Program 54: Tipes van die Messias

Benewens verskeie Messiaanse profesie in die Ou Testament, is daar ook n hele aantal tipes van die Messias. Die offerlam wat tydens die uittog uit Egipte geslag is, was n tipe van die Messias wat sy bloed moes stort om die volk van die slawerny van sonde te verlos. Die analogie tussen die paaslam en Christus is duidelik. Paulus het ges: want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus (1 Kor. 5:7). In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade (Ef. 1:7). Johannes die Doper het Jesus aan die volk voorgestel as die Lam van God wat die sonde van die wreld wegneem (Joh. 1:29). Petrus het dieselfde beeld van die lam gebruik toe hy aan die Messiaanse Jode geskryf het: Julle weet dat julle nie deur verganklike dinge, silwer of goud, losgekoop is uit julle ydele lewenswandel wat deur die vaders oorgelewer is nie, maar deur die kosbare bloed van Christus [die Messias], soos van n lam sonder gebrek en vlekkeloos (1 Pet. 1:18-19). Hieruit is dit duidelik dat daar eers n lydende Messias moes kom wat sy lewe vir die sondes van die volk afl voordat Hy by sy wederkoms as Koning oor sy bevryde volk kan regeer.

Die rots wat in die woestyn geklief is sodat water vir die dors van die volk daaruit kon vloei, dui op die rots Jesus Christus wat vir ons geklief is (1 Kor. 10:4). Omdat Christus, soos die rots, geslaan (gekruisig) is, het Hy vir ons deur die Heilige Gees strome van lewende water geword wat ons geestelike dors vir altyd kan les, daarom nooi Hy al die dorstiges na Hom toe (Joh. 7:37-39). Ook hierdie beeld vereis die koms van n lydende Messias wat deur sy soendood die water van die lewe vir sy volk n die hele wreld kon word.

Die manna wat in die woestyn uit die hemel geval het, was n tipe van Jesus as die brood van die lewe: Ons vaders het die manna in die woestyn geet, soos geskrywe is: Hy het brood uit die hemel aan hulle gegee om te eet. En Jesus s vir hulle: Voorwaar, voorwaar, Ek s vir julle, dit is nie Moses wat die brood uit die hemel aan julle gegee het nie, maar my Vader gee julle die ware brood uit die hemel. Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wreld die lewe gee. Toe s hulle vir Hom: Here, gee ons altyd hierdie brood. En Jesus s vir hulle: Ek is die brood van die lewe; wie na My toe kom, sal nooit honger kry nie; en wie in My glo, sal nooit dors kry nie (Joh. 6:31-35). Die genadewerk van die lydende Messias wat Homself oorgegee het om die brood en water van die lewe te wees, is onontbeerlik vir enige mens. Hy moet eers geestelik gesproke jou Redder wees voordat Hy jou Koning kan wees.

Die koperslang aan die paal was ook n tipe van die Messias se reddingswerk aan die kruis: En soos Moses die slang in die woestyn verhoog het, so moet die Seun van die mens verhoog word, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan h (Joh. 3:14-15). Die volk is in die woestyn deur giftige slange gebyt, en daar was geen genesing hiervoor anders as om na die koperslang te kyk nie. Israel n alle ander mense is geestelik tot die dood toe siek as gevolg van die gif van die slang wat deur die sondeval tot die ganse menslike geslag deurgedring het. Deur te sien op die kruis waar Christus ons van die vloek van die sonde losgekoop het (Gal. 3:13), is daar redding en n nuwe lewe vir elkeen wat glo. Ons roem is in die gekruisigde Messias wat sy lewe vir ons afgel het, en net op grond daarvan sal ons eendag saam met Hom in sy ryk kan regeer en in al sy heerlikheid deel.

Daar is ook baie Ou Testamentiese persone wat in sekere opsigte tipes van die Messias was, waarvan twee van die bekendstes Isak en Josef is. Isak was die lieflingseun van sy vader, en Abraham kry seker die pynlikste opdrag denkbaar: Neem jou seun, jou enigste, wat jy liefhet, Isak, en gaan na die land Moria en offer hom daar as brandoffer op een van die berge wat Ek jou sal aanwys (Gen. 22:2). Abraham was gehoorsaam om sy eniggebore seun oor te gee om te sterf. So ook is Jesus die eniggebore en geliefde Seun van sy hemelse Vader, en was sy Vader bereid om Hom as n soenoffer vir ons sondes aan die dood oor te gee.

Isak was bereid hiervoor en het selfs die hout waarop hy geoffer sou word, op sy skouers na die offerplek toe gedra. So ook het Jesus eeue later die kruishout op sy skouer na Golgota toe gedra. Isak is van die brandofferaltaar af aan sy vader teruggegee: Deur die geloof het Abraham, toe hy op die proef gestel is, Isak geoffer; ja, hy wat die beloftes ontvang het, het sy eniggeborene geoffer, aan wie ges is: In Isak sal jou nageslag genoem word want hy het gereken dat God mag het om selfs uit die dode op te wek; daaruit het hy hom ook, om so te spreek, terug ontvang (Heb. 11:17-19). Baie eeue later het die Messias wat sy lewe vir ander afgel het, uit die dode opgestaan en na sy Vader in die hemel opgevaar. Hy het die dood oorwin.

Josef as n uitbeelding van die Messias

Een van die duidelikste tipes van die Messias in die Ou Testament is Josef. Uit sy lewe blyk albei die rolle van die Messias soos wat dit op sy eerste en tweede koms betrekking het, naamlik die lydende Messias wat deur sy volk verwerp en gekruisig is, en die triomferende Koning wat heerskappy op die troon van Dawid sal voer en sy volk in geregtigheid sal lei. Die volgende grepe uit Josef se lewe, soos in Gnesis 37 tot 50 beskryf, het betrekking:

Israel het Josef meer liefgehad as al sy seuns Toe s Israel vir Josef: Pas jou broers nie die vee op by Sigem nie? Kom, laat ek jou na hulle toe stuur. En Hy antwoord hom: Hier is ek! (Gen. 37:3, 13). Jesus is ook die geliefde Seun van sy Vader wat bereid was om na sy broers, die Jode, te gaan toe Hy gestuur is (Matt. 15:24).

Ons lees dat Josef se broers hom van ver af gesien het, maar voordat hy naby hulle kom, het hulle listig raad gehou teen hom om hom dood te maak En toe die Midianitiese koopmans verbykom, het hulle Josef uit die put opgetrek en aan die Ismaeliete verkoop vir twintig sikkels silwer (Gen. 37:18, 28). Die Here Jesus is ook deur sy volksgenote gevange geneem en vir die prys van n slaaf verkoop: Toe kom die owerpriesters en die skrifgeleerdes en die ouderlinge van die volk en hou saam raad om Jesus met lis gevange te neem en om die lewe te bring Toe gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Iskariot, na die owerpriesters en s: Wat wil u my gee en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg (Matt. 26:3-4, 14-15).

Josef word op grond van vals beskuldigings deur die hofdienaar in die gevangenis gewerp. Twee ander dienaars in Farao se paleis word saam met Josef opgesluit; die een word vrygespreek en die ander een sterwe. Jesus word ook vals beskuldig, gekruisig en in n rotsgraf begrawe wat deur soldate bewaak is. Twee misdadigers word saam met Hom tereggestel die een verkry die ewige lewe en die ander een sterf in sy sonde.

Josef word uit die gevangenis verhef om saam met die koning op sy troon te sit as tweede in bevel oor die land: Kan ons wel iemand vind soos hierdie man in wie die Gees van God is? Jy moet oor my huis wees, en na jou bevel moet my hele volk hulle skik (Gen. 41:38, 40). Ons weet hoedat Jesus uit die dood opgewek is en uitermate verhoog is om aan die regterhand van God te sit, waar Hy ook vir ons intree (Fil. 2:9-10; 1 Joh. 2:1).

En toe die hele Egipteland honger gely en die volk na Farao geroep het om brood, s Farao aan die Egiptenaars: Gaan na Josef. Doen wat hy julle s (Gen. 41:55). Die hemelse Vader stuur ons met die geestelike behoeftes van die hele wreld na Jesus toe: Dit is my geliefde Seun in wie Ek n welbehae het. Luister na Hom! (Matt. 17: 5). In gehoorsaamheid aan die woorde van Jesus is die geheim van die ewige lewe opgesluit (Joh. 6:63).

En die hele wreld het na Josef in Egipte gekom om koring te koop, want die hongersnood was swaar op die hele aarde (Gen. 41:57). Op die troon van sy Vader is Jesus die uitdeler van brood aan n sterwende wreld: Want die brood van God is Hy wat uit die hemel neerdaal en aan die wreld die lewe gee (Joh. 6:33). Niemand het buite Hom enige kans op geestelike oorlewing nie.

Die groot hongersnood tref ook vir Israel: Toe Jakob merk dat daar koring in Egipteland was, het Jakob aan sy seuns ges: Kyk, ek het gehoor dat daar koring in Egipte is; trek daarheen af, en koop vir ons daar koring, dat ons kan lewe en nie sterwe nie (Gen. 42:1-2). Hulle het Egipteland toe gegaan waar Josef aan die hongeriges se behoeftes voorsien het, en Josef het sy broers herken, maar hulle het hom nie herken nie (Gen. 42:8). Jesus en sy broers (die Jode) was in dieselfde situasie. Hoewel die volk in groot getalle met hulle probleme en siektes na Jesus gekom het, het hulle Hom nie as die beloofde Messias en Koning van Israel herken nie.

Josef werp sy broers in die gevangenis en eis dat die jongste broer gehaal word. Toe s hulle vir mekaar: voorwaar, ons boet nou vanwe ons broer, omdat ons die benoudheid van sy siel gesien het toe hy ons gesmeek het en ons nie geluister het nie daarom kom hierdie benoudheid oor ons. Daarop antwoord Ruben hulle: Het ek nie vir julle ges nie: Besondig julle nie aan die seun nie? Maar julle het nie geluister nie. Kyk, so word dan ook sy bloed geis (Gen. 42: 21-22). Die stamvaders van die twaalf stamme van Israel het nie die koste van hulle daad bereken toe hulle hul broer, wat ook die geliefde seun van sy vader was, in n put gegooi, hom dood verklaar en later vir die prys van n slaaf verkoop het nie. Jesus het dieselfde behandeling gekry: En die goewerneur s: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle skreeu nog harder en s: Laat Hom gekruisig word! En die hele volk antwoord en s: Laat sy bloed op ons en ons kinders kom! (Matt. 27:23, 25). Die Jode het duidelik nie besef watter verskriklike vervolging oor hulle en hul kinders sou kom as gevolg van die voorbedagte verraad teen hulle broer, wat die hemelse Vader se lieflingseun is nie.

Josef bemerk die benoudheid van sy broers en draai hom van hulle af weg om te ween hy weet dat dit alles uit hulle dwase optrede teenoor hom voortspruit. So was dit ook met die Here Jesus: En toe Hy naby kom en die stad sien, het Hy daaroor geween en ges: As jy tog maar geweet het, ja, ook in hierdie dag van jou, die dinge wat tot jou vrede dien! Maar nou is dit vir jou o bedek. Want daar sal dae oor jou kom dat jou vyande n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie (Luk. 19:41-44).

Josef verwyt nie sy broers nie, maar is innig lief vir hulle. Hierin word ook die liefde van God vir Israel weerspiel: Is Efraim vir My n dierbare seun of n troetelkind? Want so dikwels as Ek teen hom spreek, dink Ek nog altyd aan hom; daarom is my ingewande oor hom in beroering; Ek sal My sekerlik oor hom ontferm, spreek die Here (Jer. 31:20).

Die broers van Josef buig voor hom neer na die aarde toe en vervul letterlik sy droom wat in Genesis 37:6-8 beskryf is. In die Nuwe Testament lees ons dat elke knie voor Hom sal buig en elke tong sal bely dat Jesus Christus die Here is (Fil. 2:10-11).

Tydens die tweede ontmoeting openbaar Josef homself aan sy broers: Ek is Josef! Leef my vader nog? Maar sy broers kon Hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom. Verder s Josef vir sy broers: Kom tog nader aan my. En toe hulle nader kom, s hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het. Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur (Gen. 45:3-5).

Met Jesus se tweede koms sal Israel se o geopen word om Hom as die Messias en Koning te erken wat vroer deur hulle verkoop en oorgelewer is om gekruisig te word: Oor die huis van Dawid en die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos n mens rouklaag oor n enigste seun en bitterlik oor hom ween soos n mens bitterlik ween oor n eersgebore kind. In di dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem (Sag. 12:10-11). En as iemand vir hom s: Watter wonde is daar tussen jou hande? dan sal hy antwoord: So is ek geslaan in die huis van my vriende (Sag. 13:6). Hulle sal my Naam aanroep en Ek sal hulle verhoor. Ek s: Dit is my volk! en hulle sal s: Die Here my God! (Sag. 13:9).

Nog n belangrike besonderheid by hierdie tweede ontmoeting met Josef is die volgende: En hulle het gaan sit volgens sy bepaling, die eersgeborene na sy eersgeboorte en die jongste na sy jonkheid. Toe kyk die manne mekaar verbaas aan (Gen. 43:33). As Koning van die Jode ken Jesus ook die stamme uitmekaar, en Hy sal hulle by die koms van sy koninkryk volgens die bepaling van Esgil 48 vestig. Openlike verbasing sal weer eens op baie gesigte gesien kan word.

Josef hervestig sy hele familie by hom in die land: Kom af na my, moenie versuim nie! En u kan in die land Gosen woon en naby my wees, u en u kinders en u kindskinders en u kleinvee en u beeste en alles wat u besit (Gen. 45:9-10). N die koms van die Messias sal die res van die verstrooide Jode uit die nasies versamel word om by hulle Koning in die land Israel te woon: As n lieflike geur sal Ek n behae in julle h wanneer Ek julle uit die volke uitlei en julle uit die lande versamel waarin julle verstrooi was, en Ek sal My in julle as die Heilige laat ken voor die o van die nasies. En julle sal weet dat Ek die Here is as Ek julle in die land Israel bring, in die land waar Ek my hand oor opgehef het om dit aan julle vaders te gee (Eseg. 20:41-42).

Wat doen Josef se broers nadat hulle met hom versoen en verenig is? Hulle gaan vertel: Josef leef nog en dat hy regeerder is in die hele Egipteland (Gen. 45:26). n Bekeerde Israel sal n die wederkoms aan alle volke verkondig dat die Messias, Jesus, leef en regeer. Hierdie Messiaanse Jode se getuienis sal absoluut dinamies wees: So s die Here van die lerskare: In di dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van n Joodse man gryp en dit vashou en s: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is (Sag. 8:23).

Dit is vir ons belangrik om te weet wat die attribute en bediening van die Messias is, soos reeds in die Ou Testament uitgebeeld, sodat ons Hom beter kan ken en liefh. Hy het gekom tot n val en n opstanding van baie in Israel en tot n teken wat weerspreek sal word (Luk. 2:34). Vir diegene wat waarlik in Hom as die Seun van God, die beloofde Messias van Israel en Verlosser van die wreld glo, is Hy die opstanding tot n nuwe lewe wat vir ewig sal stand hou. Diegene wat Hom egter verwerp deur sy Godheid, Messiasskap en genadewerk te betwyfel en te verwerp, sal tot n ewige val en beskaming kom omdat Jesus ook die Regter van die lewende en die dode is.

Die meningsverskille oor Jesus gaan steeds voort, veral onder die skrifgeleerdes wat van beter behoort te weet, daarom is Hy inderdaad n teken wat weerspreek word. Salig is elkeen wat aan Hom nie aanstoot neem nie, maar Hom ten volle as sy of haar Verlosser, heiligmaking en goddelike Leidsman aanvaar. Vir die verlostes het Hy plek gaan berei in die Vaderhuis met sy baie wonings, en sal ook spoedig kom om hulle te kom haal.