Inleiding tot Thessalonicense

Paulus het op sy tweede sendingreis van Klein Asi af na Europa toe geseil en die evangelie in Filippi, Thessalonika, Berea, Athene en Korinthe verkondig. In daardie stadium het totale geestelike duisternis in Europa geheers, en afgodediens was aan die orde van die dag. n Groot aantal afgode is deur die Grieke aanbid en tempels is ook vir hulle opgerig. Die verskillende gemeenskappe, insluitend hulle regerings, was aktief by afgodediens betrokke.

Die hele Romeinse Ryk was in hierdie heidense kultuur vasgevang, en die keiser was ook n deel daarvan omdat hy homself tot God verklaar en mense se aanbidding geis het. Politiek en godsdiens was s intiem met mekaar verweef dat die testanders van afgodediens ook regstreeks met die owerhede in botsing gekom het. Dit is die rede waarom Paulus en sy reisgenote van die begin af in Europa vervolg is. Hulle is nie net as n bedreiging vir die afgodedienaars beskou nie, maar ook vir die voortbestaan van die Romeinse Ryk, omdat hulle n ander koning, nl. Jesus, verkondig het. In Filippi, Paulus se heel eerste preekpunt in Europa, het hy in die tronk beland en moes inderhaas daarvandaan vertrek.

Om dieselfde rede is die jong gemeentes wat deur die bekeerlinge gevestig is, ook deur die meerderheid lede van die gemeenskap verwerp en vervolg. Paulus loof die Thessalonicense omdat hulle hul van die afgode bekeer en ten spyte van al die vervolging n duidelike standpunt vir die Here Jesus ingeneem het. Hy loof hulle ook vir hulle vreeslose evangelisasieywer.

In sy twee briewe beklemtoon Paulus nie net die noodsaaklikheid van n radikale bekering nie, maar ook van volkome heiligmaking, wat die Here van al sy kinders verwag. Hy gee n duidelike beskrywing van die koms van Christus se koninkryk, asook van n tyd van goddelike oordele oor almal wat aan die evangelie ongehoorsaam was. Omdat die Christene nie vir hierdie tyd van toorn bestem is nie, word die salige hoop van die wegraping voor die verdrukking aan hulle voorgehou. Hulle rol is di van tehouers teen die openbaring van die Antichris as die mens van sonde, daarom kom die Here hulle rs haal voordat die ongeregtige geopenbaar kan word.

1 & 2 Thessalonicense is Paulus se belangrikste sendbriewe oor die eskatologie, en ons kan groot duidelikheid oor die Here se profetiese program vir die eindtyd kry as ons dit nougeset bestudeer. In 1 Thessalonicense 4 is een van die duidelike beskrywings van die opstanding van die regverdiges tydens die koms van Christus, asook die wegvoering van die gemeente direk daarna.

In sy tweede brief verstrek Paulus heelwat besonderhede oor die openbaring van die Antichris direk n die wegraping. Hierdie twee briewe het verskeie verwysings na die tyd van Christus se wederkoms. Hierdeur word verseker dat die kerk van Christus n duidelike bestemmingsbewustheid het, sodat alles wat gedoen word, teen die ewige belange van Christus se koninkryk opgeweeg kan word.

Verder gee Paulus aan die Thessalonicense insig in Satan se planne om die gemeentes van Christus te ondermyn. Hierdeur word dit duidelik by die lesers tuisgebring dat daar n harde en bose werklikheid daarbuite is. Ons is nie hier om kerk te speel en mekaar met allerhande programme te vermaak nie, maar om andere deur ons getuienis soos brandhout uit die vuur te ruk en te skyn soos ligte te midde van n krom en verdraaide geslag.

Dit het die Here Jesus se lewe gekos om versoening vir ons sonde te doen sodat Hy ons kan uitred uit die teenwoordige bose wreld (Gal. 1:4). Dit word ook van ons verwag om onsself vir hierdie groot werk aan te bied, naamlik die verkondiging van die evangelie aan n verloregaande wreld. Ons moet nooit die testand onderskat wat ons met hierdie werk sal kry nie, want Satan veg vir die belange van sy koninkryk. Hy hou niks daarvan as mense uit sy koninkryk van die duisternis verlos en dissipels van Jesus Christus word nie.

Paulus leer sy lesers om van hierdie testand en vyandigheid teen hulle kennis te neem, maar moedig hulle aan om die Here te vertrou om hulle van die Bose te bewaar. Lees hierdie briewe aandagtig en beoordeel jou eie geestelike lewe in die lig daarvan. Moenie moedeloos word as jy voel dat jy ver kortskiet aan God se standaard nie. Die Here Jesus wil ook vir jou geestelik versterk en toerus vir die stryd wat voorl.

Soos wat Paulus die Thessalonicense die sen van volkome heiligmaking toebid, doen hy dit vir elkeen van ons ook: En mag Hy, die God van die vrede, julle volkome heilig maak, en mag julle gees en siel en liggaam geheel en al onberispelik bewaar word by die wederkoms van onse Here Jesus Christus! Hy wat julle roep, is getrou; Hy sal dit ook doen (1 Thess. 5:23-24).

Daar is groot en wonderlike dinge wat die Here vir ons wil doen as ons onsself ten volle aan Hom oorgee en Hom vertrou om ons volkome heilig te maak. Hy sal ons gebruik in sy diens en dan sal ons die blye wete in ons harte h dat ons lewens op aarde nie tevergeefs was nie.