Sagaria 14. Die Koning kom Terug

Walvoord & Zuck (The Bible Knowledge Commentary) sÍ: “Hierdie hoofstuk beeld die triomfantelike terugkeer van Israel se Messias as die goddelike Koning uit. Dit sal die vervulling van eskatologiese Psalms soos Psalms 93, 96, 97 en 99 wees, wat die wÍreldwye regering van die Here beskryf. Hierdie regering is uit ander Skrifgedeeltes as die persoonlike regering van die Messias op die troon van Dawid bekend. Sagaria 14 gaan vanaf die aanvanklike plundering van Jerusalem aan die einde van die komende verdrukking voort, beskryf dan die vernietigende oordele oor die nasies tydens die Messias se wederkoms, daarna die vestiging van sy vrederyk op aarde, en eindig by ‘n beskrywing van aanbidding in Jerusalem gedurende die millennium. Die feit dat hierdie gebeurtenisse nog nie plaasgevind het nie, dui op die premillennialistiese koms van Christus, dit is sy koms voor die millennium.”

Die Koning keer in krag en heerlikheid terug (14:1-7,12-15)

Die eindtydse aard van gebeure wat in hierdie hoofstuk beskryf word, word duidelik bevestig deur die feit dat hulle in “die dag van die Here” sal plaasvind (14:1). Jerusalem sal die fokuspunt vir apokaliptiese gebeure wees: nie alleen sal die stad en die land van Israel ‘n slagveld vir ‘n konfrontasie tussen die koninkryke van God en Satan wees nie, maar die Olyfberg in die stad sal die toetreepunt van die Koning van konings tot die wÍreld wees nŠ sy fisiese afwesigheid van omtrent twee millennia. Sy koms sal die begin van Jerusalem se verheffing tot die status van wÍreldhoofstad wees. Dit sal die roemryke Stad van die Groot Koning wees. Voordat die Messias formeel die dispensasie van God se geopenbaarde koninkryk op aarde deur die herstel van die troon van Dawid sal inlui, sal Hy eers sy vyande vernietig. Hulle sal onder die leierskap van die Antichris en die valse profeet in en om Jerusalem gemonster wees, en saam met hulle vernietiging sal hulle antichristelike nuwe wÍreldorde ook beŽindig word. Die Messias sal ook vir Satan laat opsluit, wat die onsigbare, geestelike hoof van die Antichris se wÍreldryk sal wees. Die Here sÍ:

“Want Ek sal al die nasies versamel om oorlog te voer teen Jerusalem; en die stad sal ingeneem en die huise geplunder en die vroue onteer word, en die helfte van die stad sal uitgaan in ballingskap; maar die orige deel van die bevolking sal nie uit die stad uitgeroei word nie. En die HERE sal uittrek en stryd voer teen diť nasies soos op die dag van sy stryd, die dag van oorlog. En in diť dag sal sy voete staan op die Olyfberg wat voor Jerusalem lÍ, aan die oostekant; en die Olyfberg sal middeldeur gesplyt word van oos na wes tot ‘n baie groot dal; en die een helfte van die berg sal wegwyk na die noorde en die ander helfte na die suide. En julle sal vlug in die dal van my berge – want die dal van die berge sal loop tot by Asal – en julle vlug soos julle gevlug het vir die aardbewing in die dae van Ussia, die koning van Juda. Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U! En in diť dag sal daar geen lig wees nie... maar teen die aand sal dit lig wees... En dit sal die plaag wees waarmee die HERE al die volke sal tref wat opgetrek het om teen Jerusalem te veg: Hy sal hulle vlees laat wegteer, terwyl hulle nog op hul voete staan; en hulle oŽ sal wegteer in hulle holtes, en hulle tong wegteer in hulle mond. En in diť dag sal ‘n groot verwarring van die HERE onder hulle kom, sodat die een die hand van die ander sal gryp, en die hand van die een hom sal verhef teen die hand van die ander. En Juda sal ook in Jerusalem veg, en die rykdom van die nasies rondom sal ingesamel word” (14:2-7,12-14).

Die Here sÍ dat Hy alle nasies sal versamel om teen Jerusalem te veg. Hy sal bloot die multinasionale mag uit alle nasies toelaat om teen Jerusalem op te trek omdat hulle reeds, onder die aanstigting van Satan, sou besluit het om Israel ťn hulle komende Messias te verdelg. ‘n ander Joodse profeet, Johannes, het gesÍ: “En ek het uit die bek van die draak en uit die bek van die dier en uit die mond van die valse profeet drie onreine geeste soos paddas sien kom. Want dit is geeste van duiwels wat tekens doen, wat uitgaan na die konings van die aarde en die hele wÍreld, om hulle te versamel vir die oorlog van daardie groot dag van die almagtige God… En hulle het hul versamel op die plek wat in Hebreeus genoem word Armageddon" (Op. 16:13-16).

Sů ‘n groot oorlogspoging deur al die nasies van die wÍreld is nie nodig om die klein volkie van Israel te vernietig nie. Die tyd wanneer die nasies van die wÍreld hulle magte vir hierdie oorlog sal mobiliseer, sal baie naby aan die einde van die verdrukking wees. Die bevolking van Israel sal dan reeds as gevolg van hewige vervolging drasties verminder wees, terwyl die oorlewende Jode hulle verbond met die valse messias dan al sou verbreek het, en as gevolg daarvan ontwapen en uit Jerusalem verdryf sou wees (vgl. Matt. 24:15-22; Op. 12:6,13-17). Hulle sal vir niemand enige militÍre bedreiging inhou nie; waarom dan al die voorbereidings vir die slag van Armageddon in Israel, en spesifiek in en rondom Jerusalem?

Johannes het die rede vir die demoniese aanhitsing van die nasies aangedui. Die konings van die wÍreld, wat deel van die Antichris se wÍreldryk sal vorm, sal meegedeel word dat Israel se Messias met ‘n groot leŽrmag van die hemel af sal kom om Israel te red, en dan die wÍreld deur hulle en vanuit Jerusalem te regeer. Die vyandelike magte sal Jerusalem beleŽr en die Messias daar inwag. Johannes sÍ: “En ek het die dier en die konings van die aarde en hulle leŽrs versameld gesien, om oorlog te voer teen Hom wat op die perd sit, en teen sy leŽr” (Op. 19:19). Die belangrikste teiken sal Jesus, die ware Christus, wees.

Dit sal ‘n slegte dag vir die multinasionale mag wees, omdat hulle gedood sal word met die swaard wat uit die mond gaan van Hom wat op die perd sit (Op. 19:21). Hy sal slegs ‘n enkele woord hoef te spreek wat tot hulle skielike vernietiging sal lei. Sagaria sÍ dat die vlees van die vyandige troepe sal wegteer terwyl hulle nog op hul voete staan (14:12). “Vreeslik is dit om te val in die hande van die lewende God” (Heb. 10:31). Die Antichris en die valse profeet sal lewendig in die poel van vuur gewerp word, terwyl Satan gebind en in ‘n bodemlose put gegooi sal word (Op. 19:20; 20:1-3).

Gedurende die dramatiese gebeurtenis van die Messias se koms, wanneer groot aardbewings oor die hele wÍreld sal voorkom en die Olyfberg in twee dele sal split, sal ‘n opregte en heelhartige versoening tussen die oorblyfsel in Israel en hulle eens verwerpte Messias, Jesus, plaasvind. Die Jode wat in die middel van die verdrukking na ‘n plek in die woestyn gevlug het, sal na die Olyfberg terugkeer om die ware Messias daar te ontmoet. Hulle sal dit doen ten spyte van die lewensgevaar wat die groot monstering van vyandelike magte in en om Jerusalem, asook op ander plekke in die Midde-Ooste, sal inhou. Volgens die profesieŽ in DaniŽl 12 sal hulle weet dat 3Ĺ jaar sal verloop vanaf die dag wanneer die valse messias homself in die herboude tempel in Jerusalem tot God verklaar, tot op die dag wanneer die ware Messias sy verskyning sal maak (Dan. 12:11).

Ten spyte van hulle benoudheid as gevolg van die groot oorlog van Armageddon wat aan die gang sal wees, sal hulle nogtans na Jerusalem optrek. In ‘n sekere stadium sal hulle byna moed opgee, dink dat hulle hoop verlore is en dat hulle almal doodgemaak sal word (vgl. Eseg. 37:11). Op die kritieke oomblik sal die Messias egter kom. Wanneer sy voete die Olyfberg raak, sal die berg in twee split en die duisternis van God se oordele oor die vyande toesak. Dit sal weer wees soos die dag toe die Messias gekruisig is en Hy God se oordeel oor sonde namens ons gedra het. Dit het in die middel van die dag donker geword, maar teen drie-uur die middag toe Jesus klaar sy lewe afgelÍ het, het die lig weer deurgebreek (Matt. 27:45).

Op die dag van sy wederkoms sal dit ook in die middel van die dag donker word wanneer God se oordele oor sy vyande uitgestort word. In daardie tyd van groot verwarring onder die vyand sal die voortvlugtende Jode skuiling vind in die dal wat in die oopgeskeurde Olyfberg gevorm sal word. Daar, aan die voete van die Messias, sal hulle veilig wees. Sagaria sÍ: “In diť dag sal daar geen lig wees nie... maar teen die aand sal dit lig word” (14:6-7). Wanneer die lig teen laat namiddag weer helder deurbreek, sal die Jode opsien na Hom wat op die regte oomblik tot hulle redding gekom het. Hulle sal nie net fisies uit die greep van die vyand gered word nie, maar ook die geestelike redding van die Messias in hulle harte ervaar.

Die Messias se vrederyk word ingestel (14:8-11,16-21)

“En in diť dag sal daar lewende waters uit Jerusalem uitvloei, die een helfte daarvan na die Oostelike en die ander helfte daarvan na die Westelike See; somer en winter sal dit so wees. En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde... Jerusalem self sal hoog wees... En hulle sal daarin woon, en daar sal geen banvloek meer wees nie, en Jerusalem sal in veiligheid woon” (14:8-11).

Die hele landskap in Israel sal verander word, waarskynlik as gevolg van groot aardbewings (vgl. Eseg. 38:19-20; Op. 16:18-19). In die millennium sal Jerusalem hoog geleŽ wees (14:10). Die berg van die huis van die Here sal vasstaan op die top van die berge (Jes. 2:2). Lewende waters sal uit Jerusalem na die Oostelike See (die Dooie See) en na die Westelike See (die Middellandse See) vloei. Dit sal in die somer ťn in die winter so wees (14:8), wat daarop dui dat die dag van Here oor baie jare sal strek en die hele vrederyk van die Messias gedurende die millennium sal insluit.

Die Messias sal Koning oor die hele aarde wees (14:9). Satan sal in ‘n bodemlose put opgesluit word, wat verseŽl sal word sodat hy die nasies nie meer kan verlei totdat die duisend jaar voleindig is nie (Op. 20:3). As gevolg hiervan sal die nasies in vrede leef, hulle swaarde in pikke smee en alle militÍre opleiding staak (vgl. Jes. 2:2-4; Jer. 3:17). Hulle sal gereeld na Jerusalem toe kom om die Here te aanbid (Sag. 8:20-22).

Een sů ‘n geleentheid sal die jaarlikse loofhuttefees wees: “En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die HERE van die leŽrskare, en om die huttefees te vier” (14:16). Hoewel die duiwel gebind sal wees en nie by magte om die nasies te verlei nie, sal alle mense steeds met ‘n gevalle, vleeslike natuur gebore word en gevolglik weergebore moet word om deelgenote van die goddelike natuur te kan wees. As gevolg van hulle menslike natuur sal hulle dikwels hul pligte versuim en as gevolg daarvan gedissiplineer moet word: “En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leŽrskare, te aanbid nie – hulle sal geen reŽn kry nie” (14:17).

Die kenmerk van die millennium sal “Heilig aan die HERE” wees (14:20-21). Heiligheid sal in die openbare lewe geld, en selfs op die klokke van die perde geskryf staan. Heiligheid sal op die godsdienstige terrein geld, omdat die potte in die herboude tempel (Eseg. 40–43) soos die offerkomme by die altaar sal wees. Heiligheid sal ook in alle huishoudings uitgeleef word omdat die kookgerei daarin heilig aan die Here sal wees. Daar sal nie meer ‘n verskil tussen heilig en sekulÍr wees nie, omdat mense in hulle hele lewenswandel heilig sal wees (vgl. 1 Pet. 1:15). In ooreenstemming met die reŽl van absolute heiligheid sal daar geen Kanašniet in die huis van die Here kom nie (14:22). Die Kanašniete was afgodedienaars en hulle godsdiensbeoefening was simbolies van alles wat seremonieel onrein en verwerplik was (vgl. Ex. 34:11-15). In die tempel van die millennium sal daar nie verontreiniging van hierdie aard voorkom nie, want die Here sal in elk geval al die afgode uit die land verdelg (13:2).

Sagaria se profetiese boek het met ‘n oproep tot bekering begin (1:2-6) en word afgesluit met die versekering dat alles en almal heilig aan die Here sal wees (14:20-21). Omdat Hy die Almagtige God en die Heilige van Israel is, sal Hy heiligheid dwarsdeur sy duisendjarige vrederyk bevestig. Almal wat aan Hom behoort, moet volkome geheilig word voordat hulle voor die Here se aangesig kan verskyn. “Jaag die vrede na met almal, en die heiligmaking waarsonder niemand die Here sal sien nie” (Heb. 12:14).

Die Messias is Here

Die mees verhewe openbaring in die boek Sagaria is dat die Messias van Israel HERE genoem word – die ewige en selfbestaande EK IS. In sy verskyning voor sy menswording word Hy as die Engel van die Here beskryf, in sy eerste koms na Israel as die verwerpte Koning en Herder wat as ‘n nederige Persoon gekom het om vir die sonde van alle mense deurboor (gekruisig) te word, maar in die profetiese toneel van sy wederkoms word Hy ten volle as die HERE God [Jahweh Elohim] geopenbaar: “Dan sal die HERE my God kom, al die heiliges met U!” (14:5). Hy is “die Koning, die HERE van die leŽrskare,” wat tydens die millennium deur alle nasies in Jerusalem aanbid sal word (14:16). Sagaria sÍ ook: “En die HERE sal Koning wees oor die hele aarde; in diť dag sal die HERE een wees, en sy Naam een” (14:9).

Die begrip “een” wat ook in Deuteronomium 6:4 gebruik word om die Persoon van die Here (Yahweh) ons God (Elohim) te beskryf, is echad in Hebreeus. Dit verwys na ‘n saamgestelde eenheid en nie ‘n absolute eenheid nie, m.a.w. drie Persone wat saam een is. Die Drie-enige God kan inderdaad sÍ: “Laat Ons mense maak na ons beeld...” en dan: “...man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen. 1:26-27). Al drie Persone in die Godheid kan as Here (Jahweh) en God (Elohim) aangespreek word. Die Messias, die Heilige van Israel, is duidelik die Here God wat die aarde geskape het. Johannes beskryf die pre-geÔnkarneerde Christus as die Woord (Logos) wat die Skepper-God is: “In die begin was die Woord, en die Woord was by God, en die Woord was God... Alle dinge het deur Hom ontstaan, en sonder Hom het nie een ding ontstaan wat ontstaan het nie. In Hom was lewe, en die lewe was die lig van die mense... Hy was in die wÍreld, en die wÍreld het deur Hom ontstaan, en die wÍreld het Hom nie geken nie. Hy het na sy eiendom [Israel] gekom, en sy eie mense het Hom nie aangeneem nie. Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo... En die Woord het vlees geword en het onder ons gewoon – en ons het sy heerlikheid aanskou, ‘n heerlikheid soos van die Eniggeborene wat van die Vader kom – vol van genade en waarheid” (Joh. 1:1-4,10-14).

Hy is nie slegs Jesus van Nasaret wat sy begin in Betlehem gehad het waar Hy as die Seun van die mens en Seun van God gebore is nie – Hy is die tydlose en selfbestaande God wat voor die skepping al daar was: “Hy is die Beeld van die onsienlike God... want in Hom is alle dinge geskape wat in die hemel en op die aarde is... Hy is voor alle dinge, en in Hom hou alle dinge stand... Want in Hom woon al die volheid van die Godheid liggaamlik” (Kol. 1:15-17; 2:9).

Toe die Messias die eerste keer na Israel toe is, het baie min mense besef wie Hy werklik is. Sy dissipels het in verbasing uitgeroep: “Wie is Hy tog, dat selfs die wind en die see Hom gehoorsaam is!” (Mark. 4:41). Hulle het nie besef dat Hy die wind en die see gemaak het nie. Aan die agnostiese Jode het Hy gesÍ: “Voordat Abraham was, Is Ek” (Joh. 8:58), en ook: “Ek en die Vader is een” (Joh. 10:30). Toe Hy dit gesÍ het, het die Jode klippe opgetel om Hom te stenig. Toe Hy aan hulle gevra het waarom hulle dit doen, het hulle gesÍ: “...oor godslastering, en omdat U wat ‘n mens is, Uself God maak” (Joh. 10:31-33). Die Jode het hulle eie lewe in gevaar gestel omdat hulle die Messias nie as Here en God wou aanvaar nie. Hy het duidelik die gevolge van die ewige dood vir hulle uitgespel indien hulle Hom nie as die Here, die ewige Ek Is, aanvaar nie: “As julle nie glo dat dit Ek is nie, sal julle in jul sondes sterwe” (Joh. 8:24). Hy is “die waaragtige God en die ewige lewe” (1 Joh. 5:20).

Net ‘n klein oorblyfsel in Israel sal besef wie die Messias werklik is, maar ook slegs nadat hulle erg deur die valse messias vervolg is, met wie hulle verkeerdelik ‘n verbond gesluit het. Frances Havergal pleit by alle ongeredde Jode ťn nie-Jode: “Waarom wil jy sonder Hom probeer leef? Is Hy nie vriendelik en liefdevol nie? Het Hy nie gesterf om jou te red nie, en is Hy nie alles wat jy nodig het nie?” Die Here Jesus het die vaste versekering oor redding aan almal gegee wat in Hom glo: “Voorwaar, voorwaar, Ek sÍ vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe” (Joh. 6:47).

Dit is hierdie groot Verlosser oor wie Sagaria met sy volk gepraat het. Israel het Hom ten spyte hiervan verwerp toe Hy die eerste keer gekom het. Net voor sy Hemelvaart van die Olyfberg af, het die Messias die opdrag aan sy dissipels gegee om sy liefde en reddende genade aan alle volke op aarde te verkondig (Matt. 28:19). Wanneer Hy weer kom, sal die hele Israel gered word. Dan sal die Messias en sy heiliges die wÍreld in geregtigheid regeer. Al die volke sal die Messias aanbid en sy volk, Israel, eer. Hulle sal aan die Messiaanse Jode sÍ: “Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is” (Sag. 8:23).