Afrika-dromme Oral in die Węreld Geslaan

Prof. Johan Malan (Mei 2006)

In baie Westerse samelewings word gebruike uit heidense kulture oorgeneem deur hulle van hul oorspronklike kulturele verband los te maak en as ‘n vorm van sosiale vermaaklikheid te beoefen, of selfs as ‘n hulpmiddel om ‘n mistiese ervaring te verkry. Die ontvangende gemeenskap beskou sulke instellings, bv. Afrika-dromslaan, as ‘n vorm van kulturele verryking sonder om die godsdienstige kompromie wat daarby betrokke is, in ag te neem.

Dit is belangrik om die beginsel te begryp dat in die heidense godsdienste, soos die Afrika-godsdienste, kulturele danse, musiek, die rituele slaan van dromme en die gebruik van maskers om met mistiese persoonlikhede, geeste of gode te identifiseer, alles deel van hulle godsdiens is. Selfs die vertel van stories het dikwels godsdienstige temas soos mites van oorsprong en die animistiese geloof dat materiële voorwerpe geestelike eienskappe of bonatuurlike magte het waardeur mense ten goede of ten kwade beďnvloed kan word.

Volgens tradisionele Afrika-gelowe word menslike lewe aktief deur die volgende twee tipes bonatuurlike magte beďnvloed:

Persoonlike bonatuurlike magte wat deur mense se voorvadergeeste verteenwoordig word. Hierdie geeste vereis van hulle lewende nageslagte gehoorsaamheid aan stamtradisies, asook dade van toewyding aan hulle ontslape familielede deur middel gebede, danse en offers. Voldoening aan hulle versoeke lei na seëninge terwyl die ignorering daarvan die wraak van die voorvaders opwek. Dit kan na siektes en verskillende ander vorms van teëspoed lei. Sekere mense word deur die geeste gekies om waarsęers (divineerders) en tradisionele genesers te word. Dit lei na ‘n meer aktiewe verhouding met die geeste, waarin lg. as waarsęende geeste optree. Die geeste word dikwels deur middel van rituele danse en die slaan van dromme opgeroep om van die leerling-divineerders besit te neem.

Onpersoonlike bonatuurlike magte van toorkuns en genesing. Hierdie magte word deur mense gebruik wat in die donker geheimenisse van toorkuns opgelei is en daarop gerig is om mense te benadeel (“swart toorkuns” of “toorkuns van die nag”) of in ‘n sosiaal aanvaarbare vorm van die beoefening van bonatuurlike magte om die mag van kwaadwillige toorkuns te verbreek (“wit toorkuns” of “toorkuns van die dag”). Die divineerders en tradisionele genesers wat laasgenoemde praktyk beoefen, steun sterk op hulle voorvadergeeste om hulle in die proses van divinasie by te staan. Die geeste word dikwels deur die slaan van dromme opgeroep.

Moderne belangstelling in tradisionele godsdienste

Een van die kenmerke van die ontluikende postmoderne kultuur in baie lande is die groot belangstelling en toewyding aan die herlewing van verskeie aspekte van die premoderne kulture se godsdienste. Die ideologieë van moderne tye, veral sekulęre humanisme, sosialisme en kapitalisme, het, as gevolg van hulle sekulęre benadering tot die lewe, gemeenskappe van hulle geestelikheid beroof. Selfs die Christelike geloof is verander om by die moderne mens aan te pas, want daar is verskeie teoloë wat skaamteloos sę dat jy nie ‘n gelowige hoef te wees om ‘n studie van die Bybel te kan maak nie. Teologie is tot ‘n blote sosiale wetenskap gereduseer, wat daartoe gelei het dat baie kerke as sosiale klubs vir naamchristene geëindig het – diegene wat net ‘n gedaante van godsaligheid het omdat hulle die geestelike krag van ‘n ware geloofslewe verloën het (2 Tim. 5:5).

In die postmoderne samelewing word verskeie metodes aangewend om die geestelike leegheid in mense te vul. Sekere kerke het ‘n nuwe vorm van geestelikheid aanvaar wat op drome, visioene, tekens, wonders en profesieë deur sekere “gesalfde” profete gebaseer is. Ander het hulle tot sielkundige metodes vir persoonlike transformasie gewend, terwyl sommiges hulle toevlug tot mistiese, Middeleeuse tegnieke soos meditasie of kontemplasie geneem het. Daar is egter ook ‘n aansienlike aantal “gelowiges” wat tegnieke vir ‘n alternatiewe geestelike belewenis van die heidense kulture af oorneem.

Sekere opvoedkundiges volg ook hierdie weg deur idees en gebruike by die nie-Christelike gelowe oor te neem ten einde geestelike inhoud aan multigodsdienstige studies te verleen. Die Universiteit van Suid-Afrika het in 1992 ‘n boek, “Primal Religions Worldwide,” gepubliseer waarin  die outeur, S.A. Thorpe, sę: “My doel met hierdie boek is om dit vir voorgraadse studente voor te skryf sodat hulle in religieuse studies van die oergodsdienste kennis kan neem... Ek glo dat diegene van ons wat uit ‘n Westerse, Christelike agtergrond kom, onsself verarm het deur ons weiering om die geestelike verryking te aanvaar wat die inheemse gelowe aan ons bied... Dit is nie ongewoon vir gebed om ander vorms as net woorde aan te neem nie. Aangesien gebed ‘n metode is om kommunikasie met die geesteswęreld te handhaaf, kan aksies én woorde as vorms van gebed beskou word. Danse, byvoorbeeld, word in baie węrelddele op dié manier gedoen... Die beoefening van verskillende kunsvorms, bv. skilderkuns of die maak van maskers uit hout, kan ook as pogings beskou word om kontak met die bonatuurlike te behou, en dus as gebedsvorms gesien word. Musiek, dikwels ritmiese drommusiek of handgeklap, kan ook só gesien word.”

Mistiese teorieë en gebruike van die Nuwe Era Beweging is grootliks daarvoor verantwoordelik dat daar ‘n nuwe soort spiritualiteit in skole én in baie kerke ingevoer is. Daar is duidelike pogings in verskeie skole om ons eenheidsverband met die aarde en die geesteswęreld te herbevestig. In multikulturele, omgewings- en kunsonderrig word aan kinders geleer wat die okkultiese formules is wat die toordokters en tradisionele genesers aan hulle geestelike gidse verbind. Hoewel woorde van een kultuur tot die ander verskil, is die heidense gebruike en aardgeoriënteerde tradisies oral in die węreld baie ooreenstemmend.

Opleiding en werkswinkels

Die belangstelling in Afrika-dromslaan het ‘n moderne gier in baie Westerse lande geword. ‘n Google-soektog onder die woorde “African drumming” lys talle organisasies wat opleidingskursusse en werkswinkels hieroor aanbied. Verskillende vorms van Afrika-dromslaan blyk ook hieruit, waarvan die volgende die belangrikste is en gewoonlik só oorgedra word:

Dromslaan vir die gees: Ons sal die geestelike aspek van dromslaan ondersoek deur met ons siele in verbinding te tree. Ons leer om ritmes vir rituele en meditasie uit verskillende kulture in die węreld te speel, en ook die ritmes van ons eie siele te ondersoek. Die werkswinkel is vir beginners geskik, maar ook vir diegene wat meer gevorderd is. Dromme is beskikbaar.

Dromslaan vir meditasie. Neem jou tyd om die betowering van stadige, helende ritmes in jou te ontdek, en leer ook rituele dromslaan uit verskillende kulture. Luister na jou hartklop en asemhaling. Word een met jou drom en speel meditatiewe ritmes. Ontspan en giet dit!

Transtoestand en rituele dromslaan. Dit is ‘n ondervinding wat nie in woorde beskryf kan word nie! Ons sal ritmes uit verskillende geestelike tradisies speel. Dit is vir sowel beginners geskik as vir dromslaners wat verder op die geestelike pad gevorder het. Dromme is beskikbaar.

Die reis na toorkuns. Toorkuns is die oudste geloofsvorm op aarde en word deur stamme beoefen wat in harmonie met die natuur leef. In hierdie werkswinkel sal ons dromslaan, sing-praat (“chanting”), beweging en veilige transtegnieke gebruik om met onsigbare magte in die geesteswęreld te kommunikeer, met die oog daarop om positiewe verandering, genesing en welstand mee te bring.

Een van die baie opleidingsprogramme word deur Audrey Pia beskryf. Sy sę:

SOUL (‘n akroniem vir Spirit Of Universal Love) is ‘n opvoedkundige agentskap in Evanston wat verrykingsprogramme aan skole bied om lewensvaardighede, asook kreatiwiteit en kulturele begrip, deur middel van die kunste te bevorder. SOUL se uitvoerende direkteur, Gilo Kwesi Logan, is ‘n boorling van Evanston wat ‘n meestersgraad aan die National-Louis Universiteit verwerf het. Hy het SOUL gevestig nadat hy meer as vyf jaar lank op vier vastelande gereis het waar hy uiteenlopende kulture in meer as twintig lande bestudeer het. Die program bied aan studente ‘n inleiding oor die grondbeginsels van Afrika-musiek, en dit verseker ‘n opwindende multikulturele ondervinding.

Gilo en sy mede-instrukteur, Yahkwob Kouyate, het vir ‘n uur lange werkswinkel met leerlinge in grade twee tot vyf ontmoet. Elke leerling is van ‘n oorspronklike Afrika-drom voorsien, wat “Djembe” genoem word. “Baba Gilo” en “Baba Yahkwob,” soos wat die kinders hulle noem (“Baba” beteken “Pa”), het elke sessie met ‘n kort les oor Afrika se musiek- en kultuurgeskiedenis begin. Die kinders het geleer dat die Djembe uit ‘n enkele blok hout gekerf is, met ‘n bokvel wat oor die opening gespan is. Dit word as ‘n musiekinstrument, ‘n seremoniële voorwerp en ‘n metode van kommunikasie gebruik. Gedurende die werkswinkels het die kinders die beginsels van Afrika-dromslaan geleer, wat drie verskillende klanke insluit wat verkry kan word deur dit op ‘n besondere manier te slaan.

Baba Gilo het daarop gewys dat dit nie so maklik is om die Djembe te speel as wat dit lyk nie. Van die vaardighede wat leerlinge moes aanleer, is konsentrasie, spanwerk en stip luister. Elke klas het ‘n bepaalde ritme geleer, wat sy eie betekenis het. Een klas het die Kasunde-ritme geleer wat tydens oorgangsrituele (bv. naamgewing, puberteit of huwelik) gebruik word. Ander klasse het ritmes geleer waardeur emosies uitgedruk word, soos Forokaba wat tye van blydskap uitdruk, en Hartklop wat gevoel of meegevoel uitdruk.

Aan die einde van die opleiding is daar ‘n vertoning in die plaaslike ouditorium aangebied. Leerlinge het in die saal ingestap terwyl hulle die woorde “Egun Alafia” sing-praat. Dit beteken: “Dankie aan ons voorvaders, mag hulle deur ons voortleef.” Elke klas het die geleentheid gekry om hulle vaardighede met dromme ten toon te stel. Die ritmes van die dromme was onweerstaanbaar en die gehoor van ouers, vriende en leerlinge het gou begin om saam hande te klap. Hoewel elke klas net drie tot vier ure lank voorligting gekry het, het hulle ‘n hoë mate van vaardigheid gehad.

Internet bronne

Daar is baie organisasies met webblaaie, tydskrifte en werkswinkels wat verskillende vorms van Afrika-dromslaan bevorder. Op die webblad www.experienceafrica.co.uk word die kulturele betekenis van die Djembe- en Ngoma-dromme verduidelik: “Dromme word in Afrika as heilige instrumente gebruik en as baie belangrik beskou. Hulle word in genesingsrituele, in oorgangsrituele, in naamgewingseremonies, tydens sosiale geleenthede soos huwelike, tydens oesfeeste en by seisoensveranderings gebruik, soos wanneer die reën ná ‘n tyd van droogte kom. Dromme word ook as kommunikasiemiddels gebruik.” Dit is dus duidelik dat dromme altyd kulturele betekenis het in die verband waarin hulle gebruik word.

Op die webblad, www.alternativeculture.com word die verskynsel van dromslaan verduidelik as iets wat met die ritmes van die natuur harmonieer en ons help om by die kosmiese węreld en sy vloei van kreatiewe en genesende energie in te skakel:

“Die drom is ‘n polsslag van die skepping en verteenwoordig ons verbintenis met moeder aarde, met die ritme van die see, die golwe wat breek, die vlerkgeklap van trekvoëls, die draai van die seisoene en die geluid van ons eie asemhaling... Die drom genees ons verhouding met mekaar wanneer ons saam daarop speel. Dit vestig ons aandag op dit wat tussen ons werk en dit wat nie werk nie. Dit wys ons presies waar ons harmonieer en waar nie. Dit laat ons saam by die onsigbare węreld van energie inskakel. Dit is belangriker as die dinge wat ons kan sien of waarop ons hoop. Dit wat regtig belangrik is, gebeur op hierdie oomblik. Wanneer dit verby is, dan wag ons op die volgende oomblik.”

Voorskrifte word ook vir transdanse gegee: “Die transdans is bedoel om ‘n gemeenskapsritueel te wees. Ons moet dit elke drie maande doen – elke keer op die middelpunt tussen die sonstilstand en die dag- en nageweninge. Die geheim vir die dansers én dromslaners is kontinuďteit: om die hele nag lank teen dieselfde pas en ritme voort te gaan. In hierdie herhaling en toewyding breek die geleentheid vir ‘n transtoestand aan, om jouself te vergeet en in die groter geheel op te gaan.” Die ritmes van dromslaan is dus ook ‘n hulpmiddel vir meditasie en werk mee om die oorgang na ‘n kosmiese bewussyn, of transtoestand, te maak waarin mense van ‘n ander werklikheid bewus word.

Uit die baie werkswinkels vir Afrika-dromslaan is dit duidelik dat die esoteriese en religieuse betekenis van hierdie gebruik deurgaans deur instrukteurs verduidelik en aangemoedig word. Omdat dromslaan altyd ‘n mistiese ondervinding van een of ander aard bevorder, word dit nou algemeen as ‘n metode gebruik om die uiteenlopende mense van ons planeet op ‘n geestelike vlak te verenig.

Eenheid en voorspoed

Gedurende die afgelope paar jaar word byeenkomste vir dromslaan in baie lande gereël om eenheid, vrede en voorspoed op aarde te bevorder. ‘n Suid-Afrikaanse organisasie, One World Beat, het op Saterdag 6 Mei 2006 ‘n byeenkoms gereël wat só geadverteer is: “Dromslaan in Een Węreldritme is ‘n geleentheid waarin ons alle mense op aarde in een uur van gesamentlike dromslaan verenig! Dit is die eerste keer dat só ‘n groot dromslaan-byeenkoms in ons land gehou word. Om daaraan te dink: die hele węreld slaan vir ‘n uur lank saam dromme! Bring jou eie drom saam. Ons vertrou die Here vir ‘n deurbraak – nie net in ons eie lewens nie, maar ook in ons gebede vir ‘n voorspoedige Afrika.” Die dromslaan self is bedoel om die gebed vir eenheid en voorspoed in die węreld te wees. Dit is ‘n uiterste vorm van godsdienstige sinkretisme!

Wilde emosies

Dromslaan in die algemeen, en spesifiek Afrika-dromslaan, word egter ook in baie gemeenskappe van die węreld gebruik om wilde emosies op te wek, selfs tot op die punt wanneer daar onder die invloed van ‘n afgod chaos en wanorde in die gemeenskap geskep word. Babatunde Olatunji (www.alternativeculture.com) sę: “Die Skepper wil hę dat ons moet dromslaan. Hy wil hę dat ons die węreld met dromme, danse en sing-praat verdorwe moet maak. In elk geval het ons alreeds die węreld deur mag- en hebsug verdorwe gemaak – wat ons nęrens gebring het nie – nou is dit tyd om die węreld met dromme, danse en sing-praat verdorwe te maak.”

Sekere kundiges wat die oorsprong van rockmusiek nagevors het, het dikwels al gesę dat daar ‘n verband tussen die “bose ritme” van rockmusiek en sekere vorms van Afrika-dromslaan is. Hulle het albei ‘n sielkundige effek op mense deurdat hulle gebreinspoel word en daar ook vreemde gevoelens en ongetemde emosies by hulle opgewek word. Slawe uit Afrika het hierdie soort dromslaan in Noord-Amerika bekend gestel. Hulle godsdiensbeoefening het die vorm van dromslaan en danse aangeneem – ‘n gebruik wat hulle in hul gasheerlande voortgesit het.

Gevolgtrekkings

Afrika-dromslaan kan nouliks van sy kulturele verband losgemaak en as ‘n blote vorm van vermaaklikheid beoefen word. Hierdie gevolgtrekking word deur die baie werkswinkels en opleidingsprogramme bevestig, omdat die dieper betekenis van dromslaan in verskeie Afrika-kulture telkens aan die studente verduidelik word. Die wye reeks funksies daarvan sluit die volgende in: die bevordering van harmonie met jou innerlike self, met ander mense én met die natuur, ontspanning en genesing van stres, die oproep van geestelike gidse en die bevordering van ‘n kosmiese energievloei, die aanhelp van meditasie en die skep van transtoestande, asook, in meer aggressiewe vorms van dromslanery, die opwekking van wilde en ongetemde emosies. Laasgenoemde kan selfs die vorm van opstand teen die samelewing en sy norme aanneem.

Dit mag nog ‘n baie duur eksperiment in tradisioneel Christelike samelewings van die Weste blyk te wees om alternatiewe lewenstyle oor te neem uit kulture wat nie deel van die Christelike beskawing is nie. Die alternatiewe genesing, alternatiewe medisyne, alternatiewe spiritualiteit en alternatiewe musiekvorms van hierdie “ander” kulture is uitdrukkings van ‘n mistiese, heidense spiritualiteit wat wesenlik antichristelik is. Dit is gekamoefleerde okkultiese gebruike wat uit die koninkryk van die duisternis kom.

Slegs mense wat nie waarlik aan die Bybelse Christendom toegewy is nie, sou dit waag om die duistere weë van die heidense kulture te bewandel. Wanneer hulle dit wel doen, sal ‘n gees van dwaling oor hulle kom wat hulle vir die lig van die evangelie sal verblind (2 Kor. 4:3-4).