Islam se Opmars na Węreldheerskappy

Meer as 22% van die węreldbevolking – omtrent 1,4 miljard mense – is Moslems en dié geloof is besig om baie vinnig opgang te maak. In verskeie Westerse lande is dit al die tweede grootste godsdiens ná die Christendom. Gedryf deur die olierykdom van Arabiese state is Islam by aktiewe programme betrokke om die Koran en ander godsdienstige literatuur wyd te versprei, moskees in baie lande te bou, ‘n geestelike tuiste vir ontwrigte en onseker mense te skep, godsdienstige regverdiging aan die politieke aspirasies van anti-Westerse en anti-Joodse groepe te bied, en sodoende aan verskeie fronte hulle ideaal van węreldoorheersing te bevorder.

Die verswakking van die Christendom in Europa en Noord-Amerika tel in die guns van Islam omdat daar in die tradisioneel Christelike węreld feitlik geen weerstand teen hulle gebied word nie. Dit het trouens ‘n nuwe modegier by Westerlinge geword om na hierdie geloof oor te gaan. Terwyl die Christendom as ‘n dooie godsdiens beskryf word wat besig is om al sy beginsels prys te gee, word Islam as ‘n lewenskragtige, alternatiewe manier voorgehou om dieselfde Skeppergod te aanbid en die hele węreld aan Hom dienstig te maak.

Baie mense voel tot Islam aangetrokke omdat dié geloof streng morele norme het – anders as vervallende Christelike kerke wat só permissief en beginselloos is dat hulle drankgebruik, buite-egtelike verhoudings, homoseksualisme en ander immorele dade oogluikend toelaat. Baie Westerse vroue is selfs bereid om die minderwaardige sosiale status te aanvaar wat deur Islam aan hulle toegeskryf word, net om weer geborgenheid en vaste riglyne in die lewe te hę.

Die saak is egter nie só eenvoudig nie, want daar is ‘n baie donker en onheilspellende einddoel met Islam se opmars na węreldheerskappy. Met sy oorsprong en sterk ondersteuningsbasis in die Midde-Ooste is Islam goed geposisioneer om ‘n geweldige aanslag op die Christendom en Judaďsme te loods, wat ook hulle oorsprong in die Midde-Ooste het. Dit is juis Islam se doel om die Christendom en Judaďsme as verouderde, valse en uitgediende monoteďstiese gelowe te brandmerk en dit deur Islam en die Koran as “die finale openbaring van Allah” te vervang.

Baie Christene is nie van die volle implikasies van die opkoms van Islamitiese state in die Midde-Ooste bewus nie. Hulle besef nie dat hierdie lande se magsuitbreiding op die vestiging van ‘n uitgebreide Islamitiese ideologie in die węreld gerig is nie. Aan die kern daarvan is dit godsdienstig, maar hierdie ideologie sluit die hele kultuur van ‘n volk in omdat dit ook op die bevordering van die Moslems se politieke, sosiale en opvoedkundige gebruike ingestel is, asook Islamitiese moraliteit en die sharia-wette. Islamitiese fundamentalisme is onversoenbaar met en vyandige teenoor alle ander ideologieë en godsdienste in die węreld.

Islam sien homself as die enigste ware monoteďstiese geloof en wil homself węreldwyd vestig. Hulle gebruik elke denkbare metode om hulle doel te bereik. Aan die een kant is daar sagte metodes waardeur gepoog word om sekere beginsels in Judaďsme en die Christendom te vervals en hulle ondergeskik aan die Koran as die jongste openbaring van God te maak. Op grond hiervan probeer hulle om alle gelowe binne die verband van die intergeloofsbeweging in Islam se arms te verwelkom. Aan die ander kant volg hulle harde metodes van konfrontasie en geweld waardeur teëstanders gedwing word om Allah se gesag te aanvaar. Die jihad (heilige oorlog) word vir dié doel gebruik. Die jihadiste raak al hoe meer prominent en militant in hulle doel om Islam se oogmerke deur geweld te bevorder en af te dwing.

Ontstaansgeskiedenis

Islam beteken onderworpenheid aan die wil en woorde van Allah, en is die amptelike naam van hierdie godsdiens. ‘n Moslem is ‘n beoefenaar van Islam, dus kan daar ook van die Moslem-geloof gepraat word. Omdat Allah se woorde aan die profeet Mohammed bekend gemaak is, word hierdie geloof ook Mohammedanisme genoem.

Oorsprong

Die Jode en baie van die Arabiere stam in twee verskillende afkomslyne van Abraham af. Die Arabiere stam van die natuurlike seun, Ismael, af wat uit die Egiptiese slavin, Hagar, gebore is. Die Jode stam van Abraham se seun, Isak, af wat die seun van die belofte is. Sy moeder was Sara. Daar is duidelike beloftes in die Bybel dat die Messias uit Abraham se nageslag deur Isak, Jakob, Juda en Dawid gebore sou word (vgl. Gen. 12:3; 17:19; 26:1-3; 28:1-4; 49:8-10; Ps. 132:11; Luk. 1:32; Hand. 13:22-23; Rom. 9:6-7; Gal. 3:14). Dit is die Christelike linie waardeur God sy verlossingsplan vir die hele węreld berei het.

Ismael se nageslag en dié van Esau het ondertrou (vgl. Gen. 36:3), en uit dié twee seuns van Abraham en Isak het die Amalekiete, Edomiete en Filistyne afgestam, waaruit die Arabiese volke van vandag voortgekom het. Die profeet Mohammed is uit hierdie geslag afkomstig. Dit is die antichristelike linie wat met die vyande van Israel geassosieer word. Die Arabiere hou egter vol dat die beloftes van God aan Abraham deur sy oudste seun, Ismael, op hulle van toepassing is, en dat die Jode en Christene valse godsdienste beoefen.

Die stigter van Islam

Mohammed is in  570 n.C. in Mekka gebore. Sy pa se naam was Abdullah (Dienskneg van Allah). Toe hy ses was, was albei sy ouers reeds oorlede en het Mohammed eers by sy arm oupa en daarna by ‘n arm oom van hom gebly. Hy het nooit geleer lees en skryf nie en moes vroeg uitspring om vir homself te sorg. Hy het by karavaanhandelaars werk gekry en ‘n rondreisende lewe gelei. Op sy reise met kamele deur Arabië het hy ook besoeke aan Sirië gebring, waar hy in kontak met Judaďsme en die Christendom gekom het.

Toe Mohammed 25 was, is hy met ‘n ryk, 40-jarige weduwee getroud. Hy het die karavaanhandel gelos en ‘n handelaar in Mekka geword. Hier het hy baie tyd aan meditasie gewy. Toe hy 40 was, het Mohammed ‘n visioen gehad terwyl hy alleen in ‘n grot vyf kilometer van Mekka af was. Volgens hom het die engel Gabriël aan hom verskyn en gesę dat hy deur Allah gestuur is.

In sy boek, Who is this Allah?, skryf G.J.O. Moshay dat wanneer Mohammed in ‘n beswyming was, hy op die grond geval, gebewe en geweldig gesweet het. Sy oë was toe en skuim het by sy mond uitgekom. Ooggetuies het gesę dat sy gesig soos dié van ‘n jong kameel gelyk het. Hy het intense hoofpyne gekry en sy helpers het sy kop in henna gedoop. Soms was hy nie in  so ‘n diep beswyming nie, en het dan soos ‘n dronk man gelyk wat nog tot ‘n mate by sy bewussyn was.

Volgens Islamitiese tradisies wat in die Hadith opgeteken is, was Mohammed aanvanklik nie seker of die openbarings wat hy ontvang het, goddelik of demonies was nie. Sy vrou het hom aangemoedig om homself daarvoor oop te stel, en volgehou dat dit van die engel Gabriël af kom. Mohammed was duidelik ‘n spiritistiese medium vir ‘n hoër mag wat van hom besit geneem en buitesintuiglik met sy gees en verstand gekommunikeer het. Hy kon enige tyd die lang boodskappe wat hy ontvang het, resiteer. Sy dienaars het dit dan neergeskryf, en sodoende het die eerste geskrewe dele van Islam se heilige boek, die Koran, tot stand gekom.

Die pre-Islamitiese Arabiere het baie gode aanbid. Hulle belangrikste heiligdom was, en is nog steeds, die Ka’aba in die groot moskee in Mekka, Saoedi-Arabië. Dit is ‘n klipstruktuur wat al tien keer herbou is. Die huidige Ka’aba is in 696 gebou. Dit is 12 by 10,5 meter, en 15 meter hoog. Daarbinne is die beroemde swart klip – waarskynlik ‘n meteoriet. Die Ka’aba word met ‘n swart kleed bedek wat ryklik deur spreuke uit die Koran versier is.

In die tyd van Mohammed is 365 afgode hier vereer. Allah was een daarvan, en hy was die god van die Kuraďsj-stam waaraan Mohammed se familie behoort het. Vier jaar ná sy visioen in die grot het Mohammed egter begin verkondig dat Allah die enigste god is en dat hy sy profeet is.

Mohammed se vrou en slawe was sy eerste bekeerlinge. Teenstand teen sy nuwe geloof het na doodsdreigemente teen hom gelei. As gevolg hiervan het hy in 622 (die begin van die Islamitiese jaartelling) na Medina gevlug waar hy tot met sy dood in 632 gebly het. Hier het hy ‘n teokratiese staat gestig en die eerste moskee gebou. Hy het bepaal dat mense in die rigting van Mekka moes kyk wanneer hulle vyf keer per dag hulle sâlat-gebede bid. Mohammed het ook die maand lange vas van Ramadan ingestel, asook die gee van tiendes. Verhoudings met Christene en Jode het aansienlik versleg, maar uiteindelik het hy aan hulle vryheid van geloof in ruil vir die betaling van belasting verleen.

Tydens sy verblyf in Medina het Mohammed 66 militęre ekspedisies onderneem. In 630 het hy Mekka verower. Die godsdiens met ‘n visie vir węreldoorheersing was nou stewig in die Arabiese woestyn gevestig. Geen genade is aan teëstanders verleen nie, en die verering van Allah is met die swaard afgedwing.

Leerstellings

Daar is sekere godsdienstige beginsels en metodes wat die grondslag van Islam vorm:

Artikels van geloof

Mohammed het gesę: “Daar is geen God behalwe Allah nie, en Mohammed is sy profeet.” Dit is die basiese Moslem geloofsbelydenis wat as die Kalima bekend staan. Hierby het hy gevoeg dat die ewige lewe op grond van ‘n persoon se goeie werke toegeken word. Die reëls vir voortreflikheid word uitgespel, en alle goeie Moslems moet die volgende godsdienstige pligte nakom, wat die vyf pilare van Islam genoem word:

1.    Die Kalima geloofsbelydenis moet korrek en hardop opgesę word.

2.    Daar moet vyf maal per dag gebid word – teen skemerdag, in die middag, in die namiddag, in die aand en in die nag – terwyl die persoon in die rigting van Mekka neerbuig.

3.    Geldelike bydraes moet vir godsdienstige doeleindes gegee, en bystand aan die armes en siekes verleen word.

4.    Vas gedurende die dag in die maand Ramadan (almal kan elke dag ná sononder eet).

5.    ‘n Pelgrimstog na Mekka moet ten minste een keer in ‘n persoon se lewe onderneem word.

In die verskillende Moslem sektes is daar ekstremistiese groepe wat baie sterk op die verbintenis tot ‘n heilige oorlog (jihad) staan as ‘n metode om ander mense aan die gesag van Allah te onderwerp. Dit word volgens sekere bronne as die sesde pilaar van Islam beskou.

Geloof in Allah is die gemeenskaplike faktor onder die 150 Islamitiese sektes, waaronder die Soenniete, Sjiďete, Wahabiete en Soefiete die grootste groepe is. Omtrent 86% van alle Moslems is Soenniete. Sunnah beteken Tradisie en verwys na die feit dat hierdie groep ‘n versameling tradisies (die hadiths) het wat volle erkenning op dieselfde vlak as die Koran geniet. Hulle erken al die kalifs wat as opvolgers van Mohammed heersers in die Moslem węreld was, terwyl die Sjiďete die eerste drie kalifs as indringers beskou wat wederregtelik hulle posisies verkry het, en wie se leerstellings ook verwerp word. Daar is ‘n bitter stryd tussen die Soenniete en Sjiďete. Daar is groot groepe Sjiďtiese Moslems in Iran en Irak. Elke groep het hulle eie leiers en godsdienstige tradisies wat in sekere opsigte van dié van die ander verskil.

Geweld

Mohammed het beveel dat almal wat nie die boodskap van Allah wou aanvaar nie, doodgemaak, aan bome vasgespyker, of dat hulle hande en bene afgekap moes word (Sura 5:33). Volgens Sura 47:4 beveel Allah die Moslems om enigeen wat weier om die leer van Islam te aanvaar, te onthoof. Sura 2:190-191 sę dat mense wat nie glo nie, doodgemaak moet word waar hulle ook al aangetref word. Mohammed het geweld tot ‘n verhewe eienskap verhef. Vir hom was ‘n dag en nag wat met die swaard deurgebring is, verkieslik bó dertig dae van vas en bid.

Allah

In sy boek, Who is this Allah? (bl. 124), sę Moshay dat Allah ‘n algemene naamwoord is wat slegs die god beteken. Die vraag ontstaan dan: watter god? Indien Allah ‘n generiese term is wat god beteken, kan dit na die God van die Bybel verwys omdat dié naam ook in die Arabiese Bybel gebruik word, of dit kan na ‘n valse god verwys, bv. die god van die Koran. ‘n Generiese term, bv. Here of God, in Afrikaans (Kurios of Theos in Grieks, en Elohim in Hebreeus) moet verder gekwalifiseer word omdat dit verskillende toepassings kan hę. In 2 Korinthiërs 4:4 verwys Theos na die ware God, en theos na die valse god van hierdie węreld, naamlik die duiwel. In Genesis 1:1 en Exodus 20:2 verwys Elohim na God, maar in Exodus 20:3 en 23 verwys elohim na ander gode, wat afgode is. Indien Allah dus gebruik word om na die God van die Bybel te verwys, moet Hy duidelik van die Allah onderskei word wat die god van die Koran is. Dit is nie dieselfde Godheid nie.

In ‘n nuwe vertaling van die Arabiese Bybel (www.arabbible.com) word die term Allah glad nie gebruik nie omdat dit as ‘n spesifieke naamwoord beskou word wat net na die god van die Moslems verwys. Die vertalers sę: “The textual foundation for Arab Bible is the venerable Van Dyck translation, completed in Lebanon in March 1860... The term used for “God” in the Van Dyck version is ‘Allah.’ However, Arab Bible does not use this word at all. Instead, the word ‘al-ilaah’ has been employed... The principle is this: that when referring to God, you may use the generic cultural word for ‘god,’ but not the proper name of a specific god from that culture (e.g. Baal, Zeus, Allah, Thor, etc.).”

Vir hulle is Allah ‘n persoonlike naam wat nie vir ‘n ander god gebruik kan word nie, terwyl al-ilaah ‘n algemene naamwoord is wat enige god kan aandui. Wat dan van die miljoene Arabiese Christene wat in die naam van die Bybelse Allah gered is? Die vertalers het hulleself hierdie vraag afgevra: “Wat van ons kosbare Christen broers en susters wat die term ‘Allah’ al jare lank gebruik? Laat hierdie verandering hulle buite rekening en is hulle nou minderwaardig in ons oë? Beslis nie! Daar is baie goeie gelowiges wat die naam Allah gebruik. Hierdie verandering is nie bedoel om die opregtheid van hulle geloof in die ware Verlosser, Jesus Christus, te bevraagteken of te minag nie. Daar is geen sprake van die veroordeling van hulle nie. Hierdie verandering word met die oog op die toekoms gemaak. Daar is tans baie Moslems wat vir Jesus ontdek, en ons glo hierdie tendens sal in die toekoms verder toeneem. Dit sal pynlike opofferings aan die kant van baie gelowiges verg om die Lam van God te volg en ‘n skoon breek met Islam te maak. Daar is egter sekere dinge wat die moeite werd is om voor te ly” (www.arabbible.com).

Indien die naam Allah steeds deur beide groepe gebruik word, soos tans, word dit duidelik as ‘n algemene (nie-spesifieke) term gebruik wat óf na die God van Abraham, Isak en Jakob (die God van die Bybel) kan verwys, of na die Islamitiese god wat homself aan Mohammed geopenbaar het.

Die naam Allah soos dit in die Koran gebruik word, het sy oorsprong in die pre-Islamitiese Arabiese węreld waar 365 verskillende stamgode in die politeďstiese godsdiens van Mekka vereer is. Ná die openbarings wat Mohammed in die grot buite Mekka gehad het, het hy sy eie stamgod, Allah, tot die posisie van oppergod verhef. Mohammed het nie, soos Paulus in Athene, die ware god aan die afgodsdienaars verkondig nie, maar die status van sy eie afgod verhoog en die 364 ander afgode verwerp. Streng gesproke is dit nie monoteďsme nie, maar henoteďsme – die geloof in een god tussen baie gode. Dieselfde gebruik word in Hindoeďsme aangetref.

Mohammed het die idee van ‘n oppergod deur blootstelling aan die Christelike en Joodse gelowe gekry. Hy het toe die status van sy eie afgod tot dié van die God van Abraham, Isak en Jakob verhoog en ook verklaar dat hy die Skepper is. Hy het egter nie die attribuut van ‘Vader’ aan Allah toegeskryf nie, en ook nie sy persoonlike naam ‘Jahweh’ of sy beskrywende naam as die ‘God van Israel’ nie. Die god van die Koran is dus totaal verskillend van die God van die Bybel.

Mohammed het aan die heidense rituele by die Ka’aba deelgeneem en dit as ‘n geleentheid vir die bekendstelling van Allah as die opperheerser van die heelal gebruik. In sy boek, The Middle East at the Crossroads, bl. 11, sę Konrad Meyer: “Nog voor Mohammed is baie gode in die Ka’aba in Mekka vereer. Gedurende godsdienstige feeste in die stad het hy opgestaan en uitgeroep: La alla illa allahu! (Daar is geen god behalwe allah nie). Dit het later die basiese geloofsbelydenis van Islam geword. Die Ka’aba was hulle eerste heiligdom. Die kern van Islam is toewyding aan Allah... Islam is ‘n godsdiens wat altyd in opposisie teenoor Jesus Christus, die gekruisigde, opgestane en komende Here, is.”

Allah word in die Koran as ‘n hartelose en gewelddadige god voorgestel wat geen genade betoon nie. Vir hom is mense net slawe wat geen mag of vrye wil het nie. Allah verwag totale onderdanigheid van almal. Hy is ‘n selfgesentreerde en wrede tiran wat net bevele kan gee. Die geloof in só ‘n god lei na volslae fatalisme.

Die Koran

Die Koran is die Moslems se heilige boek. Hulle glo die oorspronklike Koran wat in Arabies (die taal van Allah) geskryf is, is in die hemel. Hulle beskou Arabies as die mees volmaakte van alle tale en om dié rede is die Koran vir eeue lank nie in ander tale vertaal nie, sodat die oorspronklike taal en inhoud daarvan nie ontheilig sou word nie. Vandag is die Koran egter in baie tale vertaal, sodat Allah se leerstellings vir alle mense toeganklik kan wees.

Koran beteken resiteer, want Moslems beweer dat die inhoud daarvan deur die engel Gabriël aan Mohammed gedikteer is. Hy was ongeletterd en sy volgelinge het die voordragte neergeskryf. Die Koran bestaan uit 114 hoofstukke wat suras genoem word. Mohammed het egter baie teenstrydige en verwarrende stellings gemaak. As gevolg hiervan is sy uitsprake dikwels hersien en gedeeltelik oorgeskryf in ‘n poging om die mees ooglopende teenstrydighede uit te skakel.

Die stelling word soms gemaak dat die Koran Mohammed se manier was om die geloofsbegrippe van Judaďsme en die Christendom aan die Arabiese węreld oor te dra. Hy het egter self hierdie aansprake verwerp deur Islam as die enigste ware godsdiens te beskryf. Mohammed was openlik vyandig teenoor die Christene en Jode en het hulle in die naam van Allah vervloek (Sura 4:42-55). Haat en vooroordeel is teenoor almal uitgespreek wat Islam verwerp, en hy het sy volgelinge aangemoedig om niks met Jode of Christene te doen te hę nie: “O gelowiges, moenie met Jode of Christene vriende maak nie. Hulle is net vriende van mekaar. As enigeen van julle met hulle bevriend raak, sal hy soos een van hulle word! Allah sal nie boosdoeners lei nie” (Sura 5:51).

Heilige oorloë

Die Koran beveel die voer van ‘n heilige oorlog (jihad) aan, omdat dit ‘n erkende metode is om die gesag van Allah deur sy volgelinge te laat geld. Mohammed het eers deur oorreding probeer om bekeerlinge te kry, maar toe dit misluk het, het hy sy doel met geweld probeer bereik. Die swaard het die algemene manier van die uitbreiding van Islam geword. Mohammed het aan sy volgelinge belowe dat indien hulle in ‘n jihad sterf, hulle paradys toe sou gaan.

In die tien jaar voor Mohammed se dood (622 tot 632) het die hele Arabiese skiereiland na Islam oorgekom. Mohammed se opvolgers het die magteloosheid van die state in die oostelike deel van die Romeinse ryk (dié onder die beheer van Konstantinopel), asook Persië (die huidige Iran), wat deur onderlinge oorlogvoering verswak is, uitgebuit om die magsgebied van Islam verder uit te brei. In elk geval het verskeie lande in die streek sterk politieke en godsdienstige teenkanting teen Konstantinopel getoon, sodat die Arabiere daar as bevryders aangesien is.

Teen 650 was Egipte en groot dele van Noord-Afrika, sowel as Palestina, Sirië en die hele Persiese koninkryk, in die hande van Islam.

In 711 het die More (Moslems uit Noord-Afrika) Spanje verower. Dit was eers met die val van Granada in 1492 dat die Islamitiese Moorse ryk in dié land beëindig is.

In 1001 het die Turkse sultan, Mahmud, met die verowering van Indië begin en in die komende paar eeue is die Islamisering van Indië voltooi. In 1071 het ‘n oorwinning oor die Oos-Romeinse keiser groot dele van Klein-Asië onder Islam se beheer geplaas.

In 1453 is Konstantinopel (Bisantium) deur die Turke verower en onder die direkte invloedsfeer van Islam gebring. Sommige Christelike kerke is in moskees omskep, terwyl indrukwekkende nuwe moskees ook gebou is. In 1923 is Konstantinopel se naam na Istanboel verander.

Islam se uitbreiding na die Ooste toe was ook baie suksesvol. Teen 1500 het die bekering van Indonesië begin. In 1526 is ‘n groot Islamitiese koninkryk in Noord- en Sentraal-Indië gevestig. Akbar die Grote was een van die beroemde leiers van dié ryk, wat tot met die koms van die Engelse in die 18de eeu voortbestaan het.

In die 16de en 17de eeue het die Ottoman ryk van Turkye probeer om meer Europese lande onder die beheer van Islam te stel, maar dit het misluk en hulle invloed in Europa het afgeneem. Die draaipunt was in 1683 toe ‘n Islamitiese mag van 200 000 man ‘n aanval op Wene in die hart van Europa gedoen het. Die Turkse sultan het aan Kara Mustafa, die generaal van die Islamitiese leër, ‘n groen tou gegee waarmee hy homself moes ophang indien sy sending sou misluk. Hulle was op die punt om deur die mure van die stad te breek, toe hulle deur ‘n gekombineerde Oostenrykse, Duitse en Poolse mag verslaan is. Die magte van Islam het nooit weer daarna so diep in Europa ingedring nie. As gevolg van hierdie neerlaag het hulle na ander dele van die węreld uitgebrei.

Nou, vier eeue later, het Islam ‘n herverskyning in die hartland van Europa gemaak. Ondersteun deur die węreld se hoogste geboortesyfer, groot olierykdomme, asook die morele en geestelike verval in die Westerse węreld, is Islam tans besig om ongekende vordering in die tradisioneel Westers Christelike beskawing te maak. In hierdie nuwe opmars word insypeling, intimidasie, demonstrasies, asook propaganda deur middel van ‘n wye reeks publikasies, gebruik.

Moderne magsmonstering

Die ekspansionistiese dryfkrag van Islam het teen die middel van die 20ste eeu, ná die herstel van Israel en veral ook ná die ontdekking van olierykdomme in Arabiese lande, weer ontwaak. Baie Arabiese lande het ekonomies sterk geword en gebruik hulle rykdom om die verlore glorie van Islam te probeer herwin. Moslem fundamentalisme het ook herleef en daartoe gelei dat hele lande, insluitende die regeringstelsel, regspraak, onderwys en verskeie ander aspekte van die openbare lewe, onder direkte beheer van die Koran se sharia-wette gekom het.

In sulke lande is daar nie ‘n monargie of demokrasie nie, maar ‘n regering onder die beheer van godsdienstige leiers. Sekulęre regerings word omvergewerp, selfs al is hulle in beginsel Islamities. Een van die mees bekende Islamitiese revolusies van hierdie aard is die een wat in Iran plaasgevind het. Ander lande verkeer ook onder die druk van fundamentaliste.

Die Islamitiese revolusie is in volle swang. Hulle leiers het miljoene olie-dollars en is bereid om oorlog te verklaar teen enigeen wat in hulle pad staan. Onder hulle teëstanders tel die Jode, Christene, sendelinge van alle nie-Islamitiese gelowe, ateďste, sekulęre humaniste, Moslem afvalliges, ens. Die węreldwye aanbidding van Allah, sowel as politieke en ekonomiese beheer oor die węreld deur die nakoming van die Koran se sharia-wette, is hulle finale doelstelling.

Op ‘n internasionale Islamitiese konferensie in Londen in 1976 is gesę: “Indien ons Londen vir Islam kan wen, sal dit nie moeilik wees om die hele Westerse węreld te wen nie.” Praktiese uitvoering word aan ideale van dié aard gegee. In 1945 was daar net een moskee in Engeland, in 1950 was daar 25, in 1979 het die getal tot by 300 aangegroei, en huidiglik is daar meer as 1000 moskees. In Regentspark, in die hart van Londen, staan die grootste moskee in Engeland, met ‘n Islamitiese universiteit net langsaan. Dit is deur die koningin geopen. Daar is tans meer Moslems in Engeland as wat daar Metodiste is. Baie van die kerkgeboue wat nie meer gebruik word nie, word gekoop en in moskees omskep.

In sy boek, The decline of Christianity and the rise of fanatical Islam, wys Joshua J. Adler daarop dat Wes-Europa sedert 1960 miljoene Moslem immigrante toegelaat het. Indien hierdie proses toegelaat word om voort te gaan, sal Europa uiteindelik deur Moslems oorheers word. ‘n Historikus, Bat Ye’or, sę in haar boek, Eurabia, dat die Christelike karakter van Europa heeltemal besig is om te verdwyn en vir ‘n Arabiese Moslemkultuur plek te maak – vandaar die verwysing na die Europa van die toekoms as Eurabië. Sy sę dat Europa 30 jaar gelede al ter wille van kortsigtige politieke en ekonomiese voordele met sy kulturele abdikasie en versoeningsbeleid teenoor Islam begin het. Sy sę in haar boek: “Europe has evolved from a Judeo-Christian civilisation with important secular elements, to Eurabia: a secular-Muslim transitional society with its traditional Judeo-Christian principles rapidly disappearing.”

Verskeie Westerse leiers is slagoffers van Islam se valse propaganda wat dit as ‘n vreedsame geloof beskryf. In sy nuusbrief, The Berean Call van November 2006 (bl. 3-4), sę Dave Hunt die volgende:

“Die pous se jammerlike verskoning aan Moslems omdat hy deur die waarheid aanstoot aan hulle gegee het, is ‘n verdere voorbeeld van hoe die Weste voortgaan om deur Moslem dreigemente geďntimideer te word om op ‘n skynheilige wyse die skokkende waarhede oor Islam te ontken. Moslems behoort hulleself te skaam omdat hulle ‘god’ loon in die paradys belowe aan mense wat onskuldige vrouens en kinders vermoor.

“‘n Mens sal ver moet soek om enige plek in die węreld terrorisme te kry waarvoor Islam en Moslems nie verantwoordelik is nie. Nogtans gaan hulle met hul verskriklike leuens voort om Islam aan vrede te verbind en terselfdertyd almal wat die waarheid oor hulle vertel, te dreig: ‘As jy dit sou waag om Islam te kritiseer deur dit as ‘n godsdiens van geweld voor te stel, sal ons jou doodmaak om te bewys dat dit ‘n godsdiens van vrede is!’

“Die skandalige feit dat Westerse leiers soos Bush, Blair, Chirac, Billy Graham en die pous voortgaan om na aanleiding van sulke dreigemente vir Islam as ‘n godsdiens van vrede te prys, is ernstige verraad teen hulle eie verantwoordelikheid. Hierdie oorgawe aan Islam se afpersing sal noodwendig na die volledige Islamisering van die Westerse węreld lei, en die gevolglike verlies aan die vryhede wat vir ons so belangrik is. In Europa, en veral in Engeland, het Islamisering reeds die punt bereik waarin dit nie meer gestuit kan word nie, en Amerika is nie ver agter hulle nie...

“Ons is betrokke by ‘n oorlog tot die dood toe – nie teen terroriste en ekstremiste wat, soos president Bush sę, ‘n vreedsame geloof gekaap het nie, maar teen Islam self. Dit is ‘n feit wat die Weste weier om te erken. Die ‘polities korrekte’ leuens wat so populęr in die Weste is, moet verwerp word. Ons is besig om hierdie oorlog te verloor, en sal aanhou om dit verloor totdat die Weste die waarheid erken dat terrorisme wat deur Moslem ekstremiste gepleeg word, nie ons werklike vyand is nie, maar die gewelddadige godsdiens van Islam...

“Die Koran, wat Mohammed volgens sy eie aanspraak deur bemiddeling van die engel Gabriël van Allah af ontvang het, het meer as 100 verse in waardeur die gebruik van geweld beveel word om mense dood te maak en die węreld oor te neem. Een daarvan is: ‘Maak die afgodedienaars dood [dit is almal wat vir Allah as die enigste god en Mohammed as sy profeet verwerp] waar julle hulle ook al kry... beleër hulle en lę vir hulle hinderlae’ (Sura 9:5).” (Einde van aanhaling)

Een van die belangrikste teikens in die Islamitiese węreldrevolusie is Israel en, spesifiek, die stad Jerusalem. Sedert die herstel van Israel in 1948 is volgehoue oproepe vir die vernietiging van Israel gedoen. Nadat die Jode die ou deel van Jerusalem in die Sesdaagse Oorlog in 1967 herower het, het hierdie oproep nog harder weerklink. Toe Jerusalem in 1980 deur ‘n voormalige eerste minister, mnr. Menachem Begin, tot die ewige en onverdeelbare hoofstad van Israel verklaar is, het die haat teen Israel nuwe hoogtes bereik. Verskeie Arabiese lande het hulleself tot ‘n jihad teen Israel verbind totdat Israel uitgewis en in ‘n Palestynse staat om skep is. Die oproep vir die vernietiging van Israel is ‘n moderne herhaling van die uitwissingsoorlog wat Israel se antieke vyande teen hulle beplan het, waardeur hulle ook die God van Israel geminag het:

“o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God! Want kyk, u vyande maak rumoer, en u haters steek die hoof op. Teen u volk smee hulle listig ‘n plan en hou onder mekaar raad teen u verborgenes. Hulle sę: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie. Want hulle het van harte saam raad gehou; teen U sluit hulle ‘n verbond: die tente van Edom en die Ismaeliete, Moab en die Hagareners, Gebal en Ammon, en Amalek, Filistea saam met die inwoners van Tirus. Ook het Assur by hulle aangesluit… [Hulle] sę: Laat ons die woninge van God vir ons in besit neem! My God, maak hulle soos strooi, soos stoppels voor die wind. Soos vuur wat ‘n bos verbrand” (Ps. 83:2-9,13-15).

Die huidige Arabiese volke is die afstammelinge van hierdie antieke volke. Die Edomiete was die nakomelinge van Esau (vgl. Gen. 25:25,30), terwyl die Ismaeliete en Hagareners van Ismael en sy ma, Hagar, afgestam het. Hulle geveg is teen Jahweh, die Heilige van Israel, én teen sy volk. Die wonings van God wat hulle in besit wil neem, verwys na Jerusalem en, spesifiek, die tempel en tempelterrein. Jerusalem is deur God genoem: “Die stad wat Ek vir My verkies het om my Naam daar te vestig” (1 Kon. 11:36). Nadat Salomo die tempel gebou het, het die Here gesę: “Ek het hierdie huis wat jy gebou het, geheilig deur my Naam daar te vestig tot in ewigheid” (1 Kon. 9:3). Jahweh se Naam is vir ewig aan Jerusalem verbonde, en Islam wil dit ongedaan maak.

Omdat Islam se aanhangers dié geloof as ‘n outentieke en onvervalste monoteďstiese godsdiens sien, aanvaar hulle dit as hulle taak om Judaďsme en die Christendom in diskrediet te bring en met Islam te vervang. Op die terrein waar Israel se tempel moet staan, het hulle ‘n moskee, die Rotskoepel, gebou wat vir hulle die derde heiligste plek op aarde ná Mekka en Medina is. Hulle glo dat Mohammed van die rots in hierdie moskee af na die hemel opgevaar en weer teruggekeer het met ‘n opdrag om die hele węreld aan die gesag van Allah te onderwerp. Hulle voorsien dat nadat Israel en sy bondgenote vernietig is, Jerusalem die hoofstad van ‘n Islamitiese węreldryk sal word waaroor die Imam Mahdi (Islam se messias) sal regeer.

Die Moslem-geloof het die vermoë om militante optrede aan te moedig deurdat geweld geregverdig word om ongelowiges aan die Koran se gesag te onderwerp. Ons moet nie mislei word deur die fronte vir valse vrede wat hulle voorhou nie, want dit word net gedoen om tyd vir ‘n gewapende stryd te wen, wat deur hulle as onafwendbaar beskou word. Indien Islam die vermoë het om vreedsame naasbestaan te bevorder, dan het hulle nou die geleentheid om dit op die konflik tussen die Soennie en Sjiďetiese faksies van hulle geloof toe te pas – veral in die bloedige stryd wat hulle in Irak teen mekaar voer. Die teendeel is egter waar, want hierdie twee groepe se ondersteuners in ander lande blaas die stryd tussen hulle verder aan.

Die greep op Afrika

Dit is nodig om ook sommige van Islam se oogmerke met Afrika aan te toon. Noord-Afrika word lankal reeds deur Moslems oorheers, en hulle is ook besig om vinnig in Sentraal- en Suidelike Afrika veld te wen. Groot somme geld word vir die oprigting van moskees deur Libië, Saoedi-Arabië en ander olieryk Moslemlande geskenk. Baie lande in swart Afrika is reeds diep deur Moslems binnegdring. In Nigerië was daar ’n uitgerekte burgeroorlog tussen die Moslem en Christen sektore van die samelewing. Oos-Afrika is baie lank al onder sterk Arabiese beďnvloeding as gevolg van eeue oue handelsbande met dié lande. Die Swahili taal wat deur meer as 100 miljoen mense gepraat word, veral in Kenia, Tanzanië, Oeganda en Noord-Mosambiek, is ’n mengsel tussen Arabies en Afrika-tale.

Die Sentrum vir Strategiese en Internasionale Studies in Washington sę dat Afrika 300 miljoen Moslems het en dat daar oral besig is om sterk basisse vir ekstremistiese groepe geskep te word. Die bloedbad in Soedan is ’n bewys van hulle onverdraagsaamheid teenoor ander gelowe. In sy boek, Faith under Fire in Sudan, sę Peter Hammon die volgende oor Islam se wreedhede in hierdie land:

“Soedan is een van die grootste tragedies in Afrika... Sedert 1956 het opeenvolgende Moslem-regerings in Soedan ‘n reeks verwoestende oorloë teen die nie-Islamitiese swart bevolking van die suide gevoer... Sedert 1993 het die regering van Soedan, asook rebellegroepe, totale verwoesting in die Nuba gebergtes gesaai. Die Moslem soldate het burgerlikes se graanvoorrade en beeste vernietig, hulle statte gebombardeer, groot groepe mense as slawe gevange geneem, in strafkampe aangehou, en ook Christene en tradisionele swartes wat nie Moslems was nie, summier om die lewe gebring... Die koste van die Islamitiese revolusie in Soedan was dusver die vernietiging van die land se ekonomie, die verdere verdeling van die gemeenskap en die dood van omtrent twee miljoen mense.”

Suid-Afrika is ook ‘n teiken vir die vinnige uitbreiding van Islam. Saoedi-Arabië is die  belangrikste borg van die Islamic Propagation Centre International in Durban, van waar daar groot hoeveelhede Moslem-propaganda uitgaan. Sommige van hierdie publikasies is hoogs aanvallend, soos bv. die een met die titel Crucifixion or Cruci-fiction? In hierdie boeke val Ahmed Deedat die eer en godheid van Jesus op die ergste denkbare manier aan:

·     Jesus word as ‘n mislukking voorgestel en sy sielswroeging in Getsémane as lafhartig uitgebeeld (bl. 20-21,29). Hy word ‘n onwillige slagoffer genoem (bl. 16) omdat Hy na bewering nie geweet het van die kontrak wat God aangegaan het dat Hy moes sterf nie.

·     Die feit dat die dissipels nie in staat was om saam met Jesus te waak nie, word op ‘n spottende wyse aan drankmisbruik toegeskryf: “Food and drink was all on the house” (bl. 18).

·     Die begrafnis en opstanding van Jesus word onder verdenking gebring deur dit as bedrog te beskryf (bl. 42-43).

·     Die godheid van Jesus word aangeval deur heidense invloede daarvoor verantwoordelik te hou dat Jesus tot God verklaar is (bl. 25).

·     Deedat dryf ook met die Heilige Gees die spot: “If these verses were inspired by God, then, it seems, that the poor ‘Holy Ghost’ did not have the word ‘resurrected’ in its vocabulary” (bl. 50).

·     Christelike sendelinge word op ‘n beledigende manier as siek mense beskryf (bl. 9). “For these sick people, whether American or South African, every trick in the bag is permissible to clinch a convert for Christ” (bl. 76).

In lande waar Islam ‘n houvas gekry het, word Bybel-onderrig gou uit die leerplanne van skole verwyder omdat dit as ‘n aanval op die regte van Moslems gesien word. Hieruit blyk die valsheid en dubbele standaarde van Islam duidelik. Hulle erken nie die regte van minderheidsgelowe in hulle eie lande nie, en in baie gevalle stel hulle hewige vervolging teen Christene in. Wanneer hulle egter self ‘n minderheidsgroep in ‘n ander land is, maak hulle op uitgebreide godsdienstige en politieke regte aanspraak.

Die Islamisering van hierdie vasteland het reeds ver gevorder.

Die huidige jihad

Sedert die aanvalle van 11 September 2001 (9/11) wat deur die Al Qaeda-beweging van Osama bin Laden op Amerika gedoen is, het die Islamitiese jihad ‘n węreldwye verskynsel geword. Die Amerikaanse invalle in Afghanistan en Irak het die situasie vererger omdat hulle nie die werklike leiers van die internasionale jihad gestraf het nie.

Die ideologiese dryfkrag agter die terreurveldtog teen Israel, Amerika en hulle bondgenote is duidelik in die Moslem-geloof self geleë. Hierdie geloof genereer sterk revolusionęre, anti-kapitalistiese, anti-Christelike en veral anti-Joodse gesindhede. In sy boek, Muslim Society (1983) sę prof. E. Gellner: “Van al die węreldgodsdienste blyk dit dat Islam die grootste politieke ondersteuning in die 20ste eeu geniet. Dit onderskraag ‘n aantal regerings wat geweldig tradisioneel en konserwatief is, maar is ook in staat om intense revolusionęre gesindhede op te wek en met uiterste radikalisme te verenig. As ‘n middel vir politieke mobilisasie het Islam Marxisme verbygesteek, asook alle ander godsdienste.”

Die Islamitiese jihad het twee doelstellings. Die een is die omverwerping van “bose” regerings in Moslem-state omdat die leiers net in naam Moslems is. Dit word as ‘n godsdienstige plig gesien om hulle tot ‘n val te bring en met fundamentele Islamitiese regerings te vervang. Die ander doel is om teen nie-Moslemstate te veg – veral Amerika en sy bondgenote. Israel is as hulle belangrikste teiken geďdentifiseer omdat dié land na bewering ‘n voorpos vir Amerikaanse, Christelike en Joodse imperialisme in die middel van die Moslem-węreld is om daar verdeeldheid te skep. Hoewel Israel die jihadiste se belangrikste teiken is, word veral Amerika daarvoor verantwoordelik gehou dat hulle Israel met baie geld en moderne wapentuig ondersteun en ook hulle reg op voortbestaan erken. Vir hulle is dit die groot rede waarom Israel steeds nie deur Islam oorwin kon word nie. In die lig hiervan verwys radikale Islam na Israel as Satan en na Amerika as die Groot Satan. Hulle wil altwee hierdie lande tot ‘n val bring.

Engeland werk saam met Amerika in die stryd teen terrorisme, en het ‘n groot aantal soldate in Afghanistan en Irak ontplooi. As gevolg hiervan teiken Moslem-terroriste ook hierdie land vir groot aanvalle. Volgens ‘n Britse intelligensie-dokument wat deur The Sunday Telegraph van 25 Februarie 2007 aangehaal is, is daar meer as 2000 Islamitiese terroriste wat uit Brittanje werk. Hulle word met die Al Qaeda-beweging verbind en daar word vermoed dat hulle aanvalle teen die Britse publiek en die regering beplan. As gevolg van die groot aantal Moslems in Engeland kan hulle maklik in dié land skuiling vind.

Daar is verskeie radikale groepe Palestyne in Israel wat die vlamme van ‘n Islamitiese revolusie aanblaas. Die volgende is ‘n voorbeeld hiervan. Scott Shiloh (Arutz Sheva, 16 Nov. 2005) sę:

“Moslem radikaliste gebruik die Tempelberg as ‘n fokuspunt om die vestiging van ‘n węreldwye Moslemstaat met Jerusalem as hoofstad te beplan en te verkondig. Een van die revolusionęre groepe wat op die Tempelberg aktief is, is Hizab Altahrir (Die Islamitiese Bevrydingsparty). Hulle huldig ‘n ideologie wat soortgelyk aan dié van Al Qaeda is, en het reeds ‘n netwerk in die meeste Europese lande gevestig. Die bevordering van Islamitiese propaganda en ‘n vaste verbintenis tot ‘n jihad is bo-aan hulle politieke agenda. Die groep beywer hom vir die onderwerping van die hele węreld aan die Islamitiese wet (sharia), asook die vernietiging van alle nie-Islamitiese nasies en godsdienste. Die Islamitiese Bevrydingsparty het Europa vir die aktiewe verspreiding van sy ideologie geteiken...

“Sjeik Riyad Salah, die hoof van die Islamitiese Beweging in Israel, verkondig ook aktief die beginsels van ‘n Islamitiese revolusie. ‘Ons is voor die poorte van ‘n Islamitiese revolusie,’ sę hy aan die Arabiere van Israel. ‘Die węreldwye magte van boosheid sal in ‘n Islamitiese revolusie uitgeskakel en deur ‘n Islamitiese węreldstaat vervang word, met Jerusalem as hoofstad’... Salah se organisasie het bygedra tot pogings om Arabiese moskees op die Tempelberg te restoureer, en ook om Joodse oudhede op die Tempelberg te vernietig. Duisende van die jong Arabiere neem onder die opruiende slagspreuk van Byeenkomste om Revolusie te Verkondig aan die party se jeugbeweging deel. Hierdie beweging het onlangs naby die Rotskoepel op die Tempelberg ‘n banier gespan met die volgende woorde: Revolusie is ‘n opdrag van Allah. Die jeuggroep is deur ander partylede begroet met die woorde: Volgende jaar in Jerusalem, onder die beheer van die Islamitiese Revolusie.”

Kompromie

Nieteenstaande die militante opposisie teenoor Judaďsme en die Christendom, word daar soms na die misleide volgelinge van hierdie gelowe as volgelinge van Allah verwys. Pogings word aangewend om hulle onder die banier van Islam te skaar onder die voorwendsel dat Islam die enigste ware monoteďstiese geloof is. Die prys vir hierdie kompromie is dat die godheid van Christus verwerp, God as Allah aangespreek, en erken moet word dat die Bybel baie foute en vervalsings in het wat dit ondergeskik aan die Koran as die finale openbaring van God maak. ‘n Gedeelte in die Koran waar kompromie van hierdie aard voorgestaan word, is Sura 2 vers 136: “Ons glo in God, en dit wat aan ons gestuur is deur Abraham, Ismael, Isak, Jakob en die stamme; en dit wat aan Moses, Jesus en die profete van God gegee is. Ons maak geen onderskeid tussen hierdie boodskappe nie, en buig voor die gesag van God in Islam.”

Islam maak daarop aanspraak dat die Profeet van God waarvan Moses in Deut. 18:15 gepraat het, na Mohammed verwys. Hulle sę ook dat die Trooster en Raadgewer wat Jesus aan die węreld beloof het (Joh. 14:16; 16:7), nie die Heilige Gees is nie maar Mohammed. Daar is onder baie Moslems die verwagting dat Jesus van Nasaret die komende węreldmessias sal wees – nie die Jesus van die Bybel nie, maar die verdraaide Jesus van die Koran, wat net ‘n profeet is. Jesus word 97 keer in die Koran genoem.

Vasberade pogings word aangewend om Jesus in terme van Islamitiese konsepte te definieer, en Hom sodoende as een van Islam se groot profete voor te hou. Hierdie idees word in verskeie boekies gepropageer wat in Riyadh, Saoedi-Arabië, gedruk en węreldwyd deur talle Islamitiese propagandasentrums versprei word. Die volgende is voorbeelde van hierdie publikasies: We believe in Jesus deur Soliman H. Al-But’he, Qur’anic verses about Christianity deur Abdullah Al-Saeed, A brief illustrated guide to understanding Islam deur I.A. Ibrahim, en Jesus is coming deur A.H. Jacob.

In die boekie Jesus is coming verwerp A.H. Jacob die Bybel as die onfeilbare Woord van God: “Die Bybel is verdraai, verander en nie meer die Boek van God nie...” (bl. 22). Alle beskouings oor Jesus en die Antichris word gevolglik op die Koran gebaseer. Moslems beskou nie vir Jesus as God of die Seun van God nie (bl. 20,21) en verwerp ook die Bybelse weergawe van sy kruisiging: “Die Koran leer dat Jesus Christus nie gekruisig of deur die Jode doodgemaak is nie” (bl. 25). Volgens dié lering is iemand anders in Jesus se plek en onder sy naam gekruisig.

Die skrywer sę die volgende oor die Antichris: “Die valse messias sal ‘n jongman met growwe hare en ‘n uitpeuloog wees... Hy sal van die pad tussen Sirië en Irak af kom, en links en regs vernietiging en bloedvergieting saai” (bl. 9).

In sy boekie wy die skrywer die meeste aandag aan die identiteit, leerstellings en wederkoms van Jesus Christus, wat volgens hom ‘n belangrike wegbereider vir Mohammed was. Hy sę: “Die Messias, seun van Maria, sal in Damaskus na die aarde toe neerdaal. Jesus Christus sal die valse messias (die Antichris) soek, hom naby Jerusalem vang en doodmaak” (bl. 10).

“God se Boodskapper, Mohammed, het gesę dat Jesus, die seun van Maria, binnekort na ons mense (die Moslems) sal neerdaal. Hy sal die mensdom op ‘n regverdige wyse deur die wet van die Koran en die Soenna oordeel en regeer. Hy sal die kruis verbreek en ook die verkoop en eet van varkvleis verbied” (bl. 15).

“Jesus sal as ‘n volgeling van God se laaste Boodskapper, Mohammed, terugkeer om die ware godsdiens, naamlik Islam, te laat herleef... Hy kom terug om die węreld in geregtigheid deur God se finale openbaring aan die mensdom in die heilige Koran te regeer, wat in ooreenstemming met die godsdienstige tradisies van die profeet Mohammed sal wees. Hy sal die mensdom leer om God binne die verband van Islamitiese monoteďsme te dien – om Hom alleen te aanbid, in die voetspore van sy Boodskapper Mohammed te volg, en mense teen die ewige gevolge van politeďsme (die aanbidding van baie gode) te waarsku” (bl. 17,18).

Jesus sal die valse leerstellings wat in sy naam verkondig word, vernietig, soos bv. dat daar ‘n drie-enige God is, wat ‘n politeďstiese geloof is. Hy sal die feit beklemtoon dat God Een is, ‘n absolute eenheid en nie ‘n saamgestelde eenheid nie. Jesus sal Homself nie in ‘n vader-seun-verhouding teenoor God stel nie. Hy sal eerder sy verhouding teenoor God as ‘n meester-slaaf-verhouding sien... Jesus sal ontken dat hy enige van God se attribute het. Hy het nooit daarop aanspraak gemaak dat Hy God is en ook nooit na homself as die seun van God verwys nie. Hy was net ‘n profeet en ‘n dankbare slaaf van God” (bl. 20,21).

“Tydens sy wederkoms sal hy verklaar dat hy ‘n slaaf van God is en ‘n volgeling van sy broeder, Profeet Mohammed, wat die laaste Boodskapper van God is. Jesus sal gebede op die regte manier opsę soos wat die Moslems dit doen, die armes help, gedurende die maand Ramadan vas, die Hajj-pelgrimstog na Mekka onderneem en die Umrah onderhou” (bl. 23). Hy sal die eet van varkvleis verbied en alle varke laat doodmaak (bl. 27-29).

“Jesus kom terug om die valse aanspraak dat die Jode Hom doodgemaak het, te weerlę, asook die oningeligte Christene wat hierdie Jode glo. Hy sal teen die Jode veg en die valse messias doodmaak. Die Jode sal die soldate en volgelinge van die valse messias wees. Tydens sy bewind sal die Jode ‘n baie sterk regering hę, maar net totdat Jesus Christus, die seun van Maria, neerdaal. Hy sal dan die valse messias opspoor en doodmaak. Daarna sal Jesus en sy Moslem-bondgenote teen die Jode veg totdat die oorblywendes van hulle tussen die klippe sal wegkruip... Hy sal ook die Christene doodmaak wat ‘n verering vir die kruis het. Wanneer beide hierdie groepe oorwin en onderwerp is, en die aarde van politeďsme en ongeloof gereinig is, sal daar vrede en harmonie tussen alle mense op aarde wees” (bl. 24).

Moslems sę ook dat Jesus 33 jaar op aarde geleef het, en vir die oorblywende sewe jaar van sy profetiese bediening van 40 jaar moet terugkeer. Hulle sal dus die Antichris as “Jesus” aanvaar wanneer hy vir een week van sewe jaar ‘n verbond met Israel en baie ander nasies sluit (Dan. 9:27). Hy sal ook as die universele messias van alle gelowe ten nouste met Islam identifiseer.

Die Sjiďtiese Imam

Die Sjiďete het ‘n sterk verwagting op die koms van die 12de Imam as węreldmessias. Die leier van Iran, president Mahmoud Ahmadinejad, wat gedreig het om Israel van die węreldkaart uit te wis, het die rol as wegbereider vir die komende Imam aanvaar. Tony Pearce (Light for the Last Days, Des. 2005) sę die volgende oor hierdie diktator:

“Ahmadinejad sę dat die gety van die Islamitiese revolusie spoedig oor die hele węreld sal spoel. Hy glo dat die węreld op ‘n botsing van beskawings afstuur waarin Islam die enigste eerbare alternatief vir Westerse oorheersing is. Hy is daarvan oortuig dat Islam kan en sal wen.

“Daar is niks wat meer gevaarlik in die węreld is as ‘n godsdienstige fanatikus wat daarna streef om sy idees oor geregtigheid deur geweld op ander af te dwing nie. ‘n Deel van Ahmadinejad se oortuigings spruit voort uit sy geloof in die tweede koms van die 12de Imam. Volgens die Sjiďtiese weergawe van Islam het die 12de afstammeling van Mohammed, wat as die 12de Imam of die Mahdi bekend staan, in die jaar 941, meer as ‘n duisend jaar gelede, verdwyn en homself verborge gehou. Die Sjiďete glo dat hy sal terugkom wanneer die węreld vol onderdrukking en tirannie is. Hulle glo dat hy homself in die put Jamkaran in Iran skuilhou. Moslems onderneem pelgrimstogte na dié put en gooi geskrewe versoeke daarin met die hoop dat die Imam dit sal lees en tot hulle hulp sal kom.

“Ahmadinejad sę: ‘Ons revolusie se hoofdoel is om die weg vir die 12de Imam, die Mahdi, se herverskyning voor te berei... Iran se regering het ‘n kabinetsvergadering gehou waarin daar besluit is om ‘n verbond met die 12de Imam te sluit... ‘n Groot aantal van Ahmadinejad se intieme vriende en bondgenote praat openlik oor voorbereidings vir die herverskyning van die verborge Imam, en verbind hierdie voorbereidings uitdruklik aan Iran se kernprogram... Hulle argument is dat hulle boosheid, tirannie en onderdrukking moet bevorder ten einde die koms van die 12de Imam te bespoedig.”

Sjiďete glo dat die Imam Mahdi sewe jaar lank op aarde sal regeer voordat hy in ‘n finale oordeel die einde van die węreld sal meebring. Ahmadinejad se regering het reeds besluit om ‘n verbond met hom te sluit. Daniël sę dat wanneer die valse messias kom, “hy een week lank [van sewe jaar] met baie ‘n sterk verbond sal sluit” (Dan. 9:27).

Daar is diegene in Iran wat die Imam se verskyning binne die volgende twee jaar of so verwag. Ahmadinejad is van mening dat die land vir hierdie groot gebeurtenis voorbereid moet wees deur genoeg hotelle vir die groot aantal toeriste en pelgrims te bou wat Iran in daardie tyd sal besoek.

Verwikkelings in Iran (die voormalige Persië) moet in ‘n ernstige lig beskou word, omdat hierdie land saam met ander Moslem-lande soos Turkye, Libië en Ethiopië as bondgenote in ‘n Russies-Arabiese inval in Israel genoem word (Eseg. 38:1-16). Let veral op Eseg. 38:8 en 16, wat bevestig dat dit ‘n eindtydse oorlog sal wees. Militante Moslems gaan dus Rusland (die antieke land Magog) se steun verkry en op ‘n baie groot skaal uitvoering aan hulle vernietigingsdrang teen Israel probeer gee, maar deur ‘n baie dramatiese ingryping van die Here sal hulle op die berge van Israel val (Eseg. 39:1-7). Die toneel is vinnig besig om vir hierdie oorlog voorberei te word, omdat Rusland openlik besig is om toenadering by die vyande van Israel te soek.

Valse fondament

Die absolute en blatante Islamitiese ontkenning van die godheid, Seunskap en Messiasskap van die Here Jesus, die verwerping van die Drie-eenheidsleer asook die regverdiging van radikalisme en ekstreme geweld om hulle anti-Joodse en anti-Christelike węreldryk te laat realiseer, vereis ‘n duidelike reaksie deur Jode en Christene ten einde die groot bedreiging deur Islam in die Midde-Ooste én elders in die węreld die hoof te bied. Ons moet beslis op hulle godsdienstige, morele en sosio-politieke eise reageer omdat miljoene mense op aarde daardeur bedreig word.

Drie verskillende perspektiewe van die beoordeling van Islam se valse fondament word hieronder aangebied. Die eerste een is ‘n kort oorsig oor die boek Behind the Veil – Unmasking Islam, waarin Christelike geleerdes, insluitend voormalige Moslems wat tot bekering gekom het, van Islamitiese bronne gebruik maak om die teenstrydighede en misleidende leerstelling van hierdie godsdiens te ontmasker. Die tweede perspektief is dié van ‘n Joodse professor in Arabiese Literatuur, wat die godsdienstige motivering verduidelik waardeur verskillende vorms van Moslem-ekstremisme gedryf word. Die derde perspektief is beoordeling van Islam se leer uit ‘n Bybelse oogpunt.

Die ontmaskering van Islam

In ‘n boek, Behind the Veil – Unmasking Islam, word die teenstrydighede in die Koran en die immorele lewens van Mohammed en sy metgeselle beskryf. Die boek is anoniem gepubliseer om die outeurs te beskerm. Hierdie boek word só bekendgestel: “Die tyd het gekom om die vinnig groeiende, węreldwye godsdiens van Islam te ontmasker. Ons Moslem vriende moet van die misleiding daarvan verlos word en tot die kennis van ons Verlosser, Jesus Christus, en sy reddende genade kom. Baie mense is onbewus van wat Islam alles behels. Die boek is nie net aan Moslems opgedra om hulle tot ander insigte te bring nie, maar ook aan alle Europeërs en Amerikaners wat hulle tot Islam bekeer het, om dié geloof se oorsprong aan hulle te toon.”

Die boek bied dokumentęre feite oor gewelddadigheid en die ontkenning van menseregte deur Islam aan, en sę: “Alle Moslem kenners en historici stem saam dat mense wat die Moslem geloof laat vaar en hulle na ander gelowe bekeer, óf na geen geloof nie, volgens Islamitiese wet tot die dood veroordeel moet word indien hulle nie binne ‘n paar dae na Islam terugkeer nie. So het Mohammed gesę, asook al sy opvolgers (die kalifs). Die eerste deel van die boek handel oor menseregte – regte wat nie in Islam bestaan nie. Ons sal duidelik sien hoedat Mohammed die Arabiere deur die swaard gedwing het om Islam te aanvaar, soos wat dit duidelik in die Koran beskryf word. Mohammed en sy opvolgers het aan die omringende nasies net drie opsies voorgehou: aanvaar Islam, betaal tribuut, of word doodgemaak.”

Die tweede afdeling van die boek toon aan dat Islam nie ‘n godsdiens van gelykheid en sosiale geregtigheid is nie. Dit is ‘n godsdiens van ongelykheid tussen mans en vroue, Moslems en nie-Moslems, en selfs tussen ‘n man en sy broer. Die status van vroue is baie laag. Die Koran beveel op ‘n reguit en oneerbiedige manier aan dat mans hulle vrouens moet slaan sodra hulle enige teken van ongehoorsaamheid aan die man se gesag en bevele toon (Sura 4:34). (bl. 78). In een van Mohammed se uitsprake wat opgeteken is, sę hy dat die meeste mense wat hel toe gaan, vroue is (bl. 92). Hy het in ‘n visioen gesien dat die hel feitlik vol vrouens is.

Islam glo ook in slawerny. Mohammed het dosyne slawe gehad. Hy was ‘n slawehandelaar wat slawe gekoop, verkoop en uitgehuur het, selfs nadat hy daarop aanspraak gemaak het om ‘n profeet te wees (bl. 6).

Mohammed was baie wreed: “Selfs die Moslem-leser sal verbaas wees om te verneem hoe wreed Mohammed was. Hy het gevangenes met vuur gemartel voordat hy hulle doodgemaak en hulle vrouens as slavinne of vrouens vir homself en sy manskappe geneem het. Hy het ook geen kritiek verduur nie en sy kritici summier om die lewe laat bring” (bl. 7).

“Ná Mohammed se dood het sy opvolgers in bloedige, barbaarse oorloë om die posisie van leierskap  teen mekaar geveg. Die profeet se intiemste vriende en familielede het mekaar gehaat en genadeloos om die lewe gebring... Ali Ibn Abi Taleb het saam met Mohammed se intiemste metgeselle teen Maaweia geveg. Hy was een van die persone wat deur Mohammed vertrou is om die mondelinge voordragte van die Koran neer te skryf. Daarna het Ali binne ‘n paar uur duisende getroue volgelinge van Mohammed laat doodmaak, ten spyte daarvan dat hulle saam met hom teen Maaweia geveg het” (bl. 7).

“Geen wonder nie dat Moslems vandag nog mekaar haat en bloedige oorloë teen mekaar voer. Hierdie oorloë en vyandigheid spruit uit die hart van Islam se leerstellings, aangesien dit bepaal dat alle verkeerde dade deur geweld beveg moet word, soos wat Mohammed se volgelinge ook met mekaar gedoen het” (bl. 8). “Uit verse in die Koran leer ons van die aggressiewe, vyandige geaardheid van Islam se sending en van Mohammed. Die Koran het verse oor gevegte teen ongelowiges, asook uitsprake oor heilige oorloë teen Christene en Jode” (bl. 42).

Behind the Veil (bl. 55-56) haal ook uit Taqiy al-Din’s se publikasie, The Book of the Islamic State (1953) aan. Hy sę: “Dit moet die buitelandse beleid van Islamitiese state wees om Islam deur middel van heilige oorloë na die węreld uit te dra. Hierdie metode het deur die eeue heen gevestig geraak en is nooit verander nie... Toe die apostel Mohammed die eerste Islamitiese staat in Yathrib gevestig het, het hy ‘n leër op die been gebring om heilige oorloë te voer en die struikelblokke uit die weg te ruim wat in die pad van Islam se verdere uitbreiding gestaan het... Deur heilige oorloë is lande en streke verower... Die wonderlike Koran het aan Moslems geopenbaar wat die rede vir heilige oorloë is, naamlik om die boodskap van Islam na die hele węreld uit te dra” (bl. 112,113,117). Die Koran self beveel dus die voortsetting van heilige oorloë totdat alle nasies van die węreld die geloof van Islam aanvaar het. Dit is volle godsdienstige regverdiging vir aanhoudende oorlogvoering.

Joodse professor se beoordeling

Menahem Milson, emeritus professor in Arabiese Literatuur aan die Hebreeuse Universiteit in Jerusalem, het onlangs in ‘n lesing oor Islamisme die volgende oorsig aangebied:

Die terme ekstremistiese Islam, militante Islam, radikale Islam en Islamisme is sinonieme. Die persone wat hierby betrokke is, verwys egter slegs na hulleself as Moslems of, in sekere gevalle, as mujahidun (soldate van die jihad). Hulle noem hulle beweging die Islamitiese ontwaking of die Jihad-beweging. Islamisme, of radikale Islam, wy hulleself aan interne én eksterne doelstellings toe. Intern is hulle op die vestiging van suiwer Moslem gemeenskappe ingestel wat in ooreenstemming met Islamitiese wette (sharia) regeer word. Ekstern is dit hulle oortuiging dat elke ware Moslem daartoe verbind is om as eerste prioriteit ‘n jihad teen die ongelowiges en vyande van Islam te voer (Christene word as ongelowiges en heidene beskou).

Die interne wreedhede van Islamisme het wél negatiewe reaksies in die Westerse węreld ontlok, maar word nie juis as ‘n bedreiging vir węreldvrede gesien nie. Hieronder is die strawwe wat ooreenkomstig Islamitiese wette opgelę word, bv. die steniging van oortreders wat aan owerspel skuldig bevind word, lyfstraf vir diegene wat alkohol gebruik, en diewe se hande wat afgekap word. Terreurdade teen nie-Islamitiese lande, veral dié teen die VSA op 11 September 2001 (9/11), word egter deur die internasionale gemeenskap in ‘n baie ernstige lig beskou en maak van Islam ‘n węreldprobleem.

Volgens Islam het Allah aan Moslems die oorwinning en oorheersing oor alle gelowe in die węreld beloof. Hierdie belofte is vroeg reeds deur die veroweringstogte van Mohammed vervul, en dit het tot die vestiging van ‘n groot Moslem-ryk gelei wat eeue lank voortbestaan het. Die sterk oortuiging oor Moslem oorheersing soos deur Allah beloof, het in die 19de eeu ‘n ernstige terugslag gekry toe die Ottoman-ryk ‘n aantal neerlae gely het en verskeie Moslem-lande onder die beheer van “ongelowiges” (nie-Moslemlande) gekom het. In die Eerste Węreldoorlog is die Ottoman-ryk wat uit Turkye beheer is, finaal verslaan. Uit ‘n Moslem-oogpunt het dit gelyk of die geskiedenis heeltemal van sy voorafbepaalde koers afgewyk het.

Moderne Moslems is gefrustreerd as gevolg van die groot kontras tussen die Islamitiese oortuiging oor hulle godgegewe oorheersing van die węreld en die agterlikheid, armoede en magteloosheid van baie Moslem-lande. Dit is vir verskeie van hulle ‘n ontstellende gedagte dat die mag van Islam ondergeskik aan dié van Amerika en Europa is, en hulle maak aktief planne oor hoe om hulle regmatige plek van leierskap in die węreld terug te kry. Vir hierdie doel word die grootskaalse hervatting van ‘n jihad (konvensionele oorloë én terrorisme) as baie belangrik beskou.

Rusland se neerlaag en onttrekking uit Afghanistan in 1989 is as ‘n groot oorwinning vir Islamisme gesien. Vir die Islamiste was dit net ‘n enkele geveg in die węreldwye drama waarin Islam uiteindelik oor alle lande sal oorwin – ook oor Amerika.

Die Islamitiese jihad het twee doelstellings. Die een is die omverwerping van “bose” regerings in Moslem state omdat die leiers net in naam Moslems is. Dit word as ‘n godsdienstige plig gesien om hulle tot ‘n val te bring en met fundamentele Islamitiese regerings te vervang. Die ander doel is om teen nie-Moslemstate te veg – veral Amerika en sy bondgenote. Israel word spesifiek as ‘n teiken genoem omdat dié land na bewering ‘n voorpos van Amerikaanse imperialisme in die middel van die Moslem węreld is om daar verdeeldheid te skep.

Die idee van martelaarskap in die jihad wat namens Allah gevoer word, is ‘n wesenlike deel van die stryd. Dit word as die hoogste vorm van selfopoffering beskou om as ‘n martelaar (shahid) te sterf. Elkeen wat hom- of haarself bereid verklaar om in ‘n selfmoord-bomaanval as ‘n shahid te sterf, word geprys. In die Koran word daar aan elke martelaar loon in die paradys beloof. Dit is nie net direkte toegang tot die paradys sonder die foltering van die graf nie, maar ook die voorreg om aan 70 van jou vriende, vriendinne of familielede toegang tot die paradys te verleen.

Hierdie idee blyk duidelik uit die testament van ‘n Palestynse meisie, Hanadi Jaradat, wat in Oktober 2003 ‘n selfmoord-bomaanval op die Maxim-restaurant in Haifa gedoen het. In haar testament wat na ‘n webblad van die Palestynse Islamitiese Jihad gepos is, sę sy onder meer: “In the name of Allah, the Merciful and Compassionate, prayer and peace be upon the master of mankind, our master Muhammad, may Allah pray for him and give him peace. The Exalted One said in the Koran: ‘Do not consider those who died for the cause of Allah as dead, rather as alive, sustained at the presence of their Lord.’ Allah’s words are true. Dear family, whom the Lord of the world will reward as He promised us in all His Holy Book... Reckon my sacrifice in anticipation of the reward of Allah to you in the Hereafter. I should not be too valuable to sacrifice myself for the religion of Allah. I have always believed in what is said in the Holy Koran, and I have been yearning for the rivers of Paradise.” Ná die dood van ‘n shahid is daar feesviering in plaas van rou. Die moeder roep uit van blydskap, soos by ‘n troue, en lekkergoed word onder die gaste uitgedeel.

Osama bin Laden word deur dieselfde vooruitsig gemotiveer. Op 16 Februarie 2003 is ‘n godsdienstige boodskap wat hy gelewer het, na ‘n Islamitiese webblad gepos. Daarin het hy uit ‘n ou Arabiese gedig aangehaal: “O Allah, when death arrives, let it not be on a bier covered with green shrouds. Rather, let my grave be in the belly of an eagle, tranquil in the sky, among hovering eagles.” Verskeie persone in die Weste het gesę die arende verwys na die vliegtuigaanvalle op die tweetoring-gebou in New York, en ander weer dat die arende na Amerika self verwys. Nadat die hele boodskap vertaal is, was dit egter duidelik dat bin Laden daardeur net sy begeerte uitgespreek het om as ‘n held ‘n martelaarsdood te sterf. Hy wil as ‘n shahid op die slagveld sterf en deur ‘n arend gevreet word, wat hom dan hemelwaarts na die troon van Allah sal wegvoer. Die 8ste eeuse Arabier wat die gedig geskryf het, was lid van ‘n militante Moslem sekte.

Westerlinge is steeds nie in staat om die begrippe jihad (heilige oorlog) en istishhad (martelaarskap) reg te begryp nie. Verskeie kommentators meen verkeerdelik dat Islamitiese terreurdade in Europa toegeskryf kan word aan sosio-ekonomiese faktore soos frustrasie weens die armoede en werkloosheid wat deur tweede en derde geslag Moslem immigrante in Europa ervaar word. Dit is hoegenaamd nie waar nie, want dié dade spruit in die eerste plek uit ‘n godsdienstige oortuiging oor die stryd teen die vyande van Allah voort.

As ons na die profiele van Moslem terroriste in Europa, Amerika en ander plekke kyk, is dit duidelik dat hulle nie uit die geledere van die armes en verontregtes kom nie. Neem as voorbeeld dié wat vir die Madrid-bomaanvalle op 11 Maart 2004 verantwoordelik was. Die leier wat homself ook opgeblaas het, was ‘n Tunisiese immigrant wat met behulp van ‘n ruim Spaanse beurs aan ‘n universiteit gestudeer het en die eienaar van ‘n eiendomsagentskap was. ‘n Ander lid van die groep was ‘n Marokkaanse immigrant wat ‘n selfoon-besigheid gehad het. ‘n Derde lid was ‘n Marokkaan wat ‘n graad in chemiese ingenieurswese gehad het, terwyl ‘n vierde lid ‘n student uit Bosnië was wat met behulp van ‘n beurs van die Spaanse regering daar gestudeer het.

Daar is geen sprake van gefrustreerde tweede geslag immigrante wat teen hulle omstandighede in opstand kom nie. Dieselfde geld vir al die ander terreurdade deur Moslems. Van die 19 terroriste wat vir die 9/11 aanvalle op Amerika verantwoordelik was, was nie een ‘n gefrustreerde tweede geslag immigrant nie. Almal van hulle was Arabiese studente of professionele lui – 15 uit Saoedi-Arabië, drie uit Egipte en een uit Libanon. Die enigste verklaring vir hulle optrede is die Islamitiese geloof wat van hulle verwag om ‘n jihad te voer teen lande wat dit durf waag om Moslem lande aan te val.

Moslem terroriste word wyd in die Moslem węreld geëer. Ter wille van hulle selfbehoud veg baie regerings van Moslem lande egter teen die terroriste omdat radikale Islam op groter toewyding deur hulle eie regering aan Islamitiese wette aandring. Die feit is dat die vroeë vaders van Islam geloofwaardigheid aan die jihad verleen en ook groot sukses daarmee behaal het. Huidige Moslem regerings word deur ‘n ernstige ideologiese kontradiksie gekonfronteer: aan die een kant beveg hulle die jihadistiese organisasies in hulle lande, maar aan die ander kant gaan staatskole en moskees voort om die idee van ‘n jihad ter wille van Allah te bevorder.

Christelike beoordeling van Islam

In die lig van Islam se godsdienstige beskouings, hulle ambisie om die węreld te oorwin, asook hulle haat teenoor Jode en Christene, is dit duidelik dat hulle totale dogma op Bybelse gronde verwerp moet word. Die volgende is die basiese redes waarom Christene nie die Islamitiese geloof kan aanvaar nie:

Allah in die Koran

In sy boek Who is this Allah? verwerp G.J.O. Moshay die bewering dat die naam Allah van Siriese oorsprong is en Joods/Christelike konnotasies het. Daar is net ‘n fonetiese ooreenkoms en dit is al. Wanneer ‘n naam van God van ‘n ander taal af oorgeneem word, moet die volle betekenis daarvan, asook die gesag en metode van openbaring, ongeskonde bly. In die geval van Islam het dit nie gebeur nie, omdat hulle nie die Drie-enige God aanbid wat Homself deur Abraham, Isak, Jakob, die profete van die Bybel, en uiteindelik deur sy Seun, geopenbaar het nie.

Die Moslems aanbid ‘n god wat nog voor Mohammed se geboorte deur sy pa, Abdullah (Dienskneg van Allah), vereer is. Nadat Mohammed by sy Rooms-Katolieke vrou, asook by Siriese Christene, van die Bybel se monoteďstiese geloof gehoor het, het die idee by hom posgevat om die status van sy eie afgod te verhoog en sodoende ‘n unieke monoteďstiese godsdiens aan die Arabiere te bied.

Hoewel Mohammed onder andere met ‘n Rooms-Katolieke en twee Joodse vroue getroud was, het hy nooit ‘n proseliet van die Christendom of Judaďsme geword nie. Hy het dit valse godsdienste genoem en gesę dat die aanhangers daarvan hulle tot Islam moes bekeer. Sy eerste bekeerling was sy vrou, Khadija, daarna haar ‘Christelike’ neef, Waraqa ibn Naufal, wat Mohammed se spesiale raadgewer was.

Dit is noodsaaklik om Islam uit ‘n Christelike oogpunt as ‘n valse monoteďstiese godsdiens te beskou en geen erkenning aan sy selfverklaarde status as die finale openbaring van God te gee nie. Marius Baar (The unholy war, 1980, bl.64-65) stel die volgende benadering voor: “Op baie lewensterreine is ‘n gesindheid van verdraagsaamheid ‘n prysenswaardige eienskap. In die Westerse węreld lei verdraagsaamheid egter soms daartoe dat ‘n leuen vir die waarheid aanvaar word. ‘n Voorbeeld van hierdie soort naďwiteit is die idee dat Allah (die god van die Moslems soos wat hy in die Koran beskryf word) en Jahweh (die selfopenbarende God van die Bybel) dieselfde Godheid is. Hierdie idee word ook in die Rooms-Katolieke publikasie One God – all brothers gepropageer. Niks is verder van die waarheid af nie.”

Die Moslems aanvaar Moses en die profete, asook Jesus, as menslike gesante van God. Hulle steur hulleself egter nie aan die leerstellings van die Bybel nie, en is totaal teen die idee van ‘n Drie-enige God en Jesus se godheid gekant. Hulle glo nie aan ‘n verwekkende God wat ‘n Seun gegenereer het nie, en sę dat dit ‘n valse begrip van God is wat nie aan die standaard van Allah se verhewenheid en heiligheid voldoen nie. Die Drie-eenheidsgedagte en die opvatting oor Jesus as die Seun van God word deur hulle as vervalsings van die waarheid verwerp.

Die sendeling, Robert H. Glover, sę in sy boek The progress of world-wide missions (1960, bl. 30): “Die god van Islam is baie ver van die beeld van die liefdevolle en genadige God van die Bybel verwyderd. Allah is ‘n gevoellose despoot wat baie ver van sy volgelinge af is, met geen middelaar tussen hom en hulle nie. Daar is geen verband tussen Allah en die God van die Bybel nie, en hy is ‘n baie swak nabootsing van God. Dit is godslasterlik om Allah en Jahweh op dieselfde vlak te plaas.”

Verwerping van Jesus as die Seun van God

Marius Baar het dikwels die vyandige reaksies van Moslems op die verkondiging van die Here Jesus se boodskap van verlossing waargeneem. In sy aangehaalde boek (bl. 164-5) skryf hy: “Islam ontken nie alleen die bestaan van die Heilige Gees nie, maar ook die godheid van Jesus. Daar is geen antichristelike mag in die węreld wat die Seunskap van Christus en sy kruisdood so uitdruklik en aanhoudend ontken as Islam nie. Vir ‘n Moslem is dit ‘n gruwel om te glo en te bely dat Jesus Christus die Seun van God is. Ek het Moslems gesien wat op die grond spoeg en sę: ‘Vergewe my, Allah, dat ek so-iets gehoor het.’ Om te sę dat God ‘n Seun het, is vir hulle godslasterlik.” Hulle bely duidelik dat Allah ‘n nie-verwekkende God is.

Die versoeningswerk van Jesus word ook in sy geheel deur Islam ontken. Hulle beweer óf dat Jesus nooit aan die kruis gesterf het nie en net ‘n skyndood gehad het, óf dat iemand anders in sy plek gesterf het, óf dat sy dood van geen geestelike betekenis is nie. Om dié redes ontken hulle heftig tekste soos 1 Joh. 1:7 wat sę: “...die bloed van Jesus Christus, sy Seun, reinig ons van alle sonde.”

John A. Williams (Islam, bl. 31-32) bevestig ook die feit dat Moslems net aan Jesus as ‘n profeet glo, m.a.w. ‘n ander Jesus as wat in die Bybel verkondig word (2 Kor. 11:3-4). Hulle verwerp alle Bybelse leerstellings oor sy godheid, kruisiging en opstanding. Net soos wat Islam se Allah nie die god van die Bybel is nie, is die profeet Jesus wat in die Koran beskryf word, ook heeltemal verskillend van die Jesus van die Bybel.

Die skokkende feit omtrent hierdie godsdienstige bedrog is dat daar verskeie ‘Christen’ teoloë is wat die Christelike leerstellings verdraai ten einde die begrip van universalisme te ondersteun, naamlik dat alle gelowe dieselfde God aanbid. Op hierdie manier word daar ook teologiese geloofwaardigheid aan Islam se godsbegrip gegee. Marius Baar (op. cit. bl. 102) sę: “Daar is ‘n verontrustende neiging onder baie Christene om Islam as ‘n alternatiewe weg na God te beskou, en daardeur die uniekheid van die Christelike geloof te verloën (Joh. 14:6). ‘n Vatikaanse dokument verstrek riglyne vir ‘n dialoog met Islam. Hierin word Christene aangeraai om hulle vooroordele teenoor Islam te laat vaar, omdat Allah niemand anders as die God van Moses en die Vader van ons Here Jesus is nie!”

Die Vatikaan sowel as die Węreldraad van Kerke (vervalle Protestantisme) aanvaar Islam nou as ‘n sustergodsdiens en verwys na Moslems as medegelowiges. Die valse persepsie dat alle gelowe dieselfde God aanbid, is die hoeksteen waarop die Antichris se alliansie van valse godsdienste gebou sal word (Op. 17:3-5). Fundamentele, evangeliese Christene verwerp egter hierdie aanname.

Omdat Islam vir Jesus as die Christus en enigste Verlosser van die węreld verloën, ken hulle ook nie die Vader wat Homself deur sy Seun aan die węreld geopenbaar het nie. Om die Seun te verwerp, beteken dus implisiet om die Vader wat Homself deur sy eniggebore Seun bekend gemaak het, te verwerp:

·     “Wie die Seun nie eer nie, eer nie die Vader wat Hom gestuur het nie” (Joh. 5:23).

·     Hulle sę toe vir Hom: Waar is u Vader? Jesus antwoord: Julle ken My nie en ook nie my Vader nie; as julle My geken het, sou julle ook my Vader geken het” (Joh. 8:19).

·     “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien... Glo jy nie dat Ek in die Vader is en die Vader in My nie?” (Joh. 14:9-10).

·     “Wie is die leuenaar, behalwe hy wat ontken dat Jesus die Christus is? Dit is die Antichris wat die Vader en die Seun loën” (1 Joh. 2:22).

·     “Elkeen wat die Seun loën, het ook nie die Vader nie” (1 Joh. 2:23).

Paulus sę dat selfs al bring ‘n engel uit die hemel aan ons ‘n evangelie in stryd met dit wat die Bybel oor die versoeningswerk van die gekruisigde Here Jesus aan ons bied, dan moet ons dié engel ‘n vervloeking noem (Gal. 1:6-9). Vervalsings van die evangelie van verlossing kom nie van die Here af nie, maar van Satan af, en moet geheel en al verwerp word.

Islam maak op grond van die ‘engel Gabriël’ se openbarings daarop aanspraak dat die Profeet wat deur Moses belowe is (Deut. 18:15), nie Jesus is nie, maar Mohammed. Die volgende vergelyking wat deur Christ for the Nations gemaak is, vertoon die slegte beeld van Mohammed en bevestig die feit dat hy ‘n valse profeet en misleier van die nasies is:

JESUS CHRISTUS

MOHAMMED

Hy is in 4 v.C. uit ‘n maagd gebore

Hy is in 570 n.C. uit Aminah gebore

Hy het geen aardse vader gehad nie

Sy aardse vader was Abd’Allah

Hy is nooit getroud nie

Hy was met 15 vroue getroud

Hy het ‘n sondelose lewe gelei

Hy was ‘n sondaar

Hy het nooit om die vergifnis van sonde gebid nie

Hy het dikwels vir vergifnis gebid

Hy het geen oorloë gevoer nie

Hy het 66 oorloë gevoer

Hy het nooit die dood van enigeen beveel nie

Hy het die dood van baie mense beveel

Hy het genade en liefde gevestig

Hy het geen genade betoon nie, wraak beoefen en die swaard gebruik

Hy het ‘n geestelike koninkryk gevestig

Hy het ‘n aardse koninkryk gevestig

Hy het deur kruisiging op die ouderdom van omtrent 33 gesterf

Hy het deur longontsteking en vergiftiging op die ouderdom van 62 gesterf

Hy het uit die graf opgestaan en leef

Hy is steeds in die graf en is dood

Die Ou Testament het sy eerste en tweede koms voorspel

Hy is nie in die Bybel voorspel nie

Tema van sy lewe: Hy het die liefde van God bekend gemaak

Tema van sy lewe: hy het homself aan Allah se ‘heilige oorloë’ toegewy

Word 97 keer in die Koran genoem

Word 25 keer in die Koran genoem

Halaal kos

Volgens die Bybel mag Christene nie kos eet wat aan ander gode geoffer is en deur priesters van nie-Christelike gelowe geritualiseer is nie. Om openlik met hierdie gebruike te assosieer, is ‘n sekere manier om geestelik besoedel te raak (1 Kor. 10:19-20).

Voedsel wat aan Allah van die Koran geoffer of toegewy en met die Halaal-teken gemerk is, behoort nie deur Christene geëet te word nie omdat Islam se god nie die God van die Bybel is nie. Sulke voedsel is nie inherent skadelik nie, dus kan Christene dit gebruik indien hulle onbewus daarvan is dat ‘n Moslem priester dit aan Allah opgedra het: “Eet alles wat in die slaghuis verkoop word sonder om navraag te doen, ter wille van die gewete” 1 Kor. 10:25; kyk ook v. 27).

Wat werklik hier saak maak is nie die potensieel skadelike effek van die kos nie, maar die feit dat die Here nie wil hę dat ons bewustelik met afgode moet assosieer deur kos te eet waaroor hulle name uitgeroep is nie: “Maar as iemand aan julle sę: Dit is afgodsoffer – moet dit dan nie eet nie, ter wille van hom wat dit te kenne gegee het, en ter wille van die gewete” (1 Kor. 10:28).

Die Halaal teken dui aan dat die voedsel aan Allah opgedra is. Moslem priesters wat teenwoordig is waar sulke voedsel voorberei word, roep uit: “Allah is God en daar is geen ander nie!” Hierna kan die produkte met die Halaal-teken gemerk en bemark word. Dit is nie bekend hoe algemeen hierdie gebruik van ritualisering is nie. Die uitdrukking Halaal beteken dat iets volgens sharia-wette Toelaatbaar is. Die simbool van die sekelmaan en ster, saam met die woord Halaal, word gebruik om aan te toon dat: (a) in die geval van vleis, die diere op ‘n voorgeskrewe manier geslag is; (b) die afwesigheid van alkohol in die produk; en (c) die afwesigheid van enige bestanddele van varke in die produk.

Vervaardigers moet ‘n fooi aan die Halaal-sertifiseringsliggame betaal vir die reg om hulle produkte Halaal te merk. Hierdie koste word duidelik by die prys van die produkte ingesluit en dus deur die verbruikers betaal. Omdat die Halaal-liggame die verspreiding van Islam ondersteun, kom hierdie gebruik op die godsdienstige uitbuiting van die aanhangers van ander gelowe neer indien hulle gedwing word om weens ‘n gebrek aan alternatiewe produkte sulke kos te koop. Selfs nie eers die voedselmark word deur Islam oorgeslaan as ‘n terrein waarop hulle hul invloed laat geld om miljoene onkundige mense te dwing om aan Islam se godsdienstige wette te voldoen en dus in hulle invloedsfeer te beland nie.

In Februarie 2007 is die Concerned Christian Council (CCC) in Suid-Afrika onder die voorsitterskap van Tony Naidoo van Durban gestig, ten einde verskynsels soos die godsdienstige uitbuiting van die publiek te ondersoek. In hulle konsep-konstitusie sę hulle onder meer: “Daar is baie gebruike wat deur die samelewing goedgekeur of verdra word, maar wat met die morele en godsdienstige oortuigings van sekere sektore van die samelewing in botsing is. Voorbeelde van sulke gebruike sluit aborsie, homoseksuele huwelike, prostitusie en godsdienstige uitbuiting in... Daar is baie produkte in die Suid-Afrikaanse mark wat nie aan Christelike standaarde voldoen nie en dus nie vir gebruik deur Christene geskik is nie.” Een van hulle doelstellings is om sulke uitbuiting teë te staan, omdat dit onder meer na die gedwonge ondersteuning van Islam deur oningeligte lede van die samelewing lei (vir meer inligting, besoek CCC se webblad by www.concernedchristiancouncil.com)

Die intensifisering van misleiding

Geestelike misleiding is een van die belangrike tekens van die eindtyd. Op ‘n vraag van die dissipels: “Wat is die teken van u koms en van die voleinding van die węreld?” het Jesus onder meer gesę: “Pas op dat niemand julle mislei nie... [want] baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei” (Matt. 24:3-4,11). Ons moet op ons hoede vir vervalsings van God se Woord wees. Johannes sę: “Geliefdes, glo nie elke gees nie, maar stel die geeste op die proef of hulle uit God is, want baie valse profete het in die węreld uitgegaan” (1 Joh. 4:1). Die boodskappe van predikers en “profete” moet getoets word deur dit met die Skrif te vergelyk. As dit in stryd met Bybelse beginsels is, moet dit verwerp word.

Die “Jesus” wat deur Islam verkondig word, is nie die Jesus van die Bybel nie. Islam se Jesus is nie God nie en word slegs as die seun van Maria, die slaaf van Allah en ‘n geestelike “broer” van Mohammed beskryf. Die verkondiging van ‘n valse Jesus word onder die leiding van ‘n valse gees gedoen wat van Satan af uitgaan (2 Kor. 11:4,13-15). Johannes sę dat diegene wat ontken dat Jesus die Christus is, leuenaars is (1 Joh. 2:22).

Laat ons aanhou om die Bybelse waarheid te verkondig. Jesus Christus, die Seun van God, is die Waarheid: “As die Seun julle dan vrygemaak het, sal julle waarlik vry wees” (Joh. 8:36).

Die eindtydse ryk van die Antichris

Daar is aanduidings in die Bybel dat Islam se huidige opmars na węreldoorheersing na ‘n belangrike rol gaan lei wat hulle in die toekomstige węreldryk van die Antichris sal speel. Daniël 11:5-35 beskryf die historiese stryd tussen die koning van die Noorde (Sirië) en die koning van die Suide (Egipte). Die Siriese provinsie waarna hier verwys word, sluit die huidige, Moslem oorheerste Sirië en Irak in. In vroeëre tydperke van die geskiedenis was hierdie gebied as Assirië en Babilonië bekend. Die koning van die Noorde, wat ook die tempel ontheilig en die daaglikse offers afgeskaf het (Dan. 11:31), was ‘n tipe van die toekomstige Antichris.

Daniël 11:36-45 is ‘n profetiese beskrywing van die eindtydse koning van die Noorde (die Antichris of valse messias). Hy sal ook uit die gebied ten noorde of noordooste van Israel kom. In sy afkoms sal hy verbintenisse met sowel die Jode as die Arabiere hę en homself as hulle gemeenskaplike messias voordoen. Hy sal waarskynlik ‘n Joodse pa hę omdat Daniël 11:37-38 sę dat hy nie op die gode (eerder God) van sy vaders sal ag slaan nie, maar in sy plek die god van vestings sal vereer. Dit is ‘n vreemde god wat sy volgelinge leer om oorloë te voer en vestings in te neem. Dit is duidelik dat daar ‘n finale keuse gemaak sal moet word tussen die Drie-enige God van die Bybel en die vreemde god van die Koran wat ten gunste van oorloë is om sy koninkryk uit te brei.

Proff. John Walvoord en Roy Zuck sę die volgende in hulle Bible Knowledge Commentary (bl. 1371) oor Daniël 11:36-39:

“Hierdie komende koning... sal ook op die godsdienstige terrein absolute mag vir homself opeis, hom bo alle gode te verhef, lasterlik teen die God van die gode spreek en Hom verloën... ‘Hy sal woorde spreek teen die Allerhoogste’ (Dan. 7:25). Die tydperk van hierdie koning se regering is deur God bepaal. Hy sal gedurende die tyd van grimmigheid (die groot verdrukking) as węreldleier voorspoedig wees. As gevolg van die verwysing na die God van sy vaders is sommige mense van mening dat hierdie koning ‘n Jood sal wees, omdat die Ou Testament dikwels die uitdrukking ‘die God van jou vaders’ gebruik om na die God van Abraham, Isak en Jakob te verwys... Die feit dat hy nie op die God van sy vaders sal ag slaan nie, beteken dat hierdie leier ter wille van absolute godsdienstige gesag geen respek vir sy godsdienstige erfenis sal hę nie. Hy sal alle georganiseerde godsdiens afskaf en homself as die enigste voorwerp van aanbidding aanbied... Die Antichris sal die god van vestings vereer, wat beteken dat hy militęre geweld sal bevorder... Die god wat sy vaders nie geken het nie, wat ook aan hom krag sal verleen, sal waarskynlik Satan wees (vgl. Op. 13:2). Hoewel hierdie koning aan die bewind sal kom deur ‘n vredesverbond met Israel te sluit (Dan. 9:27), sal hy nie huiwer om militęre mag te gebruik om sy heerskappy uit te brei nie.”

Daniël bevestig die feit dat hierdie eindtydse koning van die Noorde met groot geweld sal toeslaan wanneer mense hom teëstaan: “Hy sal met groot woede uittrek om baie mense te verdelg en met die banvloek te tref. En hy sal sy paleistente opslaan tussen die see (in Hebreeus is dit in die meervoud geskryf, m.a.w. seë) en die berg van die heilige Prag; maar hy sal aan sy einde kom, en daar sal vir hom geen helper wees nie” (Dan. 11:44-45). Walvoord & Zuck (op. cit., bl. 1372) sę: “Hy sal Israel beleër en sy koninklike tente tussen die Dooie See en die Middellandse See by die heilige berg opslaan – waarskynlik in Jerusalem. Omdat die Antichris sal voorgee om Christus te wees, sal hy sy hoofkwartier in Jerusalem oprig, dieselfde stad van waar Christus die węreld in die Millennium sal regeer (Sag. 14:4,17)... God sal hierdie tiran se koninkryk tydens die sigbare verskyning van Jesus Christus op aarde verdelg (Op. 19:19-20).”

‘n Bose leier sal spoedig uit die hart van die Moslem-węreld na vore kom en vinnige opgang na ‘n posisie van węreldleierskap maak. Hy sal voorgee om die Christus vir alle gelowe te wees, maar godslasteringe teen God en die heiliges uitspreek (Op. 13:5-6). Dit sal vir hom ‘n baie slegte dag wees wanneer die ware Christus kom, omdat hy en sy volgelinge dan self sal ervaar wat die verskriklike gevolge van oorlogvoering teen God is: “En ek het die dier [die Antichris] en die konings van die aarde en hulle leërs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit [Christus], en teen sy leër. En die dier is gevange geneem, en saam met hom die valse profeet wat die tekens in sy teenwoordigheid gedoen het, waarmee hy húlle verlei het wat die merk van die dier ontvang en sy beeld aanbid het. Lewend is die twee gewerp in die vuurpoel wat met swawel brand. En die ander is gedood met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit; en al die voëls is versadig van hulle vlees” (Op. 19:19-21).

‘n Werklike “heilige oorlog” sal plaasvind wanneer God sy toorn oor ‘n onbekeerlike mensdom uitstort omdat hulle die reddende genade wat sy eniggebore Seun vir eeue en millennia lank aan hulle gebied het, geminag en verwerp het. Sulke mense, wat hardkoppig geweier het om gered te word, laat aan die Here geen keuse as om hulle te veroordeel nie. Die vyande van Jesus Christus en sy koninkryk, van sy volk Israel en die stad Jerusalem wat Hy verkies het (vgl. 1 Kon. 11:36), sal versamel en in ‘n “heilige oorlog” verdelg word (Sag. 14:2-3,12-13). Hulle sal agterkom dat dit vreeslik is om te val in die hande van die lewende God (Heb. 10:31).

Alle ander oorloë (behalwe uit selfverdediging) is onheilig omdat hulle deur sterflike mense gevoer word wat deur begeerlikheid, haat en wraaksugtigheid aangedryf word, asook deur onbeteuelde magsug om hulle eie koninkryke tot aan die einde van die aarde uit te brei.

Messiaanse verwagtings

In ‘n artikel, The Generation of the Messiah, wys Jack Kinsella van die Omega Letter van 03.12.06 daarop dat al drie monoteďstiese gelowe – die Christendom, Judaďsme en Islam – in hierdie geslag nog die koms van die Messias verwag. Die Messias sal vrede op aarde bring nadat Hy aanvanklik in ‘n oorlog sy vyande verdelg het.

Christene verwag dat die Messias sy bruidsgemeente sal kom haal (Joh. 14:2-3), waarna die valse messias (die Antichris) geopenbaar sal word en vir sewe jaar tydens die verdrukking oor die aarde sal regeer. Daarna kom die Messias met sy heiliges terug om die Antichris en sy gevolg te oordeel en dan die beloofde vrederyk op aarde te vestig.

Jode verwag dat die Messias sal kom om die ongelowiges saam met al Israel se vyande te straf, die troon van Dawid in Jerusalem te herstel, en dan die węreld uit Israel te regeer. Hy sal die tempel herbou en die wet van Moses op die hele węreld van toepassing maak.

Moslems glo dat die Imam Mahdi as węreldmessias sal kom om sy vyande, naamlik die Jode, Christene en alle ander ongelowiges, te verdelg. Hy sal ‘n węreldwye Moslemstaat stig waarin daar vrede en geregtigheid sal heers. Daar word geglo dat Jesus saam met die Mahdi sal optree om die hele węreld te Islamiseer. Hulle beskou Jesus as ‘n geestelike metgesel van Mohammed.

Die rol van Iran

Iran speel ‘n groot rol om die weg vir die verskyning van die Sjiďtiese Imam Mahdi voor te berei. Volgens die webblad van die Islamitiese Republiek van Iran se Uitsaaikorporasie sal die Mahdi binnekort sy triomfantelike verskyning by die Ka’aba in Mekka maak. Hy sal dadelik ‘n weermag op die been bring en Islam se vyande in ‘n reeks apokaliptiese veldslae vernietig. Een van sy heel grootste oorwinnings sal teen die Sionistiese vyand en sy bondgenote in Jerusalem wees.

Die Imam sal tot in Irak optrek en sy hoofkwartier in Kufa inrig, wat naby Babilon is. Die webblad berig ook dat die profeet Jesus, die seun van Maria, saam met die Mahdi sal verskyn en met hom sal saamwerk om onderdrukking in die węreld uit te roei en geregtigheid te laat seëvier. Daaglikse gebede word in Iran opgesę dat Allah die koms van die Mahdi sal verhaas.

Iran is ook besig om homself tot die tande toe te bewapen, want hulle wil ‘n groot rol in die vorming van die Mahdi se leër speel waarmee hy al sy vyande wil onderwerp. Iran, met sy bevolking van 70 miljoen, het ‘n groot Islamitiese Revolusionęre Wag wat baie goed opgelei is en oor moderne wapentuig beskik. Dit is ‘n spesiale eenheid bo en behalwe die land se weermag. Met hulle gevorderde missiele kan hulle presisie aanvalle doen en feitlik enige teiken in die Midde-Ooste vernietig. Hierdie eenheid sal tot die Imam Mahdi se beskikking gestel word om sy oorloë te voer.

Siening van die Soenniete

Die grootste groepering in Islam is die Soenniete. Hulle verkondig nie die koms van die Sjiďete se 12de Imam nie, maar die koms van die sg. Moslem profeet Jesus, die seun van Maria. Volgens Soennie bronne is hy ‘n volgeling van Allah se laaste boodskapper, Mohammed. Hy sal die mensdom volgens die wet van die Koran en die Soenna oordeel, die evangelie van die kruis en die idee van die Drie-eenheid uitroei, en die verkoop en eet van varkvleis węreldwyd verbied. Hy sal verkondig dat hy ‘n slaaf van Allah en ‘n navolger van sy broeder, Mohammed, is. Hy sal in oorloë al die vyande van Islam doodmaak, asook die Christene wat die kruis vereer.

Volgens die Bybel is dit absoluut duidelik dat die Moslems die Antichris as hulle verlosser verwag. Dit is verbasend dat hulle gereed is om ‘n groot profeet met die naam Jesus of die Christus te aanvaar, want die Antichris sal homself juis as die universele Jesus van alle gelowe voordoen. Hy sal inderdaad die Drie-enige God verwerp en teen die Christene wat hulleself op die kruis beroem, oorlog voer: “Hy het sy mond oopgemaak om te laster teen God... Dit is ook aan hom gegee om oorlog te voer teen die heiliges en hulle te oorwin, en aan hom is mag gegee oor elke stam en taal en nasie” (Op. 13:5-7). Nadat hy die węreld 3˝ jaar lank mislei het om in ‘n valse vrede en eenheid te glo (Dan. 9:27), sal hy vir die oorblywende 3˝ jaar lank ‘n militęre skrikbewind voer (Op. 13:5). Sy einde sal vinnig en skielik kom wanneer die ware Christus terugkom aarde toe en sy voete op die Olyfberg sit (Sag. 14:4-5; Op. 19:19-20). Ons is op die drumpel van die groot konfrontasie tussen die ware Christus en die valse christus.