Program 45: God se Barmhartigheid

Barmhartigheid beteken genade, medelye en ontferming. Die Here ontferm Hom oor almal wat in die nood is en hulp by Hom soek. Gelowiges n ongelowiges word genooi om met hulle sondes en probleme in die gebed na die troon van genade te kom waar hulle gehelp kan word. Die grootste nood wat n mens kn h is wanneer jy jou verlore toestand besef en tot die Here roep om jou siel uit genade te red. Die tollenaar wat in die tempel gaan bid het, het uitgeroep: O God, wees my, sondaar, genadig! (Luk. 18:13). In Ou Testamentiese tye is daar ook duidelike oproepe tot bekering gemaak sodat mense God se barmhartigheid deelagtig kon word: Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik (Jes. 55:7). In die volheid van die tyd het Jesus Christus die prys vir alle mense se sondes betaal, sodat hulle uit genade vergifnis van hulle misdade kon kry. Sonde mt egter bely en laat staan word voordat dit vergewe word: As ons s dat ons geen sonde het nie, mislei ons onsself en die waarheid is nie in ons nie. As ons ons sondes bely, Hy is getrou en regverdig om ons die sondes te vergewe en ons van alle ongeregtigheid te reinig (1 Joh. 1:8-9).

Mense wie se sondes vergewe is, moet steeds gereelde besoekers aan die genadetroon wees omdat hulle deur Satan aangeval word en baie probleme het waarvoor hulle voortdurend die Here se hulp en barmhartigheid nodig het. Johannes s dat n Christen nie moet sondig nie, maar as iemand gesondig het, ons het n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus die Regverdige. En Hy is n versoening vir ons sondes (1 Joh. 2:1-2). Ons moenie met sonde saamleef nie, maar na die genadetroon gaan waar ons volkome vergifnis en verlossing kan kry. Ook wanneer ons deur menslike swakhede oorval word, het ons die barmhartigheid van die Here dringend nodig. Hy sal ons nie donker aankyk nie, maar ons help en geestelik volkome herstel.

Paulus s: Want ons het nie n hopriester wat nie met ons swakhede medelye kan h nie, maar een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van die genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word (Heb. 4:15-16). Moet dus nie nalaat om dadelik by die Here hulp te vra wanneer jy deur die sielevyand versoek word nie. Die Here Jesus het begrip vir jou probleme, want deurdat Hy self onder versoeking gely het, kan Hy di help wat versoek word (Heb. 2:18). Selfs al het jy al dikwels gestruikel en groot sondes gedoen, moet jy nie jou vrymoedigheid om na die genadetroon te gaan, wegwerp nie. Dawid het ervaar dat die Here se barmhartighede groot is (2 Sam. 24:14).

In Exodus 20:6 s die Here dat Hy barmhartigheid bewys aan duisende van die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou. Maak jy daagliks hiervan gebruik wanneer jy versoek word? Ons moet onsself in die geloof aan God ondwerp en volkome op sy genade en barmhartigheid hoop, dan sal die duiwel van ons af wegvlug en sal die versoeking oorwin word. Indien ons sou nalaat om dit te doen, sal ons voor die versoekings van die duiwel, die vlees en die wreld swig. Hoe meer ons aan sonde toegee, hoe harder en meer gevoelloos sal ons vir die stem van die Heilige Gees word. Dit is waarom Paulus s: Vermaan mekaar elke dag sodat niemand van julle deur die verleiding van die sonde verhard word nie (Heb. 3:13).

As ons elke dag naby aan die Here bly en ook met ander mense oor sy goedheid en guns praat, sal ons voortdurend sy genadige beskerming geniet. Dawid het ges: U geregtigheid bedek ek nie binne-in my hart nie; van u trou en u heil spreek ek U, o Here sal u barmhartighede van my nie terughou nie; laat u goedertierenheid en u trou my altyddeur behoed (Ps. 40:11-12). Wanneer die aanvegtinge teen ons groot en die stryd hewig is, wanneer die pad eensaam is en vriende ons verlaat het, wanneer die versoekings intens en ons kragte min is, kan ons maar net in die gebed uitroep: Laat u barmhartighede ons gou tegemoetkom, want ons is baie swak. Help ons, o God van ons heil en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam (Ps. 79:8-9).

Wat gebeur as ons nie die genadetroon van God met opregte sondebelydenis nader nie, en maar so onopsigtelik as moontlik met ons sondes probeer saamleef? Dan sal daar geen vergifnis en verlossing vir ons wees nie, en sal hierdie onbelyde sondes ons na die ewige verderf voortsleep: Hy wat sy oortredinge bedek, sal nie voorspoedig wees nie; maar hy wat dit bely en laat staan, sal barmhartigheid vind (Spr. 28:13). Danil het ges: By die Here onse God is barmhartigheid en vergewing (Dan. 9:9). Kan jy hiervan getuig en ervaar jy die genade van die Here elke dag opnuut in jou lewe? God is ryk in barmhartigheid en Hy kan in elke behoefte van ons voorsien na die rykdom van sy genade.

Die barmhartige Samaritaan

Die Here Jesus het die barmhartigheid van God wat Hy aan ons bewys, op n besondere wyse in die gelykenis van die barmhartige Samaritaan verduidelik: n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jerigo en onder rowers verval, en nadat hulle hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood l. En bygeval het n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby. En net so het ook n Leviet by di plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan. Maar n sekere Samaritaan wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy hom sien, het hy innig jammer gevoel, en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom na n herberg geneem en vir hom gesorg. En toe hy die volgende mre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en s vir hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag h, sal ek jou betaal as ek terugkom (Luk. 10:30-35).

Die ongelukkige reisiger in hierdie gelykenis was alleen in n eensame gebied tussen Jerusalem en Jerigo op reis. Dit was n kronkelende pad wat binne 30 kilometer sowat 900 meter van Jerusalem af na die Jordaanvallei gedaal het. Omdat die pad deur die talle klowe gekronkel het, was die reisiger dikwels uit sig van ander reisigers. Dit was gevolglik maklik vir rowers om hulle langs die pad skuil te hou, reisigers van die pad af te sleep en te beroof. In Bybelse tye was die klowe naby die Jordaanrivier baie bebos en het roofdiere ook hier skuilgehou.

Die man in die gelykenis is deur die rowers oorval, byna doodgeslaan en van al sy besittings beroof. Hulle het die verwonde man wat nie eers kon opstaan om verder te loop nie, net so langs die pad laat l. Die beroofde en sterwende man was ver van sy huis en familie af toe hy hulp dringend nodig gehad het. Daar waar hy was, was hy van die eerste vreemdeling wat sou verbykom, se hulp afhanklik. Sy lewe was in groot gevaar, en sonder hulp sou hy nie oorleef het nie maar sekerlik gesterf het.

Volgens die gelykenis rus daar n morele plig op enigeen wat naby aan n noodlydende is, om n helpende hand uit te steek, hom medies en materieel te versorg en sodoende sy lewe te red. Die slagoffer moet ook gehelp word om uit die gevaarsituasie te kom. Dit maak nie saak of hy n lid van n ander volk is, of selfs jou vyand nie as jy naby is moet jy help! Dit is opvallend dat dit n vreemdeling is wat hierdie man gehelp het. Sy eie volksgenote het hulle nie aan hom gesteur nie, maar anderkant toe gekyk en verbygeloop. Hulle het net aan hulleself gedink.

n Duidelike beginsel van barmhartigheidsdiens aan mense wat swaarkry en ly, word hierdeur vir ons bepaal. Ons moet onthou dat alle mense, ook die ongereddes, na die beeld van God geskape is. Die Here Jesus identifiseer met hulle sorge en probleme. Hy verwag van sy dissipels om hulle te besoek, te help en te versorg sover hulle kan; daarom s Hy: Ek het honger gehad, en julle het My nie te ete gegee nie; Ek het dors gehad, en julle het My nie te drinke gegee nie. Ek was n vreemdeling, en julle het vir My nie herberg gegee nie; naak, en julle het My nie geklee nie; siek en in die gevangenis, en julle het My nie besoek nie (Matt. 25:42-43). Julle was soos daardie priester en Leviet wat weggekyk en ges het: Ek het niks met daardie man en sy probleme te doen nie hy kan toesien!

Jesus het hierdie gelykenis ook gebruik om sy eie rol as die redder en verlosser van n verloregaande mensdom te beskryf. Hy was n uitgeworpene in sy eie volk, soos wat die Samaritane ook uitgeworpenes was. Hulle was vroer Jode wat met heidennasies vermeng geraak het, en is dus nie meer as Jode geag of aanvaar nie. Daar is op hulle neergesien. Jesus is as Messias ook verwerp, en die volksleiers het Hom uitgestoot en probeer doodmaak. Ten spyte hiervan was Jesus die een wat Hom oor diegene wat geestelik beklaenswaardig, arm, blind en naak was, ontferm het. Die skrifgeleerdes en Farisers kon niks vir die geestelike nood van hulle eie volk doen nie hulle het anderkant toe gekyk en verbygeloop. Die Here Jesus het hulle egter gehelp, daarom het Hy ges: Die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was (Luk. 19:10).

In die geestelike toepassing van hierdie gelykenis is ons almal reisigers wat tussen Jerigo en Jerusalem op reis is. Langs hierdie pad is daar rowers wat ons inwag. Hulle is daarop ingestel om ons geestelik van ons erfenis te beroof en ons dood te maak. Die rowers beeld die duiwel en sy demone uit. Die slagoffers van Satan l langs die lewenspad en sal in hulle sonde sterf as iemand hulle nie help nie. Hulle eie geestelike leiers is belangeloos oor hulle probleem hulle kan of wil hulle nie help nie. Die barmhartige Samaritaan, Jesus, kom egter verby en help die sterwendes. Hy sit olie en wyn op hulle wonde. Die wyn dui op sy bloed wat Hy vir ons redding gestort het: In Hom het ons die verlossing deur sy bloed, die vergifnis van die misdade na die rykdom van sy genade (Ef. 1:7). Die olie dui op die Heilige Gees. Hy wederbaar, vervul, versterk, vertroos en salf ons wanneer ons ons toevlug tot Christus neem.

Die Here Jesus rig hierdie man op en sit hom weer op die pad sodat hy met sy nuwe lewe kon voortgaan. Hierna is die persoon egter nooit weer alleen nie, omdat hy n Vriend het wat hom op die lewenspad vergesel. Die Samaritaan sit die man op sy pakdier en vervoer hom na n herberg toe. S dra die Here ons dag n dag (Ps. 68:20). By die herberg betaal die Samaritaan die man se verblyf. Hierdeur s die Here dat Hy ons nie net red nie, maar ook in ons ander behoeftes voorsien omdat ons aan Hom behoort en daagliks van sy barmhartigheid afhanklik is.

Daar is ook n profetiese toepassing in hierdie gelykenis. Die Here Jesus het na die aarde gekom om sterwende sondaars op die lewenspad op te soek en te red. Die versorging van die verwonde man in die herberg dui daarop dat die Here al ons behoeftes vir die voortsetting van ons geestelike lewe vir sy rekening neem. Die barmhartige Samaritaan betaal aan die herbergier twee pennings, wat die prys vir twee dae se verblyf in die herberg is. Daarna vertrek hy en s vir die herbergier dat as daar nog enige verdere koste is wat hy met die gas het, hy dit sou betaal wanneer hy terugkom. Dit dui daarop dat hy n twee dae weer sou terugkom.

Volgens 2 Petrus 3:8 is een dag vir die Here soos n duisend jaar. Naastenby tweeduisend jaar n sy eerste koms om voorsiening vir die redding van sondaars te maak, kom Hy weer terug. Dan bring Hy sy loon met Hom om elkeen te vergoed wat insette gelewer en uitgawes in die versorging van sy volgelinge aangegaan het. Hy s: Kyk, Ek kom gou, en my loon is by My, om elkeen te vergeld soos sy werk sal wees (Op. 22:12).

Ons weet dat daardie twee dae, of tweeduisend jaar, tussen sy eerste en tweede koms nou verstreke is. Ons lewe in die tyd waarin die Bruidegom talm om te kom, omdat daar nog baie mense op die lewenspad is wat deur die groot Berower oorval is, en dringend hulp nodig het. Gaan uit op die paaie en lanings en soek hierdie geestelik sterwende mense op, sodat die huis van die Here vol kan word. Jy sal loon ontvang as jy nie net aan jouself dink nie, maar n helpende hand na n mensdom in sy nood uitreik: Wie is dan die getroue en verstandige dienskneg vir wie sy heer oor sy diensvolk aangestel het om hulle hul voedsel op tyd te gee? Gelukkig is daardie dienskneg vir wie sy heer, as hy kom, op hierdie manier besig sal vind. Voorwaar Ek s vir julle, hy sal hom oor al sy besittings aanstel (Matt. 24:45-47).

Die heerlike eindbestemming

Die barmhartigheid wat die Here aan ons bewys, begin by wedergeboorte, maar gaan daarna voort omdat hierdie nuwe lewe eers in die hemel tot sy volle verwesenliking sal kom. Terwyl ons daarheen op pad is, bou die Here ons geestelik op en bewaar ons van die Bose: Gesend is die God en Vader van onse Here Jesus Christus wat na sy grote barmhartigheid aan ons die wedergeboorte geskenk het tot n lewende hoop deur die opstanding van Jesus Christus uit die dode, sodat ons n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemel bewaar is vir ons (1 Pet. 1:3-4). In die lig hiervan moet ons toewyding aan die Here elke dag toeneem: Maar julle, geliefdes, moet julleself opbou in jul allerheiligste geloof en in die Heilige Gees bid en julleself in die liefde van God bewaar, terwyl julle die barmhartigheid van onse Here Jesus Christus tot die ewige lewe verwag Aan Hom nou wat magtig is om julle vir struikeling te bewaar en julle sonder gebrek voor sy heerlikheid te stel met gejuig, aan die alleenwyse God, ons Verlosser, kom toe heerlikheid en majesteit, krag en mag, nou en tot in ewigheid! (Judas 1:20-25).

Die keuse is joune

Ten spyte van die feit dat die Here so barmhartig en vergewensgesind is, en Hy uitdruklik ges het dat Hy graag alle mense se siele wil red (2 Pet. 3:9), is daar net n minderheid mense onder alle nasies aan wie barmhartigheid betoon word. Jesus het ges: Gaan in deur die nou poort, want breed is die poort en wyd is die pad wat na die verderf lei, en daar is baie wat daardeur ingaan. Want die poort is nou en die pad is smal wat na die lewe lei, en daar is min wat dit vind (Matt. 7:13-14). Waarom is daar so relatief min mense wat barmhartigheid ontvang om deur die nou poort in te gaan en die pad na die hemel te bewandel? Barmhartigheid en vergewensgesindheid is dan sulke kennelike eienskappe van God, en die uitnodiging tot redding aan alle mense so dringend en liefdevol!

Die oorsaak waarom miljoene mense na die ewige verderf op pad is, is hulle eie hardkoppigheid, selfvoldaanheid en liefde vir sonde. Hulle het die duisternis liewer as die lig omdat hulle werke boos is (Joh. 3:19). Hulle verkies Mammon en sy aardse rykdomme b God en n lewe van diensbaarheid aan Hom. Die hartstogte en begeerlikhede van die vlees is vir hulle aanlokliker as n lewe van heiligheid en reinheid. Hulle strewe na grootheid en belangrikheid weerhou hulle daarvan om die eie-ek te verlon, te kruisig en die nederige rol van n dienskeg van Christus te vervul. Hulle verkies die lae standaarde van vormgodsdiens in plaas van ware dissipelskap, omdat n blote gedaante van godsaligheid vir hulle aanvaarbaar is. Hulle meen dat hierdie flou skynsel van godsdiens genoeg sal wees om die hemelpoorte te bereik. Deur di houding verag hulle in werklikheid God se barmhartigheid en genade omdat hulle, soos die ryk jongman, wl godsdienstig wil wees maar nogtans nie bereid is om die kosteberekening vir n ware harts- en lewensverandering te doen nie. Die ontnugtering van hulle lewe wag vir hierdie vormgodsdienstige sondaars voor die groot wit troon. Hulle sal op hulle hol en le Christelike tradisie aanspraak maak, maar die Here Jesus sal hulle wegwys: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My (Matt. 7:23).

Moenie na valse leraars luister wat s dat die Here s barmhartig en liefdevol is dat Hy geen sondaar hel toe sal stuur nie. God se barmhartigheid en genade is inderdaad grensloos, maar dit is nie goedkoop nie en moet in die geloof toegeien word voordat dit aan ons toegereken word. Ons moet daarin wandel en in die proses self barmhartigheid aan ander betoon. Jesus het ges: Salig is die barmhartiges, want aan hulle sal barmhartigheid bewys word (Matt. 5:7). As ons, soos die priester en Leviet in die gelykenis, nie bereid is om God se barmhartigheid aan ander te bewys nie, dan het ons lewe van selfsug nie wesenlik verander nie en verbeur ons die reg om verder na sy barmhartigheid vir onsself te vra. Dieselfde beginsel geld ook ten opsigte van vergewensgesindheid. As ons andere nie vergewe nie, sal die Here ons oortredinge ook nie vergewe nie. Ons mt in ons verhouding teenoor ander mense soos Christus word nadat ons sy barmhartigheid en vergifnis ontvang het. Hy het gekom om te soek en te red wat verlore was, en s dat ons ook op die paaie moet uitgaan om verlore skape op te soek en na die kudde van die groot Herder in te bring.

In die uitvoering van hierdie groot en moeilike taak is daar volharding nodig. Laat ons dus die barmhartigheid en genade van die Here altyd voor o hou. Paulus s ons moet die vrymoedigheid en roem van die hoop op die ewige lewe tot die einde toe onwrikbaar vashou (Heb. 3:6). Ons moet aanhou om vrymoediglik daaroor te praat, terwyl ons roem op die feit dat ons deur die Here Jesus se genade n ewige toekoms in die hemel het. Ons moet nooit hierdie erfenis geringskat, minag of selfs vergeet nie: Daarom moet ons des te meer ag gee op wat ons gehoor het, dat ons nie miskien wegdrywe nie. Want as die woord deur engele gespreek, onwankelbaar was, en elke oortreding en ongehoorsaamheid regverdige vergelding ontvang het, hoe sal ons ontvlug as ons so 'n groot saligheid verontagsaam wat, nadat dit eers deur die Here verkondig is, aan ons bevestig is deur die wat dit gehoor het? (Heb. 2:1-3). Laat ons die pad van die Here met volharding loop en nie omkyk nadat ons die hand aan die ploeg geslaan het nie. Ons kan met alle vrymoedigheid uitsien na die blye dag waarop ons in die Naam van Jesus Christus voor n barmhartige God in die hemel sal verskyn om ons ewige erfenis in sy koninkryk te ontvang.