Kaapstadse Mistikus Geniet Groot Aanhang

Johan Malan, Mosselbaai (Junie 2014)

Die beoefening van Oosterse mistisisme deur middel van transendentale meditasie is besig om in Suid-Afrika in gewildheid toe te neem. In Monkey Valley, Noordhoek, Kaapstad, woon n Arabiese mistikus wat groot aanhang in baie dele van die wreld geniet. Sy naam is PK Mohan (alias Mohanji) wat van Maskat in Oman af kom. Op sy webwerf (www.mohanji.org) verduidelik hy die Oosterse wortels van n mistiese selfontdekking, asook meditasie vir die ontsluiting van hor bewussynsvlakke ter wille van innerlike vrede, genesing, stresverligting, goeie verhoudings en wreldvrede. Sy doel is die bevordering van n spirituele selfverlossingsleer en die verhoging van mense se lewenskwaliteit.

Mohanji se tweede vrou, Biba, kom uit die voormalige Joego-Slawi, en is n toegewyde beoefenaar van Joga. Sy het ook n nagraadse kwalifikasie in vredestudies, en het Mohanji aangemoedig om sy geestelike rykdom met die wreld te deel. Hy is voltyds hiermee besig en hou oral in die wreld byeenkomste om mense se goddelike bewussyn te verhoog en vrede te bevorder. Die volgende is n oorsig van Mohanji se oortuigings, doelstellings en metodes van opleiding:

Negatiewe ervarings het hom na nuwe sin in die lewe laat soek. Mohanji was n goed opgeleide en suksesvolle sakeman in die Midde-Ooste. As gevolg van n reeks ongelukkige voorvalle het hy alles verloor wat vir hom belangrik was sy werk, sy geld, sy kind wat in n motorongeluk dood is, en sy vrou van wie hy geskei is. Hierdie traumatiese gebeurtenisse het hom laat besluit om sy waardes te verander, op n geestelike vlak beheer oor sy lewe te neem en sodoende die bepaler van sy eie lotgevalle te word.

Hy het geestelike verligting by Tibetaanse meesters gaan soek. n Besoek aan Tibet het hom na verskeie meesters van wysheid in die Himalajas gelei. Hier is sy geblokkeerde bewussynskanale gedurende meditasie geopen en Mohanji het n mistikus geword. Hy het n holistiese perspektief op die lewe gekry waarin alles as een gesien word. As gevolg hiervan beskou hy alle verskille op die gebied van godsdiens, ras, geslag en klas as mensgemaakte kategorie wat in die weg van groter eenheid in die mensdom staan. Hy het Tibet sy tweede tuiste gemaak en omring homself steeds met fotos van die meesters sodat hy aanhoudend inspirasie uit hulle kan put. Volgens hom het hy telepatiese kontak met meesters soos Shirdi Sai Baba, Parthi Sai Baba, Babaji, Akkalkot Maharaj, Ramana Maharshi, Bhagwan Nithyananda (Bade Baba), Mata Amrithananda Mayi en baie ander wat sy lewe benvloed het. Die boek Autobiography of a Yogi het ook sy lewe grootliks verander. Op sy webblad word ges: Mohanji expresses many Masters, and many Masters express through him. He always says that in terms of consciousness, they are all One.

Hy huldig n pantestiese godsbegrip. Volgens Mohanji is daar n onpersoonlike element van goddelikheid in die hele skepping teenwoordig in mense, diere n plante. Hy s: Almal van ons het dieselfde God-element in ons. Niemand is meer of minder belangrik nie. Sommige het net tot hor vlakke van bewussyn ontwikkel deur streng metodes van kontemplasie en meditasie te gebruik. Dit kan verskeie lewensiklusse neem om hierdie vlak te bereik, want ons is net tydelik in beheer van ons huidige liggaam. Meesters van wysheid (avatars) is diegene wat hulle inherente God-bewussyn verder as ander ontwikkel het. Onder hulle is daar Boeddha, Krisjna, Jesus en verskeie ander wat volgens holistiese denke almal aan dieselfde hirargie van geestelike meesters behoort.

Hy glo in renkarnasie. Volgens hom besluit die opgevare meesters van wysheid wanneer hulle weer wil terugkom aarde toe om op die tydelike vlak in nog n liggaam te leef en die mensdom verder in die ontwaking van hulle bewussyn te begelei. Hy s: Nie baie lank gelede nie was ek ook n liggaamlose siel (Eng. disembodied soul). Ek het n bepaalde doel voor o gehad waarom ek na die aarde wou terugkeer. Met die oog op die lewe wat ek nou lei het ek my ouers gekies, die plek van my geboorte, die omgewing waarin ek wou woon, asook die liggaamlike, geestelike en intellektuele vermons om my doel te kan bereik.

Eenvoud van lewe. Oormatige betrokkenheid by sekulre en materile dinge word tegewerk deur verlengde tye van stilte en afsondering. Eenvoudige dite en kleredrag is kenmerkend van di lewe. Mohanji is n vegetarir, hy dra dikwels n wit linnedoek en loop kaalvoet in die huis.

Energiepunte in die liggaam. Die Hindoestiese konsep van energiepunte (chakras) in die liggaam word gebruik, waarvan die ses belangrikstes in die ruggraat gesetel is en die sewende een op die voorkop in die posisie van die derde oog. Die vrystelling van energie uit hierdie punte word vir die oplossing van alle moontlike probleme aangewend, bv. siekte, gestremde verhoudings, finansile probleme, spanning en vrees, terwyl die alsiende oog aan jou n geheelbeeld gee van die werklikheid waarin jy leef, ook wat onsigbare kragte betref.

Meditasiemetodes. Kursusse word aangebied oor hoe om te mediteer ten einde hor vlakke van bewussyn te kan ontsluit. Dit word beoefen in n toe en stil vertrek waarin die mediteerder in n ontspanne posisie op die vloer of op n stoel sit. Sagte, strelende musiek word aanbeveel, soos n bergstroom wat rustig vloei, terwyl mantras ook gebruik word. n Mantra is n enkele woord of kort sin wat oor en oor herhaal word, totdat die persoon hom- of haarself van die werklikheid afgesluit het en n alternatiewe bewussyn beleef. Dit word ook aanbeveel dat fotos van meesters in die meditasiekuns aan die muur gehang en aandagtig na hulle gesigte en o gekyk word sodat die oorgang na die sfeer van die kosmiese wreld bespoedig kan word.

360 grade bewussyn. Mohanji bied n kursus aan waarin sy dissipels se bewussyn uitgebrei word totdat dit n volledige sirkel vorm, soos n wiel. Die middelpunt van hierdie sirkel is die ruggraat. Hy verduidelik dit s: When we shift our consciousness to the spine and to 360 degrees, the impact, the wear and tear of the events that we are exposed to in daily life, will be very less. Nothing will touch us deeply. Nothing will affect us. Nothing will overwhelm us. You will maintain perfect equanimity (onversteurdheid) and deep gratitude. Nothing happens by accident. Everything has a perfect reason. We often cannot understand the reason from our level of consciousness. Thats all. Our inability should not be interpreted as cosmic deficiency. Cosmic perfection is infinite and incomparable. When we attain liberation, we shift from our limited senses to unlimited awareness. It is like a martial artist who says that his whole body serves as his eyes. This means we should be aware of everything around us. This is concentration and awareness. Usually all of us are front-oriented, operating in 120 degrees. We do not see the remaining 240 degrees behind us. These remaining 240 degrees definitely exist, but we do not notice that. This is due to the limitation of our senses. When our sense barrier is broken and our awareness level spreads around us, we become centered in our spine. We become completely balanced. And we will operate from our higher awareness plane. The result? No anxiety, no fear, no guilt, witness consciousness, unconditional love, compassion, total equanimity.

Sen die Wreld-meditasie. Wanneer mense geleer het om hulle bewussyn volledig uit te brei, sal hulle glo in staat wees om die wreld te sen en die probleme van misverstand, haat en liefdeloosheid uit te skakel. Op Mohanji se webblad word dit s verduidelik: May you enjoy the presence of Lord the Master always with you. Second in line of Bless the World Meditation Series which Mohanji received telepathically from a higher consciousness is the 360 Degrees Meditation, a 90 minute long advanced meditation for more serious practitioners. It trains you to become rooted in the spine, which is experienced as the axis of a circle of 360 degree awareness around the spine. It activates the higher chakras and is the basis for astral travel and telepathic communication with the higher Masters. Please continue below to understand more about 360 degree awareness. Please start the meditation by expressing gratitude and connect to Mohanjis eyes by gazing at any of the photos on this website. It will make you more open to receive the Gurus grace. ... The Bless The World meditations were both given to Mohanji by higher Masters. Bless The World programs started in Dubai in October 2008 and till date, people have experienced BTW meditations in many countries. Suksesvolle mediteerders sal die teenwoordigheid van die meester in hulle gees ervaar, en ook in staat wees om astrale reise te onderneem dit gebeur wanneer jou gees jou liggaam tydelik verlaat om in ander plekke rond te swerf en daar waarnemings te doen.

Pelgrimstogte na die Kailash-berg in die Himalajas. Mohanji lei ook pelgrimstogte na heilige plekke, veral die sneeubedekte Kalaish-berg in Tibet. Vir Hindoes en Boeddhiste is dit een van die mees heilige plekke op aarde. In antieke tekste word hierdie berg as die middelpunt van die aarde beskou. Binne n radius van 30 kilometer rondom die berg ontspring daar vier riviere, insluitend die Karnali wat een van die grootste takke van die Gangesrivier is. Volgens die Hindoe geloof woon die meester Shiva op die top van die berg, waar hy in n voortdurende posisie van meditasie is. Boeddhiste glo dat die berg die tuiste is van Boeddha Demkok, wat uiterste geluksaligheid verpersoonlik. n Pelgrimstog na hierdie berg word deur sommige as die verkryging van saligheid beskou en deur ander as die versekering dat geluk en voorspoed hulle deel in die lewe sal wees.

Plaaslike lof vir Mohanji

In n artikel Mediteer jou spanning weg, wat in Vrouekeur van 23 Mei 2014 verskyn het, s Riette Rust dat sy hierdie metode vir gemoedsrus en stresverligting uiters doeltreffend vind. Haar besoek aan Mohanji was n vreemde maar genotvolle ervaring. Sy s: Die gebou waarin ons gaan mediteer, l teen die berg en herinner aan n houthut in die woud. Vriendelike manne en vroue in swiepende wit klere en kaal voete ontvang ons by die deur. ... Oral brand kerse en is portrette van afgestorwe spirituele leermeesters op tafels uitgestal. ... Mohanji verskyn. Ook in wit geklee. Ook kaalvoet. Hy gaan voor in die saal sit. Iemand het blomme op die wit matjie onder sy voete gerangskik. Ons is gewis in die geselskap van n heilige.

Eers moes die aanwesiges deur visualisering met almal kontak maak met wie hulle gespanne verhoudings gehad het. Deur vergifnis en volle aanvaarding is spanning en aggressie uit die weg geruim. Daarna is tyd bestee om die mistiese middelpunt van elkeen se lewe te ontdek en daarop te fokus. Riette skryf: n Skuif van voor na die middel is nodig. Ons moet besef dat ons ruggraat die spilpunt is van wie ons is. Al wat ons moet doen, is om van hierdie liggaamsdeel bewus te raak, dit te voel, daarop te fokus en daarin geanker te raak. Daarna kan vrese, bekommernisse en stres jou nie meer so diep raak nie.

Teen die einde van die oefening het Mohanji sy hande op die mediteerders gel en daardeur geestelike energie aan hulle oorgedra. Hy het vir hulle ges: Wanneer ek jou aanraak, ontvang jy spirituele energie van God wat jou bemagtig om intellektueel en spiritueel te groei. ... Jy sal emosioneel genees en van onaangename herinneringe ontslae raak.

Op Vrouekeur se webblad is ook antwoorde op vrae wat aan Mohanji gestel is. In die onderhoud het hy meditasie s verduidelik:

Verkeer in die hor bewussynsvlak, word een met die Almagtige. Jesus was sonder vrees en as jy absoluut met hom verbind, sal jy ook sonder vrees wees en totale vryheid ervaar. Sorg daarom dat jy geanker is in en verbind is met jou ruggraat. As jy jou bewussyn soontoe verskuif en jy deur jou sintuie bewus word van die 360 grade reg rondom jou, sal die effek van gebeure, soos negatiwiteit, jou nie so diep raak of jou oorweldig nie. Jy sal ook vanuit n hor bewussynsvlak optree en geen spanning, vrees of skuldgevoelens h nie. Jy sal onvoorwaardelike liefde en empatie kan gee en kan ontvang en ook totaal gelate en dankbaar wees. S word jy n gebalanseerde mens. Lei jouself op om hierdie bewussynsvlak maklik en gou te kan bereik en s die energie wat negatiewe mense of ander omstandighede uit jou tap, dadelik te kan vervang. En as jy in God, of enige ander god, glo, doen dit 100%.

Uit hierdie beskrywing is dit duidelik dat Mohanji geen erkenning gee aan godsdienste in hulle eie reg nie. Die groot aantal gode maak net sy lysie van geestelike leermeesters langer en laat mense uit verskillende godsdienstige agtergronde tuis voel in sy geselskap. Uiteindelik bied hy aan almal n aantal mistiese, ruggraatgebaseerde energiepunte (chakras) wat hulle vir die doel van selfverlossing kan gebruik. Gedagtes word met behulp van kosmiese energie georden, aanvaar of verwerp, en soos wat beterskap intree word die persoon self bewus van sy eie goddelike natuur wat hom in staat stel om kreatief en positief te kan leef. Van Bybelse versoening en n verhouding met n persoonlike God is daar geen sprake nie.

Boeddhisme in Suid-Afrika

Die toename in Oosterse spiritualiteit word plaaslik ook van verskeie ander fronte af bevorder. Gedurende die afgelope aantal dekades het die Boeddhisme aansienlike ondersteuning in Suid-Afrika verkry, en daarmee saam natuurlik ook di geloof se mistiese spiritualiteit. Een van die prominente voorstanders van Boeddhistiese mistisisme in Suid-Afrika is dr. Abel Pienaar, voormalige NG leraar en sedert 2006 geestelike leier van die Renaissance-gemeente in Pretoria en direkteur van die Sentrum vir Eietydse Spiritualiteit (SES). Daar is n groot aantal artikels deur Abel Pienaar, asook verskeie van sy medewerkers en geesgenote, op SES se webblad (www.spiritualiteit.co.za). Hieronder is n aantal aanhalings uit artikels deur Abel Pienaar en sommige ander vrydenkers:

Soeke na n eietydse spiritualiteit (4 Okt. 2009) deur dr. Abel Pienaar: Ek het Boeddhisme begin bestudeer en praktiseer. ... Ek het geen probleem om van die mistieke (gnostiese) tradisies, Boeddhisme, wetenskap, filosofie en sielkunde as voertuie gebruik te maak in my soektog na spiritualiteit nie. ... Op hierdie punt wil ek wel die waarde van moderne ateste soos Richard Dawkins, Sam Harris en Christoper Hitchens (die onheilige drie-eenheid!) uitwys op die soeke na God. Hulle vee n klomp tafels skoon en hulle is ongelooflik waardevol in die dekonstruksie van sogenaamde godsdiens waarheid.

Quo Vadis in 2012? (1 Jan. 2012) Hierin haal Abel Pienaar die Indiese mistikus Krishnamurti aan wat s: Ek glo dat die waarheid n land sonder roetes is, en dat jy dit nie deur enige pad kan benader wat deur n godsdiens of sekte voorgeskryf word nie. Die waarheid is grensloos, ongedefinieerd en ontoeganklik deur enige pad. Dit kan nie georganiseer word nie, daarom kan geen organisasie aan mense leiding gee of hulle dwing om n sekere weg daarheen te volg nie.

Onderhoud met Abel (1 Feb. 2012). Hierdie onderhoud wat n joernalis met Abel gevoer het, is nooit gepubliseer nie, maar verskyn wel op SES se webblad. Daarin s Abel: Ek kan myself nie n Christen in die tradisionele sin van die woord noem nie. Veral nie as daarmee bedoel word dat Jesus n God is nie. ... Ek kan nie anders as om die woord godsdiens te vervang met die woord spiritualiteit nie.

Jy is n ates! (1 Mei 2012). Abel haal n Taostiese stelling aan dat ons hoogste doel nie n persoonlike God moet wees nie, maar n transendente en onpeilbare misterie. Hy wys ook daarop dat Boeddha nooit enige filosofering oor n persoonlike God toegelaat het nie. Die Oosterse gelowe is pantesties, daarom glo hulle dat daar n onpersoonlike element van goddelikheid in elke mens aanwesig is. Deur meditasie kan n bewussynstoestand binne-in elke mens geskep word wat beskryf kan word as die Boeddha-bewussyn, die Christus-bewussyn, die Hor Self of die God binne-in jou. Abel het dus heeltemal n ander Godsbegrip, en dit verteenwoordig n verskuiwing van monotesme na pantesme. Hoewel hy nie n ates is nie, huldig hy nie n Bybelse Godsbegrip nie en het trouens groot waardering vir ateste wat Bybelse sienings oor God van die tafel afgevee het.

Om met God te dans (1 Des. 2013). In hierdie artikel s Abel dat hy net in n beperkte sin met Jesus identifiseer, want hy doen dit binne n groter, multigodsdienstige raamwerk waarin hy ook van baie ander beskrywings van die goddelike vind. Hy distansieer homself heeltemal van die Bybelse Godsbegrip, en ook van Bybelse beskrywings van gebed: In die opsig van n testiese verstaan van God is ek n a-tes. God is vir my veel groter as enige projeksie of idee wat ek van Hom/Haar kan maak. Want sien vir my is Alles God en ook is God meer as alles. En omdat ek deel is van Alles, is God en ek deel van mekaar. Anders ges, elke keer wat ek besef Ek is, is ek deel van die groot EK IS! Soos die Evangelie van Thomas s: Daar waar ek hout kap en daar waar ek n klip oplig, daar kry ek vir God. En juis daarom is gebed nie meer vir my om tot die geskepte prentjie van God in my kop te bid nie. Nee, gebed word n sug tot die misterie van God. Gebed is vir my nie n oomblik op my knie nie, veel eerder om my daagliks oop te stel vir die goddelike teenwoordigheid in alles rondom my, en binne my. Daarom is meditasie vir my so belangrik. As n mens se gedagtestroom rustig vloei, kan jy maklik kontak maak met dit wat dieper in jou hart leef soos jou gevoelens, behoeftes en oortuigings. Hierdie proses van rustig word en konsentreer op stil word, plaas my op n pad van kontak met die goddelike binne my. Deur meditasie kom daar n groter eenheid tussen die verskillende lae van my innerlike. En dit help my met my bewustelike lewe. Oosterse meditasie word dus gebruik om n bewussyn te ontwikkel waarin die mens een word met die pantestiese God wat in alles is.

Gnostiese Jesus (1 Mei 2013) deur Abel Pienaar: Vir seker is daar n groot verskil tussen die historiese Jesus en die verkondigde Christus. Die een verwys na n Joodse Rabbi en die ander een na n mitiese God. ... Jesus was vir hulle [die vroe gnostiese Christene] vir seker n wonderlike voorbeeld, maar dat hy liggaamlik uit die dood opgestaan het, was nie noodwendig vir hulle waar nie. Jesus het gesterwe, maar omdat hulle glo sy herinneringe en woorde leef in elkeen, kan hy ook beskryf word as die opgestane Christus.

Noem my gerus n Zen-Christen of n Boer-Boeddha (1 Mei 2013) deur Abel Pienaar: In Zen word Jesus ook nie as n goddelike wese gesien nie, maar as n wyse en selfs wakker leermeester. Dit is presies hoe ek ook vir Jesus verstaan. En as ek dus s ek is n volgeling van Jesus bedoel ek juis dit: hy is soos Boeddha vir my n verligte leermeester. ... Daarom moet elke Christen aan homself sterf (die eie ego en laagste bewussynsvlakke) en opstaan (wakker word, of volgens Zen die Boeddha word). ... Natuurlik is dit wat ek in die Bybel lees, nie meer vir my geskiedenis of letterlik nie. Nee dit is simbolies, metafories en vol wonderlike mites. En binne hierdie mitiese wreld vind ek vele rigtingwysers na die moontlikheid van elke mens tot ontwaking en verligting. Ja, dat elkeen van ons kan wakker word vir die Christus-bewussyn of Boeddha-bewussyn binne ons. ... Dit is seker hoekom ek ook so groot geneentheid het tot die Gnostiese Christelike tradisie. Want hulle verstaan van Jesus was nooit dat hy God was nie, nee, hy was net 'n mens soos ek en jy.

Het jy geweet Jesus en Boeddha is broers? (1 Okt. 2013) deur Abel Pienaar. In hierdie artikel wys Abel op die groot ooreenkomste tussen Christus en Boeddha, in ervarings sowel as leerstellings. Hierdie siening word bevestig deur n ander artikel op die SES webblad: Ooreenkomste tussen Jesus en Boeddha (1 Sept. 2011) deur prof. Neels Moolman. Hy s: Dit wil voorkom asof die skrywers van die Nuwe Testament Boeddha se verhaal gebruik het om die mitologiese Jesus te help skep. Volgens die ooreenkomste in die leerstellings van Jesus en Boeddha, is dit duidelik dat Jesus, in die 18 jaar van sy lewe waarvan ons niks weet nie, onder andere in die Ooste deurgebring en daar in Boeddhiste tempels geleer het. Wat Jesus geleer en verkondig het was dus reeds voorheen deur Boeddha geleer en verkondig.

Taosme: Die weg van harmonie (1 Maart 2012). In di artikel vra Abel Pienaar waarom innerlike vrede en harmonie so n seldsame verskynsel in Suid-Afrika is, aangesien 75% van die mense Christene is, en nog 23% aanhangers van ander gelowe? Hy vind die antwoord op hierdie probleem in Oosterse denke oor innerlike harmonie. Om regtig Oosterse begrippe te verstaan, beveel hy aan dat daar kennis geneem word van een van hulle grootste spirituele leermeesters, Lao Tzu. Boeddhisme en vele ander Oosterse wysheidstradisies kan terug herlei word na sy wysheid. Lao Tzu het volgens oorlewering in die sesde eeu v.C. geleef. Hy was n mistieke leermeester wat dikwels uitgebeeld word in n lang wit rok en sandale, n ou man met n grys baard, wat die grootste deel van sy tyd in meditasie deurgebring het. En, soos Boeddha en Jesus n hom, was hy altyd daar as mense met hom wou gesels en by hom wou raad vra. Lao se filosofie word weergegee in n bundel met 81 verse. Dit staan bekend as die weg van harmonie, of die weg met die minste weerstand, soos n rivier wat vloei waar daar die minste weerstand is. Harmonie word verkry wanneer daar balans is tussen teenoorgestelde pole (bv. die jin en jang) want dit skep innerlike vrede.

God se o is blou (2014) deur Abel Pienaar. In n berig in Rapport van 8 Maart 2014 s Jean Oosthuizen die volgende oor Abel se boek, God se o is blou: In Pienaar se boek soek jy vergeefs na geloofsekerheid f n sekerheid dat daar geen God is nie. Dit is eerder die dagboek van n agnostiese denker met n opregte soeke na lewensin, die geloofsbelydenis van n soeker. Hierdie opsomming verwoord die groot tragedie oor Abel se godsdienstige lewe. Ten spyte van al sy kennis oor die wreldgodsdienste, sy uitgebreide navorsing en sy kwalifikasies in teologie en filosofie, en sy toegewyde beoefening van Oosterse meditasie, is hy steeds n agnostiese soeker na die waarheid. Dit alleen is n bewys daarvan dat sy soektog weg van die ware God af op n verkeerde pad is.

Op sy webblad s Abel dat hy deur sy nuutste boek n diens probeer bewys aan ander mense wat ook op hierdie reis (na nrens) is: Binne hierdie bladsye dekonstrueer ek onder andere die geloof waarmee ek grootgeword het. Ek probeer ook om my eietydse soeke en denke nuut te verwoord, om my prentjie van God eerlik te ondersoek. Hiermee wil ek medesoekers en vrydenkers help om ook op hulle eie spirituele reis te kan gaan. Hoe ontdek mens die waarheid as jy op pad weg daarvandaan is en soos wat die Jesus Seminaar ook gedoen het Bybelse waarhede as mitologie beskou en dit dan stelselmatig dekonstrueer? Die antwoord op hierdie probleem is beslis nie meditasiesessies om n alternatiewe bewussynstoestand te bereik en dan n mistiese god binne-in jouself te ontdek nie.

Gevolgtrekking

Dit is baie duidelik dat die misleiding van ons tyd op die kernwaarhede van die Christelike geloof gerig is, naamlik die bestaan van n transendente, persoonlike Skeppergod, sy Seun wat self ook God is, asook sy Woord wat die enigste weg van verlossing uit n verlore toestand aandui. Die bedreiging wat die evangeliese Christendom uit die oord van mistiese spiritualiteit ervaar, is egter nie konfronterend en openlik vyandig nie, maar inteendeel subtiel en selfs onopsigtelik vir mense wat nie goeie onderskeidingsvermo het nie. Intergeloofsmistici is so akkommoderend en verdraagsaam dat hulle alles moontlik probeer om nie aanstoot te gee nie. Hulle bied transendentale meditasie aan as n tegniek waarby alle gelowe en hulle aanhangers kan baat. Mediteerders word selfs aangemoedig om die name van hulle eie gode as mantras te gebruik wanneer hulle na geestelike verligting soek.

Hierdie benadering besweer baie mense se vrese en maak hulle gewillig en selfs opgewonde om op n opwindende geestelike ontdekkingsreis te gaan. Dit is eers wanneer nuwe gewaarwordings in hulle verstand en gees gevestig is, dat hulle van tradisionele sienings oor God en Jesus Christus sal afsien, en ook in die plek van die kruisboodskap n selfverlossingsleer sal aanvaar wat op veranderde denke en menslik gemotiveerde liefde gebaseer is. Hulle sal dan diegene bejammer wat nog nie hierdie ervaring deelagtig geword het nie.

Vir n beter begrip van die werklike aard en gevare van Oosterse meditasie, en veral die kontemplatiewe spiritualiteit wat daardeur geskep word, kan die volgende artikels gelees word:

Meditasie n Oosterse Tegniek. Hierin word die Oosterse wortels van transendentale meditasie bespreek, en aangedui dat daar nie so-iets soos Christelike meditasie is nie. Dr. Willem Nicol se pogings tot die bevordering van Oostersgeorinteerde meditasie word ook bespreek. http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Meditasie.htm

Regterbrein-tegnieke is Okkulties. Di artikel dui die gevare aan wat sogenaamde regterbrein-tegnieke inhou ook in onderwysstelsels. Die beweerde oorskakeling na die kreatiewe regterbrein gaan onder andere ook met buitesintuiglike waarneming gepaard. http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Regterbrein.htm

Oosterse Meditasie Sluip s in die Kerk in. Die aktiwiteite van die Kaapstadse Sentrum vir Christelike Spiritualiteit word in hierdie artikel beoordeel. Daar word gewys op die foutiewe orintasie wat hieruit voortspruit, ook n.a.v. die getuienis van n persoon wat hieruit verlos is. http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Kontemplasie.htm

Die Gevaar van Sentreringsgebede. n Meditatiewe inkeer na binne lei na die sentrering van gebede rondom die god binne-in jou. Dit is n valse vorm van gebed en lei nie na toenadering tot Christus se troon van genade nie. http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Sentrering.htm

Dr. Abel Pienaar se Onbybelse Sienings. Verdere feite word aangebied oor Abel Pienaar se multigodsdienstige spiritualiteit, sy gnostiese oortuigings en sy diskreditering van die Bybel as n boek wat in n voorwetenskaplike tydperk geskryf is. http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/AbelAfr.htm