Program 69: Waak Teen Satan se Vervalsings (1)

Waarom is daar so baie Christelike kerke en sektes in die wreld wat leerstellig in n mindere of meerdere mate van die Bybel afwyk, en in sekere gevalle selfs die waarheid totaal verlon? Dit is alles die gevolg van onkunde en misleiding deur die duiwel en sy valse profete. Hierdie probleem is besig om verder in omvang toe te neem. In die lig hiervan is dit meer as ooit tevore nodig dat ons ons kennis van die Woord verbreed, ons geestelike insig verdiep, ons toewyding aan die Here Jesus verhoog en ons waaksaamheid teen die misleiding van Satan en sy valse profete verskerp. Vervalsings van die Christelike geloof neem in die eindtyd geweldig toe omdat dit die finale voorbereiding vir die verskyning van die valse Christus en die valse profeet is, wat deur hulle leuens die hele wreld sal mislei (Matt. 24:4-5; 2 Thess. 2:6-10; Op. 13:11-14).

Hoewel geestelike misleiding in die Tuin van Eden al begin en onafgebroke deur die eeue heen voortgeduur het, is dit nou besig om die grootste afmetings in die geskiedenis van die mensdom aan te neem. Dit is van die uiterste belang dat elke persoon seker sal maak dat hy nie op n dwaalspoor beland het nie. In baie kerke word daar duidelik teen sekere vorms van misleiding gewaarsku, terwyl die kerk self die slagoffer van ander, ernstiger dwalings mag wees (vgl. Op. 2:2-6). Die leuens van Satan is soms baie subtiel en word s oortuigend deur dwalende kerkvaders, misleide teolo en n toenemende aantal valse profete aangebied dat ons moet dink hierdie mense verkondig die waarheid aan ons. Die Bybel s: Sulke mense is valse apostels, bedrieglike arbeiders wat hulleself verander in apostels van Christus. En geen wonder nie! Want Satan self verander hom in n engel van die lig. Dit is dus niks besonders wanneer sy dienaars hulle ook voordoen as dienaars van geregtigheid nie (2 Kor. 11:13-15).

Die Heilige Gees wil ons deur die kennis van God en sy Woord toerus om teen die volgende vervalsings van die waarheid beskerm te word. In elke geval word die waarheid eers genoem sodat die afwykings in die lig daarvan duidelik sal blyk:

Ware en valse geloof

Die mens is geestelik dood as gevolg van die sondeval en kan, geestelik gesproke, nie glo nie. Dit is die rede waarom alle ongeredde mense as ongelowiges beskryf word (2 Kor. 6:14). Satan probeer alles om te voorkom dat die lig van die evangelie op hulle skyn en hulle tot die besef van hulle verlorenheid bring. Hy weet dit is eers wanneer die sondaar die evangelie hoor, dat hy uit sy geestelike doodslaap ontwaak en in staat gestel word om te kan glo dat daar n God is en dat sy Seun, Jesus Christus, vir die sondes van alle mense gesterf het.

Satan werp egter alles in die stryd om te verhoed dat mense die evangelie hoor. Paulus s: Maar as ons evangelie dan nog bedek is, is dit bedek in die wat verlore gaan, naamlik die ongelowiges in wie die god van hierdie wreld [Satan] die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie (2 Kor. 4:4). Satan weet uit ondervinding dat wanneer ongereddes die suiwer evangelie hoor, hulle ook deur die Heilige Gees in staat gestel sal word om te kan glo: Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die Woord van God (Rom. 10:17).

Wanneer die verlore sondaar wl die evangelie hoor, is dit n oproep aan hom om uit sy verlore toestand te ontwaak en te glo dat die Here Jesus sy sonde wil vergewe en aan hom die ewige lewe wil skenk: Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn (Ef. 5:14). By die hoor van die evangelie vind daar by die sondaar n geestelike ontwaking plaas om sy verlore toestand te besef, asook die enigste oplossing daarvoor, naamlik geloof in die Here Jesus as sy persoonlike Saligmaker.

Hierdie kennis stel hom voor n besliste keuse om die eise van die evangelie te aanvaar as hy gered wil word, homself deur die belydenis van sy sonde en verlore toestand tot Christus te bekeer en Hom as Verlosser aan te neem. Wanneer dit gebeur, word die persoon n gelowige in wie se hart die Here Jesus deur die Heilige Gees kom woon (Joh. 14:23).

n Ontwaakte sondaar is nog nie n gelowige voordat hy aan die eise van die evangelie voldoen nie. Dit is op hierdie punt dat Satan probeer om n valse geloof (eintlik ongeloof) in die sondaar se hart te vestig. Dit is veral wanneer die evangelie nie suiwer en in al sy konsekwensies verkondig word nie, dat misleiding kan insluip. n Misleide sondaar kom dan tot die gevolgtrekking dat hy hom nie van al sy sondes hoef te bekeer nie, maar dat hy slegs in God en sy Seun moet glo. Dit is egter nie n saligmakende geloof nie, omdat dit nie met bekering gepaard gaan nie.

God se eis is dat alle mense oral hulle moet bekeer (Hand. 17:30). Waarom moet hulle dit doen? Omdat bekering deel van n ware geloof is. Die Here Jesus s dat die evangelie aan al die sondaars verkondig moet word om hulle o te open, dat hulle hul van die duisternis tot die lig kan bekeer en van die mag van die Satan tot God, sodat hulle deur die geloof in My vergifnis van sondes en n erfdeel onder die geheiligdes kan ontvang (Hand. 26:18).

Die duiwel wil n ware geloof en bekering van hierdie aard voorkom, en mislei mense dan dat hulle net in God moet glo en by n kerk aansluit. Sodoende bou hulle op n valse fondament en ontwikkel net n gedaante van godsaligheid sonder om regtig van n sondige lewenswandel verlos te word (2 Tim. 3:1-5). S n geloof is vals omdat dit net op n verstandelike aanname oor die bestaan van God gebaseer is. Op hierdie basis glo die duiwels ook in God, maar dit maak hoegenaamd nie van hulle bekeerdes of gelowiges nie! Jy glo dat God n is die duiwels glo dit ook, en hulle sidder (Jak. 2:19).

Volgens Jakobus is die toets van n ware geloof die werke wat daaruit voortvloei: Want net soos die liggaam sonder gees dood is, so is ook die geloof sonder die werke dood (Jak. 2:26). Die eerste werke wat uit die geloofsaanvaarding van die Here Jesus voortspruit, is die belydenis van alle sondes wat skeiding tussen jou en Hom maak. Daarna wy jy jou hele lewe aan Hom en doen deur die krag van die Heilige Gees werke wat by die bekering pas (Matt. 3:8). Is hierdie werke, of godsvrug, in jou lewe sigbaar? Indien nie, het jy alle rede om die egtheid van jou geloof te betwyfel.

Doen n eerlike selfondersoek. Paulus s: Ondersoek julself of julle in die geloof is; stel julself op die proef (2 Kor. 13:5). As jou lewe nie regtig verander het nie en die vrug van die Heilige Gees ontbreek steeds daarin, het jy nie n ware geloof nie. Jy is dan n vormgodsdienstige wat die Here net met jou lippe bely, maar jou onweergebore hart is steeds ver van Hom af (Matt. 15:8). Die verskynsel van nominale gelowiges wat nog nie n geestelike ontmoeting met die Here Jesus gehad het nie, kom algemeen in Christelike kerke voor. Sulke mense het nie n getuienis van wedergeboorte nie en probeer om die Here uit eie krag te dien. Hulle valse geloof en selfregverdiging sal hulle nog in die hel laat beland (Matt. 7:22-23; Luk. 18:8).

Ware en valse bekerings

Daar is twee soorte berou wat op hulle beurt tot twee soorte bekerings lei: Want die droefheid volgens die wil van God werk n onberoulike bekering tot redding, maar die droefheid van die wreld werk die dood (2 Kor. 7:10). Hieruit is dit duidelik dat slegs n godgewerkte berou oor sonde, waarin die Heilige Gees jou van jou sonde en verlorenheid oortuig, tot n ware bekering sal lei waaroor jy nooit spyt sal wees nie. Dit gebeur nadat n sondaar aan die evangelie-boodskap blootgestel is en op grond daarvan van sy onwaardigheid, sondigheid en die Here Jesus se reddende genade bewus geword het.

Die ander soort berou wat tot n valse bekering en die ewige dood lei, is selfbejammering. Baie keer is mense bitter jammer wanneer hulle sonde gedoen het en dit tot hulle skade en skande geopenbaar is. Dit mag die gevolg van drank- of dwelmmisbruik, buite-egtelike verhoudings, korrupsie, diefstal, polities-gemotiveerde verraad, of enige ander sonde wees. Hierdie mense het gewoonlik groot berou oor wat hulle aan hulleself, hul gesinne, hul vriende of aan ander mense gedoen het. Hulle wend dan menslike pogings aan om hulself sonder die Here se hulp uit di toestand te rehabiliteer en sodoende vir die gemeenskap aanvaarbaar te maak.

Selfbejammering lei egter na die dood omdat sulke mense na meegevoel, menslike hulp (waaronder ook sielkundige berading) en aanvaarding deur die gemeenskap soek. Dit kan egter nie hulle sondeskuld wegneem en hulle siele red nie, daarom bly hulle in hul sonde. Selfs al beloof hulle plegtig om nie weer hierdie dinge te doen nie, lei dit nie tot n blywende bekering en lewensverandering nie. Hulle goeie voornemens hou net n rukkie, want die vlees onderwerp hom nie aan die wet van God nie, want dit kan ook nie (Rom. 8:7). Sulke pogings en selfgemaakte bekerings lei na niks nie. Dit is eers wanneer die sondaar die evangelie ernstig opneem en besef dat hy in die eerste plek teen die Here gesondig het, dat n godgegewe sonde-oortuiging oor hom sal kom wat tot n ware bekering sal lei.

Ware en valse gebede

Daar is verskeie kenmerke van ware gebed:

         Dit moet in die Naam van die Here Jesus gebid word, want slegs deur Hom is die verhoring van gebed gewaarborg (Joh. 14:13-14).

         Dit moet in die geloof gebid word (Jak. 1:6-8; Heb. 11:6). In die heel eerste ware gebed wat n persoon bid, moet hy sy sondes bely en die Here Jesus deur die geloof as sy Saligmaker aanneem.

         Dit moet volgens die wil van God gebid word (1 Joh. 5:14). God se wil is dat ons Hom sal erken, sy Naam verheerlik en sal bid dat sy koninkryk kom (Mat. 6:9-10). Omdat sy koninkryk deur die toevoeging van geredde en geheiligde mense uitgebrei word, moet dit by ons n ho prioriteit wees om vir die redding van siele (1 Tim. 2:1-4) en vir hulle heiligmaking te bid (1 Thess. 4:3). Nadat ons oor hierdie verhewe geestelike sake gebid het, kan ons ons tydelike behoeftes noem omdat dit ook God se wil is om hierin te voorsien (Fil. 4:19).

         Persoonlike heiligheid is n vereiste vir gebedsverhoring: en wat ons ook al bid, ontvang ons van Hom, omdat ons sy gebooie bewaar en doen wat welgevallig is voor Hom (1 Joh. 3:22). Ek moet eers vir God verheerlik en myself in gehoorsaamheid aan Hom toewy, of hertoewy, voordat ek oor ander sake begin bid. As ek bewuste sondes in my lewe herberg en daardeur die Heilige Gees bedroef, het ek nie die vrymoedigheid om seninge oor my lewe n ander mense se lewens af te bid nie.

         Gebede wat vir God behaaglik is, moet n ewigheidsdoelstelling h: As ons net vir hierdie lewe op Christus hoop, dan is ons die ellendigste van alle mense (1 Kor. 15:19). Ek moet die koninkryk van God en sy geregtigheid soek, dan sal die ander, tydelike dinge vir my bygevoeg word (Matt. 6:33).

Valse gebede voldoen nie aan die bogenoemde beginsels nie. Hoewel dit in die Naam van Jesus gebid mag word, is dit nie regtig op die uitvoering van sy wil en die uitbreiding van sy koninkryk gerig nie. By gebrek aan n geestelike vergesig gaan dit net altyd oor tydelike dinge soos jou gesondheid, jou finansile belange, jou huis, jou motor en jou kinders se materile welstand. Sulke gebede is vals en word nie verhoor nie: Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid, om dit in julle welluste deur te bring (Jak. 4:3). Die Living Bible parafraseer hierdie teks s: And even when you do ask you dont get it because your whole aim is wrong you want only what will give you pleasure.

Daar is ook nie n duidelike geloofselement by valse gebede betrokke nie, maar slegs n twyfelagtige, vae hoop: want hy wat twyfel, is soos n golf van die see wat deur die wind gedrywe en voortgesweep word. Want di mens moenie dink dat hy iets van die Here sal ontvang nie so n dubbelhartige man, onbestendig in al sy we (Jak. 1:6-8).

n Gebrek aan geloof is n aanduiding van die afwesigheid van n ware geloofsband tussen die bidder en die Here. S n persoon leef nog in sy sonde voort en probeer ook om dit weg te steek, daarom verhoor die Here nie sy gebede wat net op voorspoed en tydelike seninge ingestel is nie: Wie sy oor wegdraai om nie na die wet te luister nie, selfs sy gebed is n gruwel (Spr. 28:9). In n Nuwe Testamentiese verband is s n persoon iemand wat nie die wet van liefde tot God en sy naaste eerbiedig nie, maar in die plek daarvan word die aard van sy gebede deur n verdorwe selfliefde en liefde vir die wreld en sy begeerlikhede gekenmerk.

Ware en valse lewensbeskouings

God het die mens na sy beeld geskape om Hom lief te h en sy wil te doen. Dit verbind die mens aan n Christelike lewens- en wreldbeskouing wat op vaste, Bybelse norme gebaseer is. Ons moet God as Skepper eerbiedig en aanspreeklikheid teenoor Hom aanvaar vir die wyse waarop ons sy skepping onderwerp en daaroor heers (Gen. 1:26). As mense moet ons ons godgegewe identiteit handhaaf en uitleef. God het die mens man en vrou gemaak, daarom moet elkeen se gedrag by sy of haar biologiese identiteit aanpas. As bousteen van die samelewing het die Here die huwelik tussen n man en n vrou ingestel. Verder het Hy ook n bepaalde identiteit aan samelewings verleen deur hulle as verskillende volke met hul eie taal, kultuur en woongebied te laat bestaan (Gen. 11:6-8; Hand. 17:26). Morele beginsels is ook vir goeie interaksie tussen mense op verskillende vlakke neergel, waaronder eerlikheid, hardwerkendheid, ordelikheid, geregtigheid, die erkenning van ander se regte, vreedsame naasbestaan en hulpverlening aan behoeftiges.

Hierteenoor is daar valse, duiwels-genspireerde lewensbeskouings wat uit die mens se verdorwe, sondige natuur voortspruit. God word nie hierin as Skepper erken nie omdat die mens se afkoms in terme van die valse evolusieteorie verklaar word. God se oppergesag, asook die geestelike en morele beginsels van sy koninkryk, word verwerp, daarom matig die gevalle mens homself aan om die bepaler van sy eie lotgevalle te word. Hy eien homself die reg toe om f n agnostikus te wees f om enige afgod van die heidennasies te aanbid. Die hoogste gesag in die samelewing is vir hom die staat, terwyl die beginsels waarvolgens hy leef, deur n humanistiese handves vir menseregte bepaal word. Hierin word daar onbeperkte vryhede aan mense gegee om self hulle identiteit en rol in die samelewing te bepaal. Dit lei daartoe dat die Christelike huwelik nie meer die enigste norm is nie, omdat homoseksuele verhoudings ook toelaatbaar is. Die afwesigheid van n Bybelse moraliteit lei noodwendig daartoe dat hebsug, materialisme, gewelddadigheid, korrupsie, diefstal, wanorde, perverse seksualiteit en sondes van alle moontlike beskrywings vryelik floreer. Spoedig sal die verdorwe wreldbevolking die Antichris as die ongeregtige en mens van sonde as sy leier kies (2 Thess. 2:3-10) en ook deur hom gemobiliseer word om in n selfvernietigingsoorlog teen die ware Christus te veg wanneer Hy kom (Op. 19:19-21; Sag. 14:12-13). Die gevalle mens se valse en verdorwe lewensbeskouings sal dus uiteindelik tot sy selfvernietiging lei.