Program 61: Die Gees van Babilon

Johan Malan

Die huidige Irak het in Bybelse tye as Babilonië en soms ook as Assirië bekend gestaan. Die gees van antieke Babilon waai sterk deur Irak om ‘n antichristelike nuwe węreldorde hier te vestig. Dit is daarop ingestel om nie net Irak te transformeer nie, maar ook ander lande in die streek én in die węreld.

Die voortgesette teenwoordigheid van die Amerikaans-geleide koalisiemagte in Irak is die voorspel tot groot en verreikende veranderings in daardie land, en ook in die res van die węreld. Die VSA beplan om ’n demokrasie, vryemark-ekonomie en godsdiensgelykheid in Babilonië te vestig wat ’n duidelike boodskap aan Teheran, Damaskus en ander outoritęre regerings sal stuur om Irak se voorbeeld te volg as hulle vrede wil hę en ten volle deur die internasionale gemeenskap aanvaar wil word.

Indien só ’n oplossing in dié hoogs plofbare deel van die węreld slaag, sal dit ’n belangrike deurbraak vir die beplande nuwe węreldorde van vreedsame naasbestaan en multinasionale samewerking wees. Indien die plan sou misluk en revolusionęre leiers slaag daarin om hulle greep op die olieproduserende Moslemlande te verstewig, kan dit tot ’n nuwe vlaag van godsdienstige radikalisme lei en die begin van ’n derde węreldoorlog wees. Daar is dus veel op die spel om die duur eksperiment in Irak te laat werk.

Een van die Arabiese lande wat mnr. Bush se versoek tot demokratisering ernstig opneem, is Jordanië. Die jong koning Abdullah II het sy land se parlement en nuut verkose senatore gevra om Jordanië in ’n moderne, demokratiese land te omskep. In die proses moet ingrypende sosio-ekonomiese hervormings ingestel en konflikte, ook in die streek, vermy word. Hy het daarop aangedring dat leiers met vaste oortuigings vorentoe gaan om van Jordanië ’n beskaafde model van verdraagsaamheid, vryheid van gewete (en dus ook van godsdienstige oortuigings), kreatiwiteit en uitnemendheid te maak. Koning Abdullah is baie sterk op multigodsdienstige denke ingestel, en glo dat alle gelowe veel in gemeen met mekaar het, en dus kan saamwerk.

Dit is hervormings van hierdie aard wat mnr. Bush in Irak probeer implementeer. Hierdie land het geweldige olierykdomme, en dit kan as basis vir ’n florerende ekonomie dien. Die groot probleme van Irak is egter op die terrein van sy bevolking se etniese en godsdienstige samestelling geleë. Die Soenni- en Sjiiëte-Moslems kan mekaar nie verdra nie, en die Koerdiese bevolking in die noorde van die land streef na die stigting van ’n onafhanklike Koerdiese staat. Dit gaan dus buitengewone leierskap verg om ’n geďntegreerde, verdraagsame, harmonieuse, multigodsdienstige demokrasie in hierdie rustelose en diep verdeelde land te vestig.

Niks minder nie as dit is nodig indien die beplande nuwe węreldorde een van sy strafste toetse wil slaag. Irak (antieke Babilon) beweeg stadig maar seker in die rigting van ’n kosmopolitiese węreldstaat waarin alle gelowe welkom is, en waarin uiteenlopende ideologieë verdra en aanvaar sal word. Onwaarskynlik soos dit nou mag lyk, is dit inderdaad die koers waarop hierdie land is. Baie bloed mag nog vloei voordat dit gebeur, maar die magte ten gunste van ’n nuwe węreldorde is op koers om die oorhand hier kry.

Is dit nie verbasend dat twee van die magtigste en invloedrykste lande ter węreld, Amerika en Engeland, die stukrag agter die hervormings in Irak is nie? Miljarde dollars en ponde word hier ingestoot om die plan met Irak, en uiteindelik ook met ander lande soos Sirië en Iran, sonder ’n verdere groot oorlog te laat slaag.

Amerika is tans met ’n ekonomiese plan besig wat Irak en die hele streek kan bevoordeel. Dit gaan oor ’n multinasionale ooreekoms tussen Irak, Turkye en Sirië oor waterregte uit die Eufraat- en Tigrisriviere. Hierdie twee riviere het deur die paradys gevloei, en is steeds die lewensaar vir miljoene mense in verskeie lande.

’n Tuiste vir alle gelowe

Volgens die Bybel sal die herstelde Babilon in die eindtyd “die moeder van die hoere” genoem word (Op. 17: 5), m.a.w. ’n tuiste en plek van samekoms vir alle valse godsdienste op aarde. Amerika en Engeland lę dus net die fondament vir nog veel meer radikale hervormings wat die komende Antichris in hierdie land, waarin die mensdom sy oorsprong gehad het, sal implementeer.

Daar is reeds tekens dat ander godsdienstige groepe in Irak na vore tree en hulle nuutgevonde vryhede begin beoefen. Een daarvan is die Chaldeeuse Katolieke Kerk met sy 700 000 lidmate, waarvan die meeste in Irak woon, veral in die noorde van die land. Die Chaldeeuse biskop, Rabban Al-Qas van Amadiya, het vroeg in Desember gesę dat Irak hulp van buite nodig het om as ’n land weergebore te word. Volgens hom sien 80% van Irak se mense die koalisiemagte as bevryders wat die weg na ’n nuwe bedeling baan. Biskop Al-Qas was onlangs saam met ander leiers van sy kerk by die Vatikaan sodat die nuwe “patriarg van Babilon van die Chaldeërs” vir die Chaldeeuse Katolieke Kerk aangewys kon word.

Die antieke land van die Chaldeërs is vir groot en węreldwye hervormings bestem. Tydens die Antichris se regering sal die węreldmarkte ook hiervandaan af beheer word (Op. 18). Babilon gaan dus nog die simbool van ’n nuwe węreldorde word wat in absolute opposisie teen die Drie-enige God van die Bybel is – en veral teen sy Seun, Jesus Christus – voordat dit met die wederkoms van Christus tot ’n finale val sal kom (Jes. 13: 19-22; Op. 18:4-8).

Die Gees van Babilon

In ‘n sekere sin word die hervormings in Irak węreldwyd geďmplementeer. Daar is ’n Babiloniese gees van multigodsdienstige denke aan die werk wat daarop gerig is om verskille te oorbrug en oral op aarde eenheid, vrede en harmonie te bewerkstellig.

Die mees emosiebelaaide, ideologies diepliggendste verskille tussen groepe mense is godsdienstig van aard, en daarom vir die meeste aanhangers daarvan nie onderhandelbaar nie. Dit skep ’n wye en onoorbrugbare kloof tussen mense. Sommige gelowe, veral Islam, is baie militant en het in historiese tye al verskeie pogings aangewend om hulle invloed deur geweld en intimidasie uit te brei. Die huidige stryd wat fundamentele Moslemgroepe teen Israel, Amerika, Engeland en verskeie ander lande en Christen-groepe voer, is alles deel van hulle godsdienstig-gemotiveerde geweld teen “ongelowiges” wat nie die Allah van die Koran aanbid nie.

In antwoord op die dreigende gevaar van godsdienstig-gemotiveerde terreur en oorlogvoering, doen godsdiensleiers nou alles in hulle vermoë om versoeningsbrűe te bou en radikalisme te ontmoedig. In die proses verloën hulle selfs die ware aard van die Christendom deur dit op ’n intergeloofsbasis op dieselfde vlak as ander gelowe te plaas. Wanneer ‘n mens dít doen, dan verloën jy die Here Jesus as die enigste Middelaar tussen God en die mens (Joh. 14:6; 1 Tim. 2:5).

Lorin Smith van Christian Research Projects, ‘n bediening wat internasionale gebeure en hulle invloed op die Christendom bestudeer, sę dat die Christendom in die konstruksie van ‘n nuwe węreldorde ‘n ideologiese aanslag op sy basiese geloofsoortuigings ervaar wat erger is as enigiets wat dit in die afgelope twee millennia beleef het. In die nuwe węreld moet alle godsdienste as geldige paaie na God erken word. Godsdienstige eksklusiwiteit, absolutisme en dogmatisme sal as potensiële bedreigings vir węreldvrede en oorlewing op die planeet beskou word. Om hierdie rede word alle vorms van godsdienstige fundamentalisme, ook die evangeliese Christene wat nie met ander gelowe kompromie kan maak nie, as ver-regse radikalisme bestempel en met vervolging gedreig.

Dít is die Babiloniese gees van intergeloofsdenke wat nou oor die aarde waai. Dit het in net ’n paar jaar feitlik alle nasionale grondwette en onderwysstelsels binnegedring en laat verander, media-organisasies se beleidsrigtings bepaal, en is nou besig om kerke en kweekskole na die afgrond van multigodsdienstige denke mee te sleur. Verskeie teoloë ry op hierdie wa saam, op voorwaarde dat hulle Jesus Christus verloën deur die aanspraak te verwerp dat niemand sonder Hom gered kan word nie (Hand. 4:12). Hulle mag ook nie, soos in die Bybel, ‘n slegte konnotasie aan die nie-Christelike gelowe gee nie (2 Kor. 6:14-17).

Katolieke werk saam

Die Rooms-Katolieke Kerk werk ook hartlik saam om die Babiloniese gees te bevorder. In sy nuwejaarsboodskap het die pous ‘n sterk pleitdooi vir ‘n nuwe węreldorde van internasionale verdraagsaamheid en onderlinge aanvaarding gelewer. In Oktober 2003 het afgevaardigdes uit baie lande ‘n intergeloofskongres wat deur die Rooms-Katolieke Kerk in samewerking met die Verenigde Nasies gereël is, in Fatima, Portugal, bygewoon. Hierdie heiligdom wat ter ere van moeder Maria opgerig is, gaan nou in ’n sentrum omskep word waar aanhangers van alle godsdienste hulle gode kan vereer.

Die direkteur van hierdie heiligdom, Luciano Guerra, het aan die Hindoe-, Moslem-, Boeddhistiese, Joodse en Christen-afgevaardigdes, asook voorvaderaanbidders uit Afrika, gesę dat Fatima ten goede vir almal van hulle gaan verander. Hy het gesę: “Die toekoms van Fatima, asook die verering van God en sy moeder by hierdie heiligdom, moet omskep word in ’n plek waar alle godsdienste kan meng. Die intergeloofsdialoog in Portugal, en ook in die Roomse Kerk, is nog in ’n vroeë stadium, maar Fatima sal help om die weg na die nuwe benadering van universalistiese aanbidding te baan.

Guerra het verder gesę die blote feit dat Fatima ’n Moslem naam is (Mohammed se een dogter was Fatima) ’n aanduiding is dat dié heiligdom vir die naasbestaan van alle godsdienste oop moet wees. Hy het bygevoeg: “Ons moet aanvaar dat dit die wil van die geseënde maagd Maria is dat hierdie verandering sou plaasvind.” Konserwatiewe Katolieke wat die intergeloofsidees verwerp het, is deur Guerra as oudmodies, kleingeestig en fanaties-ekstremistiese opruiers beskryf, wat in die pad van godsdienstige versoening staan.

Een van die sprekers op die kongres wat in Fatima gehou is, was die Jesuďtiese teoloog, Jacques Dupuis. Hy het baie sterk daarop gestaan dat alle gelowe moet verenig: “Die godsdiens van die toekoms sal ’n samevloeiing van alle gelowe onder die leiding van ’n kosmiese Christus wees, wat aan almal se behoeftes sal voldoen. Die verskillende godsdienste in die węreld is deel van God se plan vir die mensdom, daarom werk die Heilige Gees deur die geskrifte van die Boeddhiste, Hindoes, ander nie-Christelike gelowe én die Christendom... Die universele aard van God se koninkryk laat dit toe, daarom is die intergeloofsbeweging niks meer as ‘n diverse vorm van deelgenootskap in dieselfde verborgenheid van die goddelike verlossingsplan nie. Uiteindelik sal dit van die Christen ‘n beter Christen en van die Hindoe ‘n beter Hindoe maak.”

Hindoe-afgevaardigdes het hierdie siening bevestig en daarop gewys dat miljoene Hindoes positiewe vibrasies aangevoel het toe hulle heiligdomme van Maria in die Ooste besoek het. Hulle het dit glad nie as ’n bedreiging vir hulle geloof ervaar nie – eerder as ‘n versterking en aanvulling daarvan.

Die węreldwye swaai van die openbare mening ten gunste van multigodsdienstige denke, skep die klimaat vir die verskyning van die kosmiese Christus van alle gelowe – die Antichris (Op. 13:1-4).

Geestelike verval

Terwyl multigodsdienstige denke veld wen, is daar grootskaalse verval onder konserwatiewe Christene. As gevolg hiervan is die begrip “weergebore Christen” besig om baie van sy betekenis in die VSA te verloor. In die verlede is aanvaar dat ’n weergebore Christen ’n evangeliese, Bybelgelowige Christen is wat in die basiese Christelike leerstellings glo. Uit ‘n onlangse meningspeiling blyk dit egter dat daar grootskaalse geestelike verval onder dié groep mense in Amerika voorkom.

In die bekende Wall Street Journal sę Dave Shiflett dat sekulariste, liberaliste en Moslems nie meer die konserwatiewe Christene hoef te vrees nie omdat hulle nie daarop ingestel is om die ‘heidene’ te evangeliseer en tot bekering te lei nie. Hulle glo nie meer dat daar so-iets soos ’n heiden is nie omdat hulle die gelykwaardigheid van alle godsdienste erken. Selfs die mees gevreesde groep van “weergebore Christene” onder die konserwatiewes vertoon ’n groter mate van verdraagsaamheid teenoor ander gelowe.

Volgens die meningspeiling glo 26% van die weergeborenes wat ondervra is, dat alle gelowe basies dieselfde is, terwyl 50% van hulle glo dat ‘n lewe van goeie werke genoeg is om jou in die hemel te kry. 35% van hierdie groep glo nie dat Jesus liggaamlik uit die dood opgestaan het nie, maar nogtans noem hulle hulself weergebore Christene. Paulus sę egter:

As Christus nie opgewek is nie, dan is julle geloof nutteloos, dan is julle nog in julle sondes; dan is ook die wat in Christus ontslaap het, verlore... Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. Want aangesien die dood deur ‘n mens is, is die opstanding van die dode ook deur ‘n mens. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word... Die laaste vyand wat vernietig word, is die dood (1 Kor. 15:17-26).

Hieruit is dit duidelik dat die sondige natuur wat alle mense van Adam geërf het, tot die ewige dood lei. In Jesus Christus Christus kan ons egter deur die geloof die opstandingslewe kry wat vir ewig sal voortduur. Deur die wedergeboorte word ons deelgenote van sy opstandingslewe. Net Jesus Christus het die sonde en die dood oorwin, en leef vandag om sy genadewerk aan ons mee te deel. As ons nie glo dat Hy die graf oorwin en opgestaan het nie, dan is daar nie ’n opstandingslewe nie, en kleef die ewige dood ons nog steeds aan.

In die lig van hierdie ontstellende vervalproses is dit duidelik dat die geledere van die relatief klein groepies evangeliese Christene in die węreld ook nog deur twyfelaars soos Thomas, dubbelhartiges soos die ryk jong man, leuenaars soos Ananias en Saffira, en verraaiers soos Judas Iskariot verswak word. Wanneer die gemeentes van Christus van hulle invloed gesuiwer is, sal die ware beproefdes nóg minder wees.

Intussen bult die Babiloniese sameswering van kompromiemakers en valse gelowe sy spiere en tref finale voorbereidings vir die verskyning van die universele messias van alle gelowe. Indien die getroue volgelinge van Jesus egter nie onder die Babiloniese druk swig en na die vyand se kamp oorloop nie, sal hulle waardig wees om die komende verdrukking te ontvlug en voor die Seun van die mense te staan (Luk. 21:36).