Program 19: Die Twee Babilons Kom in Botsing

Baie mense beskou Amerika as die moderne Babilon wat daarop uit is om die węreld op die ekonomiese, politieke en militęre terreine te domineer en selfs te regeer. New York word dikwels as die ekonomiese hoofstad van die węreld beskryf, en dit is ook die tuiste van die Verenigde Nasies waar węreldhervormende besluite geneem word. Die val van die tweetoring-geboue van die Węreldhandelsentrum in New York was die direkte gevolg van ‘n radikale, Islamities-geďnspireerde aanval op die heerskappy van Amerika en dié land se sterk steun aan Israel as ‘n onafhanklike Joodse staat in die Midde-Ooste.

Die ware Babilon het sy wortels in die antieke Midde-Ooste, met sy hartland in die huidige Irak. Volgens die Bybel sal antieke Babilonië, insluitende die stad Babilon, in die eindtyd herleef en ‘n hoofsentrum in die Antichris se węreldregering word. Die ontluikende Babiloniese ryk sal fanaties anti-Christelik en anti-Joods wees. Dit sal geleë wees in ‘n gebied wat sedert die sewende eeu n.C. onder die onafgebroke heerskappy van Islam was. Dit is vanselfsprekend dat die meeste Moslemlande die opkoms van ‘n sterk, Moslem-gebaseerde węreldmag in die Midde-Ooste sal ondersteun. Hulle gemeenskaplike verdoeming van die Christendom en Judaďsme sal die skaal in die guns van Saddam Hoesein laat swaai, ten spyte van die feit dat hy deur baie van hulle as ‘n onpopulęre tiran beskou word.

Dit is van meer as net verbygaande belang dat die twee Babilons, die moderne en antieke, nou in botsing met mekaar kom. Die uitslag van hierdie oorlog sal profeties baie belangrik wees omdat dit die toneel vir die komende Antichris se magsbasis en nuwe węreldorde sal voorberei.

Die beleg van Irak

Donker oorlogswolke pak in die Midde-Ooste saam terwyl die beleg van Irak op die punt is om te begin.

Volgens die Washington Times ontplooi die Bush-administrasie sy weermag se vierde infanterie-afdeling in Fort Hood, Texas, wat hulle mees gevorderde landgevegsafdeling is, vir ‘n oorlog in die Golf-gebied. Ander spesialis-afedelings wat ook vir die woestyn-oorlog ontplooi word, is die Ysterperd-afdeling en die derde infanterie-afdeling in Fort Stewart. Die ontplooiing van vedere tenk-eenhede sal waarskynlik volg wanneer mnr. Bush finaal besluit om Irak in te val ten einde Saddam Hoesein uit die kussings te lig.

Teen die einde van Januarie was daar reeds 100 000 Amerikaanse troepe in lande omliggend aan Irak. ‘n Totale taakmag van meer as 200 000 troepe, seesoldate en lugmanskappe sal aan die einde van Februarie in plek wees, of onderweg na hulle bestemming. Tenks en ander gepantserde voertuie word per trein na hawens in Beaumont en Corpus Christi in Texas vervoer, terwyl troepe met vragvliegtuie na Koeweit en ander bestemmings geneem word.

Brittanje, Amerika se sterkste bondgenoot in sy stryd teen Bagdad, het aangekondig dat 26 000 troepe (‘n kwart van hulle weermag) oproepinstruksies ontvang het om Midde-Ooste toe te vertrek. Onder hulle is die sewende pantser-brigade, die Desert Rats, wat ‘n gedugte gevegsmag is. Saam met die 4000 manskappe van die koninklike marine-afdeling wat reeds vir ontplooiing in die Golf-gebied toegewys is, sal die totale Britse bydrae meer as 30 000 manskappe wees. Vir die eerste Golf-oorlog het Brittanje 43 000 troepe voorsien, asook 168 tenks, 300 pantservoertuie, 70 vegvliegtuie, ses torpedojaers, vier frigatte en drie mynveërs.

Die Amerikaanse weermag se vierde afdeling is sy laboratorium vir stelsels wat in die 1990’s ontwikkel is. Die die nuwe toerusting wat hulle na die oorlog toe sal neem, is die gevorderde M1-A2 gevegstenk, Bradley gevegsvoertuie, ‘n nuwe robot-vliegtuig vir spioenasie, die Shadow 200 RQ-7A, asook ‘n digitale stelsel vir  kommunikasie tussen ‘n brigade-bevelvoerder en individuele tenks. Hierdie afdeling spog ook met Apache aanvalshelikopters wat in die 1991 Golf-oorlog so doeltreffend was om Irak se tenks van ‘n veilige afstand af te vernietig.

Volgens weermagbronne sal die eerste kavallerie-eenheid in Fort Hood, die 101ste lugvaart-eenheid by Fort Campbell, en twee afdelings in Duitsland, ook ontplooi word. Die eenhede in Europa sal na basisse in Turkye oorgeplaas word, van waar hulle ‘n noordelike front teen Irak kan aktiveer. Die Verenigde State wil 80 000 troepe in Turkye hę, maar Ankara wil die ontplooing tot minder as 20 000 beperk.

Die VSA se minister van Verdediging, Donald Rumsfeld, het onlangs gesę: “Niemand wil oorlog hę nie, maar, soos die president gesę het, Irak sal ontwapen word. Die besluit tussen oorlog en vrede sal nie in Washington en ook nie in die Verenigde Nasies in New York geneem word nie, maar eerder in Bagdad. Dit is hulle besluit. Hulle sal óf saamwerk óf nie, en dit sal nie maande neem om vas te stel of hulle saamwerk nie.”

‘n VSA oorlogsplan vereis die lansering van drie- of vierhonderd cruise-misiele per dag gedurende die begin van die oorlog – meer as wat daar gedurende die totale Golf-oorlog afgevuur is. “Daar sal geen veilige plek in Bagdad wees nie,” het ‘n Pentagon-woordvoerder gesę. “Die omvang hiervan hiervan is nog nooit gesien nie,” het hy bygevoeg. Hierdie oorlogsplan is gebaseer op ‘n konsep wat in die Nasionale Verdedigingsuniversiteit in Amerika ontwikkel is. Dit word “Shock and Awe” genoem, m.a.w. “Vrees en Bewing,” en is toegespits op die sielkundige vernietiging van die vyand se wil om te veg, eerder as op die fisiese vernietiging van hulle militęre magte. Ullman, een van die ontwikkelaars van hierdie konsep, wat op die gebruik van groot getalle presisie geleide wapens berus, het gesę: “Ons wil hę hulle moet oorgee en nie veg nie.” Die effek van hierdie aanval sal onmiddellik wees, soos die kernbomme in Hirosjima – dit sal nie dae of weke neem nie, maar minute.

Geheime wapen

Daar is een aspek van die komende oorlog teen Irak wat nie deur Amerika geopenbaar is nie, en dit is die moontlike gebruik van ‘n hoogs geheime wapen. Mark Thompson berig uit die VSA dat die gebruik van ‘n nuwe wapen in die konflik met Irak moontlik is. Hy beskryf die ontwikkeling van wapentuig tot op die huidige vlak van tegnologiese sofistikasie deur dit aan verskillende oorloë te koppel. Hy sę: “Elke oorlog het sy wonder-wapen gehad. Węreldoorlog I het die gebruik van die tenk ingelui. Węreldoorlog II het aan ons die verskrikking van kernwapens gebring. In Vietnam het militęre helikopters ‘n groot rol gespeel. In die Golf-oorlog was dit die debuut van presisie geleide wapens. In Afghanistan was dit die Predator, ‘n onbemande vliegtuig wat onsigbaar bokant ‘n gevegsterrein gevlieg en sy Hellfire-misiele op niksvermoedende teikens afgevuur het. Indien daar ‘n tweede Golf-oorlog is, maak vir hoë krag mikrogolwe gereed. Die elektriese krag van hierdie wapens kan die elektroniese toerusting smelt wat nodig is om vyandelike wapens van massa-vernietiging af te vuur.

Mark Thompson het hierdie geheime wapen soos volg beskryf: “Hoë krag mikrogolwe is mensgemaakte weerligstrale wat in cruise-misiele opgesluit is. Dit kan ‘n belangrike wapen wees om Saddam Hoesein se voorraad biologiese en chemiese wapens mee te teiken. Hoë krag mikrogolwe smelt die gesofistikeerde rekenaars en elektroniese toerusting wat nodig is om sulke wapens mee te vervaardig, te beskerm, te berg en af te vuur. Die kragtige eloktromagnetiese impulse kan deur ventilasieskagte, waterpype en antennas tot diep in ondergrondse bunkers indring. Anders as gewone plofstowwe sal dit nie dodelike gasse in die lug vrystel waardeur Irakse burgerlikes of oprukkende Amerikaanse troepe vergiftig kan word nie.

“Die hoë krag mikrogolwe is ‘n uiters geheime program, en die Pentagon wil dit so hou. Senior militęre amptenare het vae aanduidings van hierdie nuwe, geklassifiseerde wapen gegee, maar nie besonderhede verstrek nie. Inligting oor hoë krag mikrogolwe wat suksesvol in 1999 getoets is, het nogtans uitgelek. ‘Hoë krag mikrogolf-tegnologie is gereed om in aktiewe wapens in die Amerikaanse weermag gebruik te word,’ het lugmag-kolonel Eileen Walling drie jaar gelede in ‘n rare, ongeklassifiseerde verslag oor die program geskryf. ‘Daar is tekens dat mikrogolf-wapens ‘n revolusionęre konsep in oorlogvoering sal wees, hoofsaaklik omdat mikrogolwe ontwerp is om toerusting uit te skakel, eerder as mense.’

“Hoë krag mikrogolwe kan in een straal twee biljoen watt of meer vrystel – soveel as wat die Hoover-dam in 24 uur ontwikkel. Wanneer die misiel sy teiken nader, kan kondensators ‘n energiestraal voor die misiel vrystel wat teen die spoed van lig beweeg, en wat onbeďnvloedbaar deur slegte weer is. Die impuls kan enige elektroniese toerusting binne 300 meter van die straal af verwoes deur kortsluitings in elektriese konneksies te veroorsaak. Daardeur sal geheueskyfies en rekenaar-moederborde vernietig word, asook enige ander elektroniese komponente wat nie ‘n hoë lading elektrisisteit kan weerstaan nie. Dit is dieselfde as wat met jou rekenaar of TV kan gebeur wanneer die weerlig naby jou slaan en ‘n getygolf elektrisiteit deur die lugdraad of elektriese bedrading laat invloei.

“Die meeste van hierdie e-bom ontwikkeling vind naby die Kirtland lugmagbasis in Albuquerque, New Mexico, plaas. Die direktoraat het navorsing gedoen oor hoe om wisselende maar voorspelbare elektriese impulse uit te stuur wat verskillende grade van skade kan aanrig. Die hoë krag mikrogolf ingenieurs noem dit ‘dial-a-hurt.’ Hierdie skade kan egter onbeplande probleme skep: behalwe dat dit die silikonskyfies van ‘n tiran se wapens kan uitskakel, kan mikrogolf-wapens ook hart-pasaangeërs en ander lewensonderhoudende stelsels in nabygeleë hospitale of vliegtuie vernietig. Dit is waarom die Amerikaanse weermag hulle net in langafstand cruise-misiele installeer. Die VSA het ‘n meer primitiewe vorm van hierdie wapen, wat as ‘sagte bomme’ bekend was, teen Joego-Slawië, asook in die eerste Golf-oorlog, gebruik, toe cruise-misiele dun koolstof vesels oor elektriese installasies gestrooi het, waardeur grootskaalse kortsluitings en die onderbreking van kragtoevoer veroorsaak is.”

Magsopbou in Irak

Die dreigende oorlog teen Irak lei daartoe dat dié omsingelde land ernstige voorbereidsels teen ‘n spoedige aanval deur die Amerikaners met hulle dodelike wapens tref. Ten spyte van al die beperkings wat deur sanksies op Irak geplaas is, vind hulle steeds maniere om militęre toerusting in die hande te kry. Westerse intelligensiebronne beweer dat Irak ooreenkomste met verskeie Slowaakse firmas onderteken het om spaarparte vir hulle T-72 oorlogstenks en ander artillerie-stelsels te lewer. Hierdie firmas het toegang tot surplus stelsels en spaarparte van Sovjet-oorsprong in die Slowaakse weermag. Irak het versoek dat aflewering binne die volgende paar weke moet geskied. Irak het ‘n vloot van 700 T-72 tenks wat in die 1980’s aangekoop is. Aanbiedings van militęre hulp word deur verskeie Moslem-lande gemaak, maar ook deur ander lande wat hierdie geleentheid wil gebruik om Amerika se planne te veroordeel en teë te staan.

Protes-aksies teen die oorlog

Een van die grootste golwe van węreldwye protes-aksies teen oorlog het opgebou sedert die VSA en sy getroue bondgenoot, Brittanje, begin het om oorlogvliegtuie, skepe en etlike duisende troepe na die Golf-gebied te laat stroom. Dit is ‘n baie interessante verskynsel, omdat dit die węreld se aandag op die Midde-Ooste in die algemeen vestig, en op Irak en Israel in die besonder. Dit is opvallend dat omtrent alle lande, met die uitsondering van Brittanje en Australië, die beplande Amerikaanse inval veroordeel, en daardeur onregstreekse ondersteuning aan antieke Babilon in sy stryd teen moderne Babilon verleen. Die ontluikende groepering van nasies is van groot eskatologiese betekenis.

Frankryk en Duitsland het die beplande aanval op Irak ten sterkste veroordeel. Frankryk sę hulle sal ‘n diplomatieke oorlog voer, insluitende die moontlike gebruik van hulle vetoreg, om die VN se Veiligheidsraad te verhoed om ‘n besluit te aanvaar wat militęre optrede teen Irak sal magtig. Die meeste ekonome is begaan dat ‘n volskaalse oorlog teen Irak die sukkelende węreldekonomie verder sal knou – insluitende die Amerikaanse ekonomie wat steeds ernstige probleme ervaar om ná die aanvalle van 11 September te herstel.

In verskeie Asiatiese lande, veral Suid-Korea en Japan, het groot skares teen Amerika en Brittanje se militęre magsopbou in die Midde-Ooste gedemonstreer. Die Arabiese lande, insluitende diegene wat bondgenote van die VSA is, het vrese uitgespreek dat ‘n oorlog teen Irak die hele Midde-Ooste sal destabiliseer en in werklikheid na ‘n toename in internasionale terrorisme sal lei.

Daar is ook toenemende weerstand teen die oorlog in die VSA en Engeland self. Ekstremiste het begin om aktiewe weerstand teen die oorlog te bied, to só ‘n mate dat hulle hulself as menslike skilde teen ‘n aanval op Bagdad aanbied. Die eerste groep van hoofsaaklik Westerse vrywilligers het London in ‘n konfooi verlaat onderweg na Irak. Die organiseerder van die groep, Ken Nichols, ‘n voormalige seesoldaat in die 1991 Golf-oorlog, het aan Reuters gesę: “Die moontlikheid dat die liggaamsdele van Westerlinge saam met dié van Irakese deur die lug sal vlieg, behoort hulle twee maal te laat dink voordat hulle hierdie imperialistiese olie-oorlog voer.” Nichols en sy span se voorneme om as menslike skilde in Irak op te tree, is een van verskeie soortgelyke pogings uit verskeie węrelddele om ekstremiste in Irak te mobiliseer as ‘n afskrikmiddel teen militęre aanvalle op Bagdad.

Verskeie leiers van węreldgodsdienste het ‘n beroep op die volgelinge van alle gelowe gedoen om die konflik in Irak teë te staan. ‘n Byeenkoms wat vir hierdie doel deur die Vatikaan gereël is, is deur verteenwoordigers van die Christendom, Judaďsme, Islam, Hindoeďsme, Boeddhisme, Djainisme, Zoroastrisme en Sikhisme bygewoon. In hulle finale verklaring het hulle onder meer gesę: “Omdat konflikte bure en nasies verdeel, en die dreiging van oorlog soos ‘n skaduwee oor ons hang, is daar nog té veel mense wat godsdiens as ‘n mag vir verdeeldheid en geweld sien en gebruik, eerder as ‘n mag vir eenheid en vrede.” Pous Johannes Paulus het vir homself die gramskap van Amerika op die hals gehaal toe hy die moontlikheid van ‘n oorlog veroordeel het deur te sę dat dit voorkombaar is en ‘n neerlaag vir die mensdom sal wees.

Die finale vredemaker

Volgens die Bybel sal ‘n eindtydse, valse vredevors skielik sy verskyning in die Midde-Ooste maak. Hy sal Openbaring 6:2 se ruiter op die wit perd wees, wat die węreld van ‘n dreigende, selfvernietigende oorlog sal red. Hy sal die verskillende godsdienste verenig en hulle sal hom as hulle gemeenskaplike messias aanhang. Die Bybel sę dat die hele węreld hom in verwondering sal navolg, terwyl hulle hom ook aanbid (Op. 13:3-4). Die Ou Testament verwys na hom as die Assirier wat die grense tussen die nasies sal wegneem en beheer oor die węreldekonomie verkry (Jes. 10:12-14). In Daniël 11:36-45 word hy as die koning van die Noorde beskryf, wat in antieke tye op die koning van Assirië of Babilonië (die huidige Sirië en Irak) betrekking gehad het.

Die komende węreldleier sal die ou Babiloniese ryk laat herleef (Op. 18), asook die valse, Babiloniese godsdiens (Op. 17). Laasgenoemde sal ‘n alliansie van al die valse godsdienste wees, wat as “Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde” beskryf word (Op. 17:5). Dit sal ‘n moeder-organisasie, m.a.w. ‘n ekumeniese liggaam, vir al die valse gelowe wees.

Vir węreldhervormende gebeurtenisse soos hierdie om plaas te vind, sal die kalklig van węreldgebeure baie sterk op Irak gefokus moet word sodat hierdie land se sleutelrol in die toekoms van die węreld beklemtoon kan word. Besluite of daar węreldvrede of ‘n węreldoorlog sal wees, sal ten nouste saamhang met wat in en om Irak gebeur. Die toneel is reeds voorberei vir lotsbeslissende gebeure wat spoedig in hierdie deel van die węreld sal plaasvind.