Die Bose Koning van die Noorde (2)

Johan Malan, Mosselbaai (Oktober 2014)

Tydens die internasionale verstrooiing van Israel in Nuwe-Testamentiese tye het daar ideologieë en magsgroeperinge in die węreld ontstaan wat ongekend is in die geskiedenis van die mensdom. Dit het die politieke, militęre, ekonomiese, tegnologiese en godsdienstige landskap van die planeet ingrypend verander en op verskillende lewensterreine ʼn hernude stryd om węreldoorheersing ontketen. As gevolg hiervan word die herstelde Israel van die eindtyd deur vyandige magte gekonfronteer wat weer, soos in die geval van die Romeinse Ryk in die eerste eeu, hulle voortbestaan toenemend bedreig. Die eindtydse situasie is egter meer kompleks omdat daar van verskeie fronte af węreldwye aanvalle op die Joodse staat gedoen word.

In Ou-Testamentiese tye was Israel die enigste verteenwoordiger van God se koninkryk op aarde, maar weens hulle swak toewyding aan die Here is die opdrag van węreldevangelisasie ná die koms van Christus aan die kerk onder alle nasies opgedra. Dit was ʼn omvattende en veeleisende taak om te vervul, en net ʼn klein minderheid mense het positief op die evangelie gereageer. Ná baie eeue het daar egter groter deurbrake gekom, veral tydens die herlewings van die 18de en 19de eeue, en dit het die grondslag gelę vir die Westerse Christelike beskawing.

Die boustene van ʼn Christelike samelewing is gelowiges wat ʼn verhouding aangeknoop het met Jesus Christus as die Verlosser van die węreld, mense wat kan getuig van verlossing van sonde en bygeloof, aanspreeklikheid aanvaar teenoor God vir alle dade, Bybelse moraliteit nastreef, Christelike onderwys beoefen, kreatiewe denke bevorder ter wille van vernuwing en die oplos van probleme, groter persoonlike vryhede toelaat, deursigtige en regverdige instellings in die samelewing vestig, billike en kompeterende praktyke in ʼn ekonomiese vryemarkstelsel ontwikkel, en hulleself verbind tot vreedsame naasbestaan met ander mense en volke. Christene het ʼn verpligting om hulle geloof sowel as hulle geestelike en morele waardes met ongeredde lede van hulle eie samelewing te deel, asook met die nie-Christelike węreld, omdat dit die enigste ware oplossing vir die mensdom se probleme is.

In die vroeë stadium van die kerkbedeling is baie stadige vordering gemaak met die evangelisering van samelewings. Teenkanting van die heidenwęreld, sowel as ernstige geestelike misleiding in die groot kerk van die Middeleeue, het die vestiging van Christelike samelewings in Europa en die Midde-Ooste sterk aan bande gelę. Uiteindelik, ná ʼn lang en donker tyd in die geskiedenis van Europa, is die boodskap van die Bybel deur ʼn groter aantal mense aanvaar, en het geestelike sowel as intellektuele verligting ingetree. Een van die gevolge van hierdie ontwaking was dat die Westerse węreld ʼn meer verdraagsame en positiewe houding teenoor die verstrooide Jode ingeneem het, behalwe in lande waarin Bybelse leerstellings verwerp is, soos bv. in Duitsland onder Nazi-oorheersing. Gedurende en ná die Eerste Węreldoorlog het Brittanje ʼn groot rol gespeel om Jode na die land van hulle vaders te laat terugkeer en die moderne, onafhanklike staat van Israel te vestig. In die daaropvolgende jare het Amerika die grootste rol gespeel om Israel te ondersteun en te help beskerm. Dit was hoofsaaklik die gevolg van ʼn sterker evangeliese ywer in die Amerikaanse samelewing, en veral die feit dat baie Christene in daardie land premillennialistiese beskouings oor Bybelse eskatologie huldig. Hierdie beskouings is sterk gerig op die eindtydse herstel van Israel, in voorbereiding op hulle nasionale bekering wanneer die Messias kom.

Die Christelike beskawing het egter nie sonder opposisie na ander węrelddele uitgebrei nie. Weens die aanvaarding van die Marxistiese ideologie het daar in Oos-Europa en dele van Asië ʼn opponerende kommunistiese blok lande ontstaan (die sg. Tweede Węreld). Hulle was ideologies en godsdienstige gekant teen die Weste (die Eerste Węreld) en ook vyandig teenoor Israel omdat dié lande weens ʼn verbintenis tot ateďsme nie die Bybel, die uitverkore volk of die Christelike kerk erken en aanvaar het nie. Lande uit die kommunistiese blok (veral Rusland en Sjina) sou later verbonde sluit met die vyande van Israel in die Midde-Ooste en hulle ook van wapens voorsien om oorloë teen Israel te voer. Rusland word in die Bybel een van die groot eindtydse vyande van Israel genoem (Eseg. 38 & 39), terwyl Sjina geďmpliseer word by ʼn baie groot militęre veldtog deur die konings van die Ooste teen die vrye węreld (Op. 9:13-21; 16:12).

Die opkoms van Islam

Die grootste onmiddellike gevaar vir Israel word deur hulle Arabiese en ander buurlande in die Midde-Ooste ingehou, wat almal die Moslem-geloof aanvaar het. Dit het hulle uitermate geradikaliseer – nie net teen ander gelowe soos Judaďsme en die Christendom nie, maar ook onderling teen strydende Islamitiese faksies wat verskil oor wie die regmatige opvolgers van die profeet Mohammed was. Die Moslems se ideologiese stryd en onverdraagsaamheid teen andersdenkendes is selfs erger as dié tussen kapitaliste en kommuniste. In sy boek, Muslim Society (1983) sę prof. E. Gellner: “Van al die węreldgodsdienste blyk dit dat Islam die grootste politieke ondersteuning in die 20ste eeu geniet. Dit onderskraag ʼn aantal regerings wat geweldig tradisioneel en konserwatief is, maar is ook in staat om intense revolusionęre gesindhede op te wek en met uiterste radikalisme te verenig. As ʼn middel vir politieke mobilisasie het Islam Marxisme verbygesteek, asook alle ander godsdienste.”

In die hervatting van Israel se Ou-Testamentiese stryd teen die koning van die Noorde, sal die invloed van Islam op hierdie antieke vyande terdeë in ag geneem moet word. Babilonië en Assirië van ouds – die huidige Irak, Sirië, Libanon, Koeweit, asook die ryk olieproduserende state aan die Persiese Golf – het deur die aanvaarding van Islam nog ʼn sterker dryfkrag vir hulle negatiewe houding teenoor Israel en die Westerse węreld gekry, asook die finansiële en militęre vermoë om uitvoering aan hulle anti-Joodse en antichristelike sentimente te gee.

Daar sal dus gelet moet word op die wyse waarop die antieke koning van die Noorde (Babilonië of Assirië) tans besig is om gestalte aan te neem, hoe hy interne faksieverskille in Islam hanteer, tot water mate hy militęre en ideologiese steun van sekere supermoondhede kry vir sy beplande uitwissingsoorlog teen Israel, en watter houding hy teen Israel se Westerse bondgenote inneem. Alle nasies in die węreld het moeilike keuses om te maak oor die aard van hulle betrokkenheid by die komplekse stryd in die Midde-Ooste. Diegene onder hulle wat nog enigsins Christelike oortuigings het, behoort sterk bande met Israel te handhaaf omdat almal wat aan Christus glo, lojaliteit en ondersteuning aan hierdie volk verskuldig is (Gen. 12:3: Rom. 11:11-12).

Daar is ʼn baie donker en onheilspellende einddoel met Islam se opmars na węreldheerskappy. Weens sy oorsprong en sterk ondersteuningsbasis in die Midde-Ooste is Islam goed geposisioneer om ʼn geweldige aanslag op die Christendom en Judaďsme te loods, wat beide hulle oorsprong in Israel as die hartland van die Midde-Ooste het. Dit is Islam se uitgesproke doel om die Christendom en Judaďsme in diskrediet te bring deur hulle as vals en uitgediende monoteďstiese gelowe te bestempel en hulle te vervang deur die Moslemgeloof wat gebaseer is op die Koran as die beweerde “finale openbaring van Allah” aan die mensdom.

Baie Christene is nie van die volle implikasies van die opkoms van Islamitiese state in die Midde-Ooste bewus nie. Hulle besef nie dat hierdie lande se magsuitbreiding op die vestiging van ʼn omvattende Islamitiese leefwyse oral in die węreld gerig is nie. Die basiese dryfkrag van hulle ideologie is wel godsdienstig, maar dit sluit ook die hele kultuur van ʼn volk in omdat dit op die bevordering van Islam se politieke, sosiale en opvoedkundige gebruike ingestel is, asook Islamitiese moraliteit en regspraak (die sharia-wette). Islamitiese fundamentalisme is vyandig teenoor alle ander ideologieë en gelowe in die węreld, en dus onversoenbaar met hulle.

Islam sien homself as die enigste ware monoteďstiese geloof en streef uitdruklik na węreldoorheersing. Moslems gebruik ʼn wye verskeidenheid metodes om hulle doel te bereik. Aan die een kant is daar sagte metodes waardeur gepoog word om sekere beginsels in Judaďsme en die Christendom te vervals sodat hierdie mense ʼn intergeloofsverhouding met Islam sal aanknoop en hulleself ondergeskik stel aan die Koran as die jongste en mees outentieke openbaring van God. Op grond hiervan word gepoog om alle gelowe as lede van multigodsdienstige organisasies in Islam se arms te verwelkom. Aan die ander kant is daar militante groepe wat harde metodes van intimidasie en geweld gebruik waardeur hulle teëstanders gedwing word om die gesag van Allah en die Koran onvoorwaardelik te aanvaar. Die jihad (heilige oorlog) word gebruik om dié doel te bereik. Jihadiste raak al hoe meer revolusionęr en gewelddadig in hulle pogings om Islam se oogmerke deur geweld te bevorder en af te dwing. Hulle gebruik verskeie tekste in die Koran om hulle militante optrede te regverdig, bv. Sura 5:33, 47:4 en 2:190-191.

In die tien jaar voor Mohammed se dood (622 tot 632) het die hele Arabiese skiereiland deur verowering na Islam oorgekom. In 637 het ʼn opvolger van Mohammed beheer oor Jerusalem oorgeneem, en teen 650 was Egipte en groot dele van Noord-Afrika, sowel as Palestina, Sirië en die hele Persiese koninkryk, in die hande van Islam.

In 691 is die Rotskoepel op die Tempelberg in Jerusalem gebou. Die rots waaroor hierdie moskee gebou is, is vir Islam baie belangrik. Volgens ʼn mitologiese verhaal (Moslems hou vol dat dit werklik gebeur het) het Mohammed in die nag op ʼn vlieënde perd van Mekka af na Jerusalem gereis, van hierdie rots op die Tempelberg af in die geselskap van die engel Gabriël na die hemel opgevaar, daar saam met verskeie profete (ook saam met Jesus) gebid en weer na die aarde teruggekeer met ʼn visie om die węreld te Islamiseer. Sedert daardie tyd het die Tempelberg vir Moslems in prominensie toegeneem. In 705 is die Al Aksa-moskee ook op hierdie terrein gebou, en nadat dit verskeie kere in aardbewings verwoes is, is dit weer in 1033 in sy huidige vorm herbou. Die Tempelberg is vir Moslems die derde heiligste plek ná Mekka en Medina in Saoedi-Arabië, ten spyte van die feit dat Jerusalem nęrens eers in die Koran genoem word nie.

Islam se invloed het vinnig versprei na gebiede ver buite die Midde-Ooste – tot so ver as Spanje in die weste, Turkye in die noorde en Indië in die ooste. In 1453 is Konstantinopel (Bisantium, en tans Istanboel) deur die Turke verower en onder die direkte invloedsfeer van Islam gebring. Sommige Christelike kerke is in moskees omskep, terwyl indrukwekkende nuwe moskees ook gebou is. Islam se verdere uitbreiding na die Ooste was ook baie suksesvol, en teen 1500 het die Islamisering van Indonesië begin.

Die Ottomaanse Moslemkoninkryk in Turkye het vir vierhonderd jaar lank, van 1517 tot 1917, beheer oor Jerusalem en sy omliggende gebiede uitgeoefen. Die Turke het in die Eerste Węreldoordlog aan die kant van Duitsland geveg, en dit het tot hulle val as koloniale moondheid gelei. Islam se groot invloed sou hiermee ʼn ernstige knou kry en baie van die Arabiere was daarna verarmde woestynbewoners totdat ryk olievelde in hulle woongebiede ontdek is.

In die tweede helfte van die 20ste eeu het verskeie Islamitiese lande groot finansiële mag en prominensie verkry – veral in die olieryk gebiede rondom die Persiese Golf. Dit het aansienlike stukrag aan Islam verleen, en verskeie geestelike leiers (moellas en imams) het weer die visie uit hulle roemryke verlede begin verkondig dat Islam bestem is om sy invloed as die enigste ware godsdiens węreldwyd uit te brei. Dit is hulle groot doel dat alle nasies slegs die gesag van Alla en sy profeet Mohammed sal erken, soos in die Koran uiteengesit. Hierdie oortuiging het tot uitgebreide programme vir die Islamisering van ander lande gelei, asook die oprigting van duisende moskees vir “geloofsgemeenskappe”. Die aanhangers van alle ander godsdienste word in ʼn Islamitiese sin as “ongelowiges” beskou en hulle verkeer onder die oordele van Alla totdat hulle hulself tot Islam bekeer. Dit word as ʼn baie groot oortreding beskou indien ʼn Moslem hom- of haarself tot ʼn ander geloof bekeer, en in lande soos Iran is dit met die dood strafbaar.

ʼn Verdere belangrike faktor in die moderne oplewing van Islam is die herstel van Israel in 1948, asook die groot steun wat die Joodse staat veral van Amerika af verkry. Islam is vyandig teenoor alle ander gelowe, maar Judaďsme is vir hulle ʼn baie groot steen des aanstoots omdat die Joodse staat in ʼn gebied gevestig is wat hulle vir ʼn Islamitiese węreldstaat in gedagte het. Die hoofstad van hierdie beoogde staat moet Al Quds (Jerusalem) wees, van waar ʼn opvolger van Mohammed oor die Islamitiese węreldkoninkryk moet regeer.

Die feit dat die Jode op die land Israel en die stad Jerusalem (insluitend die Tempelberg met sy beroemde Moslem moskees) aanspraak maak, het al by verskeie geleenthede tot die verklaring van ʼn heilige oorlog (jihad) teen hulle gelei. Israel se moderne Islamitiese vyande kon sedert 1948 toe die Joodse staat gestig is, nog nooit ʼn oorlog teen hulle wen nie. Islam blameer Amerika hiervoor, weens die groot finansiële en militęre ondersteuning wat hulle aan Israel gee. As gevolg hiervan word Amerika “die groot Satan” genoem, terwyl Israel bloot as “Satan” beskryf word. Die militęre weerstand wat Moslems teen Israel en sy bondgenote bied, het ook tot die ontstaan van hoogs militante jihadistiese groepe gelei wat deurgaans by die beplanning en uitvoering van ʼn terreurveldtog teen Israel en sy ondersteuners betrokke is. Hierdie groepe beveg ook gematigde Moslem-regerings wat na hulle mening nie fundamentalisties en militant genoeg is nie.

Die groot verdeeldheid in Islam

Sowat 85% van alle Moslems is Soenniete. “Soenna” beteken “Tradisie” en verwys na die feit dat hierdie groep ʼn versameling tradisies (die hadiths) het wat volle erkenning op dieselfde vlak as die Koran geniet. Hulle erken al die kalifs wat as opvolgers van Mohammed heersers in die Moslemwęreld was, terwyl die Sjiďete die eerste drie kalifs as indringers beskou wat wederregtelik hulle posisies verkry het, en wie se leerstellings ook verwerp word. Die Soenniete en Sjiďete het elk hul eie moskees en geestelike leiers, en daar is groot onverdraagsaamheid en ʼn bitter stryd tussen hulle wat gaandeweg al hoe meer gewelddadig raak in dele van die Midde-Ooste – veral in Irak en Sirië.

Iran is die sterkste vesting van die Sjiďtiese Moslems, terwyl hulle in Irak ook die meerderheid verteenwoordig, wat die Koerde insluit. In Sirië is hulle ʼn minderheidsgroep teenoor die Soenniete, maar president Bashar al Assad en sy regering is Sjiďties en word as gevolg daarvan sterk deur Iran ondersteun. Hisbolla in Libanon en Hamas in die Palestynse gebiede van Israel is ook Sjiďties, en hulle funksioneer as fronte vir hierdie magsgroepering in Islam.

Sjiďtiese Moslems het ʼn sterk eskatologiese verwagting op die herverskyning van die 12de Imam. Volgens die Sjiďtiese weergawe van Islam het die 12de afstammeling van Mohammed, wat as die 12de Imam of die Imam Mahdi bekend staan, in die jaar 941 verdwyn en homself verborge gehou in die omgewing van die put Jamkaran in Iran. Die Sjiďete glo dat hy sal terugkom wanneer die węreld vol onderdrukking en tirannie is, en dat hy saam met Jesus (Isa in die Koran) teen die Jode en Christene sal veg totdat die hele węreld onder die gesag van die Koran geplaas is. Die siening word gehuldig dat hoe meer geweld en oorlogvoering daar in die węreld is, hoe beter is die kanse dat die Imam Mahdi sal verskyn om boosheid te beveg en vrede te bring.

Die Sjiďete, soos die Soenniete, glo nie in ʼn Jesus wat God, die Seun van God en Christus is nie, aangesien die Koran se Jesus (Isa) slegs ʼn profeet en die seun van Maria is. Hulle verkondig ʼn Isa wat ʼn noue bondgenoot van sy “broeder” Mohammed is. Hierdie sienings bots met dit wat in die Bybel staan (vgl. 2 Kor. 11:3-4; 1 Joh. 2:22).

Die groot meerderheid Soenniete word afgesien van hulle gemeenskaplike teenkanting teen die Sjiďete ook deur ernstige onderlinge verskille verdeel. Sommige van hulle is meer gematigd terwyl ander weer sterk tot die voortsetting van die jihad teen Islam se vyande verbind is. ʼn Aantal van die mees militante groepe in die węreld is Soennie Moslems, bv. Al Qaeda, IS, Khorasan en Egipte se Moslem Broederskap. Tydens Saddam Hoessein se bewind in Irak het die minderheid Soenniete vir lank oor die meerderheid Sjiďete geheers, en ook sedert 1980 vir agt jaar lank teen die naburige Sjiďties-oorheersde Iran oorlog gevoer. Amerika het egter deur hulle militęre ingryping en ʼn algemene verkiesing daarna die meerderheid Sjiďete in Irak gehelp om aan die bewind te kom, maar sedertdien is hulle weer die teiken van Soennie-opstande in hulle land.

In 2014 het ʼn nuwe, uiters militante Soennie-groep hulle verskyning gemaak, naamlik ISIL – Islamitiese Staat in Irak en die Levant. Die Levant verwys na gebiede wat aan die oostekant van die Middellandse See geleë is, en dit vorm ʼn landbrug tussen Turkye en Egipte. Hierdie lande sluit Sirië, Libanon, Israel en die Palestynse gebiede in, asook Jordanië. ISIL beplan om ʼn Islamitiese kalifaat hier te vestig met Jerusalem as hoofstad. Kort ná hulle stigting het hulle hul naam verander na ISIS – Islamitiese Staat in Irak en Sirië. Hulle het in ʼn kort tydjie beheer oorgeneem oor die oostelike dele van Sirië en die noordelike en westelike dele van Irak. Hulle is egter nie net met beheer oor hierdie gebiede tevrede nie en noem hulleself nou bloot IS – Islamitiese Staat. Die opsies bly dus oop om ook ander gebiede te verower en in te lyf.

Die leier van IS is Abu Bakr al-Baghdadi, en hy maak daarop aanspraak dat hy ʼn afstammeling en opvolger van Mohammed is. Die groep het ruim befondsing uit olievelde wat hulle oorgeneem het, banke in die besette gebiede, sluikhandel, asook groot donasies wat van ander lande én ook van sekere oliemagnate af ontvang word. Die militantes wat deel van hulle weermag uitmaak, kom uit baie verskillende lande, en hulle beplan ook weerwraak-aanvalle teen lande wat aan die Amerikaanse lugaanvalle teen IS deelneem. Volgens een van IS se lede word New York spesifiek vir weerwraak uitgesonder.

IS maak van die wreedste metodes gebruik om ʼn skrikbewind te voer – veral ook teen Sjiďtiese Moslems en lede van alle ander gelowe. Massa-teregstellings deur vuurpelotons, asook onthoofding, word algemeen beoefen. Krygsgevangenes uit ander lande word gereeld onthoof en video’s van hierdie gruweldade as ʼn afskrikmiddel op die Internet vrygestel.

Dit is opvallend dat IS se huidige militęre veldtog en die oorname van grondgebied in Irak en Sirië alles plaasvind binne die grense van die antieke koninkryk van die Noorde, wat soms as Assirië en soms as Babilonië bekend gestaan het. Hulle is egter nie die enigste militante Islamitiese mag wat in hierdie omgewing bedrywig is nie, aangesien daar ook verskeie Soennie opposisiegroep in Sirië is. Hulle word egter almal geopponeer deur die Sjiďete in Iran, Irak, Sirië en Libanon, wat daarop ingestel is om die Soenniete se mag te breek. Iran is die groot militęre, ekonomiese en godsdienstige mag agter Sirië en Irak se Sjiďtiese regerings, asook die terreurgroepe van Hisbolla in Libanon en Hamas in Gasa. Iran het ook planne vir die verdelging van Israel aangekondig en beoog om met Russiese hulp hulleself as die dominante mag in die Midde-Ooste te vestig. Is IS en die ander Soenniete werklik teen hulle bestand?

Die huidige magstryd tussen die Sjiďete en Soenniete gaan volgens die Bybel voortduur totdat daar ʼn duidelike oorwinnaar uit die stryd tree. Daniël 11:31-45 verwys na oorloë om opperheerskappy wat in die eindtyd tussen die koning van die Noorde (Sirië) en die koning van die Suide (Egipte) gevoer sal word. Die koninkryk van die Noorde sal die oorhand kry, en sy finale leier sal die Antichris van die laaste dae wees wat ook mag oor Israel sal verkry. Dit is in hierdie stadium egter nog nie duidelik wie die leierskap oor die noordelike konfederasie sal verkry nie – gaan dit Iran en sy bondgenote, IS en sy bondgenote, Turkye en hulle bondgenote of dalk ander Soennie-lande soos Saoedi-Arabië, Katar en die Verenigde Arabiese Emirate wees? Dit is ook nie duidelik wie uiteindelik die septer oor Egipte gaan swaai nie, omdat die getalsterke Moslem Broederskap se president ontsetel en sy party tot ʼn terreurgroep verklaar is. As gevolg van die magstryd in omtrent alle Arabiese lande sal opstande, oorlogvoering, revolusies en bloedvergieting in die Midde-Ooste nog verder toeneem.

ʼn Uitwissingsoorlog teen Israel

Daar is net een manier waarop ʼn kunsmatige, tydelike eenheid tussen die verskillende Moslemlande en Islamitiese terreurgroepe in die Midde-Ooste geskep kan word, en dit is hulle gemeenskaplike haat teenoor Israel. Volgens Psalm 83 sal hierdie volke wel hulle verskille vergeet wanneer dit hulle pas, en saamspan om Israel te probeer uitwis:

 “o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God! Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op. Teen u volk smee hulle listig ʼn plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes. Hulle sę: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie. Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle ʼn verbond: die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners, Gebal en Ammon, en Amalek, Filistéa saam met die inwoners van Tirus. Ook het Assur by hulle aangesluit; hulle is ʼn arm vir die kinders van Lot. ... [Hulle] sę: Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem” (Ps. 83:2-9). Dit sal dus ʼn heilige oorlog (jihad) teen Israel én die God van Israel wees, want die aardse woning van God op die Tempelberg word ook opgeëis.

In Psalm 83 word die antieke volke genoem waaruit die moderne Arabiese volke afgestam het. Die noordelike Arabiere, waaronder ook Mohammed en sy volgelinge, stam van Ismael af en beskou hulleself as Ismaeliete. Volgens hulle vererf die beloftes aan Abraham deur sy oudste seun, Ismael, na Mohammed en sy opvolgers. Die suidelike Arabiere (Egipte en naburige volke) beweer dat hulle van Kagtan afstam, wat waarskynlik op Joktan dui (Gen. 10:25-30). Al die Arabiere, soos die Jode, stam van Sem af en is dus Semitiese volke. Dit is dus teenstrydig om te beweer dat die Arabiere anti-Semities is wanneer hulle die Jode haat, omdat hulle self Semiete is. Hierdie term is voor die Tweede Węreldoorlog deur Hitler geskep toe die Jode as die belangrikste verteenwoordiger van die Semitiese volke beskou is.

Hoe het die Arabiere in so ʼn magtige groep volke ontwikkel? Grootskaalse Arabirisering het in die 7de en 8ste eeue ingetree ná die veroweringstogte deur Islamitiese Arabiere. Taalkundige en kulturele assimilasie het plaasgevind, met die gevolg dat baie mense van ander volke hulleself daarna ook as Arabiere beskou het. Daar is tans net meer as 370 miljoen Arabiere in die węreld, teenoor 284 miljoen aan die einde van 2000, waarvan verreweg die meeste in die Midde-Ooste en Noord-Afrika woon. Die Arabiese Bond wat in 1946 gestig is, beskou ʼn Arabier as ʼn persoon wat in ʼn Arabiese land woon, wie se taal Arabies is, en wat met die aspirasies van die Arabiessprekendes identifiseer. Baie van die afstammelinge van Nimrod in die huidige Sirië (die antieke Assiriërs) beskou hulleself ook as Arabiere. Die psalmis sę Assur het by die ander Arabiese groepe aangesluit (Ps. 83:9) en sodoende geassimileer geraak.

Israel word deur ʼn reuse oormag Moslemgesinde Arabiere in die Midde-Ooste omring. Baie van hulle soek Israel se ondergang en beplan om ʼn leidende Moslemstaat in die grondgebied van Israel te vestig met Jerusalem as hoofstad. Sjeik Riyad Salah, die hoof van die Islamitiese Beweging in Israel, verkondig aktief die beginsels van ʼn Islamitiese revolusie: “Ons is voor die poorte van ʼn Islamitiese revolusie,” het hy aan die Arabiere van Israel gesę. “Die węreldwye magte van boosheid sal in ʼn Islamitiese revolusie uitgeskakel en deur ʼn Islamitiese węreldstaat vervang word, met Jerusalem as hoofstad.” Voordat dit kan gebeur, moet daar van Israel ontslae geraak en die Palestyne in hulle plek gestel word. Jodehaat is ʼn wesenlike deel van Islam se węreldbeskouing en word van jongs af by hulle kinders ingeskerp.

Die vyandskap van Psalm 83 het ʼn belangrike rol gespeel in al die oorloë wat Arabiese volke sedert 1948 teen Israel gevoer het, maar daarna het hulle weer deur onderlinge twiste verdeeld geraak. Hulle vyandskap teen Israel duur voort en Arabiese eenheid bly ʼn ontwykende droom.

ʼn Werklike maar steeds kortstondige eenheid tussen die verskillende Islamitiese faksies en volke sal eers onder die leiding van die Antichris geskep word nadat hy geopenbaar is. Al die ander nasies en godsdiensgroepe sal deel hiervan wees en hulleself daarin verbly: “En die hele węreld het verwonderd agter die dier aan gegaan ... en die dier aanbid en gesę: Wie is aan die dier gelyk? Wie kan teen hom oorlog voer?” (Op. 13:3-4). Hy sal tegelyk ʼn godsdienstige, politieke én militęre leier wees. Omdat hy ʼn valse messias sal wees, sal sy vrede en eenheid nie lank duur voordat rebellie teen hom sal uitbreek nie, en dan sal hy hom tot geweld wend om sy nuwe węreldorde van ondergang te red.

Die rol van Rusland

Rusland gaan volgens die Bybel ʼn baie groot rol speel in die realisering van veral Moslemnasies se groot ideaal om Israel uit te wis. Die Russe sal aan hierdie nasies die nodige militęre slaankrag gee om Israel te oorweldig en daarna hulle grondgebied te beset. Rusland is ʼn baie groot militęre mag wat, vanuit Israel gesien, in die agterhoeke van die noorde geleë is (Eseg. 39:2). Jerusalem en Moskou is op dieselfde lengtegraad, daarom weet Jode baie goed wie hierdie eindtydse vyand van hulle is. Rusland sal die koning van die Noorde (Moslemvolke noord van Israel) bemagtig om die Joodse staat uit te wis en dan ʼn Moslem-kalifaat in hulle plek te vestig. Hierdeur sal hulle die God van Israel openlik uitdaag.

Volgens Esegiël 38 en 39 sal Gog in die land Magog (dit is die land ten noorde van die Kaukasusgebergte, m.a.w. die moderne Rusland) saam met Persië (Iran), Togarma (Turkye), Kus (Ethiopië), Put (Libië), Gomer en verskeie ander lande vir Israel aanval. Die leierskapsrol van Rusland (Eseg. 38:7) is nie net aan hulle sterk weermag en gevorderde wapentuig te danke nie, maar is so beskik omdat die Here hulle wil straf (Eseg. 39:1). Die rede vir die Goddelike toorn teen hulle is omdat Rusland ʼn leidende rol in die aanstigting van Jodehaat speel en sedert 1948 aanhoudend die vyande van Israel bewapen het. Verder het Rusland ook ʼn groot aandeel gehad om ateďsme in die węreld te bevorder. As gevolg hiervan gaan die Here op die berge van Israel met hulle in die gerig tree (Eseg. 39:4).

Die Here sę dat Rusland met hake aan sy kakebene uit sy land getrek sal word om aan dié oorlog deel te neem. Hulle sal dus deur omstandighede gedwing word om hulle Arabiese en ander Moslem-bondgenote te help. Die Here sę aan Gog: “Ná baie dae sal jy bevel ontvang; aan die einde van die dae sal jy ʼn land intrek wat van die swaard weer reggekom het, wat versamel is uit baie volke, op die berge van Israel. ... En jy sal optrek teen my volk Israel soos ʼn wolk om die land te oordek. Aan die einde van die dae sal dit wees” (Eseg. 38:8, 16).

Onder die bondgenote van Rusland wat deur Esegiël genoem word, is daar Moslemstate soos Iran wat hulleself lankal reeds tot die uitwissing van Israel verbind het. Hulle haat teen Israel vlam telkens tot nuwe hoogtes op wanneer die Joodse staat aanvalle op Libanon doen om teen Hisbolla-terroriste te veg, of op Gasa om Hamas se vuurpylaanvalle op Joodse woongebiede te beëindig. Iran en Rusland hou egter aan om die vyande van Israel te bewapen, en hulle is ook sterk ondersteuners van Bashar al Assad se regering in Sirië wat vrye deurgang verleen aan terroriste en wapens vanaf Iran na Libanon en Israel.

Sirië en Iran het gemeen dat hulle deur middel van die duisende vuurpyle en missiele wat aan Hisbolla in Libanon verskaf is, vir Israel uit die noorde van hul grondgebied sou verdryf. Tesame met offensiewe deur Hamas en die Islamitiese Jihad uit Gasa en die Wesbankgebied sou dit, volgens hulle, tot die val van die Joodse staat lei. Dit het egter nie gebeur nie, want die Here stry vir Israel (vgl. Ex. 14:25). As gevolg van hulle herhaalde neerlae beplan radikale Islam nou grootskaalse vergeldingsaanvalle teen Israel, asook teen lande soos Amerika en Engeland wat as vriende van Israel beskou word, en dus vyande van Islam is. Hierdie keer gaan hulle nie net deur terroristegroepe werk nie, maar ʼn volskaalse konvensionele oorlog teen Israel voer om die Jodedom te probeer verdelg en die hele land te beset. Hiervoor is daar ʼn multinasionale invalsmag nodig wat van verskillende fronte af ʼn verrassingsaanval op Israel kan doen – uit die noorde, die ooste, die suide én ook van Libië se kant af uit die weste oor die Middellandse See.

Israel se vyande beplan om Rusland se betrokkenheid vir hierdie groot oorlog te verkry. Vir Rusland is daar die voordeel van belange in die Midde-Oosterse olievelde. Hulle sou ook die moontlikheid wou voorkom dat Sjina die Arabiere militęr help indien Rusland self sou weier om dit te doen. Hoewel teësinnig, sal Rusland volgens die Bybel instem om aan ʼn uitwissingsoorlog teen die Joodse staat deel te neem.

Die oorlog van Esegiël 38 en 39 kom onwrikbaar nader. Die Here gaan Homself op ʼn besondere manier deur die beëindiging van hierdie oorlog openbaar: “Ek sal jou teen my land laat aankom, sodat die nasies My kan ken as Ek My in jou, o Gog, voor hulle oë as die Heilige laat ken” (Eseg. 38:16). Die verdelging van hierdie invalsmagte word duidelik uitgespel: “Op die berge van Israel sal jy val, jy en al jou leërs en die volke wat saam met jou is. ... Op die oop veld sal jy val; want Ek het dit gesę, spreek die Here. En Ek sal ʼn vuur slinger in Magog” (Eseg. 39:4-6). Daar sal ook ʼn buitengewone groot aardbewing wees waardeur węreldwye verwoesting veroorsaak sal word (Eseg. 38:19-20). Dit alles sal die mensdom tot die besef bring dat die Here hulle weens hulle goddeloosheid straf.

Rusland, Israel en al die nasies sal God op grond van hierdie duidelike, bonatuurlike ingryping erken. Dit sal ʼn groot verandering meebring, want die meeste volke van die węreld, ook Israel, het tot ʼn groot mate in ongeloof, materialisme en humanisme verval en as gevolg daarvan die Drie-enige God en sy Woord verwerp. Hulle het bewys hiervan gelewer deur die vroeëre erkenning van God se oppergesag uit hulle grondwette weg te laat en ook Christelike onderwys as ʼn amptelike onderwysstelsel te beëindig. Baie van dié lande het ʼn openlike bespotting van die Christendom gemaak deur dit met die heidense gelowe gelyk te stel. Suid-Afrika is deel van die węreldwye beweging weg van die God van die Bybel af – nie net van staatskant af nie, maar ook in vervalle teologiese kringe waar die Goddelike inspirasie van die Bybel, die Goddelike attribute van Jesus Christus en die letterlike vertolking van profesieë toenemend ontken word.

As gevolg van duidelike Goddelike intervensie in die vernietiging van Israel se vyande deur vuur uit die hemel, sal die nasies erken dat die God van Israel en die Bybel die ware God is wat gevrees en gedien moet word (Nebukadnésar was ook gedwing om so ʼn bekentenis te maak – Dan. 4:37). Dit sal die einde van ateďsme, agnostisisme en sekularisasie meebring. Die nasies sal egter só min van God af weet hulle die verkeerde persoon, nl. die Antichris, as die Christus en gesant van God sal aanvaar. Die Antichris sal mense se ontsag vir bonatuurlike tekens uitbuit en saam met die valse profeet vir ʼn skouspel van tekens en wonderwerke sorg:

“Hy [die valse profeet] oefen al die mag van die eerste dier [die Antichris] uit voor sy oë, en hy maak dat die aarde en die wat daarop woon, die eerste dier aanbid, waarvan die dodelike wond genees is. En hy doen ook groot tekens, sodat hy selfs vuur uit die hemel laat neerdaal op die aarde voor die oë van die mense. En hy verlei die bewoners van die aarde deur die tekens wat hom gegee is om voor die oë van die dier te doen” (Op. 13:12-14). Die mensdom sal dit in verbystering aanvaar.

Die leuenagtige aansprake van die Antichris en valse profeet sal só oortuigend wees dat selfs Israel mislei sal word om die verkeerde persoon as hulle Messias aan te neem. Die Here Jesus het vir hulle gesę: “Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ʼn ander een in sy eie naam kom, hóm sal julle aanneem” (Joh. 5:43). So ook sal die hele węreld mislei word, verwonderd agter die dier aangaan en hom as die selfverklaarde węreldmessias aanbid (Op 13:3-4).

Die Antichris sal deur sy tekens en wonderwerke krediet opeis vir die skielike beëindiging van die Russies-Arabiese inval in Israel. Nie net sal Israel hom as gevolg hiervan as die beloofde Messias aanhang en navolg nie, maar al die nasies sal ook met dié wonderwerkende “vredevors” ʼn verbond sluit en hom as hulle leier erken (Dan. 9:27). Daar sal openlik gesę word dat hy die mensdom uit ʼn dreigende węreldoorlog verlos en daardeur nuwe hoop aan almal gegee het wat vroeër op selfvernietiging afgestuur het.

Die valse christus sal ook geloof word omdat hy die węreld van ekonomiese chaos gered het, aangesien ʼn groot oorlog in die Midde-Ooste effektebeurse oral in die węreld in duie sal laat stort. Die voorsiening van ruolie deur die groot olieproduserende state rondom die Persiese Golf sal ook ten minste ontwrig of dalk vir ʼn tyd lank heeltemal gestaak word. Dit sal onberekenbare skade aan ekonomieë dwarsoor die węreld aanrig. Die voorkoming van hierdie oorlog sal dus deur almal geloof word.

Die węreld se skielike swaai na die algemene erkenning van God sal dus deur die duiwel se leuens in grootskaalse misleiding eindig. Dit sal vir die hele sewe jaar van die Antichris se regering op aarde voortduur. Gedurende hierdie jaarweek sal Israel groot ekonomiese nut uit die militęre toerusting verkry wat van Gog en sy menigte buitgemaak is. Hulle sal daarmee vuurmaak of dit opsmelt en die metaal in hulle nywerhede gebruik (Eseg. 39:9). Hierdie sewe jaar sal die sewentigste jaarweek van Daniël wees (Dan. 9:27), m.a.w. die tyd van verdrukking onder die bewind van die Antichris. Dit sal tussen die wegraping van die ware kerk (Luk. 21:36) en Christus se sigbare verskyning op die Olyfberg verloop, wanneer elke oog Hom sal sien (Sag. 14:4-5).

Ons is nou nog in die aanloop na die sewe jaar van verdrukking, en moet baie seker maak dat ons teëhouers is van die komende “koning van die Noorde”, en ons nie onder sy misleide medewerkers bevind nie. Wanneer die teëhouers deur die Here weggeneem is, sal die ongeregtige en mens van sonde geopenbaar word (2 Thess. 2:6-12).

Amerika se foute

Die VSA het ʼn baie groot rol gespeel in die verdere radikalisering van lande in die Midde-Ooste omdat hulle uiters gebrekkige insig getoon het in die godsdienstige, politieke en ekonomiese dinamika van Islam se lewens- en węreldbeskouing. Hulle het ook die fout begaan om politieke begrippe soos demokrasie, menseregte en godsdiensvryheid te probeer bevorder, wat nie deur Islam erken of hoog geag word nie. Verder het die VSA valse intelligensieverslae gefabriseer om militęre intervensie in die streek te regverdig, bv. dat Saddam Hoessein oor wapens van massavernietiging beskik het. Daardeur het hulle ook Brittanje en ander lande onnodig by ʼn oorlog betrek wat hoofsaaklik negatiewe gevolge vir al die betrokke partye gehad het.

Amerika het deur hulle oorlog in Irak wel ná baie bloedvergieting daarin geslaag om Saddam Hoessein se Soennie-regering tot ʼn val te bring die meerderheid Sjiďete aan die bewind te kry. Die koste aan menselewens en die skade aan geboue en infrastruktuur was egter enorm. Verder het hulle ook nie rekening gehou met die negatiewe sentiment wat dit onder die Midde-Ooste se groot meerderheid Soenniete tot gevolg sou hę nie. Militante Soennie-groepe – dié wat bande met Al-Qaeda het – het begin floreer, en hulle het nie net die nuwe regering geteiken nie maar ook deur middel van selfmoordbomaanvalle moskees, markte en ander burgerlike teikens in Sjiďtiese woongebiede aangeval. Moorde en menslike lyding het ongekende vlakke in Irak se geskiedenis bereik, en dit het veroorsaak dat die Sjiďete met Iran se ondersteuning groot weerwraakaanvalle op die Soennie-samelewing van hulle land begin doen het.

ʼn Verdere fout is toe deur die VSA gemaak om net vir Al-Qaeda en sy leier, Osama bin Laden, vir al die terreurdade verantwoordelik te hou. Invalle is daarna in Afghanistan en Pakistan gedoen om op bin Laden jag te maak, asook op sy medewerkers soos die Taliban. Weer eens het die invallers die revolusionęre motivering en wye populęre steun van militante Islam totaal onderskat, en dit het daartoe gelei dat meer Moslems na vore getree het om teen die “groot Satan” (Amerika) en sy Midde-Oosterse bondgenoot (Israel) te veg. Nuwe bewegings soos IS en Khorasan het ontstaan, wat veel erger dade pleeg as wat Al-Qaeda-groepe gedoen het. Nou val Amerika hierdie groepe aan op ʼn manier wat net hulle voedingsbron nog meer sal stimuleer.

Weens sy onvermoë om die situasie strategies reg te beoordeel, ondermyn Amerika sy eie belange deur onregstreeks saam te werk met sommige van sy vroeëre teëstanders wat “toevallig” dieselfde nuwe vyand beveg. Die VSA was bv. nog altyd sterk gekant teen Iran weens sy kernontwikkelingsprogram, sy militęre steun aan Sirië se onderdrukkende regering, en ook sy bewapening van  terreurgroepe in Libanon en Israel. Nou veg die VSA en Iran egter beide teen IS in Irak en Sirië! Wie is nou vriend en wie is vyand?

In Sirië het die VSA die opposisiegroepe ondersteun in hulle stryd teen die ondemokratiese regering van Assad. ʼn Samewerkingsooreenkoms is egter onlangs tussen sommige van die opposisiegroepe en IS gesluit, met die gevolg dat die VSA nou saam met Sirië aanvalle op die opposisie doen! In die proses word infrastruktuur en olieraffinaderye gebombardeer en verwoes op ʼn manier wat dit moeilik sal maak om hierdie land weer op te bou en leefbaar te maak – ongeag wie die oorlog wen. Al hierdie aktiwiteite lei daartoe dat Amerika opnuut ʼn slegte naam onder Moslems in die algemeen kry, omdat hulle met ʼn nuwe oorlog teen Islam begin het.

Amerikaanse betrokkenheid in die tradisionele gebied van die koning van die Noorde het van die hele streek ʼn veel erger kookpot van terroristebedrywighede gemaak as wat dit was. Die VSA se inmenging in Egipte (die gebied van die koning van die Suide) was net so teenproduktief vir die hele land. Toe die Moslem Broederskap in dié land in opstand gekom het teen hulle redelik gematigde en stabiele regering, het Amerika vir Hosni Mubarak gevra om van sy posisie afstand te doen, en die opstandelinge aangemoedig om druk uit te oefen vir demokratiese veranderings. Die revolusie was geslaagd, maar dié groep het in ʼn kort tydjie so ʼn gemors van die regering gemaak dat die Egiptiese weermag ʼn militęre staatsgreep uitgevoer, die president ontsetel, van hulle leiers in die tronk gegooi en die Moslem Broederskap tot ʼn terroristegroep verklaar het (selfs Rusland beskou hulle ook as ʼn terroristegroep, maar nie Amerika nie). Die Amerikaanse regering het nie sy strategiese fout erken nie en bloot voortgegaan om homself verder in die streek noord van Israel met die sake van Islam te bemoei.

Om in Midde-Oosterse sake in te meng sonder ʼn deeglike kennis van Islam se ideologie, magspolitiek en militęre strategieë, en sonder om rekening te hou met die gevolge wat ʼn godsdienstiggemotiveerde oorlog (ʼn jihad) vir jou eie land kan inhou omdat jy in ʼn Moslemland teen Moslems veg (ongeag hoe nodig dit vir jou mag lyk), is soos om met ʼn rooi doek om jou lyf tussen ʼn klomp vegtende bulle in te loop. Amerika het in die proses al baie seergekry, en hulleself tot op die randjie van bankrotskap gedryf deur verlengde oorlogvoering, maar steeds meen hulle dat hulle swaargewigstatus vir ʼn blywende oplossing sal sorg. Het hulle nog nie agtergekom dat hulle nie Moslemlande kan oorneem nie, en dat die nuwe heersers wat deur hulle toedoen mag verkry het, by nog ʼn groter stryd en bloedvergieting as die ontsetelde diktators van die verlede betrokke raak nie? IS is beslis nie die einde van Amerika se probleme in Sirië en Irak nie!

Kan Amerika nie die lesse van Viëtnam onthou nie? ʼn Terroristestryd is iets heeltemal anders as ʼn konvensionele oorlog, en verg ʼn benadering waarin eksterne intervensie tot ʼn minimum beperk moet word. Lande soos Saoedi-Arabië, Katar, Koeweit, die Verenigde Arabiese Emirate en Jordanië moet eerder bemagtig word om as “gematigde” Soenniete self die probleem van Soennie militantes in hulle midde te hanteer en op te los. Hulle het immers die menslike, militęre en finansiële hulpbronne om dit te kan doen. Saoedi-Arabië het bv. al in Bahrein ingegryp om opstande teen die Soennie regering in daardie land te onderdruk.

In die finale instansie is dit die plig van die Arabiese Bond om vrede tussen sy lidlande te handhaaf en gepaste stappe teen insurgente te doen. Indien Islam se “groot Satan” egter hierdie moeilike taak namens hulle probeer uitvoer, en in die proses bereid is om al die weerlig op homself te trek, sal hulle gerieflik terugsit en kyk wat gebeur!

Die eindtydse koning van die Noorde

Uit die profetiese tekens van die tye in die Bybel is dit baie duidelik dat die geleentheid nou gunstig is vir die antieke koning van die Noorde om sy verskyning te maak te midde van al die wanorde wat tans in die Midde-Ooste heers. As ʼn valse vredevors sal hy op ʼn kritieke oomblik sy opwagting maak en sy beleid van globalisme sonder enige noemenswaardige teëstand implementeer. Hy sal ʼn węreldregering instel met sterk gesentraliseerde magte op die politieke, ekonomiese en godsdienstige terreine. Israel en sy bondgenote (dié wat hulle dan nog sal hę) sal ʼn ondergeskikte rol in hierdie węreldregering speel:

“Maar as die Here al sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem [ná die eindtydse herstel van Israel], dan sal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van Assirië se koning en oor die gepraal van sy hoë oë. Want hy sę: Deur die krag van my hand het ek dit gedoen en deur my wysheid, want ek is verstandig; en die grense van die volke het ek verwyder, en hulle voorrade het ek geplunder; en die wat op trone sit, het ek soos ʼn maghebber neergewerp. En my hand het na die rykdom van die volke gegryp soos na ʼn voëlnes, en ék het die hele aarde bymekaargeskraap soos ʼn mens eiers bymekaarskraap wat verlaat is; en daar was niemand wat ʼn vlerk verroer of ʼn bek oopgemaak of gepiep het nie” (Jes. 10:12-14).

Die titel “die koning van Assirië” kan beslis nie op enige maghebber buite die Midde-Ooste toegepas word nie. Dieselfde geld ook vir die titel “die koning van die Noorde” (Dan. 11:31-45), bedoelende die gebied direk noord van Israel. Dit is hier waar Satan se eerste goddelose węreldleier, Nimrod, die grondslag vir die Babiloniese en Assiriese ryke gelę het, en hulle sou deur verskeie ander węreldryke opgevolg word. Almal van hulle was goddeloos en dus antichristelik van aard. Dit is om hierdie rede dat die Antichris as ʼn dier met sewe koppe beskryf word, wat verwys na die sewe węreldryke waarmee hy geassosieer word. Johannes sę:

“Ek sal jou die verborgenheid van die vrou vertel [die valse, Babiloniese godsdienste] en van die dier met die sewe koppe en die tien horings [die Antichris], wat haar dra. Die dier wat jy gesien het, was en is nie, en sal uit die afgrond opkom en na die verderf vaar. ... Hier kom die verstand wat wysheid het, te pas. Die sewe koppe is sewe berge waar die vrou op sit. En hulle is sewe konings: vyf het geval en een is; die ander een het nog nie gekom nie; en wanneer hy kom, moet hy ʼn kort tydjie bly. En die dier wat was en nie is nie, is self ook die agtste, en hy behoort by die sewe en gaan na die verderf. En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings een uur lank saam met die dier. Hulle het een gesindheid en sal hulle krag en mag oorgee aan die dier. Hulle sal teen die Lam oorlog voer, en die Lam sal hulle oorwin want Hy is die Here van die here en die Koning van die konings en die wat saam met Hom is, geroepe en uitverkore en getrou” (Op. 17:7-14).

Die sewe koppe van die dier word ook as sewe berge beskryf waarop die vrou sit. Dit is ʼn voorstelling van sewe magtige koninkryke wat almal in assosiasie met vals godsdienste bestaan het. Hulle het nie saam bestaan nie, maar verteenwoordig ʼn chronologiese opeenvolging van ryke. In die jaar 95 n.C. toe Johannes die profesie ontvang het, het vyf van hierdie koninkryke al geval, naamlik Nimrod se Babiloniese Ryk, die Assiriese Ryk, die herstelde Babiloniese Ryk, die Medo-Persiese Ryk en die Griekse Ryk. Die sesde węreldryk, die Romeinse Ryk, was toe aan die bewind en die laaste een (die eindtydse ryk van die Antichris), nog toekomstig. Die Antichris word ook met ʼn agtste węreldryk verbind, naamlik sy militęre skrikbewind van die tweede helfte van die sewe jaar-lange verdrukking (vgl. Op. 13:5-7).

In die eerste 42 maande van die Antichris se bewind sal hy ʼn valse vrede en eenheid op aarde vestig en saam met tien ander konings regeer – waarskynlik die hoofde van tien geopolitieke en ekonomiese streke in die węreld. Hulle sal egter in ʼn stadium hulle magte aan hom oordra sodat hy die laaste 3˝ jaar alleenheerskappy sal voer (Op. 17:13). Hy sal homself dan tot God verklaar (2 Thess. 2:4) en voorberei om teen Christus te veg wanneer Hy na die aarde terugkeer (Op. 19:19). Die Antichris sal al sy ondergeskikte leiers geestelik beďnvloed en mobiliseer om teen Christus en sy hemelse leër te help veg:

“Ek het uit die bek van die draak [Satan] en uit die bek van die dier [die Antichris] en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele węreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God. … En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armageddon” (Op. 16:13-16).

Die groot konfrontasie sal op die dag van Christus se wederkoms plaasvind, maar dit sal ʼn rampspoedige dag vir die vyande van die Koning van die konings wees. Die Antichris en die vals profeet sal lewendig in die poel van vuur gegooi word, en hulle leërs verdelg word wanneer Christus net ʼn woord van veroordeling spreek wat soos ʼn swaard uit sy mond sal gaan (Op. 19:19-21). Die kortstondige ryk van die Antichris sal hiermee beëindig en deur die duisendjarige vrederyk van die ware Christus vervang word.

Dit is eers wanneer die Messias tot die redding van die oorblyfsel in Israel kom, dat hulle almal geestelik met Hom versoen sal word. Intussen duur hulle nasionale ongeloof voort totdat hulle die Messias weer sal sien en van harte sal aanvaar (Matt. 23:39). Die Here sę:

“Oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ʼn mens rouklaag oor ʼn enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ʼn mens bitterlik ween oor ʼn eersgebore kind. ... In dié dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem. ... In dié dag sal daar ʼn geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid. ... Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sę: Dit is my volk! En hulle sal sę: Die Here, my God!” (Sag. 12:10-11; 13:1, 9).

Hierdie wonderlike dag van versoening sal direk ná Christus se wederkoms plaasvind, aan die einde van die sewe jaar van verdrukking. In daardie tyd sal almal wat uit al die nasies oorbly, ook rou bedryf oor hulle sonde en die Here Jesus as hulle Verlosser aanneem: “En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid” (Matt. 24:29-30).

Die vrederyk van Christus sal dus met ʼn eerste geslag Christene begin. Omdat dit sterflike mense sal wees, sal hulle kinders nog steeds met ʼn sondige natuur gebore word en dus geëvangeliseer moet word. Soos wat die duisendjarige vrederyk verloop, sal vormgodsdiens gaandeweg begin toeneem. Wanneer die duiwel aan die einde van die duisend jaar uit die put losgelaat word, sal hy groot getalle van hierdie ongeredde mense mislei om saam met hom ʼn finale aanval op die koninkryk van die Here te doen. Dit sal tot hulle ewige verderf en ondergang lei (Op. 20:7-15).

Dit is opvallend dat hierdie laaste groot rebellie aan die einde van die vrederyk ook aan die naam “Gog en Magog” verbind word (Op. 20:8). Dit is dieselfde beskrywing as wat in Esegiël 38 en 39 aan Rusland gegee word – ʼn vyandige land in die agterhoeke van die Noorde. Die duiwel gaan hom dus weer tot sy historiese magsbasis in lande noord van Israel wend om ʼn laaste groot aanval teen die koninkryk van God in Jerusalem te doen. Daar sal die geskiedenis van geestelike rebellie uit hierdie noordelike koninkryke egter eindig, want die Here se smal pad en Satan se breë pad sal dan hulle ewige bestemmings bereik. In die nuwe Jerusalem en op die nuwe aarde sal daar nooit weer enige ongeregtigheid inkom nie (Op. 21:27).