Program 56: Twee Komste van die Messias

Eerste koms van die Messias

Daarom sal die Here self aan julle n teken gee: Kyk, die maagd sal swanger word en n seun baar en hom Immnuel noem (Jes. 7:14).

Die geboorte van Jesus Christus was dan s: Toe sy moeder Maria verloof was aan Josef, voordat hulle saamgekom het, is sy swanger bevind uit die Heilige Gees... En dit het alles gebeur, sodat die woord vervul sou word wat die Here deur die profeet gespreek het: Kyk, die maagd sal swanger word en n seun baar, en hulle sal Hom Emmnuel noem, dit is, as dit vertaal word: God met ons. En Josef... het sy vrou by hom geneem; en hy het haar nie beken totdat sy haar eersgebore Seun gebaar het nie; en sy het Hom Jesus genoem (Matt. 1:18, 22-25).

Behalwe die feit dat die Messias se geboorte n teken moes wees wat duidelik buite die normale gang van sake is (in hierdie geval die feit dat Maria n maagd was), is daar ook n ander baie belangrike rede waarom Jesus as mens nie deur n man verwek kon word nie. Dit het met die oorerflike sondige natuur van die mens te doen (Rom. 5:12; 1 Kor. 15:22). Dit was noodsaaklik dat Jesus nie n biologiese pa gehad het nie, sodat sy bloed (en lewe) onbesmet deur die erfsonde sou wees. Die genetiese inligting waardeur die bloed in die ongebore kind gevorm word, word deur die DNA van die vader bepaal. Dit is waarom daar ook toetse oor die vaderskap van kinders gedoen kan word. Anders as alle ander mense het Jesus nie deur sy geboorte n sondige natuur gerf nie (Heb. 4:15; 7:26-28) en kon dus as die vlekkelose Lam van God n volmaakte offer vir ons sonde wees. Deur gelykvormigheid aan sy dood en opstanding kan ons deelgenote van die goddelike natuur word (1 Kor. 15:45-49).

Daar is nog n verdere rede waarom Josef nie die biologiese pa van Jesus kon wees nie, omdat dit Hom sou gediskwalifiseer het om op die troon van Dawid aanspraak te maak. Volgens n uitspraak in Jeremia 22:28-30 kan geen afstammeling van koning Jegonia op die troon van Dawid sit nie. In die geslagsregister van Jesus deur Josef, word Jegonia genoem (Matt. 1:12). Josef het egter deur aanneming vir Jesus as sy oudste seun en hooferfgenaam aanvaar, daarom kwalifiseer Jesus as die erfgenaam van die troon van Dawid en is Hy ook algemeen as die seun van Dawid aangespreek (Matt. 9:27; 21:9).

Jesus se geslagsregister deur sy moeder, soos in Lukas 3:23-38 aangeteken, verbind Hom ook aan Dawid. Hierdie genealogie word deur Dawid se seun, Natan, bereken terwyl die een in Mattheus 1:1-17 deur Dawid se seun, Salomo, bereken word. Jesus is deur Maria dus ook die seun van Dawid, en deur hierdie afkomslyn word die verbod wat op Jegonia se biologiese afstammelinge rus om koning van Israel te kan wees, omseil.

Die skrifgeleerdes en hopriesters in Israel was in n posisie om die aansprake oor Jesus se afkoms en erfreg in die koningshuis van Dawid te kon nagaan, en hulle het dit nooit op hierdie gronde betwis nie. Onder die volk was Hy algemeen as die seun van Dawid bekend en sonder tespraak in di hoedanigheid aanvaar. Voor Jesus se geboorte al het n engel aan Maria verskyn en ges: En kyk, jy sal swanger word en n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee (Luk. 1:31-32). Hy sl nog in Jerusalem op die troon van Dawid regeer. n Engel het ook aan Josef verskyn en aan hom ges dat Jesus sy volk van hulle sonde sou verlos (Matt. 1:21). Hy sou dus n Messias-Koning vir Israel wees nie net n regeerder nie, maar ook n Verlosser.

Die twee geslagsregisters van Jesus beklemtoon sy twee rolle as Koning van Israel en Redder van die mensdom. Die geslagsregister in Mattheus word net tot by Abraham bereken, wat die eerste Hebrer was. Dit is n Joodse geslagsregister waarin Jesus se posisie as die Koning van die Jode beklemtoon word. In Lukas word Jesus se afkoms egter verder teruggevoer tot by die eerste mens, Adam, en van hom af tot by God. Adam word as die seun van God beskryf (Luk. 3:38). As n afstammeling van Adam is Jesus die Seun van die mens wat gekom het om onder nasate van Adam (dus alle mense op aarde) te soek en te red wat verlore was (Luk. 19:10). Hierdie gedagte sluit aan by die wreldwye perspektief van Lukas se evangelie, tenoor die meer beperkte, Joodse perspektief van Mattheus.

Adam en Jesus word beide as seuns van God beskryf. Adam is die eerste mens wat deur God self gemaak is hy is nie uit n menslike familie gebore nie. Omdat Adam na die duiwel geluister en sy raad nagevolg het om God se bevele te verwerp, het Adam geestelik gesterwe en daardeur n sondige natuur gekry. Hierdie geestelike eienskap is na al sy afstammelinge op aarde oorgedra (Rom. 5:12) sodat almal van hulle n sondige natuur gekry het wat van hulle kinders van God se toorn gemaak het (Rom. 3:10; Ef. 2:3). Die vormgodsdienstige en ongeredde Joodse leiers het as sondaars in die kategorie van kinders van die duiwel geval (Joh. 8:44), daarom het hulle vir Jesus as Messias verwerp en probeer doodmaak.

Jesus, wat as mens deur God self gegenereer is (Hand. 13:33; Heb. 1:1-5), is die tweede Adam deur wie alle mense wat in Hom glo en gevolglik as nuwe skepsele weergebore word, van die toekomstige toorn van God oor die sondaars verlos word (1 Thess. 1:10). Hy maak mense geestelik lewend wat dood was in hulle sonde en misdade (1 Kor. 15:45; Ef. 2:1-2).

Deur die eerste Adam, wat n ongehoorsame seun van God was, het die hele menslike ras in sonde geval. Deur die tweede Adam, wat die volmaakte en sondelose Seun van God is, kan almal wat glo, deel in God se nuwe skepping h. Alle mense (Jode sowel as nie-Jode) wat hulle verlorenheid besef en die Here Jesus as hulle Verlosser ontvang, word as kinders van God aangeneem. Die Heilige Gees wederbaar hulle en word sodoende vir hulle die Gees van aanneming tot kinders, deur wie ons roep: Abba, Vader! (Rom. 8:15). Ons word deur Jesus Christus as kinders van God aangeneem (Ef. 1:5). Ook alle Israeliete wat onder die wet was, moet deur die Messias losgekoop word sodat hulle deur die geloof die aanneming tot kinders kan ontvang (Gal. 4:5). Indien hulle deur die wet gered kon word, dan sou hulle nie n tweede Adam as Messias nodig gehad het nie. Hulle is egter diep van Hom afhanklik! (Hand. 15:7-11).

Om hierdie verlossingswerk te kan doen, moet Jesus nie net die Seun van Dawid en Koning van Israel wees nie, maar ook God self wat tussen mense kom wandel en die prys vir hulle verlossing betaal het. Volgens Johannes is Hy inderdaad die God en die Skepper van die wreld wat vlees geword het om van alle mense wat Hom aanneem, kinders van God te maak (Joh. 1:1-14). Jesus het ges: Ek en die Vader is een (Joh. 10:30). As iemand nie in die Here Jesus se Godheid glo nie, kan hy nie gered word nie (Joh. 8:23-24).

Die Joodse skrifgeleerdes wou die feite oor Jesus se Godheid nie aanvaar nie. Jesus het aan hulle die probleem gestel oor hoe die Messias tegelyk Dawid se seun n Dawid se Here kon wees (Matt. 22:41-46). Hulle kon Hom nie antwoord nie omdat hulle nie in die Godheid van die Messias geglo het nie. Mense wat vir Jesus as die beloofde Messias aanvaar het, het geweet dat Hy God is. Die twyfelende Thomas het later ges: My Here en my God! (Joh. 20:28).

Paulus het die groot omvang van die openbaring van God die Vader deur God die Seun begryp en verklaar: In Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik (Kol. 2:9). Jesus is Here (Kurios Hand. 10:36) en God (Theos Rom. 9:5). In sy brief skryf Petrus van onse God en Saligmaker, Jesus Christus (2 Pet. 1:1). Johannes s: Ons is in die Waaragtige... Jesus Christus. Hy is die waaragtige God en die ewige lewe (1 Joh. 5:20). Oor sy wederkoms het Sagaria al lank voor Jesus se eerste koms geskryf: Dan sal die Here my God kom, al die heiliges met U! (Sag. 14:5).

Baie van die moderne skrifgeleerdes glo ook nie in die Godheid van Jesus nie. Die noodwendige gevolg hiervan sal wees dat hulle n almal wat soos hulle dink, in hulle sonde sal sterf. Alle mense wat die Here Jesus se maagdelike geboorte en Godheid verwerp, het n baie beperkte begrip van Hom vir wie alle dinge moontlik is. Jesus Christus het gekom dat ons lewe en oorvloed kan h (Joh. 10:10). Net H kan vir Israel n die nasies nuwe lewe en hoop vir die toekoms bring.

Die Koning wat weer kom

Die dissipels wat wl vir Jesus tydens sy eerste koms as Messias erken het, het nie van die bedeling van wreldevangelisasie geweet wat n sy verwerping deur Israel sou aanbreek nie. Hulle het gemeen dat Hy in daardie tyd die troon van Dawid sou oprig en as heerser in die herstelde koninkryk van Israel sou regeer: Die wat bymekaar gekom het, vra Hom toe en s: Here, gaan U in hierdie tyd die koninkryk van Israel weer oprig? En Hy antwoord hulle: Dit kom julle nie toe om die tye of geleenthede te weet wat die Vader deur sy eie mag bepaal het nie; maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal My getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterste van die aarde (Hand. 1:6-8; vgl. ook Luk. 24:46-49).

Die Here Jesus het nie ontken dat Hy weer die koninkryk van Israel sou oprig nie, maar het net ges dat die tyd daarvoor nog nie aangebreek het nie eers moet die hele wreld gevangeliseer word. Die proklamering van sy Messiasskap en verlossingswerk onder alle nasies is in ooreenstemming met n profesie in Jesaja: En nou s die Here wat My van die moederskoot af geformeer het om sy Kneg te wees, om Jakob na Hom terug te bring en dat Israel by Hom versamel mag word en Ek word geer in die o van die Here, en my God is my sterkte. Hy het ges: Dit is te gering dat U my Kneg sou wees om op te rig die stamme van Jakob en terug te bring die gespaardes in Israel: Ek het U gemaak tot n lig van die nasies, om my heil te wees tot aan die einde van die aarde (Jes. 49:5-6). Paulus verwys in Handelinge 13:46-48 ook na hierdie profesie as die motivering vir sy sendingopdrag na die nie-Joodse nasies.

Jesus het die verwagting van sy onmiddellike aanvaarding van die koningskap van Israel ook in n gelykenis weerl deur duidelik daarop te wys dat Hy n n lang afwesigheid as Koning sou terugkeer: En terwyl hulle na hierdie dinge luister, vertel Hy daar nog n gelykenis by, omdat Hy naby Jerusalem was en hulle gedink het dat die koninkryk van God onmiddellik sou verskyn. Hy het dan ges: n Man van ho geboorte het na n ver land gereis om vir homself n koningskap te ontvang en dan terug te kom. En nadat hy tien van sy diensknegte geroep het, gee hy hulle tien ponde en s vir hulle: Dryf handel daarmee totdat ek kom. Maar sy medeburgers het hom gehaat en n gesantskap agter hom aan gestuur om te s: Ons wil nie h dat hierdie man koning oor ons moet wees nie. En toe hy terugkom, nadat hy die koningskap ontvang het, s hy dat daardie diensknegte aan wie hy die geld gegee het, by hom geroep moes word, sodat hy kon weet wat elkeen met handel verdien het Maar daardie vyande van my wat nie wou h dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor my dood (Luk. 19:11-15, 27).

Hierdie gelykenis was n duidelike sinspeling op Herodes Archelas wat sy vader, Herodes die Grote, as koning van Judea opgevolg en tussen 4 v.C. en 6 n.C. hier geregeer het. Herodes die Grote het n die geboorte van Jesus die kindermoord gelas (Matt. 2:16) omdat hy Jesus na aanleiding van wat die wyse manne uit die Ooste oor die geboorte van die Koning van die Jode ges het, as n bedreiging vir sy eie koningskap beskou het (Matt. 2:1-2). Herodes die Grote is kort n die gruweldaad van die kindermoord oorlede. Sy koninkryk is tussen drie van sy seuns verdeel. Herodes Archelas sou koning in Judea word, Herodes Antipas viervors in Galilea en Herodes Filippus viervors in die Oos-Jordaangebied.

Keiser Augustus het hierdie testament in Rome bekragtig, ten spyte daarvan dat die Jode n gesantskap agter die erfgename aan na Rome gestuur het om weens Archelas se besondere wreedheid teen sy aanstelling as koning beswaar te maak: Sy medeburgers het hom gehaat en n gesantskap agter hom aan gestuur om te s: Ons wil nie h dat hierdie man koning oor ons moet wees nie (Luk. 19: 14). Met sy terugkeer het Archelas die manne laat ombring wat teen hom gerebelleer en sy koningskap tegestaan het.

Die feit dat Archelas n gevreesde man was, word in Mattheus 2:19-23 bevestig. Dit is die groot rede waarom Josef met Maria en die Kindjie, Jesus, nie in Judea gevestig het toe hulle van Egipte af teruggekeer het nie, maar in Galilea: Maar toe hy [Josef] hoor dat Archelas oor Judea koning was in die plek van sy vader Herodes, was hy bevrees om daarheen te gaan. En hy het n goddelike waarskuwing in n droom ontvang en na die streke van Galilea teruggekeer. En hy het gaan woon in stad met die naam van Nasaret, sodat vervul sou word wat deur die profete gespreek is, dat Hy Nasarener genoem sou word (Matt. 2:22-23).

Jesus verwys in hierdie gelykenis na die feit dat Herodes se seun, Archelas, nie die werklike koning van die Jode is wat volgens die profesie bestem is om in Jerusalem te regeer nie, maar Hy self. Hy is die man van ho geboorte wat nogtans op n uiters nederige wyse in n stal in Betlehem gebore is: En jy, Betlehem Efrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat n heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid (Miga 5:1).

Jesus het nie tydens sy eerste koms as koning geregeer nie, daarom s Hy ook in die gelykenis dat Hy die man van ho geboorte is wat na n ver land gereis het om sy koningskap te ontvang. Archelas het na Itali gereis en daar is sy status nog van koning na etnarg (heerser) verlaag. Sy bewindstermyn was ook van korte duur. Jesus se reis na n ver land dui op sy hemelvaart. Daar ontvang Hy n koningskap n die volbragte versoeningswerk wat Hy tydens sy eerste koms aan die kruis gedoen het. Wanneer Hy van die ver land af terugkom, sal Hy sy koningskap kom beoefen: Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen (Hand. 15:16-17).

Wanneer die Messias in heerlikheid na Jerusalem terugkeer, sal sy koms met trompetgeskal aangekondig word: En die sewende engel het geblaas, en daar was groot stemme in die hemel wat s: Die koninkryke van die wreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus [die Messias], en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid (Op. 11:15).

Tydens die Here Jesus se afwesigheid, tussen sy eerste koms as nederige dienskneg en sy tweede koms as heersende Koning, het sy volgelinge n duidelike opdrag om sy koninkryk wreldwyd uit te brei. Hulle moet sy getuies wees tot aan die eindes van die aarde, en vir hierdie groot taak het Hy die toerusting van die vervulling met die Heilige Gees aan hulle geskenk (Hand. 1:8).

In die gelykenis in Lukas 19 s Hy dat dat Hy voor sy vertrek sy diensknegte geroep en aan elkeen n pond gegee het met die opdrag: Dryf handel daarmee totdat Ek kom. Hierdie pond dui nie op redding nie, maar op n goddelike werksvermo. Die diensknegte behoort reeds aan hulle Heer Hy het hulle met sy bloed gekoop, stel hulle nou in sy diens en gee aan hulle die krag van die Heilige Gees waarsonder hulle nie hul werk sal kan doen nie.

In die King James-vertaling van die Bybel word die opdrag tot diensbaarheid s gestel: Occupy till I come. Dit beteken: Behartig die sake van my koninkryk totdat Ek kom. Die Here Jesus het by n ander geleentheid ook duidelik aan sy dissipels laat verstaan dat hulle gestuurdes is: Soos die Vader My gestuur het, stuur Ek julle ook (Joh. 20:21). Geen dienskneg van die Here kan hierdie groot opdrag in n vyandige wreld uitvoer sonder dat hy of sy met goddelike krag uit die hoogte toegerus is nie.

Wanneer die Koning terugkom, is die eerste saak op sy agenda n ontmoeting met sy diensknegte sodat hulle voor sy regterstoel rekenskap oor die uitvoering van hulle opdrag kan gee (2 Kor. 5:10; Rom. 14:12). Aan diegene wat getrou was, sal genadeloon toegeken word: Kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees (Op. 22:12). n Deel van hierdie beloning sal wees dat die Here Jesus se diensknegte wat getrou bevind is, saam met Hom in sy koninkryk op aarde sal regeer. En Hy s vir hom: Mooi so, goeie dienskneg; omdat jy in die minste getrou gewees het, moet jy gesag h oor tien stede (Luk. 19:17).

Wanneer die Koning klaar sy diensknegte beloon het, sal Hy Homself in oordeel tot diegene wend wat sy koningskap verwerp het: Maar daardie vyande van My wat nie wou h dat ek koning oor hulle sou wees nie, bring hulle hier en slaan hulle voor My dood (Luk. 19: 27). Volgens Openbaring 19:21 sal Christus se vyande gedood word met die swaard wat uit sy mond sal gaan. Hy sal net n woord spreek wat tot hulle verdelging sal lei.

Uit hierdie gelykenis is die volgorde van die Messias se openbaringsgebeure baie duidelik: eers word sy diensknegte geroep om voor Hom te verskyn en rekenskap van hulle lewe te gee, daarna sal sy toorn oor sy vyande uitgestort word, en dan begin sy koninkryk.