Program 34: God se Gedagtes

Omdat God mense na sy eie beeld en gelykenis gemaak het, wat in hulle eie belang volgens sy heilige wil moet optree, is dit vanselfsprekend dat hulle ook hemelse gedagtes moet bedink as hulle soos Hy wil wees. Omdat mense egter n vrye wil het, het hulle die keuse of hulle God se wil, hulle eie wil of selfs die wil van die duiwel sal doen, en ook of hulle heilige gedagtes of sondige gedagtes sal bedink. Toe die Here die mens gemaak het, het Hy nie n robot gemaak wat vooraf geprogrammeer is nie, maar n denkende mens (homo sapiens) wat self besluite neem en dus ook beheer oor sy gedagtewreld kan uitoefen. Hiervoor is hy aanspreeklik teenoor God.

Kom ons kyk kortliks wat die Bybel oor die belangrike rol van gedagtes s: Hoe groot is u werke, o Here; baie diep is u gedagtes (Ps. 92:6). Hoe kosbaar is dan vir my u gedagtes, o God! Hoe geweldig is hulle volle som nie! (Ps. 139:17). Die basiese gedagte wat God vir die mens koester, is om aan hom n hoopvolle toekoms te gee indien hy die we van geregtigheid bewandel (Jer. 29:11). Indien hy dit nie doen nie en eerder die pad van die sonde verkies, dan sal die toorn van die Here oor hom en die ander sondaars geopenbaar word (Ps. 2:5, 12; 90:11).

Wat die mens betref, kan ons nie ons gedagtes vir die Here wegsteek nie. Dawid s: U verstaan van ver my gedagte (Ps. 139:2). Die Here ken die gedagtes van die mense, dat hulle nietigheid is (Ps. 94:11). In die Nuwe Testament lees ons ook dat Jesus die gedagtes van mense volkome geken het nog voordat hulle gepraat het (Matt. 12:25; Luk. 6:8, 11:17). Sondaars is almal die slagoffers van sondige gedagtes wat onder die aanstigting van Satan uit hulle gevalle, sondige natuur en bose, ongereinigde harte voortspruit: Want van binne, uit die hart van die mense, kom die slegte gedagtes, egbreuk, hoerery, moord, diewery, hebsug, boosheid, bedrog, losbandigheid, afguns, lastering, hoogmoed, dwaasheid (Mark. 7:21-22).

Hoe moet hierdie sondige gedagtes in die hart van die mens gedentifiseer word? Die Here gee aan ons n bonatuurlike hulpmiddel hiervoor, naamlik sy Woord: Want die Woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot die skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is n beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart (Heb. 4:12). Die Woord is soos n tweesnydende swaard wat indring tot in ons diepste wese waar dit die gedagtes en houdings van ons harte openbaar. Dit is in staat om te kan onderskei tussen dit wat geestelik is en dit wat bloot uit die siel (die intellek, wil en emosies) van die mens afkomstig is. Die swaard van die Woord dring deur tot by die skeiding van die siel en gees. Die innerlike lewe van n Christen is soms n vreemde mengsel van motiverings waarvan sommige opreg geestelik en ander volkome menslik is. Die Woord van God is nodig om onderskeid te tref en te openbaar wat geestelik en wat vleeslik is. Mense verkeer soms onder die indruk dat hulle sekere stappe uit suiwer geestelike oorwegings beplan terwyl dit, soos die Woord van God hulle sal wys, uit ongeloof of sondige motiewe gebore mag wees.

Wat moet die sondaar doen as hy onder die geklank van God se Woord, en ook deur die oortuiging van die Heilige Gees, tot die kennis van sy sondige gedagtes en lewenswandel kom? Hy moet homself met berou tot die lewende God bekeer: Laat die goddelose sy weg verlaat en die kwaaddoener sy gedagtes; en laat hy hom tot die Here bekeer, dan sal Hy hom barmhartig wees; en tot onse God, want Hy vergeef menigvuldiglik. Want my gedagtes is nie julle gedagtes nie, en julle we is nie my we nie, spreek die Here. Want soos die hemel hor is as die aarde, so is my we hor as julle we en my gedagtes as julle gedagtes (Jes. 55:7-9).

Dit is duidelik dat alle sondes by verkeerde gedagtes begin. Hierdeur kry Satan n vastrapplek in jou lewe. Want hoewel ons in die vlees wandel, voer ons die stryd nie volgens die vlees nie; want die wapens van ons stryd is nie vleeslik nie, maar kragtig deur God om vestings neer te werp, terwyl ons planne verbreek en elke skans wat opgewerp word teen die kennis van God, en elke gedagte gevange neem tot gehoorsaamheid aan Christus (2 Kor. 10:3-5). Hierdie is n waarskuwing teen sondige gedagtes, maar ook n plan van aksie vir geestelike herstel, wat aan n Christelike gemeente gerig word. Die Here wil h dat ons met die wapens van die lig weerstand teen die sonde moet bied sodat ons nie slagoffers daarvan word nie. Die vier stadiums waardeur sonde ontwikkel, is regstreeks aan mekaar verbind. Wanneer n vesting van sonde val, dan val saam met dit die planne (strategie), skanse teen die waarheid (morele regverdiging) n die rebelse gedagtes (verkeerde idees) waaruit dit ontstaan het.

Christene wat die oprigting van sondige vestings in hulle lewens wil voorkom, moet dus by die vertrekpunt van sonde weerstand bied, naamlik op die gedagtevlak. Verkeerde idees en voornemens is die begin van sondige dade. Hierdie gedagtes en slegte begeertes kan uit die mens se eie onderbewussyn en vleeslike natuur na vore kom, want: ...elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde (Jak. 1:14-15). Dit wat ek met my o sien, is dikwels die oorsaak van sonde (Matt. 5:28; 1 Joh. 1:15-16). Verleidende gedagtes kan ook uit verkeerde leesstof en opruiende of moreel afbrekende gesprekke voortspruit: Moenie dwaal nie; slegte gesprekke bederf goeie sedes (1 Kor. 15:33). n Ander bron van sondige gedagtes is regstreekse benvloeding deur die duiwel. Hy kan vurige pyle op jou afvuur (Ef. 6:16) waardeur hy jou gedagtes verwar en onchristelike suggesties by jou plant. Soms kan hierdie gedagtes goed voorkom, maar dan is dit nogtans n bedekte aanval op jou Christelike waardes. Om hierdie rede moet alle gedagtes in die lig van die Bybel beoordeel word.

Die duiwel slaag dikwels daarin om Christene se gedagtes geweldig te laat dwaal, veral wanneer hulle bid of na n goeie boodskap luister. Omdat sonde by gedagtes begin, moet elke gedagte gevange geneem word tot die gehoorsaamheid aan Christus.

Indien daar nie teen sondige gedagtes weerstand gebied word nie, dan beteken dit dat hulle stilswyend aanvaar en mettertyd in jou hart en verstand gevestig raak. Hierna soek jy morele regverdiging om uitvoering daaraan te gee. Jy beredeneer die saak dan na alle kante toe en begin om jou sondige voorneme goed te praat. In die proses bou jy n skans vir die leuen in jou lewe. Jy gebruik en verdraai selfs die Bybel om morele en godsdienstige regverdiging vir jou beplande dade te kry.

Die duiwel het n Bybelteks aangehaal toe hy die Here Jesus versoek het. Hy het voorgestel dat Jesus van die tempel se dak afspring, en ges: Daar is geskrywe: Hy sal sy engele bevel gee aangaande U om U te bewaar, en hulle sal U op die hande dra, sodat U nie miskien u voet teen n klip stamp nie (Luk. 4:10-11). Satan gebruik nog steeds hierdie metode om die Bybel te verdraai en daardeur n skans teen die ware kennis van God op te bou. S benvloed hy jou om in n leuen te lewe en jou deur misleiding teen die basiese waarhede in God se Woord te verset.

Noudat die sondige gedagte gevestig n verkeerdelik deur jou geregverdig is, moet n strategie, of plan van aksie, vir die implementering daarvan uitgewerk word. Daar is geen einde aan die vindingrykheid, bose planne, skelmstreke, geheime ontmoetings en knoeiery waarmee mense vorendag kom om uitvoering aan sondige idees te gee nie. As hierdie planne nie verbreek word nie, word hulle uitgevoer en kom die sonde tot volle verwerkliking.

Wanneer die sondige daad gepleeg word, word n oorwinning vir die magte van die duisternis in die persoon se lewe behaal. n Vesting word dan vir die betrokke sonde opgerig waarin dit homself ingrawe en verskans om jou te kan bind. Die persoon word dan n slaaf van daardie sonde en doen dit oor en oor. Dit maak nie saak of dit tabak- of drankverslawing, gewelddadigheid, owerspel, materialisme, leuens, diefstal of wat ook al is nie, maar hierdie sonde kry beheer oor sy slagoffer en regeer hom ast ware uit die vesting wat in sy lewe opgerig is: ...want waar n mens deur oorwin is, daarvan het hy ook n slaaf geword (2 Pet. 2:19; kyk ook Joh. 8:34). Met verloop van tyd word die verslawing erger, die vesting van Satan word versterk en nuwe vestings kom by.

Die ontwikkelingspad van sonde is duidelik. Dit begin by die gedagtes wat ongehoorsaam aan Christus is, dan word dit geregverdig, daarna word planne beraam om dit uit te voer, en uiteindelik word die sondige dade gedoen en raak in jou lewe gevestig.

n Klassieke voorbeeld van hierdie pad van verleiding is die geval van koning Dawid. Hy het n mooi vrou gesien bad en haar begeer. Hy het nie hierdie gedagte in die lig van God se Woord gevalueer nie, anders sou hy dit dadelik verwerp het omdat dit strydig met die wet van die Here is: Jy mag nie jou naaste se vrou begeer nie (Ex. 20:17). Hy was oop vir die voorstel wat aan hom gemaak is, en het dadelik na fase 2 oorgegaan. Hierin het hy regverdiging vir die gedagte gevind deur n leuenagtige skans teen die kennis van God op te rig en te redeneer dat hy as die koning van Israel enige vrou kon neem wat sy hart begeer. In fase 3 het hy n bose plan beraam om van die vrou se man ontslae te raak en haar dan vir homself te neem. In fase 4 het hy die plan laat uitvoer, die man se dood op die slagveld bewerkstellig en sy vrou gevat.

Hierdie vesting van sonde het egter nie lank in Dawid se lewe gebly nie, want hy het hom grondig daarvan bekeer: Verberg u aangesig vir my sondes en delg uit al my ongeregtighede. Skep vir my n rein hart, o God, en gee opnuut in die binneste van my n vaste gees. Verwerp my nie van u aangesig nie en neem u Heilige Gees nie van my weg nie. Gee my weer die vreugde van u heil en ondersteun my deur n gewillige gees. Ek wil die oortreders u we leer, dat die sondaars hulle tot U kan bekeer. Red my van bloedskuld, o God, God van my heil! (Ps. 51:11-16).

Dawid kon homself baie verdriet en ellende gespaar het as hy in n vroe stadium teen sondige gedagtes en begeerlikhede weerstand gebied het. Dit verg n eerlike selfondersoek na elke gedagte en motief in ons harte. Hiermee kan net die Here deur sy Woord en Gees ons help, daarom is Dawid se gebed tot die Here: Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my n weg is van smart, en lei my op die ewige weg! (Ps. 139:23-24). Hy het by n ander geleentheid ook gebid: Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o Here, my Rots en my Verlosser! (Ps. 19:15). As ons rein gedagtes bedink, dan sal ons woorde en dade in ooreenstemming daarmee wees.

Ons mt die sondige beginsels van die wreld afsterf en hemelse gedagtes bedink. Paulus s vir die Kolossense: As julle dan saam met Christus die eerste beginsels van die wreld afgesterf het, waarom is julle asof julle nog in die wreld lewe? (Kol. 2:20), m.a.w., waarom het julle nog n wreldse orintasie en bedink julle wreldse gedagtes? Die oplossing hiervoor is: Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God (Kol. 3:2-3).

Terwyl die Christen daarna streef om onder die leiding van die Heilige Gees rein gedagtes te bedink, n heilige en afgesonderde lewe te lei en te weier om kompromie met die wreld te maak, word hy aanhoudend aan humanistiese denkpatrone blootgestel. Humanisme, asook ideologie soos pragmatisme en postmodernisme, is wesenlik antichristelik omdat dit daarop ingestel is om n Christelike lewens- en wreldbeskouing uit te wis, die Christen te mislei, wrelds ingestel te kry en van die Here Jesus afvallig te maak. Ons moet egter daarteen waak om nie in ons gedagtewreld die knie voor Bal te buig nie, want dit is n stryd tussen die ware Christus en die Antichris waarby ons betrokke is.

Bly in Christus wat jou denke, lewensuitkyk n wandel betref: Paulus s: Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom Pas op dat niemand julle as n buit wegvoer deur die wysbegeerte en nietige misleiding nie, volgens die oorlewering van die mense, volgens die eerste beginsels van die wreld en nie volgens Christus nie. Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik (Kol. 2:6-9). Die moderne wysbegeerte wyk totaal van die beginsels van God en sy Woord af. Die volgende is voorbeelde hiervan:

Volgens die humanisme en pragmatisme is daar is geen vaste strukture of onveranderlike waarheid in die wreld nie. Die waarheid van n bepaalde groep of tydperk is nooit algemeen geldend nie en kan nie op ander groepe of tydperke toegepas of afgedwing word nie. Alles is soos wat individue dit subjektief beleef en bepaal. Volgens hierdie benadering is die Bybelse waarheid ook histories gebonde. Dit geld net vir die tyd en samelewing waarvoor dit geskryf is. Daar is nie universele, tydlose waarhede in die godsdiens nie, dus verval die boodskap van die Bybel vir die moderne mens.

n Ander ondermynende ideologie is di van postmodernisme. Hiervolgens moet die ideologie en strukture van die moderne tydvak, bv. die Christelike beskawing met sy Christelike gesinne, Christelike onderwys en vryemarkstelsel, aan n dekonstruksieproses onderwerp en afgetakel word. S bevry die moderne mens homself van politieke, godsdienstige, sosiale en ekonomiese strukture wat deur hulle determinisme sy vryhede aan bande l. Individuele vryhede word opnuut beklemtoon en elkeen kan doen net wat hy wil. Sodoende ontstaan daar n eklektiese kultuur waarin daar geen agting vir tradisie is nie. Elkeen kan dink en optree net soos hy wil.

As gevolg van die vrydenkery en eklektisisme vind daar n totale ineenstorting van groepswaardes, strukture en norme plaas. Radikale humanisme en pragmatisme neem die plek daarvan in. In die lig hiervan is dit oneties om voorskriftelik op te tree deur vir ander mense te s wat hulle moet doen. Elke mens is outonoom en kan sy lewe na goeddunke rel. Hy is sy eie baas, sy eie god en bepaal ook sy eie norme.

Die postmodernisme het reeds verskeie gevestigde strukture verwoes onder meer ook kerke. Dit is volgens di denkwyse verkeerd om sterk normatief vir iemand te preek en rels of beginsels aan hom voor te skryf. Elkeen leef in sy eie situasie waarin hy sy waarheid en lewenstyl subjektief bepaal. In elk geval, so word beweer, is die Bybel nie vir vandag se mense geskryf nie. Wat bly dan in die humanistiese samelewing van kerklike tradisies en geloofsopvattings oor? Niks nie, want alles het verander.

Teenoor hierdie dekadente denkpatroon van die eindtyd is daar nog steeds God se tydlose beginsels en waardes wat, soos Hyself, dieselfde is gister, vandag en tot in ewigheid. Sy gedagtes is steeds hor as ons gedagtes soveel te meer in hierdie tyd wanneer die moderne, selfbevryde mens se gedagtes aan geen vaste en onveranderlike norms veranker is nie.

Ons sal opnuut die Bybel moet opneem en dit met n oop gemoed lees sodat die Heilige Gees ons van ons sondige, onheilige, humanistiese gedagtes kan oortuig en op grond van Jesus se soendood reinig. Elke gedagte moet gevange geneem word tot gehoorsaamheid aan Christus, want dan alleen sal ons n vaste anker en verwysingsraamwerk vir reg en verkeerd in ons lewe h.