Geestelike Fondamente Word Omgegooi

Johan Malan, Mosselbaai (April 2014)

In Psalm 11 beskryf koning Dawid ín tyd wanneer goddelose mense alle Bybelse standaarde sal verwerp en op ín gewelddadige wyse beheer oor die samelewing sal verkry. Die Here sal egter ingryp om die regverdiges uit te red en die beoefenaars van goddeloosheid te straf: ďAs die fondamente omgegooi word, wat kan die regverdige doen? Die Here is in sy heilige paleis; die troon van die Here is in die hemel; sy oŽ sien, sy ooglede toets die mensekinders. Die Here toets die regverdige; maar sy siel haat die goddelose en die wat geweld liefhet. Hy sal op die goddelose vangnette, vuur en swawel laat reŽn; en ín gloeiende wind sal die deel van hulle beker wees. Want die Here is regverdig; Hy het geregtighede lief; die opregtes sal sy aangesig sienĒ (Ps. 11:3-7).

Hierdie situasie het in Ou-Testamentiese tye op ín beperkte skaal plaasgevind, maar kom in die laaste dae oor die hele wÍreld voor. Volgens die beskrywing in Psalm 11 sal die regverdiges getoets en gelouter word terwyl die fondamente van geregtigheid, Godvresendheid en ordelike regering omver gewerp word. Daarna sal die regverdiges uitgered word na ín plek waar hulle die aangesig van die Here sal sien. Wanneer dit gebeur, sal die goddeloses in die groot verdrukking geoordeel word.

Die einde van die kerkbedeling word gekenmerk deur radikale veranderings van hierdie aard. Die fondamente van die Christelike beskawing word omgegooi sodat daar ín vervalproses kan plaasvind wat die weg sal baan na ín antichristelike nuwe wÍreldorde. In Psalm 2 sÍ Dawid: ďDie konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!Ē (Ps. 2:2-3).

Die gevolg van hierdie rebellie teen die koninkryk van die hemel is dat God se oppergesag verwerp word, en daarmee saam ook die gesag van sy Woord en die beloofde vrederyk onder die koningskap van sy Seun. Die grense wat die Here tussen soewereine nasies gestel het (Hand. 17:26), word van minder betekenis gemaak sodat ruimte geskep kan word vir ín oorkoepelende wÍreldregering wat die finale gesag oor alle volke sal hÍ. Die Antichris sal volgens die Bybel beheer verkry oor die toekomstige wÍreldregering, daarom sal hy mag hÍ oor elke nasie op aarde. Hy sal alle mense dwing om hom alleen te aanbid en nie die ware God te vereer nie (Op 13:1-18).

Ons is tans in ín situasie waar die fondamente van die Christelike beskawing besig is om te val terwyl die goddeloses hulle antichristelike hervormings instel. Vir ons is dit ín tyd van toetsing sodat daar bepaal kan word wie te midde van al die veranderings by hulle beginsels en geloofsoortuigings sal bly. Op ín gegewe oomblik gedurende die eindtydse verval sal die Here die opregtes kom haal sodat hulle sy aangesig kan sien. Die goddeloses sal egter gestraf word in die groot verdrukking wat daarna sal volg.

In die huidige tyd van toetsing voor die aanbreek van Goddelike oordele, moet ware kinders van die Here nie passief wees nie maar as teŽhouers optree teen die opmars van die Antichris. Hoewel hulle nie die bose hervormings sal kan keer nie, moet hulle ten minste sorg dat hulle nie self deel daarvan word nie. Ons is nou in die tyd waarin die Here skeiding bring tussen ware gelowiges en vormgodsdienstiges: ďHy sal sy dorsvloer [die kerk op aarde] deur en deur skoonmaak en sy koring saambring in sy skuur [die wegvoering van die gelowiges] maar die kaf [die goddeloses in die groot verdrukking] met onuitbluslike vuur verbrandĒ (Luk. 3:17).

In hierdie artikel val die soeklig nie op die val van staatkundige, morele en ekonomiese fondamente nie, maar slegs op geestelike fondamente waarop die ware Christelike geloof gebou is. Die Bybelse Christendom is ín struikelblok op die weg van antichristelike hervormings omdat dit nie inklusief is en ruimte skep vir ander gelowe en lewenswyses nie. Dit staan dus in die weg van die verskyning van ín gemeenskaplike, multigodsdienstige messias wat die wÍreld onder sy vaandel van globalisme wil verenig. As gevolg hiervan is daar die afgelope paar dekades reeds ín groeiende beweging aan die gang om die fondamente van die Christelike geloof te ondermyn en omver te werp.

In elke land neem die transformasieproses ín eiesoortige vorm aan, afhangend van die aard van kerke en Christelike instellings in daardie land. Die volgende vyf Christelike fondamente word egter almal geteiken, en in die oorsig hieronder sal aangetoon word hoedat sommige of almal van hulle al in baie van die kerke en kweekskole in Suid-Afrika geval het.

1. Verwerping van die chiliastiese vertolking van Bybelse profesieŽ

Een van die fondamente van die evangeliese Christendom is geloof in die Bybel as die geÔnspireerde en foutlose Woord van God. Die Bybel word letterlik, grammaties-histories vertolk, en in hierdie verklaringswyse het selfs beeldspraak ín letterlike teŽbeeld, soos bv. die dier in Openbaring wat op die Antichris dui, die draak wat na Satan verwys, en die Lam van God wat ín beskrywing van Jesus Christus is. Die Bybel word dus nie deur middel van vergeesteliking en allegorisering van sy basiese betekenis ontneem nie.

Wanneer mense egter wel begin om ander betekenisse in die Bybel in te lees, is die letterlike vervulling van profesieŽ die eerste fondament wat val. VergeestelikingsteoloŽ glo nie dat daar nŠ Christus se wederkoms ín letterlike duisendjarige vrederyk op aarde sal aanbreek nie. Hulle is dus nie, volgens ín beskrywing wat afgelei is van die Griekse woord vir duisend, ďchiliasteĒ nie (ín sinoniem vir hierdie term is ďmillennialisteĒ, wat van ín ooreenstemmende Latynse woord vir ín duisend afgelei is). Chiliaste glo dat Christus voor die duisendjarige ryk sal terugkeer en dat ons dus nie nou in die millennium, of vrederyk, is nie; daarom word hulle verder as premillennialiste gekwalifiseer.

Antichiliaste glo egter dat ons nou in ín geestelike sin in die duisendjarige vrederyk leef en dat die duiwel volgens Openbaring 20:1-3 reeds in ín put gebind is. Op grond hiervan verhef hulle die status van die kerk deur koninkryksmagte daaraan toe te skryf. Hulle gebruik aksies soos die ekumeniese beweging en die transformasiebeweging om die kerk se mag en invloed kunsmatig te probeer verhoog sodat ampsdraers soos konings en vredevorste kan regeer. Hulle neem dus nie profesieŽ oor groot geestelike verval in die laaste dae in ag nie, omdat afvalligheid nie inpas by hulle scenario van ín roemryke toekoms nie.

Die verwerping van die letterlike vervulling van Bybelse profesieŽ beteken ook dat antichiliaste nie in die fisiese herstel van Israel glo nie omdat hulle hulself as die geestelike Israel van die Nuwe Testament sien (vervangingsteologie). In die gees van hierdie subjektiewe benadering tot die Bybel glo hulle nie in ín wegraping en ín persoonlike Antichris wat gedurende die verdrukking van sewe jaar oor die aarde sal regeer nie Ė ook nie in die oordele van God wat in hierdie tyd oor die aarde uitgestort sal word en op die slag van Armagťddon sal uitloop nie. Hierdie eindtydse profesieŽ word ůf vergeestelik ůf na historiese tye verplaas (preterisme) en bv. toegepas op die skrikbewind van die Romeinse keiser Nero in die eerste eeu na Christus.

Die verwerping van die chiliastiese vertolking van Bybelse profesieŽ het geweldige implikasies vir die Skrifbeskouing en Skrifgesag in die kerk gehad. Die val van hierdie fondament van die Christelike geloof het ook die val van verdere fondamente in die hand gewerk, omdat die vergeesteliking, verandering of ontkenning van Bybelse uitsprake nie net by veranderde denke oor Bybelse profesieŽ gebly het nie. Spoedig sou verskeie ander Bybelse stellings vergeestelik en metafories verklaar word, en sou daar wegbeweeg word van letterlike begrippe soos die hemel, die hel en die duiwel Ė en selfs die maagdelike geboorte en Godheid van die Here Jesus. Die Bybel self sou sy integriteit as ín outentieke openbaring van God aan die mens verloor, en uiteindelik sou hierdie aangepaste en hervertolkte vorm van die Christendom ín leŽ leerstelling sonder enige geestelike inhoud word.

Wanneer daar ín sluier oor Bybelse profesieŽ getrek word deur hulle primÍre betekenis te ontken, is die pad oop om ook op ander terreine ín afwaartse aanpassing van Bybelse standaarde te doen. Op hierdie manier gun die mens aan homself meer vryheid om sy eie sienings op die Bybel af te dwing, van onaangename werklikhede af weg te kom, ín makliker manier van verlossing te bedink, ín meer verdraagsame houding teenoor sonde in te neem, en daardeur effektief die smal pad van die Here by die breŽ pad van sonde te laat aansluit. Sodoende bou die selfregverdigende mens aan sy eie koninkryk en strek homself nie uit na die toekomstige koninkryk van Christus wat nŠ sy wederkoms geopenbaar sal word nie.

Daar was op geestelike gebied beter tye in Suid-Afrika toe die fondament van die chiliastiese vertolking van Bybelse profesieŽ ten volle in die gereformeerde teologie in ere gehou is. Die stigters van die kweekskool op Stellenbosch was almal chiliaste. Een van hulle studente, dr. D.R. Snyman, ín voormalige NG predikant in Stellenbosch, was ín baie bekende chiliastiese skrywer wat onder andere in 1940 die boek ďDie Komende Christus en die Komende KrisisĒ gepubliseer het. Hierin word die tekens van die tye, die herstel van Israel, die wegraping, die verskyning van die Antichris en die duisendjarige vrederyk nŠ die wederkoms van Christus beskryf. In die voorwoord van sy boek skryf dr. Snyman: ďOns dink met dankbaarheid terug aan die ondersoek van die profesieŽ deur manne soos wyle prof. N.J. Hofmeyr, ds. G.W.A. van der Lingen, ds. S.J. du Toit [die vader van Totius], prof. C.F.J. Muller en prof. J.I. Marais. Laasgenoemde het hom in sy latere jare in die besonder op die bestudering van die profesieŽ toegelÍ.Ē

Na aanleiding van ín gesprek met Jaco Scholtz van Durbanville, wat in Desember 2013 ín M.Th.-graad in teologie aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf het, blyk dit dat die kweekskool in Stellenbosch gedurende die eerste 75 jaar van sy bestaan ín sterk verbintenis tot chiliasme gehad, en ín groot rol gespeel het om hierdie leerstelling oor die eskatologie in Suid-Afrika te vestig. Hy wys daarop dat prof. J.I. Marais van 1877 tot 1919 ín dosent aan hierdie kweekskool was. In die Gereformeerde Maandblad van September 1917 het Marais gesÍ: ďDit is duidelik dat die wederkoms van Christus voor die duisendjarige ryk die gangbare mening was van die kerk deur die eeue heen.Ē

Dr. J.D. Kestell, ín uitgesproke chilias wat vir drie opeenvolgende termyne moderator van die Vrystaatse sinode van die NG Kerk was, asook een van die vertalers van die eerste Afrikaanse Bybel, het in 1919 as redakteur van Die Kerkbode voorgestel dat ín aparte tydskrif oor die vervulling van Bybelse profesieŽ uitgegee word. Hierdie chiliastiese tydskrif, ďZiet Hij KomtĒ (Kyk, Hy Kom) het sedert 1920 gereeld verskyn. Die redakteur daarvan gedurende die eerste 20 jaar tot in 1940, was ds. A.G. du Toit van Kaapstad. Dr. D.R. Snyman was vir die volgende 9 jaar tot in 1949 die redakteur. ín Groot aantal predikante en sendelinge van die NG Kerk was intekenare van hierdie tydskrif. Verskeie artikels uit die Nederlandse chiliastiese tydskrif, ďHet ZoeklichtĒ, het ook hierin verskyn.

In die tydperk nŠ die Tweede WÍreldoorlog het teologiese denke egter met rasse skrede in Suid-Afrika begin verander. Die histories-kritiese metode van Skrifuitleg het aan Europese Universiteite gevestig geraak, spesifiek ook aan die Vrye Universiteit in Amsterdam. Suid-Afrikaanse teoloŽ wat vir nagraadse studies na Europa toe is, veral na universiteite in Nederland, BelgiŽ en Duitsland, het hierdie nuwe benadering na Suid-Afrika oorgedra.

Die histories-kritiese benadering is geskoei op menslike denke en voortvloeiend uit ín wetenskaplike wÍreldbeskouing. As sodanig is dit skepties oor bonatuurlike verskynsels soos die skeppingsverhaal, die sondvloed en baie ander wonderwerke wat in die Bybel beskryf word. Diegene wat hierdie benadering huldig, is ook afsydig teenoor die letterlike vervulling van Bybelse profesieŽ, omdat dit volgens hulle menslik onmoontlik is om eeue voor die tyd foutlose profesieŽ aan te kondig. Op grond hiervan betwyfel hulle die outeurskap en datum van profetiese boeke soos DaniŽl. Hierdie kritici verklaar ín eskatologiese boek soos Openbaring in sy eerste eeuse historiese konteks, en ontken dus die futuristiese vervulling daarvan.

Soos wat die nuwe, antichiliastiese benadering teen die middel van die 20ste eeu in Suid-Afrika veld begin wen het, is chiliasme toenemend uit teologiese leerplanne oor die eskatologie weggelaat, en was daar ook gou al hoe minder predikante wat bereid was om daaroor te preek. Die keerpunt het op die NG Kerk se algemene sinode van 1962 gekom toe ín voorlegging van dr. J.A. Heyns ten gunste van antichiliasme aanvaar is. In daardie jaar het die fondament van die chiliastiese vertolking van Bybelse profesieŽ amptelik in die NG Kerk geval, en sou hierdie teologiese wending in 1963 bevestig word deur die NG Kerk Uitgewers se publikasie van dr. Heyns se boek, ďDie chiliasme of duisendjarige rykĒ. Dit het aansluiting gevind by boeke uit Europa, waarin daar onder andere sterk teenkanting uitgespreek is teen profesieŽ oor die letterlike herstel van Israel in hulle eie land as ín voorspel tot die duisendjarige vrederyk.

Hierdie ongelukkige koersaanpassing het ín donker tyd van groter teologiese verval in die NG Kerk ingelui, omdat die vergeesteliking en allegorisering van ander Skrifgedeeltes na die verdere wegbeweeg vanaf Bybelse waarhede gelei het. In die res van die 20ste eeu sou nog meer van die basiese fondamente van die Christelike geloof verloŽn word, en sodoende die Bybel van baie van sy geestelike betekenis ontneem.

Ten spyte van al die veranderings was daar nog altyd ín paar manne wat nie by die omverwerping van beskouings oor die profetiese woord betrokke was nie. Een daarvan was ds. W.H.M. Oosthuizen wat in 1963 ín boek gepubliseer het onder die titel: ďDie wegname van die gemeenteĒ. Op bl. 84 sÍ hy: ďDie verwerping van die leer van ín wegname vůůr die Verdrukking hang ook baie nou saam met die verwerping van die leer aangaande ín toekomstige Vrederyk op aarde. Die opvatting, naamlik dat ons tans reeds in die Vrederyk lewe, terwyl die Satan ook reeds gebonde is sedert die kruisiging, kan ons nie aanvaar nie, want dit is duidelik in stryd met die uitsprake van Openbaring 20. Hierdie onderwerp is meer breedvoerig deur die skrywer behandel in ín ander werk met die titel: As die Seun van die Mens Kom. In laasgenoemde werk het ons ook reeds aangetoon dat vele Gereformeerde teoloŽ tans ín onhoudbare middeweg inslaan met betrekking tot Israel en die Vrederyk, deurdat ín herstel van Israel aanvaar word, dog sonder om daarmee ook die Vrederyk te aanvaar. Treffend skrywe dr. H. Berkhof in hierdie verband: ĎBeide onderwerpen hangen samen en wel zo, dat het herstel van Israel onze gedachten naar een komend vrederijk leidtí (Christus de Zin der Geschiedenis, bl. 144).Ē

Preke en boeke van hierdie aard het egter spoedig ín rare verskynsel in die gereformeerde kerke geword, met die uitsondering van die Evangelies-Gereformeerde Kerk wat steeds amptelik die chiliastiese standpunt huldig. ín Hele nuwe geslag van antichiliastiese predikante is sedert 1962 deur die drie groot gereformeerde kerke opgelei, met die gevolg dat boodskappe oor die herstel van Israel, die eerste fase van Christus se wederkoms tydens die wegraping, die verskyning van ín persoonlike Antichris, die verloop van die sewe jaar lange verdrukking, en die herstel van die troon van Dawid in Jerusalem nŠ die premillennialistiese verskyning van Christus op die Olyfberg, as vreemde en onbybelse spekulasie beskou word Ė selfs as sektaries Ė terwyl dit deel van ín Skrifgetroue teologiese beskouing is wat oor baie jare heen deur die NG Kerk self in Suid-Afrika gevestig is!

Dit is inderdaad ironies dat die kerk wat so ín groot rol gespeel het om chiliastiese eskatologie in Suid-Afrika te vestig, die leiding geneem het om hierdie leerstelling in onguns te bring en te probeer uitroei. Die rede vir hierdie wending van sake is nie moeilik om te vind nie. Soos vroeŽr reeds aangetoon, is die praktiese implikasies van die nuwe, kritiese beskouings oor teologie dat die Bybel aan die gesag en oordeel van teoloŽ onderwerp word wat hulleself die vryheid veroorloof om dit uit te lÍ en toe te pas volgens hulle eie oordeel. Hulle aanvaar of verwerp Bybelse stellings net soos hulle wil, omdat hulle hulself nie meer onvoorwaardelik aan die gesag van die Skrif onderwerp nie.

2. Die verwerping van heiligmaking as ín verdere genadewerk

Die volgende Christelike fondament wat in die vervalproses verwerp word, is die Bybelse leer oor heiligmaking. Daar word nie meer ín duidelike onderskeid getref tussen die begrippe van regverdigmaking en heiligmaking nie, omdat ín lewe van selfkruisiging, vervulling met die Heilige Gees, en die handhawing van streng morele standaarde, nie aanvaarbaar is vir die moderne, selfgesentreerde mens wat vry wil wees om uiting te gee aan al sy begeerlikhede nie.

Die Here wil egter nie hÍ dat ons in die babaskoene van ons geloofslewe vasgevang moet bly nie, daarom Jesus se opdrag aan sy dissipels om eers met die Heilige Gees vervul te word voordat hulle uitvoering aan die Groot Opdrag van evangelisasie begin gee (Luk. 24:46-49; Hand. 1:8). Christene in die verskillende gemeentes het die ewe belangrike opdrag gekry om met die Heilige Gees vervul te word (Ef. 5:18), deur die Gees te wandel (Gal. 5:16), reinheid en heiligheid in hulle persoonlike lewe na te streef (1 Thess. 4:3, 7), hulleself van alle vleeslike ťn geestelike besoedeling te reinig (2 Kor. 7:1), ten nouste met die kruis van Christus te identifiseer (Gal. 6:14), die oue mens van vleeslikheid af te lÍ (Luk. 9:23; Ef. 4:22-24; Kol. 3:8-10), en tot geestelike volwassenheid op te groei (Ef. 4:13-14).

Deur duidelike boodskappe oor heiligmaking word halfhartige, lou, biddelose en wÍreldgesinde Christene wat in baie gevalle nog slawe van sekere sondes is, tot hoŽr vlakke van toewyding aan die Here opgeroep. As hulle nie hieraan gehoor gee nie, beperk hulle hulself tot ín geestelik onvrugbare lewe van vleeslikheid (1 Kor. 3:1-3), wat tot gevolg het dat hulle glad nie getuies van Christus kan wees nie (Heb. 5:12-14) omdat hulle in ín geestelike skaakmatposisie vasgevang bly: ďWant die vlees begeer teen die Gees, en die Gees teen die vlees; en hulle staan teenoor mekaar, sodat julle nie kan doen wat julle wil nieĒ (Gal. 5:17).

Heiligmaking was die belangrike boodskap in herlewingstye, want herlewing dui op nuwe lewe waar daar reeds lewe is. Bekeringsprediking is opgevolg deur prediking oor heiligmaking, en dit het ín geweldige verskil in gelowiges se lewens gemaak. In Suid-Afrika was daar in die laat 19de eeu en vroeŽ 20ste eeu ook herlewing onder die prediking van persone soos Andrew Murray. Die meeste van sy boeke en preke handel oor die onderwerp van heiligmaking. Die kerk in Suid-Afrika behoort dus te weet wat die waarde is van lidmate wat met die Heilige Gees vervul is. Die vroeŽ kerk het na sulke manne gesoek om hulle as ampsdraers in die gemeentes aan te stel (Hand. 6:3). Word hierdie standaard nog gehandhaaf?

Die fondament van heiligmaking is tot ín groot mate deur die leidende kerke in Suid-Afrika verwerp. Regverdigmaking en heiligmaking word as ín enkele pakket aan alle gelowiges toegeskryf, ongeag of hulle lewens daarvan getuig of nie. Heiligmaking as ín tweede genadewerk word as ďmetodismeĒ verwerp (verwysend na John Wesley se beskouings hieroor), met die gevolg dat Andrew Murray se boeke ook verwerp word en al hoe minder herdruk word. Daar was selfs predikante wat van die hele stel boeke deur Murray ontslae geraak het deur dit verniet weg te gee aan enigeen wat dit wou hÍ.

Wanneer die fondamente van chiliasme en heiligmaking omgegooi is, bly daar al hoe minder Christelike leerstellings oor om oor te preek. So ín situasie heers vir ín geruime tyd al in gemeentes waar bekering wel nog verkondig word, maar waar heiligmaking nie beklemtoon en Bybelse profesieŽ ook nie verkondig word nie. Onder hierdie omstandighede het Christene nie ín duidelike toekomsverwagting nie en ook nie die krag of motivering om teen sonde, vleeslikheid en wÍreldgesindheid te kan oorwin nie. Geen wonder nie dat baie lidmate, veral die jeug, hulle belangstelling in die kerk verloor en dan dikwels nog verder van die waarheid af wegdryf.

Dit is verblydend indien bekering en wedergeboorte nog verkondig word, maar as dit nie op ín duidelike en oortuigende wyse deur heiligheidsprediking opgevolg word nie, sal daar geen geestelike groei plaasvind nie. ín Bediening van hierdie aard lewer nie standhoudende resultate op nie, selfs nie al word duisende mense tydens massabyeenkomste gelyktydig tot bekering opgeroep nie. Indien hulle nie in ín lewe van heiligmaking bevestig word nie, sal daar geen groei na geestelike volwassenheid plaasvind nie.

3. Die verwerping van die eis van wedergeboorte

In gemeentes waar die profetiese woord in die Bybel geen gewig dra nie, en waar die opdrag tot heiligmaking nie ernstig opgeneem en verkondig word nie, word daar ín gunstige teelaarde geskep vir die val van die volgende Christelike fondament, naamlik die opdrag om tot bekering te kom en weergebore te word. Dit is presies wat vandag besig is om op groot skaal te gebeur.

In talle gemeentes word valse fondamente aan mense gebied waarop hulle hul saligheid baseer. Dit wissel van ín goeie lewe af tot doop, aanneming, kerklidmaatskap en die gee van tiendes. Die misleidende aanname word gemaak dat alle uitverkorenes sedert hulle geboorte op pad is hemel toe, en dus nie nodig het om in ín bewustelike stap uit die duisternis van verlorenheid tot die wonderbare lig van Christus se verlossing oor te kom nie. Hulle moet net by ín kerkdenominasie ingelyf word deur ritualisering, wat hulle na bewering deel sal maak van die liggaam van Christus (bv. die leer van doopsaligheid).

Wanneer hierdie toestand intree, verval ín gemeente na die vlak van ín geestelik inhoudlose organisasie wat deur vormgodsdiens gekenmerk word. Hulle het slegs ín gedaante van ín skynbare godsaligheid, maar die wederbarende krag van die Heilige Gees word deur hulle verloŽn (2 Tim. 3:5). Sulke mense beskou hulleself as Christene, maar het geen getuienis van ín ervaring van wedergeboorte toe die Here hulle harte en lewens verander het nie. Hulle word leerstellig in die kerk oor vermeende wedergeboorte ingelig, maar het nie die getuienis van die Heilige Gees in hulle harte dat hulle wel gered is nie (Rom. 8:16).

In hierdie toestand van geestelike verduistering is lidmate gereed ťn vatbaar vir die omverwerping van die mees basiese fondamente van die Christelike geloof, naamlik die gesag van die Bybel as God se Woord, sowel as die Godheid en soendood van die Here Jesus.

4. Die verwerping van die Bybel as die geÔnspireerde Woord van God

Vormgodsdienstige kerklidmate het nie die voordeel dat die Heilige Gees in hulle harte woon en aan hulle verligte oŽ van die verstand gee om die verborgenheid van die evangelie te kan verstaan nie (Ef. 1:18). Die meeste van hulle is slagoffers van die vergeestelikingsteologie omdat hulle nie Bybelse stellings op sigwaarde aanneem nie. Weens hulle gebrek aan wedergeboorte en heiligmaking het hulle in elk geval ook nie begrip vir Bybelse waarhede wat geestelik beoordeel word nie (1 Kor. 2:14).

As gevolg van hierdie situasie is die lidmate van erg vervalle kerke nie in staat om postmoderne tekskritiek te kan weerstaan en weerlÍ nie. Hulle is maklike slagoffers van die Nuwe Hervormers se bewerings dat die Bybel slegs deur feilbare mense geskryf is volgens die primitiewe wÍreldbeeld van hulle tyd, dat dit baie foute en weersprekings bevat, en verder ook vol mitologie en beeldspraak is wat nie ernstig opgeneem moet word nie. Vir hulle is die Bybel op dieselfde vlak as die heilige boeke van ander gelowe soos die Boeddhisme en Islam, en beslis nie ín unieke openbaring van God aan die hele mensdom nie.

Onder sulke omstandighede is daar geen sprake meer van Skrifgesag nie, met die gevolg dat vervalle Christene van die eindtyd hulleself as volkome vry beskou om self hulle lewenstandaard te bepaal en hulle eie morele reŽls na te volg. ín Goeie lewe is vir hulle genoeg om onberispelik te wees, en dus word enigiets wat as evangelies of fundamentalisties beskryf kan word, as ín onaanvaarbare vorm van engheid verwerp. Die Bybel word bloot beskou as ín samestelling van mites en verhaaltjies waarvan morele toepassings gemaak en sedelesse afgelei kan word Ė dit is vir verskeie vertolkings oop, en mense kan self besluit watter morele beginsels vir hulle aanvaarbaar en steeds geldig is.

5. Die verwerping van die Bybelse Jesus

Die vyfde en belangrikste fondament waarop die Christelike geloof gebou is, is die Rots, Jesus Christus, met die volle inagneming van Bybelse feite oor sy maagdelike geboorte, Godheid, soendood, liggaamlike opstanding en hemelvaart. Hy is die vleesgeworde Woord Ė God wat mens geword en onder ons gewoon het. Wanneer die Bybel nie meer as die geÔnspireerde Woord van God erken word nie, is dit vanselfsprekend dat Jesus Christus self ook nie as die volmaakte God-mens beskou sal word nie. Die gevolg daarvan is dat die Christendom nie meer as uniek beskou word nie en daarom op ín gelyke vlak met die ander wÍreldgodsdienste geplaas word.

Dit is belangrik om vas te stel hoe ver die verwerping van die Bybelse Jesus reeds in vervallende kerke plaasgevind het, en wat die reaksie van lidmate daarop is. Dit kom sonder enige twyfel op verraad teen die ware Christus neer indien belydende Christene in ín kerk aanbly waarin hierdie ernstige dwalings gekondoneer en sonder protes aanvaar word. Die Here Jesus sÍ dat as ons Hom verloŽn, Hy ons ook sal verloŽn: ďMaar elkeen wat My verloŽn voor die mense, hom sal Ek ook verloŽn voor my Vader wat in die hemele isĒ (Matt. 10:33).

Niemand sal met geestelike verraad van hierdie aard wegkom sonder om ewige skade aan sy eie siel aan te rig en in die proses ook baie ander mense te mislei nie. Wanneer daar van die ware Jesus afgewyk word, word daar onder die leiding van die gees van dwaling ín ander Jesus verkondig (2 Kor. 11:2-4), en so word mense voorberei om die Antichris in die plek van die ware Christus te aanvaar. Jesus se waarskuwing in MatthťŁs 24:4-5 sluit hierby aan.

Dit is in ons almal se belang om vas te stel tot watter mate hierdie belangrike fondament van die Here Jesus as die enigste Verlosser van die wÍreld eerbiedig of bevraagteken word in die kringe waarin ons onsself bevind (vgl. Hand. 4:12). ín Ondubbelsinnige keuse moet gemaak word tussen die Jesus van die Bybel en die sogenaamde ďhistoriese JesusĒ wat deur agnostiese teoloŽ aan ons voorgehou word. Die ware Jesus is die ewige, selfbestaande Seun van God wat deur die Heilige Gees verwek is toe Hy mens geword het. Die ďander JesusĒ is die produk van kritiese teologiese denke en twyfelagtige historiese vertolkings, en volgens hierdie denkwyse was hy ín gewone mens wat nie bonatuurlik verwek is nie, nie self God is nie, nie vir ons sonde gesterf het nie, en ook nie uit die dood opgestaan het nie.

Die eindtydse aanslag teen die sentrale Persoon van ons geloofslewe het groot momentum gekry sedert die stigting van die Jesus Seminaar in Amerika in 1985 deur 150 kritiese teoloŽ onder die leiding van Robert Funk. Volgens hulle bevindings is die Bybel nie geloofwaardig nie en hou dit vir ons ín denkbeeldige Jesus voor wat ver verwyderd is van die Jesus wat werklik bestaan het. Hulle hou vol dat die historiese Jesus nie God was nie en geen bonatuurlike attribute gehad het nie. Die Jesus Seminaar val nie net Bybelse sienings oor Jesus aan nie, maar verwerp ook die Drie-eenheidsleer in sy geheel. Wat hulle voorstaan sal, indien dit wyd aanvaar word, die einde van die Christelike godsdiens meebring soos wat dit in die Bybel verkondig word. Enkele van hulle stellings is die volgende:

        Die leer van die versoening, naamlik die aanspraak dat God sy eie seun laat doodmaak het om tevrede gestel te word, is irrasioneel en oneties. Hierdie monsteragtige leerstelling is die stiefkind van ín primitiewe offerstelsel waarin die gode se goedgesindheid verkry moes word deur ín spesiale gawe aan hulle te offer, bv. ín kind of ín dier.

        Jesus het nie uit die dood opgestaan nie, behalwe miskien in ín metaforiese sin.

        Gebed is betekenisloos wanneer dit verstaan word as versoeke aan ín eksterne God vir sy goedgesindheid of vergifnis, aangesien Hy nie inmeng met die wette van die natuur nie. Gebed as lofprysing is benede die waardigheid van God en is ín oorblyfsel uit die tyd van die konings in die antieke Midde-Ooste. Gebed moet eerder as meditasie gesien word wanneer daar geluister eerder as gepraat word, en ín persoon ingestel moet wees op die behoeftes van sy medemens.

        Die Bybel het nie ín vaste, objektiewe standaard vir morele gedrag vir alle tye nie.

Die Jesus Seminaar het ook ín groot invloed op teologiese denke in Suid-Afrika uitgeoefen. Sekere van hulle leiersfigure het besoeke gebring aan teologiese fakulteite van Suid-Afrikaanse universiteite, waar hulle eervol ontvang is met groot toejuiging vir die taak wat hulle onderneem. As gevolg hiervan is daar nie alleen met ín Nuwe Hervorming in Suid-Afrika begin nie, maar ín aktiewe debat word ook binne die hoofstroom van die gereformeerde teologie oor die historiese Jesus gevoer. Verskeie boeke met onbybelse voorstellings van Jesus het al die lig gesien, en teologiese leerplanne by die meeste kweekskole is in die lig hiervan drasties hersien.

Die aktiewe fase van hierdie debat in Suid-Afrika het in 2001 begin nŠ die publikasie van die boek Fatherless in Galilee deur prof. Andries van Aarde van die Universiteit van Pretoria. Van Aarde beskryf die Jesus van die Bybel as die Jesus van geloof, die kerugmatiese Jesus (dit is die Jesus van die evangelie), en ook die kultiese Jesus. Volgens hom het die dissipels en apostels subjektief besluit om Jesus tot God en Messias te verklaar, maar die historiese Jesus het dit nie self gedoen nie. Hy beweer dat Jesus se volgelinge van die Christelike geloof ín kultus gemaak het en dat die waarde wat hulle aan die kruis en die opstanding geheg het, bloot hulle eie idees was. Die historiese Jesus word deur Van Aarde bloot as die seun van Maria beskryf, soos wat die Koran ook doen. Hy noem die moontlikheid dat Jesus buite-egtelik gebore is, vaderloos grootgeword het, en as gevolg daarvan oor ín hemelse Vader gefantaseer het.

ín Ander publikasie wat groot skokgolwe in Suid-Afrika en baie ander lande veroorsaak het, is prof. Pieter Craffert van Unisa se boek: The Life of a Galilean Shaman Ė Jesus of Nazareth in anthropological perspective (2008).

Prof. Craffert het hom tot die kulturele antropologie gewend om die beeld van die Bybelse Jesus radikaal te hervertolk. Volgens hom word die werklikheid binne volksverband sosiaal en kultureel bepaal, daarom moes Jesus ín sosiaal aanvaarbare rol vervul het, naamlik diť van ín sjamaan, wat ín tradisionele geneser en waarsÍer was, m.a.w. ín toordokter (bl. 420). Volgens hom moet Jesus se optrede en woorde beoordeel word binne die lewens- en wÍreldbeskouing wat deur eerste eeuse sjamane gehuldig is. Hy beweer dat Moses en ElŪsa in vroeŽr tydperke ook sjamane in Israel was.

Prof. R.J. Miller (Juniata College, Pennsylvania, USA) sÍ in sy resensie van bg. boek: ďIn Afdeling 3, Jesus en die sjamanistiese tradisie, argumenteer Craffert dat Jesus ín sjamanistiese figuur was omdat hy en sy dissipels dikwels alternatiewe bewussynstoestande ondervind het, bv. tydens Jesus se verheerliking op die berg en die keer toe hy op die see geloop het, asook sy ervarings tydens sy doop en versoeking in die woestyn. Daar is aangeneem dat Jesus van sy voorvadergeeste besete was. ... Jesus se genesings, duiweluitdrywings, natuurwonders (dit is die beheer van natuurgeeste), en sy opwekking van dooies waardeur hy ontslapenes se gees opgespoor en na hulle liggaam teruggestuur het, is alles as sjamanistiese aktiwiteite beskou en dui daarop dat hy ín heilige sjamaan was.Ē

Ongeag die klaarblyklike swakhede van die historiese metode wat deur Craffert gebruik is om die historiese Jesus te konstrueer, en ongeag die godslasterlike dinge wat die outeur oor die Bybelse Jesus sÍ, vind die resensent steeds genoeg rede om sy bewondering vir hierdie boek uit te spreek. Miller sÍ: ďCraffert erken dat sy metode nie kan onderskei tussen kultureel waarskynlike verslae en gebeure oor Jesus wat objektief in tyd en ruimte plaasgevind het, en kultureel waarskynlike weergawes wat deur sekere Christelike verklaarders bedink is nie Ė hy stel ook nie daarin belang om so ín onderskeid te probeer tref nie. Sy onvermoŽ om historiese feite van historiese fiksie te kan onderskei, verminder beslis die waarde van die historiese metode wat hy gebruik het. Ek teken egter hierdie besware aan binne die groter verband van my bewondering en dankbaarheid vir Craffert se bydrae. Die boek is noodsaaklike leesstof vir almal wat in die historiese Jesus belang stel, en dit het die potensiaal om ín groot impak op navorsing van hierdie aard te maak.Ē

Enige persoon wat met fiktiewe en spekulatiewe idees van hierdie aard saamstem, is aandadig aan die omgooi van die finale en belangrikste fondament van die Christelike geloof Ė naamlik Jesus Christus self. So ín persoon kan homself nie meer ín Christen noem nie, selfs al identifiseer hy nog vaagweg met Jesus deur Hom as ín morele rolmodel te sien oor hoe om jou naaste lief te hÍ en die armes en onderdruktes te help. ín Assosiasie van hierdie aard het geen geestelike inhoud nie.

Finale doel met die omgooi van fondamente

Die finale doel met die omgooi van Christelike fondamente is oral in die wÍreld dieselfde, naamlik ín demoniesgeÔnspireerde strategie vir die instelling van ín antichristelike nuwe wÍreldorde. Ter opsomming is die beskouings en strategieŽ van hierdie postmoderne hervormers die volgende:

      ín Christelike toekomsverwagting moet vervang word deur ín menslike plan vir die vereniging van die hele wÍreld onder een regering, een godsdiens en een ekonomiese stelsel. Vrede Ė nie ín verdrukking en oordele van God nie Ė moet ten alle koste in die vooruitsig gestel word. ín Mensgemaakte vrede en eenheid sal onder die Antichris se bewind ín werklikheid word, tot so ín mate dat die hele wÍreld hom in verwondering sal navolg (Op. 13:3).

      Bybelse heiligmaking moet beskou word as ín onaanvaarbare vorm van moralisering waardeur die mens ontneem word van sy vryhede om te leef soos hy wil. Heiligmaking is te rigied en voorskriftelik, en die plek daarvan moet ingeneem word deur onbeperkte menslike vryhede, selfs ook wat sy kulturele identiteit en seksuele oriŽntasie betref. Hierdie permissiewe lewenspatroon sal ín werklikheid word onder die leiding van die mens van sonde (2 Thess. 2:3).

      Wedergeboorte moet as ín onnodige ervaring beskou word, omdat die mens sedert geboorte as inherent goed beskou word en dus nie nodig het om een of ander geestelike ervaring te hÍ om van hom ín beter mens te maak nie. Die beste mense vandag, wat ook die meeste vir hulpbehoewendes doen, is humaniste wat geen vaste geestelike oortuigings het nie. Die mens is dus die bepaler van sy eie lotgevalle.

      Die Bybel is ín menslike geskrif wat geensins erkenning op ín hoŽr vlak moet geniet as die heilige boeke van ander gelowe nie. Die Bybel is in elk geval ín historiese boek wat nie vir die moderne mens geskryf is nie, en dus nie sonder meer op ons tyd van toepassing gemaak kan word nie. Pogings moet aangewend word om op morele vlak iets goeds in alle gelowe raak te sien en dit te bevorder (multigodsdienstige denke).

      Jesus Christus was net ín gewone mens en een van baie profete. Hy was ín sterflike mens en sal nie na die aarde terugkeer nie. Sy amp en Messiaanse titel sal egter op die kosmiese christus van alle gelowe van toepassing wees. Hierdie misleier sal ook op ander gelowe se messiaanse titels aanspraak maak, daarom sal hy benewens die Christus ook die vyfde Boeddha vir die Boeddhiste, Krisjna vir die Hindoes en die Imam Mahdi vir die Moslems wees.

Die vyf basiese fondamente van die Christelike geloof het reeds in baie lande, baie kerke, en in die lewens van baie mense geval. Nou is die tyd ryp vir die verskyning van die valse christus van alle gelowe, want die wÍreld is in so ín gevorderde stadium van misleiding dat die groot meerderheid van die mense verwonderd agter hom sal aangaan en hom ook sal aanbid (Op. 13:3-4, 8).

Voordat dit egter sal gebeur, sal die ware Christus in die geheim as die hemelse Bruidegom sy bruid kom haal en na die hemel wegvoer (1 Thess. 4:16-18). Hulle was nie betrokke by die omverwerping van die fondamente van die Christelike geloof nie, daarom sal Christus aan elkeen van hulle sÍ: ďJy het my woord bewaar en my Naam nie verloŽn nieĒ (Op. 3:8). Omdat hulle die Here Jesus aanvaar het met die volle erkenning van sy Goddelike attribute en die groot betekenis van sy kruisdood, en ook die Bybel eerbiedig het as die foutlose en geÔnspireerde Woord van God, het hulle die opdrag ernstig opgeneem om weergebore te word en die Here vir die dieper genadewerk van vervulling met die Heilige Gees te vertrou. In hierdie geestelike toestand sien hulle met verlange uit na die wederkoms van Christus. Dit is ín reinigende hoop, want ďelkeen wat hierdie hoop op Hom het, reinig homself soos Hy rein isĒ (1 Joh. 3:3).

Ons is nou baie naby aan die uur van skeiding wanneer die volgelinge van die ware Jesus as die teŽhouers van die Antichris weggeneem sal word, en dan sal die ongeregtige geopenbaar word om sy skrikbewind op aarde te voer. Hy en sy volgelinge sal sewe jaar later, aan die einde van die groot verdrukking, deur Christus verdelg word wanneer Hy tydens sy wederkoms terugkom aarde toe (Op. 19:19-21).

Maak baie seker watter christus jy navolg Ė die ware Christus van die Bybel, of die valse, ekumeniese christus van alle gelowe. Jou ewige toekoms sal op grond van jou verhouding met die ware Jesus bepaal word, want niemand kom tot die Vader behalwe deur sy Seun nie (Joh. 14:6).