Program 77: Geloofswerk op n Sendingstasie (1)

Daar word in ons tyd baie klem op geloof met die oog op wonderwerke gel. In die proses word geloof dikwels aan vleeslike begeertes van die mens dienstig gemaak, soos bv. om gou ryk te word of gou gesond te word. Wat is ware geloof en waarvoor het ons dit nodig?

Geloof is die band tussen ons en die onsienlike God. Hy wat tot God gaan, moet glo dat Hy is en n beloner is van die wat Hom soek (Heb. 11:6). Die eerste saak waarvoor ons God in die geloof vertrou, is om ons siele op grond van die Here Jesus se soenverdienste aan die kruis te red. Daarna behoort alles wat ons doen, binne n geloofsraamwerk te geskied. As ek werk soek, of wat ook al doen, vertrou ek die Here om suksesvol te wees. As ek hospitaal toe gaan, stel ek my geloof in die Here om die mediese behandeling wat ek sal kry, vir my genesing te gebruik.

Of ek eet of drink of enigiets doen, streef ek in die geloof daarna om die Here in alles te verheerlik. In die geloof weerhou ek myself van sondige dade en gedagtes. Wanneer n Christen nie in die geloof optree nie, maar in die vlees, deur op sy eie insigte en vermons staat te maak en die begeerlikhede van die vlees na te jaag, dan leef hy nie uit die geloof nie en mishaag sodoende die Here. Paulus s: Die regverdige sal uit die geloof lewe; en as hy hom onttrek, het my siel geen welbehae in hom nie (Heb. 10:38).

In ons geloofslewe vertrou ons die Here nie noodwendig altyd vir groot en dramatiese dinge nie, maar vir dit wat ons absoluut nodig vir oorlewing het, asook vir die uitvoering van ons opdrag om sy getuies op aarde te wees. Die feit dat ons in n wreld leef wat in die mag van die Bose l, veroorsaak dat ons dikwels in krisisse sal wees waarin ons die hulp van die Here dringend nodig het. Dan moet ons nie twyfel nie, maar die Here in die geloof vir uitredding en voorsiening in ons behoeftes vertrou. Die voorsiening van die Here geskied soms op n verrassende wyse en kan as n wonderwerk beskou word, as ons dit net wil raaksien.

As n praktiese demonstrasie van n lewe van geloof wil ek in die volgende twee programme geloofstoetse en wonderwerke in die lewe van n sendeling in die voormalige Transkei bespreek. In April 1988 het ek vir n week lank by Harry en Gay Oosthuyzen op n sendingstasie by Kentani naby Butterworth gebly toe ek vir die Gideons Nuwe Testamente in skole in daardie distrik versprei het. In hierdie week het ek n intieme kykie in Harry en Gay se lewens as diensknegte van die Here gekry. Dit is n merkwaardige verhaal van die we van die Here in die lewens van oorgegewe volgelinge van Hom. n Onwrikbare geloof en wag op die leiding en voorsiening van die Here is wesenlik met hierdie verhaal deurweef, en staan in skrille kontras met steun op menslike vermons en die neiging tot maklik tou opgooi as dinge moeilik begin raak.

Harry Oosthuyzen is in die Transkei gebore en het daar op n plaas grootgeword. Sy pa was Afrikaans- en sy ma Engelssprekend, en almal van hulle kon ook goed Xhosa praat. Op 7-jarige ouderdom het Harry reeds sy hart vir die Here gegee en as n 26-jarige man het hy in 1952 n roeping ontvang om sy lewe voltyds aan evangelisasie te wy. Hy het n sterk begeerte gehad om n Bybelskool te begin en Xhosasprekendes as evangeliste en leraars op te lei. Die Here het dit selfs tot sy kennis gebring dat hy die see van die Bybelskoolterrein af sou kon sien. Daar was by hom geen twyfel dat hy homself vir hierdie bediening moes voorberei nie.

Om hierdie roeping te kon vervul, moes Harry eers teologiese opleiding kry. Hy het in 1958 vir n jaar lank aan die Cliff Evangelist College in Sheffield, Engeland, gestudeer. Aan die einde van di jaar het hy besluit om vir n B.Th.-graad aan die Toronto Bible College in Kanada te gaan studeer. Hy was steeds vir al sy behoeftes van die Here afhanklik en het ernstig vir die reisgeld na Kanada gebid. In di tyd kon n sendeling in Suid-Afrika een aand nie slaap nie omdat hy gedurig net aan Harry gedink het en later besef het dat hy om een of ander rede in nood verkeer. Die volgende oggend het die sendeling sy suster in Ierland gebel, Harry se adres vir haar gegee en haar gevra om dadelik namens hom n bedrag geld aan die jongman te stuur.

Dit het Harry in staat gestel om n vliegtuigkaartjie na Kanada te koop en hy het met net 13 dollar in sy sak daar aangekom. Die Here het hom egter deurgedra en ook in 1962 in Toronto aan hom n vrou gegee met die naam van Gay, die dogter van n plaaslike predikant. Reg van die begin af het Harry en Gay baie gevas en gebid en geglo dat die Here wat hulle geroep het, getrou is. Hulle het vroeg in 1963, n die voltooiing van Harry se studies, na Suid-Afrika teruggekeer. Eers het Harrry al sy teologiese boeke en lesings, asook n paar trougeskenke wat hulle ontvang het, in n kis gepak en na Suid-Afrika verskeep. Di betrokke skip het egter n ent buitekant die Oos Londense hawe gesink.

Harry en Gay het net genoeg geld vir n vlug na Londen gehad, en daar vir die res van hulle reisgeld op die Here gewag. n Week later kon hulle die reis voortsit, maar hulle kon net een kaartjie op die direkte vlug na Johannesburg bekostig. Die ander kaartjie was op n goedkoper vliegtuig wat oor Parys, Athene en verskeie lande in Oos-Afrika na Suid-Afrika gevlieg het. Harry het di vlug geneem, met net een pond in sy sak. Hy het gerel dat Gay eers vier dae later uit Londen sou vertrek, sodat hulle saam in Johannesburg aankom. Toe Harry se vliegtuig in Mosambiek geland het, is aangekondig dat die lugredery bankrot was en dat die vliegtuig nie verder sou vlieg nie. Harry is daarvandaan per trein na Johannesburg toe.

Tydens die treinreis is dit sterk op Harry se gemoed gel om na die lugredery se kantoor in Johannesburg te gaan en hulle vir die vlug te bedank. Die boodskap was duidelik: Gaan s vir hulle dankie omdat hulle jou na Suid-Afrika teruggebring het. Harry se eerste reaksie was om die gedagte te te staan omdat die redery hom eintlik sleg in die steek gelaat het deur nie die vlug te voltooi nie. Die gedagte het egter by hom gebly, en in Johannesburg het hy in die strate gestap totdat hy die kantoor gekry het. Hier het hy gevra om die bestuurder te spreek. Een van die dames by die toonbank het sy naam gehoor, en ges: O, mnr. Oosthuyzen, hier is n brief vir u. Hy was stom van verbasing, want waarom sou daar juis by di kantoor vir n onbekende soos hy n brief wees? Toe hy dit oopmaak, was daar twee treinkaartjies na Oos-Londen in die koevert. Van wie af dit gekom het, het hy nie geweet nie.

Die bestuurder van die redery was in Londen, maar sy vrou was baie dankbaar toe Harry sy hartlike waardering vir die vlug na Mosambiek uitspreek. Die ander mense het die redery erg gekritiseer, maar hierdie vriendelike jongman kom spreek sy dank uit! Die vrou was s positief teenoor Harry dat sy hom met haar groot motor stasie toe geneem het om besprekings te doen, en ook lughawe toe waar hulle net betyds was om Gay te ontmoet.

In Oos-Londen het Harry en Gay by sy moeder gebly in afwagting op die verdere leiding van die Here. Hy was sterk onder die oortuiging dat die beoogde Bybelskool interkerklik moes wees ten einde dit vir lede van verskeie kerke toeganklik te maak. Dit moes ook n geloofsonderneming wees waarin studente geen fooie betaal nie, sodat hulle n die personeel kon leer om in diepe afhanklikheid van die Here hulle studies te voltooi en hulle werk te doen.

In antwoord op gebede het die Here dit op Harry se hart gel om Butterworth toe te gaan. Hy het gewonder hoekom, want n mens kan nie die see daarvandaan sien nie. Hier het n vrou hom egter na n Christen-sakeman op Kentani verwys wat n stuk grond teenaan die dorp te koop aangebied het. Van die een kant van hierdie terrein af kon Harry in die verte die see sien, en hy het onmiddellik geweet hy staan op die bestemde plek. Harry het egter nie geld gehad nie, en aanvanklik die terrein vir R20 per maand gehuur.

Harry en Gay het in n eenvoudige sinkgeboutjie op die perseel ingetrek, en in die grootste armoede geleef terwyl hulle op die Here gewag het om die vestiging van die Bybelskool n werklikheid te maak. Die volgende twee jaar, tussen 1963 en 1965, het die Here hom en sy vrou getoets om te sien of hulle te midde van menslik onmoontlike omstandighede sou voortgaan met die roeping waarmee Hy hulle geroep het. Hulle meubels was lampoliekiste, en in die donker nagte het rotte en muise in die sinkgeboutjie rondgehardloop. Geld was s skaars dat hulle net n halwe brood op n keer kon koop. Vir twee jaar lank het hulle geen vleis gehad om te eet nie. Harry het egter altyd op die terrein waar die Bybelskool later gebou is, sampioene gaan pluk wat hulle saam met die brood geet het. Vir die hele twee jaar lank, terwyl die sendeling en sy vrou in die uiterste armoede geleef het, het die sampioene daar gegroei. Harry het ges dat hy in die meer as 20 jaar daarna nooit weer n sampioen op di terrein gesien het nie.

Intussen het Harry amptelike toestemming gekry om met n Bybelskool te begin, gevolglik kon hy die grond koop en op die Bybelskool se naam registreer. Hy het egter geen geld gehad nie. In Oos-Londen, waar hy vroer op uitnodiging n byeenkoms toegespreek het, het n jong paartjie agtergebly en ges dat die Here dit op hulle harte gel het om hulle huis te verkoop en die geld vir Harry te gee. Hulle was nie welaf nie en het jare lank aan die huis gebou. Harry het hierdie aanbod vyf keer geweier en hulle gevra om weer oor die saak te gaan bid en seker te maak die Here wil h dat hulle dit moes doen. In di tyd van toetsing het hulle by hul besluit gebly, die huis verkoop en die geld aan Harry gepos. Dit het in Kentani aangekom net toe die oordragdokumente onderteken en die geld betaal moes word. Die Here het waarlik onderneem!

In 1964 het die Evangeli Xhosa Bible School, dit is die Evangeliese Xhosa Bybelskool, sy eerste tree gegee. Een student het ingeskryf en Harry het vir hom klas gegee asof hy vir 50 studente klas gee. Hy en Gay het deur die tyd van toetsing en beproewing gegaan sonder om ontmoedig te word en van hulle geloofsonderneming af te sien. Hiervoor het die Here hulle op wonderbaarlike maniere gesen.

Dit was vir Harry n groot verlies dat die skip waarin al sy teologiese boeke en lesings was, gesink het, want hy het dit baie nodig in die Bybelskool gehad. Hierin het die Here egter ook op n merkwaardige wyse voorsien. Sy moeder in Oos-Londen het n buurman gehad wat dikwels oor die muur gegroet en na haar welstand verneem het. Op n dag het hy gevra of sy nie n seun met die naam van Harry het nie. Dit blyk toe dat hierdie man by n bergingsmaatskappy werk, en dat hulle n deel van die gesinkte skip se vrag herwin het. Hieronder was ook die kis met Harry se boeke. Die vriendelike man het hom net R10 daarvoor laat betaal. Indien die kis normaalweg deur die hawe ingekom het, sou Harry sowat R100 aan doeane- en aksynsbelasting moes betaal, wat hy in daardie stadium nie gehad het nie. Wat verder merkwaardig is, is dat daar geen water in die kis ingekom het om die boeke te kon beskadig nie.

Die opleiding van predikers en geestelike werkers gaan vir Harry en Gay hand aan hand met praktiese geestelike werk. Skole en woongebiede word besoek, waar die Woord verkondig en traktaatjies versprei word. In 1967 het hulle met n uitreikingsprogram in Butterworth begin. Hulle het n ou motorhuis gehuur, n klein drukmasjien gekoop, en traktaatjies begin druk en versprei. Hulle het die Bybelskool op Donderdae gesluit om di werk op Butterworth te kon doen. Baie mense is hierdeur gered, en verskeie van hulle het daarna die Here voltyds gedien.

Dit was vir Harry n belangrike saak om die sendingopdrag te gehoorsaam en die blye boodskap van die Here Jesus se reddende genade aan soveel as moontlik mense te verkondig. Wanneer die geleentheid homself voorgedoen het, veral gedurende Bybelskoolvakansies, het hulle verskeie ander gebiede in die voormalige Transkei en Ciskei besoek om te preek en Christelike lektuur te versprei. As gevolg van Harry en Gay se heelhartige toewyding en onvermoeide ywer het daar n besondere salwing op hulle prediking gerus, asook die lektuur wat hulle versprei het.

Die toegewyde wyse waarop Harry en Gay die sendingopdrag in hulle omgewing uitgevoer het, het na groot deurbrake vir die koninkryk van die Here gelei. In die beginjare het hulle te voet oor die heuwels en deur die beboste klowe gestap om die boodskap van verlossing aan die mense te gaan verkondig. Hulle kennis van Xhosa, asook hulle simpatieke houding oor die geestelike n materile behoeftes van die inwoners, het baie deure vir hulle oopgemaak. Hulle het dikwels van hulle eie karige besittings met arm mense gedeel. Gay het tydens een van hulle besoeke haar skoene vir n vrou gegee en kaalvoet terug huis toe geloop. Sy het ook van haar kinders se klere weggegee. Geen wonder nie dat Harry die bynaam Usomlandela gekry het, die Volgeling van Jesus, omdat hy en sy vrou die opdragte van hulle Meester tot in die fynste besonderhede uitgevoer het. Dit is slegs in n bediening soos di dat gebeurtenisse soos die volgende plaasvind:

Twee tradisionele swart vroue van die omgewing het op n dag by die Oosthuyzens se huis opgedaag. Hulle het ges hulle weet nie wat hulle soek nie, maar iets binne-in hulle maak hulle onrustig. Harry het bemerk dat hulle in n geestelike stryd was, en het van die studente in die Bybelskool gekry om hulle te bearbei. n Uur later het hulle met stralende gesigte van hulle redding getuig. Harry en Gay het elke aand na die een vrou se huis gestap om n diens te hou en hulle geestelik op te bou. Al hoe meer mense het begin kom, totdat dit later in die bosse weergalm het soos besoekers op pad diens toe lofliedere sing.

Kort daarna het die vrou by wie die dienste gehou word, verneem dat haar man wat oorkant die Keirivier gewerk het, in Komga in die tronk was. Harry het haar vertroos, vir die man gebid en op die ingewing van die oomblik ges dat haar man die end van die maand by die huis sou wees en ook van sy redding getuig. Dit sou n groot toets vir die geloofwaardigheid van die sendeling wees, want hy het daarna ges dat hy nie regtig weet waarom hy s n belofte gemaak het nie. Harry het n brief aan die man in die tronk geskryf en n traktaatjie daarby ingesluit. Die bewaarder was n Christen, en hy het die traktaatjie vir die man in die sel gaan voorlees. Die gevangene het net daar neergekniel en die Here Jesus as sy Saligmaker aangeneem.

Hierna het Harry oor die radio gehoor dat die Staatspresident tydens die Republiekdagvieringe aan sekere gevangenes amnestie sou verleen. Hy het net daar gebid dat hierdie man ook een van hulle sou wees. Hy was ook, en vroeg op die oggend van 31 Mei is hy uit die tronk vrygelaat. Hy het net een rand by hom gehad en daarmee n ent ver in die rigting van die Keirivier op n bus gery. Daarna het hy te voet kortpad oor die plase geneem, deur die Keirivier geswem en verder deur die veld in die rigting van Kentani koers gekies. Dit was reeds nag en hy het sy klere geskeur soos hy deur die ruigtes gebeur het. Die duiwel het hom nog verder aangehits en agterdogtig gemaak met gedagtes dat sy vrou die bokke en skape verkoop het toe sy gehoor het dat hy in die tronk was, en daarna weggeloop het.

Uitasem en gehawend het hy lank n middernag by die huis aangekom. Hy is eers na die kraal toe, waar hy gesien het dat al sy kleinvee nog daar was. Daarna is hy na die hut toe, waar sy vrou rustig gel en slaap het. Hy het haar wakker gemaak, en die heel eerste ding waaroor hulle gepraat het, was hulle bekering. Hulle is dadelik na die sendeling se huis toe, waar hulle hom omtrent 4-uur die oggend wakker gemaak en die goeie nuus aan hom meegedeel het. Die vorige aand nog in die diens het almal die man se aankoms verwag omdat dit die laaste dag van die maand was. Min het hulle geweet van sy eensame en moedige reis deur die donker klowe van die Keiriviervallei om n nuwe lewe saam met sy gesin en Christenvriende te begin.

Etlike mense het as gevolg van hierdie gebeurtenis tot bekering gekom, sodat die Baptistekerk hier n gemeente kon begin. Die Bybelskool doen interkerklike werk en stig nie self gemeentes nie. Verskeie gemeentes is egter al na aanleiding van hulle evangelisasiewerk gestig, onder andere ook vier deur die Free Church of Scotland.

In die volgende program sal ons meer oor die voorsiening van die Here in die opbouing van die Bybelskool vertel, en ook oor deurbrake in die verkondiging van die boodskap van verlossing.