Sagaria 12-13. Die Verlossing van Israel

In hulle Bible Knowledge Commentary sÍ proff. Walvoord & Zuck: “Twee voorwaardes is vir die vestiging van Israel se toekomstige Messiaanse koninkryk noodsaaklik: (a) die omverwerping van nie-Joodse wÍreldmagte wat die vestiging van Israel se koninkryk teŽstaan, en (b) die redding van individuele Jode wat die volk sal verteenwoordig wanneer die Here die Abrahamitiese en Davidiese verbonde aan hulle vervul. Die Here sal aan beide hierdie voorwaardes uitvoering gee, soos in hoofstukke 12 en 13 beskryf. Hy sal Israel fisies van hulle vyande verlos (12:1-9) en hulle daarna ook geestelik verlos (12:10–13:9).”

Hoofstuk 11 is ‘n noodsaaklike voorspel tot die gebeure in die volgende hoofstukke. Die verwerping van die goeie Herder en die aanvaarding van slegte een is ‘n beeld van die toestand waaruit die volk bekeer, herstel en gereinig moet word. Israel is die verlore seun wat na die Vaderhuis moet terugkeer (vgl. Luk 15:11-24). Die opkoms van die slegte herder (hfst. 11) is noodsaaklik om die volk in ‘n toestand van sware toetsing en beproewing te bring (Jer. 30:7), sodat die gesuiwerde oorblyfsel weens hulle sondes die aangesig van die ware Herder met gebroke harte kan soek (hfst. 12-13).

Israel se fisiese verlossing (12:1-9)

Duidelike stellings word oor ‘n internasionale sameswering teen Israel en hulle hoofstad, Jerusalem, gemaak. Die groot oorlog teen Jerusalem sal tot die totale vernietiging van hulle vyande lei. Die Here wat hemel en aarde gemaak het, asook al die lewende wesens, het alle mag in die hemel en op aarde (12:1). Hy sÍ:

“Kyk, Ek maak Jerusalem vir al die volke rondom tot ‘n beker van bedwelming, en ook teen Juda sal dit wees tydens die beleŽring teen Jerusalem. En in diť dag maak Ek Jerusalem tot ‘n baie swaar klip vir al die volke: elkeen wat dit optel, sal hom daarmee sekerlik seermaak; en al die nasies van die aarde sal daarteen vergader word... In diť dag sal die Here die inwoners van Jerusalem rondom beskut... Ook sal Ek in diť dag daarna soek om al die nasies wat teen Jerusalem aankom, te verdelg” (12:2-3,8-9).

Die nasies is hardnekkig met onweergebore en bose harte, en om daardie rede sien hulle op Israel neer en haat Jerusalem. Omdat hulle deur die magte van die duisternis beheer word, wil hulle nie die Heilige van Israel erken en dien nie. Nou, in die eindtyd, is daar baie van Israel se vyande in die Midde-Ooste wat hulle voorvaders se sameswering van eeue gelede herhaal deur te sÍ: “Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie” (Ps. 83:5). Goddelike toorn sal oor die nasies uitgestort word as gevolg van hulle ongeregverdigde haatveldtog teen die Jode. Die Here sÍ Hy sal alle nasies teen Jerusalem versamel om met hulle in die gerig te tree omdat hulle Israel onderdruk en verstrooi het (JoŽl 3:2).

Jodehaat (anti-Semitisme) is ‘n totaal onbybelse houding om in te neem. Dit bring ‘n vloek van God oor diegene wat hulleself daaraan skuldig maak om hierdie antichristelike gees te herberg en te bevorder. God het aan Abraham, die stamvader van Israel, gesÍ: “Ek sal seŽn diegene wat jou seŽn, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseŽn word” (Gen. 12:3). Christus is uit die geslag van Abraham deur Isak, Jakob, Juda en Dawid gebore, “sodat die seŽn van Abraham na die heidene kan kom in Christus Jesus” (Gal. 3:14). Om die volk te verwerp waardeur God aan die wÍreld ‘n Verlosser gegee het (vgl. Rom. 9:5), en aan wie Hy ook sy Woord toevertrou het (Rom. 3:1-4), selfs al is daardie volk nog steeds ontrou teenoor God (vgl. Rom. 11:11-12), kom op die verwerping van die God van Israel neer. Hy sal sulke vyande van Hom swaar straf.

Die Here sal die vyande van Israel met blindheid slaan (12:4) en Israel versterk om die vyand te kan oorwin en verdryf. Op daardie dag sal hulle helde wees wat die oorwinning onder die leierskap en met die hulp van die Messias sal behaal (12:6-8).

Israel se geestelike verlossing (12:10–13:9)

Israel se redding by die wederkoms van Christus sal ‘n nuwe uitstorting van die Heilige Gees verg, omdat dit sewe jaar nŠ die wegraping sal plaasvind, waardeur die kerkbedeling formeel beŽindig sal word. Die Heilige Gees sal die oorblyfsel in Israel tot bekering en geloof in die Here Jesus as hulle Messias lei. God sÍ:

“Oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos ‘n mens rouklaag oor ‘n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos ‘n mens bitterlik ween oor ‘n eersgebore kind. In diť dag sal die rouklag groot wees in Jerusalem, soos die rouklag van Hadat-Rimmon in die laagte van Megiddo. En die land sal rouklaag by geslagte, elke geslag afsonderlik... In diť dag sal daar ‘n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid” (Sag. 12:10-12; 13:1).

Sagaria vergelyk die dood van die Messias met diť van ‘n enigste seun en ‘n eersgeborene. Die rou vir sulke persone was buitengewoon groot. Met die dood van ‘n enigste seun is die lig van ‘n familie uitgedoof, en met die dood van ‘n eersgeborene is die eer van ‘n familie, die mees geliefde en die eerste paaiement van die Here se seŽninge, van hulle af weggeneem. Die rouklag vir die Messias word verder ook met diť vir koning Josia vergelyk. Proff. Walvoord & Zuck (The Bible Knowledge Commentary) sÍ: “Die toekomstige rouklag van Israel oor haar Messias word in die tweede plek vergelyk met die geween op die dag toe die godvresende koning Josia, die laaste hoop van die wankelende Judese koninkryk, by Haddat-Rimmon in die vlakte van Megiddo, gesneuwel het. Die omvang van die rouklag by hierdie laaste uitstorting van die Heilige Gees kan slegs met die rou vir ‘n buitengewone persoon vergelyk word (12:10), asook met ‘n nasionale ramp wat die volk getref het.”

Eerw. Isaac Jennings (The Imperial Bible Dictionary) sÍ: “Israel se groot rouklag in die laaste dae, soos deur Sagaria beskryf, wanneer die hele land in rou gedompel sal wees, en elke familie hieraan sal deelneem, dui op die Joodse volk se bekering en die diepte van die berou oor hulle oortredings van die verlede. Onder die oortuiging van die sonde van hulle verwerping van die Messias, sal hulle opsien na Hom vir wie hulle deurboor het, bitterlik oor Hom ween en reiniging vind in die fontein teen sonde en onreinheid; en so sal die hele Israel gered word (Rom. 11:26). Salig is die wat sů treur (Matt. 5:4), want hulle sal vertroos word deur die Here se groot genade vir die uitwissing van al hulle sondes, sodat hulle vrede in hulle siele kan verkry.

“Israel se rouklag en bekering vestig ons aandag opnuut op sonde as die eerste oorsaak van smarte, en ook as die bron van alle lyding wat sterflike mense ervaar. Dit herinner ons ook aan die geseŽnde doel van die Seun van God se koms na die wÍreld om mense van hulle sonde te verlos (Matt. 1:21) en, uiteindelik, ons van alle trane en smarte te verlos. Vanaf die dag toe ons eerste ouers in droefheid uit die Tuin van Eden weg is, tot vandag toe, was die aarde ‘n tranedal. So sal dit ook bly totdat die Here Jesus met sy wederkoms alles nuut sal maak. Dan sal Hy al die trane van hulle oŽ afvee, en droefheid en geween sal daar nie wees nie (Op. 21:4). Die aarde sal in onoortreflike skoonheid gehul wees, met groter heerlikheid as die Tuin van Eden, en ‘n tuiste van ewigdurende vreugde wees!”

Die land Israel sal ook van alle spore van afgodediens gereinig word: “In diť dag, spreek die HERE van die leŽrskare, sal Ek die name van die afgode uit die land uitroei, sodat aan hulle nie meer gedink sal word nie; en ook die profete en die onreine gees sal Ek uit die land laat wegtrek” (13:2). Afgodediens in die tyd kort voor die wederkoms van Christus sal die aanbidding van die Antichris se beeld in die tempel in Jerusalem insluit (Dan. 9:27; Matt. 24:15; 2 Thess. 2:4; Op. 13:14-15), hoewel ander vorms van afgodediens ook beoefen sal word (Op. 9:20). Saam met die uitwissing van afgodediens sal valse profesieŽ wat van onrein geeste af kom, ook in die ban gedoen word (13:2-5).

Die ware Profeet en Herder van Israel is die een wat ter wille van ons ongeregtighede geslaan en verwond is (Jes. 53:5): “En as iemand vir hom sÍ: Watter wonde is daar tussen jou hande? dan sal hy antwoord: So is ek geslaan in die huis van my vriende. Ontwaak, o swaard, teen my herder, en teen die man wat my metgesel is, spreek die HERE van die leŽrskare. Slaan die herder, sodat die skape verstrooi word” (13:6-7).

Op die dag wanneer Jesus terugkom en sy voete op die Olyfberg neersit, sal die oorblyfsel in die Israel die merke in sy hande sien en Hom vra: “Watter wonde is daar tussen u hande?” Hy sal dan antwoord dat Hy in die huis van sy vriende geslaan is. Die Jode sal weet wie sy vriende, of eie mense, is, naamlik die huis van Israel, omdat hulle almal weet dat hulle Messias ‘n afstammeling van koning Dawid sal wees. Waarom dan die wonde in sy hande? Is Hy nie ‘n magtige Koning wat kon voorkom dat Hy deur enigeen verwond word nie? In ‘n oomblik van groot skok en ontnugtering sal hulle besef wie Hy werklik is – Jesus van Nasaret wat deur hulle vaders verraai en verwerp is. Hulle sal opsien na Hom vir wie hulle deurboor het, en rouklaag oor Hom, omdat hulle sal besef dat deur hulle eie verwerping van Jesus hulle ook aan sy kruisiging skuldig is.

Hierdie situasie sal herinner aan die dag, lank gelede, toe Josef onverwags as die koning van Egipte aan sy broers geopenbaar is. Josef was ‘n tipe van die Messias: “En Josef sÍ vir sy broers: Ek is Josef! ... Maar sy broers kon hom nie antwoord nie, want hulle was verskrik voor hom. Verder sÍ Josef vir sy broers: Kom tog nader na my. En toe hulle nader kom, sÍ hy: Ek is julle broer Josef vir wie julle na Egipte verkoop het. Maar wees nou nie bedroef nie, en laat daar geen ontstemming by julle wees dat julle my hierheen verkoop het nie. Want om lewens te behou, het God my voor julle uit gestuur” (Gen. 45:3-5). Soos Josef, is Jesus ook verraai en vir die prys van ‘n slaaf verkoop, maar God het Hom as Koning van die wÍreld gesalf, en sal maak dat sy broers vir redding voor Hom neerbuig. “En sy broers het ook self gegaan en voor hom neergeval en gesÍ: Kyk, ons is u slawe. Maar Josef het hulle geantwoord: Moenie bevrees wees nie” (Gen. 50:18-19). Wanneer Jesus kom, sal sy broers op dieselfde manier reageer en dan vergewe en geestelik herstel word.

Toe die Herder geslaan is, het die kudde verstrooid geraak (13:7). Selfs die Messiaanse Jode het verstrooid geraak toe Jesus gekruisig is (Matt. 26:31), en weer nŠ sy Hemelvaart (Hand. 8:1). Die ongelowige Jode het nŠ die val van Jerusalem verstrooid geraak.

Voordat die oorblyfsel in Israel tydens die Messias se tweede koms met Hom versoen sal word, sal hulle erg deur die valse messias vervolg en verstrooi word. Die Here Jesus het teen hierdie tyd gewaarsku toe Hy gesÍ het dat daar ‘n groot verdrukking sal wees waarin menslike lewe op aarde op die randjie van uitwissing te staan sal kom. Hy het bygevoeg dat indien daardie dae nie verkort word nie, geen mense dit sal oorleef nie (Matt. 24:21-22).

Wat die Jode betref, word ‘n geweldige hoŽ dodetal deur Sagaria genoem: “En in die ganse land, spreek die HERE – twee-derdes sal daarin uitgeroei word, sal sterwe, maar een-derde daarin oorbly” (13:8). Dit beteken dat ‘n dodetal hoŽr as die Joodse slagting van WÍreldoorlog II in die donker dae van die groot verdrukking op die 13 miljoen Jode op aarde wag. Wat ‘n skrikwekkende vooruitsig is dit nie vir die ongelowiges in Israel nie! Dieselfde geld vir die nie-Joodse volke.

Mense moet God nie blameer vir die vreeslike oordele wat hulle weens hul onbekeerlike harte oor hulleself bring nie. Alle ongeredde mense stuur op ‘n erger straf as die groot verdrukking af omdat hulle in die ewige poel van vuur gewerp sal word. Die Messias, as die Regter van alle mense, sal aan hulle sÍ: “Gaan weg van My, julle vervloektes, in die ewige vuur wat berei is vir die duiwel en sy engele” (Matt. 25:41). Johannes sÍ: “En as dit bevind is dat iemand nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” (Op. 20:15).

Die Jode wat die groot verdrukking oorleef, sal getoets en gered word: “Dan sal Ek die derde deel in die vuur bring en hulle smelt soos ‘n mens silwer smelt en hulle toets soos ‘n mens goud toets. Hulle sal my Naam aanroep, en Ek sal hulle verhoor. Ek sÍ: Dit is my volk! En hulle sal sÍ: Die HERE, my God!” (13:9). Hulle is die geseŽndes wat die beloofde koninkryk van die Messias sal beŽrf. Hy sal die wÍreld van die herstelde troon van Dawid af uit Jerusalem regeer (Hand. 15:16-17), en sy volk sal tye van verkwikking voor sy aangesig hÍ (Hand. 3:19).