Program 39: God se Raadsplan

Die openbaring van God aan die mens word in die Bybel binne die raamwerk van die volgende sewe dispensasies, of bedelings, beskryf:

1.    Die bedeling van onskuld in die paradys.

2.    Die bedeling van die gewete n die sondeval.

3.    Die bedeling van die wet in die Ou Testament.

4.    Die bedeling van die kerk, of die Heilige Gees, in die Nuwe Testament.

5.    Die bedeling van die Antichris se regering van sewe jaar n die wegraping.

6.    Die bedeling van die koninkryk (die 1000-jarige vrederyk van Christus) n die wederkoms.

7.    Die bedeling van volmaaktheid in die ewigheid in die nuwe hemel en op die nuwe aarde.

In die sewe dispensasies vind daar n progressiewe openbaring van die kennis van goed en kwaad plaas. Dit vorder deur verskillende stadiums en eindig in n toestand van volmaaktheid waarin ons ten volle sal ken soos ons ook ten volle geken is (1 Kor. 13:12). In die proses vind daar nie net n toename in die kennis van God en sy geregtigheid plaas nie, maar ook n toename in die kennis en werke van die opponerende koninkryk van die duisternis. Die belangrikste kenmerke van die sewe dispensasies is, in bre trekke, die volgende:

1. Die bedeling van onskuld

Die heel eerste bedeling waarin Adam en Eva in die paradys was, was die bedeling van onskuld. Hulle het geen kennis van goed en kwaad gehad nie, daarom was hulle nie eers van hulle naaktheid bewus nie. Die Here het aan hulle sekere opdragte gegee, wat ook n verbod op die vrugte van die boom van die kennis van goed en kwaad ingesluit het. As hulle hiervan eet, sou hulle sekerlik sterwe (Gen. 2:17). Satan het vir Adam en Eva op n listige wyse verlei om God se opdrag te oortree en van die boom se vrugte te eet (Gen. 3:1-5). Hulle het hierdeur nie net van die onderskeid tussen goed en kwaad bewus geword nie, maar self slagoffers van die kwaad geword. Omdat hulle teen God gerebelleer en na die duiwel geluister het, het hulle n sondige natuur gekry en geestelik gesterwe. Ook het hulle fisies sterflike mense geword. Die bedeling van onskuld is dus deur die sondeval beindig en Adam en Eva is uit die paradys verdryf.

2. Die bedeling van die gewete

Vir n lang tyd n die sondeval het die mens d.m.v. die stem van sy gewete tussen goed en kwaad onderskei. Hy het geen ander voorskrifte gehad om na te volg nie. Verskeie mense het na aanleiding van hulle innerlike oortuigings geregtigheid nagestreef, en getuienis ontvang dat hulle God behaag het. Die Here het Homself ook aan hierdie mense geopenbaar en selfs met hulle gepraat. Baie van hulle het predikers van geregtigheid geword. Voorbeelde van sulke manne was Abel, Henog, Noag, Abraham, Isak, Jakob en Josef.

3. Die bedeling van die wet

Die bedeling van die wet het by Sinai aangebreek, waarin die onderskeid tussen goed en kwaad baie meer eksplisiet uitgespel is. God het nie net in die Tien Gebooie nie, maar ook deur n groot aantal verordeninge en insettinge, aan sy volk opdragte gegee oor wat hulle mt doen en ni mag doen nie. Sodoende moes Israel God se ryk n Satan se ryk beter leer ken. Die volk se kennis van God was egter baie beperk en hulle godsdiens het hoofsaaklik uit uiterlike aktiwiteite van wetsnakoming bestaan. Hulle innerlike motivering om hierdie wette na te kom, was swak, daarom moes hulle so dikwels weens die verbreking van God se wette aangespreek en gestraf word. Hulle kennis van die duiwel en sy werke was ook baie beperk, en het nie veel verder as manifestasies van afgodediens gestrek nie.

4. Die bedeling van die kerk

Dit word ook die bedeling van genade en die bedeling van die Heilige Gees genoem. N die kruisdood, opstanding en hemelvaart van Jesus, is die Heilige Gees uitgestort om mense te wederbaar en in die hele waarheid te lei. Omdat Hy hulle van sonde en geregtigheid oortuig, verkry hulle nog veel dieper insig in die onderskeid tussen goed en kwaad. Die goeie sluit n dieper kennis van God in, soos deur Jesus Christus en sy prediking geopenbaar, want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik. In die Heilige Gees-genspireerde geskrifte van die res van die Nuwe Testament word verdere openbarings van God en sy geregtigheid gedoen.

Aan die ander kant word die duiwel en sy werke ook tot n groot mate in hierdie bedeling geopenbaar. Die Here Jesus het hierdie bose magte en owerhede uitgeklee en in die openbaar tentoongestel (Kol. 2:15). Ons weet veel meer van Satan, sy demone en hoe hulle te werk gaan om mense te verlei. Die kwaad sluit nie net sondige dade in nie, maar ook sondige gesindhede. Ten spyte van die dieper insig, leef ons in n gebroke werklikheid waarin ons nog steeds net ten dele ken. Ons moet waak teen geestelike onkunde en aktief na die dinge van die Here soek. Ons moet toeneem in genade en kennis van die Here Jesus, terwyl ons ook n groter sensitiwiteit en afkeur vir die sonde moet ontwikkel.

5. Die bedeling van die Antichris se regering

Wanneer die tehouer, naamlik die ware kerk as die tempel van die Heilige Gees, d.m.v. die wegraping uit die weg geruim is, sal die Antichris geopenbaar word (2 Thess. 2:6-12). Dit sal n hele nuwe bedeling inlui waarin die massas deur die krag van die dwaling mislei sal word. Hulle sal ook verslaaf, verdruk en doodgemaak word. Die kwaad sal dan tot sy volle ontplooiing kom. In teenstelling hiermee sal die kerk wat weggeraap is, met verheerlikte opstandingsliggame beklee word om die goeie ten volle te ken. Hulle sal Jesus Christus van aangesig tot aangesig sien en nooit weer van Hom geskei word nie (1 Thess. 4:16-17).

6. Die bedeling van die koninkryk

In die duisendjarige vrederyk sal die ware gelowiges van alle tye saam met Christus in sy koninkryk regeer (Op. 5:10; 20:6). As verheerlikte wesens sal hulle nie meer aan pyn, droefheid, ellende en die dood onderworpe wees nie, en ook nie meer deur ander vorms van onvolmaaktheid geteister en beperk word nie. Hulle kennis van God sal volmaak wees. In daardie tyd sal die geestelik herstelde Israel die lof van die Here oral verkondig, en die aarde sal vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem oordek (Jes. 11:9). Die duiwel sal gebind wees en die Here se vrede en geregtigheid sal oral heers.

7. Die bedeling van die ewigheid

In die ewigheid, in die nuwe hemel en op die nuwe aarde, sal daar nooit weer iets inkom wat verontreinigend of sondig is nie (Op. 21:27). Volmaakte vrede en vreugde sal heers wanneer die gelowiges vir altyd in die teenwoordigheid van God leef. Die poel van vuur sal ook vir ewig bestaan waar Satan, sy demone, en alle misleides van alle eeue vir ewig die straf vir hulle rebellie teen God sal ondergaan (Op. 14:9-11; 20:15; Dan. 12:2). Daar sal nooit weer in die dieselfde plek, soos tans op aarde, n naasbestaan van die koninkryke van die lig en die duisternis wees, waar hulle in n stryd teen mekaar gewikkel is nie. Hulle sal dan vir ewig van mekaar geskei wees.

Dispensasionele kennis

Dit is nodig dat ons as Christene die aard van die verskillende dispensasies in die Bybel goed sal ken. Dit was vir die mense van elke bedeling noodsaaklik om die grootste moontlike kennis van goed en kwaad te h sodat hulle God kon behaag en die regte besluite kon neem om geestelik in die stryd teen sonde en boosheid te oorwin. Die Here het reeds vroeg in die bedeling van die gewete die aard van hierdie stryd, en die noodsaaklikheid om die regte dinge te doen, s aan Kain verduidelik: Is daar nie verheffing as jy goed doen nie? En as jy nie goed doen nie die sonde l en loer voor die deur, en sy begeerte is na jou; maar j moet daaroor heers (Gen. 4:7). Hy het egter tot sy eie nadeel en ondergang die kennis van die Here verwerp, nie in sy we gewandel nie en as gevolg hiervan noodwendig die verkeerde dinge gedoen.

In die bedeling van die wet het die Here Homself op n besondere manier aan Israel geopenbaar. Miga s: Hy het jou bekend gemaak, o mens, wat goed is; en wat vra die Here van jou anders as om reg te doen en liefde te betrag en ootmoedig te wandel met jou God? (Miga 6:8). Laat jou klere altyd wit wees, en laat olie op jou hoof nie ontbreek nie (Pred. 9:8). n Wit kleed dui op n rein lewenswandel, en olie op jou hoof verwys na die salwing van die Heilige Gees wat op jou moet rus. Israel het egter gou die insettinge van die Here vergeet en geestelik op die dwaalwe van Satan beland. Dit was die direkte gevolg van n gebrek aan die kennis van God en sy heilige wil. Hosea het ges: Daar is geen trou en geen liefde en geen kennis van God in die land nie My volk gaan te gronde weens n gebrek aan kennis (Hos. 4:1, 6). Uit hierdie toestand van afvalligheid is hulle telkens tot bekering opgeroep: Bekeer jou, Israel, tot die Here jou God, want jy het gestruikel deur jou ongeregtigheid (Hos. 14:2).

In die kerkbedeling is dit ook van kardinale belang dat ons vervul moet wees met die kennis van God se wil in alle wysheid en geestelike insig, sodat ons waardig voor die Here mag wandel om Hom in alles te behaag en in elke goeie werk vrug te dra en in die kennis van God te groei (Kol. 1:9-10). Ons moet dus vir God self ken, want in Hom is alle skatte van wysheid en kennis verborge (Kol. 2:3). Ons leer die Here deur sy Woord ken, en hierdie waarhede het n vrymakende krag as ons dit in die geloof aanneem. Die Here Jesus het ges: As julle in my woord bly, is julle waarlik my dissipels. En julle sal die waarheid ken en die waarheid sal julle vrymaak (Joh. 8:31-32). God is waarheid, Jesus is waarheid, die Heilige Gees is die Gees van waarheid, en Hy sal ons in die hele waarheid van die Woord lei. Hoe goed ken jy hierdie waarheid? Sonder n deeglike kennis daarvan sal jy nie volkome daarin kan wandel nie.

Een van die belangrike aspekte van n goeie kennis van die Here se Woord is dat ons ook n duidelike begrip van die aard van die huidige bedeling in God se raadsplan sal h. In die lig daarvan sal ons besef dat ons nie nou in die koninkryksbedeling is, wat eers sal aanbreek nadat die Koning teruggekom en sy vrederyk op aarde gevestig het nie. Ons is nou in die kerkbedeling, wat deurlopend gekenmerk word deur n stryd tussen die koninkryk van God en die koninkryk van Satan. In hierdie tyd is die wreld oorwegend in n geestelik donker tyd, omdat die meeste mense die duisternis liewer het as die lig (Joh. 3:19). Die Here Jesus het self ges dat relatief min mense in hierdie tyd gered sal word: Stry hard om in te gaan deur die nou poort, want baie, s Ek vir julle, sal probeer om in te gaan en sal nie in staat wees nie (Luk. 13:24). Wanneer daar nie n duidelike onderskeid tussen die kerkbedeling en koninkryksbedeling getref word nie, kan dit die volgende gevolge h:

       Die ontkenning van n toekomstige vrederyk en die vereniging daarvan met die kerkdispensasie lei na n koninkryksteologie waarin voorspoed, mag en ekumeniese bande nagestreef word. Mense wil as konings en groot profete regeer. Hulle maak op onverifieerbare, twyfelagtige, buite-Bybelse openbarings aanspraak en dit vorm die grondslag van n groeiende groep aanmatigende profete en apostels wat deur hulle magspel die wreld wil oorneem. Christelike n multigodsdienstige ekumene word beoefen, en ter wille van groter eenheid en mag word die eis van leerstellige suiwerheid goedsmoeds ingeboet.

       Die binding van Satan gedurende die vrederyk word na die huidige kerkdispensasie verskuif. Dit het twee gevolge: (1) Baie kerke het feitlik geen demonologie en begrip vir ons stryd teen die Bose nie, en bied net sielkundige berading teen die werke van Satan aan. Volgens hulle is Satan al tydens die eerste koms van Jesus gebind en leef ons nou in die koninkryksbedeling. (2) In ander kringe word weer erken dat die duiwel en sy ryk groot mag het, maar daar word verkeerdelik beweer dat die kerk deur die Here bemagtig is om Satan en sy sogenaamde gebiedsdemone n al te bind, te onttroon en te verdryf sodat hulle hul gesag in dorpe, stede n in hele lande kan verloor. Di metode is dispensasioneel uit plek en dus ook onbybels, omdat Satan eers met die wederkoms van Christus van sy magsposisie in die wreld ontneem en vir n duisend jaar in n put gebind sal word. Geestelike oorlogvoering moet in hierdie bedeling op individue toegespits word, en nie op n territoriale of wreldvlak nie. Individue moet geleer word om in n bose wreld te oorwin en geestelik staande te bly; maar die wreld, in n bre verband, sal n bose plek bly totdat die Here Jesus kom om die magte van die Antichris te verdelg en Satan te laat bind.

       Die vergeesteliking van Bybelse profesie, en die ontkenning van beloftes soos di oor die wegraping, lei tot geestelike uitsigloosheid onder die Christene omdat dit hulle toekomsverwagting oor die wederkoms omtrent heeltemal wegneem. Die gebrek aan Bybelse kennis oor die dispensasie waarin ons nou leef, asook n gebrek aan kennis oor die ontluikende bedeling van die Antichris, lei tot verwarde denke. Die gevolg hiervan is dat mense nie n ingryping van die Here deur die wegname van sy gemeente verwag nie, en ook nie die onderwerping van die agtergeblewenes aan die diktatuur van die Antichris nie. Die plek van hierdie profetiese kennis word deur sekulre ideale en vooruitsigte vervang, bv. sosio-ekonomiese transformasie, asook die eenheidsindroom van die nuwe wreldorde.

Indien ons wl die kerkbedeling en die toekomstige vrederyk van mekaar onderskei, vrywaar ons onsself soos volg van die probleme wat hierbo genoem word:

       Ons sal nie Satan se mag onderskat of wegredeneer deur te beweer dat hy n gebind is nie. Tydens die kerkbedeling loop hy rond soos n brullende leeu om te soek wie hy kan verslind (1 Pet. 5:8). In die vrederyk sal hy volkome gebind wees (Op. 20:1-3). Die stryd teen die Bose in die huidige dispensasie maak dus n wesenlike deel van ons praktiese Christenskap uit. Sy strategie sluit die misleiding van Christelike kerke d.m.v. valse profete in (2 Kor. 11: 13-15; Matt. 7:15-23; 24:11, 24).

       Ons sal realisties wees oor die feit dat ons in die teenwoordige bose wreld leef (Gal. 1:4) waarin die Christene n minderheidsgroep is, en dus vreemdelinge op geestelike gebied wat moet skyn soos ligte te midde van n krom en verdraaide geslag (Fil. 2:15). Die meerderheid mense verkies die duisternis omdat hulle werke boos is (Joh. 3:19).

       Ons sal nie die dwalings van die koninkryk-nou teologie en die voorspoedsevangelie ten prooi val nie, omdat ons nie nou in die probleemvrye en oorvloedige toestand van die komende vrederyk leef en soos konings regeer nie.

       Ons sal nie die valse vredesinisiatiewe en ongekwalifiseerde eenheidsdenke van die huidige, antichristelike nuwe wreldorde aanvaar nie, omdat ons in n tyd van konflik en stryd leef. Die koninkryk van God en di van Satan is onverenigbaar, daarom is groter polarisasie en spanning onafwendbaar.

       Ons sal nie die fout begaan om die gemors waarin die wreld nou is, aan die beweerde mislukking van God se regering toe te skryf nie. God s soewerein, maar in sy raadsbesluit het Hy n vrye wil aan die mens gegee om self te besluit of hy na God of na Satan wil luister. As gevolg van die meerderheid mense se verkeerde besluite en geestelike verhardheid, leef ons in n wreld wat in die mag van die Bose l (1 Joh. 5:19). Hy is die owerste van hierdie bose wreld (Joh. 14:30; Ef. 6:12) en moet saam met sy miljoeme misleides die skuld kry vir die ellende waarin die wreld verkeer. Die Here Jesus het gekom om die werke van die duiwel te verbreek (1 Joh. 3:8), maar net n klein minderheid maak van sy verlossingswerk gebruik. God sal van al die ander rekenskap opeis oor wat hulle met hulle vrye wil en met Jesus se aanbod van verlossing uit satansmag gedoen het.

n Duidelike begrip van dispensasies en hulle onderskeidende kenmerke, help ons om wreldgebeure, asook ons toekomsverwagting, in terme van God se raadsplan vir die mens te beoordeel. Dit leer ons om die mens se morele en geestelike probleme, asook al die negatiewe gevolge wat dit meebring, aan sy wanverhouding met God toe te skryf. Voordat die sondaars deur Jesus Christus met God versoen is, sal hulle probleme nt erger word, terwyl die ewige verdoemenis aan die einde van die pad vir hulle wag.