Die Postmoderne Dekonstruksie van Bybelse Waarhede

Prof. Johan Malan, Mosselbaai (Desember 2012)

Ons leef in 地 tyd van die grootste en mees meedonlose aanvalle op die Christelike geloof sedert die ontstaan van die kerkbedeling. Die huidige aanvalle is nie in die eerste plek op 地 fisieke vlak gerig met die oog op die vervolging en marteling van Christene nie, maar op 地 geestelike en leerstellige vlak met die oog op grootskaalse misleiding. Dit is deel van 地 vasberade eindpoging deur die koninkryk van die duisternis om die Christelike geloof heeltemal te vernietig sodat die Antichris se alliansie van valse w靡eldgodsdienste in die plek daarvan gevestig kan word.

Die veranderings wat deur hierdie vervalproses teweeggebring word, is so omvangryk dat dit die weg baan na 地 algehele nuwe w靡eldbeeld wat as postmodernisme of globalisme bekend staan. Wat behels hierdie veranderings alles? Tydens die moderne fase van die geskiedenis, veral gedurende die groot herlewings in die 18de en 19de eeue, het die Christelike geloof in die Westerse w靡eld 地 groot invloed op die denke en leefwyse van mense uitgeoefen. Dit was die grondslag van die Christelike beskawing, toe eerbied vir die Bybel getoon is deur middel van Christelike grondwette, Christelike onderwysstelsels, Christelike moraliteit en verskeie ander instellings in die samelewing. God se oppergesag is deur baie mense erken.

Deur postmodernisme en globalisme word daar egter nou 地 massiewe aanslag op die fondamente en grondbeginsels van die Christelike geloof geloods. Die postmoderne mens bevry homself van alle geloofsvorms of ideologie wat sy vryheid van oortuigings en optrede enigsins aan bande l. Hierdie reg tot vryheid word aan alle mense en alle godsdienste gebied, en dit lei na 地 allesinsluitende vorm van godsdienstige globalisme. Almal kan glo, of nie glo nie, net soos hulle wil. Hulle kan ook leef net soos hulle wil, solank hulle nie ander mense benadeel nie.

Die Bybelse Christendom is egter 地 struikelblok op die weg van postmoderne hervormings omdat dit nie inklusief is en ruimte skep vir ander gelowe en lewenswyses nie. Dit staan dus in die weg van die verskyning van 地 gemeenskaplike, multigodsdienstige messias wat die w靡eld onder sy vaandel van globalisme wil verenig. As gevolg hiervan is daar die afgelope paar dekades reeds 地 al sterker wordende beweging aan die gang om die fondamente van die Christelike geloof omver te werp. Die volgende vyf Christelike fondamente word spesifiek in die postmoderne transformasieproses geteiken, gewoonlik ook in die volgorde waarin hulle hier genoem word:

1. Die verwerping van die letterlike vertolking van die Bybel

Die toetreepunt vir die dekonstruksie van Bybelse waarhede is die verwerping van die letterlike, grammaties-historiese vertolking van die Bybel. Hierdeur word die eerste saadjies van twyfel gesaai oor talle duidelike stellings in die Skrif, veral wat Bybelse profesie betref. Mense veroorloof hulleself hierdeur die reg om die Bybel deur vergeesteliking en allegorisering te hervertolk net soos dit hulle pas. Op grond hiervan verwerp hulle die letterlike vervulling van Bybelse profesie omdat dit hulle glad nie aanstaan nie.

Vergeestelikingsteolo weier om te glo dat die eindtyd deur groot geestelike misleiding en verval gekenmerk sal word (Matt. 24:4; 1 Tim. 4:1), dat daar 地 groot verdrukking sal wees (Matt. 24:21; Op. 6 tot 19), asook 地 Antichris wat deur demoniese magte sal regeer en w靡eldwyd nagevolg en aanbid sal word (Op. 13:1-4). Hulle glo ook nie in 地 letterlike slag van Armag馘don waarin Christus sy vyande sal verdelg nie (Op. 16:13-16; 19:19-21) en ook nie in 地 letterlike duisendjarige vrederyk n die wederkoms van Christus nie (Op. 20:4-6).

In die plek van hierdie scenario verkondig hierdie teolo w靡eldvrede, ekumeniese eenheid en voorspoed vir almal. Hulle ontken nie alleen die feit van goddelike oordele in die eindtyd nie, maar gaan ook verder en ontken selfs die bestaan van die duiwel en die hel, asook die ewige oordeel van God in die poel van vuur. Baie ander uitsprake in die Bybel word ook aan pragmatiese hervertolking onderwerp. Die gevolg van hierdie benadering tot die Bybel is 地 toenemende mate van leerstellige diversiteit in Christelike kerke, waarin elkeen sy eie leerstelling(s) verkondig en navolg. Hulle wyk egter almal in 地 mindere of meerdere mate van die waarheid af, want daar is net een sentrale waarheid in die Bybel.

Sodra daar 地 sluier oor Bybelse profesie getrek is deur hulle van hul basiese grondbetekenis te ontneem, is die pad oop om ook op ander terreine 地 afwaartse aanpassing van Bybelse standaarde te maak. Op hierdie manier gun die mens aan homself meer vryheid om sy eie sienings op die Bybel af te dwing en van onaangename werklikhede af weg te kom. Sodoende bou hy aan 地 ander koninkryk en strek homself nie uit na die toekomstige koninkryk wat Christus tydens sy wederkoms sal openbaar nie.

2. Die verwerping van heiligmaking as 地 verdere genadewerk

Die volgende Christelike fondament wat in hierdie vervalproses verwerp word, is die Bybelse leer oor heiligmaking. 地 Lewe van selfkruisiging, vervulling met die Heilige Gees, en die handhawing van streng morele standaarde is nie vir die postmoderne mens aanvaarbaar nie. Dit l sy vryheid om te doen wat hy wil aan bande en laat hom nie toe om willekeurig van die Bybel as God se Woord af te wyk nie. Die leer van heiligmaking, wat baie sterk in die herlewingstye verkondig en aanvaar is (ook in Suid-Afrika onder die prediking van Andrew Murray), word nou algemeen bevraagteken en as sektaries verwerp.

Wanneer die opdrag tot heiligmaking (1 Pet. 1:15-16; Ef. 5:18) wegverklaar word, word net bekering verkondig en niks meer nie. Die gevolge van so 地 situasie word goed in 1 Korinthirs 3 beskryf. Hoewel die meeste van daardie gemeentelede weergebore gelowiges was, was hulle 徒lein kinders in Christus wat as vleeslik beskryf word glad nie geestelik nie (1 Kor. 3:1-4). Die belangrikste kenmerke van hulle optrede was jaloersheid, twis en tweedrag, asook wisselende leerstellige voorkeure. Hulle was geestelik so onkundig en oppervlakkig in hulle godsdiensbelewenis dat hulle nie eers besef het dat hulle liggame tempels van die Heilige Gees is, en dat dit hulle tot heiligmaking verbind nie (1 Kor. 3:16-17).

Dieselfde situasie heers vandag ook in gemeentes waar bekering wel nog verkondig word, maar waar daar geen beklemtoning van heiligmaking is nie en Bybelse profesie ook nie verkondig word nie. Sulke Christene het nie 地 duidelike toekomsverwagting nie en ook nie die krag of motivering om teen sonde, vleeslikheid en w靡eldgesindheid te kan oorwin nie. Geen wonder nie dat baie lidmate, veral die jeug, hulle belangstelling in sulke gemeentes verloor en dan dikwels nog verder van die waarheid af wegdryf.

3. Die verwerping van die eis van wedergeboorte

In gemeentes waar die profetiese woord in die Bybel geen gewig dra nie, en waar die opdrag tot heiligmaking nie ernstig opgeneem en verkondig word nie, word daar 地 gunstige teelaarde geskep vir die val van die volgende Christelike fondament, naamlik die opdrag om tot bekering te kom en weergebore te word. Dit is presies wat vandag besig is om op groot skaal te gebeur.

In talle gemeentes word valse fondamente aan mense gebied waarop hulle hul saligheid baseer. Dit wissel van 地 goeie lewe af tot kerklidmaatskap en ritualisering deur sakramente, asook die misleidende aanname dat alle uitverkorenes as weergeborenes gebore word en dus nie nodig het om tot bekering te kom nie.

Wanneer hierdie toestand intree, verval 地 gemeente na die vlak van 地 geestelik inhoudlose organisasie wat deur vormgodsdiens gekenmerk word. Hulle het slegs 地 gedaante van godsaligheid, maar die wederbarende krag van die Heilige Gees word deur hulle verlon (2 Tim. 3:5). Sulke mense beskou hulleself as Christene, maar het geen getuienis van 地 ervaring van wedergeboorte toe die Here hulle harte en lewens verander het nie.

In hierdie toestand van geestelike verduistering is lidmate gereed 駭 vatbaar vir die omverwerping van die mees basiese fondamente van die Christelike geloof, naamlik die gesag van die Bybel as God se Woord, sowel as die Godheid en soendood van die Here Jesus.

4. Die verwerping van die Bybel as die genspireerde Woord van God

Vormgodsdienstige kerklidmate het nie die voordeel dat die Heilige Gees in hulle harte woon en aan hulle verligte o van die verstand gee om die verborgenheid van die evangelie te kan verstaan nie (Ef. 1:18). Die meeste van hulle is slagoffers van die vergeestelikingsteologie, daarom neem hulle nie die Bybelse stellings op sigwaarde aan nie. Weens hulle gebrek aan wedergeboorte en heiligmaking het hulle in elk geval ook nie begrip vir Bybelse waarhede wat geestelik beoordeel word nie (1 Kor. 2:14).

As gevolg van hierdie situasie is die lidmate van erg vervalle kerke nie in staat om postmoderne tekskritiek te kan weerstaan en weerl nie. Hulle is maklike slagoffers van die Nuwe Hervormers se bewerings dat die Bybel slegs deur mense geskryf is volgens die primitiewe w靡eldbeeld van hulle tyd, dat dit baie foute en weersprekings bevat, en verder ook vol mitologie en beeldspraak is wat nie ernstig opgeneem kan word nie. Vir hulle is die Bybel op dieselfde vlak as die heilige boeke van ander gelowe, en beslis nie 地 unieke openbaring van God aan die mensdom nie.

Onder sulke omstandighede is daar geen sprake meer van Skrifgesag nie, met die gevolg dat postmoderne Christene hulleself as volkome vry beskou om self hulle lewenstandaard te bepaal en hulle eie morele rels na te volg. Ritualisering deur die doop is vir hulle genoeg om salig gespreek te word, en enigiets wat as evangelies of fundamentalisties beskryf kan word, word as 地 onaanvaarbare vorm van engheid verwerp.

5. Die verwerping van Christus se heilswerk en Goddelike attribute

Die vyfde en belangrikste fondament waarop die Christelike geloof gebou is, is die Rots, Jesus Christus, en spesifiek sy maagdelike geboorte, Godheid, soendood, liggaamlike opstanding en hemelvaart. Hy is die vleesgeworde Woord God wat mens geword en onder ons gewoon het. Wanneer die Bybel nie meer as die genspireerde Woord van God erken word nie, is dit vanselfsprekend dat Jesus Christus self ook nie as die volmaakte God-mens beskou sal word nie. Die gevolg daarvan is dat die Christendom nie meer as uniek beskou word nie en gevolglik op 地 gelyke vlak met die ander w靡eldgodsdienste geplaas word.

Dit is belangrik om vas te stel hoe ver die dekonstruksie van Jesus reeds in vervallende kerke plaasgevind het en wat die reaksie van lidmate daarop is. Dit kom sonder enige twyfel op verraad teen die ware Christus neer indien belydende Christene in 地 kerk aanbly waarin hierdie ernstige dwalings gekondoneer en sonder protes aanvaar word. Die Here Jesus s dat as ons Hom verlon, Hy ons ook sal verlon: 溺aar elkeen wat My verlon voor die mense, hom sal Ek ook verlon voor my Vader wat in die hemele is (Matt. 10:33). Niemand sal met geestelike verraad van hierdie aard verbykom sonder om ewige skade aan sy eie siel aan te rig nie.

Dit is in ons almal se belang om vas te stel tot watter mate hierdie belangrike fondament van die Here Jesus as die enigste Verlosser van die w靡eld, eerbiedig of bevraagteken word in die kringe waarin ons onsself bevind. 地 Ondubbelsinnige keuse moet gemaak word tussen die Jesus van die Bybel en die sogenaamde 塗istoriese Jesus wat deur agnostiese teolo aan ons voorgehou word. Die ware Jesus is die ewige, selfbestaande Seun van God wat deur die Heilige Gees verwek is toe Hy mens geword het. Die 殿nder Jesus wat die produk is van spekulatiewe teologiese denke en twyfelagtige historiese vertolkings, was 地 gewone mens wat nie bonatuurlik verwek is nie, nie God is nie, nie vir ons sonde gesterf het nie en ook nie uit die dood opgestaan het nie.

Die eindtydse aanslag teen die sentrale Persoon van ons geloofslewe het groot momentum gekry sedert die stigting van die Jesus Seminaar in Amerika in 1985 deur 150 kritiese teolo onder die leiding van Robert Funk. Volgens hulle bevindings is die Bybel nie geloofwaardig nie en hou dit vir ons 地 denkbeeldige Jesus voor wat ver verwyderd is van die Jesus wat werklik bestaan het. Hulle hou vol dat die historiese Jesus nie God was nie en geen bonatuurlike attribute gehad het nie. Die Jesus Seminaar val nie net Bybelse sienings oor Jesus aan nie, maar verwerp ook die drie-eenheidsleer in sy geheel. Wat hulle voorstaan, is die einde van die Christelike godsdiens soos wat dit in die Bybel beskryf word. Enkele van hulle stellings is die volgende:

        Die leer van die versoening, naamlik die aanspraak dat God sy eie seun laat doodmaak het om tevrede gestel te word, is irrasioneel en oneties. Hierdie monsteragtige leerstelling is die stiefkind van 地 primitiewe offerstelsel waarin die gode se goedgesindheid verkry moes word deur 地 spesiale gawe aan hulle te offer, bv. 地 kind of 地 dier.

        Jesus het nie uit die dood opgestaan nie, behalwe miskien in 地 metaforiese sin.

        Gebed is betekenisloos wanneer dit verstaan word as versoeke aan 地 eksterne God vir sy goedgesindheid of vergifnis, aangesien Hy nie inmeng met die wette van die natuur nie. Gebed as lofprysing is benede die waardigheid van God en is 地 oorblyfsel uit die tyd van die konings in die antieke Midde-Ooste. Gebed moet eerder as meditasie gesien word wanneer daar geluister eerder as gepraat word, en 地 persoon ingestel moet wees op die behoeftes van die medemens.

        Die Bybel het nie 地 vaste, objektiewe standaard vir morele gedrag vir alle tye nie.

(Vir meer inligting oor die standpunte van die Jesus Seminaar, besoek www.patheos.com en veral die afdeling 填nmasking the Jesus Seminar).

Verskeie lede van die Jesus Seminaar het besoeke gebring aan teologiese fakulteite van Suid-Afrikaanse universiteite, waar hulle eervol ontvang is met groot toejuiging vir die taak wat hulle onderneem. 地 Aantal van die plaaslike teolo assosieer ten nouste met die Seminaar se werk om die Bybelse Jesus te dekonstrueer en 地 valse historiese Jesus te konstrueer wat 地 plaasvervanger vir die ware Jesus is. Suid-Afrika het veral sedert die draai van die eeu 地 belangrike arena vir die propagering van die historiese Jesus geword. Hierdie beweging het nie alleen tot die wegbreek van 地 ekstreme groep gelei wat as die Nuwe Hervorming bekend staan nie, maar het ook binne die hoofstroom van gereformeerde kerke na 地 aktiewe debat oor Jesus gelei. 地 Toenemende aantal predikante en lidmate ondersteun nou ook die postmoderne dekonstruksie van die Bybelse Jesus.

Die aktiewe fase van hierdie debat het in 2001 begin n die publikasie van die boek Fatherless in Galilee deur prof. Andries van Aarde van die Universiteit van Pretoria. Van Aarde beskryf die Jesus van die Bybel as die Jesus van geloof, die kerugmatiese Jesus (dit is die Jesus van die evangelie), en ook die kultiese Jesus. Volgens hom het die dissipels en apostels subjektief besluit om Jesus tot God en Messias te verklaar, maar die historiese Jesus self het dit nie gedoen nie. Hy beweer dat Jesus se volgelinge van die Christelike geloof 地 kultus gemaak het en dat die waarde wat hulle aan die kruis en die opstanding geheg het, bloot hulle eie idees was. Die historiese Jesus word deur Van Aarde bloot as die seun van Maria beskryf, soos wat die Koran ook doen. Hy beweer dat Jesus buite-egtelik gebore is, vaderloos grootgeword het en as gevolg daarvan oor 地 hemelse Vader gefantaseer het.

Die siening oor die onbybelse Jesus wat deur Van Aarde voorgehou word, het sedert 2001 baie veld gewen onder teolo, asook onder gewone kerklidmate. Opposisie teen hierdie veldtog word onder meer gebied deur 地 behoudende groep wat hulleself Steeds Hervormers noem. Op 9 Maart 2012 het hulle 地 persverklaring uitgereik waarin hulle hulself van prof. Van Aarde se sienings in sy omstrede boek distansieer. Hulle som sy sienings s op:

泥aar was geen maagdelike geboorte nie; Jesus het nie werklik opgestaan nie; Jesus is nie deel van die Drienige Godheid nie en was net 地 gewone mens; Jesus het nie gesterf vir ons sondes nie; Jesus het nie opgevaar na die hemel nie; Jesus se wonderwerke is bloot net metafore en het nie werklik gebeur nie; Jesus het bloot gegryp na God as 地 vaderfiguur omdat hy na bewering nie 地 vader gehad het nie; die belangrikheid van Jesus moet heroorweeg word in die lig van die huidige postmoderne sekul靡e w靡eld en intergeloofsdebatte; Jesus was a nobody amongst nobodies; Jesus was 地 blote buite-egtelike kind en sy goddelike aard is eers later met behulp van ondersteuning van mitologiese figure uit ander kulture opgebou. (www.steedshervormers.co.za).

地 Ander publikasie wat groot skokgolwe in Suid-Afrika en baie ander lande veroorsaak het, is prof. Pieter Craffert van Unisa se boek: The Life of a Galilean Shaman Jesus of Nazareth in anthropological perspective (2008).

Prof. Craffert het homself tot die kulturele antropologie gewend om 地 dekonstruksie van die Bybelse Jesus te doen. Volgens hom word die werklikheid binne volksverband sosiaal en kultureel bepaal, daarom moes Jesus 地 sosiaal aanvaarbare rol vervul het, naamlik di van 地 sjamaan, wat 地 tradisionele geneser en waars麁r was, m.a.w. 地 toordokter (bl. 420). Volgens hom moet Jesus se optrede en woorde beoordeel word binne die lewens- en w靡eldbeskouing wat deur eerste eeuse sjamane gehuldig is. Hy beweer ook dat Moses en Elisa in vroer tydperke ook sjamane in Israel was.

Prof. R.J. Miller (Juniata College, Pennsylvania, USA) s in sy resensie van die boek: 的n Afdeling 3, Jesus en die sjamanistiese tradisie, argumenteer Craffert dat Jesus 地 sjamanistiese figuur was omdat hy en sy dissipels dikwels alternatiewe bewussynstoestande ondervind het, bv. tydens Jesus se verheerliking op die berg en die keer toe hy op die see geloop het, asook sy ervarings tydens sy doop en versoeking in die woestyn. Daar is aangeneem dat Jesus van sy voorvadergeeste beset was. ... Jesus se genesings, duiweluitdrywings, natuurwonders (dit is die beheer van natuurgeeste), en sy opwekkings van dooies waardeur hy ontslapenes se gees opgespoor en na hulle liggaam teruggestuur het, is alles as sjamanistiese aktiwiteite beskou en dui daarop dat hy 地 heilige sjamaan was (http://www.bookreviews.org/).

Hoewel prof. Miller sy bewondering vir hierdie boek uitspreek, s hy nogtans: 甜Craffert] se onvermo om historiese feite van historiese fiksie te onderskei, verminder beslis die waarde van die historiese metode wat hy gevolg het. Dit is 地 duidelike bewys van die spekulatiewe en onwetenskaplike aard van navorsing oor die historiese Jesus in die algemeen. Hierdie 渡avorsers se bevindings is nie werd om ernstige oorweeg te word nie en bied geensins 地 geloofwaardige alternatief aan vir die Bybelse weergawe van historiese gebeure nie.

Redes vir die dekonstruksie van Jesus

Wat is die groot rede vir die postmoderne dekonstruksie, m.a.w. die afbreek en verwerping, van die Bybelse Jesus? Dit is om die w靡eld uit te lewer aan die 殿nder Jesus van die koninkryk van die duisternis. Paulus s aan 地 gemeente van misleide Christene:

展ant ek is jaloers oor julle met 地 goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as 'n reine maagd aan Christus voor te stel. Maar ek vrees dat, net soos die slang Eva deur sy listigheid bedrieg het, julle sinne so miskien bedorwe kan raak, vervreemd van die opregtheid teenoor Christus. Want as iemand kom en 地 ander Jesus verkondig as wat ons verkondig het, of as julle 地 ander gees ontvang as wat julle ontvang het, of 地 ander evangelie as wat julle aangeneem het, laat julle jul dit goed geval (2 Kor. 11:2-4).

Mense is op groot skaal besig om hulleself onder die direkte inwerking van verleidende geeste te skaar agter 地 ander Jesus wat vreemd is aan die Bybel. Wie is hierdie ander Jesus? Dit is f die Antichris self f een van sy voorlopers. Johannes s: 展ie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun lon. Elkeen wat die Seun lon, het ook nie die Vader nie (1 Joh. 2:22-23).

Ons is dus f navolgers van die ware Christus f navolgers van die valse Christus daar is nie 地 middeweg tussen hulle nie. Die Here Jesus het vir Joodse geestelikes wat Hom as Messias verwerp het, ges: 摘k het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As 地 ander een in sy eie naam kom, hm sal julle aanneem (Joh. 5:43).

Neem duidelike standpunt vir die waarheid in: moenie eers in een enkele opsig van die ware Jesus van die Bybel afwyk nie, want dan ontken jy een van sy Goddelike attribute en verlon Hom in daardie opsig. Deur bv. selfs net te ontken dat Jesus maagdelik gebore is, verlon 地 persoon sy verwekking deur die Heilige Gees en gevolglik ook die feit dat Hy die Seun van sy hemelse Vader is. In daardie geval sou Jesus net 地 gewone sondige mens wees wat nie as die vlekkelose Lam van God die losprys vir ons sonde kon betaal nie. Mense wat dit glo, is klaar in hulle harte vervreemd van die ware Christus en dus navolgers van 地 onbybelse Jesus.

Indien ons 地 verhouding met die ware Christus handhaaf en die antichristelike leuens testaan, sal ons die komende skrikbewind van die Antichris ontvlug. Paulus s: 泥ie verborgenheid van die ongeregtigheid is al aan die werk, net totdat hy wat nou tehou, uit die weg geruim is; en dan sal die ongeregtige geopenbaar word, hy wat die Here met die asem van sy mond sal verdelg en deur die verskyning van sy wederkoms tot niet sal maak (2 Thess. 2:7-8).

Net so werklik as wat die ware Christus 2 000 jaar gelede na die aarde gekom het, sal Hy aan die einde van die kerkbedeling terugkom om sy getroue dissipels te kom haal. Net so letterlik en sigbaar as wat dit sal gebeur, sal daar ook 地 letterlike Antichris op die toneel verskyn wat vir sewe jaar lank 地 hoogs onderdrukkende bewind op aarde sal voer. Ons leef nou in die tyd van die finale voorbereidings vir sy verskyning; dit is waarom die ware Jesus in diskrediet gebring en verlon word sodat die valse Jesus in sy plek aan die w靡eld gebied kan word.

Dit is ooglopend dat ons in 地 gevorderde stadium van die dekonstruksie van Bybelse waarhede is, en daardeur word ruimte geskep vir die vestiging van die postmoderne leuens van die eindtyd. Ons geslag beleef 地 geruime tyd al hoedat die vyf belangrike fondamente van die Christelike geloof (wat vroer bespreek is), naamlik: 1. die letterlike vertolking van Bybelse profesie; 2. die leerstelling oor heiligmaking; 3. die leer oor wedergeboorte; 4. die erkenning van die Bybel as die foutlose en genspireerde Woord van God; en 5. geloof in Jesus Christus as die waaragtige God en die ewige lewe (1 Joh. 5:20), in die tradisioneel Christelike Westerse w靡eld omver gewerp word.

Hoe moet ons te midde van hierdie verval optree? Koning Dawid het dieselfde vraag te midde van groot testand teen die waarheid gevra: 鄭s die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen? (Ps. 11:3). Hy gee dan ook die antwoord: 泥ie Here toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet. Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat ren ... [maar] die opregtes sal sy aangesig sien (Ps. 11:5-7).

Ons is nou in daardie tyd van toetsing voor die aanbreek van die Here se oordele tydens die verdrukking onder die bewind van die Antichris. Die Here maak sy dorsvloer deur en deur skoon voordat Hy die koring in sy hemelse skuur versamel en die kaf met vuur sal verbrand (Luk. 3:17). Staan jy onbeweeglik vas op die waarheid of is jy dalk besig om met die stroom van misleiding af te dryf?

Een ding moet ons vir seker weet, en dit is dat die regverdiges by die Here versamel sal word en sy aangesig sal sien (1 Thess. 4:16-17), terwyl die kompromiemakers en goddeloses vir die toorn van God bestem is. Vir diegene wat by die Bybelse Jesus skuil en hulle toevlug by Hom vind, is daar vryspraak en ontkoming omdat Hy reeds die straf vir hulle sonde betaal het. Hulle kom nie in die oordeel nie omdat hulle uit 地 geestelike dood oorgegaan het in die ewige lewe (Joh. 5:24).