Program 58: Messiaanse Jode

Israel was sedert sy vroegste bestaan midde-in die arena waar die groot stryd tussen die ryk van God en die ryk van Satan woed. Die Here het vir Homself n volk uit die heidendom geroep en hulle afgesonder om tot die eer van sy Naam heilig te leef. Hulle moes weerstand bied teen n wreld wat in die mag van die Bose l, daarom is hulle ook Israel genoem, wat Stryders vir God beteken. Dit is te begrype dat die duiwel, as die groot testander van God, alles in sy vermo sou doen om Israel deur fisiese konfrontasies vanuit die geledere van die vyandige heidennasies te vernietig. Ook sou hy, soos met Eva in die tuin van Eden, subtiele verleidingstegnieke gebruik om die volk van God afvallig te maak. Die groot mate van sukses wat hy hiermee behaal het, het na n geestelike polarisasie in Israel gelei. Deur die eeue heen het baie lede van hierdie volk geestelik afvallig geraak, die rug op die Here gedraai en hulle tot n mensgemaakte vormgodsdiens en selfs tot afgodediens gewend.

Ten spyte van hierdie afvalligheid het daar altyd n gelowige kern in Israel oorgebly wat waardig was om die beloftes van God te berf. Selfs in die donkerste uur van die volk se bestaan, toe Elia gedink het dat hy die enigste een was wat nog aan God getrou gebly het, het die Here vir hom ges dat daar nog seweduisend was wat die knie voor Bal nie gebuig het nie. Hierdie gelowige oorblyfsel was altyd ver in die minderheid, maar hulle is die ware Israel van God uit wie die Messias na die vlees gebore is (Rom. 9:4-5).

Die moedige optrede van die gelowige minderheid in Israel loop soos n goue draad deur die volk se vier duisend jaar lange geskiedenis. Abraham het gelowig weggetrek toe die Here hom geroep het, en die belofte ontvang dat uit sy nageslag n Verlosser gebore sou word wat n sen vir die hele wreld sou wees. In Abraham se voetspore het Isak en Jakob as stamvaders in die volgende twee geslagte ook daartoe bygedra om die grondslag van hierdie besondere volk te l.

In die afvalligheid wat daarna ingetree het, het die Here manne soos Josef, Moses, Kaleb, Josua, Dawid en die profete geroep, wat dikwels te midde van lewensgevaar die gety van goddeloosheid getrotseer en die weg terug na die Here aangewys het. Omdat hulle geweet het wat in hierdie groot stryd op die spel is, het hulle nie vir opposisie gevrees nie en was meer as bereid om die prys vir hulle optrede te betaal. Josef is in n put gegooi en as n slaaf aan die Midianiete verkoop. Moses moes alleen na die woestyn toe vlug omdat sy volksgenote hom verwerp het nadat hy n Egiptenaar doodgesalaan het. Kaleb en Josua het n minderheidsverslag ingedien toe die ander tien verspieders die volk ontmoedig het om die gevreesde Kananiete uit hulle erfdeel te verdryf. As gevolg van hulle vreesloosheid, volle vertroue op die Here en hulle aandrang om die vyande van God die stryd aan te s, wou die volk hulle stenig. Dawid het ook die bitter beker van verwerping deur sy volksgenote gedrink en baie dae en nagte as n voortvlugtende in spelonke deurgebring. Baie van die profete is vervolg, in gevangenisse opgesluit en selfs doodgemaak! Die Here Jesus is self meedonloos vervolg, vals beskuldig, vir die prys van n slaaf verkoop en deur die volksleiers oorgelewer om saam met rowers gekruisig te word.

Die Here het die kragtige getuienis van geloofshelde soos hierdie ryklik beloon en hulle gebruik om duisende van hul volksgenote weer uit hulle afvallige toestand na Hom terug te lei. Josef kon as vors in Egipte tydens n groot hongersnood in Egipte tot die redding van al sy broers en hul gesinne kom. Moses is deur die Here gebruik om die hele volk uit hulle slawerny na vryheid te lei en hulle met groot gesag in die we van die Here te onderrig. Josua het die twaalf stamme die Beloofde Land binnegelei en groot oorwinnings oor die heidennasies behaal vir wie hy as verspieder nie verskrik geraak het nie. Dawid het een van Israel se mees roemryke vegtende konings geword en uit sy geslag is die beloofde Messias gebore. Die profete het die volk op die koms van die Messias-Koning voorberei, en selfs in tye van groot afvalligheid daartoe bygedra dat n gelowige oorblyfsel in Israel vir die Here versamel en in stand gehou word.

Jesus, die Messias, het deur sy lyding en sterwe God se genadewerk onder die oorblyfsel moontlik gemaak omdat die Messiaanse profesie en die offerdiens van die Ou Testament almal in Hom vervul is. As gevolg van sy offer aan die kruis was geen tempeldiens en bemiddelingswerk deur priesters en profete daarna meer nodig nie. Die voorhangsel in die tempel is geskeur en die deur vir elkeen geopen om self in die naam van die Messias tot die genadetroon toe te tree en vergifnis van sondes te verkry. Op Pinksterdag het die kerk van die Nuwe Testament deur die bekering van drieduisend Jode tot stand gekom. Die stryd en die vervolging sou egter voortduur, en n die uitstorting van die Heilige Gees het die opdrag van wreldevangelisasie n aanvang geneem. Die arena van die stryd tussen die godsryk en die satansryk is hierdeur na al die nasies uitgebrei omdat die ware gelowiges moet skyn soos ligte te midde van n krom en verdraaide geslag. Benewens die vervolging van die kerk van Christus sou Israel steeds n belangrike teiken vir aanvalle deur Satan bly omdat hulle die draers van talle verbondsbeloftes is wat nog in die toekoms vervul moet word.

As gevolg van die intensiewe kosteberekening en ho prys wat n ortodokse Jood moet betaal om n Christen te word, is die verskynsel van n onwedergebore naamchristendom onder hulle feitlik onbekend. Wanneer hulle besluit om hul harte vir die Here Jesus te gee, is dit gewoonlik met opregtheid en groot toewyding dat di stap geneem word. Dit is in skrille teenstelling met die nie-Joodse nasies waarin daar n geweldige groot naamchristendom is mense wat net aan kerke behoort, maar geen getuienis van wedergeboorte het nie.

Die moderne geloofshelde onder die oorblyfsel van Israel het met net soveel stryd en teenkanting as hul broeders en susters in die vroe Christelike kerk te doen. Hieronder volg twee getuienisse van sulke manne en vroue wat kragtiglik deur die Here as herders onder die verlore skape van Israel gebruik is, om ook onder di volk n oorblyfsel vir sy Naam behoue te laat bly.

Leopold Cohen

Asn tipiese voorbeeld van die vervolging wat Jode ervaar wanneer hulle die Here Jesus as Verlosser aanneem, word die ervarings van rabbi Leopold Cohen in onskou geneem. Hy is in die 19de eeu in Berezna in Oos-Hongarye gebore. N sy 13-jarige bevestiging (Bar Mitzvah) het hy besluit om homself as n rabbi te bekwaam en n geestelike leidsman onder sy eie mense te word. Gedurende sy studentejare het die brandende probleem van sy volk se internasionale verstrooiing (diaspora) en die lang wag op die Messias aan hom geknaag. Tydens sy bediening het hy baie tyd aan gebed en navorsing hieroor gewy. n Deel van sy oggendgebed was n herhaling van Artikel 12 van die Joodse geloofsbelydenis: Ek glo met n volkome geloof in die koms van die Messias, en alhoewel Hy vertoef sal ek daagliks sy koms verwag.

Die gereelde uitspreek van hierdie woorde het die begeerte van sy hart na die vervulling van God se beloftes en die spoedige herstel van die verstrooide Israel s in sy binneste laat opvlam dat hy nie langer met die formele gebede tevrede was nie. Snags het hy op die kaal vloer gaan sit om die verwoesting van die tempel te betreur en God te smeek om die koms van die Messias te verhaas. Vrae soos: Waarom vertoef die Messias? en Wanneer sal Hy dan kom? het dikwels die jong rabbi se gedagtes geteister. Op n dag het hy die volgende aanhaling in die Talmoed gekry (n Joodse kommentaar met godsdienstige oorlewerings, etiese beskouings en leefrels): Die wreld sal sesduisend jaar bestaan. Daar sal tweeduisend jaar van wanorde wees, tweeduisend jaar onder die Wet en tweeduisend jaar van die Messias se tyd.

Met opgewonde belangstelling het hy hom tot die geskrifte van Rashi gewend, wat n vooraanstaande Joodse verklaarder was, maar dit het nie veel gehelp nie: N die tweeduisend jaar sal die Messias kom en die goddelose koninkryke vernietig. Dit het die oplossing van sy probleem nog moeiliker gemaak, want volgens die Talmoed se berekening moes die Messias lankal reeds gekom het. In plaas daarvan het die internasionale verstrooiing van Israel aangebreek, wat een van die bitterste feite van hulle geskiedenis is om van rekenskap te gee.

Kan dit moontlik wees, het Leopold Cohen homself afgevra, dat die bestemde tyd vir die koms van die Messias sonder die vervulling van die belofte verbygegaan het? Erg verward het hy besluit om die oorspronklike profesie in die Ou Testament te raadpleeg. In Danil 9 het daar vir hom lig begin opgaan, en hy het n skatkamer van verborge waarhede ontdek. Uit Danil 9:24 het hy afgelei dat die profesie oor die 70 jaarweke n tydperk van 490 jaar voorstel. Gewoond aan die ingewikkelde en dikwels abstrakte redenasies van die Talmoed, is die rabbi deur die duidelike stellings in God se Woord bekoor. Hy het spoedig die betroubaarheid van die Talmoed in twyfel getrek omdat dit in belangrike opsigte van die Skrif verskil. Sy gebed tot die Here was: Open my o sodat ek die wonders in u Wet kan sien.

Die Nuwe Testament was tot in daardie stadium vir Cohen nog n geslote boek en hy het nie daarin na antwoorde gesoek nie. Hy het in di tyd die hulp van n ouer rabbi in n naburige dorp oor sy twyfel in verband met die Talmoed gesoek. Hierdie rabbi het hom egter uitgeskel en n stortvloed beledigings en lasterlike uitlatings oor hom uitgespreek. Hy het bygevoeg: Het jy dan onderneem om die ondeurgrondelike bloot te l? Jy is nog skaars uit die dop en jy het al klaar die vermetelheid om beswaar teen die leer van die Talmoed te maak! Is die leer van ons meesters nie meer goed genoeg vir jou nie? Jy praat presies soos die Amerikaanse afvallliges wat glo dat ons Messias reeds gekom het. Wees gewaarsku dat as jy met hierdie lasterlike gedagtes aanhou, jy met skande daarvan sal afkom en van jou pos onthef sal word. Miskien sal jy dan ook by daardie afvalliges in Amerika aansluit.

Teleurgesteld en verpletterd het die rabbi afskeid geneem, maar die gedagte het by hom posgevat: Amerika die land van vryheid. Daar kon hy sy navorsing voortsit. In Maart 1892 het rabbi Cohen in Amerika aangekom en spoedig met Messiaanse Jode kontak gemaak. Hy het n Hebreeuse Nuwe Testament gekry, en by die lees van die eerste sin daarvan het hy diep binnekant geweet dat die einde van sy soektog aangebreek het: Die geslagsregister van Jesus Christus (Yeshua Ha Mashiach), die seun van Dawid, die seun van Abraham. Vir die eerste keer het hy die beeld van die lydende Messias in Jesaja 53 verstaan. Hoewel dit aanvanklik baie sielswroegings vir hom meegebring het, het hy besef dat Yeshua, die Messias, die Een in wie Israel verheerlik sal word, dieselfde as die Jesus is wat deur die Christene aanbid word. Hy het sy lewe aan die Here Jesus gewy en belowe dat hy Hom sou dien, ongeag wat dit sou kos.

Die koste was inderdaad hoog. Die ortodokse Jode het hom as n verraaier bestempel en selfs planne beraam om hom dood te maak. Vriende het hom gehelp om na Skotland te vlug waar hy sy studies voortgesit het. In 1893 was hy terug in New York en het evangelisasiewerk onder sy eie mense gedoen. Dit was moeilike dae die koskas was dikwels leeg en hy het ook sy vrou se juwele verkoop om die huur van die eenvoudige saaltjie te betaal. Van sy grootste beproewings het egter gekom van valse broeders wat voorgegee het om eensgesind met hom te wees. Een middag moes hy n Nuwe Testament aflewer by n huis waar dit bestel is. Toe hy daar aankom, het n sterk man hom aangeval, met die vuis geslaan, op hom getrap, daarna sy ore gegryp en sy kop herhaaldelik teen die vloer gestamp met die woorde: Hierdie ore wat van Sinai gehoor het dat ons geen vreemde gode mag h nie, en nou na die Christene se afgode luister, moet afgeruk word.

Cohen het met n bebloede gesig huis toe gegaan, maar dit was die bloed van een wat vir die waarheid gely het. Jesus het self ges dat n leerling nie hor as sy meester is nie, en as die mense Hom geslaan en vervolg het, sal hulle dit met ons ook doen (Joh. 15:20). Deur sy toegewyde diens het eerw. Cohen n aansienlike Joodse Messiaanse gemeenste opgebou. Daar was groot waardering en erkenning vir sy werk om n oorblyfsel in Israel te help versamel, en in 1930 het die Wheaton-kollege in Illinois in eredoktorsgraad in die teologie aan hom toegeken.

Leopold Cohen was n onverskrokke soldaat van die kruis en een van die groot gawes van Jesus Christus aan sy kerk op aarde.

Albert Nathan

Nog n getuienis is di van Albert Nathan. Hy was die seun van ortodokse Jode. In die gemeenskap waarin hy opgegroei het, is met die Christelike geloof gespot en Jode wat Christene geword het, is verag. Toe Nathan 19 jaar oud was, het hy op n sakereis na Amerika vertrek. Hy was van plan om in die ses maande soveel as moontlik wreldse plesier te geniet. Op een van sy wandeltogte deur die strate van New York het hy pragtige sang in n saal gehoor. Hy het gedink dat dit n konsert was en ingegaan en naby die koor gaan sit. Wat was sy ontsteltenis nie groot toe hy gehoor het dat die sang tot die eer van Jesus Christus was nie! Hy wou dadelik weer uitgaan, maar dit was nie so maklik nie. n Paar dames en mans by die deur het vir hom gevra: Sing ons dan s lelik dat jy nou al wil loop? Jy is baie welkom om te bly. Hy wou naby die deur sit, maar is tot voor die koor geneem en ook n Bybel en n liedereboek gegee. Hy het soos n gevangene daar gesit.

In die tyd van gebed wat aangebreek het, was Nathan baie bendruk om te hoor hoe kinderlik intiem die mense met hulle barmhartige hemelse Vader praat. Soos weerlig het die gedagte hom getref: God is my barmhartige Vader en Hy soek my om my van my sondes en ydelheid te red. N die byeenkoms het die solosanger hom na sy kamer genooi en gevra: Wel, broer, wandel jy in die lig van die Saligmaker? Hoe kan ek, was Nathan se antwoord, ek is nie n Christen nie, ek is Joods. O, hoe bly is ek om dit te hoor, het die jongman ges, Jesus het in die eerste plek na die Jode en vir die Jode gekom. Hulle het saam gebid en Nathan het die Here Jesus as sy Verlosser en Leidsman aangeneem.

Hierdie besluit het ook met groot stryd gepaard gegaan. Hy het besef dat hy nie net van die wreld geskei sou wees nie, maar ook van sy vader en moeder, en dat hy deur hulle sowel as sy ander familie en vriende verwerp en vervloek sou word. In antwoord op n brief waarin hy sy ouers van sy besluit in verband met die Messias vertel het, het sy moeder wat hom innig liefgehad het, geskryf: Ek sou jou liewer dood wou gesien het as om hierdie brief te ontvang. Gedurende die maande lange stryd wat gevolg het, het Nathan deur gebed en Bybelstudie vasgehou aan die liefde en ontferming van Hom wat in sy plek die wreld se haat en veragting n ook die kruis gedra het.

Albert Natahan het sy Verlosser deur die doop bely en n n studie van vier jaar voltydse evangelisasiewerk gaan doen. Gedurende die 19 jaar waarin hy in Amerika, Marokko en Spanje die goeie nuus van die Messias verkondig het, het hy vele Jode, Arabiere en Spanjaarde na die Here gelei. Sy opofferende lewe en opregte liefde vir Jesus het almal se harte gewen met wie hy in aanraking gekom het. Met sy vroe heengaan op 43-jarige ouderdom het baie van die Marokkaanse Jode wat die lig van die Messias deur sy bediening gesien het, saam oor hom getreur. In een van Nathan se laaste preke was sy teks: Ek is met Christus gekruisig, en k leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het (Gal. 2:20).

Redding van die oorblyfsel

In Jeremia 31 word die volgende beloftes van herstel aan n gelowige oorblyfsel van Israel gemaak: In di tyd, spreek die Here, sal Ek vir al die geslagte van Israel n God wees, en hulle sal vir My n volk wees Ja, Ek het jou liefgehad met n ewige liefde; daarom het Ek jou getrek met goedertierenheid. Ek sal jou weer bou, en jy sal gebou word, o jonkvrou van Israel! Want so s die Here: Juig oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die nasies; laat dit hoor, sing lof en s: o Here, verlos u volk, die oorblyfsel van Israel! Kyk, Ek bring hulle aan uit die Noordland en sal hulle bymekaar laat kom uit die agterhoeke van die aarde Hulle sal kom met geween, en met smekinge sal Ek hulle lei; Ek sal hulle bring by waterstrome, op n gelyk pad waarop hulle nie sal struikel nie; want Ek is vir Israel n Vader en Efraim is my eersgeborene. Hoor die woord van die Here, o nasies, en verkondig in die kuslande wat ver is, en s: Hy wat Israel verstrooi het, sal hom vergader en hom bewaak soos n herder sy kudde. Want die Here het Jakob losgekoop en hom verlos uit die hand van hom wat sterker was as hy Is Efraim vir My n dierbare seun of n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom; daarom is my ingewande oor hom in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, spreek die Here. Rig vir jou mylpale op, maak vir jou padwysers, let op die grootpad, die pad wat jy geloop het. Kom terug, o jonkvrou van Israel, kom terug na hierdie stede van jou! Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda n nuwe verbond sal sluit Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle n God wees, en hulle sal vir My n volk wees En hulle sal nie meer elkeen sy naaste en elkeen sy broer leer nie en s: Ken die Here; want hulle sal My almal ken, klein en groot onder hulle, spreek die Here; want Ek sal hulle ongeregtigheid vergewe en aan hulle sonde nie meer dink nie.

Bid vir Israel sodat hierdie wonderlike beloftes spoedig in vervulling sal gaan.