Opkoms van die Wetenskaplike Węreldbeskouing

Johan Malan, Mosselbaai (Maart 2014)

Hierdie artikel ondersoek die belangrikste redes vir oppervlakkige teologiese denke in die moderne węreld. Verval uit die geestelike waarhede van die Bybel word veroorsaak deur die sterk invloed van die wetenskaplike węreldbeskouing, waardeur die bonatuurlike sfeer ontken word bloot omdat dit buite die terrein val van die wetenskaplike versameling van waarneembare data. Geestelike verarming is onafwendbaar onder mense wat toegee aan die druk van ’n mensgemaakte teorie wat daarop gerig is om die lewende God en sy Seun as die enigste Skepper en Verlosser van die węreld weg te redeneer.

 

Daar is ’n aantal faktore wat die vinnige uitbreiding van die wetenskaplike węreldbeskouing in die ontwikkelde węreld verklaar. Een daarvan is die moderne tegnologie met sy elektroniese media, wat węreldwye kommunikasie op ’n ongekende skaal moontlik maak. Hierdie intensiewe interaksie werk die vernouing of uitskakeling van verskille in die hand en bevorder ook internasionale waardes en globalisme, waardeur volke se interafhanklikheid en gemeenskaplike lotsbestemming op die planeet Aarde beklemtoon word. Wetenskaplike ontdekkings in verskeie dissiplines skep nuwe moontlikhede vir vooruitgang en die oplossing van ’n wye reeks menslike en ekologiese probleme. Terselfdertyd ontbloot dit die dade van sekere invloedryke politieke, kulturele en godsdienstige groepe as afbrekend, irrasioneel, uitgedien, fatalisties en sinneloos, en daarom ’n bedreiging vir węreldvrede en menseregte. Op die voetspore van die moderne wetenskap se aansienlike materiële sukses, oefen die wetenskaplike węreldbeskouing egter ook ’n negatiewe invloed uit op die morele en geestelike sy van menslike lewe, en is daarom nie ’n onvermengde seën nie.

Wat is ’n węreldbeskouing?

’n Kernagtige definisie van ’n węreldbeskouing mag nuttig wees om die doel van hierdie artikel beter te verduidelik. ’n Węreldbeskouing verwys na ’n raamwerk van idees en opvattings wat deur ’n individu, ’n kultuur- of ’n godsdiensgroep gehuldig word oor die totstandkoming en funksionering van die fisiese węreld met al sy lewensvorme, die posisie van die węreld in die groot heelal, die geesteswęreld en sy interaksie met die natuurlike węreld, en, meer spesifiek, die oorsprong van die mens, sy natuur (bv. gees, siel en liggaam), sy sosiale instellings, morele norme en verhouding met die natuurlike węreld, asook beskouings oor sy eindbestemming. Daar is ’n groot aantal uiteenlopende węreldbeskouings:

Naturalistiese węreldbeskouings (bv. die wetenskaplike węreldbeskouing en sekulęre humanisme) bevorder teorieë oor die węreld en die heelal waardeur die bonatuurlike, geestelike sfeer ontken en uitgeskakel word. Slegs empiriese kennis, wat afgelei word van waarneembare, toetsbare en kwantifiseerbare data, word in ag geneem. Logiese beredenering, nie geloof nie, word gebruik om alle verskynsels na te vors en te beskryf. Morele gedrag word met die funksionering van natuurlike instinkte in verband gebring, en hoef dus nie met godsdienstige voorskrifte en waardes geassosieer te word om ordelike gedrag te verseker nie. Die mens word op die toppunt van die proses van evolusionęre ontwikkeling geplaas, en moet uitgedaag word om voort te gaan met die beoefening van sy kreatiewe vermoëns totdat hy sy volle potensiaal verwesenlik. Die mens se natuurlike intellek en vermoë om krities te kan dink verklaar sy sukses in die ontdekking en voordelige toepassing van die wette en kragte van die natuur, en dit maak van hom die bepaler van sy eie lotgevalle.

Monoteďstiese węreldbeskouings (die Christendom, Judaďsme en Islam) gee erkenning aan ’n transendente God wat die Skepper is van alles wat bestaan. Monoteďstiese węreldbeskouings verskil grootliks van mekaar, na aanleiding van die spesifieke openbaring van God waaraan die lede van elke groep glo, en dit vorm die grondslag vir totaal verskillende waardes en lewenstyle onder hulle. ’n Gemeenskaplike eienskap van hierdie drie gelowe is die opvatting dat die bonatuurlike węreld ook die tuiste is van die opponerende koninkryk van die duisternis wat onder die gesag van die duiwel staan. Hy is in staat om groot invloed oor die mensdom uit te oefen. Die polariteit in die geesteswęreld lei na ’n hewige stryd tussen lig en duisternis, en dit vereis ’n deeglike kennis van Goddelike openbarings om tussen die waarheid en die leuen te kan onderskei. Monoteďstiese gelowiges koester almal ’n utopiese toekomsverwagting wat sal realiseer ná ’n dramatiese ingryping deur God om Satan van sy mag te stroop en alle boosheid op aarde uit te wis.

Panteďstiese węreldbeskouings word gehuldig deur aanhangers van die groot Oosterse godsdienste, asook die New Age-beweging. Hierdie geloof is gebaseer op die idee dat alles in die natuur – ook lewelose voorwerpe – ’n inherente element van goddelikheid het. Alles is God en God is in alles. Mense word geleer om psigotegnieke soos transendentale meditasie te  gebruik om alternatiewe bewussynstoestande te skep sodat hulle met hul innerlike goddelikheid in verbinding kan kom. Dit word soms beskryf as die hoër self, die dieper self, die god in jou, die Boeddha in jou, of selfs die kosmiese bewussyn. Op hierdie manier word goddelike wysheid bekom oor hoe om probleme op te los en siektes te genees. Diegene wat ervare is in die gebruik van hierdie bron van wysheid kan ontwikkel tot op die vlak van ’n meester van wysheid wat geestelike leiding aan ander mense kan gee. Ná hulle dood word sulke leiers lede van ’n hiërargie van opgevare meesters wat weer deur middel van reďnkarnasie vir ’n verdere lewensiklus na die aarde kan terugkeer.

Politeďstiese (spiritualistiese) węreldbeskouings word algemeen aangetref onder mense wat hulle ontslape voorouers en/of verskillende afgode aanbid. In sulke kulture is die natuurlike en bonatuurlike sfere geheel en al vermeng in ’n enkele werklikheidsbeeld. Die gevolg hiervan is dat mense nie die beginsel van natuurlike oorsaak en gevolg begryp nie, en daarom nie by empiriese navorsing betrokke raak om natuurlike oplossings te probeer vind vir probleme soos siektes nie. Hulle glo dat seën én teëspoed bonatuurlik bepaal word, daarom is dit nie moontlik om tussen natuurlike en bonatuurlike verskynsels te onderskei nie. As gevolg van hierdie geloof beoefen hulle ’n godsdiens van offers aan die gode en voorvadergeeste sodat hulle voortgesette goedgesindheid verseker kan word. In die meeste spiritualistiese samelewings is daar afgesien van geeste en gode ook onpersoonlike bonatuurlike kragte wat tot die voordeel of nadeel van mense gebruik kan word deur diegene wat bedrewe is in die kuns van die manipulering van magiese kragte. Sogenaamde “goedgesinde toorkuns” word beoefen deur tradisionele genesers (toordokters of waarsęers) wat divinasie doen, medisyne voorberei, gelukbringers verskaf, en medisyne rondom wonings inplant om die inwoners teen bose towery te beskerm. Diegene wat “kwaadwillige toorkuns” beoefen, is die hekse en towenaars wat daarop uit is om bose werke te doen deur mense te benadeel of dood te maak. Wanneer towenaars uitgewys word op grond van waarsęery deur tradisionele genesers, word hulle gewoonlik met die volle instemming van die samelewing in die openbaar tereggestel. Mense in sulke gemeenskappe is verlig om ontslae te raak van bose persone wat hulle lewens bedreig het.

Politeďsme en bygeloof in Europa

Węreldbeskouings wat afgelei is van politeďsme en die irrasionele geloof in magiese kragte, is nie slegs kenmerkend van die onderontwikkelde Derde Węreld nie, maar het ook wydverspreid in Europa voorgekom tot lank ná die donker Middeleeue. Linder (2005) sę dat daar eers ná die Middeleeue, in 1500 n.C., ’n duidelike begrip ontwikkel het van ’n heks as iemand wat in bondgenootskap met die duiwel optree, en dit het tot die volskaalse vervolging en ook massateregstellings van hekse gelei. In 1515 het die owerhede in Genčve, Switserland, 500 veroordeelde hekse op ’n brandstapel verbrand. Nege jaar later het ’n vloedgolf aanklagte weens heksery tot die teregstelling van 1 000 persone in Como, Italië, gelei. Gedurende die 160 jaar tussen 1500 en 1660 is daar in Europa tussen 50 000 en 80 000 persone tereggestel wat van heksery verdink is. Omtrent 80% van diegene wat doodgemaak is, was vroue. Die aantal veroordeelde hekse het grootliks van een land na ’n ander verskil. Die grootste aantal van omtrent 26 000 was in Duitsland, terwyl daar omtrent 10 000 in Frankryk en 1 000 in Engeland was. Tussen 1643 en 1645 het die grootste heksejag in Frankryk se geskiedenis voorgekom, toe daar in die Languedoc-omgewing alleen 650 arrestasies was. In dieselfde tyd het daar ook intensiewe heksejagte in Engeland plaasgevind, toe die burgeroorlog ’n atmosfeer van onrus en agterdog geskep het wat veral onder Matthew Hopkins tot groter heksejagte gelei het.

In sy artikel beskryf Linder (2005) die lotgevalle van hekse tydens die bewind van Koning James VI van Skotland, wat later (in 1603) Koning James I van Engeland geword het: “Skotland se heksejagte het begin tydens die huwelik van Koning James met prinses Anne van Denemarke. Anne se reis na Skotland vir die troue is deur ’n groot storm ontwrig, en dit het haar verplig om in Noorweë skuiling te soek. James het as gevolg hiervan na Skandinawië gereis en die huwelik is in die Kronborgkasteel in Denemarke voltrek. Ná ’n lang wittebrood in Denemarke is die koninklike paartjie tydens hulle terugtog geteister deur uiters rowwe seetoestande, wat deur die skeepskaptein aan die toedoen van hekse toegeskryf is. Toe ses Deense vroue bely het dat hulle die storms veroorsaak het wat James se terugreis in gevaar gestel het, het hy die beoefening van heksery ernstig begin opneem. Terug in Skotland het die paranoďese James die marteling van vermeende hekse goedgekeur. Dosyne veroordeelde hekse is in die Noord-Berwick-omgewing op brandstapels tereggestel, in wat bekend staan as die grootste heksejag in die Britse geskiedenis. Teen 1597 het James sommige van die misbruike in verband met die vervolging van hekse laat ondersoek, met die gevolg dat heksejagte begin afneem het. Die Verligting wat laat in die 1680s begin het, het alle heksejagte in Europa tot ’n einde gebring.”

Die Verligting

Die Encyclopaedia Britannica (2014) definieer die tydperk wat bekend staan as die “Verligting” (Eng. Enlightenment) op so ’n manier dat hulle ook erkenning gee aan veranderde sienings oor godsdiens: “’n Europese intellektuele beweging van die 17de en 18de eeue waarin idees oor God, die rede, die natuur en die mens in ’n węreldbeskouing saamgevoeg is wat wye byval gevind het en revolusionęre ontwikkelings tot gevolg gehad het op die terrein van die kunste, filosofie en politiek. ’n Sentrale gedagte tydens die Verligting was die beklemtoning van die menslike rede, en spesifiek die vermoë waardeur die mens die heelal kan verstaan en ook sy eie lewensomstandighede kan verbeter. Die belangrikste doelstellings van die rasionele mens is gesien as die verkryging van kennis, vryheid en geluk.”

Sommige van die teorieë oor die Verligting was sekulęr, en daarop gerig om ’n ideologiese bewussyn te skep wat gunstig was vir die inisiëring van ’n beweging weg van die sosioekonomiese en intellektuele verontregting af wat deur onderdrukkende regerings toegepas is, asook bevryding uit godsdienstige instellings wat ewe onderdrukkend en voorskriftelik was. Daar was egter ook dié hervormers wat minder radikale veranderings op die godsdienstige front voorgestaan het. Hulle het daarteen gewaarsku om die kind met die badwater uit te gooi deur die Christelike godsdiens heeltemal te verwerp op grond van die wanpraktyke van sekere kerke. Vir verligte gelowiges was dit noodsaaklik om te glo in God as die Skepper en in sy Seun as die Verlosser van die mensdom, wat gekom het om mense te bevry van die slawerny aan sonde en bygeloof, en wat ook hoë morele en etiese standaarde vir regerings en individue gestel het.

In hulle oorsig oor Amerikaanse en Europese geskiedenis sę Hall Association (2014): “Die Eeu van die Rede, soos dit genoem is, het vinnig oor Europa versprei. In die laat 17de eeu het wetenskaplikes soos Isaac Newton en skrywers soos John Locke die ou orde bevraagteken. Newton se wette van swaartekrag en beweging het die węreld beskryf in terme van natuurwette waarin geen geestelike kragte ’n rol gespeel het nie. In die nadraai van politieke beroeringe in Engeland, het Locke die reg van mense bevestig om ’n regering te verander wat nie hulle natuurlike regte op lewe, vryheid en eiendom beskerm het nie. Baie mense het ook begin twyfel in die bestaan van ’n God wat mense vir die ewige verderf kon voorbestem en ’n tiran as koning kon aanstel. Europa is permanent deur hierdie idees verander.”

Sekere van die vooraanstaande denkers van die Verligting het godsdienstige hervormings voorgestaan deur die verwerping van die Calvinistiese leer van Goddelike predestinasie, waardeur die vrye wil van mense ontken en die vervulling van persoonlike aspirasies aansienlik beperk is. Hierdie dinamiese Christene, ongeag of hulle teoloë, filosowe, wetenskaplikes of politieke leiers was, het ’n groot bydrae gelewer om die fondament van die ontluikende Verligting in Europa te lę. Drie voorbeelde van hierdie vroeë pioniers was Koning James I van Engeland, Sir Isaac Newton en John Wesley.

Koning James I. Aanvanklik het hy persoonlik toesig gehou oor die marteling van vroue wat weens heksery aangekla is, maar ná 1599 het hy skepties geraak oor die wydverspreide geloof in hekse. In ’n brief wat hy aan sy seun, prins Henry, geskryf het, wens James hom geluk met “die ontdekking dat ’n sekere jong vrou nie ’n werklike boosdoener was nie. Ek bid God dat jy my opvolger sal wees in sulke ontdekkings. ... Baie van die wonderwerke is blote illusies, daarom behoort die regters versigtig te wees om nie alle aantygings te aanvaar nie” (Wikipedia-1).

Butler (2006) gee ’n oorsig oor sekere van die godsdienstige aspekte van Koning James se rol as voorloper van die Verligting: “James het ’n baie diepsinnige stuk oor gebed geskryf (Meditations on the Lord’s Prayer), asook ’n baie bekende opstel oor die gebruik van tabak, (A Counterblast to Tobacco, 1604), wat sekerlik een van die eerste en beste aanvalle is wat ooit op die rookgewoonte gedoen is. Hierin sę James: ‘Rook is afskuwelik vir die oë, haatlik vir die neus, skadelik vir die brein, gevaarlik vir die longe, en die swart, stinkende dampe daarvan is soos die rookwalms wat uit die put van die doderyk opstyg’.” Butler (2006) gaan voort: “James I het ’n volgehoue strewe na vrede gehad, binnelands én buitelands. Hy het nie altyd daarin geslaag nie, maar was vasberade om nie by ’n oorlog betrokke te raak as hy dit kon verhelp nie. Sy invloed op Engelse letterkunde was aansienlik, en hieronder was veral sy aanmoediging en betrokkenheid by die vertaling van die Bybel in Engels (1611). Hierdie vertaling dra sy naam, die King James Bybel, en baie mense beskou dit nog steeds as die beste [Engelse] vertaling. Dit, bo alles wat hy geskryf het, is James se groot nalatenskap.”

Isaac Newton. Wikipedia-2 (2014) sę: “Isaac Newton (1642-1727) is deur sy tydgenote beskou as ’n baie belese en bekwame teoloog. Hy het baie boeke en artikels geskryf oor die letterlike vertolking van die Bybel. Newton se begrip van die fisiese węreld met sy wetmatighede het ’n vaste model verskaf vir die skep van stabiliteit en harmonie in die samelewing. Newton het die monoteďstiese God gesien as ’n meesterlike Skepper wie se bestaan in die lig van die wondere van sy skeppingswerk nie ontken kan word nie.” Answers in Genesis (2014) stem saam met hierdie beskouing: “Isaac Newton is welbekend as een van die grootste wetenskaplikes wat ooit geleef het. Wat minder bekend is, is sy diep geloof in God en sy oortuiging dat wetenskaplike navorsing na ’n dieper kennis van God as die Skepper van die heelal lei.”

John Wesley. Volgens sy biografie (Wikipedia-3) het ’n groot geestelike ontwaking gevolg op die prediking en geskrifte van John Wesley (1703-1791). Hy het meesal te perd gery en twee of drie keer elke dag gepreek. Hy het 250 000 myl gery, 30 000 pond weggegee en meer as 40 000 preke gelewer. John Wesley het altyd die persoonlike verantwoordelikheid van elke mens beklemtoon om ’n keuse te maak oor Christus se aanbod van verlossing, en het die Calvinistiese leerstellings van uitverkiesing en verwerping teëgestaan. Hy het gemeentes gestig, sale en kerkgeboue verkry, predikers beoordeel en aangestel, liefdadigheidsbewegings geadministreer, skole en weeshuise bestuur, en ten minste 20 000 pond vir sy publikasies ontvang maar baie min daarvan vir homself gebruik. As gevolg van sy goedhartigheid en mededeelsaamheid het hy as ’n arm man gesterf, maar die produk van al sy arbeid was 135 000 lede van die Metodiste-beweging en 541 rondreisende predikers. Wesley was ’n logiese denker wat homself duidelik, op die punt af, en kragtig uitgedruk het in sy geskrifte. As ’n organiseerder en godsdiensleier was hy voortreflik. Hy het geweet hoe om mense te lei en te beheer ten einde sy doel te bereik. Hy het nie sy invloed gebruik om opstandigheid te skep nie maar om mense tot liefdevolle optrede aan te spoor.

Die gevolge van die Verligting

Gedurende die Verligting het baie mense filosofies en intellektueel verlig geraak deur die verwerping van primitiewe bygelowe soos die irrasionele geloof in toorkuns. In plaas daarvan om bonatuurlike (magiese) oorsake te probeer bepaal vir siektes en ander teëspoed, het hulle empiriese navorsing begin doen ooreenkomstig die beginsel van natuurlike oorsaak en gevolg. Hulle het daarvan bewus geword dat die mensdom nie die fatalistiese slagoffers hoef te wees van magte wat uit die geesteswęreld werksaam is nie, maar as intelligente, denkende wesens kan hulle besluite oor hulle eie lewenswyse neem en dit ook uitvoer.

Veel groter klem is op onderwys gelę, asook op geletterdheidsprogramme vir volwassenes, terwyl daar ook meer universiteite gestig is. Hierdie ontwikkelings het na toenemende navorsingsprogramme in verskeie dissiplines gelei, insluitend die natuurwetenskappe, ingenieurswese, mediese wetenskappe, sosiale wetenskappe, ekonomiese wetenskappe, ens. Ten spyte van ekonomiese beperkings in ontwikkelende lande, het opvoedkundige inrigtings oral toegeneem, en deur navorsing is daar dikwels belangrike ontdekkings gedoen wat die verdere verloop van die menslike geskiedenis verander het.

Dit was duidelik dat die natuurwette nagevors, ontdek en gebruik moes word om die kwaliteit van mense se lewens te verhoog, ongeag of hulle gelowiges was of nie. Enigeen kan wetenskaplike navorsing doen en baat vind by dit wat ontdek word. Die Christelike etiek vereis dat die benutting en beheer van natuurlike hulpbronne op ’n verantwoordelike en volhoubare manier gedoen moet word, sodat én die mensdom én die natuur self deur hierdie optrede kan baat. Ons eerste ouers het die opdrag gekry om die aarde te onderwerp en daaroor te heers (Gen. 1:28). Aansienlike insig en kundigheid is nodig om dit op ’n behoorlike manier te kan doen. Christene het ’n Goddelikbepaalde werketiek, en daarom ook die verantwoordelikheid om tot die voordeel van almal te studeer en te werk. Die natuurlike węreld funksioneer volgens natuurwette, en almal van ons moet die nodige vermoëns ontwikkel om die natuurlike hulpbronne in ons omgewing op die beste moontlike manier te benut en te bestuur.

Kritiese denke

Dit is die plig van alle navorsers om ’n metodologiese benadering te volg wat gebaseer is op die beginsels van kritiese denke. Die Universiteit van Canberra (2014) het ’n kort maar baie relevante definisie van hierdie konsep geformuleer: “Wanneer jy krities dink, dink jy nie passief deur alles te aanvaar wat jy sien en hoor nie. Jy dink aktief. Jy vra vrae oor wat jy sien en hoor, jy beoordeel, kategoriseer en stel onderlinge verhoudings vas.” Dit is die enigste manier waarop nuwe insigte verkry, nuwe kennis ontsluit, en nuwe toepassings van bestaande kennis gemaak kan word.

Die volgende is ’n uiteensetting van kritiese denke wat deur die Critical Thinking Web (2014) op hulle webwerf geplaas is:

“Kritiese denke is die vermoë om duidelik en rasioneel te kan dink. Dit sluit die vermoë in om objektief en onafhanklik te kan dink. ’n Persoon wat krities kan dink, is in staat om:

·      die logiese verband tussen verskillende idees te kan verstaan;

·      argumente te kan identifiseer, formuleer en beoordeel;

·      teenstrydighede en algemene foute in redenasies te kan waarneem;

·      probleme sistematies te kan oplos;

·      die toepaslikheid en belangrikheid van idees te kan vasstel; en

·      die regverdiging van jou eie opvattings en waardes te kan ondersoek.

“Kritiese denke gaan nie net oor die versameling van inligting nie. ’n Persoon met ’n goeie geheue en kennis van ’n groot aantal onderwerpe is nie noodwendig ’n goeie kritiese denker nie. ’n Kritiese denker is in staat om die uitvloeisels van sy kennis te kan vasstel. Hy weet hoe om sy kennis te gebruik om probleme op te los, en ook hoe om relevante bronne van inligting te vind en te benut.

“Kritiese denke moet nie verwar word met ’n gesindheid om argumente uit te lok en krities oor ander mense te wees nie. Hoewel kritiese denke gebruik kan word om dwalings en swak redenasies uit te wys, kan dit ook ’n belangrike rol speel om ondersteunende argumente aan te voer en ’n konstruktiewe bydrae tot probleemoplossing te lewer. Kritiese denke kan ons help om kennis te verkry, ons teorieë te verbeter en ons argumente te versterk. Ons kan kritiese denke gebruik om werkprosesse en sosiale instellings te verbeter.” (Einde van aanhaling uit die Critical Thinking Web).

Die Critical Thinking Community (2014) definieer hierdie konsep soos volg: “Kritiese denke is die intellektueel gedissiplineerde proses om inligting wat deur middel van waarneming, ervaring, nadenke, beredenering en kommunikasie verkry is, op ’n kundige manier te konseptualiseer, toe te pas, te analiseer, saam te voeg en te evalueer, sodat dit as ’n riglyn vir opvattings en aksies kan dien. In sy mees toepaslike vorm is dit gebaseer op universele intellektuele waardes wat op verskeie wetenskaplike dissiplines van toepassing is. ... Omdat kritiese denke vir die navorsing van ’n wye reeks onderwerpe gebruik kan word, is dit deel van denkpatrone in verskeie dissiplines waar dit aangedui word as wetenskaplike denke, wiskundige denke, historiese denke, antropologiese denke, ekonomiese denke, morele denke en filosofiese denke.”

Dieselfde bron dui ook aan dat kritiese denke nie altyd streng deur alle navorsers beoefen word nie, omdat sommige van hulle voortgaan om ongetoetste aannames te maak en wetenskaplik irrasionele opvattings te huldig: “Kritiese denke van enige soort word nooit ononderbroke deur enige individu beoefen nie, want almal is onderworpe aan tye van ongedissiplineerde of irrasionele denke. Die gehalte van hierdie denkpatroon kan dus wissel, afhangend van die navorser se persoonlike ondervinding en kennis van die onderwerp wat hy ondersoek. Niemand is geheel en al ’n kritiese denker nie, maar is dit net tot op ’n sekere punt, met bepaalde insigte en gebreke in kennis, asook onderworpenheid aan sekere neigings tot selfmisleiding. Om hierdie redes moet ’n mens ’n lewenslange verbintenis hę tot die verdere ontwikkeling van jou vermoëns in die beoefening van kritiese denke.”

Dit is duidelik waarom kritiese denke ’n noodsaaklike vereiste is vir die doen van empiriese navorsing in verskeie dissiplines, maar dit is ook ewe duidelik waarom hierdie benadering vernietigende gevolge kan hę wanneer dit toegepas word op die studie en beoordeling van Goddelike openbarings. Menslike denke wat gebaseer is op die getuienis van wetenskaplik verifieerbare feite het ernstige beperkings omdat dit nie die bonatuurlike sfeer kan ondersoek nie. Op grond van hulle eie bekentenis is ongelowige, rasionele wetenskaplikes nie in staat om die bestaan van ’n transendente God wat bokant sy skepping verhewe is, te bevestig of te ontken nie. Hulle kan ook nie sonder geloof ingelig raak oor die bonatuurlike sfeer nie omdat hulle navorsingsmetodes wat op kritiese denke gebaseer is, nie sulke verskynsels kan ondersoek nie. Indien hulle hulself nie in die geloof onderwerp aan die aanvaarding van Goddelike openbarings wat ver bo laboratoriumtoetse verhewe is nie, beperk hulle hulself doelbewus tot die kategorie van agnostiese naturaliste. In daardie geval raak hulle aanmatigend, maak daarop aanspraak dat daar geen bewyse van intelligente ontwerp in die heelal is nie, en dat hulle wetenskaplike navorsingsmetodes heeltemal in staat is om die oorsprong en funksionering van die natuurlike skepping te verklaar. Wat hulle betref, is daar nie ’n God nie.

Die uitgebreide toepassing van die wetenskaplike węreldbeeld

The Way of Science: Finding Truth and Meaning in a Scientific Worldview is a belangrike nuwe boek waarin prof. D.R. Trumble (2013) sterk aansprake maak op die toepaslikheid van die wetenskaplike węreldbeeld. Dennis Trumble is ’n wetenskaplike in die departement van Biomediese Ingenieurswese aan die Carnegie Mellon Universiteit in Pittsburgh, PA. Sy motivering vir die skryf van die boek word op so ’n manier verduidelik dat wetenskaplike rasionalisme aangebied word as ’n benadering wat selfs kan help om in mense se geestelike behoeftes te voorsien:

“My rede vir die skryf van hierdie boek is om te verduidelik dat wetenskaplike rasionalisme en kritiese denke nie net goed is vir ons fisiese welstand nie, maar ook vir die siel – dit is noodsaaklik vir die realisering van ’n węreldwye rentmeesterskap wat ons geestelike aspirasies waardig is. ... Die wetenskaplike proses is reeds bewys as verreweg die mees openlike, regstreekse en betroubare manier wat daar is om die waarheid en fiksie van mekaar te onderskei. Daar was nog nooit ’n tyd toe dit belangriker was om hierdie onderskeid te tref nie. Nou, meer as ooit tevore, moet ons erken dat wetenskaplike geletterdheid en kritiese denke nie net die toerusting van professionele wetenskaplikes is nie – dit is basiese kundighede vir die lewe. Die verbasende feit wat ek hoop om deur hierdie boek oor te dra, is dat die redes vir die skryf daarvan minder te doen het met die vermoë om ons tegnologiese uitdagings die hoof te bied, as wat dit betrekking het op die vestiging van ’n ingeligte, rasionele grondslag vir ons morele ingesteldhede en gedrag. Die verband tussen wetenskaplike kennis en morele beredenering is so belangrik dat dit opgesom kan word in een sin: Ten einde ’n ware sin vir reg en verkeerd te hę, moet ons eers weet wat waar is” (Trumble 2013:14, 18).

Trumble gaan dan voort om aan te toon dat valse (onwetenskaplike) gelowe verantwoordelik was vir die wreedste dinge denkbaar wat mense in die verlede aan mekaar gedoen het: “In Sentraal-Amerika is daar bv. onder inheemse stamme rituele uitgevoer waarin menslike offers op ’n gereelde basis gebring is om die gode tevrede te stel. Vandag sal elke regdenkende mens egter erken dat sulke gode net bestaan in die verbeelding van mense wat hierin glo. Elkeen wat bekend is met hierdie deel van die menslike geskiedenis sal verstaan dat die godsdienstige gelowe van die Inkas, Majas en Asteke tragies misleidend was en dat, as gevolg van daardie gelowe, daar honderde duisende mense was wat doelbewus gemartel en doodgemaak is sonder enige rede hoegenaamd” (Trumble 2013:18). Ten spyte van die daaropvolgende toename in kennis, beweer die skrywer dat ’n irrasionele geloof steeds die dryfkrag is in die optrede van baie van die hedendaagse samelewings:

“Basies gesproke is dinge tans nie so anders as wat ons graag sou wou glo nie. Die feit is dat ons nou, omtrent vyfhonderd jaar en een wetenskaplike revolusie later, tot ’n groot mate oorheers word deur ’n geloof dat ons alles van bo af ontvang, waarvoor daar geen rasionele regverdiging is nie. Soos die Asteke, respekteer ons nog steeds sulke gelowe asof die węreld daarvan afhang. ... Die oomblik wanneer ons geloof onveranderlik raak, verloor ons die vermoë om ons eie foute raak te sien en daaruit te leer. Wanneer dit gebeur eindig die intellektuele proses, en ons vermoë om vir onsself te dink kwyn weg” (Trumble 2013:18).

Die skrywer sę die moderne tegnologie het ons nou tot op die punt gedryf waar węreldwye samewerking (globalisme) ’n absolute moet is, maar dogmatiese verskille tussen mense is steeds ’n hindernis om konsensus te bereik. Hy sę dat wetenskaplike, bewysgebaseerde węreldbeskouings verenig rondom ’n enkele, objektiewe siening van die werklikheid, terwyl geloofgebaseerde węreldbeskouings enige vorm kan aanneem en geen kompromie kan maak nie. In plaas van samewerking is hulle verantwoordelik vir die uiterste vorms van sektariese geweld wat die nuustoneel met neerdrukkende gereeldheid oorheers. Hy gaan dan voort om die “donker sy” van die menslike natuur te ontbloot, en beskryf die beweegredes vir bose optrede as afkomstig van die “demone” van tradisionele gelowe:

“Hierdie is maar ’n paar van die demone van ons laer natuur wat losgelaat word deur mense se blinde navolging van tradisionele gelowe. ... Selfs al sou die lang geskiedenis van geloofgebaseerde wreedhede – rituele moorde, volksmoorde, inkwisisies, onderdrukkings, heilige oorloë, 9/11, almal van hulle – op ’n manier geheim gehou word in ’n poging om die donker sy van gedagtelose geloof te verdoesel, behoort die voor die hand liggende feite van die moderne lewe dit vir elke opgevoede persoon op die planeet opvallend duidelik te maak dat die basering van ons moraliteit op enigiets anders as die tasbare werklikheid, gepaardgaan met die ergste moontlike gevare. Ten spyte van die feit dat daar berge getuienis is wat bewys lewer van die ongeëwenaarde vermoë van die wetenskaplike metode om feite van fantasie te onderskei, is die idee dat die wetenskap die mees akkurate weergawe van die menslike toestand kan bied, en dus die beste maatstaf is vir morele verpligtinge, egter ’n konsep wat min mense bereid is om te oorweeg of te aanvaar. Die vraag is: Waarom?” (Trumble 2013:19-21).

Dit is uit hierdie boek duidelik dat die wetenskap absoluut verbind is tot Darwin se evolusieteorie, en as gevolg daarvan ’n dierlike natuur toeskryf aan die mens wat die produk is van natuurlike evolusionęre ontwikkeling waarin daar volgens wetenskaplikes geen bewyse van Goddelike ingryping is nie. Die skrywer sę:

“Die belangrikste doel van hierdie boek is om binne die verband van Darwin se evolusieteorie te verduidelik wat wetenskap is, wat dit nie is nie, en waarom dit belangrik is dat elkeen die verskil sal verstaan. ... Daar is sterk en toenemende getuienis in wetenskaplike literatuur wat daarop dui dat ons sin vir reg en verkeerd ’n inherente eienskap van ons denkproses is – en ook van dié van baie ander spesies. Die wetenskap wys op geen onsekere manier nie dat moraliteit deel van ons natuurlike eienskappe is; ’n besliste instinktiewe aanvoeling wat bevorder en ontwikkel kan word, of wat onderdruk en gekniehalter kan word. Dit hoef nie van buite afgedwing te word deur dreigemente van vergelding in hierdie lewe of die volgende lewe nie. Danksy die wetenskap weet ons nou dat ons beter is as dit” (Trumble 2013:25-27).

Naby aan die einde van sy boek spreek Dennis Trumble sy teleurstelling uit oor die swak reaksie van baie Amerikaners omtrent die beginsels van die wetenskaplike węreldbeskouing: “Na byna drie en ’n half eeue van wetenskaplike insig oor die ouderdom van die aarde en die verbasende evolusie van sy inwoners, glo byna die helfte van alle Amerikaners steeds dat ons planeet minder as tienduisend jaar gelede ontstaan het, en dat menslike wesens die sentrale fokuspunt van die skepping is. Of ons daarvan hou of nie, die węreld word by die minuut kleiner, en ons kan nie langer daarop hoop om die slegte gevolge van irrasionele denke te ontvlug nie, selfs al vind daardie denke aan die anderkant van die węreld plaas. Die moderne tegnologie het ons nader aan mekaar as ooit tevore gebring, en in daardie nabyheid raak die wrywing tussen kompeterende dogmas al hoe intenser. Almal kry voortdurend daarmee te doen. As ons doeltreffende ambassadeurs vir die wetenskap en die rede wil wees, moet ons verstaan dat wetenskaplike geletterdheid en kritiese denke, net soos vrede en demokrasie, nie die soort dinge is wat van buite af op mense afgedwing kan word nie. Mense moet self wil leer om vir hulleself te dink en ook die verantwoordelikhede te aanvaar wat saam met kennis gaan. Dit is waarom dit oraloor die plig van wetenskaplikes en opvoeders is om oortuigende redes aan te bied waarom mense hierdie uitdaging moet aanvaar” (Trumble 2013:301).

Daar is verskeie ander skrywers wat Dennis Trumble ten volle ondersteun. Ben McGee (2010) sę: “Verskaf die wetenskap ’n volledige lys van bekende dinge? Ja, beslis. Kan enige godsdienstige węreldbeskouing dieselfde aanbied? Nie een waarvan ek bewus is nie. Uit hierdie perspektief is die wetenskaplike węreldbeskouing die mees omvattende en bruikbare węreldbeskouing tot op datum. In ’n wetenskaplike węreldbeskouing word niks as ’n werklikheid aanvaar as dit nie regstreeks of onregstreeks waargeneem is en sodoende bevestig is dat dit bestaan nie. Kennis van hierdie aard sou gewis ons voorouers gevrywaar het teen baie ellende wat deur die ou tyd se weerdemone en siektebringende halfgode veroorsaak is.”

In ’n nuwe uitgawe van Harold Schilling se boek (Science and Religion, 2013) skryf hy ’n baie verhewe betekenis aan die wetenskap toe, en suggereer selfs dat dit ’n god is: “Nie alleen het daar ’n kragtige nuwe kosmiese geloof uit die wetenskap ontstaan nie, maar die wetenskap het self die voorwerp van geloof geword, ’n god waarop vertrou kan word en wat bewonder kan word. Dit is verstaanbaar, omdat die mensdom diep afhanklik is van die wetenskap, nie alleen vir tegnologie nie, maar ook vir intellektuele en geestelike seëninge.”

Matthew Orr (2006) meen dat baie van die aannames in godsdienstige węreldbeskouings verkeerd bewys is, en dat gelowiges ’n baie meer wetenskaplike manier van dink moet aanvaar wanneer hulle hul standpunte stel oor onderwerpe soos geloof en dit wat taboe is: “Georganiseerde godsdiens het tradisioneel ’n belangrike rol gespeel in die definiëring van morele waardes, maar dit het baie van sy invloed verloor ná die ontdekking dat kernstellings, soos bv. dat daar volgens Génesis ’n persoonlike Skepper is, deur empiriese werklikhede weerlę word. Die klaarblyklike probleem is dat streng wetenskaplike węreldbeskouings amoreel is, terwyl verskeie van die lank gevestigde godsdienstige węreldbeskouings onwetenskaplik is. Die uitweg uit hierdie probleem is om te erken dat nie-wetenskaplike idees, wat onderskei moet word van onwetenskaplike idees, aanvaarbare onderdele van ’n wetenskaplike węreldbeskouing is omdat hulle nie die wetenskap weerlę nie.”

Beperkings van die wetenskaplike węreldbeskouing

Ten spyte van die uiterste aansprake dat die wetenskaplike węreldbeskouing allesinsluitend is deurdat dit lig werp op die aard van die heelal met sy biodiversiteit, asook die evolusie en dinamika van menslike lewe, insluitend sy ingebore moraliteit, is daar ook wetenskaplikes wat ’n bietjie meer versigtig is wanneer hulle die grense vasstel van die wetenskaplike węreldbeskouing se toepaslikheid. Op die webwerf van Science for all Americans (2014) word die volgende stelling gemaak oor die aspekte van menslike ervaring wat nie doeltreffend deur ’n wetenskaplike węreldbeskouing aangespreek kan word nie:

“Daar is verskeie sake wat nie op ’n sinvolle manier deur die wetenskap ondersoek kan word nie. Daar is bv. opvattings wat as gevolg van hulle aard nie bevestig of ontken kan word nie, veral beskouings wat betrekking het op die bestaan van bonatuurlike magte en wesens, asook die ware doel van die lewe. In ander gevalle kan ’n geldige wetenskaplike benadering as irrelevant verwerp word deur mense wat vashou aan sekere gebruike en manifestasies, soos wonderwerke, fortuinvertellery, astrologie en bygeloof. Wetenskaplikes kan ook nie geskille tussen goed en kwaad oplos nie, hoewel hulle soms ’n bydrae kan lewer deur die moontlike gevolge van sekere handelinge aan te dui, en dit kan waardevol wees vir die oorweging van alternatiewe.”

Dit behoort geredelik erken te word dat die wetenskaplike węreldbeskouing nie die realiteit van die bonatuurlike sfeer in ag neem nie, bloot omdat die toepassing van wetenskaplike metodes wat ontwikkel is om die kompleksiteite van die natuurlike węreld te ondersoek, ontoereikend is vir toepassing op die geestelike sfeer, wat nie deel is van die waarneembare werklikheid van die heelal nie. Dit is egter hoogs aanmatigend om die bonatuurlike buite rekening te laat, insluitend die bestaan van God self as Skepper, bloot omdat wetenskaplikes ’n teorie ontwerp het oor die ontstaan en evolusionęre ontwikkeling van natuurlike verskynsels, waardeur hulle poog om alle vorme van Goddelike intervensie weg te verklaar. In die proses maak hulle geloof, ook die Christelike geloof, doelbewus verdag, deur dit te beskryf as ’n ingesteldheid wat op irrasionele aannames oor ’n beweerde bonatuurlike węreld gebaseer is. Volgens baie van die wetenskaplikes floreer geloof waar onkunde heers, omdat die gebrek aan kennis bevorderlik is vir bygeloof en ’n fatalistiese lewenstyl onder die beheer van denkbeeldige geestelike magte.

Dennis Trumble (2013:281) erken dat die teorie van evolusie weinig meer is as ’n hipotese wat aan verdere hersiening onderhewig is: “Wetenskaplike opvattings (teorieë) is gebonde aan waarnemings van die werklike węreld, en is in beginsel altyd onderworpe aan hersiening.” Een van die duidelike swakhede van die evolusieteorie is die onvermoë van wetenskaplikes om ’n oortuigende verklaring te gee van die oorsprong van lewe in al sy komplekse vorme. Hulle steun ook op baie vae inligting oor transisionele spesies, op grond waarvan die dinamika van die beweerde evolusionęre proses bewys word. Hulle probeer om nie vir godsdienstige mense, insluitend sommige van hulle godsdienstige kollegas, aanstoot te gee nie, maar kan darem nie help om twyfel uit te spreek oor godsdiens as ’n ydele droom nie:

“In stryd met ’n populęre opvatting is daar niks in die wetenskap wat wesenlik antigodsdienstig is nie. ... Die wetenskaplike proses kan slegs bevestig of ontken; dit besluit nie vooraf op die beperkinge van dit wat moontlik is nie. As jy meen dat jou geloof waar is, kan jy daarvan seker wees dat die wetenskap jou nie verkeerd sal bewys nie. Indien dit wat jy glo, egter nie die waarheid is nie, dan behoort jy jouself te vra: wat presies is dit waaraan ek vashou? ’n Hoop? ’n Droom? En teen watter prys?” (Trumble 2013:27). Godsdiens en geloof het betrekking op die bonatuurlike sfeer, en aangesien dit buite die terrein van die rasionele wetenskap val: hoe kan wetenskaplikes geloofsake bewys of ontken?

Christenwetenskaplikes wat presteer het

Dit is baie moontlik, en beslis ook wenslik, dat daar Christenwetenskaplikes is wat hulle vaardighede in die natuurwetenskappe demonstreer, terselfdertyd positief reageer op die aansprake van die Skeppergod in sy openbarings, en ook ’n geloofsverhouding met Hom handhaaf. Dan Graves (1996) het ’n boek gepubliseer waarin hy biografieë van 48 historiese wetenskaplikes aanbied wat almal Christengelowiges was. In sy boek sę hy dat, in teenstelling met populęre opvattings, die Christendom nooit die wetenskap ontmoedig of onderdruk het nie, maar dit eerder bevorder het. Hy sę die volgende oor die 48 geleerdes se geloofslewe:

“Nie een van hierdie manne was volmaak nie. Ek het doelbewus elkeen se foute uitgewys, omdat dit die manier is waarop die Bybel die lewens van heiliges uitbeeld. Die swakhede van groot manne versterk ons in ons swakhede. Dit herinner ons daaraan dat God sy genade deur ons kan openbaar ten spyte van ons foute, as ons net sal volhard met die werk wat Hy aan ons opgedra het, in die geloof wandel, en onsself afsonder om deur Hom gebruik te kan word. Ek het  verkies om, ongeag teologiese verskille, alle Christene te respekteer wat die lewende God deur hulle lewens en werk geëer het. Hulle het hulle soeke na die waarheid begin met die aanname dat God bestaan, dat sy Woord waar is, en dat Hy ’n ordelike heelal geskep het wat Homself openbaar wanneer dit bestudeer word uit die perspektief van beginsels wat in sy Woord uiteengesit is” (Graves 1996:9-10).

Die skrywer argumenteer dat God twee openbarings voorsien het, naamlik sy Woord en die natuur, en aangesien beide van dieselfde bron af kom moet hulle versoenbaar wees. Hy sę: “Wetenskaplikgeoriënteerde Christene het aanvanklik gepoog om alle kennis in ’n geďntegreerde eenheid saam te voeg, en daardeur die toneel voorberei vir later denkers wat selfrepliserende wetenskap gevestig het. Dit is ’n metodologie waardeur daar sistematies en doeltreffend op vorige ontdekkings voortgebou word om nuwe ontdekkings te maak. Christelike teoloë het die basis geskep waarop die moderne wetenskap later gebou het” (Graves 1996:11).

Te midde van sy grootste tegnologiese prestasies in die 20ste eeu, het die wetenskap egter sy Christelike wortels vergeet en grootliks ’n gesekulariseerde onderneming geword. Die groot toename in kennis het na ’n wetenskapsleer gelei waarin God nie as Skepper erken word nie. Die ontdekking van meer natuurwette het die mens in staat gestel om die magte van die natuur te beheer en te gebruik, terwyl die vestiging van ’n groot aantal wetenskaplike dissiplines beginsels en riglyne aangebied het vir die bevordering van elke vorm van lewe op die planeet. Al hierdie verwikkelinge het gelei tot die humanistiese gevolgtrekking dat die moderne mens die bepaler van sy eie lotgevalle is en geen behoefte het aan ingryping deur ’n veraf God nie.

Die wetenskap en Christelike teologie

Die moderne teologie ondergaan ’n wegval uit Bybelse waarhede op ongekende skaal en oor ’n baie wye front. Slegs relatief klein evangeliese kerke en hulle teologiese seminariums bly getrou aan die openbaring van God deur sy Woord, maar in die samelewing word hulle al hoe meer na die kantlyn toe uitgeskuif. Die belangrikste rede vir die proses van verval is die toenemende invloed van die wetenskaplike węreldbeeld op gelowige mense.

Wat is die sienings wat die rasionele wetenskap met sy metodologiese benadering van kritiese denke in die samelewing probeer vestig, veral onder Christelike teoloë wat posisies in tersięre akademiese instellings beklee? Die volgende is ’n aantal van die agnostiese stellings wat hulle maak, en sekere, of al, hierdie idees is reeds opgeneem in die opvoedkundige leerplanne, politieke ideologieë, en selfs teologiese seminariums van die meeste lande:

·      Die skeppingsverhaal in Génesis is mitologies en kan nie binne die grense van ’n wetenskaplike węreldbeeld as waarskynlik beskou word nie. Wetenskaplike navorsing oor evolusie dui op ’n baie lang en stadige evolusieproses waaruit die denkende mens (Homo sapiens) aan die einde van hierdie proses ontstaan het. Die heelal het ook deur verskeie periodes van miljoene jare elk tot in sy huidige vorm ontwikkel.

·      Natuurwette kan almal wetenskaplik verklaar word, en hulle het ’n eie dinamiek aan die evolusieproses verleen. Daar is geen aanduiding van bonatuurlike intervensie in die vorm van intelligente ontwerp deur ’n Skepper nie.

·      Die feit dat daar klaarblyklik nie ’n Skeppergod was nie, verklaar waarom daar ook nie ’n God nodig is wat vir die ordelike voortbestaan van die skepping verantwoordelik is nie. Volgens wetenskaplike beskouings kan daar hoogstens ’n onpersoonlike element van goddelikheid in die skepping wees (panteďsme, of Moeder Natuur) wat beteken dat God gesien moet word as ’n dinamiese dryfkrag in die natuur én in die mensdom om stukrag te verleen aan hulle verdere evolusionęre ontwikkeling.

·      In die afwesigheid van ’n persoonlike God kan daar ook nie ’n Seun van God wees wat op die status van God aanspraak kan maak op grond van sy beweerde hemelse oorsprong en bonatuurlike verwekking nie. Jesus kan dus nie die verpersoonliking en aardse verteenwoordiger van God wees nie. Sy voorbeeld kan wel as ’n morele rolmodel gevolg word, maar dit is irrasioneel om in Hom as ’n God te glo en sy teenwoordigheid geestelik te ervaar. Hy was net ’n goeie mens en ’n morele leermeester, daarom behoort moralisering die belangrikste taak van kerke te wees.

·      Dit is ook heeltemal onwetenskaplik om te aanvaar dat Jesus uit ’n maagd gebore is, omdat dit geneties onmoontlik is. As gevolg van dieselfde natuurwette kon Hy ook nie uit die dood opgestaan en na die hemel opgevaar het nie. Alle stellings van hierdie aard moet nie aan werklike gebeure gekoppel word nie. Hy het metafories in die harte van sy dissipels opgestaan en bestaan net in hulle gedagtes voort. Die wetenskaplike węreldbeeld dring daarop aan dat ons die historiese Jesus verkondig wat geen Goddelike attribute het nie. As gevolg hiervan word ons aangemoedig om ook erkenning te gee aan die buite-Bybelse gnostiese evangelies en dit te lees.

·      Die Bybel kan nie as die letterlik geďnspireerde en foutlose Woord van God aanvaar word nie. Die verskillende boeke is deur mense geskryf en het meesal net ’n eietydse toepassing gehad. Alles wat Jesus gesę het, was binne die raamwerk van ’n primitiewe węreldbeeld wat op irrasionele mitologiese begrippe gebaseer was. In daardie tyd is daar onder primitiewe volke die geloof gehuldig in ’n alternatiewe koninkryk van die duisternis wat iewers in die lug gevestig was, en onder die beheer was van die duiwel wat as ’n mitologiese slang of draak voorgestel is. Volgens agnostiese wetenskaplikes is dit heeltemal ongeregverdig vir Christene om hierdie antieke sienings as bewyse te aanvaar dat daar ’n duiwel, bose geeste of ’n hel is.

·      Bybelse profesieë het uit ’n wetenskaplike oogpunt van kritiese denke geen betrekking op die moderne węreld nie en word dus nie letterlik opgeneem nie. As gevolg van hierdie beskouing word boodskappe oor die profetiese woord selde of ooit gehoor in kerke wat onder die invloed van die wetenskaplike węreldbeeld is. Hulle beskou sienings oor die wederkoms van Christus, die opkoms van ’n persoonlike Antichris, die groot verdrukking en die slag van Armagéddon as irrasionele simboliek en daarom misleidende toekomsverwagtings.

Christelike teoloë maak ’n noodlottige fout as hulle toegee aan ’n wetenskaplike węreldbeeld wat aandring op die ontkenning van alles wat bonatuurlik is en dus buite die vermoë van wetenskaplikes om na te vors. Indien teoloë (of enige ander Christene) aan die eise van die moderne wetenskap toegee, sal hulle al die grondbeginsels van hulle geloof verloën, waaronder God as Skepper, Jesus as die ewige en selfbestaande God wat een met die Vader is, die bonatuurlike verwekking van Jesus tydens sy menswording, die verlossende krag van sy soendood as die volmaakte Lam van God, die opstanding en hemelvaart van Christus, die volkome betroubare bron van Goddelike openbaring wat ons in die Bybel het, asook die werk van die Heilige Gees wat mense van hierdie waarhede oortuig en ook diegene geestelik wederbaar wat daarin glo.

Teoloë wat krities teenoor hierdie waarhede is verloën nie alleen vaste Bybelse getuienis oor die Persoon, werke en lewe van Jesus, asook sy wonderwerke op grond waarvan Hy sy eis oor sy Goddelikheid gesubstansieer het nie (Heb. 2:1-4), maar hulle gee ook nie aandag aan buite-Bybelse bronne wat sy aardse bediening, dood, opstanding en hemelvaart bevestig nie. Meer as 500 mense het die opgestane Christus gesien (1 Kor. 15:6). Die getuienis van die ware Christelike kerk deur die eeue heen onderskryf ook die waarheid oor die leer van Christus as die Redder van die węreld (Hand. 4:12).

Geloof en kennis

Die Christelike godsdiens funksioneer in assosiasie met geloof én kennis. Daar word nie van ons verwag om blinde geloof te stel in irrasionele opvattings wat geen sin maak nie, en boonop op ’n twyfelagtige manier aan die mensdom geopenbaar is nie. Ons het die samehangende, ware en betroubare Woord van God as ’n outentieke en Goddelike openbaring van Homself en sy plan van redding vir die mensdom: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtigheid” (2 Tim. 3:16).

Geloof word in ons harte gevestig wanneer ons die evangelieboodskap hoor en aanvaar (Rom. 10:17). Wanneer ons gelowiges word, word ons gees en intellektuele vermoëns deur die Heilige Gees verlig, want Hy stel ons in staat om die Woord van God te bestudeer, te analiseer, met ander te bespreek en in ons lewens toe te pas. Paulus het vir die gelowiges in Éfese gebid, “... dat die Vader van die heerlikheid aan julle die Gees van wysheid en openbaring in kennis van Hom mag gee, verligte oë van julle verstand, sodat julle kan weet wat die hoop van sy roeping is” (Ef. 1:17-18).

Daar is ’n noue verband tussen kennis en Goddelike genade, en dit vereis dat die kennis van God en sy Woord ook in die geloof aangeneem en in ons lewens toegepas moet word. Dit sou ’n futiele oefening wees indien ons slegs deur studie meer kennis verkry, maar nalaat om onsself aan die eise van die Woord te onderwerp en geestelik daarin gewortel en gegrond te word. Ons het ’n lewenslange taak om in kennis en genade te groei omdat dit ons Christelike lewens kwalitatief bepaal: “Maar julle moet toeneem in die genade en kennis van onse Here en Saligmaker, Jesus Christus” (2 Pet. 3:18). Die Amerikaanse herlewinsgprediker, Charles Finney (1988:281), sę die volgende oor hierdie teks:

“Die groei in kennis is nie ’n absolute bewys van groei in genade nie. Toenemende kennis is ’n voorwaarde vir toenemende genade. Kennis in sigself is egter nie genade nie, dus lei ’n toename in kennis nie noodwendig tot ’n toename in genade nie. ’n Persoon kan oorloop van kennis en nogtans geen genade hę nie. Kennis moet na toewyding aan God lei, anders word dit nie in ’n geestelike bate omskep nie.”

Hierdie probleem kom vandag algemeen voor. Baie teoloë het hoë kwalifikasies in teologie sonder ’n oortuigende getuienis van wedergeboorte waardeur hulle ’n “nuwe mens” in Christus word (Ef. 4:24). ’n Mens kry eerder die indruk dat hulle godsdienstige beskouings by die eise van die wetenskaplike węreldbeskouing aangepas is. Paulus het sy tydgenote teen ’n soortgelyke vorm van misleiding gewaarsku: “Pas op dat niemand julle as ’n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die węreld en nie volgens Christus nie” (Kol. 2:8). Die gesprekke van misleide teoloë lewer nie bewys van die feit dat in Christus “al die skatte van wysheid en kennis verborge is” nie (Kol. 2:3). In plaas hiervan praat sulke teoloë eerder saam met agnostiese wetenskaplikes wat die maagdelike geboorte, Godheid, opstanding, hemelvaart en beloofde wederkoms van Christus uit die hemel, asook die letterlike inspirasie van die Bybel as God se Woord, ontken. Wat is die waarde van ’n doktorsgraad in die teologie indien hierdie basiese feite ontken word? Dit is duidelik dat ’n uitgebreide kennis van die Bybel alleen, sonder die reddende genade van Christus en die verligting van ’n persoon se verstand deur die Heilige Gees, nie iets is om op trots te wees nie.

Die bevrydende invloed van die evangelie het miljoene mense verlos van die bande van sonde en geestelike verblinding waaraan agente van die koninkryk van die duisternis hulle onderwerp het. Die mag van bygeloof en valse godsdienste is verbreek en hulle het verligte oë van die verstand gekry om die evangelie van Christus te kan verstaan. Mense wat op hierdie manier bevry is, aanvaar die uitdaging om hulle plig na te kom in die beheer en kreatiewe verbetering van natuurlike hulpbronne, hulle respekteer menseregte, tree op as vredemakers in ’n konflikgeteisterde węreld, en eerbiedig die Protestantse werketiek om ekonomies aktiewe lede van die samelewing te wees.

In sake wat op die natuurlike węreld betrekking het, onderskryf hulle ten volle die wetenskaplike en rasionele beginsel van natuurlike oorsaak en gevolg, daarom raak hulle ook betrokke by navorsing om die gehalte van hulle eie lewens en die van andere te verbeter. Diegene wat gelowige wetenskaplikes is, is in ’n posisie om waardevolle bydraes te lewer op die natuurlike sowel as die geestelike terreine van die lewe.

As Christene leef ons in twee węrelde, die materiële en die geestelike, en ons moet onsself ten volle in beide daarvan laat geld. Voorrang moet egter aan die geestelike sy van ons lewe gegee word, “want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig” (2 Kor. 4:18). Ten spyte van hierdie bepaling van voorrang moet ons nooit ons pligte versuim in die verbygaande, materiële węreld nie, waarin ons geroep word om te skyn soos ligte vir God se koninkryk in ’n moreel vervalle en geestelik misleide węreld (Fil. 2:15).

Daar gaan spoedig groot, nuwe openbarings van God se koninkryk wees wanneer Christus na die planeet Aarde terugkeer. Die koninkryk van die duisternis gaan homself ook openbaar onder die heerskappy van ’n bose koning (die Antichris) wat vinnige opgang na ’n posisie van węreldleierskap sal maak (Op. 13). Wetenskaplike kennis alleen sal nie genoeg wees om veilig deur die komende krisis te kom nie. Ons het Christus as Verlosser nodig indien ons ernstig is oor ons ewige bestemming (1 Joh. 5:12).

Verwysings

Answers in Genesis, 2014. Great Creation Scientists: Sir Isaac Newton (1642-1727). http://www.answersingenesis.org/articles/cm/v12/n3/sir-isaac-newton

Butler, John, 2006. James I of England (1566-1625). http://www.luminarium.org/sevenlit/james/jamesbio.htm

Critical Thinking Web, 2014. Tutorial C01: What is critical thinking? http://philosophy.hku.hk/think/critical/ct.php

Encyclopaedia Britannica, 2014. Enlightenment. http://www.britannica.com/EBchecked/topic/188441/Enlightenment

Finney, Charles G., 1988. Lectures on Revival. Bethany House Publishers, Minneapolis, Minnesota.

Graves, Dan, 1996. Scientists of Faith: 48 Biographies of Historic Scientists and their Christian Faith. Kregal Publications, Grand Rapids, MI.

Linder, Douglas, 2005: A Brief History of Witchcraft Persecutions. http://law2.umkc.edu/faculty/projects/ftrials/salem/witchhistory.html

Hall Association, 2014. US history: The impact of Enlightenment in Europe. http://www.ushistory.org/us/7a.asp

McGee, Ben, 2010. Scientific Worldview. http://astrowright.wordpress.com/

Orr, Matthew, 2006. What is a Scientific Worldview, and how does it bear on the Interplay of Science and Religion? http://onlinelibrary.wiley.com/doi/10.1111/j.1467-9744.2005.00748.x/abstract

Science for all Americans, 2014. The Scientific WorldView. http://www.project2061.org/publications/sfaa/online/chap1.htm

Schilling, Harold, 2013. Science and Religion. Routledge. Oorspronklik in 1963 gepubliseer.

The Critical Thinking Community, 2014. Defining Critical Thinking. https://www.criticalthinking.org/pages/defining-critical-thinking/766

Trumble, Dennis R., 2013. The Way of Science: Finding Truth and Meaning in a Scientific Worldview. New York: Prometheus Books.

University of Canberra, 2014. Critical Thinking. http://www.canberra.edu.au/studyskills/learning/critical

Wikipedia-1, 2014. James VI and I. http://en.wikipedia.org/wiki/James_VI_and_I

Wikipedia-2, 2014. Isaac Newton’s Religious Views. http://en.wikipedia.org/wiki/Isaac_Newton%27s_religious_views

Wikipeadia-3, 2014. John Wesley. http://en.wikipedia.org/wiki/John_Wesley

Die skrywer

Johan Malan is in Augustus 1978 as professor in Antropologie aan die Universiteit van die Noorde (tans die Universiteit van Limpopo) naby Polokwane in die Limpopo Provinsie van Suid-Afrika aangestel, en het in Januarie 2006 afgetree. Hy en sy vrou woon tans in Mosselbaai. Sy vader was ’n sendeling in Suid-Afrika en Swaziland. Gedurende sy loopbaan by die Universiteit het Johan ook as ’n studieleier opgetree vir ’n Ph.D. navorsingsprogram in kognitiewe antropologie, waarin mense se houdings en gedrag in terme van drie verskillende węreldbeskouings ondersoek is.

www.bibleguidance.co.za