Sagaria 9-10. Die Koninkryk van die Vredevors

Die laaste gedeelte van Sagaria se boek bestaan uit twee godsprake wat vooruitsien op die Messias-Koning en sy koninkryk. Hoofstukke 9 tot 11 verwys hoofsaaklik na die eerste koms van die Messias, met die beklemtoning van sy verwerping, maar gee ook ‘n profetiese aanduiding van Israel se geskiedenis tot in die eindtyd. Hoofstukke 12 tot 14 fokus op die Messias se wederkoms en beklemtoon sy koningskap op die troon van Dawid as die hoogtepunt van Israel se geskiedenis. Die twee godsprake het verskeie gedeeltes wat verder op die temas van die agt naggesigte uitbrei, en bevestig daardeur die eenheid van die hele boek.

Oordele oor Israel se vyande (9:1-8)

Hierdie verse beskryf die vernietiging van verskeie van Israel se vyande. Alexander die Grote van Griekeland word as die menslike instrument van vernietiging beskryf, maar in hierdie profesie word die uiteindelike, goddelike oorsprong van die oordele bekend gemaak. Hadrag was ‘n stad en landstreek ten noorde van Hamat. Damaskus was die hoofstad van Aram (SiriŽ) en Hamat was ook ‘n Siriese stad. Weswaarts, aan die kus, was die Fenisiese stede van Tirus en Sidon. Hulle is almal deur Alexander verwoes, en sodoende is God se oordele oor hulle voltrek (9:1-4). Alexander het in sy veldtog ook die Filistynse stede van Askelon, Gasa, Ekron en Asdod vernietig (9:5-7).

As gevolg van die Here se beskerming het soldate van Alexander twee keer naby Jerusalem verbygetrek sonder om die stad aan te val. Die Here het gesÍ: “Ek sal om my huis ‘n laer trek teen die leŽrmag, teen die wat heen en weer trek, sodat geen oorheerser hulle weer sal oorrompel nie” (9:8). Die goddelike beskerming van Jerusalem dui op die Here se finale beskerming van die stad in die millennium wanneer Jerusalem nooit weer deur vyande ingeval sal word nie. “Dan sal julle weet dat Ek die HERE julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem ‘n heiligdom wees waar geen vreemdes meer deur sal trek nie” (JoŽl 3:17). Die duiwel-geÔnspireerde pogings wat direk voor en nŠ die duisendjarige ryk van die Messias aangewend sal word om Jerusalem te vernietig, sal deur groot oordele van God afgeweer word (Sag. 14:12-13; Op. 20:7-9).

Die verwoesting van vyandelike koninkryke, stede, regerings en soldate is ‘n aanduiding van God se oordele oor die werklike vyande van sy koninkryk – die duiwel en sy handlangers. In die Ou Testament is alle volke buite Israel as heidense volke met heidense konings, heidense kulture en heidense godsdienste beskryf (Ps. 96:5). Hulle het in werklikheid die duiwel in plaas van God aanbid. Paulus sÍ dat dit wat die heidene offer, aan duiwels geoffer word en nie aan God nie (1 Kor. 10:20). Om hierdie rede is hulle vyande van God wat aan sy oordele onderworpe is (Rigt. 5:31; Jes. 66:6).

Alle heidense koninkryke is vestings van Satan, en dus geswore vyande van God en sy volk, Israel. Tirus, wat in Sagaria 9:2-4 genoem word, dui simbolies op Satan en sy duistere koninkryk. Die Here het gesÍ dat Hy Tirus sou neerwerp, sy mag sou verbreek en dat die stad deur vuur verteer sou word. Hierdie profesie teen Tirus is nie alleen tydens die verowering deur Alexander letterlik vervul nie, maar lank voor die tyd het die Here die werklike koning van Tirus, dit is Satan, op ‘n soortgelyke wyse geoordeel (vgl. Eseg. 28:1-19). Satan is eers uit die hemel neergewerp, nŠ ‘n aansienlike tyd is sy mag op aarde deur die Messias verbreek (Heb. 2:14), en uiteindelik sal hy in die poel van vuur aan ewige verbranding oorgegee word (Op. 20:10).

In die lig van hierdie duidelike feite moes Israel ‘n afgesonderde volk wees wat nie met die heidense volke meng nie. Hulle is daaraan verbind om heilig voor die Here te wandel (Lev. 19:2) en net vir Hom te aanbid en te dien (Deut. 6:13). Enige kompromie met die heidense volke en hulle bose werke sal deur die Here as rebellie beskou en gestraf word (vgl. Deut. 32:16-22; 2 Kron. 24:18). Nie Israel of die nasies het enige toekoms voor die aangesig van die Here sonder dat hulle die Messias, die Gesalfde Een, die Seun van God wie se wÍreldregering in Sion gevestig sal word, aanvaar en dien nie. God sÍ: “Ek tog het my Koning gesalf oor Sion, my heilige berg... Wees dan nou verstandig, o konings... Dien die HERE met vrees... Kus die Seun, dat Hy nie toornig word en julle op die weg vergaan nie; want gou kan sy toorn ontvlam. Welgeluksalig is almal wat by Hom skuil (Ps. 2:6,10-12).

Daar kon vir Israel geen beter nuus wees as dat God se Seun in hulle midde gebore sou word nie: “Kyk, die maagd sal swanger word en ‘n Seun baar en Hom ImmŠnuel [God met ons] noem” (Jes. 7:14). Hierdie belofte is aan Maria bevestig toe sy aan Josef verloof was: “En kyk, jy sal swanger word en ‘n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, en Hy sal Koning wees oor die huis van Dawid tot in ewigheid” (Luk. 1:31-33).

Koms van die Messias (9:9)

Sagaria beskryf duidelik die koms van Israel se Koning na Jerusalem in die gedaante van ‘n nederige Persoon wat hulle Here en Verlosser sal wees: “Verheug jou grootliks, o dogter van Sion! Juig, o dogter van Jerusalem! Kyk, jou Koning kom na jou; regverdig en ‘n oorwinnaar is Hy; nederig en Hy ry op ‘n esel” (9:9).

Die uitdrukkings “dogter van Sion” (vgl. 2:10) en “dogter van Jerusalem” verwys na die hele Israelse volk. Hulle is opgeroep om hulle Koning nie met vrees te verwelkom nie, maar met blydskap en gejuig. Die aankondiging “jou Koning kom na jou” verwys na die koms van die lank verwagte Koning en Messias. Jesaja noem Hom die Vredevors wat op die troon van Dawid sal sit (Jes. 9:6-7). Miga sÍ Hy sal ‘n Heerser in Israel wees wat groot sal wees tot aan die eindes van die aarde (Miga 5:1-3). Hy sal ‘n regverdige Koning wees (vgl. Jesaja 11:1-5; Jer. 23:5-6). Die uitdrukking dat Hy ‘n oorwinnaar is beteken dat Hy ‘n Verlosser is wat sy volk uit die vyand se mag sal verlos: “Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap” (Sef. 3:17).

Die Messias het Homself aan Israel gebied tydens sy intog in Jerusalem, toe Hy op ‘n donkie gery het (Matt. 21:1-5). In antieke tye het ‘n koning wat in vrede gekom het, op ‘n donkie gery en nie op ‘n oorlogsperd nie. Die Here Jesus het op ‘n donkie gery. Soos ander Ou Testamentiese profesieŽ, laat hierdie een (9:9-10) twee gebeurtenisse saamvloei – gebeurtenisse wat in die Nuwe Testament as twee duidelike komste van Christus onderskei word, met die kerkbedeling tussen die twee (vgl. Jes. 9:6-7; 61:1-2; Luk. 4:18-21). Tydens sy eerste koms het Hy op ‘n donkie gery en Homself aan Israel gebied, maar hulle het Hom as hulle Koning verwerp. Sy wÍreldregering (9:10) sal gevestig word wanneer Hy terugkom, hierdie keer op ‘n wit perd, om sy vyande te oordeel en die oorblyfsel van Israel te red (Op. 19:11-15; Sag. 13:9).

Koninkryk van die Messias (9:10–10:12)

Wanneer Hy weer kom, sal die Messias vrede op aarde vestig, Israel red, die valse herders vernietig en die hele Israel herstel:

Die Messias sal vrede op aarde vestig (9:10)

NŠ die finale slag van Armageddon sal die Messias ‘n einde aan oorlogvoering bring en sy vrederyk op aarde vestig: “Ek sal die strydwaens uit Efraim en die perde uit Jerusalem uitroei, en die strydboog sal vernietig word. Dan sal Hy aan die nasies vrede verkondig, en sy heerskappy sal wees van see tot see, en van die Eufraat tot aan die eindes van die aarde” (9:10).

NŠ hierdie groot oorlog sal die nasies “van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie” (Jes. 2:4). Die Messias sal ‘n wÍreldregering hÍ wat anderkant die Eufraatrivier en oorkant die oseane tot aan die eindes van die aarde sal strek (vgl. Miga 7:12).

Die Messias sal Israel verlos (9:11-17)

God se belofte oor die verlossing en herstel van Israel word dikwels in die Bybel herhaal: “Ook sal Ek wat jou betref, o Sion, kragtens die bloed van jou verbond jou gevangenes loslaat uit die put sonder water. Keer terug na die vesting, o hoopvolle gevangenes! Ook kondig Ek vandag aan dat Ek jou dubbel sal vergoed” (9:11-12). God se getrouheid aan sy verbonde met Israel is die waarborg vir hulle verlossing uit hulle internasionale verstrooiing (vgl. Lev. 26:44-45). Die bloed van die verbond verwys na die ou verbond wat in Sagaria se tyd nog geldig was (vgl. Ex. 24:8; Heb. 9:18-22), maar dit was tipologies van die Messias se offer in die volheid van die tyd. Petrus het die Messiaanse gelowiges in Israel daaraan herinner dat hulle vrygekoop is deur die kosbare bloed van die Messias, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos (1 Pet. 1:18-19). Lede van Israel en die nasies kan slegs deur die bloed van die nuwe en ewige testament vergewe en volmaak gemaak word (Heb. 13:20-21).

Die Here het aan Israel belowe dat Hy hulle gevangenes kragtens sy verbond met die volk sal vrylaat. Dit verwys nie slegs na die terugkeer van die Joodse ballinge uit Babilon nie, maar ook na die eindtydse herstel van die volk uit hulle wÍreldwye ballingskap. Die waterlose put verwys na hulle plek van ballingskap en die vesting waarheen hulle moet terugkeer, na Jerusalem. In die eindtyd sal die Here twee keer soveel Jode herstel, wat daarop dui dat sy seŽninge in die millennium veel groter sal wees as enigiets wat Israel al ontvang het.

Sagaria 9:13-17 verwys na Israel se verlossing van die seuns van Jawan (9:13; Jawan beteken Griekeland en is in Dan. 8:21, 10:20 en 11:2 as Griekeland vertaal). Alexander die Grote van Griekeland het in 323 v.C., op die ouderdom van 32, aan malaria gesterf met komplikasies as gevolg van alkoholisme. Sy koninkryk is onder sy vier generaals verdeel, en onder hulle is Ptolemeus oor Egipte aangestel en Seleukus oor SiriŽ en MesopotamiŽ. Gedurende verskillende tye in die geskiedenis het SiriŽ en MesopotamiŽ saam as SiriŽ, AssiriŽ of BabiloniŽ bekend gestaan. Vanuit die perspektief van Israel word daar na die konings van SiriŽ en Egipte as die koning van die noorde en die koning van die suide, onderskeidelik, verwys (vgl. Dan. 11). Hierdie konings en hulle opvolgers het Israel dikwels aangeval en oorheers, veral Antiochus en sy opvolgers uit die noordelike, Siriese koninkryk. Die ergste diktator onder hulle was Antiochus Epifanes. Israel is gedurende die MakkabeŽr-tydperk net gedeeltelik van die seuns van Jawan, of Griekeland, verlos, maar sal ten volle van die eindtydse Assiriese tiran verlos word. Sagaria sÍ: “Die HERE hulle God sal hulle in diť dag verlos” (9:16). “Diť dag” verwys na die komende verdrukking, die wederkoms van die Messias ťn sy daaropvolgende vrederyk in die millennium.

Die eindtydse seun van Griekeland sal die Antichris, of valse messias, wees wat oor SiriŽ en MesopotamiŽ sal regeer, verwysende na die huidige SiriŽ en Irak. Hy sal spoedig ook wyer magte verkry. Hy sal dus die eindtydse koning van die noorde wees wat ook die titels “die AssiriŽr” en “die koning van Babilon” sal verkry. Jesaja beskryf Israel se verlossing uit hierdie vors se oorheersing: “Maar as die Here sy werk voltooi het op die berg Sion en in Jerusalem, dan sal Ek besoeking doen oor die vrug van die grootsheid van die hart van AssiriŽ se koning en oor die gepraal van sy hoŽ oŽ... En in diť dag sal die oorblyfsel van Israel en die wat ontvlug het van die huis van Jakob, nie meer voortgaan om te steun op hom wat hulle slaan nie; maar hulle sal steun op die HERE, die Heilige van Israel, in opregtheid. Die oorblyfsel sal terugkom, die oorblyfsel van Jakob na die sterke God toe” (Jes. 10:12,20-21). Hulle sal dan finaal van die juk van hul vyand verlos word, veral van die AssiriŽr, en tye van goedheid en oorvloed beleef (9:17).

Die Messias sal die valse herders vernietig (10:1-5)

“Die huisgode spreek bedrog, en die waarsÍers sien leuens en verkondig nietige drome, hulle troos met wind... [My volk] verkeer in verdrukking omdat daar geen herder is nie... Oor die voorbokke (of bokwagters) sal Ek besoeking bring, want die HERE van die leŽrskare gee ag op sy kudde” (10:2-3). Die Here sal die valse profete vernietig wanneer die Messias, die groot Herder van die skape, na Israel terugkeer. Die valse herders word as bokwagters beskryf, wat daarop dui dat hulle valse profete is. Sulke mense laat nie die skape wei nie, maar mislei hulle en eindig self as bokwagters – ongeredde leiers wat hulle ore van die waarheid afgekeer het en valse hoop aan hulle ewe ongeredde kuddes “bokke” gee.

Die Messias word op ‘n viervoudige wyse as ‘n hoeksteen, ‘n muurpen (of tentpen, soos wat dieselfde woord in Rigters 4:21 vertaal is), ‘n strydboog en ‘n heerser beskryf (10:4). As die kosbare Hoeksteen is Hy die vaste fondament waarop alle mense se lewens gebou kan word (Jes. 28:16; 1 Pet. 2:4-6). Vir die ongereddes sal Hy ‘n rots van struikeling wees om hulle te vernietig (Jes. 8:14-15; 1 Pet. 2:8). As die Tentpen† is Hy ‘n vaste anker wat stabiliteit aan sy dissipels se lewens verleen – ook aan volke wat Hom erken en navolg (vgl. Jes. 33:20; Spr. 14:11). As die Strydboog beskerm Hy sy volk en sy volgelinge teen hulle vyande (Ex. 15:3; Ps. 45:6; Ps. 110:5-6). Die Messias sal nie alleen wees wanneer Hy veg nie, maar ook sy volk bekragtig om soos helde die oorwinning te bereik (10:5). As die Heerser sal Hy oor die huis van Israel ťn oor die hele wÍreld regeer (Miga 5:1,3).

Die Messias sal die hele Israel herstel (10:6-12)

Hierdie profesie verwys na die finale herstel van Israel net nŠ die wederkoms van die Messias, en dit sal die voortsetting en voleinding van hulle gedeeltelike herstel voor sy koms wees: “Ek sal die huis van Juda sterk maak... en hulle ‘n woonplek aanwys, want Ek ontferm My oor hulle; en hulle sal wees asof Ek hulle nie verwerp het nie, want Ek is die HERE hulle God, en Ek sal hulle verhoor... Hulle hart sal juig in die HERE. Ek wil vir hulle fluit en hulle vergader, want Ek het hulle losgekoop; en hulle sal net so talryk wees soos tevore” (10:6-8).

God het aan SefŠnja meer inligting oor hierdie finale versameling gegee: “In diť dag sal aan Jerusalem gesÍ word: Vrees nie, o Sion, laat jou hande nie slap hang nie! Die HERE jou God is by jou, ‘n held wat verlossing skenk. Hy verheug Hom oor jou met blydskap; Hy swyg in sy liefde; Hy juig oor jou met gejubel... Kyk, in diť tyd sal Ek met al jou verdrukkers handel; en die wat kreupel is, sal Ek red; en die wat verjaag is, versamel; en Ek sal hulle maak tot ‘n lof en tot ‘n roem wie se skande oor die hele aarde was. In diť tyd sal Ek julle aanbring, ja, in die tyd wanneer Ek julle versamel; want Ek maak julle tot ‘n roem en tot ‘n lof onder al die volke van die aarde, wanneer Ek voor julle oŽ julle lot verander, sÍ die HERE” (Sef. 3:16-20).