Bybelse ProfesieŽ

Goeie en slegte nuus oor die toekoms

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

Johan Malan

Mosselbaai, Januarie 2014

Inhoud

†††† †Voorwoord: Nuwe Belangstelling in Bybelse ProfesieŽ

Afdeling A: Die Antichris en Eindtydse Oordele

1. Die Stryd Tussen Twee Koninkryke

2. Verskyning en Optrede van die Antichris

3. ín Universele Christus vir Alle Gelowe

4. Globalisme en die Regering van die Antichris

5. Die Skrif aan die Muur

6. Eindtydse Vernietiging van die Nasies se Koninkryke

Afdeling B: Die Groot Teken van Israel en Jerusalem

†††††† 7. Die Geestelike Geboorte van ín Volk

†††††† 8. ín Demoniese Strategie vir die Misleiding van Israel

†††††† 9. Ons Plig ten Opsigte van Jerusalem

†††††† 10. Die Letterlike Vervulling van Israel se Sewe Feeste

Afdeling C: Die Rol van Christus en sy Woord

†††††† 11. Wegval van die Ware Jesus af

†††††† 12. Die Laaste Twaalf Uitsprake van die Bybel

†††††† 13. Hoedanighede Waarin die Here Jesus gaan Verskyn

Afdeling D: Uitdagings in die Geestelike Stryd

†††††† 14. Eise van die Eindtydse Stryd

†††††† 15. Heiligmaking en die Wederkoms

Afdeling E: Oordele oor die Ongelowiges

†††††† 16. Tekens aan die Son, Maan en Sterre

†††††† 17. Waarom die WÍreld Geoordeel Moet Word

Afdeling F: Gelowiges se Toekomsverwagting

†††††† 18. Die Toekoms: Wat kan ons Verwag?

†††††† 19. Redes vir die Wegraping

†††††† 20. Die Nuwe Jerusalem

†††††† 21. Oestyd: Die Finale Skeiding

Oor die Skrywer

 

Voorwoord: Nuwe Belangstelling in Bybelse ProfesieŽ

In ín snelveranderende wÍreld raak dit al hoe belangriker om kennis te neem van Bybelse profesieŽ oor die laaste dae voor Christus se wederkoms. Dit is net ingeligte mense wat nie onkant betrap sal word deur nuwe verwikkelinge nie, en sonder kennis van Bybelse profesieŽ sal ons nie ín duidelike beeld van die toekoms kan hÍ nie.

Sedert die herstel van Israel in die middel van die 20ste eeu gaan daar op verskillende lewensterreine talle eindtydse profesieŽ in vervulling. Dit vestig onmiskenbaar die aandag op ín ontluikende nuwe wÍreldorde wat wesenlik antichristelik van aard is, en waarin sowel Israel as die evangeliese Christendom al hoe meer na die kantlyn toe geskuif word.

Slegs Jode wat die Antichris as Messias sal aanvaar, sowel as Christene wat ekumenies georiŽnteerd is en gevolglik bereid is om op ín gelyke vlak bande met ander gelowe aan te knoop, en wat met die komende intergeloofsmessias en sy valse profeet sal identifiseer, sal in die nuwe bedeling aanvaarbaar wees. Toenemende druk word op Israel en die Bybelse Christendom toegepas om van rigiede sienings oor hulle eie identiteit af te sien, met die wÍreldgemeenskap te konformeer, of van die toneel af te verdwyn. Sterk eksklusivisme word nie geduld in ín inklusiewe ideologie wat op die ideaal ingestel is dat alle mense harmonieus en demokraties, volgens die wil van die meerderheid, tot ín nuwe internasionale eenheid moet saamgroei nie.

In die profetiese woord word daar baie oor geestelike en morele sake gesÍ, en daar is dikwels ín fyn lyn tussen die waarheid en die leuen. Dit verg ín groot mate van onderskeidingsvermoŽ om probleme uit ín Bybelse oogpunt reg te kan verstaan. Ons moet bo enige twyfel weet wat negatief is en weerstaan moet word, en wat positief is en ondersteun moet word. Dit is slegs wanneer ons ons tydsomstandighede in die lig van Bybelse uitsprake reg verstaan, dat ons op ín gepaste wyse op bepaalde situasies sal kan reageer. Ons moet ín vaste norm hÍ waarmee ons die toenemende aantal nuwe idees en lewenstyle kan beoordeel, asook vaste oortuigings sodat ons nie onder druk sal swig nie maar by ons standpunte sal bly.

Sommige profesieŽ beskryf toestande wat aan die einde van die kerkbedeling sal heers, waaronder veral geestelike en morele verval. Ander fokus weer op die Antichris se wÍreldstaat wat nŠ die kerkbedeling vir sewe jaar lank sal bestaan. Terselfdertyd sien ons hoedat Israel in hulle land herstel word te midde van ín hewige stryd vir hulle voortbestaan. Dit geskied in voorbereiding op die laaste jaarweek van Israel se heilsgeskiedenis voordat hulle tydens die Messias se wederkoms as ín volk met Hom versoen sal word. Eers dan sal hulle die fase van ewige geregtigheid bereik (Dan. 9:24-27; Jer. 31:31-34).

Ter wille van ín gebalanseerde geheelbeeld moet ons eskatologies verskillende kategorieŽ van gebeurtenisse kan waarneem, naamlik: (a) Die Antichris en eindtydse oordele; (b) Israel se fisiese en geestelike herstel; (c) die rol van Christus en sy Woord; (d) uitdagings in die geestelike stryd; (e) oordele oor die ongelowiges; en (f) gelowiges se toekomsverwagting. Dit is ook die temas van hierdie boek:

Eerstens kyk ons na die opkoms van ín antichristelike nuwe wÍreldorde wat sigbaar geopenbaar sal word direk nŠ die afsluiting van die kerkbedeling. Dit sal die finale vergestalting van die ideologie van globalisme op alle lewensterreine wees. Die nuwe wÍreldorde sal onder die leiding van ín oŽnskynlik dinamiese leier staan, wat in die Bybel as die Antichris beskryf word. Volgens Openbaring 13:2 sal Satan aan hom sy krag en sy troon en groot mag gee. Die bose owerhede, magte en wÍreldheersers wat die mensdom vir duisende jare uit ín geestelike sfeer beÔnvloed en gemanipuleer het (Ef. 6:12), sal in ín sigbare wÍreldregering vorm aanneem. Goddeloosheid en ongeregtigheid sal dan tot ín veel groter mate as in die verlede deel van ín afvallige mensdom se lewenswyse word.

Die aanvanklike verskyning van die Antichris sal in die gedaante van ín multigodsdienstige vredevors wees. Ons sal uit die oogpunt van die groot wÍreldgodsdienste kyk hoedat almal van hulle gereed maak om die universele en gemeenskaplike ďChristusĒ van alle gelowe te ontvang. Hy sal die wÍreld polities, godsdienstig en ekonomies verenig onder die vaandel van ín wÍreldregering. Almal sal aan die begin daarvan verwonderd agter hom aan gaan weens die skynbaar onmoontlike wat hy bereik het deur die wÍreld te verenig en mense van verskillende nasionaliteite en gelowe in harmonie te laat saamleef Ė al sal dit net tydelik wees.

Die Bybel beskryf hierdie nuwe orde van wÍreldburgers as ín kunsmatige samestelling van mense en kulture wat nie werklik tot ín eenheid sal kan saamgroei nie. In DaniŽl 2:41-44 word hierdie internasionale alliansie vergelyk met ín mislukte poging om yster en klei te meng: die eindproduk is bros en sonder enige samehorigheid of kohesie. Wanneer die Antichris se beleid van globalisme begin misluk en daar ook ín aanval op hom gedoen word, sal hy in ín militÍre diktator verander en sy beleid deur geweld afdwing. Hy sal ook magte monster om teen Christus te veg wanneer Hy met sy wederkoms na die aarde terugkeer. Besondere aandag sal gegee word aan die oordele van die Here oor die Antichris en sy ryk.

Tweedens kyk ons spesifiek na verwikkelings in Israel. Die Antichris sal hoogs vyandig wees teenoor Bybelse beloftes oor Israel as ín ten volle herstelde volk wat geestelik met die ware Messias versoen is, en wat ín groot rol in ín toekomstige Messiaanse staat in die wÍreld sal speel. Hy sal homself eers deur misleiding as hulle beloofde Messias voordoen en ook ín verbond met Israel sluit. Sy doel hiermee sal wees om homself in Jerusalem tot Messias ťn God te verklaar (Joh. 5:43; 2 Thess. 2:4) en sodoende die vestiging van Christus se Israel-gebaseerde vrederyk te voorkom. Wanneer Israel egter die valse messias se bedrog ontdek en hulle verbond met hom verbreek, sal hy ín Joodse volksmoord gelas en hulle sal vinnig vir oorlewing na die berge moet vlug (Matt. 24:15-21).

Uit die aard van die saak het Christene ín groot taak om Israel se herstel in hulle land te ondersteun, en ook hulle Bybelse mandaat oor die land Israel Ė en in die besonder ook oor Jerusalem as hulle hoofstad Ė te erken (Eseg. 11:17; Jer. 31:38). In die proses moet ons nie nalaat om Jesus Christus as hulle beloofde Messias te verkondig nie, veral aangesien daar ín demoniesgeÔnspireerde veldtog is om Israel van Hom te vervreem. Volgens die Bybel gaan Israel in die eindtyd die brandpunt van twee baie groot oorloŽ wees Ė die Russies-Arabiese inval in Israel, asook die oorlog van Armagťddon (Eseg. 38-39; Op. 16:13-16).

Derdens kan ons in die lig van bogenoemde gebeure ín intensiewe en wÍreldwye veldtog verwag teen die Persoon en Goddelike attribute van Jesus Christus. Hy is die groot teiken van die duiwel omdat Hy in die pad staan van die openbaring van ín sataniese nuwe wÍreldorde onder die beheer van die Antichris. Hierdie stryd sal in die toekoms nog groter afmetings aanneem, totdat die beeld van die ware Christus so afgebreek is dat die wÍreld gereed sal wees om die valse Christus in sy plek te aanvaar (Op. 13:3-4). Dit is deel van die groot afval van die laaste dae, sodat die waarheid verwerp en die weg geopen kan word vir die aanvaarding van ín valse Christus (Matt. 24:4-5). Dit is meer as ooit tevore nodig dat ons absoluut vertroud sal wees met die basiese feite oor wie die Bybelse Jesus is, en wat Hy gedoen het om ons te red en sodoende deel van die koninkryk van die hemele te maak.

Vierdens is dit belangrik om duidelikheid te verkry oor hoe om die goeie stryd van die geloof te stry en uiteindelik as oorwinnaars voor Christus te staan (1 Tim. 6:12). Dit is nodig om presies te weet watter eise die eindtydse transformasie van ín voorheen Christelike na ín toekomstige Antichristelike bedeling aan ons stel. Ons moet standpunt inneem vir die behoud van erkende Christelike waardes, terwyl ons ook weerstand moet bied teen die veldtog ten gunste van ín postmoderne en post-Christelike leefwyse. Dit vereis dat ons die leer van heiligmaking as ín dieper genadewerk goed sal verstaan en ook self as ín praktiese realiteit sal beleef.

Sonder die instaatstellende krag van die Heilige Gees sal ons nie teen versoekings staande kan bly, geestelike misleiding kan weerstaan, en ook nie Bybelse profesieŽ reg kan verstaan nie. Die Gees van God verkondig die toekomstige dinge aan ons (Joh. 16:13), daarom behoort ons insig te hÍ in die belofte van die Here Jesus dat Hy vir ons plek in die hemel gaan berei het, en dan sal terugkom om ons te kom haal (Joh. 14:2-3; 1 Thess. 4:16-18).

Vyfdens kyk ons na sommige van die skouspelagtige tekens aan die son, maan en sterre, asook die rampe wat daardeur op aarde veroorsaak sal word. Die onafwendbaarheid van Goddelike oordele oor ín bose wÍreld word bespreek, asook die noodsaaklikheid om ín einde aan die huidige sondige wÍreld te bring.

In die sesde en laaste afdeling word Christene se toekomsverwagting bespreek na aanleiding van verskillende vertolkings van Bybelse profesieŽ. Mense wat nie die regte vertolking huldig nie, maak hulleself daaraan skuldig om die profesieŽ te vergeestelik en dan willekeurig enige ander betekenisse daaraan toe te skryf. Sodoende raak hulle uit voeling met die Bybel ťn ook met Jesus Christus self, want ďdie getuienis van Jesus is die gees van die profesieĒ (Op. 19:10).

Daar is twee baie belangrike redes waarom ons Bybelse profesieŽ moet bestudeer: dit help ons om ingelig te wees oor toekomstige wÍreldgebeure, en verder bied die vervulling daarvan onweerlegbare bewyse oor die egtheid en betroubaarheid van die Bybel, en dus ook oor die Goddelike inspirasie daarvan. ProfesieŽ wat duisende jare gelede uitgespreek en opgeteken is, word so letterlik vervul dat ín agnostiese wÍreld dit moeilik en selfs onmoontlik vind om te ontken dat slegs ín God wat volmaakte voorkennis het, al hierdie feite in sy Woord kon laat opteken het sodat sy dissipels dit met groot oortuiging aan die hele wÍreld kan verkondig.

ín Volledige bespreking omtrent die belofte van ontvlugting uit die rampgebied van Goddelike oordele (Luk. 21:36) word aangebied. Die komende verdrukking sal gekenmerk word deur groot oordele van God oor ín onbekeerlike wÍreld. Christene is egter nie vir hierdie oordele bestem nie, daarom sal hulle voor die tyd na ín plek van veiligheid weggeneem word (1 Thess. 1:10; Luk. 21:36). Insig in hierdie belofte sal ons help om ín onderskeidende standpunt tussen die ware Christus se koninkryk en die Antichris se vervalste nuwe wÍreldorde in te neem. Ons moet teŽstanders van hierdie misleier en sy internasionale sondekultuur wees.

As deel van die goeie nuus in Bybelse profesieŽ kyk ons ook na gelowiges se eindbestemming in die Nuwe Jerusalem. Dit is die ewige tuiste wat Christus vir ons gaan berei het en waarheen Hy ons sal wegvoer (Joh. 14:2-3). Dit het positiewe gevolge in ín gelowige se lewe om ín sterk verwagting na die wederkoms te koester, want elkeen wat Christus verwag, ďreinig homself soos Hy rein isĒ (1 Joh. 3:3).

Die einde van die kerkbedeling kom vinnig nader; dan sal daar ín finale skeiding plaasvind tussen die dissipels van Christus en die vyandige, ongeredde wÍreld waarin hulle moes woon en werk. Dit gaan vir baie mense ín groot skok wees wanneer die Christene in ín oomblik, in ín oogwink, verdwyn wanneer die hemelse Bruidegom hulle kom haal (1 Kor. 15:51-52; Luk. 17:34-36). Hierdie skielike skeiding sal selfs intieme groepe soos gesinne raak, want in baie gevalle is nie alle lede van Christengesinne waarlik gered nie. Die een sal aangeneem en die ander verlaat word. Maak seker dat jy nie die een is wat agterbly nie!

Nuwe belangstelling in Bybelse profesieŽ

Een van die beweegredes vir die skryf van hierdie boek is die huidige oplewing in belangstelling ten opsigte van die Bybelse leer oor die laaste dae. Diť studieveld staan as eskatologie bekend. Daar was die afgelope paar dekades ín groot toename in boeke oor die eindtyd Ė veral in Engels. Daar word nou openlik geskryf en gedebatteer oor verskeie sake wat vir baie lank as gegewe en ononderhandelbaar beskou is. Wat het tot hierdie veranderde situasie aanleiding gegee?

Ons leef in ín postmoderne samelewing waarin daar ín groter openheid en verdraagsaamheid oor godsdienstige, ideologiese en lewensbeskoulike sake is. Die tyd van die rigiede afdwing van ín bepaalde dogma, politieke oortuiging of lewenstyl is verby, en dus ook van alle eensydige en denominasiegebonde vertolkings van die Bybel. Dit is alles gevolge van die aanvaarding van die ideologie van globalisme.

Postmodernisme is beslis nie ín onbedekte seŽn nie, want dit bevraagteken letterlik alles Ė die goeie ťn die slegte. Die drie fases in menslike ontwikkeling wat as premodern, modern en postmodern beskryf word, kan uit ín Christelike oogpunt gefraseer word as voorchristelik, Christelik en postchristelik. In die voorchristelike fase is inheemse (heidense) gelowe beoefen en het die mensdom in die algemeen ín lae vlak van tegnologiese en opvoedkundige vaardigheid bereik. Die Christelike fase het met grootskaalse evangelisasie en ontwikkeling op alle terreine gepaardgegaan, veral tydens en nŠ die groot herlewings van die 18de en 19de eeue. Dit het die grondslag vir die moderne, Christelike beskawing in die Westerse wÍreld gelÍ, wat uiteindelik sy invloed oral op aarde laat geld het.

Die postchristelike fase word gekenmerk deur die openlike betwyfeling en verwerping van die Bybel as die gesaghebbende bron van ín Christelike lewens- en wÍreldbeskouing. Hierdie houding kan ůf tot agnostisisme ůf tot ín terugkeer na voorchristelike gelowe en waardes lei, bv. vooroueraanbidding, towery en Oosterse mistisisme (veral transendentale meditasie).

Evangeliese Christene is egter aan die grondbeginsels van die Christendom en die Christelike beskawing gebonde en kan dus nooit postchristelik of postmodern raak in hulle denke en optrede nie. Hulle kan nogtans die groter openheid en vryheid van spraak en geloof gebruik om die Christelike geloof te suiwer van verkeerde vertolkings en twyfelagtige menslike tradisies waarmee dit oor jare heen verenig geraak het. Trouens, ons het nou die ideale geleentheid vir ín beweging terug na die volle waarheid van die Woord. Christelike uitgewers is ook toenemend bereid om groter diversiteit in hulle publikasies toe te laat, en dit is tot die voordeel van ín sinvolle debat oor geloofsake. Alle kante van ín saak moet immers oorweeg word as ons by die volle waarheid daarvan wil uitkom.

In die proses van die suiwering van die Christelike dogma kan ons baie leer uit die werke van teoloŽ uit die herlewingstyd. Dit sal ons help om weer ín eg Bybelse leer oor Jesus Christus te formuleer, waarin daar geen elemente van die postmoderne verwerping van sy maagdelike geboorte en Godheid is nie. Die leer oor heiligmaking kan ook in ere herstel word, sodat Christene aangemoedig kan word om heiligmaking in die vrees van God te volbring (2 Kor. 7:1). Daardeur kan Christelike standaarde in die samelewing, veral ook op die terreine van die huwelik, kinderopvoeding en onderwys, werklik sinvol bevestig en voortgebou word.

Postmoderne vryhede behoort ook gebruik te word om die leer oor die eindtyd met groter vrymoedigheid te verkondig, soos wat dit lank gelede in Suid-Afrika en ander lande gedoen is. Dr. D.R. Snyman, wat ín NG predikant in Stellenbosch was, was ín baie bekende skrywer oor die eskatologie, wat verskeie artikels in die tydskrif Kyk, Hy kom! gepubliseer het. Op aandrang van die publiek is hierdie artikels later in ín boek saamgevat en deur CUM uitgegee onder die titel: Die Komende Christus en die Komende Krisis. Hierin word die tekens van die tye, die herstel van Israel, die wegraping, die verskyning van die Antichris, en die duisendjarige vrederyk nŠ die wederkoms van Christus beskryf. In die voorwoord van sy boek skryf dr. Snyman: ďOns dink met dankbaarheid terug aan die ondersoek van die profesieŽ deur manne soos wyle prof. N.J. Hofmeyr, ds. G.W.A. van der Lingen, ds. S.J. du Toit (die vader van Totius), prof. C.F.J. Muller en prof. J.I. Marais. Laasgenoemde het hom in sy later jare in die besonder op die bestudering van die profesieŽ toegelÍ.Ē

Na aanleiding van ín gesprek met Jaco Scholtz van Durbanville, wat in Desember 2013 ín M.Th.-graad in teologie aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, blyk dit dat die kweekskool in Stellenbosch gedurende die eerste 75 jaar van sy bestaan ín sterk verbintenis tot chiliasme gehad, en ín groot rol gespeel het om hierdie leerstelling oor die eskatologie in Suid-Afrika te vestig. Hy wys daarop dat prof. J.I. Marais van 1877 tot 1919 ín dosent aan hierdie kweekskool was. In die Gereformeerde Maandblad van September 1917 het Marais gesÍ: ďDit is duidelik dat die wederkoms van Christus voor die duisendjarige ryk die gangbare mening was van die kerk deur die eeue heen.Ē

Dr. J.D. Kestell, ín uitgesproke chilias wat vir drie opeenvolgende termyne moderator van die Vrystaatse sinode van die NG Kerk was, asook een van die vertalers van die eerste Afrikaanse Bybel, het in 1919 as redakteur van Die Kerkbode voorgestel dat ín aparte tydskrif oor die vervulling van Bybelse profesieŽ uitgegee word. Hierdie chiliastiese tydskrif, ďZiet Hij KomtĒ (Kyk, Hy Kom) het sedert 1920 gereeld verskyn. Die redakteur daarvan gedurende die eerste 20 jaar tot in 1940, was ds. A.G. du Toit van Kaapstad. Dr. D.R. Snyman was vir die volgende 9 jaar tot in 1949 die redakteur. ín Groot aantal predikante en sendelinge van die NG Kerk was intekenare van hierdie tydskrif. Verskeie artikels uit die Nederlandse chiliastiese tydskrif, ďHet ZoeklichtĒ, het ook hierin verskyn.

In die tydperk nŠ die Tweede WÍreldoorlog het teologiese denke egter met rasse skrede in Suid-Afrika begin verander. Die histories-kritiese metode van Skrifuitleg het aan Europese Universiteite gevestig geraak, spesifiek ook aan die Vrye Universiteit in Amsterdam. Suid-Afrikaanse teoloŽ wat vir nagraadse studies na Europa toe is, veral na universiteite in Nederland, BelgiŽ en Duitsland, het hierdie nuwe benadering na Suid-Afrika oorgedra.

Die histories-kritiese benadering is geskoei op menslike denke en voortvloeiend uit ín wetenskaplike wÍreldbeskouing. As sodanig is dit skepties oor bonatuurlike verskynsels soos die skeppingsverhaal, die sondvloed en baie ander wonderwerke wat in die Bybel beskryf word. Diegene wat hierdie benadering huldig, is ook afsydig teenoor die letterlike vervulling van Bybelse profesieŽ, omdat dit volgens hulle menslik onmoontlik is om eeue voor die tyd foutlose profesieŽ aan te kondig. Op grond hiervan betwyfel hulle die outeurskap en datum van profetiese boeke soos DaniŽl. Hierdie kritici verklaar ín eskatologiese boek soos Openbaring in sy eerste eeuse historiese konteks, en ontken dus die futuristiese vervulling daarvan.

Op die NG Kerk se Algemene Sinode van 1962 is ín standpunt ten gunste van antichiliastiese vergeestelikingsteologie ingeneem. Een van die beweegredes hiervoor was dat daar in daardie stadium nog relatief sterk steun vir die chiliastiese vertolking van profesieŽ was, maar veral op die kweekskole is dit sterk teŽgestaan. Hierna is ín hele geslag antichiliastiese predikante opgelei.

Onder baie lidmate asook enkele predikante het die chiliastiese Skrifbeskouing egter voortgeduur. Een van die leraars was ds. W.H.M. Oosthuizen wat in 1963 ín boek gepubliseer het onder die titel: ďDie wegname van die gemeente.Ē Op bl. 84 sÍ hy: ďDie verwerping van die leer van ín wegname vůůr die Verdrukking hang ook baie nou saam met die verwerping van die leer aangaande ín toekomstige Vrederyk op aarde. Die opvatting, naamlik dat ons tans reeds in die Vrederyk lewe, terwyl die Satan ook reeds gebonde is sedert die kruisiging, kan ons nie aanvaar nie, want dit is duidelik in stryd met die uitsprake van Openbaring 20. Hierdie onderwerp is meer breedvoerig deur die skrywer behandel in ín ander werk met die titel: As die Seun van die Mens Kom. In laasgenoemde werk het ons ook reeds aangetoon dat vele Gereformeerde teoloŽ tans ín onhoudbare middeweg inslaan met betrekking tot Israel en die Vrederyk, deurdat ín herstel van Israel aanvaar word, dog sonder om daarmee ook die Vrederyk te aanvaar. Treffend skrywe dr. H. Berkhof in hierdie verband: ĎBeide onderwerpen hangen samen en wel zo, dat het herstel van Israel onze gedachten naar een komend vrederijk leidtí (Christus de Zin der Geschiedenis, bl. 144).Ē

Sedert 1980, toe Jerusalem nŠ meer as twee millennia weer die hoofstad van ín onafhanklike Israel geword het, het die letterlike vertolking van die profetiese woord weer sterk begin veld wen. Hierdie belangrike gebeurtenis in Jerusalem (vgl. Luk. 21:24), het onder meer daartoe gelei dat die Internasionale Christenambassade in Jerusalem gestig is. Die eerste direkteur van die Ambassade was ds. Johann LŁckhoff, voormalige NG leraar van Port Elizabeth-Sentraal. Hy was vir nagraadse studies in Israel en het tot die oortuiging gekom dat die volk Israel volgens verskeie beloftes in die Ou Testament na die land van hulle vaders sou terugkeer. Christene het ín plig om Israel in hulle proses van herstel te ondersteun (Gen. 12:3; Rom. 11:11-12).

Sedert 1980 het duisende Christene uit verskeie lande (tans sowat 6 000 uit 80 lande) die jaarlikse viering van ín Christelike Loofhuttefees in Israel bygewoon. Onder die feesgangers is daar gereeld etlike honderde uit Suid-Afrika. Hierdie viering het aansienlik daartoe bygedra dat evangeliese Christene bewus geraak het van Israel se herstel, asook die profetiese betekenis van Israel se sewe groot feeste wat jaarliks gevier word (Lev. 23).

Al hierdie verwikkelinge stimuleer ín groeiende belangstelling in die vervulling van eindtydse profesieŽ Ė veral m.b.t. die herstel van Israel, die komende verdrukking van sewe jaar, asook die wederkoms van Christus en sy vrederyk op aarde. Die belofte dat Christene nie vir die oordele van die verdrukking onder bewind van die Antichris bestem is nie, word ook met groter begrip en dankbaarheid aanvaar (Luk. 21:36; 1 Thess. 1:10; 5:9). Ons wag vir die hemelse Bruidegom Ė nie vir die Antichris nie!

Dit is om goeie redes dat Paulus gesÍ het: ďBlus die Gees nie uit nie. Verag die profesieŽ nieĒ (1 Thess. 5:19-20). Die Heilige Gees wil ons benewens sy ander bedieninge ook deur die kennis van Bybelse profesieŽ oor die toekomstige dinge onderrig (Joh. 16:13). Ons behoort almal by ín studie van hierdie aard betrokke te wees, sodat ons nie emosionele en geestelike slagoffers sal word van die moeilike tydsomstandighede wat die Bybel vir die laaste dae voorspel nie (vgl. Luk. 21:34-35; 2 Tim. 3:1-5). ín Situasie soos diť wat in 2 TimůtheŁs 3:1-5 beskryf word, is tipies van ín postmoderne samelewing sonder morele beginsels, waarin geweld, korrupsie en dubbele standaarde hoogty vier, mense net in hulle eie prestasies roem, en waarin die lewe wat Christus aan ons bied, kennelik ontbreek. Net ín gedaante van godsdienstigheid het oorgebly, sonder enige substansie.

TimůtheŁs kry die opdrag om homself uit sulke normlose en selfmisleidende kringe te onttrek en nie deel van hulle lewenspatroon, denkwyse en oppervlakkige geestelike praatjies te word nie. Die pad na ín sinvolle geestelike lewe is terug na die Woord: ď... dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus. Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerusĒ (2 Tim. 3:15-17).

Die profetiese woord is deel van ďdie hele SkrifĒ wat deur God ingegee is, en beslis ín belangrike deel van die geestelike toerusting en perspektief wat ons nodig het om tussen goed en kwaad te onderskei en terselfdertyd ín Bybelgefundeerde oordeelsvermoŽ ten opsigte van eindtydse sake te kan hÍ. Dit bied ook aan ons die enigste betroubare toekomsverwagting om ons te midde van groot afval geestelik te versterk, te bemoedig en op die regte pad te hou.

Profeties ingeligte Christene streef na vaste geestelike waardes en moet daarop ingestel wees om ander wat dalk koersloos op die groot oseaan van die lewe ronddobber, te help om weer vaste oortuigings, rigtinggewende beginsels en ín duidelike toekomsverwagting te verkry (Gal. 6:1). Ons is nie veronderstel om soos dwalende skape te wees wat elkeen sy eie pad bewandel nie, maar gehoorsame volgelinge van die Opperherder wat ons na sy ewige heerlikheid begelei. Terwyl die wÍreld deur ín donker tyd van groot onsekerheid en misleiding gaan, moet die lig van ons getuienis helder skyn.

Johan Malan

Mosselbaai