Program 51: Drie Geslagte in Israel

Daar is drie uitstaande reekse gebeurtenisse in Israel se vierduisend jaar lange bestaan waaraan baie aandag in die Bybel geskenk word, naamlik hulle vestiging in die Beloofde Land, hulle internasionale verstrooiing weens ongeloof, en hulle eindtydse herstel met die oog op die loutering en geestelike lewendmaking van n oorblyfsel in Israel. Elkeen van hierdie belangrike gebeurtenisse vind binne die raamwerk van n geslag plaas en verteenwoordig ingrypende veranderings in hulle volksbestaan. n Groot deel van die Bybel handel oor Israel omdat hulle in n baie besondere sin die volk van God is. Hy het hulle geroep en vir sy diens afgesonder, hulle weens hul voortgesette ongehoorsaamheid onder die nasies verstrooi, en dit is dieselfde, onveranderlike verbondsgod van Abraham, Isak en Jakob wat die volk in die eindtyd weer in die land van hulle vaders herstel.

1. Roeping en volksplanting

Die roeping van Israel het by Abraham begin, wat die stamvader van hierdie volk is. Die Here het aan hom die volgende, onvoorwaardelike belofte gemaak:

Slaan tog jou o op en kyk van die plek waar jy staan, na die noorde en suide, na die ooste en weste; want die hele land wat jy sien, sal Ek aan jou gee en aan jou nageslag tot in ewigheid (Gen. 13:14-15).

Aan Isak het die Here hierdie belofte herbevestig: aan jou en jou nageslag sal Ek hierdie land gee: Ek sal die eed bevestig wat Ek vir jou vader Abraham gesweer het (Gen. 26:3). Dieselfde boodskap is aan Jakob gerig: Ek is die Here, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op l en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee (Gen. 28:13). Dit sou egter n baie lang tyd duur voordat hulle nageslag die land in besit neem, en dit het die Here ook aan Abraham ges: Weet verseker dat jou nageslag vreemdelinge sal wees in n land wat aan hulle nie behoort nie; daar sal hulle diensbaar wees en verdruk word 400 jaar lank. Maar Ek sal ook die nasie oordeel aan wie hulle diensbaar moet wees, en daarna sal hulle uittrek met baie goed (Gen. 15:13-14).

Tydens hulle lang verblyf in Egipte het Israel van God vervreem geraak en uiteindelik die slawe van n heidense nasie geword. In hulle ellendige toestand het hulle weer die Here onthou en dag en nag tot Hom geroep. n Kragtige ingryping deur die Here het gevolg en dit het tot die groot epog van die uittog uit Egipte en die volksplanting in die Beloofde Land gelei.

Hierdie verlossingsdaad is simbolies deur die slag van n lam uitgebeeld. Daar was redding en bevryding vir die gesinne wat hulle deurposte met die bloed van die lam bestryk en daaronder geskuil het. Israel moes hierdeur die les leer dat hulle nie uit eie krag die beloftes van God kon berf nie. In hierdie opsig was die offerlam n heenwysing na die Messias wat die ware Lam van God is, wat deur sy offer die volk van hulle geestelike slawerny sou bevry om die koninkryk van God te kon berf (1 Pet. 1:18-19).

Tussen Israel se verlossing uit Egipte en hulle vestiging in die land van belofte het n 40 jaar lange trek deur die woestyn gevolg. In hierdie tyd het die Here die geestelik erg vervalle volk van voor af geleer om in die geloof te lewe. Hulle was nie gereed om dadelik hulle erfenis in besit te neem nie omdat die beginsels van die ou, sondige lewe nog diep in hulle harte gevestig was. Gedurende hierdie swerftogte het die Here hulle deur Moses onderrig om hulle roeping as n heilige, afgesonderde volk van God te kan begryp en aanvaar. Hulle verhouding met die Here sou bepaal hoedanig hulle verblyf in die Beloofde Land sou wees. As hulle die Here dien, sou dit in alle opsigte met hulle goed gaan. Indien hulle egter afvallig raak en heidense godsdienste aanhang, sou allerlei ellendes hulle tref.

In Deuteronmium 28:15-68 word daar n skrikwekkende lys van vloeke aan die volk voorgehou wat hulle sou tref as hulle van die Here afvallig raak en agter ander gode aanloop. Hongersnood, pessiektes en natuurrampe sou hulle teister. Hulle beskutting sou van hulle wyk en hulle sou in die hande van bloeddorstige vyande oorgegee word. Die aasvols en roofdiere sou hulle gesneuweldes op die slagveld vreet terwyl die oorlewendes in angs van hulle vyande af wegvlug. Hierby word nog die volgende waarskuwing gevoeg: Die Here sal teen jou n nasie bring van ver n nasie hard van aangesig, wat n grysaard nie ontsien en vir n seun geen genade het nie. En hulle sal die vrug van jou vee en die vrugte van jou land opeet totdat jy verdelg is En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou ho en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat die Here jou God jou gegee het, in die belering en in die benoudheid waarmee jou vyande jou benoud sal maak (Deut. 28:49-53).

Israel sou uiteindelik as ballinge na al die nasies van die aarde weggevoer word: En die Here sal jou verstrooi onder die volke, van die een einde van die aarde tot by die ander einde van die aarde en onder di nasies sal jy geen rus h nie, en vir jou voetsool sal daar geen rusplek wees nie; maar die Here sal jou daar n bewende hart gee en smagtende o en n kwynende siel (Deut. 28:64-65). In Levitikus 26:33 bevestig die Here ook die feit van Israel se internasionale verstrooiing, hulle voortgesette vervolging onder die nasies, asook die verwoesting van hulle land indien hulle sou aanhou om teen die Here te sondig: En Ek sal julle onder die volke verstrooi en n swaard agter julle uittrek; en julle land sal n wildernis en julle stede puinhope word.

Hoe omvangryk en absoluut hierdie strawwe ook al mag klink, het die Here nooit daardeur die onvoorwaardelike beloftes wat Hy aan Abraham, Isak en Jakob gemaak het, in die gedrang gebring nie. Hy sou dus deur die eeue heen n oorblyfsel van Israel in stand hou om die beloftes wat Hy aan hulle vaders gemaak het, te berf. Hierdie versekering het Hy baie duidelik aan hulle gegee:

Maar ook dan, as hulle in die land van hul vyande is, verwerp Ek hulle nie en het Ek van hulle geen afsku, sodat Ek n einde aan hulle sou maak en my verbond met hulle sou verbreek nie; want Ek is die Here hulle God. Maar Ek sal tot hulle beswil dink aan die verbond van die voorvaders wat Ek uit Egipteland voor die o van die nasies uitgelei het om vir hulle n God te wees. Ek is die Here (Lev. 26:44-45).

2. Internasionale verstrooiing (diaspora)

Israel se verblyf in die Beloofde Land is hoofsaaklik deur geestelike afvalligheid gekenmerk. Die koms van die Messias sou vir hulle die finale toets wees f die volk sou hulleself op grond van sy prediking bekeer en die geprofeteerde vloeke afweer, f hulle sou die maat van hulle vaders se ongeregtigheid vol maak en as gevolg daarvan in groot benoudheid kom en ook in ballingskap na al die nasies gaan. Die leiers van die volk het laasgenoemde weg gevolg, soos ook in die gelykenis van die landbouers in Mattheus 21:33-46 uitgebeeld word. Die Jode het hoegenaamd nie besef wat die volle implikasies daarvan was toe hulle by die Romeinse goewerneur, Pilatus, aangedring het dat Jesus gekruisig moes word nie. Pilatus het sy hande voor die skares gewas en ges: Ek is onskuldig aan die bloed van hierdie regverdige man; julle kan toesien! En die hele volk antwoord en s: Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom! (Matt. 27:24-25).

Die Here Jesus stel dit duidelik dat sy verwerping deur die volk die maat van hulle ongeregtighede vol gemaak het, en dat al die vloeke wat oor die stad en volk geprofeteer is, as gevolg daarvan in vervulling sou gaan. Omdat die Jode Hom verwerp het, sou hulle huis, Jerusalem, woes gelaat word (Matt. 23:37-38). Toe die dissipels na die pragtige tempelgeboue gekyk het, het Jesus vir hulle ges: Sien julle al hierdie dinge? Voorwaar Ek s vir julle, daar sal hier sekerlik nie een klip op die ander gelaat word wat nie afgebreek sal word nie (Matt. 24:2).

Die Messias het in Mattheus 23:36 vir die inwoners van Jerusalem ges dat hierdie dinge oor hulle geslag sou kom. Hulle was die geslag wat die Messias verwerp het, daarom sou hulle die verwoesting van Jerusalem beleef, terwyl die oorlewendes in internasionale ballingskap sou gaan. Die Messiaanse Jode sou egter gespaar bly, omdat hulle nie die Messias verwerp het nie. Hulle is vooraf gewaarsku om betyds te vlug. Jesus het vir sy dissipels ges:

En wanneer julle Jerusalem deur lers omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. Dan moet die wat in Juda is, na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daar inkom nie. Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word. Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog in daardie dae; want daar sal n groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk. En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is (Luk. 21:20-24).

Hoe letterlik is hierdie woorde nie in die geslag n Jesus se kruisiging vervul nie! Jerusalem is totaal deur die Romeine verwoes en 97 000 van die oorlewendes is as krygsgevangenes weggevoer, waarvan baie as slawe verkoop is. Die internasionale verstrooiing van Jode na al die nasies van die wreld het hiermee begin. Ten spyte van die verpletterende nederlaag het die Jode nog een poging aangewend om hulle land terug te kry. Net meer as 60 jaar later het hulle sodanig herstel dat hulle in die Bar Kochba-rebellie (132-135 n.C.) opnuut teen die Romeinse besettingsmag in opstand gekom het. In n oorlog wat 3 jaar lank geduur het, het 580 000 van hulle gesneuwel en is feitlik al die oorlewendes uit die land verdryf. Die Romeine het selfs n ploegskaar oor die berg Sion getrek as die letterlike vervulling van n profesie wat die Here deur Miga uitgespreek het:

Hoor tog dit, hoofde van die huis van Jakob en owerstes van die huis van Israel! Julle wat van die reg n afsku het en al wat reg is, verdraai; julle wat Sion bou met bloed en Jerusalem met onreg! Sy hoofde spreek vonnisse uit vir n geskenk, en sy priesters gee onderrig vir loon, en sy profete is waarsers vir geld Daarom sal Sion om julle ontwil soos n land omgeploeg en Jerusalem puinhope word en die tempelberg bosrante (Miga 3:9-12).

N hierdie slag het die verstrooide groepies Jode n lang tyd in relatiewe vrede in die lande gewoon waarheen hulle gevlug het; toe breek daar n tyd van verskrikking aan wat langer as 500 jaar geduur het. Dit het alles begin by die uitbreek van die eerste heilige oorlog van die Vatikaan in 1096, wat soos n woeste veldbrand deur Duitsland, Frankryk, Spanje en Engeland versprei het. In die Rooms-Katolieke inkwisisie is die Joodse geloof tot kettery verklaar en is talle Jode vervolg en tereggestel. Die vrees wat in die harte van Jode posgevat het wanneer die fanatieke bendes van die heilige lers hulle omsingel het, was s groot dat ouers hulle kinders doodgemaak het. Vroue en dogters het klippe aan hulleself vasgebind en in riviere gespring. Diegene wat gevang is, is brutaal vermoor nadat hulle die vernietiging van hul huise en die verbranding van skrifdele moes aanskou. Geen genade is betoon nie.

In Engeland het Edward I n die aanvanklike vervolgings en konfiskering van eiendom, die oorblywende 16 000 Jode summier uit die land gedeporteer. In Duitsland is die Jode vir die vergiftiging van waterbronne verantwoordelik gehou terwyl die epidemie wat as die swart dood bekend gestaan het, Europa tussen 1348 en 1350 geteister het. Haat is verder teen hulle aangeblaas deur kwaadwilliglik te beweer dat hulle Christen-kinders ontvoer en tydens hulle jaarlikse Pasga gekruisig het. Die openbare reaksie teen hulle was geweldig. In Straatsburg alleen is die hele gemeenskap van 2 000 Jode op n reusebrandstapel tereggestel.

Die vervolging in Spanje staan as die hel van die Jode bekend. Kragtens pous Gregory IX se inkwisisie het hulle gepoog om alle vorms van Joodse kettery wortel en tak uit te roei. Duisende Jode, genaamd marianos (vervloektes), het op brandstapels gesterf. Selfs die lyke van diegene wat as ketters gesterf het, is opgegrawe en verbrand, en hulle erfgename se besittings gekonfiskeer. n Jood uit di tyd het geskryf: In hierdie dae styg die rook van die martelare se brandstapels onophoudelik in alle Spaanse gebiede ten hemele. Een-derde van die vervloektes het in vlamme gesterf, nog n derde swerf sonder tuiste in die land rond en soek na n wegkruipplek, en die oorblywendes leef in gedurige vrees vir vervolging. In 1492 het alle Jode vier maande kennis gekry om Spanje te verlaat. Baie het op die pad van honger en ontberings omgekom. Die vlugtelinge se grootste probleem was om n land te vind waar die inwoners bereid was om hulle te ontvang. Die meeste van hulle het na Turkye, Rusland en sommige van die Oosterse lande uitgewyk, terwyl klein groepies die kus van Afrika bereik het.

In moderne tye het die steeds smeulende Jodehaat in Europa weer eens hoog opgevlam. Die onbeskryflike tragedie van die dood van ses miljoen Jode aan die hand van Hitler en sy Nazi-magte in die Tweede Wreldoorlog is een van die afgryslikste volksmoorde van alle tye. Dit was nog veel erger as wat die Romeine gedoen het. Die afgelope eeu is daar in Rusland ook duisende Jode vervolg en tereggestel. Dit is steeds nie die einde van die swaarkry nie, want die moeilikste tyd l nog voor. Volgens die Bybel kom daar aan die einde van hierdie bedeling, n Israel se terugkeer na hul land, n groot verdrukking soos wat daar nog nooit op aarde was nie (Matt. 24:21-22). Jodehaat is wreldwyd besig om op te vlam, veral in die Islamitiese wreld, en dit is net die voorspel tot groot oorlo in die Midde-Ooste.

3. Die herstel van Israel

Met die Here Jesus se aankondiging van die vernietiging van Jerusalem en die wreldwye verstrooiing van sy inwoners, het Hy dit duidelik gestel dat hierdie toestand nie onbepaald sou voortduur nie. Hy het ges dat Jerusalem vertrap sou word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is (Luk. 21:24). Die voegwoord totdat beteken: tot op die oomblik dat Daar kom dus n besliste einde aan die wreldwye verstrooiing van Israel en die vertrapping en vernedering van Jerusalem. Die tyd van die volk se internasionale swerftogte en hulle hoofstad se vertrapping was baie lank omdat dit met die tye van die nasies, m.a.w. die tyd van wreldevangelisasie, saamgeval het. Jerusalem se staatkundige herstel as Israel se hoofstad het in 1980 plaasgevind, en lui die laaste geslag van hulle herstel in.

Paulus gebruik ook die voegwoord totdat wanneer hy s: Want ek wil nie h, broeders, dat julle hierdie verborgenheid nie moet weet nie, sodat julle nie eiewys mag wees nie: dat die verharding ten dele oor Israel gekom het totdat die volheid van die heidene [letterlik die etniese groepe, of nie-Joodse volke] ingegaan het; en so sal die hele Israel gered word, soos geskrywe is: Die Verlosser sal uit Sion kom en al die goddelooshede van Jakob afwend (Rom. 11:25-26). Israel gaan dus nie alleen fisies en staatkundig nie, maar ook geestelik herstel word.

Die Messias het ook deur die gebruik van die woord totdat aangedui dat Hy nie vir altyd deur die inwoners van Jerusalem (m.a.w. die Joodse volk) verwerp sou word nie. Hy het vir die volksleiers ges: Julle sal My van nou af sekerlik nie sien nie totdat julle sal s: Gesend is Hy wat kom in die Naam van die Here! (Matt. 23:39). Hierdie sengroet staan in Psalm 118:26, en word elke jaar tydens die loofhuttefees deur die ortodokse Jode uitgespreek in afwagting op die koms van die Messias. Die Here Jesus het duidelik vir Israel ges dat Hy sou weggaan en dat hulle Hom vir n lang tyd nie sou sien nie, maar wanneer Hy weer kom, sal hulle Hom in die Naam van die Vader as n gesende verwelkom. Daar kom beslis n tyd wanneer hierdie volk geestelik sal ontwaak.

Volgens Openbaring 7 sal daar aan die begin van die verdrukking n herlewing in Israel wees waaruit 144 000 vreeslose getuies vir die Messias na vore sal kom. Hulle sal te midde van hewige aanslae en dreigemente verkondig dat Yeshua die ware Messias en Verlosser van die wreld is, en dat die Antichris met sy valse vredesboodskap die groot misleier is. Die spanning tussen die volgelinge van Christus en die Antichris sal hoog loop en tot die aktiewe vervolging van die Messiaanse Jode en Christene onder alle nasies lei.

Die hele oorblyfsel van Israel sal op die laaste dag van die groot verdrukking gered word wanneer die Messias met sy wederkoms sy voet op die Olyfberg sit (Sag. 14:4-5). In di dag sal daar n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid (Sag. 13:1). Hier eindig die laaste geslag van die huidige dispensasie voordat die duisendjarige ryk van die Messias aanbreek met Jerusalem as die hoofstad van die wreld. Israel se lang en veelbewo geskiedenis sal dan oor drie bedelings gestrek het die bedeling van die wet, die bedeling van die Messias se kerk op aarde, en ook die bedeling van die Antichris se regering op aarde. Dit bereik egter n geestelike hoogtepunt wanneer die bedeling van die Messias se geopenbaarde koninkryk op aarde begin, met die hele oorblyfsel van Israel terug in hulle land.