Program 63: ‘n Nuwe VN Met Groot Magte

Die Veiligheidsraad van die Verenigde Nasies (VN) pas sanksies op state toe wat nie sy besluite wil eerbiedig nie, maar renegaatstate is nie hieroor bekommerd nie omdat daar baie maniere is om sanksies te omseil. Verteenwoordigers van die 191 lidstate van die VN se Algemene Vergadering lewer hoogdrawende toesprake, maar weet dat hulle min of niks daarmee sal bereik nie. Wanneer Israel se ambassadeur na die podium toe stap, verlaat baie van die afgevaardigdes die saal omdat hulle nie regtig daarin belangstel om na die “ander kant” van die storie te luister nie.

Ná die Eerste Węreldoorlog, waarin daar omtrent 12 miljoen mense dood is, is ’n internasionale liggaam gestig om vrede in die węreld te verseker. In 1920 het 32 lidstate die Volkebond gestig. In 1926 is Duitsland as ’n lid van die Bond aanvaar. Toe Hitler egter in 1933 opgang begin maak het, het Duitsland sy lidmaatskap onttrek sodat hy ‘n diktatorskap kon vestig en ongehinderd met die ontwikkeling van sy oorlogsplanne voortgaan. Die Volkebond was dus ’n leeu sonder tande wat nie die Tweede Węreldoorlog, waarin 55 miljoen mense gesterf het, kon voorkom nie.

Op 26 Junie 1945 het afgevaardigdes van 51 nasies in San Francisco byeengekom om die Verenigde Nasies as opvolger vir die Volkebond te stig. In die lig van die Volkebond se mislukking is daar meer magte aan die VN verleen. Dit is egter duidelik dat die VN ook ’n leeu sonder tande is, want 21 van sy 191 lidstate is in oorloë gewikkel en die VN is nie in staat om die vyandighede te beëindig nie. Die VSA se eensydige inisiatief om sonder ’n VN mandaat ’n oorlog teen Irak te voer, is die mees onlangse bewys van die VN se magteloosheid.

Belangrike Nuwe Rol vir die VN

Die nasies van die węreld het nou besluit om die VN te herorganiseer en te bemagtig. Dit moet nie meer net ’n waarnemer wees nie, maar ’n węreldpolisiemag wat die orde en vrede militęr kan handhaaf.

In die internasionale gemeenskap is daar ’n Kwartet bestaande uit die VSA, die VN, die Europese Unie en Rusland wat deur middel van hoë vlak verteenwoordigers gereeld samesprekings oor gepaste stappe en beleidsrigtings vir węreldsake voer. Volgens inligting op die webblad van die VSA se Dept. van Buitelandse Sake is die huidige fokus van die Kwartet se samesprekings op die Israels/Palestynse kwessie en op die verdeling van Israel se grondgebied ter wille van ’n Palestynse staat gerig, asook op die spoedige oorgang na ’n burgerlike regering in Irak. Daar word beoog om beide dié sake in die volgende jaar of twee af te handel.

Amerikaanse soldate in Irak is onder toenemende druk, en Amerika wil hulle graag onttrek sonder om sy geloofwaardigheid te verloor. Die VSA wil ook nie die plofbare toestand in Irak aan die beheer van die anti-Amerikaanse Sjiďete-Molems oorgee nie. Wie kan die magsvakuum vul? Net die VN. Dit lyk of die internasionalisering van Irak homself op alle partye afdwing.

Die VN is egter deur terroriste-aktiwiteite gedwing om sy afvaardiging uit Irak terug te trek toe sy hoofkantoor in Bagdad op 19 Augustus verlede jaar in ’n groot bomaanval beskadig en 22 mense dood is – insluitende sy spesiale verteenwoordiger, Sergio Vieira de Mello. Die Sekretaris-generaal van die VN, Kofi Annan, beplan intussen om ’n nuwe VN verteenwoordiger vir Irak aan te wys, wat dalk aanvanklik vanaf ’n land buite Irak sy funksies sal vervul.

Lede van die Kwartet is terdeë van die VN se onvermoë bewus om sonder ’n militęre slaankrag van sy eie ’n vredesrol in Irak of Israel te vervul. Dit is met die oog hierop dat planne gemaak word om die VN in ’n organisasie met uitvoerende magte te omskep, met die reg om homself deur belastings op lidlande te befonds. Dit sal aansienlike uitbreidings noodsaak, ook in die infrastuktuur van sy hoofkwartier.

Die VN se hoofkwartier beslaan ’n gebied van slegs 4,5 akker in Manhattan, New York. Die 23 000 werknemers van die organisasie werk in oorvol geboue. Daar is ook min kans op verdere uitbreidings omdat Amerika nie baie gelukkig met die VN is nie, en waarskynlik bly sal wees as hulle liewer uit New York sou padgee.

‘n Verskuiwing van die VN uit New York sal die probleem van beperkte ruimte in die huidige kompleks oplos, en ook die VN van die fisiese jurisdiksie van die VSA bevry – iets waarvan baie lidlande nie hou nie, veral ná Amerika se eensydige optrede in Irak. Die groot vraag is egter: Waarheen?

Die feit dat die Midde-Ooste die brandpunt in węreldgebeure is, asook die grootste verskaffer van ruolie aan die węreld, noodsaak die nougesette handhawing van stabiliteit hier op ’n deurlopende basis. Dit moet op ’n internasionaal aanvaarbare manier geskied, daarom kan net ‘n VN “met tande” hierdie rol vervul.

Die Internasionalisering van Irak

Dit is sekerlik nie toevallig dat juis Israel en Irak as van deurslaggewende belang vir węreldvrede beskou word, en dat dié twee lande die heel grootste toets vir die beplande nuwe węreldorde is nie. Die Bybel bevestig dit in duidelike taal dat antieke Babilonië (die huidige Irak) in die eindtyd ’n węreldoorheersende rol sal speel en dat die węreldhandel hiervandaan beheer sal word (Op. 18). Dit beteken net een ding – Irak moet geďnternasionaliseer word om die tuiste van die nuwe, uitgebreide VN te wees wat uitvoerende magte sal hę. Dit sal die grondslag vir die Antichris se węreldregering lę.

Volgens Openbaring 17 word Babilon ook as die oorsprong en tuiste van ’n antichristelike węreldgodsdiens beskryf. Die valse godsdienste het inderdaad hulle oorspong in antieke Babilon gehad, van waar hulle oor die hele węreld versprei het. Daar is alle aanduidings dat hulle in die eindtyd weer na hulle plek van oorsprong sal terugkeer. Volgens ’n profesie in Sagaria 5:5-11 word daar vir ’n vrou, wat goddeloosheid genoem word, ’n huis in die land Sinear, wat ook ’n antieke naam vir Irak is, gebou: “...en is dit klaar, dan word sy daar op haar plek neergesit” (Sag. 5:11). Hierdie vrou is dieselfde as “Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere,” wat Openbaring 17:5 se beskrywing van die eindtydse ekumeniese liggaam van valse gelowe is.

Verskeie senior amptenare van die VN het hulleself ten gunste van die stigting van ’n Intergodsdienstige Raad by die węreldliggaam uitgespreek. Op die volgende sitting van die Algemene Vergadering sal president Gloria Macapagal Arroyo van die Filippyne ’n formele voorstel vir die vorming van ’n Intergodsdienstige Raad by die VN indien. Dit sal institusioneel deel van die VN wees. Sy het die saak onlangs met mnr. Bush bespreek om Amerikaanse steun vir die voorstel te verkry. Hy het groot belangstelling hierin getoon.

Die Verenigde Godsdienste Inisiatief wat gestig is toe 1000 godsdiensleiers in Augustus 2000 tydens die VN se millenniumvierings byeengekom het, bestaan as ’n onafhanklike organisasie en tree net as ’n adviserende liggaam vir die Sekretaris-generaal van die VN op. Die nuwe Intergodsdienstige Raad is ‘n ambisieuse stap om die strewe na węreldeenheid en vrede ook op die godsdienstige terrein te bevorder.

Daar is ook verskeie ander aanduidings dat verborge Babilon gestalte begin aanneem. In Augustus 2003 het 120 politici, akademici en godsdiensleiers in Londen byeengekom om ‘n intergeloofskonferensie te hou met die tema: “The world at a turning point.” Hulle het die wenslikheid van ’n toekomstige Intergodsdienstige Raad by die VN bespreek. Dr. Clinton Bennet, ‘n voormalige sekretaris van die Britse Raad van Kerke se komitee vir intergeloofsbetrekkinge, het van die konferensie gesę: “Dit kan die belangrikste enkele inisiatief vir węreldvrede in meer as ’n halfeeu wees.”

Dieselfe gees van intergeloofsamewerking ter wille van vrede is ook sterk in Babilonië werksaam. Daar is reeds ’n Intergodsdienstige Raad vir Vrede in Irak gestig en hulle het in Augustus verlede jaar hulle eerste sitting gehad. Op hierdie raad is sowel vooraanstaande Sjiďete en Soeni Moslems verteenwoordig, asook Christene en Sabeërs (sterredienaars).

Daar is alle aanduidings dat die komende Antichris en valse profeet albei binne die strukture van ’n vergrote en spesiaal bemagtigde VN sal kan optree. Indien hierdie organisasie na die Midde-Ooste verskuif word, soos wat algemeen verwag word, dan sal die nuwe węreldorde hiervandaan beheer word.

Die belangrikheid van Jerusalem

Jerusalem is, nog veel meer as Babilon, die stad van die toekoms. Die Messias van Israel, wat ook die Verlosser en Koning van die hele węreld is, kom na Jerusalem terug om sy vrederyk hier te vestig en die hele węreld van dié stad af af te regeer (Sag. 14:4-5; Jer. 3:17; Hand. 15:16-17). Omdat die Antichris dit weet, en daarna streef om in die plek van Christus oor die węreld te regeer, sal hy ook besondere belangstelling in Jerusalem toon. Hy voer verskeie sinistere planne met hierdie stad in die mou. Dit staan alles met ‘n verskerpte haatveldtog teen Jesus Christus in verband.

Sy een plan is om tot die ortodokse Jode se harte te spreek deur hulle aan te moedig om die tempel te herbou. Hy sal homself ook as hulle beloofde Messias aanbied, en hulle sal hom blindelings aanvaar (Joh. 5:43). Die Antichris weet dat die herbouing van die tempel in die teken van die voortgesette verwerping van Jesus as Messias sal staan, asook van sy eenmalig offer aan die kruis. ’n Verdere deel van die Antichris se plan met die bou van die tempel is dat hy beplan om homself in die Allerheilgdom van die tempel tot God te verklaar en ook ’n afgodsbeeld van homself daar op te rig (2 Thess. 2:4; Op. 13:15). Deur hierdie gruwelike daad van hom sal die reeds misleide Jode hulle verbond met hom verbreek, en dan vir hulle lewe uit Jerusalem en Judea moet vlug (Matt. 24:15-22; Dan. 9:27). Die tempel wat hulle wil bou, gaan dus tot hulle byna-vernietiging lei.

Die tweede plan van die Antichris met Jerusalem is om die stad te verdeel, asook die hele land van Israel. Hiervoor sal hy die samewerking van die nasies kry en hulle almal met Jodehaat opsweep. Hy sal die omstredenheid van Jerusalem as verskoning gebruik en ’n multinasionale mag hier ontplooi om teen Christus te veg wanneer Hy kom. Dit sal ’n baie slegte dag vir hom en die valse profeet wees, want hulle sal lewendig gevang en in die poel van vuur gegooi word (Op. 19:19-21). Die magte wat saam met hulle geveg het, sal ook ’n vinnige einde tegemoet gaan (Sag. 14:12).

Die Kwartet van węreldmagte is duidelik besig om in die hande van die komende Antichris te speel deur die NV te hervorm en te bemagtig, Irak as ’n internasionale magsbasis op te bou, en ook Israel se godgegewe land en hoofstad te verdeel.

Gevare van die hervormings

Die Bybel waarsku ons ernstig teen hervormings van hierdie aard omdat dit die weg vir die Antichris voorberei en op die ergste denkbare wyse deur God geoordeel sal word. Wat die beplande uitbreiding en bemagtiging van die VN betref, moet duidelik verstaan word dat dit die godgegewe soewereiniteit van die nasies sal wegneem en hulle aan die gesag van ‘n węreldregering onderwerp. Die komende węreldregering sal, soos al die vorige węreldryke, in ‘n noue assosiasie met ‘n ‘n valse węreldgodsdiens funksioneer. Ons lees in Génesis 11 van die eerste węreldryk ryk met Babel, in die huidige Irak, as sy hoofstad. Die mens het God gesmaad en vir homself alle mag toegeëien. Soos ook in die latere Babiloniese ryk van Nebukadnésar, is al die onderdane van die ryk by ‘n valse węreldgodsdiens ingedwing. Ná die val van die Babiloniese ryk was daar ook die Medo-Persiese, Griekse en Romeinse węreldryke wat ewe goddeloos was. Volgens Openbaring 17 en 18 sal die laaste węreldryk weer ‘n Babiloniese sameswering teen die koninkryk van God en die vryheid van die mensdom wees.

Die huidige veldtog wat deur die Kwartet van węreldmoondhede gevolg word om ‘n nuwe węreldorde te implementeer, is op al die antichristelike beginsels van die vorige węreldryke gebaseer. Om hierdie rede lę dit die grondslag vir die herlewing van die Babiloniese ryk wat onder die leiding van berugte goddelose diktators soos Nimrod, Nebukadnésar en Belsásar gestaan het. Só ‘n ryk is in sy wese antichristelik georiënteerd omdat dit in ‘n bondgenootskap met die węreldse godsdienste van die gevalle mens gaan. Weens die eksklusiewe aard van die evangeliese Christendom kan dit glad nie in dieselfde juk met die nie-Christelike gelowe trek nie, soos in Johannes 14:6 en 2 Korinthiërs 6:14-17 verduidelik word. Węreldleiers wat hierdie internasionaliseringsproses ondersteun, werk dus téén Jesus Christus en vír die Antichris omdat hulle noodwendig multigodsdienstig ingestel moet wees om deur almal aanvaar te word.

God se oordele rus op die Babiloniese nuwe węreldorde waaraan daar nou so koorsagtig gewerk word. Wanneer dit ten volle ontplooi het, sal Babel beheer oor al die rykdomme van die węreld uitoefen en ook ‘n tuise vir goddelooshede van alle soorte bied. God se volk het niks met die Babiloniese sameswering te doen nie, daarom word hulle ernstig beveel om uit Babel en sy sisteme weg te kom: “Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hę en van haar plae ontvang nie. Want haar sondes reik tot aan die hemel, en God het haar ongeregtighede onthou… haar plae [sal] op een dag kom: dood en droefheid en honger; en met vuur sal sy verbrand word, want sterk is die Here God wat haar oordeel” (Op. 18:4-5,8).

Net so ook rus die oordele van God op die nasies wat Israel uit hulle land verdryf het, en nou in die eindtyd die herstelde Israel se land verdeel, en ook teen Jerusalem sal optrek om teen Israel en sy Messias te veg. Die Here sę: “Want kyk, in dié dae en in dié tyd wanneer Ek die lot van Juda en Jerusalem verander, sal Ek al die nasies versamel en hulle na die dal van Jósafat laat aftrek, om daar met hulle ‘n strafgerig te hou ter wille van my volk en my erfdeel Israel wat hulle onder die nasies verstrooi het, en my land wat hulle verdeel het” (Joël 3:1-2). Dit sal inderdaad ‘n slegte dag vir die vyande van Israel wees as hulle veg teen Hóm wat alle mag in die hemel en op aarde het. Die duiwel en die Antichris sal die nasies van die węreld aanhits om teen Israel en sy Messias te veg, omdat hulle weet dat die koms van Jesus Christus op die Olyfberg die einde van hulle nuwe węreldorde en Babiloniese węreldstaat sal wees. Daarna sal Jesus Christus die węreld in geregtigheid regeer uit Jerusalem.

Moet dus nie ter wille van tydelike gewin die nuwe węreldorde ondersteun deur multigodsdienstige denke te aanvaar, die grense tussen nasies en volke weg te neem, en Israel te vervolg deur druk op hulle toe te pas om hulle land en hulle stad, Jerusalem, tussen hulleself en die Palestyne te verdeel nie. Moet ook nie die Godheid van Jesus Christus en sy unieke posisie as die enigste Redder en Verlosser van ‘n verloregaande węreld misken deur die Christendom te minag deur dit met ander gelowe gelyk te stel nie. Die vyande van Jesus Christus gaan vir hulle ongeloof in Hom met hulle lewe boet omdat hulle teen die ware God gerebelleer het.