Sagaria 6. Oordeel oor die Nasies

In hierdie hoofstuk word die laaste van Sagaria se naggesigte bespreek, sowel as ‘n simboliese daad waarmee die gesigte afgesluit word.

Die vier strydwaens (6:1-8)

Sagaria sÍ: “En ek het weer my oŽ opgeslaan en gekyk – daar was vier strydwaens wat tussen die twee berge uit te voorskyn kom, en die berge was berge van koper. Voor die eerste wa was bruin [rooibruin of rooi] perde, en voor die tweede wa swart perde, en voor die derde wa wit perde, en voor die vierde wa bont [gespikkelde] perde, sterkes... En die engel het vir my gesÍ: Dit is die vier winde [of geeste] van die hemel nadat hulle hul gestel het by die Here van die ganse aarde. Diť met die swart perde trek uit na die land van die noorde, en die wittes trek uit agter hulle aan; en die bontes trek uit na die land van die suide... En hulle het die aarde deurkruis” (6:1-7).

Hierdie gesig herinner aan die eerste een, met perde wat van die Here af na die hele aarde uitgegaan het. Die perde in diť gesig is egter voor strydwaens ingespan om God se oordele oor die nasies te gaan voltrek. Geen melding word van enige ruiters of persone in die strydwaens gemaak nie. Die vier strydwaens met perde van verskillende kleure dui op die universele aard van God se oordele wat in alle rigtings oor die aarde sal uitgaan.

Die perde se kleure is betekenisvol, omdat rooi oorlog en bloedvergieting voorstel, swart dui op hongersnood en dood, wit is ‘n aanduiding van oorwinning, en die gespikkelde perde stel pessiektes en plae voor. Hierdie perde het ‘n soortgelyke sending as die vier apokaliptiese perde wat in Openbaring 6 beskryf word. Die wit perd verwys na die Antichris as oorwinnaar en valse vredevors, die rooi perd dui op bloedvergieting en oorlog, die swart perd is ‘n aanduiding van hongersnood en pessiektes, terwyl die vaal perd ‘n oes vir die dood en doderyk insamel.

Die engel het aan Sagaria die betekenis van die perde en die strydwaens verduidelik. Die vier winde dui op die wÍreldwye aard van die oordele wat van God af uitgaan; of, as dit vier geeste is wat van God af uitgaan, soos in die King James vertaling aangedui, kan dit op die Heilige Gees van die Here dui wat sy strafgerigte sal voltrek. “Want kyk, die HERE sal kom in die vuur, en sy waens soos ‘n stormwind, om in hittigheid sy toorn te openbaar en in vuurvlamme sy dreiging. Want met vuur en met sy swaard sal die HERE strafgerig hou oor alle vlees, en hulle wat deur die HERE verslaan is, sal baie wees” (Jes. 66:15-16).

Die goddelike titel “Die Here van die ganse aarde” is ‘n benaming wat in die toekomstige koninkryksbedeling van die millennium op die wÍreldregering van die Messias dui. Die land van die noorde verwys na Babilon omdat hulle invalle in Israel altyd uit die noorde gekom het, terwyl die land van suide na Egipte verwys. Die noorde en suide was die enigste rigtings wat uit Israel se oogpunt vir vyandige aanvalle ter sake was. Die ander rigtings, nl. oos en wes, word egter geÔmpliseer omdat die strydwaens die hele aarde sal deurkruis.

Die perde en strydwaens het tussen twee berge van koper op die toneel verskyn en daarvandaan uitgegaan. Dit is baie betekenisvol aangesien die smelt van kopererts ‘n simbool van goddelike oordeel oor sonde is. Die koperslang wat Moses in die woestyn gemaak het, was ‘n teken van die Here se oordeel oor die sonde van die volk. Diegene wat na die slang gekyk het, is vergewe en genees (Num. 21:9). Die koperslang het profeties op die offer van die Lam van God aan die kruis gedui, omdat Hy God se toorn oor alle sondaars namens hulle gedra het (Joh. 3:14-15; Jes. 53:4-5). Hy het die lydensweg ter wille van die hele mensdom se sondes bewandel, daarom was “sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond” (Op. 1:15).

Die twee koperberge in Sagaria 6 verwys waarskynlik na die berg Sion en die Olyfberg. Die vallei tussen die twee berge staan as Kidron en die dal van Jůsafat bekend, en is ‘n terrein wat ten nouste met goddelike oordele in verband staan (JoŽl 3:2). Sagaria sÍ dat die Messias met sy koms sy voete op die Olyfberg sal sit (14:4). Openbaring 19:20 sÍ dat die valse messias, of Antichris, en die valse profeet op diť dag gevang en lewendig in die poel van vuur gegooi sal word. Die plek waar hierdie oordeel sal plaasvind, is die vallei tussen die berg Sion en die Olyfberg, wat ook die dal van Jůsafat genoem word. Dit beteken “die Here oordeel.”

Van hierdie plek af sal die strydwaens van goddelike oordeel in alle rigtings oor die hele aarde uitgaan met die opdrag om die goddeloses te straf. JoŽl sÍ: “Die HERE sal brul uit Sion, en uit Jerusalem verhef Hy sy stem, sodat hemel en aarde bewe” (JoŽl 3:16). Jesaja sÍ dat almal wat hoog en verhewe is, op diť dag verneder sal word, omdat die Here alleen verhewe sal wees (Jes. 2:12,17). Die dag van die Here kom as ‘n verwoesting van die Almagtige. Dit sal ‘n dag van grimmigheid en toorngloed wees. Die Here sal aan die wÍreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid. Sondaars sal verdelg word en daar sal min mense oorbly. Babilon sal wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het. Dit sal nooit weer bewoon word nie” (Jes. 13:6,9-12,19-20; vgl. Jer. 51:61-64).

Aan die einde van hierdie gesig het die Here met Sagaria gepraat en gesÍ: “Kyk, die wat uittrek na die land van die noorde, hulle bring my Gees tot rus in die land van die noorde” (6:8). Dit is ‘n bekende feit dat Babilon, wat ook Sinear of die land van die noorde genoem word, in die Bybel as die oorsprong van alle vorms van georganiseerde rebellie teen God in die wÍreld beskou word. Hierdie opstandigheid en sonde het as ‘n wye reeks gelowe en instellings gemanifesteer wat uit Satan se koninkryk na vore gekom het. Dit sluit alle valse gelowe in wat op afgodediens, die verering van geeste, toorkuns, astrologie, selfvergoddeliking en okkultiese praktyke soos transendentale meditasie, heldersiendheid, astrale projeksie en fortuinvertellery gebaseer is. Hierdie gelowe en gebruike het van Babilon af oor die hele wÍreld versprei.

Babilon is ook die geboorteplek van politieke rebellie teen God se orde van onafhanklike en selfbeskikkende volke met eie woongebiede (Hand. 17:26). Die eerste Babiloniese wÍreldryk het die voorbeeld vir die daaropvolgende wÍreldryke gestel wat almal die mens verhef en selfs vergoddelik het, ander volke onderwerp en onderdruk het deur gedwonge inlywing by die ontluikende wÍreldryk, en ook ‘n verbond met valse godsdienste gesluit het. Die mag wat deur hierdie wÍreldryke verkry is, is altyd teen die koninkryk ban God gebruik.

Die laaste van hierdie ryke sal die wÍreldryk van die Antichris wees, wat die aartsvyand van die ware Christus en sy volk Israel, asook gelowiges onder alle nasies, sal wees. Die Antichris sal voorgee dat hy ‘n God-mens is (2 Thess. 2:4; Dan. 11:36), en die verstrooide Babiloniese godsdiens in ‘n ekumeniese liggaam byeenbring wat in die Bybel as verborge Babilon, die moeder van die hoere, beskryf word (Op. 17:3-5). Hy sal ook alle politieke mag in sy wÍreldstaat sentraliseer, die stad Babilon herbou en die wÍreld daarvandaan regeer (Op. 18).

In Sagaria 5:5-11 word die valse Babiloniese godsdiensstelsel ter voorbereiding van haar finale vernietiging na Babilon verskuif. In Sagaria 6:1-8 word al die nasies geoordeel omdat hulle deur die Babiloniese gees van boosheid en rebellie teen God oorheers is. Wanneer hierdie taak afgehandel is, sal God se Gees van geregtigheid en wraakgerig in die land van die noorde tot rus kom, waar al die boosheid begin het. Die toneel sal dan vir die Koning van die hele aarde gereed wees om die regering op sy skouer te neem en uit Jerusalem te regeer.

Die kroning van Josua (6:9-15)

Die agt naggesigte is met ‘n simboliese daad afgesluit, waarin Sagaria die opdrag ontvang het om Josua, die hoŽpriester, as koning te kroon: “Neem... silwer en goud, en maak ‘n kroon en sit dit op die hoof van Josua... die hoŽpriester, en sÍ vir hom dit: so spreek die HERE van die leŽrskare: Kyk, daar kom ‘n Man wie se Naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die HERE bou... Hy sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy ‘n priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan” (6:11-13).

Josua het die Spruit, of Messias, verteenwoordig, wat die toekomstige tempel sal bou en terselfdertyd ‘n Priester en ‘n Koning sal wees. Die simboliese daad van Josua se kroning het slegs ‘n eindtydse vervulling, aangesien dit in Ou Testamentiese tye onmoontlik vir ‘n hoŽpriester was om as koning gekroon te word. Die konings het slegs aan die koninklike linie van Dawid in die stam van Juda behoort, terwyl die priesters slegs uit die stam van Levi aangewys is. ‘n Koning kon dus nie as hoŽpriester aangestel word nie, en ‘n hoŽpriester ook nie as koning nie. Wanneer die Messias kom, sal sy priesterskap egter volgens die orde van Melgisťdek wees, wat die priester-koning van Salem was – die plek wat later Jerusalem geword het. Hy was ‘n tipe van die Messias: “Want hierdie Melgisťdek was koning van Salem, priester van God, die Allerhoogste... [hy was] sonder geslagsregister, sonder begin van dae of lewenseinde, maar gelykgestel aan die Seun van God, bly hy priester altyddeur” (Heb. 7:1-3; lees ook Heb. 7:11-28 oor die Messias se ewige hoŽpriesterskap).

Die Spruit van die huis van Dawid sal ‘n Koning wees wat reg en geregtigheid sal doen in die land (Jer. 23:5) en ook die tempel van die Here sal bou (Sag. 6:8). Hy sal ‘n afstammeling van Dawid in die koninklike stam van Juda wees, en ‘n ewige hoŽpriesterskap volgens die orde van Melgisťdek beoefen. Behalwe die feit dat Hy ‘n Priester-Koning is, is Hy ook die volmaakte God-mens. As die Seun van die mens is Hy in ‘n Joodse gesin gebore, maar as gevolg van die bonatuurlike bevrugting van die maagd Maria deur die Heilige Gees, is Hy ook die Seun van God. Die engel het aan Maria gesÍ: “Die Heilige Gees sal oor jou kom en die krag van die Allerhoogste sal jou oorskadu. Daarom sal ook die Heilige wat gebore word, Seun van God genoem word” (Luk. 1:35). Dit is ook aangekondig dat “die Here God aan Hom die troon van sy vader Dawid sal gee, en Hy sal Koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid” (Luk. 1:32-33).

As die Seun van God is Jesus Christus egter die ewige EK IS wat van alle ewigheid af bestaan (Joh. 8:24,58). Hy is die Here van die hele aarde, wat tereg deur Sagaria as “die HERE my God” beskryf word (14:5). Baie jare later is Thomas se twyfel verdryf toe Hy voor die verrese Verlosser van die wÍreld neergebuig en Hom eerbiedig as “my Here en my God” aangespreek het (Joh. 20:28). Hy is “die waaragtige God en die ewige lewe” (1 Joh. 5:20).

Die Here Jesus sal weer kom om sy vyande te oordeel en van die herstelde troon van Dawid af uit Jerusalem te regeer. Hierdie “Seun” wat in die huis van Dawid gebore is, is bestem om vir ewig as Koning te heers: “Want ‘n Kind is vir ons gebore, ‘n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem... Sterke God... Vredevors – tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid” (Jes. 9:5-6).

‘n Baie betekenisvolle aspek van Sagaria se profesie is dat Josua reeds ‘n priester was toe hy as koning gekroon is. Wat die Here betref, is Hy reeds ‘n hoŽpriester wat sy genade aan ons bied en by die Vader vir ons intree (Heb. 4:14-16; 7:25). In die nabye toekoms sal Hy ook die koninklike kroon ontvang wanneer Hy as Koning van die konings sal kom (Op. 19:16).

Die profesie in Sagaria 6:12-13 is van die allergrootste belang: “So spreek die HERE van die leŽrskare: Kyk, daar kom ‘n Man wie se naam is Spruit, en Hy sal uit sy plek uitspruit, en Hy sal die tempel van die HERE bou. Ja, Hy sal die tempel van die HERE bou, en Hy sal majesteit verkry en sit en heers op sy troon; ook sal Hy ‘n Priester wees op sy troon, en die raad van vrede sal tussen hulle twee bestaan.”

Prof. C. Feinberg, ‘n uitstaande Messiaanse Jood en kenner van die Ou Testament, beklemtoon die betekenis van hierdie twee verse sů: “Dit is een van die mees merkwaardige en kosbaarste Messiaanse profesieŽ, en daar is nie ‘n duideliker profetiese uitspraak in die hele Ou Testament oor die Persoon van die beloofde Verlosser, die ampte wat Hy sal beklee en die taak wat Hy sal verrig nie.”

Spoedig sal die magtige Priester-Koning van Israel ťn die hele wÍreld kom om sy vyande te oordeel, die oorblyfsel in Israel te red en die wÍreld uit Jerusalem te regeer. Sy heiliges sal sy heerlikheid met Hom deel en saam met Hom as konings regeer.