Program 5: Amerika en Irak

Die stryd tussen Amerika en Irak het veel groter implikasies as wat die leiers van beide hierdie lande ooit sal besef. In die lig van Bybelse profesie is die volgende drie sake baie duidelik:

1.      Amerika gaan sy status as supermoondheid ten gunste van n verenigde Europa verloor;

2.      die Europese Unie gaan in prominensie toeneem en sy grense uitbrei om ook Midde-Oosterse lande in te sluit; en

3.      Irak gaan sy magsgebied vergroot en n leidende rol in die toekomstige Europese Unie speel.

Ons gaan in hierdie program kyk na die negatiewe faktore wat op Amerika inwerk om sy posisie te verswak, en in die volgende program op verwikkelings in Europa en Irak om hulle posisie in die wreld te versterk.

Die afdraendepad van Amerika

Amerika word as n land nie in Bybelse profesie genoem nie, daarom is dit duidelik dat hy sy status as die enigste supermoondheid voor die komende verdrukking gaan verloor. Sy beplande oorlog teen Irak kan n baie groot rol speel om gevolge van hierdie aard te h. Dit is nou reeds duidelik dat Amerika nie, soos tydens die Golf-oorlog, die militre en finansile ondersteuning van 28 ander lande gaan h om Saddam Hoesein tot n val te bring nie. Hierdie keer sal Amerika, en moontlik Engeland, alleen wees en astronomiese militre uitgawes in die gesig staar.

Sy beplande inval in Irak het Amerika op die diplomatieke terrein ook al duur te staan gekom. Byna al die Arabiese Moslemlande is hierteen gekant sommige sterker as ander en dreig om bande met Amerika te verbreek. Volgens onlangse berigte weier Saoedi-Arabi om aan die VSA se oorlog teen terrorisme deel te neem, waaronder ook die beplande oorlog teen Irak, en beskou homself nie meer as n bondgenoot van Amerika nie. n Verbod is ook geplaas teen Amerikaanse bomwerpers wat vanaf aanloopbane in Saoedi-Arabi aanvalle op Irak doen. Die groot Prins Sultan lugmagbasis, 80 kilometer suid van Riyadh, wat in 1991 die Golf-oorlog deur die geallieerde magte gebruik is, is dus nie vir die volgende oorlog tot Amerika se beskikking nie. Qatar en Bahrain weier ook dat Amerika vanaf basisse in hulle lande aanvalle op Irak doen.

Siri is sterk teen n oorlog in Irak gekant, maar het al geheime samesprekings met Britse en Amerikaanse diplomate gehou oor die rol wat Siri in die streek sal speel nadat Saddam Hoesein se gesag omver gewerp is. n Ander bondgenoot van die VSA is Egipte. Hulle het Amerika teen militre optrede gewaarsku omdat dit die hele streek in chaos sal dompel. President Hosni Mubarak s dat n Amerikaanse aanval die gemoedere van die Arabiese publiek sal laat ontvlam. Hulle kan glad nie verstaan waarom n oorlog ter wille van een of twee individue teen n land gevoer moet word, terwyl die Palestynse kwessie in Israel onaangeroerd gelaat word nie.

Die veiligste Amerikaanse basis in n Arabiese Moslemlandland is in Jordani, en in n nie-Arabiese Moslemland di in Turkye. Die openbare mening teen die VSA is egter ook in hierdie lande besig om negatief te draai. Turkye is bekommerd omdat Amerika groot ondersteuning aan die Koerde van Noord-Irak verleen in hulle veldtog teen Saddam Hoesein. Die Koerde is die Meders van Bybelse tye, en het nie n onafhanklike tuisland van hulle eie nie hulle woon verspreid in Koerdistan, wat aangrensende dele van Iran, Irak, Siri, Turkye, Armeni en Aserbeijan insluit. Turkye is bekommerd dat indien Irak tot n val sou kom, die Koerde met Amerikaanse hulp n eie staat sal eis, en dit sal groot dele van Turkye ook insluit. Van hulle kant af eis Turkye al sedert 1920 die noordelike deel van Irak as Turkse grondgebied op. Dit sluit die olieryke gebied in die omgewing van Kirkuk in. Ankara het Amerika reeds gewaarsku dat hulle hierdie gebied gaan annekseer. Dit sal egter moeilik gaan, want behalwe Saddam Hoesein se mag is daar in Noord-Irak ook n stryd tussen die pro-Amerikaanse Patriotiese Unie van Koerdistan en Ansar Islam aan die gang. Ansar Islam is sedert 1988 in Noord-Irak bedrywig, maar is die afgelope jaar deur Al Qaida insypelaars uit Afghanistan oorgeneem.

Volgens berigte kry die Al Qaida insypelaars in Irak en Siri aansienlike steun uit Saoedi-Arabi, omdat lg. die ontstaan van n pro-Westerse, demokratiese Irak wil voorkom. n Staat van hierdie aard sal biljoene dollar se beleggings uit die Weste lok en dus die belangrikheid van Saoedi-Arabi ondermyn. Om hierdie rede verkies die Saoedis dat die status quo in Irak as n radikale Moslemland gehandhaaf moet word.

Uit die oogpunt van beleggings uit Saoedi-Arabi ly Amerika reeds aansienlike verliese. Die Saoedis het die afgelope maande $200 biljoen uit Amerikaanse markte onttrek om daardeur hulle misno en toenemende vervreemding van Amerika aan te toon. Die alliansie tussen hierdie twee lande is sedert 11 September 2001 onder groot druk toe dit geblyk het dat 15 van die 19 kapers van die rampvliegtuie Saoedise burgers was. Bewerings in die VSA dat Saoedi-Arabi se streng verbintenis tot Islam terrorisme aanwakker, en dat daar uit di koninkryk ook ondersteuning vir Osama bin Laden se Al Qaida netwerk kom, word as aanvalle op Saoedi-Arabi en sy godsdiens gesien. Een van die opmerkings wat by n inligtingsessie van die Pentagon gemaak is, is dat Saoedi-Arabi die kern van boosheid is. In die Amerikaanse veldtog teen terrorisme word talle Saoedi firmas n individue se bankrekenings gemonitor. Daar was selfs al oproepe om Saoedi bates in Amerika te bevries. Verder word daar deur familielede van slagoffers van die 11 September-ramp groot eise teen verskeie Saoedi-Arabiese instellings, asook drie lede van hulle koninklike familie, ingestel.

As gevolg van al hierdie verwikkelinge meen die Saoedi elite dat hulle beleggings nie meer veilig in die VSA is nie, en het begin om dit te onttrek en in Europa te herbel. Hierdie beleggings beloop volgens verskillende berigte tussen $600 biljoen en een triljoen dollar. Neem in ag dat die hele Amerikaanse aandelemark omtrent drie triljoen dollar sterk is, dan kan die geweldige omvang van Saoedise beleggings besef word. Omdat beide lande deur groot verliese in die gesig gestaar word in die geval van n ontrekking of bevriesing van bates, probeer albei van hulle om die wankelende alliansie tussen hulle in stand te hou. Mnr. Bush verseker Saoedi-Arabi dat hy n intieme vriend van die koninkryk bly, en die Saoedis bied ook geskenke aan die naasbestaandes van slagoffers van die 11 September aan. Dit sluit onder meer duur resiesperde in. Die groot toets vir Amerika se verswakkende bande met Arabiese Moslemstate sal wees of hulle met die beplande aanval op Irak sal voortgaan of nie.

Daar is geweldige verdeeldheid in Amerika n in die hele wreld of hierdie aanval moet plaasvind of nie. Een van die nasionale veiligheidsraadgewers in die VSA, Condoleeza Rice, maak n baie sterk morele saak vir n voorspringaanval op Irak uit. Sy het op n BBC-program ges dat indien Saddam Hoesein gelos word om aan te gaan met wat hy nou besig is om te doen, hy nie net sy eie land en die Midde-Ooste in chaos sal dompel nie maar ook Europa en Amerika. Sy het hom as n bose man beskryf wat vas van plan is om wapens van massavernietiging te kry n te gebruik.

Die Amerikaanse vise-president, Dick Cheney, het ook ges dat Irak aangeval moet word sodat Saddam Hoesein verhoed kan word om al die olievelde in die Midde-Ooste te beheer en dalk ook n kernaanval op Amerika uit te voer. Hy het bygevoeg dat die risiko van geen aanval veel groter as di van n voorspringaanval is. Saddam Hoesein sit op 10% van die wreld se olievoorraad, en indien hy toegelaat word om sy arsenaal van wapens ongesteurd op te bou, sal hy n groot deel van die wreld se energiebronne onder sy beheer kry en dan vir Amerika n die Verenigde Nasies deur die gebruik van sy kernwapens afpers om niks aan sy magsuitbreiding te doen nie.

Tom DeLay, n vooraanstaande Republikein, is ook hierdie mening toegedaan en stel sy saak s: Saddam Hussein is the most dangerous man in the world today. And unless American troops stop him, Saddam will soon have nuclear weapons. A failure to carry through with an assault on Baghdad would be very costly. Regime change in Iraq is a central goal of the war on terror. It is vital because a war on terrorism that left the worlds leading purveyor and practitioner of terror in power would be a palpable failure. We can be sure that our potential enemies are watching. Future enemies of freedom will support terrorism if we dont defeat the current terrorist organisations.

In die lig van hierdie soort kommentaar, wat ook deur president Bush self gemaak word, is n Amerikaanse aanval op Irak hoogs waarskynlik. Indien dit nie plaasvind nie, sal die Bush-administrasie se geloofwaardigheid n ernstige knou kry. Dit word verwag dat die beplande aanval vroeg volgende jaar sal plaasvind. Daar word egter ook baie disinformasie versprei sodat Saddam Hoesein nie regtig moet weet of en wanneer hy s n aanval te wagte kan wees nie.

Grootskaalse politieke polarisasie vind tans na aanleiding van hierdie saak in die wreld plaas. Amerika het n duidelike boodskap aan die Arabiese state gestuur dat diegene wat nie die aanval op Irak steun nie, as vyande van Amerika behandel sal word. Etlike van hulle reageer egter negatief op hierdie planne. Egipte, n Midde-Oosterse bondgenoot van Amerika, het die beplande aanval veroordeel en ges dat dit chaos in die hele Midde-Ooste sal skep. Libi s dat Amerika die Arabiese wreld probeer verdeel sodat Israel se belange in die streek bevorder kan word. Sekere radikale Moslems het laat blyk dat Amerika en Engeland terroriste-aanvalle soos di van 11 September kan verwag indien hulle sou voortgaan om Irak aan te val. Hoewel Saddam Hoesein nie n geliefde persoon in die Arabiese wreld is nie, word n Amerikaans-Britse militre aksie teen Irak as n groter euwel gesien as deel van n sataniese alliansie teen Moslems oral in die wreld.

Daar is ook n toenemende aantal lande buite die Midde-Ooste wat Amerika se planne ten sterkste afkeur. Die Duitse kansellier, Gerard Schroeder het gewaarsku dat n aanval op Irak die internasionale front teen terrorisme kan vernietig. Volgens hom kan dit n teenoorgestelde effek h deurdat talle groepe en lande in die Midde-Ooste hulle tot terrorisme sal wend. Frankryk is ook teen s n aanval gekant indien dit nie deur die VN gesteun word nie. Die VN is egter grotendeels hierteen gekant, en so ook die organisasie van onverbonde lande.

Rusland het homself van Amerikaanse optrede gedistansieer totdat konkrete bewyse voorgel kan word dat Irak inderdaad wapens van massavernietiging opbou. Intussen het Moskou n hand van vriendskap na Amerika se aartsvyand uitgesteek deur n ekonomiese ooreenkoms met Bagdad te sluit en sodoende die probleem van Amerika nog meer gekompliseer.

Die stroom van negatiewe kritiek teen die beplande Amerikaanse aanval neem vinnig toe. Daar is selfs groot groepe mense binne Amerika en Engeland wat hierdie strategie veroordeel. Hulle meen daar is nie voldoende regverdiging vir n militre aksie van hierdie aard nie. Die enigste werklike sterk en ondubbelsinnige steun wat mnr. Bush buite Amerika vir sy veldtog teen Saddam Hoesein kry, is van die Israelse regering asook die Britse eerste minster, Tony Blair. Volgens Israel sal enige verdere vertraging van die aanval op Irak net aan Hoesein die geleentheid gee om sy voorraad wapens van masssavernietiging verder uit te brei en sodoende die bedreiging vir Israel, Amerika en hulle bondgenote te vergroot.

Die groot vraag is: Wat gaan Amerika doen? Dat s n oorlog geweldige gevolge sal h, is baie seker. Hierdie keer begewe Amerika homself op n eensame en baie gevaarlike pad. Die koste van n groot oorlog teen Saddam Hoesein en sy groeiende aantal ondersteuners en bondgenote, die onberekenbare gevolge van n Irakse teenaanval met biologiese en kernwapens op Amerika, die ontwrigting van olietoevoer uit die Midde-Ooste en die moontlike vervierdubbeling van die olieprys, asook die gevolge van die onttrekking van Saoedi-Arabi se astronomiese beleggings in die VSA, sal Amerika baie meer as net sy huidige status as die enigste supermoondheid in die wreld kos. Dit sal Israel weerloos laat en n geweldige magsvakuum skep wat deur Europa, Rusland en die radikale Arabiese state gevul sal word.

Die tweede scenario is net so skrikwekkend. Indien Amerika nie vir Saddam Hoesein in sy spore stuit nie, sal hy ongesteurd met die hulp van Rusland, Iran, Libi, Sjina, Noord-Korea en die voordeel van n passiewe Europa voortgaan om wapens van massavernietiging te bou. Die uiteindelike gevolg hiervan sal beheer oor die Midde-Ooste se olievelde wees, n uitwissingsoorlog teen Israel, asook n oorlog teen Amerika, wat deur baie van Israel se vyande as die groot Satan bestempel word. Mnr. Bush is inderdaad tussen twee vure!

Die ontluikende en radikaal-gesinde magsopbou ten noorde van Israel skep onmiskenbaar die toneel vir die vervulling van Bybelse profesie oor die eindtyd. Die koning van die noorde wat in Danil 11 beskryf word, gaan groot mag kry, deur die Europese Unie aanvaar word en uiteindelik deur die hele wreld. Hy sal die Antichris wees wat die wreld vir die laaste sewe jaar voor Jesus Christus se wederkoms sal regeer.

In die volgende program sal ons na die magsopbou in Irak kyk, asook die rol wat die Antichris in hierdie streek n in die hele wreld sal speel.