ek het jou op die grond gewerp” (Eseg. 28:12-17).

Die Here gee in die boek Jesaja meer inligting oor die duiwel se uitwerping: “Hoe het jy uit die hemel geval, o môrester, seun van die dageraad! Hoe lę jy teen die aarde neergeslaan, oorweldiger van nasies! En jý het in jou hart gesę: Ek wil opklim in die hemel, en my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms in die uithoeke van die Noorde. Ek wil opklim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste! Ja, in die doderyk sal jy neergewerp word, in die diepste plekke van die kuil!” (Jes. 14:12-17).

Lucifer is saam met ’n derde van die engele in die hemel uitgewerp (Op. 12:4), wat daarop dui dat hy aansienlike mag het. Die gevolge van Lucifer se uitwerping uit die hemel was geweldig. Hy het wraak gesweer op God en sy koninkryk deur God se skeppingswerk oral aan te val en te verwoes. Hierdie oorlogsverklaring het finaal van hom Satan, God se vyand en teëstander, gemaak. Hy wil veral mense wat na die beeld van God geskape is, mislei, van God vervreem en hulle verander in gewoontesondaars wat aan sy eie, bose karakter gelykvormig is.

Die stryd tussen hierdie twee koninkryke vind hoofsaaklik in ’n geestelike dimensie plaas, daarom moet ons geleer word om geestelike wapens teen die vyand en sy misleidingstegnieke te gebruik. Paulus sę ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen ’n geestelike vyand in die lug (Ef. 6:12). Vir die Korinthiërs sę hy: “Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot die gehoorsaamheid aan Christus” (2 Kor. 10:3-5).

Satan probeer met alle mag om te voorkom dat die gevalle mens sy gebroke beeld van God deur bekering en ’n geloofsverhouding met sy Verlosser herstel. Wanneer daar wél ’n geloofsband tussen mense en God bestaan, val hy dit deur middel van geestelike misleiding en negatiewe ervarings aan, sodat mense nie meer in die Here moet glo en Hom dien nie. Met hierdie pogings het hy nog altyd groot welslae behaal – tot só ’n mate dat al die bedelings in die mens se heilsgeskiedenis tot dusver in grootskaalse ongeloof geëindig het. Hierdie situasies van geloofsverval het gelei tot dramatiese ingrypings deur die Here, waarin die medewerkers van Satan geoordeel is en telkens weer ’n nuwe fase in die progressiewe ontplooiing van God se heilsplan vir die mens aangekondig is.

Volgens Bybelse profesieë sal die toekomstige bedelings ook deur Satan se toedoen in groot ongeloof onder die meerderheid van die mensdom eindig. Die kulminasie van ongeloof en geestelike misleiding sal tydens die toekomstige bewind van die Antichris plaasvind. Kom ons kyk histories én profeties na hierdie demoniese aanvalle op geloof en maak seker dat ons nie ook, soos duisende ander mense, van die geloof afvallig raak en die slagoffers van verleidende geeste word nie (1 Tim. 4:1):

1. Die bedeling van onskuld in die Tuin van Eden

Adam en Eva het geen kennis van kwaad gehad nie. Hulle het in die Tuin gewandel, geglo wat God vir hulle gesę het en ’n gespreksverhouding met Hom gehad. Satan het egter op ’n listige manier op hulle toegeslaan. Hy het homself as ’n slang vermom en die saad van ongeloof in hulle harte gesaai. Die Here het vir hulle gesę dat hulle nie van die boom van die kennis van goed en kwaad mag eet nie, en dat indien hulle dit doen, hulle sekerlik sou sterf (Gen. 2:17). Satan het vir Eva mislei deur te sę dat hulle gewis nie sou sterf as hulle van die vrugte eet nie, maar dat hulle soos God sou wees. Hierdie twee leuens is deur die eeue heen verkondig, en is daarop gerig dat die mens homself moet vergoddelik en ook glo dat hy nie sal sterwe nie maar deur reďnkarnasie altyd weer na die land van die lewendes sal terugkeer.

Hierdie misleiding het verreikende gevolge gehad, want Adam en Eva se geloofsband met God, wat die Gewer van die lewe is, is deur die toedoen van die duiwel verbreek. Hulle het as gevolg daarvan onmiddellik geestelik gesterf en ook biologies sterflike mense geword. In plaas van gehoorsaamheid aan God het hulle aan ’n vreemde god, die duiwel, gehoorsaam geword. Dit het aan hulle ’n gevalle natuur besorg wat ook deur al hulle afstammelinge geërf is (Rom. 5:12). Dit is die erfsonde en lei steeds daartoe dat alle mense as sondaars gebore word. As hulle nie deur Jesus Christus lewend gemaak word nie, leef hulle onder die heerskappy van die god van hierdie węreld en stuur op die ewige dood af (Rom. 5:13-19). In hierdie toestand bly hulle onder God se oordeel.

Die duiwel het in sy stryd teen die mensdom ’n groot slag geslaan, want Adam en Eva is weens hulle ongeloof uit die Tuin van Eden verdryf. Só het die bedeling van onskuld in ’n tragedie vir die hele mensdom geëindig.

2. Die bedeling van die gewete

Die Here het dit vir die gevalle mensdom moontlik gemaak om deur hulle gewete tussen goed en kwaad te kon onderskei. Hulle kon deur gebed en offers met God kommunikeer en dus weer ’n verhouding met Hom opbou. Keuses kon tussen ’n regte en verkeerde lewenstyl gemaak word. Die Here het vir Kain gesę: “Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie – die sonde lę en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar jý moet daaroor heers” (Gen. 4:7).

Die neiging tot sonde het egter sodanig die oorhand gekry dat die hele mensdom, met uitsondering van slegs Noag en sy gesin, in algehele ongeloof en goddeloosheid verval het: “Die boosheid van die mens op die aarde was groot en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg” (Gen. 6:5). Hulle het voortdurende vyande van God geword en deur hulle uiterste boosheid die toorn van God uitgelok. Hulle het selfs met Noag se profetiese waarskuwings die spot gedryf en sodoende hulle harte verder teen die Here verhard.

Hierdie toestand van ongeloof, geestelike rebellie en verraad teen God het tot die einde van ’n hele geslag mense op aarde gelei. “En God sę vir Noag: Die einde van alle vlees het volgens my besluit gekom; want die aarde is deur hulle vervul met geweld. En kyk, Ek gaan hulle saam met die aarde verdelg. Maak vir jou ’n ark” (Gen. 6:13-14). In hierdie vroeë stadium van die menslike geskiedenis was dit reeds duidelik dat God nie die regverdiges saam met die ongelowiges oordeel nie, want Noag en sy gesin het die rampe deur middel van die ark ontvlug.

3. Die bedeling van menslike regering ná die vloed

’n Nuwe fase het in die węreldgeskiedenis aangebreek toe volke met onafhanklike regerings tot stand gekom het. Hulle het die keuse gehad of hulle die Here wou dien of nie. Hulle het egter almal heidense nasies geword wat afgode aanbid het, en dit was die bewys dat hulle almal deur Satan mislei is. Tydens die bou van die toring van Babel het hulle probeer om ’n heidense węreldregering te vestig. Die Here het hierdie poging deur die taalverwarring verydel, maar die verskillende volke het steeds met hulle afgodery en ongeloof voortgegaan.

Die Here het Hom in hierdie geestelik donker situasie laat geld deur vir Homself ’n volk uit die heidendom te roep en af te sonder. Dit was Israel. Hierdie volk is deur ’n groot droogte gedwing om Egipte toe te trek waar hulle die slawe van die heidense Egiptenare geword en self geestelik omtrent heeltemal verval het. Nęrens in die bewoonde węreld was daar ’n enkele groep mense oor wat in die Here geglo en Hom gedien het nie – hulle was almal navolgers van die vals god van hierdie węreld wat homself op baie verskillende maniere deur heidense gelowe openbaar.

4. Die bedeling van die wet

Die Here het ’n nuwe bedeling begin deur Israel uit Egipte te verlos en weer geloof in hulle verduisterde harte te vestig. Hy het sy wet aan hulle gegee en hulle geleer hoe om in sy weë te wandel en ’n geloofsverhouding met Hom te handhaaf. Hy het Homself deur die diens van priesters in die tabernakel aan sy volk geopenbaar.

Israel se lang geskiedenis in die Ou Testament is egter hoofsaaklik deur geestelike afvalligheid, ongehoorsaamheid aan die wet, ongeloof in die ware God, en die aanbidding van afgode gekenmerk. Die Here het hulle dikwels aan hulle vyande oorgegee, en in een stadium vir 70 jaar lank as ballinge na Babilonië laat wegvoer. Telkens het die goddeloosheid maar weer die oorhand gekry, en hulle het soms so ver teruggeval dat hulle die profete van die Here verdryf of doodgemaak het. Die gevolg hiervan was dat die Here ná Maleági vir 400 jaar nie weer ’n profeet na Israel gestuur het nie. Die volk van God het in geestelike duisternis en ongeloof verval, en saam met die hele res van die węreld se inwoners was hulle slagoffers van “die owerste van die mag van die lug” (Ef. 2:2). Hy is die vernietiger van ’n ware geloof.

5. Die bedeling van die kerk

Met die geboorte van Jesus is ’n vaste en duidelike grondslag gelę om geloof in miljoene mense se harte te vestig. Die Here self het dit moontlik gemaak: “Want so lief het God die węreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hę. ... Hy wat in Hom glo, word nie veroordeel nie; maar hy wat nie glo nie, is alreeds veroordeel omdat hy nie geglo het in die Naam van die eniggebore Seun van God nie” (Joh. 3:16, 18). Die aanvaarding of verwerping van geloof in Hom het die węreld in twee groepe mense verdeel – die kinders van God en die kinders van die duiwel (2 Kor. 6:18; Joh. 8:44). As gevolg van Israel se ongeloof in die Messias het die opdrag gekom om die evangelie onder alle nasies te verkondig, van Jerusalem af en verder. Só het die węreldwye kerk van Christus gestalte verkry.

Saam met die groter openbaring van God se koninkryk in die Nuwe Testament het daar ook aansienlik meer kennis van Satan se koninkryk gekom. Die stryd tussen hierdie twee koninkryke het ’n nuwe dimensie verkry omdat die Bose alles in die stryd gewerp het om mense daarvan te weerhou om geloof in Christus as hulle Verlosser te stel. Diegene wat Christus reeds bely het, se geloof is aangeval in ’n poging om dit te vervals, te verswak of selfs te vernietig. Daar moes aktief teen Satan en sy ondermynende werk weerstand gebied word.

Sommige gelowiges het nie teen misleiding gewaak soos wat hulle moes nie, en ’n duur prys hiervoor betaal. Paulus het vir die Korinthiërs gesę: “Ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. Want as iemand kom en ’n ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle ’n ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of ’n ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval” (2 Kor. 11:3-4).

As gevolg van grootskaalse misleiding het die vroeë Christelike kerk gou ontrou teenoor die Here geword en in verskillende dwalings verval (vgl. Op. 2 & 3). Dit het daartoe gelei dat die lig van die evangelie grootliks uitgedoof geraak het in die węreld en op die duisend jaar van die Donker Middeleeue uitgeloop het. Daar word soms na hierdie duisend jaar as “Satan se millennium” verwys omdat geestelike dwalings so oorheersend was. In dié tyd was daar net klein groepies vervolgde Christene soos die Waldensers in Italië, wat in die berge en in grotte teen die sogenaamde “heilige leërs” van die Vatikaan skuiling moes soek.

Eers twee eeue ná die Kerkhervorming het die groot herlewings van die 18de en 19de eeue voorgekom, waarin miljoene mense in baie węrelddele met die evangelie bereik is. Ongeloof, bygeloof en valse gelowe is deur die ware geloof van die Bybel vervang. Die herlewingstyd het egter ook verbygegaan en is in die 20ste eeu gevolg deur ’n tyd van grootskaalse geestelike verval in die węreld. Materialistiese en humanistiese denke het die plek van geloof in die ware God verdring en die mens het mettertyd sy eie god geword en in sy eie vermoëns en insig begin roem. Tegnologiese prestasies en wetenskaplike kennis op verskeie terreine het van hom die bepaler van sy eie lotgevalle gemaak – hy het nie meer ’n God in sy lewe nodig gehad nie en heeltemal sekulęr in sy lewensuitkyk geword.

Vir diegene in die moderne węreld wat wél nog in godsdiens belanggestel het, het die duiwel ’n godsdiens van vals geestelike ervarings opgedis. Gebed word deur Oosterse meditasie vervang, tesame met vreemde mistiese ervarings wat mense baie eienaardig en irrasioneel laat optree. Die Here het ons deur sy Heilige Gees baie ernstig hierteen gewaarsku omdat dit ’n sekere manier is om ’n ware geloof te vernietig: “Die Gees sę uitdruklik dat in die laaste tye sommige van die geloof afvallig sal word en verleidende geeste en leringe van duiwels sal aanhang” (1 Tim. 4:1).

Benewens die effek van humanisme, sekularisme en geestelike misleiding, kan geloof ook deur ’n permissiewe, sondige lewe vernietig word. Paulus het afvalliges sterk oor hierdie probleem aangespreek: “Sorg daarvoor, broeders, dat daar nie miskien in een van julle ’n bose en ongelowige hart is deurdat hy van die lewende God afvallig word nie. Maar vermaan mekaar elke dag so lank as dit vandag genoem word, sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie” (Heb. 3:12-13). Wanneer iemand se hart boos en ongelowig geword het, kan hy homself nie meer as ’n gelowige beskryf nie, al behoort hy ook aan ’n kerk. Christus sę aan sulke afvallige lidmate: “Jy het die naam dat jy leef, en jy is dood” (Op. 3:1).

In die lig van die grootskaalse geloofsverval wat die Bybel vir die eindtyd voorspel, is dit duidelik dat die węreld op ’n herhaling afstuur van dit wat in die vorige bedelings gebeur het. Die Here Jesus het gewaarsku dat dit kort voor sy wederkoms weer soos die tyd van Noag en Lot sal wees (Luk. 17:26-30). In daardie tyd was die ware gelowiges só ’n klein minderheid dat hulle glad nie die karakter van die samelewing bepaal het nie en ook niks aan die toenemende boosheid kon doen nie. Die Here het toe gesorg dat die klein groepie gelowiges in ’n plek van veiligheid gestel word, waarna Hy die meerderheid ongelowiges geoordeel het.

Ons is in dieselfde situasie, en evangeliese Christene kan nie meer hulle stempel op die samelewing afdruk nie. Die gevolg is dat Christelike grondwette, Christelike onderwys, Christelike moraliteit en Bybelse regspraak met gepaste strawwe vir misdadigers, alles verdwynende verskynsels is. In die plek daarvan kom normloosheid, bandeloosheid, korrupsie, gewelddadigheid en verdorwe lewenspatrone soos wat die węreld nog nooit geken het nie – selfs erger as in die tyd van Noag en Lot. In ons geval gaan die Here ook die klein groepie ware gelowiges wegneem – hierdie keer deur middel van die wegraping (Luk. 21:36; 1 Thess. 4:16-17) – en dan die goddeloses in die verdrukking oordeel.

Wanneer geloof in iemand se lewe uitgedoof geraak het, kan die duiwel dit deur enige van ’n groot aantal valse idees, sondes, eiegeregtigheid en selfs vreemde ervarings vervang.

6. Bedeling van die Antichris se regering

Direk ná die wegraping sal die Antichris geopenbaar word; dan begin die bedeling van sy sewe jaar lange regering op aarde. Reg aan die begin daarvan sal daar geen gelowiges wees nie, wat daartoe sal lei dat die hele węreld verwonderd agter die dier sal aanloop en hom ook sal aanbid. Daar sal egter spoedig 144 000 Jode gered word, en deur hulle bediening ook baie ander mense op aarde (Op. 7:1-17). Die Antichris sal nietemin uitermate deur Satan bemagtig word om die koninkryk van die duisternis op alle mense af te dwing. Hy sal diegene laat doodmaak wat weier om hom te aanbid en sy nommer te ontvang (Op. 13:15; 20:4). Volgens Openbaring 6:9-11 sal alle Christene in dié tyd ’n marteldood sterf. Dit is met die oog hierop dat die Here Jesus gevra het: “As die Seun van die mens kom, sal Hy wel die geloof op die aarde vind?” (Luk. 18:8). ’n Ware geloof kan nie bestaan wanneer mense in ’n valse christus glo nie.

Hierdie bedeling van sewe jaar sal nie net in węreldwye ongeloof eindig nie, maar ook in ’n demoniesgeďnspireerde poging om Christus tydens sy wederkoms dood te maak. Satan weet dat Jesus ná die sewe jaar van verdrukking terugkom aarde toe en sy voete op die Olyfberg sal sit. Demone sal uitgestuur word om al die nasies in die Antichris se ryk vir hierdie konfrontasie te mobiliseer (Op. 16:13-16). Hulle groot doel met hierdie samespanning sal wees om teen Christus en sy hemelse leër te veg, maar dit sal tot hulle eie vernietiging lei (Op. 19:19-20).

7. Bedeling van die Vrederyk. Jesus Christus sal na die aarde terugkeer om sy vyande wat onder die leiding van die Antichris en die vals profeet versamel is, te oordeel en ook vir Satan ’n duisend jaar lank in ’n put te laat bind (Op. 19:19–20:3). By daardie geleentheid sal Hy die oorblyfsel van Israel én die nasies red omdat hulle bitter berou sal hę oor hulle groot sonde, naamlik dat hulle Hom nie in geloof aangeneem het as die Verlosser van die węreld nie: “En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid” (Matt. 24:29-30; vgl. Sag. 12:10-11).

Die Here Jesus sal van die herstelde troon van Dawid af uit Jerusalem oor die hele aarde regeer (Hand. 15:16-17; Op. 19:15). Sy heiliges sal ook in hierdie regering deel deur saam met Hom as konings te regeer (Op. 2:26-27; 5:9-10; 20:4). Die geredde Israel sal die Here se begenadigde getuies wees wat in hierdie bedeling die węreld sal evangeliseer (Jes. 27:6). Hulle sal by almal in aansien wees (Sag. 8:23). Hoewel die eerste geslag mense ná Christus se wederkoms almal gered sal wees, sal hulle kinders steeds met ’n sondige natuur gebore word en dus geëvangeliseer moet word sodat geloof in Christus ook in hulle harte gevestig kan word.

So verbasend en onwaarskynlik as wat dit ook al mag voorkom, sal vormgodsdiens mettertyd in die Vrederyk intree en tot grootskaalse ongeloof lei. Dit sal die regstreekse gevolg wees van die feit dat mense nie waarlik weergebore is en hulle ou, sondige natuur gekruisig het nie. Die duiwel as die verleier van die węreld (vgl. Op. 12:9; 20:3), tesame met al sy bose geeste, sal nie daar wees om die mensdom te verlei nie, daarom sal hulle nie aktiewe dade van rebellie teen God pleeg nie. Hulle sal die voordele en voorregte van daardie besondere tyd in die węreldgeskiedenis geniet, maar nogtans potensiële slagoffers van die duiwel wees die oomblik wanneer hy weer die geleentheid kry om hulle te verlei.

Wanneer Satan ná die duisend jaar uit die put losgelaat word om die mensdom te toets en die verborge gesindhede van hulle harte te openbaar, sal die meeste van hulle onmiddellik in sy mag val en aan die laaste groot rebellie teen God en sy koninkryk deelneem:

“En wanneer die duisend jaar voleindig is, sal die Satan uit sy gevangenis ontbind word; en hy sal uitgaan om die nasies te verlei wat in die vier hoeke van die aarde is, die Gog en die Magog, om hulle te versamel vir die oorlog; en hulle getal is soos die sand van die see. En hulle het opgekom oor die breedte van die aarde en die laer van die heiliges en die geliefde stad omsingel, en vuur het van God uit die hemel neergedaal en hulle verslind. En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid” (Op. 20:7-10). Satan gaan selfs in die koninkryksbedeling daarin slaag om miljoene mense tot ongeloof en rebellie te verlei.

Die eindtydse konfrontasie

Die volgende groot konfrontasie in die uitgerekte oorlog tussen die koninkryke van God en Satan sal gedurende sewe jaar lange verdrukking wees. Die Antichris sal die verpersoonliking wees van al Satan se haat teenoor God, sy Seun en die miljoene geredde mense wat tot sy koninkryk toegetree het. Aangesien ons so naby aan die einde van die kerkbedeling is, is dit noodsaaklik dat ons onsself vergewis van die tekens van die tye wat dui op die spoedige openbaring van die laaste en wreedste diktator van alle tye. Die gees van afvalligheid, kompromie, węreldeenheid en selfverheerliking wat die weg vir hom voorberei, moet deur evangeliese Christene weerstaan word. Ons het die opdrag om teëhouers te wees van die mens van sonde totdat God se doel met die kerkbedeling ten volle bereik is (2 Thess. 2:6-10).

Op ’n gegewe oomblik sal die Here al die ware gelowiges wegneem, en daardeur die goddelose węreld oorlewer aan die misleiding en magsoorname deur die komende valse christus en sy valse profeet. Hy sal spoedig na ’n posisie van onbetwiste węreldleierskap uitstyg. In die volgende hoofstukke sal ons hierdie eindtydse leier se verskyning en misleidende strategieë in oënskou neem. Sy belangrikste doelwit sal wees om teen die ware Christus te veg in ’n poging om te voorkom dat Hy sy vyande verdelg, Israel red, die troon van Dawid herstel en as Koning van die konings regeer.

 

2. Verskyning en Optrede van die Antichris

Die eindtydse verskyning van die Antichris sal die finale stap wees in ’n demoniesgeďnspireerde program vir die vestiging van antichristelike denke en optredes wat al eeue lank voortduur. Die einddoel met hierdie program is om die węreldbevolking geestelik, moreel en intellektueel van God en sy Woord te vervreem sodat die misleide mensdom vrywillig onder die regstreekse beheer van ’n antichristelike węreldregering sal inskakel.

Die verwesenliking van hierdie doelwit is afhanklik van die verskyning van die Antichris as ’n diplomaat en vredevors wat so suksesvol sal wees dat hy as ’n węreldleier aanvaar en selfs as ’n verlosser vereer en aanbid sal word. Hy sal die verpersoonliking van sataniese mag op aarde wees, want die duiwel sal aan hom sy krag gee en sy troon en groot mag (Op. 13:2).

Hierdie vyandige, demoniese mag was sedert Lucifer se uitwerping uit die hemel vanuit ’n mistiese sfeer werksaam om mense te mislei en van God afvallig te maak. Alle mense is in ’n stryd teen Satan en sy demone gewikkel: “Ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die węreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug” (Ef. 6:12). Die duiwel is “die owerste van die mag van die lug” (Ef. 2:2) en het geestelik en moreel feitlik die hele węreld in sy mag gekry (1 Joh. 5:19).

Satan se geestelike mag gaan onder die leiding van die Antichris en valse profeet na die vestiging van ’n sigbare węreldregering lei. Dit sal ’n renegaatregering wees wat alle mense eers deur misleiding onder sy mag sal probeer kry, maar 3˝ jaar later sal dit in ’n genadelose militęre diktatuur omskep word wanneer teenkanting teen die Antichris wydverspreid begin voorkom.

Daar is verskeie aspekte van die Antichris en sy toekomstige regering wat in die Bybel beskryf word:

Nabootsing van die Drie-enige God

Die koninkryk van Satan is in ’n stryd teen die koninkryk van God gewikkel met die vaste doel om die heerskappy oor die heelal te verkry. Die opponerende koninkryk van die duisternis is onder die beheer van ’n sataniese driemanskap wat ’n nabootsing is van die Drie-enige God. Die duiwel is die teëbeeld van God en streef daarna om as die universele god van alle gelowe aanbid te word. Die Antichris is die teëbeeld van Christus en sal homself as die verlosser en koning van die hele węreld probeer vestig. Die valse profeet is die teëbeeld van die Heilige Gees, wat die mensdom deur sy wonderwerke sal mislei om die Antichris te aanvaar en te aanbid. Hy sal ook aan sy slagoffers okkultiese gawes verleen om bonatuurlike magte te kan beoefen.

Geestelike misleiding het reeds so ver gevorder dat feitlik die hele węreld gereed is om op ’n intergeloofsvlak erkenning te gee aan die universele god van alle gelowe. Hulle beskou hom as die enkelvoudige Skeppergod wat homself deur alle godsdienste en onder verskillende name aan die mensdom geopenbaar het. Hierdie “god” het nie ’n seun nie – net ’n groot aantal profete, of meesters van wysheid, wat namens hom opgetree het. Onder hulle is Boeddha, Krisjna, Jesus en Mohammed. Die intergeloofs-Jesus wat deel van hierdie gelykwaardige groep profete is, is kennelik ’n “ander Jesus” wat nie God of die unieke Seun van God is nie (2 Kor. 11:3-4).

Die Bybel beskryf die misleide volgelinge van die universele god van alle gelowe as ongelowiges wat in hulle denke verward en mislei is deur die god van hierdie węreld (2 Kor. 4:4). Hierdie valse god beplan om in die plek van Christus ’n valse christus na die aarde te stuur om die koning en verlosser van die misleide mensdom te wees. Hy sal as die kosmiese messias, die węreldmessias, of die messias van alle gelowe bekend staan, en ’n inklusiewe benadering volg deur daarop aanspraak te maak dat hy alle gelowe verteenwoordig.

Die vals profeet sal waarskynlik aan die hoof staan van ’n multigodsdienstige organisasie, en as sodanig die geestelike hoof van die węreldgodsdienste wees. Hy sal oor besondere sataniese vermoëns beskik om mense met behulp van skouspelagtige wonderwerke te mislei. Sy oortuigingswerk sal ’n nabootsing van die Heilige Gees se werk wees, maar hy sal leuens verkondig en die krag van die dwaling in mense se harte vestig (2 Thess. 2:8-11). Die “gees van die dwaling” sal van hom uitgaan (1 Joh. 4:6).

Eindtydse openbaring en veroordeling

Alle Bybelse profesieë oor die Antichris dui ondubbelsinnig daarop dat hy in die eindtyd, kort voor die wederkoms van die ware Christus, sal verskyn. Hy sal geopenbaar word nadat die kerkbedeling deur middel van die wegraping afgesluit is, en sal dan vir sewe jaar lank oor die węreld regeer. Hierdie sewe jaar staan ook bekend as die 70ste jaarweek van Daniël (Dan. 9:27; ’n jaarweek is ’n periode van sewe jaar – Lev. 25:8). Aan die einde van die sewe jaar van die verdrukking sal die Antichris tydens die wederkoms van Christus verdelg word.

Paulus sę: “En nou, julle weet wat hom [die Antichris] teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is [deur die wegvoering van die kerk]; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak” (2 Thess. 2:6-8).

Die Antichris sal dus ’n lewende persoon op aarde wees wanneer Christus weer kom; hulle ontmoeting sal van korte duur wees en sal eindig in die bedrieër se verdoeming tot die poel van vuur. Johannes sę: “En ek het die dier [die Antichris] en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit [Christus], en teen sy leër. En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand” (Op. 19:19-20).

Dit is belangrik dat ons Bybelse profesieë oor die eindtyd futuristies sal vertolk, en veral in ’n tyd soos hierdie sterk op die vervulling daarvan ingestel sal wees. Ons moenie die fout maak om profesieë oor die Antichris histories (preteristies) te verklaar en as gevolg daarvan as irrelevant vir die huidige tyd te beskou nie. Mense wat hierdie benadering volg, sien nie die ernstige tekens van die tye raak nie (Luk. 12:54-56) en diskwalifiseer hulleself om teëhouers van die Antichris te wees wat standpunt teen sy goddelose ideologie inneem.

Herkoms

Baie mense probeer vasstel waarvandaan die Antichris sal kom. Uit Daniël se bespreking van die antieke węreldryke is dit duidelik uit watter provinsie (of land) die Antichris na vore sal kom. Daniël stel hom binne die raamwerk van die Romeinse Ryk voor as een uit tien (Dan. 7:20-26), en daarna binne die verband van die Griekse Ryk as een uit vier (Dan. 8:8-9). In Daniël 11 word die sirkel nóg nouer getrek, en word die Antichris in die gebied van die Griekse Ryk as een uit twee voorgestel: die koning van die Noorde (Sirië) of die koning van die Suide (Egipte). In die stryd tussen hierdie twee koninkryke is die koning van die Noorde die oorwinnaar en in Daniël 11:31-45 word die eindtydse koning van die Noorde as die Antichris beskryf.

Die enigste gebied wat aan al drie hierdie beskrywings voldoen, is Sirië – dit was een van die tien provinsies in die Romeinse Ryk, een van die vier provinsies van die Griekse Ryk, en later ook die magsbasis van die koning van die Noorde. Die antieke Siriese provinsie was baie groter as die moderne Sirië en het ook die huidige Irak, Libanon en Koeweit ingesluit. In antieke tye was dié gebied soms as Assirië of Babilonië bekend, afhangende daarvan of dit uit Damaskus of Babilon beheer is.

Volgens Openbaring sal die Antichris kenmerke van al die antieke węreldryke hę. In Openbaring 13:1-2 gebruik Johannes dieselfde simbole vir die ou węreldryke as wat in Daniël 7:4-6 gebruik word. Die Antichris word voorgestel as ’n saamgestelde dier met die bek van ’n leeu (Babilonies), die pote van ’n beer (Medo-Persies), die lyf van ’n luiperd (Grieks), en ’n kop met tien horings (Romeins). Soos in die Babiloniese Ryk sal hy ’n afgodsbeeld laat maak en alle onderdane van sy ryk dwing om voor die beeld neer te buig en dit te aanbid. Soos in die Medo-Persiese Ryk sal hy ’n Joodse volksmoord gelas wanneer Israel in onguns by hom raak, en hy sal deur middel van die onveranderlike wette van die Meders en Perse regeer, m.a.w. deur militęre dekrete. Soos in die Griekse Ryk van Alexander die Grote sal hy ’n snelontplooiingsmag op die been bring wat oral op kort kennisgewing sal kan toeslaan om sy gesag te handhaaf. Soos in die Romeinse Ryk sal immoraliteit, korrupsie en blinde geweld hoogty vier, asook die summiere openbare teregstelling van alle teëstanders van sy ryk.

Die feit dat die Antichris se węreldryk tegelyk ’n herlewing van al vier hierdie węreldryke sal wees, impliseer dat hy uit ’n gebied sal kom wat met al vier dié ryke geassosieer kan word. Slegs die Siries-Babiloniese gebied voldoen aan hierdie vereiste, want dit was die hartland van die Assiriese en Babiloniese Ryke. Dit is die rede waarom Jesaja na die Antichris as die Assiriër verwys (Jes. 10:12-13). Verder was Sirië een van die vier provinsies van die Griekse Ryk waarin Antiochus Epifanes onder andere regeer het, terwyl dit ook een van die tien provinsies van die Romeinse Ryk was. Laasgenoemde was ’n Mediterreense Ryk wat nie net lande in Wes- en Oos-Europa ingesluit het nie, maar ook in die Midde-Ooste en Noord-Afrika.

Die Romeinse Ryk het wel in die vyfde eeu n.C. as ’n politieke eenheid van die toneel verdwyn, maar die invloed van verskeie Europese lande het deur die eeue heen voortgeduur, en sodoende die Westerse beskawing oor die hele węreld uitgebrei. Die eindtydse herstel van die Romeinse Ryk impliseer dus die ontstaan van ’n węreldwye ryk wat onder die beheer van ’n węreldregering sal staan. Die Antichris sal inderdaad ’n węreldleier wees (Op.13:7).

Progressiewe openbaring

Die Antichris gaan aanvanklik sy verskyning as ’n vredevors op aarde maak. Dit sal waarskynlik tydens ’n groot oorlog in die Midde-Ooste gebeur (Eseg. 38 & 39) en hy sal erkenning opeis vir die beëindiging van daardie oorlog. Sy plan vir ’n nuwe węreldorde sal ook hoop op ekonomiese herstel en politieke stabiliteit aan die węreld bied, en as gevolg daarvan sal alle nasies ’n verbond met hom sluit. Eers teen die middel van die verdrukking, wanneer opstande teen sy ryk begin voorkom, sal hy ’n militęre diktatuur instel en alle mense deur dwang aan sy gesag onderwerp. In Openbaring 6 word die openbaring van die Antichris progressief beskryf, na aanleiding van vier perde wat kort ná mekaar op die węreldtoneel verskyn:

Die wit perd en sy ruiter stel die Antichris as vredevors voor wat globalisme en harmonie op alle terreine sal bevorder (Op. 6:2). Politieke globalisme sal gestalte verkry deur alle mense as węreldburgers te beskou wat verenig sal word onder die gesag van ’n węreldregering met uitvoerende magte. Godsdienstige globalisme sal verseker word wanneer alle gelowe, onder die invloed van ekumeniese denke, die komende christus van alle gelowe as hulle gemeenskaplike messias sal erken en vereer. Ekonomiese globalisme sal in ’n sentraalbeheerde, kontantlose węreldekonomie ’n werklikheid word.

Ná 3˝ jaar van valse vrede en eenheid wat deur antichristelike globalisme meegebring is, sal opstande teen die Antichris se węreldryk voorkom en daar sal ook ’n aanslag op sy lewe gemaak word (Op. 13:3, 12). Hy sal ’n skielike gedaanteverwisseling ondergaan van valse vredevors tot militęre diktator, en daarna sy opmars na węreldheerskappy voortsit as die ruiter op die rooi perd van oorlog (Op. 6:4). As gevolg van verslegtende toestande in sy oorlogsekonomie, wat na hongersnood en tekorte in verskeie lewensmiddele sal lei, sal hy ’n stelsel van streng rantsoenering instel en sodoende die ruiter op die swart perd word (Op. 6:5). As die ruiter op die vaal perd (Op. 6:8) sal hy toenemend by oorloë betrokke raak en soveel as moontlik mense doodmaak om saam met hom na die verderf te gaan (Dan. 11:44).

Karakter van die Antichris

Die Antichris sal daarin slaag om homself voor te doen vir wat hy nie is nie. Soos wat die duiwel homself as ’n engel van die lig kan voordoen (2 Kor. 11:14), sal die Antichris homself as ’n spesiale gesant van God voordoen wat gekom het om vrede en eenheid op aarde te bring. Sy pretensie sal so oorredend wees dat die Jode hom as die beloofde Messias sal aanvaar (Joh. 5:43). Ander godsdienste sal dieselfde doen, en dit sal aan hom ook titels besorg as die Christus, die vyfde Boeddha, Krisjna en ander – inderdaad ’n universele Messias vir alle gelowe. In sy hart sal hy egter almal verag en haat wat die ware God of enige ander gode aanbid, en hy sal daarna streef om self as die enigste God aanbid te word. Hy sal voortdurend met verborge agendas besig wees en nie een van sy volgelinge sal presies weet waar hulle met hom staan nie. Hy sal ’n man met baie gesigte wees.

In die middel van die verdrukking sal die donker deel van sy karakter na vore kom wanneer hy homself in die herboude tempel in Jerusalem tot God sal verklaar (2 Thess. 2:4) en almal sal laat teregstel wat weier om hom as God te aanbid (Op. 13:15). Hy sal ’n militęre diktatuur instel en ’n massamoordenaar word. Dit sal dan vir almal duidelik wees dat hy die mens van sonde en seun van die verderf is (2 Thess. 2:3). Hy sal węreldwyd ’n sondekultuur vestig waarin geweld, korrupsie, bedrog, wanorde en alle denkbare immorele dade hoogty vier. Hy sal die verpersoonliking van sonde wees, daarom sal hy God, die ware Christus en almal wat die Naam van die Drie-enige God bely, erg belaster (Op. 13:5-6). Hy sal militęr teen die Christene optree (Op. 13:1), asook teen Jesus Christus self tydens sy wederkoms (Op. 19:19-20).

Sy politieke en ekonomiese beleid

Die Antichris sal God se orde van selfbeskikkende volke binne hulle eie, onafhanklike woonplekke verwerp (Hand. 17:26) en almal van hulle in ’n węreldstaat integreer waarin nasionale grense van minder belang sal wees. Mense sal oral aangemoedig word om nie eng, nasionalistiese beskouings te huldig nie, maar hulleself eerder as węreldburgers te sien. Alle plaaslike regerings sal aan die oorhoofse gesag van die węreldregering onderworpe wees en verplig wees om die beleid daarvan ten volle toe te pas en uit te voer. Die Antichris sal mag verkry “oor elke stam en taal en nasie” (Op. 13:7).

Saam met die politieke globalisering van die węreldbevolking sal die Antichris ook internasionale beheer oor die geldmag instel: “Want hy sę: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos ’n maghebber neergewerp. En my hand het na die rykdom van die volke gegryp soos na ’n voëlnes, en ék het die hele aarde bymekaargeskraap soos ’n mens eiers bymekaarskraap wat verlaat is; en daar was niemand wat ’n vlerk verroer of ’n bek oopgemaak of gepiep het nie” (Jes. 10:13-14).

Volgens Openbaring 13:16-18 sal daar in die tweede helfte van die verdrukking ’n kontantlose węreldekonomie ingestel word, waarin niemand sal kan koop of verkoop sonder om ’n eed van getrouheid aan die Antichris af te lę en sy nommerstelsel te aanvaar nie. Die elektroniese beheer van hierdie stelsel sal die węreldregering nie net in staat stel om alle finansiële transaksies te monitor nie, maar ook die bewegings van ekonomies aktiewe mense – waar hulle ook al koop of verkoop.

Ideologie van die Antichris

Die basiese ideologie van die Antichris vloei voort uit die begrip monisme of holisme – alles is een. Op grond van hierdie ideologie sal hy węreldeenheid (globalisme) op elke lewensterrein bevorder, veral op die politieke, godsdienstige en ekonomiese terreine. Alles wat in stryd is met sy monistiese hervormings sal as ongewens en verdelend beskou en daarom verwerp word. Dit beteken dat vorms van nasionalisme wat in die pad van internasionalisme staan, verbied sal word. So ook sal geen vorm van godsdienstige eksklusiwiteit geduld word nie omdat dit die hervormings na godsdiensgelykheid en uiteindelike godsdienseenheid in die węreld sal belemmer. Ekonomiese eenheid sal verkry word deur die instelling van ’n enkele monetęre stelsel, ’n enkele beheerliggaam vir die węreldekonomie, sowel as ’n billike maar subjektiefbepaalde manier vir die herverdeling van rykdom. Volke sal hulle politieke soewereiniteit én ekonomiese onafhanklikheid in die nuwe bedeling verloor.

Sintetiese denke van hierdie aard (die samevloeiing van idees) is direk in botsing met die Bybelse beginsels van antitetiese (teenstellende) denke. Vir ’n Christen is daar nie net ’n enkelvoudige werklikheid nie (monisme), maar twee groot werklikhede waarmee hy rekening moet hou (dualisme). Daar is dus ’n diversiteit van teenoorgestelde idees en waardes wat hom aanhoudend voor keuses stel. Hy moet onderskeid tref tussen God se koninkryk en Satan se koninkryk, Christus en die Antichris, lig en duisternis, die waarheid en die leuen, goed en kwaad, die enigste ware godsdiens en al die valse gelowe. Hierdie węreldbeskouing sal Christene op alle terreine van hulle bestaan in botsing bring met die denkwyse, beleid en hervormings van die Antichris, en as gevolg daarvan sal daar geen ruimte vir kompromislose Christene in sy węreldryk wees nie. Hulle sal derhalwe vervolg word.

Einddoel van die dier

Die Antichris se finale doel is om die Drie-enige God van die Bybel geheel en al deur die alternatiewe godsbegrip van sy sataniese nuwe węreldorde te vervang. In plaas van Jahweh moet die god van hierdie węreld aanbid word, in plaas van Christus moet die universele christus van alle gelowe aanbid en nagevolg word, en in plaas van die Heilige Gees moet die intergeloofsprofeet (die valse profeet wat saam met die Antichris sal optree) vir gawes en geestelike bemagtiging vertrou word.

Die Antichris sal in die lig van Bybelse profesieë weet dat sy nuwe węreldorde net sewe jaar lank sal duur. Gedurende die eerste 42 maande van sy regering sal die verskillende gelowe onder sy leiding kan voortbestaan en die tempel van die Jode ook herbou word. In hierdie tyd sal daar twee spesiale getuies van die Here in Jerusalem wees wat die Jode teen die valse messias sal waarsku. Dit sal aanleiding gee tot opposisie teen die valse messias en sy regering. In die middel van die verdrukking sal die Antichris hierdie getuies egter oorweldig en doodmaak (Op. 11:1-10).

Die dramatiese gebeure van die middel van die verdrukking sal gevolg word deur die Antichris se militęre skrikbewind van die laaste 42 maande. Dit sal begin op die dag wanneer hy die tempel ontheilig deur homself daarin tot God te verklaar, die offerdiens afskaf, en ’n afgodsbeeld van homself in die Allerheiligste laat oprig: “En van die tyd af dat die voortdurende offer afgeskaf en die ontsettende gruwel opgerig word, sal 1 290 dae verloop. Welgeluksalig is hy wat bly verwag en 1 335 dae bereik” (Dan. 12:11-12).

Aan die einde van die tweede helfte van die verdrukking, ná 1 260 dae, sal die ware Messias kom en dan die Antichris en sy magte verdelg. Ná 1 290 dae (wat ’n routyd van 30 dae insluit – Sag. 12:10-14) sal Israel met die Messias versoen wees en ná 1 335 dae sal hulle sy vrederyk beërf wanneer die troon van Dawid in Jerusalem herstel is (Hand. 15:16-17).

Die Antichris is bewus van Bybelse profesieë waardeur die einde van sy kort węreldryk voorspel word, en hy gaan alles moontlik doen om Christus te beveg en dood te maak sodat die Bybel verkeerd bewys kan word: “En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër” (Op. 19:19). Die Antichris en Satan sal ook demone inspan om die regerings van die węreld deur misleiding te oortuig dat hulle troepe na die Midde-Ooste moet stuur om teen die verwagte koms van Christus en sy hemelse leër te veg (Op. 16:13-14, 16).

Uiteinde van die Antichris en sy volgelinge

Daar is geen onduidelikheid oor die uiteinde van die Antichris en sy misleide meelopers wat so arrogant sal wees om teen die ware Christus te probeer veg en te dink dat hulle Hom kan oorwin nie:

“En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees” (Op. 19:20-21; vgl. Sag. 14:12-13).

Die sterkste moontlike waarskuwing word gerig aan almal wat erkenning aan die Antichris gee, sy nommer aanvaar, hom aanbid, en sodoende van hulleself vyande van God maak: “As iemand die dier en sy beeld aanbid en ’n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang” (Op. 14:9-11).

’n Keuse tussen twee christusse

Ons is tans in die finale aanloopfase na die wegraping, wat die skeiding sal wees tussen die kerkbedeling en die daaropvolgende bedeling van die Antichris se regering van sewe jaar. In hierdie finale fase van die kerkdispensasie vind daar intensiewe klimaatskepping plaas om die mensdom op die verskyning en aanvaarding van die universele messias van alle gelowe voor te berei. Valse propaganda van dié aard is klaarblyklik baie suksesvol, want uiteindelik sal “die hele węreld verwonderd agter die dier aangaan” en hom ook saam met die universele god van alle gelowe aanbid (Op. 13:3-4). Hulle sal sy holistiese denke as die enigste oplossing vir ’n hoogs verdeelde en vyandige mensdom sien.

Die veldtog van eenwording met die verdorwe węreld gaan gepaard met lasterlike uitlatings oor die ware God en sy Seun. In die proses word die Drie-enige God verloën en heeltemal op ’n valse en onbybelse manier voorgestel. God die Vader word as die universele God van alle gelowe voorgehou, tesame met die dwaling dat saligheid deur alle godsdienste verkry kan word. Daar word beweer dat Hy nie ’n seun het nie, en slegs deur ’n groot aantal profete op aarde verteenwoordig word – hieronder is Boeddha, Krisjna, Jesus en Mohammed. Jesus word dus nie as God of die Seun van God erken nie, maar slegs as een van verskeie profete wat deur die eeue heen gekom het om die goddelike beginsels van liefde en vreedsame naasbestaan aan die mensdom te leer.

Selfs in verskeie Christelike kringe word daar nou so ’n vervalste Jesus verkondig wat nie maagdelik gebore is nie, nie gelyk aan die Vader is nie, nie uit die dood opgestaan het nie, en ook nie tydens sy kruisiging die losprys vir die węreld se sonde betaal het nie. Hy het aan ons liefde en verdraagsaamheid kom leer, en was na bewering ’n vriend van ander gelowe.

Wat sę Paulus van teologiese dwalings wat in stryd is met dit wat die Bybel aan ons leer? “Ek verwonder my dat julle so gou afvallig word van hom wat julle deur die genade van Christus geroep het, na ’n ander evangelie toe, terwyl daar geen ander is nie; behalwe dat daar sommige mense is wat julle in die war bring en die evangelie van Christus wil verdraai. Maar al sou ons of ’n engel uit die hemel julle ’n evangelie verkondig in stryd met die wat ons julle verkondig het, laat hom ’n vervloeking wees!” (Gal. 1:6-8; vgl. 2 Kor. 11:2-4). In ’n ware Christen se lewe is daar geen plek hoegenaamd vir vervalsings van Jesus Christus en die Bybelse verlossingsleer nie.

Die huidige veldtog teen Christus word deur die duiwel geďnspireer en is daarop ingestel om die pad vir die verskyning van die Antichris gereed te maak. Wanneer die relatief klein groep teëhouers van die Antichris uit die weg geruim is, sal die ongeregtige geopenbaar word om die nasies van die węreld deur middel van groot tekens en wonders te mislei (2 Thess. 2:6-10). Die tekens van sy koms kan reeds onderskei word – ook in die lesinglokale van groot teologiese kweekskole waar die Bybel nie meer geëer word as die foutlose grondslag vir Christelike optrede en denke nie. In hierdie kringe is daar ook ’n merkbare afwesigheid van ’n egte geloof wat verhewe is bo die nuttelose argumente van geleerdes wie se verstand nie deur die Heilige Gees verlig word nie.

Alle mense op aarde is óf volgelinge van die ware Christus en sy unieke evangelie van verlossing, óf van die valse christus en sy godsdienstige leuens – daar is nie ’n neutrale middeweg tussen die twee nie. Jesus het vir die Jode gesę dat indien hulle Hom nie as Messias ontvang nie, hulle noodwendig volgelinge van die valse messias sal word (Joh. 5:43). Dit geld ook vir alle ander mense.

 

3. ’n Universele Christus vir Alle Gelowe

Is dit moontlik dat die hele węreld met al sy uiteenlopende godsdienste dieselfde persoon as verlosser en koning sal aanvaar en ook aanbid? Kan daar deur een persoon so ’n brug tussen onderling antagonistiese gelowe gebou word? Die antwoord is “ja” – die krag van misleiding sal so sterk werksaam wees dat almal dieselfde leier sal aanvaar. Christus het duidelik teen hierdie ernstige vorm van eindtydse misleiding gewaarsku, en uit sy woorde is dit duidelik dat dit ’n baie populęre boodskap sal wees:

“Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sę: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei” (Matt. 24:4-5). Die Here Jesus het hierdie woorde oor die tyd pas voor sy wederkoms gesę. Uit dié waarskuwing is dit duidelik dat daar in die eindtyd in die Naam van Christus verskeie valse christusse in die węreld gepropageer sal word, wat almal wegbereiders vir die finale valse christus sal wees, naamlik die Antichris.

 

 

 

Ons enigste verweer teen hierdie multigodsdienstige vervalsings is ’n korrekte, Bybelse verwagting van die wederkoms van die ware Christus. Ons moet God se Seun uit die hemel verwag, naamlik “Jesus wat ons van die toekomstige toorn verlos” (1 Thess. 1:10). Evangeliese Christene verwag die Here Jesus wat sy bruidsgemeente deur middel van die wegraping sal kom haal en na die hemel wegvoer (Joh. 14:2-3; 1 Thess. 4:16-17). Hierdeur sal ons die Antichris se skrikbewind op aarde ontvlug. Ná die verdrukking van sewe jaar sal ons saam met Christus terugkom; dan sal Hy die Antichris verdelg, Satan laat bind, die troon van Dawid in Jerusalem herstel en ’n regering van geregtigheid op aarde instel.

Die koninkryk van die duisternis is terdeë bewus van hierdie ingryping van God in die gang van die węreldgeskiedenis. Satan het oorlog teen God verklaar, want hy streef daarna om self as God aanbid te word en heerskappy oor alle mense op aarde te voer. Hy gaan nog voor die wederkoms uitvoering aan sy bose planne gee en op ’n misleidende manier ’n valse christus aan die węreld stuur om deur almal gedien, aanbid en geëer te word.

Hierdie valse christus sal deur die duiwel bemagtig word om groot tekens en wonders te doen, sodat die hele misleide węreld verwonderd agter hom sal aangaan (Op. 13:3). Sy misleidingsmag sal só groot wees dat selfs die uitverkore volk Israel hom sal aanvaar (Joh. 5:43). Dieselfde situasie geld vir die aanhangers van alle ander gelowe, wat hom op dieselfde manier as hulle beloofde messias sal aanvaar.

Die name Messias, Christus en Jesus Christus, word op die oomblik in die meeste gelowe gevestig as een van die titels van die komende węreldmessias. As gevolg hiervan sal ons meer as ooit tevore in staat moet wees om tussen die ware Christus en die baie valse voorstellings van Hom te kan onderskei. In die volgende gelowe word daar almal valse christusse aangetref wat wegbereiders vir die komende Antichris is:

Die misleide, nominale Christendom

’n Valse beeld van Christus word tans in verskeie Christelike kerke aangetref. ’n Groot groep lidmate van misleide kerke is nominale gelowiges wat nie regtig die Here Jesus ken nie en ook nie presies weet hoe Hy sal kom nie. Hulle verwerp evangeliese Christene se verwagting van ’n wegvoering net voor die donker tyd van God se oordele, en glo ook nie in die verskyning van ’n persoonlike Antichris nie. Hulle sal dus enigeen aanvaar wat homself as Jesus Christus voordoen om vrede en eenheid op aarde te bewerkstellig.

As gevolg van die ekumeniese beweging se multigodsdienstige denke sal nominale Christene nie ’n probleem hę as die komende Christus homself as die Messias van alle gelowe voordoen en ook ander name en titels gebruik nie. Hulle godsbegrip het in elk geval al só verander dat die meeste van hulle aan die universele God van alle gelowe glo, en dit glad nie vreemd sal vind as daar ’n enkele messias namens al die gelowe kom nie. Volgens die Bybel gaan die hele misleide węreld inderdaad godsdienstig verenig word. Johannes sę: “En die hele węreld het verwonderd agter die dier aan gegaan ... en die dier aanbid en gesę: Wie is aan die dier gelyk?” (Op. 13:3-4).

Daar is baie Christelike kerke wat reeds so ver van die geloof afvallig geraak het dat hulle ’n Jesus Christus sal aanvaar wat nie maagdelik gebore is en ook nie die Seun van God is nie. Die Antichris sal hulle taal praat en aan al hulle verwagtings voldoen. Hy sal uit die aarde opkom en ’n aardse koninkryk aan almal bied.

Judaďsme

Jode het ’n sterk verwagting op die koms van ’n magtige Messias-Koning wat ’n verbond met Israel sal sluit en vrede in die oorloggeteisterde Midde-Ooste bring. Hulle noem hom die Messias, wat net die Hebreeuse weergawe van Christus is. Wat hulle betref, moet hy van Joodse afkoms wees, die troon van Dawid in Jerusalem herstel en Israel toelaat om die tempel te herbou. Ekumiesgesinde Jode beskryf die komende “derde tempel” as ’n plek van aanbidding wat vir alle gelowe toeganklik sal wees (vgl. Jes. 56:7). Ortodokse Jode verwag ’n tyd van verdrukking en oorloë, wat beskryf word as die “tyd van benoudheid vir Jakob” (Jer. 30:7), maar glo dat die Messias skielik sal verskyn om Israel te help om oorwinning oor hulle vyande te behaal. Hulle verwerp evangeliese Christene se verwagting van ’n wegraping voor die verdrukking.

Wanneer die Antichris daarop aanspraak maak dat hy van koning Dawid afstam en ook die Messias van Israel is, sal ortodokse Jode hom heelhartig aanvaar (Dan. 9:27). Hy sal ’n valse vrede instel waarby Israel ook sal baat, en aan hulle die reg gee om die tempel in Jerusalem te herbou. Hulle sal weer die Ou-Testamentiese offerdiens instel en daardeur opnuut die offer van die ware Messias, Jesus, aan die kruis verwerp. Jesus het hulle teen ’n verbond met die valse messias gewaarsku (Joh. 5:43), maar alles dui daarop dat hulle nie hierop sal ag slaan nie en eerder die Antichris sal aanvaar wanneer hy tydens ’n ernstige oorlewingskrisis uitkoms aan hulle bied en voorgee dat hy hulle Messias is. Die verbond wat die Jode met die valse messias sal sluit, sal ’n verbond met die dood wees en veroorsaak dat hulle 3˝ jaar later op die randjie van algehele uitwissing te staan sal kom wanneer hulle hul bande met hom verbreek.

Die Moslems

Moslems verwag ook die koms van Jesus Christus. Vasberade pogings word aangewend om die Jesus van die Bybel in terme van Islamitiese konsepte te definieer. Die Jesus van die Koran (Isa) word as een van Islam se groot profete voorgehou. Hierdie idees word in verskeie boekies gepropageer wat in Riyadh, Saoedi-Arabië, gedruk en węreldwyd versprei word – ook in Suid-Afrika. Die volgende is voorbeelde van hierdie publikasies: We believe in Jesus deur Soliman H. Al-But’he en Jesus is coming deur A.H. Jacob. In die boekie Jesus is coming sę A.H. Jacob onder meer:

“Die Bybel is verdraai, verander en nie meer die Boek van God nie ... (bl. 22). Die Koran leer dat Jesus Christus nie gekruisig of deur die Jode doodgemaak is nie. Iemand anders is in sy plek en onder sy naam gekruisig (bl. 25). God se Boodskapper, Mohammed, het gesę dat Jesus, die seun van Maria, binnekort na ons mense (die Moslems) sal neerdaal. Hy kom terug om die węreld in geregtigheid deur God se finale openbaring aan die mensdom in die heilige Koran te regeer, wat in ooreenstemming met die godsdienstige tradisies van die profeet Mohammed sal wees” (bl. 17, 18).

“Jesus sal ontken dat hy enige van God se attribute het. Hy het nooit daarop aanspraak gemaak dat Hy God is en ook nooit na homself as die seun van God verwys nie. Hy was net ’n profeet en ’n dankbare slaaf van God (bl. 20, 21). Tydens sy wederkoms sal hy verklaar dat hy ’n slaaf van God is en ’n volgeling van sy broeder, Profeet Mohammed, wat die laaste Boodskapper van God is. Jesus sal gebede op die regte manier opsę soos wat die Moslems dit doen, die armes help, gedurende die maand Ramadan vas, die Hajj-pelgrimstog na Mekka onderneem en die Umrah onderhou” (bl. 23). Hy sal die eet van varkvleis verbied en alle varke laat doodmaak” (bl. 27-29).

“Jesus kom terug om die valse aanspraak dat die Jode Hom doodgemaak het te weerlę, asook die oningeligte Christene wat hierdie Jode glo, verkeerd te bewys. Hy sal teen die Jode veg en die valse messias doodmaak. ... Hy sal ook die Christene doodmaak wat ’n verering vir die kruis het. Wanneer beide hierdie groepe oorwin en onderwerp is, en die aarde van politeďsme en ongeloof gereinig is, sal daar vrede en harmonie tussen alle mense op aarde wees” (bl. 24; einde van aanhalings uit Jacob se boek).

Hierdie siening word deur die groot meerderheid Soennie Moslems gehuldig. Die Sjiďete sę ook dat Jesus weer kom, maar dat hy die handlanger van die Moslem-messias, die Imam Mahdi, sal wees (’n afstammeling van Mohammed). Hulle sę dat die Mahdi sy verskyning by die Ka’aba in Mekka sal maak, die Sioniste en hulle bondgenote in Israel sal verslaan en daarna sy hoofkwartier by Kufa sal inrig, wat naby Babilon in Irak is.

Dit is uit ’n Bybelse perspektief duidelik dat dié “Jesus” met wie Islam ’n bondgenootskap sal sluit, die Antichris sal wees. Hulle hoop sal egter verydel word dat die optrede van die Koran se Isa en Mahdi daartoe sal lei dat Islam ten koste van Israel en die Christendom tot die enigste węreldgodsdiens verhef sal word.

Die Hindoes

Die Hindoes glo ook in die verskyning van ’n węreldmessias wat as Krisjna en ook as Jesus Christus bekend staan. Hulle het ’n panteďstiese geloof en glo in die eenheid van alle dinge. Hierdie totaliteit word Brahman genoem. Alle mense is deel van God. Geestelike verligting word deur goeie dade verkry, en op dié manier bou ’n mens jou karma op. Persone met ’n goeie karma sal deur reďnkarnasie later op hoër vlakke gebore word, terwyl ander weer só versleg dat hulle selfs as diere gebore kan word.

In Hindoeďsme is daar ’n groot aantal gode wat aanbid word, asook verskeie godsdiensleiers, of avatars, wat deur reďnkarnasie meer as een lewensiklus gehad het. Hoewel die Hindoes nie monoteďsties is nie, is daar in hulle panteon ’n drietal gode wat bo al die ander uitstaan – dit is Brahma, Visjnu en Siva. Brahma word as die skeppergod beskou. Visjnu word as verlosser aanbid en is tweede in rang ná Brahma. Derdens is daar Siva, wat met reproduksie en vrugbaarheid verbind word.

Een van die besondere avatars in Hindoeďsme is Krisjna, wat die agtste inkarnasie van die god Visjnu was. Daar word beweer dat Jesus ’n inkarnasie van Krisjna was en ’n baie soortgelyke lewe gelei het. Die verwagting word gekoester dat daar ’n nuwe inkarnasie sal wees van die avatar wat in verskillende historiese tydperke as Visjnu, Krisjna en Jesus bekend was. Enige van dié name kan vir hom gebruik word, maar hy sal ook as die Kalki Avatar (die Wit Perd Avatar) bekend staan omdat hy op ’n wit perd sal ry.

Kalki Avatar sal die finale oorwinning oor boosheid op aarde behaal en ook die apokaliptiese slang vernietig. Hy sal die mensdom vernuwe en ’n rein, eerbare lewenswyse vir almal moontlik maak. Die verwagting van alle gelowe sal in hom vervul word, omdat hy vir alle mense die węreldmessias sal wees wat die duisternis van negatiewe ervarings finaal sal laat opklaar. Onder sy bewind sal daar vrede en eenheid op aarde wees.

Op die Internet-webblad van Near-Death Experiences and the Afterlife (www.near-death.com/) is ’n artikel geplaas getiteld: Jesus as a reincarnation of Krishna. Hierin word beweer dat daar ’n groot ooreenstemming tussen Jesus en Krisjna is, en dit word as ’n bewys aangevoer waarom Jesus as ’n inkarnasie van Krisjna beskou word. In hierdie artikel word Krisjna deur valse aansprake só aan die beeld van Jesus gelykvormig gemaak:

     Krisjna is bonatuurlik in die maagd Devaki (die Heilige) verwek en as ’n heilige inkarnasie gebore.

     Hy is gebore toe sy gesin op reis was om hul jaarlikse belasting te betaal.

     Krisjna kom uit ’n koninklike familie, maar sy pa was ’n arm skrynwerker.

     By sy geboorte was daar engele, wyse manne en herders, en geskenke is aan hom gegee.

     Krisjna is in die Gangesrivier gedoop.

     Hy is deur ’n tiran vervolg wat gevrees het dat Krisjna ’n bedreiging vir sy koninkryk sou inhou, en in ’n aanslag op Krisjna se lewe het die tiran duisende kinders laat doodmaak.

     Sy sending was die redding van die mensdom.

     Hy het wonderwerke gedoen, soos die opwekking van dooies en die genesing van dowes en blindes.

     Krisjna het gelykenisse gebruik om die mense oor mededeelsaamheid en liefde te leer.

     Hy het ’n eenvoudige lewenswyse gevolg en die armes liefgehad.

     Krisjna is tussen twee diewe aan ’n boom gekruisig.

     Hy is die tweede persoon in die drie-eenheid en het homself “die opstanding” en “die weg na die Vader” genoem.

     Sy dissipels het aan hom die titel “Jezeus” (“Suiwer Essensie”) gegee.

     Krisjna sal weer kom, op ’n wit perd ry en veg teen die prins van boosheid wat die aarde sal probeer verwoes.

Dit wat die eindtydse Krisjna sal doen, naamlik om Jesus na te boots en te beweer dat hy ’n nuwe inkarnasie van Jesus is, is presies wat die Antichris sal doen. Met die oog hierop het Jesus oor die tyd kort voor sy wederkoms gesę: “Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sę: Ek is die Christus! En hulle sal baie mense mislei” (Matt. 24:4-5).

Die Boeddhiste

Die Boeddhiste glo in Boeddha, wat Die Verligte Een beteken. Die eerste Boeddha, Gautama, het tussen 566 en 486 v.C. geleef. Daar word beweer dat hy ’n soortgelyke lewe as dié van Jesus gelei het en ook in ’n stryd met ’n duiwelsfiguur gewikkel was. In ’n artikel in World Religions, Vol. 2, sę dr. Young Oon Kim dat Boeddhiste in ’n persoonlike duiwel glo, wat hulle Mara noem – die god van onheil, sonde, vernietiging en die dood. Mara kon nie vir Boeddha onderwerp nie, maar het meer sukses met sy volgelinge gehad. Hy het konflikte onder hulle geskep, ook oor Boeddha se uitsprake. Hy het homself as ’n monnik of ’n non vermom en só sy leuens verkondig wat tot sonde en hoogmoed gelei het. Mara kon selfs in die gedaante van Gautama Boeddha verskyn om Boeddhiste te mislei en te laat dwaal. Hy was ’n meester in die kuns van verleiding.

Boeddhiste kyk ook vooruit na ’n tydperk van vrede, harmonie en voorspoed wanneer die vyfde Boeddha, dit is die Maitreya Boeddha, sal verskyn om oor die hele węreld te heers. Vier Boeddhas het reeds verskyn, en wanneer die vyfde een kom, sal daar ’n koninkryk van geregtigheid en vrede onder sy heerskappy ingestel word.

Die huidige menslike geslag sal egter aanhou om te versleg terwyl onreg, wreedheid en vleeslike begeertes toeneem en geregtigheid verdwyn. Hierdie verval sal vir 2 500 jaar (sedert die tyd van die eerste Boeddha) voortduur totdat die nuwe Boeddha kom. Daarna sal daar oral volmaakte geregtigheid heers. In die toekomstige “goue eeu” sal daar nie moord, diefstal, owerspel, dronkenskap en armoede wees nie, en mense sal nie meer in modderhutte woon nie. Die stede sal verlig wees en daar sal baie parke en tuine wees. ’n Toestand van hemel op aarde sal dan heers.

In die Boeddhistiese eskatologie word daar aan Maitreya Boeddha ook ander titels toegeskryf, waarvan “die Christus” een van die belangrikste is. Die leier van een van die Boeddhistiese organisasies in Engeland, Benjamin Creme, het ’n boek geskryf met die titel: The Reappearance of the Christ and the Masters of Wisdom. Hierin sę hy dat daar spoedig ’n węreldmessias op die toneel sal verskyn in wie die messiaanse verwagtings van al die groot godsdienste vervul sal word. Vir die Boeddhiste sal hy die Maitreya Boeddha wees, vir die Hindoes Krisjna, vir die Jode die Messias, vir die Christene Jesus Christus, en vir die Moslems die Imam Mahdi of Jesus Christus. Hy sal as ’n verlosser vir die hele węreld beskou word en almal sal hom verwonderd navolg.

Die Sjintoďste

Sjintoďsme is die tradisionele godsdiens van Japan, waarin verskeie natuurgode (Kami) vereer en aanbid word. Geloof in die inherente goddelikheid van alle mense lei daartoe dat die Sjinto-geloof aansluiting by Boeddhisme en Hindoeďsme vind. Daar word selfs pogings aangewend om dit met dié gelowe én die Christendom te assosieer en sodoende die idee van ’n gemeenskaplike messias vir alle gelowe te bevorder. In ’n boek, Messiah, the desire of all nations, sę E.A. Gordon dat die idee in Japan en Sjina posvat dat daar ’n noue verband tussen Boeddhisme, Sjintoďsme en die Christendom is.

Die skrywer kom tot die gevolgtrekking dat dié gelowe basies dieselfde is, maar net op verskillende maniere manifesteer. Almal verkondig geestelike ontwaking, selfdissipline, eenvoud van lewe, liefde en die ontwikkeling van goeie eienskappe. In een van die Sjinto-tempels is selfs ’n beeld van Jesus Christus, en in ’n ander een ’n  beeld van die god Susa-no-o wat met Jahweh verbind word. Hulle is dus ook oop vir die idee van ’n universele Christus van alle gelowe, wat die węreld in ’n vrederyk sal inlei.

Die Antichris sal die gemeenskaplike, valse węreldmessias van al die godsdienste wees. Hy sal namens alle gelowe op aarde kom om die mensdom te verenig en in harmonie te laat saamleef. Wanneer hy hierdie valse eenheid gevestig het en die hele węreld hom hiervoor sal bewonder, sal hy tot die volgende stap oorgaan om almal te dwing om hom én sy vader, Lucifer, te aanbid: “En die hele węreld het verwonderd agter die dier [die Antichris] aangegaan. En hulle het die draak [Lucifer] aanbid wat die dier mag gegee het, en die dier aanbid en gesę: Wie is aan die dier gelyk?” (Op. 13:3-4). Wat ’n futiele oefening sal dit nie wees nie! Die verenigde mensdom sal nog sę: “Vrede en veiligheid – dan oorval ’n skielike verderf hulle ... en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie” (1 Thess. 5:3). Die skrikbewind van die dier en die draak sal van korte duur wees, want wanneer die ware Christus kom, sal hulle albei verdelg en die duiwel vir ’n duisend jaar lank gebind word (Op. 19:19-20 – 20:1-3).

Dit is die tragiese uiteinde van almal wat ’n ander Jesus onder die leiding van ’n vreemde god aanbid het. Is daar nog getroue predikers wat sal opstaan om die misleide massas teen die koms van die Antichris te waarsku?

Die uitdaging

Die groot uitdaging waarvoor ons te staan kom, is om in hierdie tyd van multigodsdienstige denke, waarin alle gelowe ’n messias in die Naam van Jesus Christus verwag, getrou aan die ware Christus van die Bybel te bly. Ons is duidelik gewaarsku dat menslike vervalsers in die Naam van Christus sal kom om die aanhangers van alle gelowe te mislei (Matt. 24:4-5). Net die ware gelowiges glo in die Seun van God wat mens geword het om ons te red, en wat sy bruidsgemeente voor die verdrukking na die hemel sal wegvoer (1 Thess. 4:16-17).

Ons moet alle druk deur valse geloofsopvattings weerstaan as ons vir die skielike koms van die hemelse Bruidegom gereed wil wees. Die Here Jesus sę: “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nóg vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word en laat die heilige nog heiliger word. En kyk, Ek kom gou, en my loon is by My om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees” (Op. 22:11-12).

Daar is in ons tyd ’n definitiewe polarisasieproses in die węreld. Enersyds is daar geweldige morele én geestelike verval aan die gang, maar andersyds ’n hertoewyding tot meer heiligheid en godsvrug. Die belangrike boodskap wat hierdie hertoewyding en afsondering van die węreld in die hand sal werk, is die boodskap van Christus se spoedige wederkoms, asook ons afspraak om voor sy regterstoel verantwoording van ons lewens ná bekering te doen. Ons moet dus wederkomsdienste hou ’n sterk standpunt inneem teen multigodsdienstige alliansies waardeur die weg voorberei word vir die verskyning van ’n intergeloofsmessias. Hy sal die mens van sonde wees wat die huidige morele verval in die węreld verder sal bevorder (2 Thess. 2:3).

Diegene wat nie ’n regte toekomsverwagting het nie, verkondig gewoonlik ’n aardse koninkryk wat nou, voor die wederkoms van Christus, deur transformasie en ekumeniese eenheid verwesenlik moet word. Dit is egter duidelik dat wat hulle mee besig is, gaan uitloop op die vestiging van ’n bose węreldkoninkryk waaroor die Antichris as Satan se “engel van die lig” beheer gaan kry (vgl. 2 Kor. 11:14). Hy is die universele christus van alle gelowe wat tans met soveel geesdrif verkondig word. Sy regering sal aanvanklik goed lyk, maar in ’n groot verdrukking eindig soos wat daar van die begin van die węreld af nog nooit was nie.

Ons weerstaan hierdie mensgemaakte eenheidsbeweging wat hier en nou ’n koninkryk wil laat realiseer, en strek onsself uit na ’n vrederyk wat eers ná Christus se wederkoms sal aanbreek. As ons saam met Hom in sy koninkryk wil regeer, moet ons bereid wees om nou saam met Hom te ly en die kruisweg te bewandel (Rom. 8:17; 2 Tim. 2:12). Dit is ’n baie smal paadjie. Spoedig sal sy getroue dissipels met ewige heerlikheid beklee word en die volgende woorde uit sy mond hoor: “Mooi so, goeie en getroue dienskneg; oor weinig was jy getrou, oor veel sal Ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou Heer” (Matt. 25:21). Beywer jy jouself vir hierdie koninkryk?

 

4. Globalisme en die Regering van die Antichris

Die stelling word dikwels gemaak dat die humanistiese agenda van globalisme (węreldeenheid) die weg baan na ’n nuwe węreldorde onder die persoonlike leierskap van die Antichris. Die Bybel bevestig hierdie scenario en gee ’n aantal profetiese waarskuwings teen ’n eindtydse beweging van hierdie aard. Daar word egter ook in die Bybel beloftes gegee oor ’n Christelike nuwe węreldorde onder die leierskap van Jesus Christus gedurende die Millennium. Dit is nodig om duidelik tussen hierdie twee ryke te kan onderskei. In hierdie hoofstuk sal ons ’n kort oorsig gee ten opsigte van die ideologie van humanistiese globalisme, en ook aandui hoedat dit internasionaal gebruik word om ’n ingesteldheid te skep wat bevorderlik is vir die aanvaarding van die Antichris.

Die polities, kultureel en geestelik verdeelde nasies van die węreld is besig om nader aan mekaar te beweeg en al hoe meer deel te word van ’n internasionale gemeenskap wat saamgebind word deur ’n toenemende aantal gemeenskaplike belange. Multinasionale optredes is nodig om probleme aan te spreek soos die internasionale oorlog teen terrorisme, die bedreiging van węreldvrede deur oormatige militęre magsopbou, die vervaardiging en opberging van wapens van massavernietiging, misdade teen die mensdom wat deur fanatieke diktators gepleeg word, godsdienstige vyandskap en die voer van “heilige oorloë”, onbeheerde oorspandering en korrupsie wat na nasionale bankrotskappe en dreigende ekonomiese inploffings in ryk én arm lande lei, wydverspreide lyding as gevolg van oorbevolking, werkloosheid en armoede, die growwe minagting van menseregte, die ernstige besoedeling en vernietiging van natuurlike hulpbronne, aardverwarming, die vinnige verspreiding van aansteeklike siektes oor die hele węreld, die behoefte aan gekoördineerde multinasionale noodleniging in gevalle van ernstige natuurrampe, ens.

Tesame met die styging in węreldwye bedreigings is daar ook ’n ontwaking van ’n węreldbewussyn. ’n Nuwe węreldorde word nie net deur die nasies nagestreef om kragte saam te snoer vir die oplossing van węreldprobleme nie, maar ook vir die onderskraging van pogings om hulleself te bemagtig om die bepalers van hulle eie lotgevalle te word. Die mees uitstaande kenmerk van die opkomende nuwe węreldorde is die ideologie van globalisme, wat sy invloed op alle lewensterreine laat geld. Gedurende die laaste fase van die transformasie vanaf nasionalisme na globalisme, sal die nasies uitdrukking aan hulle samehorigheid gee deur węreldleierskap te aanvaar in die vorm van ’n węreldregering met uitvoerende magte. Internasionale kundiges sal gebruik word om oplossings te kry en hulp te verleen om beleidsrigtings te bepaal wat die beste belange van alle gemeenskappe op aarde sal bevorder.

Die praktiese implementering van die humanistiese agenda vir die węreld sal moontlik gemaak word deur die gebruik van gevorderde rekenaarnetwerke en ander gesofistikeerde tegnologiese stelsels. Die aanwending van moderne tegnologie, sowel as die hoë mate van beheer wat daardeur moontlik gemaak word, open die weg na die vestiging van ’n revolusionęre nuwe stelsel van węreldregering waarna soms as ’n “tegnokrasie” verwys word.

Die behoorlike funksionering van so ’n stelsel is afhanklik van ’n algemene stel humanistiese beginsels en reëls, asook uitgebreide databasisse wat wetenskaplik saamgestel is om die beste moontlike lewenskwaliteit vir almal te verseker. Op hierdie manier sal kundigheid op elke lewensterrein in ’n elektroniese stelsel ingebou word om sodoende ’n “universele brein” te skep met die vermoë om die beste wetenskaplike oplossing vir elke problematiese situasie te bepaal, en selfs ook morele uitsprake te maak wat op ’n vooraf geprogrammeerde waardestelsel gebaseer is. Die gerekenariseerde universele brein met sy verborge elektroniese oë sal ’n onmisbare hulpmiddel vir sy menslike meester (die Antichris) wees, en saam sal hulle die hoogste gesag in die węreld verteenwoordig.

Die ingesteldheid van globalisme moet ’n gevorderde stadium bereik voordat ’n omvattende tegnokrasie daaruit sal kan voortvloei. Die internasionale gemeenskap sal eers moet ooreenkom oor algemeen aanvaarbare reëls vir menseregte, die etiek van ’n gelykberegtigde ekonomiese stelsel vir die węreld, ’n multigodsdienstige organisasie waarin die deelnemers nie-vyandige vennote is in ’n alliansie van gelowe, en die morele reg van militęre intervensie deur ’n węreldliggaam om te verseker dat alle nasies en individue voldoen aan die beginsels en eise van die nuwe węreldorde.

Die gerekenariseerde universele brein van die internasionale gemeenskap sal die hoogste gesag op aarde beklee, wat beteken dat die verenigde mensdom sy eie god sal word. Hulle sal sę: “Ons is een ... ons is God.” Dit sal ’n uitdrukking wees van die groot leuen wat die duiwel aan ’n geestelik verlore en moreel verdorwe mensdom verkondig het. Geen erkenning hoegenaamd sal aan ’n transendente God bo in die hemel gegee word nie – ook nie aan sy Seun as die Redder en Koning van die węreld nie, en nog minder aan sy Woord met vaste geestelike en morele beginsels, die veroordeling van sonde, en waarskuwings teen goddelike oordele oor onbekeerlike sondaars.

Wanneer die nasies hulleself verenig het, alle mag op aarde ingepalm het, en godsdiens afgeskaal is tot ’n handige hulpmiddel om mense te verenig en te vergoddelik, sal hulle finaal teen God in opstand kom en sy opperheerskappy totaal verwerp (Ps. 2). Teen daardie tyd sal die infrastruktuur vir Satan se alternatiewe koninkryk reeds gevestig wees, en die tyd geleë vir die openbaring van die valse christus. Die volgende ses vorms van globalisme sal almal kenmerke of boustene van sy koninkryk wees:

1. Ideologiese globalisme

Węreldburgers van die eindtyd sal hulleself verenig agter ’n enkele persoon wat die sigbare vergestalting sal wees van hulle holistiese droom van węreldeenheid. Johannes sę: “En die hele węreld het verwonderd agter die dier aan gegaan” (Op. 13:3). Hierdie hoogs suksesvolle persoon sal op ’n baie besondere manier die ondersteuning van alle nasies verkry, en “hy sal een week lank [’n jaarweek van sewe jaar] met baie ’n sterk verbond sluit” (Dan. 9:27). In sy diplomatieke veldtog vir vrede en eenheid sal hy regkry wat nog geen ander diplomaat of leier voor hom reggekry het nie, daarom sal daar oral in die węreld so ’n groot bewondering vir hom wees.

Węreldeenheid sal ’n sigbare werklikheid word kort nadat hy as die onbetwiste węreldleier aanvaar is. Nasionale grense sal of verwyder word of aansienlik afgeskaal word, en daardeur sal nasionale soewereiniteit afgeskaf word sodat die verskillende lande niks meer as streke of provinsies in die węreldstaat sal wees nie: “Want hy sę: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder” (Jes. 10:13).

Volgens Openbaring 17:12-14 sal die dier en sy mederegeerders almal een gesindheid hę, en dit sal daartoe lei dat hulle sal oorlog maak teen Christus en almal wat in Hom glo. Die volgelinge van die dier sal sy anti-God-ideologie en selfvergoddeliking heelhartig ondersteun. Hulle nuutgevonde eenheid as węreldburgers sal hulle daartoe beweeg om hulleself as hulle eie god, asook die enigste meesters van die heelal, te verklaar. Hulle sal nie enige gesag buite dié van die węreldregering en sy leier erken en respekteer nie.

In ’n gesamentlike verklaring sal hulle die gesag en morele wette van God verwerp, en alle mense aanmoedig om te leef net soos hulle wil: “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde en sę: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (Ps. 2:2-3). Onder die leierskap van die duiwel se valse christus sal die gevalle mensdom hulleself verhef en sę: “Ons is een ... ons is God.” Geen reëls anders as dié wat neergelę is deur “die mens van sonde” sal geld nie (2 Thess. 2:3). ’n Internasionale kultuur van sonde sal beslag kry, waarin daar geen beperkings op menslike gedrag geplaas sal word nie. Mense sal geestelik en moreel verdorwe raak tot op ’n vlak wat herinner aan die dae net voor die sondvloed: “... die boosheid van die mens op aarde was groot en al die versinsels wat hy in sy hart bedink, altyddeur net sleg” (Gen. 6:5). Soortgelyke toestande het in die dae voor die vernietiging van Sodom en Gomorra bestaan, toe immoraliteit en rebellie teen God tot groot uiterstes gevoer is.

Dit sal die tragiese en selfvernietigende einde van ten volle ontwikkelde humanisme wees. Die mens sal ’n futiele poging aanwend om sy eie god te wees, maar in die proses sal hy die enigste bron van ware lewe, ordelike bestaan en sinvolle betrokkenheid by die lewens van ander mense verwerp. Dit sal van mense slagoffers van die koninkryk van die duisternis maak, waarin ellende, valse vrede, magsbeheptheid, leuens en boosheid die botoon voer.

2. Godsdienstige globalisme

Die meerderheid van die gevalle mensdom het nog nooit die oppergesag van die transendente God aanvaar nie. Voorkeur is meesal gegee aan mensgemaakte godsdienste waarin menslike kultusleiers tot meesters van wysheid verhef word, terwyl mense ook verkies om neer te buig voor beelde wat skeppings van hulleself is. Selfs die meerderheid Jode aan wie die ware Skeppergod Homself geopenbaar het, sal uiteindelik ’n messias van menslike oorsprong navolg. Hierdie leier, wat in die Bybel as die Antichris of die dier beskryf word, sal openlik in homself roem en weier om die gesag van enige god in die hemel of op aarde te erken. Die ware Messias het Israel teen die valse messias van die eindtyd gewaarsku, wat homself sal verhoog: “Ek het gekom in die naam van my vader, en julle neem My nie aan nie. As ’n ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem” (Joh. 5:43).

Die groot aantal godsdienste wat deur die misleide mensdom ontwikkel is, was altyd onversoenbaar met mekaar en dus hoogs verdelend. Daar is selfs binne een godsdiens soms faksies wat in ’n gewelddadige en bloedige stryd met mekaar gewikkel is. Die ideologie van globalisme is egter besig om hierdie antagonistiese godsdienste in ’n skynbaar harmonieuse alliansie van węreldgodsdienste te omskep, gebaseer op die veronderstelling dat hulle mekaar aanvul en gesamentlik die weg vir die komende węreldmessias voorberei.

Die węreldalliansie van godsdienste sal finaal verenig wees wanneer die valse messias kom en met almal van hulle assosieer. Hulle sal hom in verwondering volg en ook aanbid (Op. 13:3-4). Dit sal ’n węreldwye reaksie wees: “En al die bewoners van die aarde sal hom aanbid” (Op. 13:8). Daar is alreeds ’n groeiende aantal intergeloofsbewegings waarin lede van verskillende gelowe met mekaar in gesprek is en menings wissel oor hoe om węreldvrede te bevorder deur ’n groter mate van onderlinge eenheid gebaseer op die ideaal van ’n gemeenskaplike mistiese broederskap.

Nadat die Antichris goed gevestig is as węreldmessias sal hy die volgende skuif in sy voorgenome selfvergoddeliking maak deur homself tot God te verklaar. Daniël sę hy sal homself groot hou bo elke god – ook die God van die hemel – en glad nie op hulle ag slaan nie (Dan. 11:36-37). Paulus beskryf hom as “die teëstander wat hom verhef bo al wat God genoem word of voorwerp van aanbidding is, sodat hy in die tempel van God as God sal sit en voorgee dat hy God is” (2 Thess. 2:4). Hierdie uiterste daad van rebellie sal duidelik binne die węreldwye konteks van die eindtydse humanistiese stelsel plaasvind, en sal die finale stap op die hoogste vlak wees in die bevestiging van die mens se status en gesag.

’n Belangrike feit in verband met die selfvergoddeliking van die Antichris is dat die moderne tegnologie gebruik sal word om dit af te dwing. Die valse profeet sal die nasies mislei “deur aan die bewoners van die aarde te sę dat hulle ’n beeld moet maak vir die dier. “... En dit is hom gegee om ’n gees aan die dier se beeld te gee, sodat die dier se beeld ook sal praat en maak dat almal gedood word wat die dier se beeld nie aanbid nie” (Op. 13:14-15). Dit is duidelik dat ’n vorm van elektroniese lewe aan die beeld gegee sal word, waardeur dit in staat gestel sal word om aan ’n węreldwye rekenaarnetwerk en waarnemingstelsel gekoppel te word om mense te identifiseer en hulle reaksies te monitor.

3. Ekonomiese globalisme

’n Hoof doelstelling van die ideologie van globalisme is dat gesentraliseerde beheer oor die węreldekonomie uitgeoefen moet word, sodat daar ’n billike verdeling van rykdom kan wees en ook vir alle mense vrye toegang tot hulpbronne verseker kan word. Die beheer van ’n groot aantal hulpbronne, insluitend finansiële bronne, vereis gespesialiseerde kennis op verskillende terreine. Al die kundigheid wat nodig is vir die gladde bestuur van die węreldekonomie sal in die gerekenariseerde universele brein gelaai word, en dit sal ’n belangrike rol in die regering van die dier vervul. Hierdie tegnologiese bestuurstelsel sal ’n kontantlose ekonomie deur middel van elektroniese fondsoorplasing bedryf, en sal die vermoë hę om dit oral op aarde te doen deur transaksies goed te keur en te monitor:

“En hy maak dat aan almal, klein en groot, en die rykes en die armes, en die vrymense en die slawe 'n merk op hulle regterhand en op hulle voorhoofde gegee word; sodat niemand kan koop of verkoop nie, behalwe hy wat die merk of die naam van die dier of die getal van sy naam het. Hier kom die wysheid te pas. Wie die verstand het, laat hom die getal van die dier bereken, want dit is die getal van 'n mens; en sy getal is 666” (Op. 13:16-18). Dieselfde rekenaarstelsel sal finansiële sowel as godsdienstige en talle ander aktiwiteite monitor om te verseker dat almal daarvan aan die Antichris se beleid van globalisme voldoen.

Bron: http://davidszondy.com/future/Dystopias/technocracy.htm

As die opperheerser van ’n węreldregering, sal die Antichris terselfdertyd in ses verskillende hoedanighede regeer – hy sal die hoofideoloog wees, die messias en selfverklaarde God, beheerder van die węreldekonomie, politieke heerser van die węreld, hoofregter, asook gesagvoerder oor die węreldwye militęre mag. Dit sal dus onmoontlik wees om bv. slegs politieke of ekonomiese dienstigheid aan hom te bewys sonder om hom in al sy ander hoedanighede te erken en ook te aanbid. Om sy nommer te aanvaar, sal ’n uiterlike teken wees waardeur al sy ander aktiwiteite aanvaar word – spesifiek ook sy rebellie teen God. Diegene wat dit doen, sal hulleself aan die oordele van God onderwerp:

“As iemand die dier en sy beeld aanbid en 'n merk op sy voorhoof of op sy hand ontvang, sal hy self ook drink van die wyn van die grimmigheid van God wat ongemeng ingeskink is in die beker van sy toorn, en hy sal gepynig word met vuur en swawel voor die heilige engele en voor die Lam. En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie – hulle wat die dier en sy beeld aanbid, en elkeen wat die merk van sy naam ontvang” (Op. 14:9-11).

4. Politieke globalisme

Die eindtydse regering van die Antichris sal die sewende en laaste politieke manifestasie wees van sataniese globalisme sedert die antieke Babiloniese Ryk van Nimrod. Die eerste ses van hierdie ryke is almal gekenmerk deur ’n noue samehang tussen politieke en godsdienstige globalisme – tot só ’n mate dat baie van die keisers hulleself vergoddelik en godsdienstige verering saam met politieke onderdanigheid geëis het, terwyl die ander gereeld die afgodediens van hulle ryke op al hulle onderdane afgedwing het. Dit sal ook so wees in die toekomstige ryk van die Antichris.

Openbaring 17 beskryf die simbiotiese verhouding tussen ’n sataniese węreldleier en ’n valse godsdienstige stelsel – in hierdie geval tussen die dier en die sedelose vrou (’n afgodsdienares). Hierdie scenario het ’n baie wyer toepassing as die Romeinse Ryk, vandaar die identiteit van die sedelose vrou as “Verborgenheid, die groot Babilon”, wat terugverwys na antieke tye ná die sondvloed toe die eerste węreldryk gevestig en die toring van Babel gebou is. Die engel het aan Johannes gesę: “Kom hierheen, ek sal jou toon die oordeel van die groot hoer wat op die baie waters sit, met wie die konings van die aarde gehoereer het” (Op. 17:1-2).

In die daaropvolgende verse word aangetoon dat die vrou op sewe berge sit wat sewe opeenvolgende konings of koninkryke gedurende die geskiedenis van die nasies voorstel: “Vyf het geval en een is; en die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy ’n kort tydjie bly” (Op. 17:10). Vyf van hierdie koninkryke het voor die tyd van Johannes geval; dit is die Babiloniese Ryk van Nimrod, die Assiriese Ryk, die herstelde Babiloniese Ryk van Nebukadnésar, die Medo-Persiese Ryk en die Griekse Ryk. Die sesde een, die Romeinse Ryk, was aan bewind terwyl die sewende en laaste een, dié van die Antichris, nog toekomstig was.

Hierdie inklusiewe oorsig oor alle węreldryke word weer aan die einde van die hoofstuk herbevestig: “En die vrou wat jy gesien het, is die groot stad wat heerskappy voer oor die konings van die aarde” (Op. 17:18). Sy is die verpersoonliking van ’n mistiese (geestelike) koninkryk onder die leierskap van Satan, wat die god van hierdie bose węreld is (2 Kor. 4:4). Daar word verskeie kere in die Nuwe Testament na hierdie mistiese koninkryk verwys, bv. in Efésiërs 6:12: “Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die węreldheersers van die duisternis van hierdie eeu.” Die Here Jesus het ook na Satan verwys as “die owerste van hierdie węreld” (Joh. 14:30).

Satan is “die owerste van die mag van die lug” (Ef. 2:2), maar hy was nog altyd van plan om sy koninkryk fisies onder die leierskap van ’n bose koning in te stel. Die Bybel beskryf die eindtydse heerser in Satan se koninkryk as die dier, en sę: “die draak het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag” (Op. 13:2). Hierdie węreldregering sal groter en sterker as al sy voorgangers wees omdat dit oor alle mense op aarde sal regeer, en dit sluit groot gebiede in wat in antieke tye onbekend was: “... en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie” (Op. 13:7). Hy sal die mag en gesag hę om konings en heersers te ontsetel wat sou weier om van hulle soewereiniteit afstand te doen: “Deur die krag van my hand het ek dit gedoen; ... die grense van die volke het ek verwyder; ... die wat op trone sit, het ek soos ’n maghebber neergewerp” (Jes. 10:13).

In die middel van die verdrukking sal die dier selfs nog ’n groter despoot word, maar sy mederegeerders sal só onder die invloed van sy mag en prestasies wees dat hulle vrywillig hulle mag aan hom sal oordra. Dit sal van hulle blote marionette in sy węreldryk maak: “En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier“ (Op. 17:12-13).

5. Justisiële globalisme

Die Antichris sal alle pogings aanwend om sy invloed uit te brei en sy radikale handelinge te wettig. Hy sal toesien dat die kodering van sy uitgebreide humanistiese manifes deur al die politieke en justisiële owerhede in die węreld ondersteun word. Bose regters sal aangestel word om die grondwet van sy węreldregering op te stel en af te dwing. Alle omstrede beleidsrigtings en ander sake sal vir uitsprake na internasionale howe verwys word. Dit is vanselfsprekend dat die korrupte regters van die eindtyd streng by die wense van hulle meester sal bly. Een van sy uitdruklike opdragte sal die uitwissing van die Christelike geloof wees, asook alle ander gelowe wat weier om ekumeniese kompromie te maak, en swaar strawwe sal opgelę word aan diegene wat sou weier om aan sy reëls gehoor te gee.

Een van die grondwetlike fondamente van hierdie węreldregering sal die verpligte aanbidding van die heerser wees, tesame met die volkome verwerping van God se uitspraak dat sy Gesalfde Seun die enigste wettige Koning van die węreld is: “Wees dan nou verstandig, o konings; laat julle waarsku, o regters van die aarde! Dien die Here met vrees, en juig met bewing. Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil!” (Ps. 2:10-12).

Die oordele van God sal oor die dier se bose koninkryk uitgegiet word, en ook oor almal wat met hom saamgewerk het om die ware Christendom uit te roei deur die Bybelse Verlosser en Koning van die węreld te verwerp, en ook omdat hulle diegene vervolg het wat in Hom glo.

6. Militęre globalisme

Die węreldregering van die Antichris sal ’n sterk militęre mag tot sy beskikking hę. Dit sal nie alleen ’n vredesmag wees om rebellie teen sy heerskappy te onderdruk nie, maar ook ’n aanvalsmag om teen konings te veg wat dit sou durf waag om sy gesag uit te daag deur te weier om van hulle nasionale soewereiniteit afstand te doen. Hy sal ’n gevreesde militaris wees – selfs nog in ’n meerdere mate as wat historiese diktators soos Nebukadnésar, Alexander die Grote en Nero was. Hulle was berug vir die verdelging van hulle vyande en ook vir die instelling van militęre diktature. Die Antichris se volgelinge sal sę: “Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?” (Op. 13:4). Daniël sę dat hierdie eindtydse koning van die węreld “met groot woede sal uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref” (Dan. 11:44).

Dit is duidelik dat baie van die oorloë gevoer sal word teen godsdienstige opponente wat sal weier om die dier as messias en uiteindelik ook as God te aanbid. Baie van hierdie teëstanders sal Christene wees wat op die plek doodgemaak of in openbare plekke tereggestel sal word deur onthoofding. In sy gesig oor die eindtyd het Johannes die luide geroep van martelare gehoor wat by God gepleit het om die dier te oordeel omdat hy almal doodmaak wat in God se Seun glo:

“En toe Hy [die Lam] die vyfde seël oopgemaak het, sien ek onder die altaar die siele van die wat gedood is ter wille van die woord van God en die getuienis wat hulle gehad het. En hulle het met ’n groot stem uitgeroep en gesę: Hoe lank, o heilige en waaragtige Heerser, oordeel en wreek U nie ons bloed op die bewoners van die aarde nie? En aan elkeen van hulle is wit klere gegee; en aan hulle is gesę dat hulle nog ’n klein tydjie moes rus totdat ook hulle medediensknegte en hulle broeders wat nog gedood sou word soos hulle, voltallig sou wees” (Op. 6:9-11).

Christene sal vervolg word soos nog nooit tevore in die geskiedenis nie. Dieselfde lot sal godsdienstige Jode tref wat hulle verbond met die valse messias sal verbreek ná sy godslasterlike selfvergoddeliking in die herboude tempel in Jerusalem. Beide Christene en Jode sal verkondig dat die ware Messias spoedig sal kom om sy vyande te oordeel en dan sy vrederyk op aarde te vestig. Dit sal die dier grootliks vertoorn, en hy sal begin om ’n baie groot multinasionale mag in die Midde-Ooste te mobiliseer om teen Christus en sy hemelse leër te veg. Bose geeste sal uitgestuur word om die konings van die aarde aan te hits om deel te neem aan die grootste “godsdienstige oorlog” op aarde.

Johannes sę: “En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele węreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God. ... En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armagéddon” (Op. 16:13-16).

Die grootste van alle oorloë in die ganse geskiedenis van die mensdom sal in en om Israel gevoer word wanneer die ware Messias kom. Die dier en sy magte sal in hulle arrogansie meen dat hulle kan veg teen Hom wat alle mag in die hemel en op aarde het. Die engel het aan Johannes gesę: “Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin – want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings” (Op. 17:14). Die toneel vir hierdie komende węreldoorlog sal spoedig daarná omskep word in die begraafplaas van God se vyande:

“En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees” (Op. 19:19-21; vgl. Sag. 14:12-13).

Verwikkelinge ná die Antichris se regering

Nadat Christus sy vyande geoordeel en uitgedelg en Satan in ’n put laat bind het, sal Hy die troon van Dawid in Jerusalem herstel en sy duisendjarige vrederyk op aarde instel. Globalisme sal dan gevestig word op die waarheid, geregtigheid en genade van God se koninkryk. Die Here sę: “Kyk, ’n koning sal regeer in geregtigheid, en die vorste sal heers volgens reg” (Jes. 32:1). In die Millennium sal die Messias in geregtigheid regeer (vgl. Jes. 11:1-5), en sy mederegeerders sal regverdig wees. Die bruid van Christus sal saam met Hom regeer (2 Tim. 2:12; Op. 5:9-10). Die martelare van die verdrukking sal opgewek word en ook in hierdie regverdige regering deel:

“En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. ... Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en sal saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank” (Op. 20:4, 6).

Satan gaan egter probeer om die openbaring van God se koninkryk voor te spring deur vooraf die dier te stuur en te bemagtig om as ’n engel van die lig te kom en die mensdom te mislei om by die verkeerde koninkryk in te skakel (vgl. 2 Kor. 11:14-15). Dit verklaar die verskerpte veldtog vir geestelike en ideologiese misleiding aan die einde van die kerkbedeling.

Christene is gewaarsku teen die groot eindtydse misleiding en goddeloosheid wat die weg sal baan na die Antichris se węreldryk. Die vervolging van Christene deur sy regering sal so erg wees dat die evangeliese kerk van Christus nie as ’n instelling onder sy bewind sal kan oorleef nie. Johannes sę: “Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin” (Op. 13:7). Ten spyte van hewige vervolging gedurende die kerkbedeling, kan ’n situasie soos dié onder die Antichris se diktatuur nie voor sy eindtydse magsoorname bestaan nie. Die Here Jesus het gesę: “Ek sal my gemeente bou, en die poorte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie” (Matt. 16:18). Hierdie waarborg geld egter nie gedurende die verdrukking nie. In daardie tyd sal individue hulle wel tot Christus kan bekeer en gered word, maar hulle sal as martelare sterf (Op. 12:11).

’n Baie duidelike dispensasionele lyn sal oorgesteek word tussen die kerkbedeling en die regering van die Antichris. Dit is duidelik dat die Antichris glad nie geopenbaar kan word en met sy totale vernietigingswerk kan begin terwyl die kerk van Christus nog hier is nie: “En nou, julle weet wat hom teëhou, sodat hy op sy tyd geopenbaar kan word. Want die verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou teëhou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak, hy wie se koms is volgens die werking van die Satan met allerhande kragtige dade en tekens en wonders van die leuen” (2 Thess. 2:6-9).

Die teëhouer is die ware kerk van Christus, waarin die Heilige Gees woon. Die einde van die kerkbedeling sal gedurende die wegraping plaasvind, wanneer Christus hulle van die planeet aarde af sal wegneem: “Want die Here self sal van die hemel neerdaal met ’n geroep, met die stem van ’n aartsengel en met geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan. Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal ons altyd by die Here wees” (1 Thess. 4:16-17).

Slegs nadat die teëhouer weggeneem is, sal die Antichris in staat wees om geopenbaar te word en sy geestelike misleiding tot groter uiterstes te voer, terwyl hy ook die politieke en militęre vermoë sal hę om sy teëstanders uit te wis. Christene wat gereed en waardig is, sal egter hierdie tyd van ongekende oordele ontvlug (Luk. 21:36). Diegene wat eers daarna gered word, sal deur bloedige vervolging in die gesig gestaar word.

 

5. Die Skrif aan die Muur

Die einde van die kerkbedeling gaan skielik en dramaties aanbreek, en dit sal tot groot verbystering onder ’n ongelowige en profeties oningeligte węreldbevolking lei. Daar is verskeie tekens wat op die einde van die kerkbedeling en die openbaring van die Antichris dui, maar dit is vir ongelowiges verborge. Hulle sal skielik deur groot onheile oorval word.

Die meeste mense dink dat hulle vrede en voorspoed op aarde kan skep sonder om met God versoen te word deur Jesus Christus, sonder om sy Woord en sy morele beginsels te eerbiedig, en sonder om met die bose planne van die duiwel rekening te hou. Hulle ontnugtering sal net des te groter wees: “Want wanneer hulle sę: Vrede en veiligheid – dan oorval ’n skielike verderf hulle soos die barensnood ’n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie” (1 Thess. 5:3).

’n Soortgelyke situasie het bestaan voor die onverwagte val van die Babiloniese Ryk. Ons kan baie daaruit leer, omdat ’n ooreenstemmende situasie besig is om in ons tyd vorm aan te neem. Politieke leiers roem ook in hulle vermoë om sonder God aan bewind te bly en die węreld se ernstige probleme op te los, maar hulle sal skielik deur ’n groot ingryping van God ontnugter word, asook deur die verskyning van ’n uiters bose węreldleier.

Val van die Babiloniese Ryk

Daniël 5 beskryf die laaste paar dramatiese ure voor die val van die eens magtige Babiloniese Ryk. Koning Bélsasar het in sy paleis vir ’n duisend van sy maghebbers, sowel as sy vroue en byvroue, ’n feesmaal aangebied ter viering van die grootsheid en magtigheid van Babilon. Op die fees het hy veragtelik teenoor die God van Israel opgetree omdat Hy daarop geroem het dat Israel se God nie in staat was om hulle uit die hand van die Babiloniërs te red nie. Die koning het sy minagting vir die Jode en hulle God getoon deur drank te laat bedien in die goue en silwer voorwerpe wat Nebukadnésar se magte in die tempel geroof het toe hulle Jerusalem ingeneem het. Bélsasar het in sy grootheidswaan openlike hulde aan die magtige afgode van Babilon gebring en die onoorwinlikheid van sy ryk gevier.

Terwyl hierdie partytjie aan die gang was, was die Persiese leër al drie maande lank buite die stad ontplooi. Bélsasar het hom egter nie aan hulle gesteur nie, want Babilon het ’n ringmuur gehad wat 26 meter dik en 106 meter hoog was, met 250 wagtorings. Die Eufraatrivier het regdeur die stad gevloei, met groot sluisdeure bo-oor die water om ongemagtigde toegang per boot onmoontlik te maak. Die inwoners het ook genoeg kos vir 20 jaar in die stad opgegaar.

Die Perse het egter ’n kanaal gegrawe en die water van die rivier na ’n nabygeleë meer laat vloei. Die pad was toe oop vir vyande om van die noorde- en die suidekant af in die donkerte van die nag onder die sluisdeure in die stad in te kom. Intussen het Bélsasar se fees voortgegaan en sy bravade het geen perke geken nie.

Skielik het die tyd egter vir hom uitgeloop en die Here het nie net sy eie einde aangekondig nie, maar ook dié van die Babiloniese Ryk waarop hy so geroem het. ’n Hand het verskyn en op die  gepleisterde muur reg oorkant die kandelaar geskryf, sodat almal dit kon sien. Skok en vrees het die koning oorval, en hy het intuďtief geweet dat sy partytjie verby was.

Verwarring het ook onder die koning se raadgewers ingetree, en nie een van hulle – nie eers die mees geleerde manne in Babilon – kon die skrif ontsyfer nie. Toe onthou hulle skielik van Daniël wat jare gelede Nebukadnésar se droom uitgelę het. Dit is betekenisvol dat Daniël, wat ’n senior amptenaar was, nie by hierdie heidense partytjie teenwoordig was nie. Hy is ontbied, en ’n baie groot beloning, sowel as bevordering na derde in rang in die koninkryk, is aan hom gebied indien hy die skrif sou kon ontsyfer.

Daniël het vir Bélsasar en sy amptenare daaraan herinner dat Nebukadnésar weens sy hoogmoed deur die Here gestraf en verneder is. Daniël het Nebukadnésar gewaarsku en gesę:  “Breek met u sonde en doen geregtigheid” (Dan. 4:27). Hy het dit egter nie gedoen nie, sy koningskap is van hom weggeneem, sy verstand het hom verlaat en hy het saam met die diere in die veld gebly vir sewe jaar. Daarna het hy tot bekering gekom, sy verstand het teruggekeer en hy is ten volle op sy troon herstel. Nebukadnésar het van alle afgodediens afgesien en net die Here as Koning van die hemel geloof en geprys, en erken dat Hy mag het oor die koningskap (Dan. 4:34-37).

Bélsasar, sy vroue en maghebbers, het nie hierdie geskiedenis ter harte geneem nie en hulleself verhef. Daniël het hom in die lig van Nebukadnésar se ervarings aangespreek en gesę: “Maar u, Bélsasar, het u hart nie verneder nie, alhoewel u dit alles weet” (Dan. 5:22). Bélsasar het ten volle na afgodediens teruggekeer en openlik met die God van Israel gespot; maar genadetyd het skielik vir hom verbygegaan, soos blyk uit Daniël se verklaring van die skrif: Mené: God het u koningskap getel en daar ’n einde aan gemaak; tekél: u is op die weegskaal geweeg en te lig  bevind; perés: u koninkryk is verdeel en aan die Meders en Perse gegee.

Daardie selfde nag is Babilon deur hulle vyande ingeneem en Bélsasar, die koning van die Chaldeërs, is gedood. Dit is ’n skrikwekkende verhaal van wat met mense gebeur wat God se waarskuwings in sy Woord verontagsaam. Dit hou beslis ook vir ons ’n boodskap in, want ons het nog duideliker waarskuwings oor ’n groot verdrukking wat skielik, soos ’n dief in die nag, oor die hele aarde sal kom.

Die dag van die Here

Volgens die Bybel weet ons dat genadetyd ook in die Nuwe Testament verby sal gaan nadat die hele węreld die geleentheid gehad het om die evangelie te aanvaar (Hand. 17:30), en dan sal die oordele van die Here skielik oor die onbekeerlike mensdom uitgestort word tydens die sewe jaar lange verdrukking. Jesaja sę die volgende oor die komende dag van die Here:

“Kyk, die dag van die Here kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ’n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg. ... En Ek sal aan die węreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder” (Jes. 13:9, 11).

Die Godverwerpende węreld van die eindtyd is in dieselfde situasie as wat Bélsasar eeue gelede was. Hulle verwerp nie net die God van die hemel van wie hulle (soos Bélsasar) baie min weet nie, maar hulle verwerp ook sy Seun wat intussen gekom het, asook sy Woord en die   evangelie van verlossing wat die afgelope 2 000 jaar in die hele węreld verkondig is. Die eindtydse oordele gaan dus veel groter wees, want die Here Jesus het gesę daar kom ’n groot verdrukking soos daar nog nooit was nie, en as daardie dae nie verkort word nie, sal geen mens dit oorleef nie (Matt. 24:21).

Ons lees van die groot, eindtydse rebellie teen God en sy Seun in Psalm 2: “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde en sę: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (Ps. 2:2-3). Gedurende die afgelope paar dekades het die meeste nasies in die tradisioneel Christelike węreld hulle rug op die Bybel as God se Woord gedraai deur Christelike grondwette af te skaf, Christelike onderwys te beëindig en Christelike moraliteit te verwerp. Selfs baie teoloë het ook in hierdie rebellie meegedoen deur die egtheid van die Bybel as God se Woord te betwyfel, die Godheid van die Here Jesus te verloën en Hom met die afgode van die heidene gelyk te stel.

Al wat nou nog oorbly, is dat die oordele van die Here skielik oor die goddeloses uitgestort sal word nadat Hy sy kinders wat geen aandeel in hierdie rebellie het nie, weggeneem het. Daar is verskeie tekens van die tye wat bedoel is om vir die hele węreld die skrif aan die muur te wees dat genadetyd haas verby is en dat die tyd van oordele enige oomblik kan begin. Uit die Nuwe Testament het ons nog ’n baie duideliker uiteensetting van wat die toekoms vir ons én die hele węreld inhou, as wat in Ou-Testamentiese tye die geval was.

Petrus sę: “Ons het die profetiese woord wat baie vas is, waarop julle tog moet ag gee soos op ’n lamp wat in ’n donker plek skyn” (2 Pet. 1:19). Die vraag is: Gee ons daarop ag, of steur ons ons nie aan die skrif aan die muur nie? Onkunde oor eindtydse profesieë is besig om nie net daartoe te lei dat die maagde in die Here se koninkryk in die middernaguur almal aan die slaap raak nie, maar saam met hulle verkeer ook die hele ongeredde węreld in noodlottige onkunde.

Waar is die manne van God wat die boodskap oor die naderende oordele moet verklaar en verkondig sodat almal dit kan verstaan? Elke Geesvervulde kind van die Here het die plig om hierdie boodskap suiwer en reg te verkondig. Of het jy dalk nog nie ’n volle oorgawe gemaak om met die Heilige Gees vervul te word nie? As dit die geval is, sal jy self nie die skrif aan die muur verstaan nie. Die Here Jesus het gesę dat die Heilige Gees ons in die hele waarheid sal lei en ook die toekomstige dinge aan ons sal verkondig (Joh. 16:13).

Die bedreiging uit Iran

’n Opvallende ooreenkoms tussen die huidige situasie en dié in antieke Babilon het betrekking op die groot rol wat die Perse in die val van Bélsasar gespeel het. In die eindtyd speel hulle weer  ’n groot rol, want Persië, die huidige Iran, is besig om kernwapens te ontwikkel en hulle het ook al by verskeie geleenthede gedreig om Israel te vernietig en totaal van die węreldkaart af uit te wis. Daar word selfs deur die Iranse regering ’n sterk verwagting gehuldig dat die Imam Mahdi – dit is die Messias van Islam – binnekort sal kom om die hele węreld onder die gesag van die Koran te plaas. Hulle sien dit as hulle profetiese roeping om die węreld in chaos te dompel, want die Mahdi sal glo slegs kom om vrede te skep wanneer daar oral groot wanorde en ellende is.

Behalwe Islam se godsdienstige teenkanting teen Judaďsme en die Christendom, is hulle verder nog van mening dat die hele Israel histories deel van Palestina is en onder die volle beheer van die Palestyne geplaas moet word. Hulle uiteindelike oogmerk is om hier ’n Islamitiese węreldstaat te vestig met Jerusalem as hoofstad. As gevolg van al hierdie oorwegings het hulle telkemale heilige oorloë (jihads) teen Israel en sy bondgenote verklaar. Hulle sę ook dat die laaste groot oorlog wanneer die Mahdi kom, hoofsaaklik in Israel geveg sal word en dat Islam die oorwinnaars sal wees.

Iran se grootste struikelblok in die volledige Islamisering van die Midde-Ooste is Israel, vandaar hulle groot klem op bewapening ten einde ’n vernietigingsoorlog teen Israel te kan voer. Die bedreiging deur Iran is openlik, en in die lig van hulle kernontwikkeling word hulle dreigemente ernstig opgeneem deur die meeste Westerse lande. As gevolg hiervan het Europese lande besluit om Iran te boikot en geen ruolie meer van hulle af in te voer nie. In reaksie hierop het Iran gedreig om die seestraat van Hormoes in die Persiese Golf, waardeur omtrent ’n derde van die węreld se olie vervoer word, te blokkeer. Dit kan ’n krisis skep waardeur die hele węreldekonomie byna tot stilstand gedwing sal word. Amerikaanse en Britse oorlogskepe word gereeld in die Persiese Golf ontplooi en hulle is militęr gereed om enige gebeurlikheid die hoof te bied.

Intussen gaan die dreigemente tussen Iran en Israel voort, en dit verhoog die spanning aansienlik, asook die moontlikheid dat ’n oorlog enige tyd tussen hulle kan uitbreek. Wanneer dit gebeur, sal verskeie groot moondhede waarskynlik hierby betrokke raak omdat hulle strategiese en ekonomiese belange regstreeks deur ’n oorlog in die Midde-Ooste geraak sal word.

Iran het ’n verdedigingsverbond met Rusland gesluit, terwyl Israel ’n soortgelyke verbond met Amerika gesluit het. ’n Oorlog tussen Iran en Israel kan dus die begin van ’n baie groot oorlog wees waaraan verskeie lande sal deelneem. In Eségiël 38 en 39 is daar ’n beskrywing van ’n Russies-Arabiese inval in Israel waarin Rusland (Gog, in die agterhoeke van die Noorde) en Iran (Persië) by name genoem word, saam met verskeie ander lande wat ook aan hierdie oorlog sal deelneem. Dit kan die begin wees van ’n nuwe węreldorde waarin die Antichris geopenbaar sal word en beheer oor die hele węreld verkry. Hy sal daarin slaag om deur alle gelowe, insluitend Israel en hulle Moslem vyande, as die beloofde Messias en Vredevors van die węreld aanvaar te word. Wanneer dit gebeur, sal die kerkbedeling reeds deur middel van die wegraping afgesluit wees, want die Antichris kan nie geopenbaar word totdat hy wat hom teëhou, uit die weg geruim is nie – dit is die ware kerk van Christus wat ’n tempel van die Heilige Gees is (2 Thess. 2:6-8).

Joel Rosenberg

Gelukkig is daar manne wat nie huiwer om aan almal, ook hooggeplaaste regeringsleiers, te verkondig wat die Here se boodskap oor die eindtyd is nie. Een van hulle is die bekende Messiaanse Jood, Joel Rosenberg. Hy skryf boeke, behartig webblaaie, spreek predikante-konferensies toe, besoek Israel, voer gesprekke met regeringsleiers, en besoek ook verskeie ander lande in die Midde-Ooste om met geestelike leiers kontak te maak en evangelisasiewerk te organiseer en te ondersteun.

Rosenberg vergelyk Amerika se goddeloosheid met dit wat in Bélsasar se tyd aan die orde van die dag was. Hy verwys na die VSA se staatskuld van 16 triljoen dollar, terwyl die Bybel ons waarsku om nie in skuld te leef nie. Hy vestig ook die aandag op die 53 miljoen aborsies wat tot dusver in Amerika gedoen is, verwys na hulle pornografiebedryf wat miljarde dollars wins maak, en ook na die wettiging van homoseksuele huwelike. Hy het sy landgenote met die volgende duidelik vraag gekonfronteer:

“Hoeveel langer sal die Here nog wag voordat ons sal maai wat ons gesaai het? Sal God ons nog ’n kans gee, of is Hy klaar met ons? Is Amerika in ’n Nebukadnésar-situasie waarin ons nog kans het om tot bekering te kom en herstel te word, of in ’n Bélsasar-situasie waarin God sy guns skielik van ons gaan onttrek en die ligte afsit? Ek is eerlikwaar nie seker nie.”

Rosenberg het voortgegaan om ’n Nebukadnésar-situasie te verduidelik. Soos wat daardie koning van ouds tot besinning gekom, hom bekeer en ten volle in sy amp herstel is, kan die Amerikaners ook vandag doen. Hy het na herlewingstye in die VSA se geskiedenis verwys, asook die positiewe reaksie wat herlewingspredikers soos Charles Finney en D.L. Moody op hulle prediking verkry het. Dit kan weer so wees. Indien die Amerikaners egter volhou om hulleself geestelik te verhard en met hulle sonde en agnostisisme voort te gaan, sal hulle einde skielik kom, soos dié van Bélsasar.

Min of meer dieselfde vraag wat Rosenberg aan Amerikaners gevra het, kan aan regerings en hulle onderdane in alle ander lande gevra word. Die ineenstorting van geestelike en morele waardes kom węreldwyd voor, en so ook die huidige finansiële krisis weens roekelose oorbesteding deur regerings én individue. Ekonomiese rampspoed sal na wydverspreide armoede, werkloosheid en hongersnood lei, en dit is ’n ernstige teken van naderende onheil.

Een van Joel Rosenberg se jongste boeke is getiteld: Implosion. Dit handel oor die dreigende inploffing van die węreldekonomie, wat na verwagting skielik sal gebeur – soos ’n ou gebou wat deur plofstof gesloop word en binne ’n paar oomblikke net verdwyn. Die meeste van die groot ekonomieë in die węreld word deur ’n reuse resessie of totale bankrotskap bedreig. Aandele en staatseffekte sal skielik omtrent niks werd wees nie, en daarmee saam sal geldeenhede ook baie van hulle koopkrag verloor. Eiendom se waarde sal drasties afneem, en weens die wydverspreide armoede sal daar min kopers wees. Al hierdie faktore dui daarop dat daar polities sowel as ekonomies ’n nuwe węreldorde ingestel sal moet word in ’n dringende poging om oorlewingskanse te bied aan baie van die planeet se 7 miljard inwoners.

Dit is opvallend dat die huidige ekonomiese krisis die ryk lande in die ontwikkelde węreld die ergste raak. Amerika is op die randjie van ’n ekonomiese ineenstorting as gevolg van roekelose oorbesteding oor baie jare heen. Daar is geen voor die hand liggende oplossing vir hierdie krisis nie, want ’n drastiese inkorting in hierdie stadium sal die finale spyker in hulle ekonomiese doodskis wees. So ’n stap sal na grootskaalse afdankings en salarisverminderings lei, wat beteken dat mense nie meer hulle huispaaiemente en ander verpligtings sal kan nakom nie, en dit kan weer die groot banke en motorvervaardigers se kanse op oorlewing in die gedrang bring. Ernstige werkloosheid en politieke onstabiliteit sal die gevolg hiervan wees, asook verminderde invoere uit ander lande. ’n Ekonomiese ineenstorting in Amerika, en waarskynlik ook in Europa, sal die hele węreldekonomie op sy knieë dwing.

Die eindtydse skrif aan die muur

Ons is in ’n soortgelyke situasie as wat Daniël in Babilon was. Terwyl ’n Godverwerpende węreld toenemend deur ernstige tekens van die tye geskud word, moet ons nie by hulle byeenkomste teenwoordig wees waar daar gedrink, afgode vereer, in die mens se grootheid geroem en op ’n spottende wyse van God en sy diensknegte gepraat word nie. Ons moet ook nie stilbly oor ons oortuigings nie, maar skyn soos ligte te midde van ’n krom en verdraaide geslag. Ons moet opstaan vir die gesag van die Bybel, veral ook wat die profetiese woord betref.

Wanneer die węreld onverwags deur ongekende tekens van die eindtyd oorval en verwar word, moet hulle weet dat daar ware gelowiges is wat in staat is om hierdie tekens te kan verklaar. Die Bybel sę: “Daar sal tekens wees aan die son en maan en sterre, en op die aarde benoudheid van nasies in hulle radeloosheid, wanneer see en branders dreun, en mense se harte beswyk van vrees en verwagting van die dinge wat oor die węreld kom. Want die kragte van die hemele sal geskud word” (Luk. 21:25-26).

Is jy, soos Daniël van ouds, in staat om die profetiese skrif aan die muur vir die węreld te kan vertolk en hulle te waarsku teen die naderende oordele van God? Of is Bybelse profesieë dalk vir jou ook ’n geslote boek weens jou onkunde? Ons moenie onsself daaraan skuldig maak om die profetiese woord te verswyg en vir mense verborge te hou nie, want dan sal ons saam met die ongelowige węreld deur hierdie oordele oorval word.

Dieselfde reël geld ook vir Christelike gemeentes, Christelike radiostasies, Christelike webwerwe en ander Christelike bedienings. Ons is verplig om die volle raad van God te verkondig (Hand. 20:27), en dit sluit beslis ook die profetiese woord in. Gelowiges wat die profesieë verswyg, is gewoonlik besig om ’n valse profetiese scenario voor te hou waarin daar nie ’n naderende groot verdrukking is nie en ook nie ’n wegraping as ’n ontvlugting vir die Here se getroue dissipels nie (Luk. 21:36). Ons moet eers ons eie lewens en geestelike perspektief regkry, dan sal die Here ook ons oë open om Bybelse profesieë reg te kan verstaan en met groot erns te verkondig.

Gereedmaking

Alle gelowiges het ’n vasstaande opdrag met betrekking tot gereedmaking. Ons moet beslis die naderende voetstappe van die Messias in die profetiese gebeure van ons tyd kan hoor. Die Here Jesus het in sy profetiese rede gesę: “En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is” (Luk. 21:28). Die volgende opdrag word hierby gevoeg: “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan” (Luk. 21:36).

Ware Christene het nie ’n Antichrisverwagting nie, maar ’n Christusverwagting. Ons is nie vir die toorn van God gedurende die komende dag van die Here bestem nie, maar vir die saligheid wat die Here Jesus aan sy getroue dissipels belowe het. In Egipte was Israel ook nie vir die plae bestem wat oor die ongelowiges gekom het nie, maar hulle moes hulle deurposte met die bloed van die paaslam besprinkel en volkome op die Here se reddende genade hoop.

Om dieselfde rede was Noag en sy gesin nie vir die vloed bestem nie, en Lot en sy gesin ook nie vir die Goddelike oordele oor Sodom en Gomorra nie. Ons toekoms is in die Vaderhuis waar Christus vir ons plek gaan berei het. Net die ongelowiges en nominale Christene wat slegs ’n gedaante van godsaligheid het, sal agterbly wanneer die Basuin blaas en dan sal hulle deur ’n ongekende verdrukking in die gesig gestaar word. Hulle sal nog steeds gered kan word en hulle geloof in die ware Messias sal aan hulle die moed gee om die valse messias te verwerp, maar hulle sal nietemin as martelare vir hulle geloof moet sterf (Op. 6:9-11; 12:11).

Maak liewer nou jou saak met die Here reg, want wanneer die basuin blaas en die roepstem uitgaan om die Bruidegom tegemoet te gaan, sal dit te laat wees om die ontbrekende olie van die Heilige Gees te kry, waarsonder geen mens waardig sal wees om voor Christus te verskyn nie. Hy het ’n volkome werk van verlossing gedoen om ons vir hierdie ontmoeting waardig te maak.

Paulus sę dat die Here Jesus Homself oorgegee het om die gemeente te heilig nadat Hy dit gereinig het, “sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en sonder gebrek sou wees” (Ef. 5:25-27). Ná die eerste reiniging van ons sondes moet ons volkome heilig gemaak word na gees, siel en liggaam, sodat ons onberispelik kan wees op die dag van Jesus Christus (1 Thess. 5:23-24).

Dit is elkeen van ons se verantwoordelikheid om baie seker te maak wat ons geestelike stand voor die Here is. Sommige kerklidmate is ongered en het net die naam dat hulle Christene is, maar in werklikheid is hulle geestelik dood (Op. 3:1). Ander is wel gered, maar hulle is vleeslik, soos klein kindertjies in Christus, vol twis, jaloersheid en tweedrag, terwyl hulle soos die golwe van die see geslinger en heen en weer gedryf word deur elke wind van lering (1 Kor. 3:1-3; Ef. 4:14; Gal. 5:17). Net ’n relatief klein groep kan van heiligmaking en oorwinning in hulle geestelike lewe getuig. ’n Kenmerk van hulle lewe is dat hulle werke doen wat by die bekering pas – dit is die vrug van die Heilige Gees wat die Here in elkeen van sy kinders se lewens soek. Hulle het nie hulle talente in ’n doek toegedraai nie, maar in die Here se diens gebruik.

Terwyl donker wolke van oorloë en gerugte van oorloë besig is om oor die Midde-Ooste én die hele węreld saam te pak, gepaard met geestelike en morele verval wat ongekend in die ganse geskiedenis van die mensdom is, asook ’n ekonomiese krisis van apokaliptiese afmetings wat besig is om alle lande in sy wurggreep te kry, kan ons enige tyd die verskyning van die blink Môrester bokant ’n donker horison verwag. Is jy hiervoor gereed, want tydens sy geheime koms net voor die verdrukking, kom Hy net vir dié wat Hom tot saligheid verwag (Heb. 9:28).

 

6. Eindtydse Vernietiging van die Nasies se Koninkryke

Ons is tans baie naby aan die finale vervulling van die profesie oor die geskiedenis en lotgevalle van die węreldryke in Daniël 2, en moet hierdie gedeelte met nuwe belangstelling bestudeer.

Die Here het in ’n droom aan Nebukadnésar die aard en opeenvolging van heidense koninkryke geopenbaar, vanaf die vernietiging van Israel se koninkryk deur die Babiloniese Ryk, tot aan die einde van die tye van die nasies wanneer die Antichris se węreldregering deur Christus vernietig sal word (Op. 19:19-21). Direk hierna sal die troon van Dawid deur die Messias self in Jerusalem herstel word (Hand. 15:16-17). Hierdie profetiese scenario is ononderbroke en strek regdeur die kerkdispensasie, insluitend die tyd wanneer Jerusalem steeds deur nie-Joodse heersers vertrap word: “... en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is” (Luk. 21:24). Die skielike beëindiging en vernietiging van heidense regerings in die węreld sal tydens die wederkoms van Christus plaasvind (Op. 11:15). Hy is die klip (rots) wat die beeld sal vernietig (sien Dan. 2:34-35).

Nebukadnésar het nie sy profetiese droom verstaan nie, maar Daniël het oor Goddelike insig beskik en was in staat om die droom aan hom te beskryf en te verklaar:

“U, o koning, het ’n gesig gehad – kyk, daar was ’n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik. Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper, sy bene van yster, en sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei. U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ’n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het. Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ’n groot rots geword wat die hele aarde gevul het” (Dan. 2:31-35).

Die volgende verklaring van die droom deur Daniël is akkuraat vervul in die daaropvolgende verloop van die węreldgeskiedenis. Ons is nou op die drumpel van die finale vervulling daarvan:

“U, o koning, koning van die konings ... is die hoof van goud. En ná u sal daar ’n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna ’n ander, ’n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers; en die vierde koninkryk sal hard wees soos yster, juis omdat yster alles fynstamp en verpletter; en soos die yster wat vergruis, sal hy dit alles fynstamp en vergruis. En dat die voete en tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was – dit sal ’n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het. En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is – ’n gedeelte van die koninkryk sal hard en ’n gedeelte sal bros wees. ... Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ’n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ’n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan – net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ’n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper, die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar” (Dan. 2:37-45).

Daniël se uitleg het ’n opeenvolging van heidense ryke aangedui wat as magtige koninkryke oor die destyds bekende węreld, en dus ook oor Israel, sou regeer. Die Babiloniese Ryk was die kop van goud. Die Here het Nebukadnésar aangestel sodat uitvoering aan God se raadsplan vir die nasies deur hom gegee kon word. Alle mense is aan sy gesag onderwerp, selfs ook die diere en die voëls. Die Babiloniese Ryk het van 626 tot 539 v.C. regeer.

Die tweede deel van die beeld was die bors en arms van silwer. Dit het gedui op die ryk van die Meders en die Perse (die twee arms van die beeld) wat die Babiloniërs in 539 v.C. oorwin en onderwerp het. Hoewel die Medo-Persiese Ryk meer as 200 jaar lank regeer het, van 539 tot 330 v.C., wat veel langer was as die Babiloniese Ryk se 87 jaar, was dit minderwaardig teenoor die Babiloniese Ryk, soos wat silwer minder werd is as goud.

Die buik en lendene van koper stel die derde koninkryk voor, naamlik die Griekse Ryk. Alexander die Grote het die Medo-Persiese Ryk in 330 v.C. verslaan en daarna hulle hele gebied beheer. Hy het die Griekse Ryk verder oos tot in Indië uitgebrei.

Die bene van yster stel die Romeinse Ryk voor. Hulle het die Griekse Ryk in 63 v.C. verower. Hoewel die Romeinse Ryk in twee dele verdeel is, soos die twee bene van die beeld, en uiteindelik in ’n mengsel van yster en klei sal eindig, was dit nogtans een ryk. Hierdie ryk is deur sy groot krag gekenmerk, soos wat yster sterker is as brons, silwer en goud. Die Romeinse Ryk het hard en genadeloos toegeslaan en al die lande wat deel van die vorige drie ryke was, by hulle eie ryk ingelyf. Met verloop van tyd het die Romeinse Ryk sy solidariteit verloor en in 476 n.C. as ’n gesentraliseerde politieke eenheid verbrokkel en van die toneel verdwyn.

Daarna het verskeie lande van die voormalige Romeinse Ryk egter in hulle eie reg magtig geword en voortgegaan om uit Europa ’n baie sterk invloed op die politieke, ekonomiese en kulturele landskap van die res van die węreld uit te oefen. ’n Europese taal, Engels, is ook mettertyd as ’n węreldtaal gevestig.

Voortbestaan van die twee bene

Die Romeinse Ryk is nooit deur ’n ander węreldryk oorwin en vervang nie, en in ’n verborge vorm het dit voortgegaan om sy invloed op verskeie lewensterreine oor die aarde te laat uitgaan. Ten spyte van sy politieke verbrokkeling as ’n enkele węreldryk, het lande in dié gebied voortgegaan om nuwe kennis op die terreine van geletterdheid, wetenskap, tegnologie, medisyne, godsdiens, filosofie en politiek te ontwikkel. Twee belangrike groeipunte is gevestig met die oog op die verkenning en ontwikkeling van die buitewęreld – die een in die weste en die ander een in die ooste van Europa. Op hierdie manier het die twee bene van die beeld deur die eeue heen voortgegaan om hulle invloed in die res van die węreld te laat geld. Die dinamika van Europese kultuur was die stukrag en motivering vir ’n nuwe beskawing in die węreld.

Die westelike deel van die Romeinse Ryk wat uit Rome beheer is, was ’n belangrike groeipunt vir die Westerse beskawing en sy kapitalistiese vryemarkstelsel wat kenmerkend van die eerste węreld is. Wes-Europese kulture, die Romeinse reg en die Christelike geloof (Katolisisme én Protestantisme) het hiervandaan verder versprei – ook na ander węrelddele wat weens kolonisasie deur Wes-Europese lande onder hulle beheer gekom het. Die invloed van Europese kultuur was fenomenaal, en in ’n stadium het die Britse Ryk kolonies rondom die węreld gehad – vanaf Amerika in die weste tot anderkant Indië in die ooste. Dit het gelei tot die uitdrukking: “The sun never sets over the British Empire.”

Die oostelike deel van die Romeinse Ryk wat uit Konstantinopel beheer is, het ook verder uitgebrei tot in Rusland en dele van Asië. Hiermee saam het die invloed van die Grieks-Ortodokse Kerk gegaan, wat gelei het tot die vestiging van die Russies-Ortodokse Kerk. Sodoende het Oos-Europa ’n groeipunt vir die tweede węreld geword, wat later deur kommunisme oorheers is. Die revolusionęre ideologie van kommunisme is ook ’n uitvoerproduk van Europa. Karl Marx (1818-1883) was ’n Duitse filosoof wat later ook in Parys, Brussel en Londen gewoon het. Hy en sy vriend Engels het in 1847 die Kommunistiese Manifes gepubliseer, met die volgende openingsreël: “’n Gedaante spook in Europa – die gedaante van kommunisme.” Kommunisme is egter nie in Europa aanvaar en geďmplementeer nie. Die later aanvaarding van kommunisme deur Rusland, Sjina en verskeie ander lande, het daartoe gelei dat ’n derde van die węreldbevolking in ’n stadium onder kommunistiese beheer was.

Die ideologiese, ekonomiese en godsdienstige verdeling van die węreld tussen ’n eerste en tweede węreld, het veral sterk gemanifesteer as ’n ideologiese verdeling tussen kapitalistiese en kommunistiese state. Dit het Europa ook ná die Tweede Węreldoorlog op ’n ooglopende wyse deur middel van die ystergordyn verdeel (’n verdere manifestasie van die twee bene van die beeld). Vir baie lank is daar verwys na die rigiede onderskeid tussen die weste en die ooste, wat gemanifesteer het as die twee węrelde van kapitalistiese vryheid enersyds, en beperkende, ateďstiese kommunisme andersyds. Beide het gestreef om in eie reg die hele węreld te oorheers, maar nie een van die twee kon heeltemal daarin slaag nie. Die twee bene van Daniël se beeld het voortgegaan om in die węreld gesien te word, terwyl elkeen van hulle se invloed steeds verder uitgekring het – kapitalisme in ’n veel groter mate as kommunisme.

Met die verloop van tyd is daar ’n sogenaamde derde węreld tot die internasionale gemeenskap toegevoeg, wat ontstaan het uit die ontdekking en kolonisering van onbekende gebiede ver van Europa af. Die derde węreld het egter nie ’n duidelike ideologiese identiteit van sy eie nie, aangesien dit veral onder die beheer van die eerste węreld gekom het. Koloniale moondhede soos Brittanje, Duitsland, Spanje, Portugal, België en Nederland het hulle beskouings, gebruike en instellings baie sterk op hierdie lande afgedruk deur selfs hulle grense en name te bepaal. Sodoende het hulle nog ’n wyer toepassing aan die twee bene van die Romeinse Ryk verleen.

Mettertyd het kommunisme, behalwe in Sjina, voor ekonomiese werklikhede geswig en tot ’n val gekom in Rusland, die groot kampvegter van hierdie radikale ideologie. Daarmee saam het die hele Unie van Sosialistiese Sowjet Republieke (USSR) ontbind toe die betrokke lande oorgeskakel het na die Westerse kapitalistiese vryemarkstelsel, demokratiese verkiesings, asook die erkenning van groter vryhede in die algemeen. Selfs in Sjina is na die kapitalistiese ekonomie oorgeskakel, maar sonder om van die politieke diktatuur van kommunisme af te sien.

Kapitalisme, saam met die vryhede wat dit in die samelewing meebring, het mettertyd die dominante mag in die węreld geword, en dit het daartoe gelei dat ekonomiese mag ook die aansien van politieke mag en militęre vermoëns bepaal het. Die geldgod, Mammon, het ’n stewige greep oor alle samelewings verkry, en dit het daartoe gelei dat die Romeinse Ryk mettertyd as tien onafhanklike ekonomiese en geopolitieke magsblokke in die węreld na vore getree het.

Die tien tone van die beeld

Dit is hoogs betekenisvol dat die twee bene van die beeld wat Nebukadnésar gesien het, in sy finale stadium verdeel en op tien tone uitloop. Hulle is soos yster en klei wat nie tot ’n hegte eenheid saamgevoeg kan word nie, en dit impliseer dat daar onderling ’n groot mate van ideologiese, kulturele en godsdienstige diversiteit is. Hulle is ook nie ewe sterk en ewe ver ontwikkel nie, want sommige van hulle is bros soos klei en ander sterk soos yster (Dan. 2:42).

Die tien tone is profeties beslis ’n eindtydse manifestasie van die beeld omdat die vernietiging van die beeld in die laaste dae met die vernietiging van die tien tone in verband staan. Daniël sę: “’n klip [het] los[ge]raak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het” (Dan. 2:34). Hierdie tien tone verwys dus nie na tien historiese provinsies van die antieke Romeinse Ryk nie, maar na tien eindtydse gebiede in die hele węreld wat tot ’n groot mate hulle ekonomiese en politieke karakter uit Europa verkry het.

Die nuwe węreldorde wat nou aan die ontstaan is, is ’n poging tot die vereniging van die eerste en tweede węrelde wat uit die twee bene van die Romeinse Ryk voortgevloei het, asook al die verdere verdelinge wat sedertdien plaasgevind het. Die doel hiermee is dat die struktuur van nie-Joodse (heidense of humanistiese) heerskappy weer, soos in antieke tye, polities en militęr sal manifesteer as ’n enkele węreldregering wat die mag het om ’n eenvormige politieke, ekonomiese en godsdienstige beleid op al sy onderdane af te dwing.

 

 

 

In moderne tye het die węreld in ’n groot aantal onafhanklike lande verdeel geraak. Ernstige ekonomiese probleme weens oorbesteding deur regerings sowel as individue het egter daartoe gelei dat lande op ’n streeksbasis, soos bv. in Europa, besig is om ter wille van ontwikkeling en oorlewing groter ekonomiese eenhede te vorm. Daar is ook ander oorwegings vir sulke alliansies, bv. beveiliging teen moontlike oorloë en terroristeaanvalle. Gaandeweg ontwikkel elke streek ’n sterker identiteit en politieke samehorigheid, soos gesien kan word in Europa, die Arabiese lande in die Midde-Ooste, Noord-Amerika, ens.

Dit is interessant dat die hele węreld tans in tien ekonomiese magsblokke of groeipunte verdeel raak. Weens onderlinge wedywering, asook ideologiese en godsdienstige verskille tussen lande, word die begrensing van sekere van hierdie streke tans nog betwis, maar die proses is onomkeerbaar. Wanneer daar op Google gesoek word na “Ten economic regions of the world”, word verskeie bronne genoem waarin daar na hierdie tien gebiede verwys word. Nie almal is dit eens oor presies hoe hulle afgebaken moet word nie, maar erken nogtans die feit dat daar tien sulke streke is. Die volgende is die mees waarskynlike afbakening:

1. Die Europese Unie; 2. Noord-Amerika (VSA, Kanada en Alaska); 3. Suid-Amerika; 4. Australië saam met eilandstate in die suidelike Stille Oseaan; 5. Rusland en verskeie lande in sy invloedsfeer; 6. Sjina en omliggende lande; 7. Indië en state in sy omgewing; 8. ’n Suidoos-Asiatiese ekonomiese blok met Japan as leidende land; 9. die Midde-Ooste; en 10. Afrika soos verteenwoordig deur die Afrika-Unie.

Dit is om ander redes ook duidelik dat die tien tone van die beeld nie na die tien provinsies in die antieke Romeinse Ryk verwys nie. Die herstelde Romeinse Ryk soos deur die Europese Unie verteenwoordig, het reeds 27 lidlande en dit is baie onwaarskynlik dat hulle tot tien verminder sal word. Daar is ook geen konkrete aanduidings dat die eindtydse groep van tien uit Rome beheer sal word nie.

Die tien tone is ekonomiese en geopolitieke streke in die węreld wat óf in ’n stadium onder die direkte beheer van ’n Europese land was, óf op een of ander wyse hulle ekonomiese ontwikkeling aan die Westerse beskawing te danke het. Die VSA en Kanada was bv. in ’n stadium ook Britse kolonies en is dus ’n wesenlike deel van die Wes-Europese been van die antieke Romeinse Ryk. Die tien tone is inderdaad verteenwoordigend van die hele węreld, daarom is dit onnodig om vrae te vra soos: “Waarom word Amerika nie in Bybelse profesieë genoem nie?” Amerika is ’n belangrike deel van die eindtydse węreld wat na aanleiding van Europese uitbreiding geskep is, en sal voortgaan om ’n belangrike rol te speel.

In die ontluikende nuwe węreldorde is die tien ekonomiese streke in die węreld besig om ook nouer politieke bande met hulle bondgenote te smee, sodat hulle in ’n toekomstige węreldregering die belange van hulle streek beter sal kan behartig. Soos wat die Europese Unie, die Arabiese Bond in die Midde-Ooste, en die Afrika-Unie elk ’n leier het, sal ander streke ook onder gepaste politieke leierskap verenig word. In sommige gevalle sal die staatshoof van die leidende land in die streek die leiding neem, soos bv. in die geval van Rusland, Sjina en Indië.

Dit is interessant dat die kwessie van leierskap in die tien streke eers finaal bepaal sal word wanneer die Antichris op die toneel verskyn. Dit is ’n aanduiding dat hy leiers van sy eie keuse sal aanstel. In Openbaring 13 en 17 word die tien tone van die beeld voorgestel as tien horings op die kop van die dier (die Antichris). Johannes sę: “En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier” (Op. 17:12-13).

Hierdie tien konings ( hoofde van die tien streke) sal saam met die res van die węreldbevolking verwonderd agter die dier aangaan, en sal só in vervoering wees oor hom dat hulle hom self as ’n węreldmessias sal aanbid (Op. 13:3-4). Johannes sę: “... aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie” (Op. 13:7). Moet dus nie dink dat hy net ’n Midde-Oosterse of Europese leier sal wees nie – hy sal ’n volwaardige węreldleier wees. In sy opgang na węreldheerskappy sal hy sy eie magsbasis verder uitbrei, en dit sal daartoe lei dat die tien tone (of streke) na agt sal verminder. Johannes sę: “Terwyl ek op die horings ag gee, kom daar ’n ander horinkie tussen hulle op, en drie van die vorige horings is daarvoor ontwortel; en kyk, in hierdie horing was oë soos mens-oë, en ’n mond wat groot dinge spreek” (Dan. 7:8).

Regering van die Antichris

Later in die boek Daniël word daar weer na hierdie tien uitlopers van die Romeinse Ryk verwys, maar dan as tien horings op die kop van ’n wreedaardige dier (Dan. 7:7-8, 20-28). Dit is dieselfde dier met die tien horings waarna Johannes ook verwys (Op. 13:1; 17:3, 12, 16). In ’n historiese toepassing kan die horings verwys na provinsies in die antieke Romeinse Ryk, maar in die eindtydse toepassings daarvan, wanneer die Antichris verskyn, verwys dit beslis in ’n breër verband na tien ekonomiese streke wat onder die nasies sal bestaan. Drie van die tien horings sal deur hierdie eindtydse leier (die Antichris) ontwortel en onder sy persoonlike leierskap verenig word.

Volgens Daniël 11:31-45 sal een van die Antichris se titels “die koning van die Noorde” wees (noord, soos gesien vanuit Israel). In verskillende stadiums het “die Noorde” verwys na Sirië, Assirië of Babilonië (vgl. ook Jes. 10:12-14). Dit impliseer dat die Antichris uit die Midde-Ooste sal verrys. Sirië was een van die tien provinsies van die antieke Romeinse Ryk, en is bestem om in die eindtyd weer ’n belangrike rol te vervul.

Binne die groter scenario van tien ekonomiese magsblokke in die węreld sal die Antichris dus uit die Midde-Ooste verrys en dan hierdie streek met twee ander verenig om ’n baie sterk magsblok in ’n verminderde groep van agt te vorm. Die Bybel gee nie vir ons ’n aanduiding van watter drie streke verenig sal word nie, maar dit sal mettertyd deur die verdere vervulling van Bybelse profesieë duidelik word. Dit mag bv. wees dat hy die Midde-Ooste, Europa en Noord-Amerika sal verenig. Die VSA is reeds d.m.v. NAVO by Europese en Midde-Oosterse sake betrokke, en hulle is die sterkste en grootste verteenwoordiger van die Westerse, Europese kultuur buite Europa.

Daar gaan gewis ’n nuwe węreldorde tot stand kom, wat sal lei tot die skepping van ’n węreldregering met uitvoerende magte. Die Antichris sal beheer hieroor verkry, en die leiers van die tien streke sal vrywilliglik hulle gesag aan hom oordra. In navolging van die Antichris (Op. 13:5-7) sal hierdie ryk fanaties teen die koninkryk van God en die ware Christus gekant wees. “Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings” (Op. 17:14).

Die Antichris se węreldregering sal die hervatting en voortsetting wees van ’n lang tradisie van węreldregerings wat in assosiasie met valse godsdienste opgetree het – net baie erger as ooit in die verlede. Hierdie regering gaan alles in die stryd werp om teen Christus en sy hemelse leër te veg wanneer Hy weer kom. Daar sal selfs van demoniese misleiding gebruik gemaak word om militęre magte oral in die węreld te mobiliseer om aan hierdie oorlog deel te neem (Op. 16:13-16).

Huidige verwikkelings in die Midde-Ooste is baie belangrik met die oog op die vestiging van ’n toekomstige węreldregering wat beheer sal verkry oor alle lande se politieke mag en ekonomiese belange. Olieryk Arabiese state sal ’n sleutelrol in die ontluikende nuwe węreldorde speel, omdat die ekonomiese toekoms van die węreld tot ’n groot mate afhang van die ononderbroke beskikbaarheid van olie wat hier ontgin word. Die betrokkenheid van verskeie węreldmoondhede by die stryd in Sirië is ook ’n aanduiding dat die knoop vir węreldvrede hier deurgehaak sal moet word. Rusland, Sjina en Iran steun die bewind van Bashar al-Assad, terwyl omtrent die hele res van die węreld die opposisiemagte steun. Dit is ’n gevaarlike brandpunt wat na groter konflik en selfs ’n węreldoorlog kan lei. Indien proaktiewe stappe egter gedoen word, kan doeltreffende globale strukture geskep word om eenheid en vrede in die hand te werk en ’n volskaalse węreldoorlog af te weer.

Die vrede wat die Antichris en sy węreldregering sal bring, sal egter van korte duur wees omdat hy die spesiale verteenwoordiger van die koninkryk van die duisternis sal wees. Hy sal vrede en eenheid net as ’n rookskerm gebruik om sy bose motiewe te verbloem. Johannes sę: “Die draak [Satan] het hom sy krag gegee en sy troon en groot mag” (Op. 13:2). Die Antichris sal in samehang met ’n alliansie van valse godsdienste regeer en alles in sy vermoë doen om die aanbidding van die ware Christus van die aarde af uit te roei (Op. 13:7; 17:3-6). Goddelike oordele sal oor hierdie ryk uitgestort word, en dit sal die skielike einde daarvan meebring.

Vernietiging van die beeld

’n Duidelike beskrywing word gegee oor die vernietiging van die beeld van die nasies se heerskappy op aarde. ’n Klip raak sonder toedoen van mensehande los, tref die beeld aan sy tone en vergruis die hele beeld. Wanneer die koninkryke van die nasies finaal vernietig word, sal dit nie deur menslike toedoen geskied nie. Die klip (rots) wat neerdaal en dit tref, dui op die wederkoms van Christus, wat ook Israel se Messias is. Hy word dikwels in die Bybel met ’n rots vergelyk (Ps. 118:22; Jes. 8:14; 1 Pet. 2:6-8). Hierdie rots sal groot word en die hele aarde vul. Die koms van Christus, en sy verdelging van die aardse magte wat onder die leiding van die Antichris in Israel sal saamtrek, word só beskryf:

“Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ’n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog in geregtigheid. En sy oë was soos ’n vuurvlam, en op sy hoof was baie krone; en Hy het ’n Naam wat geskrywe is, wat niemand ken nie, behalwe Hy self. En Hy was bekleed met ’n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God. En die leërs in die hemel het Hom gevolg op wit perde, bekleed met wit en rein fyn linne. En uit sy mond gaan daar ’n skerp swaard om die nasies daarmee te slaan; en Hy sal hulle met ’n ysterstaf regeer. ... En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leër. En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand” (Op. 19:11-15, 19-20; vgl. Sag. 14:12-13).

Dit is ’n kort en dramatiese beskrywing van die slag van Armagéddon, wat deel is van die oordele van die dag van die Here. Jesaja sę: “Kyk, die dag van die Here kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde ’n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg. ... En Ek sal aan die węreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder. ... En soos ’n gemsbok wat gejaag word, en soos kleinvee wat niemand bymekaar maak nie, sal hulle elkeen draai na sy volk toe en elkeen vlug na sy land toe” (Jes. 13:9-14). Die oordele van die Here sal nie net ’n einde aan sondige, menslike regerings bring nie, maar ook die wanorde en verlies aan kulturele identiteit beëindig wat deur die grootskaalse vermenging van volke teweeggebring is weens onbeheerde immigrasie.

Nadat Christus die aardse koninkryke verbrysel het, sal Hy sy ewige koninkryk in hulle plek vestig. Dit sal die vervulling wees van Openbaring 11:15: “Die koninkryke van die węreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.” Hieruit is dit duidelik dat Jesus Christus tydens sy wederkoms al die aardse koninkryke sal vernietig om in hulle plek te regeer – dit sal nie net Europese regerings in die gebied van die antieke Romeinse Ryk wees nie. Daniël sę: “Die klip wat die beeld getref het, het ’n groot rots geword wat die hele aarde gevul het” (Dan. 2:35). Daar sal dus ’n Christelike nuwe węreldorde op aarde gevestig word, en dit sal blywende vrede op aarde verseker:

 “En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en sę: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat Hy ons sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie” (Jes. 2:2-4).

Jeremia bevestig ook hierdie profesie: “In dié tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die Here; en al die nasies sal daarheen saamkom vanweë die Naam van die Here in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie” (Jer. 3:17).

Die troon van die Messias sal in Jerusalem wees waar Hy die Dawidiese koningskap sal herstel. Dit sal die vervulling wees van ’n profesie wat die engel Gabriël tweeduisend jaar gelede aan Maria gegee het: “Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee” (Luk. 1:32). Wanneer Christus van hierdie troon af regeer, sal die bedeling van magshonger heidense regerings wat deurtrek is van selfsugtige motiewe en bose instellings wat hulle vyandig gemaak het teenoor Israel en die koninkryk van God, iets van die verlede wees.

Elkeen van ons het die verantwoordelikheid om ’n persoonlike keuse ten opsigte van Jesus Christus te maak. As Hy die rots en fondament is waarop ons lewens gebou is, sal ons nie in die storms van die lewe tot ’n val kom nie (Matt. 7:24-27). As ons egter die Here Jesus as Verlosser verwerp, dan bou ons ons lewens op die sand van selfmisleiding en sal onsself onder die vyande van Christus bevind vir wie Hy in die finale oordeel ’n rots van struikeling sal wees (1 Pet. 2:4-8).