Sagaria 4. Israel as ‘n Lig vir die Nasies

In die vorige gesig is Israel se geestelike reiniging en hulle herstel as ‘n priesterlike volk uitgebeeld, en in hierdie een word hulle roeping beklemtoon om ‘n skynende lig in ‘n donker wÍreld te wees.

Die kandelaar en die twee olyfbome (4:1-14)

Alhoewel die gesig van die kandelaar en die twee olyfbome na die herbouing van die tempel in Serubbabel se tyd verwys, sal dit sy finale vervulling eers in die toekomstige regering van die Messias hÍ.

Sagaria sÍ: “Die engel wat met my gespreek het, het teruggekom en my gewek soos ‘n man wat uit die slaap opgewek word. En hy het vir my gesÍ: Wat sien jy?” (4:1-2). Dit herinner ons aan die profeet DaniŽl, wat op ‘n soortgelyke wyse gereageer het as gevolg van die grootsheid van die openbarings wat aan hom gemaak is. Hy het gesÍ: “En terwyl [die engel] met my spreek, het ek bewusteloos met my aangesig op die grond geval; toe het hy my aangeroer en op my staanplek opgerig” (Dan. 8:18). Sagaria is ook opgerig en versterk om aan te hou waarneem wat die engel aan hom openbaar, en dit neer te skryf.

In hierdie gesig het Sagaria ‘n goue kandelaar met ‘n oliekan bo-op gesien, met sewe lampe op die kandelaar wat elk sewe toevoerpype het. Langs die oliekan was daar twee olyfbome van waar olie aan die kan voorsien is, wat verseker het dat daar ‘n konstante toevoer van olie na die sewe lampe was, sodat hulle gedurigdeur kon brand.

Die kandelaar stel Israel as ‘n lig vir die nasies voor – ‘n rol wat hulle potensieel in Sagaria se tyd kon vervul, maar in werklikheid eers tydens die vrederyk van die Messias sal vervul. Hulle sal geestelik van al hulle ongeregtighede gereinig word, en hulle getuienis van redding aan al die nasies verkondig (Jer. 33:7-9). Hulle sal ‘n seŽn vir die volke wees en die aarde met vrugte vir die koninkryk van die hemel vervul (Jes. 27:6; Sag. 8:23). Die eer vir dit wat bereik sal word, sal aan die Messias gegee word wat in Jerusalem sal woon: “Julle sal in diť dag sÍ: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is! Psalmsing tot eer van die HERE, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees op die hele aarde. Juig en jubel, o inwoners van Sion! Want die Heilige van Israel is groot in julle midde” (Jes. 12:4-6).

Die onafgebroke voorsiening van olie aan die kandelaar verseker dat dit voortdurend sal brand. Tydens die donker nag van God se oordele oor die wÍreld gedurende die dag van die Here, dit is in die komende verdrukking, sal Hy ‘n oorblyfsel van Israel red en reinig sodat hulle ‘n skynende lig vir die wÍreld kan wees: “Staan op, word verlig; want jou lig kom, en die heerlikheid van die HERE gaan oor jou op. Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke; maar oor jou sal die HERE opgaan, en sy heerlikheid sal oor jou gesien word. En nasies sal trek na jou lig, en konings na jou stralende opgang” (Jes. 60:1-3). “Julle sal priesters van die HERE genoem word; aan julle sal gesÍ word: Dienaars van onse God!” (Jes. 61:6).

Uit hierdie gesig blyk dit duidelik dat die geheim van die lampe se helder lig die oorvloedige en onafgebroke voorsiening van olie aan hulle is. Olie is ‘n bekende simbool van die Heilige Gees in die Bybel. Die Here het aan Moses gesÍ: “Jy moet die kinders van Israel beveel dat hulle vir jou suiwer, uitgestampte olyfolie vir die kandelaar bring, om gedurigdeur ‘n brandende lamp te hÍ” (Ex. 27:20). Dit is slegs deur die werk van die Heilige Gees dat die lig van God se koninkryk op aarde kan skyn. Die opdrag om ‘n kandelaar in die tempel te hÍ, met sewe lampe wat dag en nag moes brand, is simbolies van die voortdurende teenwoordigheid van die Here onder sy volk deur middel van die Heilige Gees.

Die olie is ook gebruik om die priesters te salf. Daardeur word die beginsel beklemtoon dat tensy die Here ‘n persoon met sy Heilige Gees salf en toerus, daardie persoon nie as ‘n priester kan optree om die Here te dien en namens Hom met ander mense te praat nie. Moses het “van die salfolie op die hoof van Ašron gegiet en hom gesalf om hom te heilig” (Lev. 8:12). Dawid het die Here ook geloof omdat Hy sy hoof met olie gesalf het. Salomo het gesÍ: “Laat jou klere altyd wit wees, en laat olie op jou hoof nie ontbreek nie” (Pred. 9:8). Dit was ‘n aanduiding van ‘n rein, geheiligde lewe. In die Nuwe Testament is olie ook ‘n simbool van die Heilige Gees. In Mattheus 25 het die wyse maagde olie in die kanne saam met hulle geneem om hulle lampe aan die brand te hou. Dit is ‘n manier om die Geesvervulde lewe uit te beeld. Die dwase maagde het nie genoeg olie gehad nie, daarom word hulle as dwaas, en dus vleeslik, beskryf. Hulle was nie met die Heilige Gees vervul nie.

Deur die engel se verduideliking van die onafgebroke voorsiening van olie aan die lampe, het hy aan Sagaria die belangrike rol van die Heilige Gees beklemtoon om mense in staat te stel om die Here se werk op aarde te kan doen – in hierdie geval die herbouing van die tempel deur Serubbabel: “Dit is die woord van die HERE aan Serubbabel, naamlik: Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur My Gees, sÍ die HERE van die leŽrskare. Wie is jy, groot berg? Voor Serubbabel sal jy tot ‘n gelykte word” (4:6-7). Die engel het hierdeur te kenne gegee dat Serubbabel nie alleen die werk aan die tempel as gevolg van die oorvloedige voorsiening van die Heilige Gees sou voltooi nie (4:9), maar dat elke struikelblok vir die bouwerk, al lyk dit ook so groot soos ‘n berg, uit die weg geruim sou word. Die boodskap is ook duidelik oorgedra dat menslike krag en militÍre geweld nie voldoende sou wees om die werk te voltooi nie – net werkers wat onder Serubbabel se leierskap met die krag van die Heilige Gees toegerus is, sou dit kon doen.

“Die hande van Serubbabel het die fondament van hierdie huis gelÍ, en sy hande sal dit voltooi... Want wie verag die dag van klein dinge, terwyl daardie sewe – die oŽ van die HERE wat die ganse aarde deurloop – met blydskap die skietlood aanskou in die hand van Serubbabel?” (4:9-10). Hy het die werk van die herbouing op die ou fondamente begin en hy sou dit ook voltooi deur die sluitsteen te lÍ (4:7). Die skietlood in sy hande simboliseer sy persoonlike toesig oor die bouprojek, en ook die sorg wat geneem moes word om volgens ‘n plan te bou en te verseker dat die mure se vertikale lyn reg is.

Diegene wat die dag van klein dinge verag het, is die mense wat nie geglo het dat die klein begin wat met die konstruksiewerk gemaak is, na enige betekenisvolle resultate sou lei nie. Die werk van die Here het altyd ‘n klein begin omdat dit nie deur aansienlike mannekrag, groot kapitaalbronne en ander hulpdienste gerugsteun word nie. Die werk word op sů ‘n manier voltooi dat mense die Here se seŽn op die onderneming kan sien, en ook sy genadige voorsiening in al hulle behoeftes. Dit is waarom Serubbabel die sluitsteen van die gebou te voorskyn gebring het onder uitroepe van “Genade, genade oor hom!” (4:7). Die werk is net deur die genade van die Here voltooi.

Die sewe oŽ simboliseer God se wÍreldwye opmerksaamheid; niks is vir sy oŽ bedek nie. In sy alwetendheid sien en weet God wat elkeen doen: “Op elke plek is die oŽ van die HERE, en hulle beskou opmerksaam die slegtes en die goeies” (Spr. 15:3). “Daar is geen skepsel onsigbaar voor Hom nie, maar alles is oop en bloot voor die oŽ van Hom met wie ons te doen het” (Heb. 4:13). As gevolg van sy volmaakte kennis sal Hy sy ware diensknegte wat op Hom vertrou, deur sy Heilige Gees lei en versterk: “Want die HERE – sy oŽ deurloop die hele aarde om diegene kragtig te steun wie se hart onverdeeld op Hom gerig is” (2 Kron. 16:9; vgl. Ps. 33:18).

Aan die einde van die interpretasie word inligting oor die twee olyfbome verskaf wat die olie aan die kandelaar voorsien. Die twee takke met olywe aan het olie in die goue pype laat afloop wat na die oliekan gevloei het, en daarvandaan deur die 49 pypies na die sewe lampe toe. Die engel wat die gesig verklaar het, het aan Sagaria gesÍ dat die twee olyfbome “die twee gesalfdes is wat by die HERE van die ganse aarde staan” (4:14). Die takke verwys na die gesalfde priester en koning, in hierdie geval Josua en Serubbabel, wat tipes van Israel se Priester-Koning, die Messias, was.

Die finale vervulling van hierdie gesig sal eers in die millennium plaasvind, wanneer die Here Jesus van die troon van Dawid af uit Jerusalem sal regeer (Hand. 15:16-17; Op. 19:16). Die Here sÍ: “In diť dae en in diť tyd sal Ek vir Dawid ‘n Spruit van geregtigheid laat uitspruit, en Hy sal reg en geregtigheid doen in die land” (Jer. 33:15).

Hierdie gesalfde Koning is die bewerker van ewige saligheid vir almal wat aan Hom gehoorsaam is, en word ‘n HoŽpriester volgens die orde van Melgisťdek genoem (Heb. 5:9-10). Die oorvloedige bron van die Heilige Gees se olie vloei van sy genadetroon af. As sterflike mense kan ons nie lewens lei wat vir God welbehaaglik is sonder dat ons deur die Heilige Gees gewederbaar is, en ook voortdurend deur Hom vervul en vir ons bediening gesalf word nie. Dit kry ons alles deur geloof in Christus: “Want ons het nie ‘n HoŽpriester wat nie met ons swakhede medelye kan hÍ nie, maar Een wat in alle opsigte versoek is net soos ons, maar sonder sonde. Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan, sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Heb. 4:15-16).

In die regering van die Messias sal Hy nie net, deur sy Heilige Gees, aan Israel genade skenk nie, maar ook aan gelowige lede van die nasies. Israel sal geestelik deurlopend in verbinding met die goddelike bron van genade wees wat deur die Messias aan hulle gebied word, en dan ten volle hulle roeping vervul om ‘n lig vir die nasies te wees: “Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wÍreld vol vrugte sal maak (Jes. 27:6).

In die komende verdrukking sal daar in Israel ‘n voorbereidende bediening vir die Messiaanse era wees, wanneer Christus as die Priester-Koning finaal die simboliek van die twee olyfbome sal vervul. Gedurende die donker dae nŠ die wegraping van die ware kerk sal twee spesiale getuies deur God opgewek word om Israel op die spoedige koms van die Messias, as die beloofde Priester-Koning, voor te berei. Hulle bediening sal ook ‘n gedeeltelike vervulling van die twee olyfbome wees, deurdat hulle aan Israel die weg na die enigste Bron van genade en goddelike krag sal wys – dit is die Messias self wat deur hulle vaders verwerp is. In Openbaring word die volgende oor hierdie twee getuies gesÍ: “Ek sal aan my twee getuies gee dat hulle, met sakke bekleed, 1260 dae lank sal profeteer. Hulle is die twee olyfbome en die twee kandelaars wat voor die God van die aarde staan” (Op. 11:3-4).

Verskeie Bybelstudente is van mening dat die twee getuies Elia en Moses in fisiese, sterflike liggame sal wees wat na die land en volk van Israel sal terugkeer. Dit is egter nie ‘n uitgemaakte saak dat Elia en Moses persoonlik na die aarde toe teruggestuur sal word om deur die Antichris en sy bose magte doodgemaak te word nie, wat sal beteken dat Moses vir ‘n tweede keer sal sterf. Dit is baie meer moontlik dat twee uitstaande en begaafde Messiaanse Jode in die gees en krag van Elia en Moses opgewek sal word. Die profesie oor die terugkeer van Elia voor die groot en vreeslike dag van die Here (Mal. 4:5-6), is gedeeltelik in die optrede van Johannes die Doper vervul (Matt. 17:10-13). Johannes het egter net “in die gees en krag van Elia” opgetree en sodoende die tipiese rol van Elia vervul om ‘n wegbereider vir die Messias te wees (Luk. 1:17). Hy het ontken dat hy Elia self was (Joh. 1:21).

Die geestelike krag van Moses en Elia het van God af gekom deur die Heilige Gees, en bevestig dus die sleutelteks in hierdie hoofstuk: “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur My Gees, sÍ die Here” (4:6). Hierdie groot manne van God het geen krag of invloed in hulleself gehad nie. Moses het selfs probeer om as gevolg van ‘n persoonlike swakheid sy roeping te ontduik. Hy het gesÍ: “Ag, Here, ek is nie ‘n man van woorde nie – van gister of van eergister of vandat U met u kneg gespreek het nie; want ek is swaar van mond en swaar van tong. En die Here antwoord hom: Wie het vir die mens die mond gemaak? ... Is dit nie Ek, die Here nie? Gaan dan nou heen en Ek sal met jou mond wees en jou leer wat jy moet sÍ” (Ex. 4:10-12).

Elia was ook op die punt van wanhoop toe hy vir die Here gesÍ het: “Die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood, sodat ek alleen oorgebly het; en hulle soek my lewe om dit weg te neem” (1 Kon. 19:14). Hy is egter ook bemoedig om in die krag van die Heilige Gees met sy bediening voort te gaan. Hy is sů kragtig deur die Here gebruik dat Elisa, nadat Elia in die hemel opgeneem is, uitgeroep het: “My vader, my vader, wa van Israel en sy ruiters!” (2 Kon. 2:12). As gevolg van die kragtige dade wat die Here deur Elia gedoen het, was hy vir Israel meer as hulle weermag werd gewees. Hy was Israel se onstuitbare strydwa teen die vyand. Met sy skielike vertrek is hulle weerloos gelaat.

Daar is soveel predikers en geestelike leiers vandag wat op menslike vermoŽns, invloed en geld vertrou om die werk van die Here te doen. Sielkundige motiveringstegnieke word gebruik om hulle programme te dryf. Sonder die werking van God se Gees is al hierdie dinge egter tevergeefs. Ons het Geesvervulde en Geesbeheerde leiers nodig, wat nederige en onwaardige diensknegte van God is sodat sy boodskap duidelik verkondig en sy reddende genade deur baie mense ervaar kan word. “Nie deur krag of deur geweld nie, maar deur My Gees, sÍ die Here van die leŽrskare.”