1 Thess. 5: Die Dag van God se Toorngloed

Die laaste hoofstuk van hierdie brief sluit n bespreking van die dag van die Here in, asook praktiese voorskrifte oor optredes in gemeenteverband n in mense se persoonlike lewens, asook n sterk oproep tot volkome heiligmaking.

Die dag van die Here (5:1-11)

Die onderwerp wat in die eerste deel van hoofstuk 5 behandel word, is die dag van die Here. Dit is n logiese voortvloeisel uit die belofte van die wegraping wat in hoofstuk 4:13-18 bespreek is. Daar het dit oor die wegvoering van die gelowiges gegaan, oftewel die beindiging van die kerkbedeling. Met dit in gedagte, gaan Paulus nou voort om sy lesers in te lig oor die vreeslike dag van die Here wat n die wegraping op aarde gaan afspeel. Hy s vir hulle: Julle weet self baie goed dat die dag van die Here kom net soos n dief in die nag. Want wanneer hulle s: Vrede en veiligheid dan oorval n skielike verderf hulle soos die barensnood n swanger vrou, en hulle sal sekerlik nie ontvlug nie (5:2-3).

Paulus tref in hierdie gedeelte n duidelike onderskeid tussen ons en hulle. Enersyds praat hy van ons as Christene wat in die lig wandel en die sekerheid het dat ons nie vir die toorn van God bestem is nie. Ons sal op n gegewe oomblik weggevoer word. Andersyds praat hy van die hulle wat op die ongeredde wreldlinge betrekking het. Hulle sal n valse vrede onder die leiding van die valse messias nastreef, maar dan sal n skielike verderf in die komende dag van die Here hulle oorval, en hulle sal dit sekerlik nie ontvlug nie. Net die Christene sal hierdie tyd van oordele en rampe deur middel van die wegraping ontvlug.

Daar is in die Ou Testament verskeie beskrywings van die oordele van die eindtydse dag van die Here, en Paulus het in sy preke in Thessalonika waarskynlik hierna verwys. Voorbeelde van sulke beskrywings is die volgende: Kyk, die dag van die Here kom, verskriklik, met grimmigheid en toorngloed, om die aarde n woesteny te maak en sy sondaars daaruit te verdelg. Want die sterre van die hemel en sy Orions sal hulle lig nie laat skyn nie; die son is duister by sy opgang, en die maan laat sy lig nie skyn nie. En Ek sal aan die wreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder. En Ek sal sterwelinge skaarser maak as fyn goud, en mense as goud van Ofir. Daarom sal Ek die hemel laat sidder, en die aarde sal wyk uit sy plek met gebeef, vanwe die grimmigheid van die Here van die lerskare en vanwe die dag van sy toorngloed (Jes. 13:9-13). In hoofstuk 24:1 en 6 s Jesaja: Kyk, die Here maak die aarde leeg en verwoes dit, en Hy keer sy oppervlakte om en verstrooi sy bewoners... Daarom verteer die vloek die aarde... en bly daar min mense oor.

Jol s in hoofstuk 1:15 dat die dag van die Here kom soos n verwoesting van die Almagtige. In hoofstuk 2:11 s hy: Want die dag van die Here is groot en uitermate vreeslik, en wie kan dit verdra? In hoofstuk 3:14 s hy dat daar in di dag menigtes van mense in die dal van beslissing sal wees waar die Here hulle sal oordeel. Die geweldige oorlo wat in die groot verdrukking in en om Jerusalem sal uitbreek, word in Sagaria 14 spesifiek aan die dag van die Here verbind. In hierdie hoofstuk word die wederkoms van Jesus ook beskryf, wanneer Hy sy voete op die Olyfberg sal sit. Hy sal deur n hemelse lerskare gevolg word en met sy vyande, wat ook die oorblyfsel van Israel sal probeer verdelg, in die gerig tree en hulle oordeel.

Malegi s in hoofstuk 3:2: Maar wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn? In hoofstuk 4:1 s hy: Want kyk, die dag kom, en dit brand soos n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, s die Here van die lerskare.

Dit was n saak van groot erns om van die Here se komende oordele kennis te dra, en seker te maak dat hulle deur geloof in Jesus Christus ontvlug word. Volgens 1 Thessalonicense 5:2 sal die dag van die Here aanbreek soos n dief in die nag. Dit sal baie skielik op die aarde afkom in n tyd wat gekenmerk sal word deur die verkondiging van vrede en veiligheid vir almal. Die misleide mensdom sal op die rand van n humanistiese nuwe wreldorde van internasionale vrede en eenheid wees, wanneer groot onheil hulle lewens skielik en ingrypend sal verander.

Hierdie feite stel dit bo alle twyfel dat die begin van die dag van die Here met die wegvoering van die gelowiges sal saamval. Dit is die verrassingselement soos n dief in die nag wanneer die Here skielik sy bruidsgemeente sal wegvoer. Die wreld sal dan, soos in 2 Thessalonicense 2 beskryf, aan die mens van sonde uitgelewer word, wat as hulle gemeenskaplike messias verderflike hervormings sal instel en n sondekultuur soos di in die tyd van Noag en Lot sal bevorder. Dit sal die oordele van God oor die misleide mensdom bring.

In vers 6 en 7 word die Christene aangemoedig om ooreenkomstig die verwagting en kennis wat aan hulle oorgedra is, op te tree. Die leer oor die wederkoms is nie net teoretiese kennis nie en word ook nie bloot ter wille van die interessantheid daarvan in die Bybel genoem nie. Dit moet in ons lewens in dade van toewyding, n blye vooruitsig en n sterk getuienis oorgaan. Paulus s dat ons in geen enkele genadegawe moet agterstaan terwyl ons op die openbaring van onse Here Jesus Christus wag nie (1 Kor. 1:7). Petrus sluit ook by Paulus se oproep tot heiligmaking met die oog op die wederkoms aan wanneer hy s: Terwyl al hierdie dinge dan vergaan, hoedanig moet julle nie wees in heilige wandel en godsvrug nie? julle wat die koms van die dag van God verwag... Daarom, geliefdes, terwyl julle hierdie dinge verwag, beywer julle dat julle vlekkeloos en onberispelik voor Hom bevind mag word in vrede (2 Pet. 3:11-12,14).

In vers 8 gebruik Paulus weer, soos dikwels in sy briewe, die beeld van die soldaat wat enige oomblik vir diens gereed moet wees. Die Meester kan onverwags kom, en ons moet in elk geval altyd onmiddellik vir diens in sy koninkryk beskikbaar wees. Mense wat op daardie oomblik slaap, dronk is, of wie se geestelike toerusting nie gereed is nie, het n groot probleem.

Die borswapen beskerm al die inwendige organe, net soos wat geloof in Jesus Christus al die bose aanslae afweer en ons lewendig in die gees en in die hart hou. Saam met geloof gaan liefde, wat die belangrikste uiterlike bewys is van n mens wat sy self gekruisig het en tot eer van die Here en die voordeel van andere leef. Die helm word vergelyk met ons hoop op die salige ontmoeting met die Here Jesus by die wegraping, asook ons gepaardgaande verlossing uit die toorn wat aan die kom is. Soos wat die helm n mens se kop in die oorlog beskerm, so beskerm ons hoop en verwagting ons van verleidelike gedagtes uit die wreld wat ons verstand wil binnedring om ons perspektief te laat verloor. n Lewende hoop is inderdaad die beste middel om n mens se aardgebondenheid en wreldgelykvormigheid mee te oorwin.

Vers 9 bevestig die feit dat ons saligheid in Christus n vaste waarborg is dat ons nie vir die toorn van die sondaars bestem is nie. Paulus s: Want God het ons nie bestem tot toorn nie, maar om die saligheid te verkry deur onse Here Jesus Christus. Ons moet die vaste wete h dat daar geen veroordeling is vir di wat in Christus Jesus is nie (Rom. 8:1). As ons in Jesus Christus glo en aan Hom behoort, kom ons nie in oordele van enige aard nie (Joh. 5:24). Hy het reeds die straf vir ons sondes betaal. Jesaja s: Die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom (Jes. 53:5). Ons kan wl in verdrukking kom en selfs vervolg word ter wille van ons geloof omdat ons met n bose wreld in konflik is, maar ons is nooit die voorwerpe van God se toorn nie. Christene sal beslis die komende verdrukking ontvlug wanneer die Here sy toorn oor die sondaars gaan uitstort.

In vers 11 s Paulus: Daarom, bemoedig mekaar en bou die een die ander op, soos julle ook doen. Paulus se eie bemoediging en onderrig in die brief was nie genoeg nie, want hierdie boodskap moet gereeld herhaal en beklemtoon word. Dit moet deel van hulle prediking n persoonlike gesprekke wees, sodat die wederkomsboodskap, die belofte van ons ontvlugting, en die oproep tot persoonlike heiligheid en diensbaarheid, gedurigdeur andere kan aanspoor en bemoedig. Neem hierdie onderwerp nog sy regmatige plek in ons gedagtes, gesprekke en prediking in? Indien nie, sal die hoop op Christus se spoedige koms verflou en ook n demper op mense se geestelike lewe en die verstaan van Bybelse profesie plaas.

Praktiese voorskrifte (5:12-22)

Van vers 12 af bring Paulus sy lesers terug van lering oor ons toekomstige hoop na praktiese, alledaagse voorskrifte vir die goeie funksionering van die gemeente en die suksesvolle uitleef van elke lidmaat se verantwoordelikheid teenoor die Here n teenoor ander mense. Die eerste opdrag aan die broeders is dat hulle diegene wat onder hulle arbei, moet erken, die hoogste agting aan hulle bewys en onderlinge vrede handhaaf. Die voorgangers in hierdie vroe gemeentes was ouderlinge wat vir hulle eie onderhoud n voltydse werk gedoen het, en dan soveel as moontlik tyd ingeruim het om die woord te verkondig en die gemeente pastoraal te bedien. Ter wille van die goeie orde in die gemeente moet hierdie voorgangers se arbeid waardeer, hulle voorskrifte nagevolg en hulle gesag erken word. Elke ander persoon in die gemeente moet ook volgens sy of haar besondere behoeftes beraad, vermaan, bemoedig en ondersteun word. Daar moet dus omstandighede vir gesonde geestelike groei geskep word. Bitterheid, verdeeldheid en onvergewensgesindheid moet uit die gemeente geweer word.

Paulus gee ook die volgende sewe kort riglyne, of boustene, vir elke Christen se persoonlike lewe sodat die regte ingesteldheid altyd gehandhaaf kan word:

Wees altyddeur bly (5:16). Ons gevoelens moet deur ons geloof in Jesus Christus en die beloftes in die Bybel bepaal word, en nie deur ons uiterlike omstandighede nie. Paulus het selfs uit die tronk geskryf: Verbly julle altyd in die Here (Fil. 4:4). Ons sekere toekoms in die hemel, die blye vooruitsig op Christus se wederkoms, en ook sy belofte dat Hy ons nooit sal begewe of verlaat nie, is voldoende redes om ons altyd te verbly. Dit sal ons help om selfs onder die moeilikste omstandighede blymoedige Christene te wees. Nehemia het ges: Die blydskap in die Here dit is julle beskutting (Neh. 8:11). Dit beskut ons teen donker gedagtes en moedeloosheid as gevolg van allerlei teleurstellings en aanvegtinge deur die sielevyand.

Bid sonder ophou (5:17). Voortdurende gebed is nie n gebed wat sonder onderbreking gebid word nie, maar wat gebid word wanneer daar ook al geleentheid is. Paulus het vir die Efesirs ges dat hulle met alle gebed en smeking by elke geleentheid moet bid in die Gees (Ef. 6:18). Ons moenie in biddeloosheid verval nie, maar die Here ken in al ons we. Ons moet bid oor di sake wat die Heilige Gees op ons harte l, en ook alle sondes waarvan Hy ons oortuig, bely en laat staan. Ons sal geestelik arm word as ons nie bid nie. Jakobus s tereg: Julle het nie omdat julle nie bid nie. Julle bid en julle ontvang nie, omdat julle verkeerd bid om dit in julle welluste deur te bring (Jak. 4:2-3). Ons moenie net oor materile sake bid nie, maar oor geestelike sake.

Wees in alles dankbaar (5:18). Dank die Here nie net vir seninge nie, maar ook vir die onaangename omstandighede en vra Hom om dit vir jou in n geestelike bate te omskep. Vir hulle wat God liefhet, werk alles ten goede mee (Rom. 8:28). Krisisse en teleurstellings laat ons opnuut besef hoe diep ons van die Here afhanklik is, en dit louter ons ook sodat ons na dieper geestelike waardes in ons lewe sal soek. Die psalmis het ges: Voordat ek verdruk was, het ek gedwaal; maar nou onderhou ek u woord (Ps. 119:67).

Blus die Gees nie uit nie (5:19). Die werk van die Heilige Gees word dikwels in die Bybel met vuur vergelyk. Jesaja is as profeet vir sy diens toegerus deur n gloeiende kool van die altaar af, waardeur sy lippe aangeraak is (Jes. 6:6-7). Christus het gekom om ons met die Heilige Gees en met vuur te doop (Matt. 3:11). Die Heilige Gees maak ons harte brandend met liefde vir die Here Jesus n vir n verloregaande wreld. Die Heilige Gees word ook met olie vergelyk, wat in die kandelaar gegooi is sodat dit helder kon brand en lig in die tempel verskaf. Hy wil van ons ook skynende ligte in n donker wreld maak. n Vuur kan egter geblus en n lig uitgedoof word. So ook kan afvallige gelowiges die lig van die Heilige Gees in hulle eie lewe uitdoof. Dit is soos om n gordyn toe te trek sodat die lig van die son nie meer in die vertrek skyn nie. Aanvanklik bedroef sulke gelowiges net die Heilige Gees (Ef. 4:30), maar in n gevorderde stadium van verval kan hulle Hom uitblus. Dan wandel hulle in geestelike duisternis en volg net hulle eie koppe en die valse leerstellings wat hulle oor die Bybel aanvaar het. Hulle mislei ook baie ander mense om hulle op hul dwaalwe te volg. Hulle mag n valse front van vroomheid voorhou, maar in werklikheid is hulle lankal nie meer spreekbuise vir die Here deur die Heilige Gees nie.

Verag die profesie nie (5:20). Die Gees kan ook gedeeltelik in n persoon se lewe of in n gemeente uitgeblus word, deurdat sekere leerstellings nie aanvaar en verkondig word nie. Dit mag bv. wees dat Christus nog as Verlosser verkondig word, en dat selfs ook heiligmaking nagestreef word, maar dat die profesie oor die eindtyd, insluitende ons ontvlugting uit die toekomstige toorn op aarde, nie aanvaar of verkondig word nie. Die noodwendige gevolg hiervan is uitsiglose Christene wat min begrip vir ons tydsomstandighede en die vervulling van Bybelse profesie het. Hulle is in werklikheid aan die slaap wat hierdie sake betref, want hulle o is daarvoor toe. Ander persone glo net sekere profesie en verwerp die salige hoop op die wegraping. As gevolg hiervan verwag hulle die Antichris en sien dus vir hulleself n donker toekoms met skraal oorlewingskanse. Moenie die profesie verag nie!

Beproef alle dinge; behou die goeie (5:21). Dit beteken beslis nie dat slegte dinge beproef moet word nie, maar slegs goeie dinge. Hiervan moet net die beste gekies word. Besoek bv. verskillende gemeentes in jou dorp, insluitende huisgemeentes, en skakel dan by die beste een daarvan in waar die volle raad van God verkondig en goeie pastorale sorg verleen word.

Onthou julle van elke vorm van kwaad (5:22). Dit is n basiese riglyn vir elke Christen dat hy of sy nie moet sondig nie. Wanneer jy sonde doen, is dit soos n ramp wat jou lewe tref. So iets is tot oneer van die Here en jy benadeel in die proses ook jouself n andere. Johannes s: My kinders, ek skryf hierdie dinge aan julle dat julle nie moet sondig nie; en as iemand gesondig het, ons het n Voorspraak by die Vader, Jesus Christus, die Regverdige. En Hy is n versoening vir ons sondes (1 Joh. 2:1-2). As jy wl gesondig het, bely en laat staan dit dadelik.

Volkome heiligmaking (5:23-24)

Paulus bid die gemeente ten slotte die groot sen van volkome heiligmaking toe: En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen (5:23-24).

Volkome heiligmaking is n dieper werk van die Heilige Gees in ons lewens n bekering. Ons hele lewe moet tot n heiligdom vir die Here en sy Gees omskep word. Ons word hierdeur geskik gemaak om die Here te dien en gedurigdeur sy teenwoordigheid te ervaar. Om hierdie sen te kan verkry, moet ons onsself doelbewus en onvoorwaardelik aan die Here toewy sodat Hy ons harte volkome kan reinig van verkeerde gedagtes en motiewe. Ons moet dus leeggemaak en van die vlees, die wreld en die sonde gereinig word sodat ons met die Gees van die Here vervul kan word. Daar is geen aspek van ons bestaan wat buite die terrein van volkome heiligmaking val nie. Ons moet gees, siel n liggaam volkome heilig gemaak word.

Die eerste terrein van volkome heiligmaking is die gees van die mens. Die drie belangrikste eienskappe van die Christen se geestelike lewe is geloof, hoop en liefde. Paulus het reeds in die eerste hoofstuk van hierdie brief aangedui dat daar n toename in hierdie eienskappe moet wees. Ons moet n sterk en onwankelbare geloof h en ook werke van geloof doen waardeur die Here behaag word. Ons hoop moet ten alle tye op die Here Jesus gerig wees vir die vervulling van ons daaglikse behoeftes, vir krag om die stryd staande te bly, en ons moet ook die sterk hoop op sy wederkoms en die openbaring van sy koninkryk koester. Liefde is die grondslag van ons verhoudings met God n ons naaste. Deur die werk van die Heilige Gees moet ons volmaak word in die goddelike agape liefde ons hele lewe moet daarin gewortel en gegrond wees.

Die tweede terrein van volkome heiligmaking is die siel van die mens. Dit sluit sy denke, wil en emosies in. Die Heilige Gees stel ons in staat om verligte o van die verstand te h sodat ons n goeie onderskeidingsvermo kan h en alle dinge geestelik kan beoordeel. Hy stel geheiligde Christene ook in staat om te kan beproef wat die goeie, welgevallige en volmaakte wil van God is en ook uitvoering daaraan te gee (Rom. 12:1-2). Ons moenie ons eie wil en belange soek nie. Verder maak God se Gees dit vir ons moontlik om n geesbeheerde temperament te h waarin ons nie deur ons emosies oorheers word en die slagoffers van wisselende gevoelens is nie.

Die derde terrein van volkome heiligmaking is die liggaam van die mens. Dit sluit ons sintuie, die gesonde funksionering van ons liggaam n ons ledemate of werkvermo in. Streng beheer moet oor sintuie beoefen word, want dit is poorte waardeur die wreld en die sonde ons kan benvloed. Ons moet vir die wreld gekruisig word. Verder moet ons ons liggaamlike gesondheid bevorder deur reg te eet, oefeninge te neem, geen skadelike gewoontes soos rook, drankmisbruik en die gebruik van dwelms te beoefen nie. Ook moet ons ledemate in die diens van God gestel word as werktuie van geregtigheid. Paulus s: Stel julle liggame as n lewende, heilige en aan God welgevallige offer dit is julle redelike godsdiens (Rom. 12:1).

Indien die Thessalonicense n alle ander gelowiges hierdie voorskrifte getrou navolg, sal ons as mense van God volkome wees, vir elke goeie werk volkome toegerus. God sal geer word en alles wat ons doen, sal binne die verband van Christus se ewige koninkryk van waarde wees.