2 Thess. 1: Lyding en Toetsing

Hierdie brief is n direkte vervolg op 1 Thessalonicense. Paulus het dit vroeg in die jare 50 geskryf, slegs n paar maande n die eerste brief. Die doel met die brief was om verkeerde opvattings in verband met die dag van die Here by gemeentelede in die kiem te smoor en aan hulle n duidelike teken te gee waaraan hulle sou weet dat die dag van die Here nog nie aangebreek het nie. Hierdie teken is die openbaring van die Antichris as die mens van sonde, wat homself in die tempel in Jerusalem tot God sal verklaar.

Die verkeerde idees oor die dag van die Here het hulle oorsprong by die vervolging gehad wat Christene in die Romeinse Ryk gely het, en wat sommige laat dink het dat die dag van die Here se toorn reeds aangebreek het. Die misleides het selfs vervalste briewe in Paulus se naam uitgestuur waarin beweer is dat hulle klaar in die dag van die Here was. As gevolg van die verkeerde idee dat die verdrukking al begin het en dat Christus enige dag kon terugkom, het sekere lidmate hulle werk gelos en onordelik geleef. Paulus moedig hulle aan om te volhard in die geloof en waarsku teen die negatiewe gevolge wat leerdwaling op n gelowige se lewe het.

Opskrif en sengroet (v. 1-2)

Paulus, Silas en Timtheus, al drie saam in Korinthe, groet die broeders in Thessalonika met n hartlike groet in die Naam van die Here. Die gemeente in Thessalonika is in God die Vader en die Here Jesus Christus. Dit is inderdaad n gemeente van die Here en nie net n sosiale samekoms van mense nie. God is die Vader wat al sy liefde en ryke hemelse seninge aan hulle betoon in die Here Jesus Christus wat as Middelaar en Verlosser sy seninge aan hulle tuisgebring het, en wat weer sal kom. n Deel van hierdie sen van God is sy genade en vrede, waarin die eerste altyd die tweede voorafgaan. Genade beteken die hemelse gawe om as n heiden en verlore sondaar God se vergifnis en kindskap sonder verdienste deelagtig te word. Vrede is die gevolg en uitwerking van di genade op ons lewe, naamlik vrede met God, met onsself en met andere ja, vrede te midde van die beproewings en hewige vervolging wat die Thessalonicense ervaar het.

Dank vir vooruitgang (v. 3-4)

Paulus het alle rede gehad om die Here te dank n die positiewe berig wat hy van Thessalonika af ontvang het. Ten spyte van die negatiewe dinge die vervolging, die leerstellige dwalings en die onordelikes in die gemeente was dit sy eerste en belangrikste wens om die Here te dank. Mag ons ook elke keer en onder alle omstandighede eers die Here dank, want daar is altyd meer dinge om oor dankie te s as om besorg en droewig oor te wees. Volgens die oorspronklike Griekse woord het Paulus die las op sy hart gehad om die Here eers oor die Thessalonicense te dank voordat ander sake geopper word.

Dit kon ook nie anders nie, want hierdie mense het in n kort tydjie fenomenaal in hulle geloofslewe gegroei. Die gewone woord vir groei word hier die enigste keer in die Nuwe Testament met n voorvoegsel geskryf waardeur die oortreffende trap aangedui word, met ander woorde buitengewone groei. Geloof is n dinamiese eienskap van n Christen se lewe, en dit moet konstant groei anders verval dit. Die vroe dissipels het n wankelende geloof gehad, daarom het die Here Jesus hulle dikwels as kleingelowiges beskryf wat deur twyfel en vrees oorkom is (Matt. 6:30; 8:26; 16:8; Mark. 4:40). Hulle het hulle behoefte aan n sterker geloof besef en vir Christus gevra: Gee ons meer geloof (Luk. 17:5).

Om net gered te wees en verder slegs te sit en luister, is nie goed genoeg nie. Jesus Christus wil nie net aan ons die ewige lewe verseker nie, Hy wil Here wees van ons lewe en onder alle omstandighede vertrou word. Hy gee aan ons die nodige kennis oor die goddelose wreld en sy toekoms, asook oor die feit dat Hy weer kom om ons te kom haal, sodat ons n hoopvolle toekoms kan h en Hom onder alle omstandighede sal vertrou.

Waarom het die Thessalonicense so geweldig in hulle geloof gegroei? Hulle het onder swaar vervolging volhard op die weg van die Here, en daardeur n voorbeeld vir ander gemeentes gestel. Paulus s: Ons roem in die gemeentes van God oor julle vanwe julle volharding en geloof onder al julle vervolginge en verdrukkinge wat julle verduur (v. 4).

Hulle was in s n situasie dat hulle nie op hulle louere kon rus en vir n salige toekoms wag nie hulle ms die Here van dag tot dag vir hulle voortbestaan vertrou. Romeine 5:3-4 s dat die verdrukkings tot geestelike beproefdheid en n sterk hoop op Christus lei. Dit is n groot uitdaging om die krisisse en beproewings van die lewe altyd deur geloof en die genade van die Here te hanteer en te bowe te kom. Hierdie vertroue moet sterk onderskei word van die gedagte aan n voorspoedsevangelie, as sou die Here wil h dat ons Hom vir rykdom, n kommervrye en n siektevrye lewe moet vertrou. Nee, beproewings en tugtiging is deel van die kinders van die Here se leerskool waardeur ons met die oog op geestelike groei en diensbaarheid gelouter word. Ag dit louter vreugde, my broeders, wanneer julle in allerhande versoekinge val, omdat julle weet dat die beproewing van julle geloof lydsaamheid bewerk (Jak. 1:2-3).

2 Thessalonicense 1 stel die saak van God se geregtigheid baie duidelik. Mense wat ly omdat hulle in hul huislike en alledaagse lewe beproef word, s maklik: Dit is nie regverdig nie, of: Is God regverdig om dit oor my toe te laat? Vers 5 s dat hierdie beproewings n teken en geleentheid is om God se geregtigheid raak te sien. Diegene wat nou ly omdat hulle die koninkryk van die duisternis testaan, sal in die volle heerlikheid van God se koninkryk deel wanneer dit geopenbaar word hulle sal op trone saam met Christus regeer. Dit is tog so belangrik dat Christene sal leer om in alle omstandighede, veral ook in beproewings, die lang termyn gesigspunt te handhaaf. Hou die koninkryk in gedagte wat die Here ook vir jou berei, want dit is jou beloning en bestemming.

Hierdie is ook een van die belangrikste elemente van vermaning teenoor mense met persoonlikheids- en ander probleme. Die groot siekte van ons tyd is dat mense n en vr hierdie wreld leef, en dat hulle toekomsverwagting so vaag of selfs totaal afwesig is, dat hulle noodwendig wreldgelykvormig word. Die kerke van vandag dra hoofsaaklik morele lesse aan mense oor, maar sonder die geregtigheid van God is dit nutteloos.

Die geregtigheid van God is deur die kruisdood van Jesus Christus aan ons bewys, omdat dit die enigste weg tot versoening met Hom is deur n mensdom wat in ongeregtigheid verval het. Paulus s: Hom het God voorgestel in sy bloed as n versoening deur die geloof, om sy geregtigheid te bewys deurdat Hy die sondes ongestraf laat bly wat tevore gedoen is (Rom. 3:25). As ons die verwerpte en gekruisigde Christus volg, sal ons ook deur die sondige wreld verwerp en vervolg word. Ons moet egter moed hou, want Christus is die Oorwinnaar en sy dissipels sal eendag in sy koninkryk saam met Hom regeer.

Kerke wat nie die kruisdood van Jesus beklemtoon nie, asook die feit dat dit God se geregtigheid bewerk omdat Jesus die straf vir ons sonde gedra het, is met halwe waarhede en n valse evangelie besig n evangelie sonder die kruis. Dit help nie om boeke te skryf, preke te lewer en lang, 40 dae programme van toewyding te volg waarin al Christus se sening aan mense beloof word, sonder om die sentrale betekenis van sy kruisdood, asook die vervolging wat dit noodwendig vir sy dissipels meebring, te noem nie. Die Thessalonicense het hulleself nie hieraan skuldig gemaak nie.

In hierdie lewe word ons vir niks beloon nie. Die gedagte van die koninkryk waaraan ons sal deel is grootliks, soos ook hier in vers 5, n toekomstige saak. In 1 Thessalonicense 2:12 het Paulus aan die gemeente ges dat hulle waardig moet wandel voor God wat hulle tot sy koninkryk en heerlikheid roep. Dit is nog nie aan ons geopenbaar nie. Daar is egter n aspek van die koninkryk wat ons nou reeds berf. Kolossense 1:13 s dat God ons verlos het uit die mag van die duisternis en oorgebring het in die koninkryk van die Seun van sy liefde. Hierdie aspek van die koninkryk wat nou al teenwoordig is, is geestelik en onsigbaar. Dit is in die harte van gelowiges verborge, wat deur die Heilige Gees met die liefde van God vervul is.

Tans word die koninkryk van God nie regtig in ons uiterlike omstandighede ervaar nie, maar in ons harte waar die vrede van die Here heers. Want die koninkryk van God is nie spys en drank nie, maar geregtigheid en vrede en blydskap in die Heilige Gees (Rom. 14:17). Vir die Christen is hierdie bedeling n tyd van lyding, beproewing, toetsing, voorbereiding en volharding. Ons aanvaar dit alles met blydskap, want in die toekoms sal die heerlikheid ons deel wees.

Dit is ook die paadjie wat Jesus hier op aarde bewandel het deur lyding het God Hom na heerlikheid gelei. Die patroon van die wreld is anders. Hulle uitgangspunt is om te eet, te drink en vrolik te wees solank hulle kan, want daarna volg die lyding en die oordele. Paulus s: Dit is reg by God om aan die wat julle verdruk, verdrukking te vergeld, en aan julle wat verdruk word, verligting te gee saam met ons in die openbaring van die Here Jesus uit die hemel met sy magtige engele in vuur en vlam, wanneer Hy wraak uitoefen op die wat God nie ken nie en op die wat aan die evangelie van onse Here Jesus Christus nie gehoorsaam is nie. Hulle sal as straf ondergaan n ewige verderf, weg van die aangesig van die Here en van die heerlikheid van sy sterkte (2 Thess. 1:6-9).

Hulle wat buite die liggaam van Christus is en ook aan die verdrukking van die Christene deelneem, sal self verdruk word op die dag wanneer die Here in toorn optree. Aan di wat God nie ken nie en aan sy evangelie ongehoorsaam was, sal wraak uitgemeet word. Vir die ongereddes hou die wederkoms net verdrukking en oordele in. Vir die gereddes, daarenteen, lyk die huidige situasie nie na n saak van blydskap nie, maar hulle het n blye vooruitsig op heerlikheid, beloning en sen wanneer die Here kom.

Christus kom om verheerlik te word in sy heiliges en bewonder te word in almal wat glo (v. 10). Hulle hoop en verwagting sal in Hom vervul word. Op die dag wanneer Hy hulle kom haal, sal hulle nie net verligting van hulle verdrukking kry nie, maar finaal daarvan verlos word. Die verlossing wat die Here aan hulle bring sal egter, uit die oogpunt van die verdrukkers, eers afgehandel wees wanneer die goddeloses op die dag van Christus se wederkoms n die sewe jaar, gestraf is.

Hierdie hoofstuk in 2 Thessalonicense veroorsaak baie probleme vir die amillennialiste, of antichiliaste dit is die koninkrykspredikers wat glo dat die duiwel gebind is en dat ons nou reeds in die vrederyk is. Di hoofstuk maak dit baie duidelik dat ons eers in die toekomstige koninkryk beloon sal word. Die antichiliaste glo ook verkeerdelik dat die gelowiges n ongelowiges almal saam by die wederkoms geoordeel sal word. Hierdie verse maak dit duidelik dat daar n skrille kontras tussen God se program vir sy kinders en sy program vir die wreld is. Die gelowiges sal die Here Jesus bewonder wanneer hulle Hom as die hemelse Bruidegom in die lug ontmoet, maar oor die ongelowiges sal sy toorn uitgestort word.

Die antichiliaste het nie n duidelike toekomsverwagting nie, maar begewe hulleself nogtans in n veldtog van verdagmakery teen diegene wat wl n logiese en sistematiese eskatologie verkondig. Deur hierdie teenproduktiewe benadering verarm hulle egter net hulleself en beoefen geestelike tonnelvisie waardeur sinvolle wederkomsprediking in hierdie laat uur van die kerkdispensasie onmoontlik gemaak word. Selfs nie eers die klaarblyklike erns van die Nuwe Era Beweging, as deel van die antichristelike aanslag teen die fundamentele Christendom, verkry die nodige prominensie in aktuele prediking oor ons tyd nie. Daar is selfs diegene onder hulle wat beweer dat die Nuwe Era Beweging se ideologie van godsdienstige en politieke wreldeenheid aanvaarbaar is omdat dit op die ideaal van eenheid en vrede tussen alle mense en ideologie ingestel is.

Dit is van die uiterste belang dat ons sal weet wat die Bybel oor die toekoms leer, as ons in hierdie moeilike tye geestelik wil oorleef. Die duiwel sorg daarvoor dat die kerk verstrengel raak in interpretasies van die Bybel wat op n geopenbaarde koninkryk en groot seninge van die Here in hierdie bedeling ingestel is, gevolglik word daar nie meer na die toekomstige vervulling van profesie tydens Christus se wederkoms gekyk nie. Volgens di siening leef ons n in die vrederyk waaroor Christus geestelik regeer. Eenheid, harmonie en vrede moet n tussen alle mense heers, groot tekens en wonders moet met die uitbreiding van God se koninkryk gepaard gaan, en groot verdraagsaamheid teenoor almal beoefen word wat nie die Christelike geloof beoefen nie. Die onbybelse siening word gepropageer dat almal tg maar dieselfde God aanbid. Sonde moet nie beklemtoon word nie, want mense moet vry wees om te doen wat hulle wil. God se oordeel oor sondaars moet ook nie genoem word nie eerder sy liefde vir alle mense. S kry die Christendom n heel ander gedaante en karakter as dit wat in die Bybel beskryf word.

Ons moet ons pad in ooreenstemming met God se Woord suiwer hou, want so alleen sal Hy ons waardig die roeping ag waarmee Hy ons geroep het. Ons moet van sy raadsplan vir die gelowiges n die ongelowige wreld kennis dra nie om ons nuuskierigheid te prikkel nie, maar om ons geestelik op te skerp. Alleen wanneer ons weet wat God se plan met ons en die wreld is, kan ons daaraan begin werk om waardig volgens ons roeping te wandel, oorvloedig te wees in ons arbeid vir die Here en met blydskap uit te sien na die beloning wat kom.

Die einddoel hiermee is sodat die Naam van onse Here Jesus Christus in ons verheerlik kan word en ons in Hom, ooreenkomstig die genade van onse God en die Here Jesus Christus (v. 12). Ons het die geleentheid om in ons beproewing en lyding standvastig en blymoedig die eer van Christus te soek. Word die beginsels en karakter van Jesus Christus se lewe ook in jou lewe gesien? Hy wil jou deur sy Heilige Gees in staat stel om dit te kan doen.

Dit is so dat die ganse skepping die eer van God verkondig (Ps. 19:2), maar die hemele en die aarde kan nie die liefde, genade, lankmoedigheid en geregtigheid van God verkondig nie. Ons moet dit doen, daarom gaan Hy aan ons betoon wat die uitnemende rykdom van sy genade en goedertierenheid in Christus Jesus oor ons is.

Paulus se belangrike boodskap in hierdie hoofstuk is dat Christene ten alle tye n Bybelse perspektief op hulle lewe n eindbestemming moet h. Ons moet toesien dat ons alle vorms van verdrukking in die wreld in die lig van ons hemelse roeping beskou en hanteer. Vir n ander gemeente het hy ges: Daarom gee ons nie moed op nie, maar al vergaan ons uiterlike mens ook, nogtans word die innerlike mens dag na dag vernuwe. Want ons ligte verdrukking wat vir n oomblik is, bewerk vir ons n alles oortreffende ewige gewig van heerlikheid, omdat ons nie let op die sigbare dinge nie, maar op die onsigbare; want die sigbare dinge is tydelik, maar die onsigbare ewig. Want ons weet dat as ons aardse tentwoning afgebreek word, ons n gebou het van God, n huis nie met hande gemaak nie, ewig, in die hemele (2 Kor. 4:165:1).

In hierdie verbygaande wreld waarin alles vergaan, ook ons menslike liggame, stel ons onsself tot die Here se beskikking as medestryders in die uitbreiding van sy koninkryk. Ons leef vir n onsigbare koninkryk wat nog geopenbaar moet word, en dit is ons heerlike einddoel. Wanneer daardie onverganklike, hemelse koninkryk geopenbaar word, sal ons ook onverganklike, hemelse liggame h. Wat n heerlike doel om voor te lewe!

Paulus sluit hierdie hoofstuk met n gebed af dat die Thessalonicense in die lig van hulle ho roeping en hemelse bestemming waardig sal wandel. Hy en die evangeliste wat saam met hom gereis het, het gereeld vir die gemeente in Thessalonika gebid, wie se geestelike welsyn altyd op hulle harte was. Hulle het gebid dat die Here die gemeentelede getrou sou maak as dissipels en getuies van Hom, sodat hulle heilig em onberispelik in hulle wandel sou wees. Christene leef nie waardig sodat hulle gered kan word nie, maar omdat hulle reeds gered is.

Voorbidding is ook gedoen dat die werke van hulle geloof volkome sou wees, en dat die Naam van Jesus Christus in hulle lewens en bediening verheerlik sou word. Die einddoel van hierdie gebed was die verheerliking van God. Paulus het gebid dat God in die alledaagse lewens van die Thessalonicense verheerlik sou word n ook tydens die openbaring van Jesus Christus. Wanneer dit gebeur, sal die menslike werktuie wat deur die Here gebruik is, ook verheerlik word. Deur die genade van die Here is hierdie gebedsversoeke verhoor.

Dit is opvallend dat Paulus telkens in sy brief twee titels van Jesus saam met sy eienaam gebruik, naamlik Here Jesus Christus. Hierdeur word sterk klem op die feit gel dat Jesus Here n Christus is. Die mens Jesus is dus nie net Christus, die Gesalfde van God nie, maar Hy is self ook Here (Grieks Kurios en Hebreeus Jahweh). Geen ruimte is by sy lesers gelaat om Jesus se godheid te ontken deur Hom byvoorbeeld net as n groot profeet te beskou, of as die Seun van God wat volgens sommige mense minder belangrik as die Vader is nie.

Die Here Jesus het, soos die Vader en die Heilige Gees, n ewige selfbestaan en moet ook saam met die Vader en die Gees as die Skepper van die wreld geer word: Hy is die Beeld van die onsienlike God, die Eersgeborene van die hele skepping; want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemele en op die aarde is, wat sienlik en onsienlik is, trone sowel as heerskappye en owerhede en magte alle dinge is deur Hom en tot Hom geskape. En Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand (Kol. 1:15-17).

Hy het n naam wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus elke knie sou buig (Fil. 2:9-11). Diegene wat Hom nie in di bedeling as hulle Verlosser aanvaar nie, sal deur Hom gestraf word wanneer Hy by die verskyning van sy koninkryk as Regter die goddeloses sal oordeel.