Sagaria 7-8. Teregwysing, Bekering, Vasdae en Feeste

Sagaria het sy naggesigte in 520 v.C. ontvang. Twee jaar later, in 518 v.C. (in die vierde regeringsjaar van Darius), het hy vier boodskappe van die Here af ontvang. Hierdie boodskappe is gegee in antwoord op ‘n vraag wat oor die onderhouding van sekere vasdae aan Sagaria gestel is. ‘n Joodse afvaardiging uit Bet-el het na Jerusalem gekom om aan die profeet te vra of die volk moes aanhou om ter herinnering aan Jerusalem se vernietiging te vas (7:2-3). Die vraag van die afvaardiging het die begeerte geÔmpliseer dat hulle met die selfopgelegde godsdienstige vasdag in die vyfde maand wou ophou, waardeur Nebukadnťsar se vernietiging van die stad en die tempel herdenk is (2 Konings 25:8-10).

Die Here het in reaksie op hierdie vraag die volgende vier boodskappe aan Israel gegee, maar die finale antwoord is eers in die vierde boodskap verstrek (8:18-19):

1. ‘n Boodskap van teregwysing (7:4-7)

Die eerste boodskap het die volk daaraan herinner dat God hulle vaders deur die vroeŽre profete gewaarsku het dat Hy ware aanbidding en verering vereis – nie slegs die uiterlike nakoming van instellings sonder bekering en die belydenis van hul sonde nie (vgl. Jes. 1:11-20). “As julle, nou 70 jaar lank, in die vyfde en sewende maand gevas en getreur het, het julle toe werklik ter wille van My gevas? En as julle eet en as julle drink, is dit dan nie jķlle wat eet en jķlle wat drink nie?” (7:5-6). God se teregwysing was teen ‘n leŽ vormgodsdiens wat geen geestelike inhoud het nie, want of hulle gevas of feesgevier het, het hulle dit nie vir die Here gedoen nie, maar vir hulleself. Hulle het hul tradisionele Joodse godsdiens in stand gehou sonder om waarlik die Here te dien en hulle van hul sondes te bekeer.

Hoewel God tydens krisisse nasionale dae van vas en verootmoediging bepaal het (JoŽl 1:14), moes hierdie dae nie op ‘n ongeŽrgde manier, sonder bekering, gevier word nie: “Is dit nie die vas wat Ek verkies nie: dat julle losmaak die bande van goddeloosheid... Dan sal jou lig deurbreek soos die dageraad en jou genesing skielik uitspruit; en jou geregtigheid sal voor jou uitgaan... Dan sal jy roep, en die HERE sal jou antwoord” (Jes. 58:6-9).

2. ‘n Boodskap van bekering (7:8-14)

‘n Duidelike bekeringsboodskap is weer eens aan Israel gerig, omdat dit die enigste manier was waarop die Here se oordele ontvlug kon word: “So het die HERE van die leŽrskare gespreek en gesÍ: Spreek ‘n eerlike vonnis uit en bewys liefde en barmhartigheid die een aan die ander. En moet nie die weduwee en die wees, die vreemdeling en die arme verdruk nie en kwaad in julle hart teenoor mekaar bedink nie. Maar hulle het geweier om te luister en wederstrewig die skouer afgewend en hulle ore toegestop om nie te hoor nie. Ook het hulle hul hart soos ‘n diamant gemaak, om nie die wet te verneem nie en die woorde wat die HERE van die leŽrskare deur sy Gees, deur die diens van die vroeŽre profete, gestuur het nie. So het daar dan van die HERE van die leŽrskare ‘n groot toorn gekom” (7:9-12).

Die Here het na die volgende bewyse van ‘n goddelike lewe van geregtigheid gesoek, in plaas van ‘n selfgesentreerde lewe wat deur apatie, onbekeerlikheid, leuens en bose gedagtes gekenmerk word:

       Die beoefening van ware geregtigheid. Dawid het reg en geregtigheid aan al sy mense laat geskied (1 Kron. 18:14). Om anders te handel, is sonde: “Hy wat die goddelose regverdig verklaar en die regverdige skuldig verklaar, hulle altwee is vir die HERE ‘n gruwel” (Spr. 17:15).

       Die betoning van barmhartigheid en ontferming aan jou medemense. Hierdie is goddelike eienskappe (Ex. 34:6; Deut. 30:3) wat aan behoeftiges en armes betoon moet word deur diegene wat van die Here genade en ontferming ontvang het.

       Die versorging van weduwees, wese, vreemdelinge en armes. “Want die HERE julle God... is ‘n gedugte God wat die persoon nie aansien en geen geskenk aanneem nie; wat reg verskaf aan die wees en die weduwee, en die vreemdeling liefhet, sodat Hy hom brood en klere gee. Daarom moet julle die vreemdeling liefhÍ, want julle was vreemdelinge in Egipteland” (Deut. 10:17-19). Israel, asook alle ander nasies, moet nie swakkes en armes onderdruk nie, en ook nie op vreemdelinge neersien wat by hulle kom hulp soek nie.

Israel het hulle harte teen God verhard, geweier om hulle te bekeer, en openlik al die sondes gedoen waarteen hulle gewaarsku is. Hulle het die waarskuwings verwerp wat God deur sy Heilige Gees by monde van verskeie profete aan hulle gerig het (7:12). Hierdeur het hulle die wraak van God oor hulleself gebring. Die gevolg hiervan was dat God nie hulle gebede verhoor het toe hulle in die nood was nie (7:13). Hulle is deur hul vyande gevange geneem en onder die nasies verstrooi. Die Here sÍ: “Ek sal hulle wegstorm [verstrooi] onder al die nasies wat hulle nie geken het nie” (7:14). Die Babiloniese ballingskap van die Jode was net ‘n gedeeltelike vervulling van hierdie profesie, omdat dit ten diepste op die volk se latere internasionale verstrooiing dui. Dit het eers in Nuwe Testamentiese tye gebeur, nadat hulle Jesus as Messias verwerp het.

Die Here Jesus het Israel teen hulle toekomstige vervolging gewaarsku, en die feit beklemtoon dat hulle geoordeel sou word omdat hulle hul vaders se sondes goedgepraat en voortgesit het: “Wee julle, skrifgeleerdes en FariseŽrs, geveinsdes... Julle gee teen julleself getuienis dat julle kinders is van die wat die profete vermoor het. Maak die maat van julle vaders dan vol! ... sodat oor julle kan kom al die regverdige bloed wat vergiet is op die aarde, van die bloed van die regverdige Abel af tot op die bloed van Sagaria, die seun van Berťgja, wat julle vermoor het tussen die tempel en die altaar. Voorwaar Ek sÍ vir julle, al hierdie dinge sal oor hierdie geslag kom” (Matt. 23:27-36). Abel was die eerste martelaar in die Hebreeuse geskrifte van die Ou Testament, en Sagaria die laaste een.

Die geslag Jode wat deur die Here Jesus aangespreek is, het die maat van hulle vaders se ongeregtighede heeltemal volgemaak. Hulle het nie beswaar gemaak toe Herodes vir Johannes die Doper, die wegbereider van Jesus, laat doodmaak het nie. Jesus het hulle erg verkwalik omdat hulle nie hierdie groot profeet aanvaar en geglo het nie (Matt. 21:25). Daarna het hulle die Messias verraai en gevra dat Hy gekruisig moes word (Matt. 27:22). Toe het hulle nůg verder gegaan en vir Stefanus gestenig, wat die eerste martelaar van die Messias se kerk was. In ‘n lang rede het Stefanus die Joodse volksleiers aan die sonde en rebellie van hulle voorvaders herinner (Hand. 6:8–7:60). Hy het diegene wat die profete doodgemaak het, vergelyk met die leiers van sy tyd wat op die dood van die Messias aangedring het, en hulle ook daarvan beskuldig dat hulle die Heilige Gees weerstaan: “Julle hardnekkiges en onbesnedenes van hart en ore, julle weerstaan altyd die Heilige Gees; net soos julle vaders, so ook julle. Watter een van die profete het julle vaders nie vervolg nie? Ja, hulle het diť gedood wat vooraf die koms verkondig het van die Regverdige, van wie julle nou verraaiers en moordenaars geword het” (Hand. 7:51-52). Die oordele van die Here het oor hulle gekom.

In 70 n.C. is Jerusalem deur die Romeine verwoes, terwyl die oorlewende Jode weggevoer is in wat uiteindelik op hulle internasionale verstrooiing na al die nasies uitgeloop het (Luk. 21:20,24) – ‘n situasie wat tot in die laaste geslag van die Christelike dispensasie sou voortduur. Die ongeredde Jode sou dan na hulle land terugkeer, soos wat inderdaad sedert 1948 gebeur, om deur ‘n tyd van groot benoudheid te gaan voordat die Messias sal kom om ‘n oorblyfsel van die volk te red. Die Here se oproep tot bekering in Sagaria sal dan eers ten volle eerbiedig word.

3. ‘n Boodskap van herstel (8:1-17)

Terwyl Sagaria 7 op die oproep tot bekering in 1:2-6 gebaseer is, en ook die ernstige gevolge aandui wat sal intree indien daar nie aan diť oproep gehoor gegee word nie, vestig hoofstuk 8 die aandag op die beloofde seŽninge wat uit die naggesigte blyk (1:7–6:8), en wat die gevolg van ‘n grondige bekering en hartsverandering sal wees. Die derde en vierde boodskappe beskryf die herstel uit die Babiloniese ballingskap in die tyd van Sagaria, as ‘n heenwysing na toekomstige seŽninge in die millennium. Die beloofde seŽninge sal nie net tot Israel alleen beperk wees nie, omdat die Here se geregtigheid en vrede die hele aarde sal vervul.

God se ywer oor Sion (dit is die inwoners van Jerusalem) word duidelik bevestig (8:2; vgl. 1:14; JoŽl 2:18) en dit sal tot groot seŽninge lei: “So sÍ die HERE: Ek keer terug na Sion en sal midde-in Jerusalem woon” (8:3). Hierdie belofte sal in die millennium vervul word wanneer Christus na Jerusalem sal terugkeer om van die troon van Dawid af te regeer (Hand. 15:16-17). “Jerusalem sal genoem word: Die stad van trou, en die berg van die HERE van die leŽrskare: Die heilige berg” (8:3; vgl. Jes. 2:2-3). Dit sal die hoofstad van die wÍreld wees.

In daardie tyd sal die hele oorblyfsel van Israel gered wees: “So sÍ die HERE van die leŽrskare: Kyk, Ek gaan my volk verlos uit die land van die ooste en uit die land van die weste en hulle aanbring; en hulle sal midde-in Jerusalem woon. Dan sal hulle vir My ‘n volk wees en …k sal vir hulle ‘n God wees, in trou en geregtigheid” (8:7-8). In ‘n ooreenstemmende profesie wat deur Jesaja opgeteken is, sÍ die Here: “Want Ek is die HERE, jou God, die Heilige van Israel, jou Heiland... Omdat jy kostelik is in my oŽ, hooggeag is, en Ek jou liefhet, daarom gee Ek mense in jou plek en volke vir jou lewe. Wees nie bevrees nie, want Ek is met jou; Ek sal jou geslag van die ooste af aanbring en jou versamel van die weste af. Ek sal sÍ aan die noorde: Gee! en aan die suide: Hou nie terug nie!” (Jes. 43:3-6).

Die geredde oorblyfsel van Israel sal voorspoedig wees in die land (8:11-12). Hulle sal ook ‘n seŽn vir al die nasies van die wÍreld wees (8:13; vgl. Rom. 11:12). Hoewel God ‘n regverdige God is wat sonde straf, is Hy ook ‘n God van groot liefde en genade, wat graag wil vergewe en herstel: “Soos Ek My voorgeneem het om julle kwaad aan te doen, toe julle vaders My vertoorn het, sÍ die HERE van die leŽrskare, en Ek daar geen berou van gehad het nie – so het Ek My weer voorgeneem om in hierdie dae goed te doen aan Jerusalem en die huis van Juda. Wees nie bevrees nie” (8:14-15).

4. ‘n Boodskap van blydskap (8:18-23)

Die Here het tot op hierdie oomblik gewag om die vraag van die afvaardiging uit Bet-el te beantwoord, naamlik of hulle moes aanhou om te vas en te ween ter herinnering aan die vernietiging van Jerusalem en die tempel (7:2-3). God het gesÍ dat die vasdae in tye van blydskap en vrolike feesdae verander moes word (8:19). Twee bykomende vasdae word in hierdie vers genoem (vgl. 7:3-5) – een op die tiende dag van die tiende maand om die begin van die beleŽring van Jerusalem te herdenk (2 Kon. 25:1-2; Jer. 39:1), en een op die negende dag van die vierde maand om die inname van Jerusalem deur Nebukadnťsar te herdenk toe die stadsmuur gebreek is (2 Kon. 25:3-4; Jer. 39:2). Hierdie vasdae was selfopgelegde geleenthede wat 70 jaar lank tydens die ballingskap met ‘n getreur en verkeerde, selfsugtige motiewe nagekom is (vgl. 7:5-7).

Die vasdae is egter nie in Sagaria se tyd beŽindig nie, en word vandag nog nagekom. Die vooruitsig vir die nabye toekoms, in die tyd van die benoudheid van Jakob (Jer. 30:7), is dat daar selfs meer feesdae in vasdae omskep sal word (12:10-14; vgl. Amos 8:10). Maar dan, nadat die Messias in krag en heerlikheid gekom het om Israel en Jerusalem ten volle te herstel en geestelik te laat herleef, sal die vasdae in feesdae verander word om die vreugde van Israel se redding ťn die Messias se vrederyk te vier. Daar sŠl dus ‘n tyd van vrede en seŽn vir Israel aanbreek wanneer niemand meer aan die rampe van die verlede sal dink nie, maar almal slegs tot eer van hulle Verlosser sal feesvier (vgl. Jes. 61:2-3; 65:18-19).

Die heerlikheid van die Messias sal ver buite Israel skyn en die hele wÍreld verlig, “want die aarde sal vol word met die kennis van die heerlikheid van die HERE soos die waters die seebodem oordek” (Hab. 2:14). Die heerlikheid van die Messias sal egter sů besonders deur Israel vertoon word, dat al die nasies dit sal sien en begeer om ook daarin te deel:

“So sÍ die HERE van die leŽrskare: Nog sal volke aankom en die inwoners van baie stede. En die inwoners van die een stad sal gaan na die ander en sÍ: Kom, laat ons heengaan om die aangesig van die HERE om genade te smeek en die HERE van die leŽrskare te soek. Ek wil ook gaan! So sal dan baie volke en magtige nasies kom om die HERE van die leŽrskare in Jerusalem te soek en die aangesig van die HERE om genade te smeek... In diť dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van ‘n Joodse man gryp en dit vashou en sÍ: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is” (8:20-23).

Jeremia bevestig hierdie wonderlike toekoms van Jerusalem: “In diť tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die HERE; en al die nasies sal daarheen saamkom vanweŽ die Naam van die HERE in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie” (Jer. 3:17; vgl. Miga 4:1-3). Hierdie wonderlike tyd sal slegs aanbreek nadat die Messias met sy wederkoms sy voete op die Olyfberg in Jerusalem neergesit het (14:4-5).