Sagaria 11. Verwerping van die Goeie Herder

Sagaria is ‘n profeet van hoop. In hoofstukke 9 en 10 word die hoopvolle temas van die oordele oor Israel se omringende vyande bespreek, asook die versekering dat Israel bewaar sal word om die eerste sowel as die tweede koms van hulle Koning te sien (9:9-10), terwyl ‘n oorblyfsel van die volk ook die oorwinning en seŽninge sal ervaar wat die Messias vir Jerusalem en sy mense sal bring (9:11–10:12).

Skielik, in hierdie donker hoofstuk, word ons egter gekonfronteer met die feit dat Sagaria nie slegs, soos die valse profete, hoop en oorwinning verkondig nie, maar ook goddelike toorn en oordeel. Die valse profete het vir Jerusalem gesigte van vrede verkondig, terwyl daar geen vrede was nie (Eseg. 13:16; vgl. Jer. 8:11). Sagaria het homself nie daaraan skuldig gemaak om aan mense valse hoop te gee terwyl hulle geestelik gedwaal het nie. Hy het hulle gewaarsku oor die ernstige gevolge wat dit vir die hele volk sou inhou indien hulle die goeie Herder sou verwerp en die nuttelose herder (die valse messias) in sy plek aanvaar.

Die begin van oordele (11:1-3)

Die eerste waarskuwing aan Israel oor die gevolge van hulle geestelike blindheid en rebellie teen God was dat die land en sy plantegroei verwoes sou word. Bome en digte woude sou verdwyn, insluitende die pronkbosse van die Jordaan. Selfs die leeus wat in die bosse langs die Jordaan gebly het, sou brul omdat hulle natuurlike habitat verdwyn het (11:1-3). Dit het inderdaad gebeur en Israel het ‘n semi-woestynland geword.

Redes vir die verwoesting in Israel (11:4-14)

Die Here het vir Sagaria beveel om Israel se ware Herder-Messias voor te stel, en daarna moes hy die slegte herder voorstel wat op die eindtydse Antichris dui. Hierdie gedeelte vestig die aandag op Israel se geestelike toestand tydens Christus se aardse bediening, asook die gevolge van die verwerping van die ware Herder.

Die opdrag: “Wees herder van die slagskape” (11:4) impliseer die voorbereiding van die kudde vir dit wat vir hulle voorgelÍ het. Verskeie profete het Israel teen die toekomstige toorn van God gewaarsku, sodat hulle presies geweet het wat met hulle sou gebeur indien hulle die rug op die Here draai. Die laaste twee herders, of profete, wat hulle gewaarsku het, was Johannes die Doper (Matt. 3:7) en Jesus die Messias (Matt. 23:13-39). Jesus het aan die inwoners van Jerusalem gesÍ: “Daar sal dae oor jou kom dat jou vyande ‘n skans rondom jou sal opwerp en jou omsingel en jou van alle kante insluit. En hulle sal jou en jou kinders in jou teen die grond verpletter; en hulle sal in jou nie een klip op die ander laat bly nie, omdat jy die gunstige tyd toe God jou besoek het, nie opgemerk het nie” (Luk. 19:43-44).

God het Israel as slagskape aan die Romeine uitgelewer omdat hulle hul Messias-Koning, Jesus, verwerp het en verkies het om eerder ‘n heidense koning in sy plek te dien. Pilatus het vir die Jode gesÍ: “DŠŠr is julle Koning! Maar hulle skreeu: Neem weg, neem weg, kruisig Hom! Pilatus sÍ vir hulle: Moet ek julle Koning kruisig? Die owerpriesters antwoord: Ons het geen koning behalwe die keiser nie. Toe het hy Hom dan aan hulle oorgegee om gekruisig te word. En hulle het Jesus geneem en Hom weggelei” (Joh. 19:14-16).

Die vernietiging van Jerusalem en die begin van Israel se internasionale verstrooiing het in die jaar 70 n.C. gebeur. In die beleg en inname van die stad is daar 1,1 miljoen Jode dood, terwyl die 97 000 oorlewendes as krygsgevangenes weggevoer is. Baie van hulle is op slawemarkte verkoop en die res het na verskeie lande verstrooi geraak. Omdat hierdie oordeel spesifiek vir diť Jode bedoel was wat die Messias verwerp het, is die dissipels van Jesus vooraf gewaarsku om die stad te verlaat. Jesus het vir hulle gesÍ:

“En wanneer julle Jerusalem deur leŽrs omsingeld sien, dan moet julle weet dat sy verwoesting naby is. Dan moet die wat in Judea is na die berge vlug; en die wat in die stad is, moet uitgaan; en die wat in die buitewyke is, moet nie daarin inkom nie. Want dit sal dae van wraak wees, sodat alles wat geskrywe is, vervul kan word... Daar sal ‘n groot nood in die land wees en toorn oor hierdie volk. En hulle sal deur die skerpte van die swaard val en as krygsgevangenes geneem word na al die nasies, en Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is” (Luk. 21:20-24). Die Messiaanse Jode het Jerusalem net nŠ die stad se eerste beleŽring in 66 n.C. verlaat, voor die finale Romeinse beleg wat in 70 n.C. plaasgevind het.

Die groot slagting onder die afvallige kudde het plaasgevind presies soos wat dit voorspel is. Hulle Koning wat as ‘n nederige Persoon gekom en op ‘n donkie gery het, is verwerp en gekruisig. Hulle het nie op sy oproep tot redding ag geslaan nie, en ook nie op sy waarskuwings oor die naderende oordele nie. Wie het hulle mislei om hulle eie ondergang te bewerk? Dit was die werk van valse herders. Die geestelike leiers van Israel was blind en onkundig. Hulle was slegte herders wat nie vir die volk omgegee het nie, maar hulle aan die magte van die duisternis uitverkoop het (11:5). Hierdie slegte herders het die duiwel as vader gehad (Joh. 8:44) en het nie omgegee oor wat hulle aan hul volk gedoen het nie. As gevolg van hulle berekende besluit om die goeie Herder te verwerp, waarin die volk hulle ook nagevolg het, het God gesÍ: “Ek sal met die inwoners van die land geen medelye meer hÍ nie” (11:6).

Die volk sou as slagskape voorberei word deur die staf Lieflikheid (genade) en die staf Samebinding (eenheid) te gebruik en hulle later, op grond van die volk se reaksie, te verbreek. Die goeie Herder het sy genade vir die vergifnis van sonde aan die kudde verkondig, terwyl Hy die oorlewing van ‘n verenigde Joodse volk (‘n eenheid van die huise van Israel en Juda) belowe het, ten spyte van die oordele wat oor hulle sou kom (11:7). Die “ellendige skape” verwys na die Messiaanse Jode wat op die woorde van die Herder ag geslaan het.

In 11:8 sÍ die Here: “Ek het die drie herders in een maand vernietig. Toe het my siel ongeduldig geword oor hulle, terwyl hulle siel ook van My afkerig geword het.” Die woord “vernietig” †(kachad in Hebreeus) kan ook “ontslaan” beteken. Die drie slegte herders verwys waarskynlik na drie politieke en godsdienstige leiers wat Israel tydens Jesus se kruisiging gehad het omdat hulle nie na God geluister en die gesag van sy Priester-Koning, die Messias, aanvaar het nie. Die drie slegte herders wat oor hulle regeer het, was die hoŽpriester, Kajafas (Matt. 26:57-68), wat die Joodse Raad ťn die hele volk mislei het om Jesus as Messias te verwerp; Pontius Pilatus, die Romeinse goewerneur, wat onaanvaarbare heidense beheer oor Israel uitgeoefen en onregmatiglik vir Jesus oorgegee het om gekruisig te word (Matt. 27:11-31); en koning Herodes Antipas wat die Koning van Israel met uiterste minagting behandel het, en sonder om die uitspraak teen Hom te bevraagteken, na sy teregstellers teruggestuur het (Luk. 23:7-11). Nie een van hierdie drie “herders” het op goeie advies gereageer nie, en Jesus het hulle valse aanklagte verwerp deur nie eers daarop te reageer nie. Kajafas is later deur die Siriese goewerneur van die Romeinse ryk ontslaan, Pilatus is as gevolg van korrupsie ontslaan en verban, en het uiteindelik selfmoord gepleeg, terwyl Herodes Antipas ook ontslaan en vir die res van sy lewe verban is. Hulle het almal hulle lot in dieselfde maand verseŽl toe hulle Jesus verraai het.

Die interne Joodse leiers wat basies vir die sameswering teen die Messias verantwoordelik was, was die owerpriesters, die ouderlinge, die skrifgeleerdes, die FariseŽrs en die SadduseŽrs (Matt. 16:6; 21:45-46; 26:57; 27:12,62-63). Hulle het die hele volk teen Jesus opgesweep, en selfs vir Pilatus teŽgestaan toe hy vir Jesus onskuldig wou verklaar en vrylaat. Hulle het Pilatus oorreed om met sy verraad teen Jesus voort te gaan, deur te sÍ: “Laat sy bloed op ons en op ons kinders kom” (Matt. 27:22-25). Die hele kudde het dus ‘n vloek op hulleself gebring en sodoende hulleself oorgelewer om geslag te word.

Die goeie Herder het sy staf Lieflikheid gebreek, wat daarop dui dat Hy sy verbond met die bose mense wat Hom verwerp het, verbreek (vgl. Matt. 21:33-45). Hy het hulle toe aan hongersnood oorgegee sodat hulle selfs mekaar begin eet het, en ook aan die dood (11:9-10). Hierdie rampe het oor die geslag mense gekom wat tydgenote van die goeie Herder was (Matt. 23:34-36). Diť donker dae kon nie heeltemal as ‘n verrassing gekom het nie, omdat dit in besonderhede deur Moses beskryf is: “As jy nie luister na die stem van die HERE jou God nie... dan sal al hierdie vloeke oor jou kom en jou inhaal... Die HERE sal teen jou ‘n nasie bring van ver af... En hulle sal jou in benoudheid bring in al jou poorte totdat jou hoŽ en versterkte mure val waarop jy in jou hele land vertrou het... En jy sal die vrug van jou liggaam eet, die vlees van jou seuns en jou dogters wat die HERE jou God jou gegee het, in die beleŽring en in die benoudheid waarmee jou vyand jou benoud sal maak” (Deut. 28:15,49,52-53). Hierdie profesieŽ is met die Romeinse leŽrs se inname en van Jerusalem in 70 n.C. letterlik vervul.

Die ellendiges onder die skape (die gelowige oorblyfsel in Israel) het die waarskuwings van die Messias verstaan en dit ter harte geneem (11:11). Hulle het die rampe oor Jerusalem ontsnap (Luk. 21:20-21) omdat hulle nie na die valse profete geluister en sodoende die knie voor Bašl gebuig het nie.

Die verkoop van die Messias deur Israel se leiers word sů deur Sagaria beskryf: “Daarop sÍ ek vir hulle: As dit goed is in julle oŽ, gee dan my loon; en so nie, laat dit dan staan. Toe het hulle my loon afgeweeg: dertig sikkels silwer. Hierop sÍ die HERE vir my: Gooi dit vir die pottebakker – die heerlike prys waarmee Ek deur hulle gewaardeer is! En ek het die dertig sikkels silwer geneem en dit in die huis van die HERE vir die pottebakker gegooi” (11:12-13). Israel se waardebepaling van die ware Herder was 30 sikkels silwer, wat as vergoeding gegee is vir ‘n slaaf wat deur ‘n bees gestoot is (Ex. 21:32). Die keuse van die prys vir ‘n slaaf is as ‘n belediging vir die Herder bedoel – erger as die direkte weiering om aan Hom enige loon te betaal. Hierdie profesie is letterlik vervul: “Toe gaan een van die twaalf, met die naam van Judas Iskariot, na die owerpriesters en sÍ: Wat wil u my gee, en ek sal Hom aan u oorlewer? En hulle het vir hom dertig silwerstukke afgeweeg” (Matt. 26:14-15). Later, toe Judas die geld teruggebring het, is dit gebruik om die grond van die pottebakker mee te koop (Matt. 27:3-10).

Die ander staf van die Herder (Samebinding) is ook verbreek (11:14) en dui op die verbreking van Israel se nasionale solidariteit. Verdeeldheid binne die volk was een van die belangrike faktore wat in 70 n.C. tot die vernietiging van Jerusalem bygedra het, en dus ook na die wÍreldwye verstrooiing van die volk daarna.

Die finale gevolg van die Herder se verwerping (11:15-17)

NŠ hulle verwerping van die ware Herder sou die kudde van Israel nie net doodgemaak, uit hulle land verdryf en onder die nasies verstrooi word nie, maar hulle sou met hulle geestelike blindheid volhard en aanhou om na valse herders te luister. In die eindtyd sou hulle deur die Here in hul land herstel word om verdere verdrukking en goddelike oordele te verduur, omdat hulle steeds nog net so blind en rebels as hulle misleide voorvaders is wat die Messias verraai het (vgl. Eseg. 22:19-22; Jer. 30:7). Hulle geestelike blindheid en gebrek aan onderskeidingsvermoŽ sal daartoe lei dat hulle ‘n verbond met die valse messias, die Antichris, sluit. Die ware Herder het gesÍ: “Ek het gekom in die Naam van my Vader, en julle neem My nie aan nie. As ‘n ander een in sy eie naam kom, hům sal julle aanneem” (Joh. 5:43). In hulle uiterste dwaasheid, terwyl hulle van God, van sy Seun ťn van sy Woord vervreem is, sal hulle die valse messias aanneem.

“Daarop sÍ die HERE vir my... Kyk, Ek sal ‘n herder verwek in die land; na wat verlore is, sal hy nie omsien nie; wat verstrooi is, nie opsoek nie; en wat gebroke is, nie genees nie, en wat nog regop staan, nie versorg nie. Maar die vleis van die vettes sal hy eet en selfs hulle kloue afruk. Wee die slegte herder wat die skape in die steek laat! Mag die swaard sy arm tref en sy regteroog! Mag sy arm heeltemal verdor en sy regteroog heeltemal verduister word!” (11:16-17).

Israel sal hierdie dwase en nuttelose herder wat presies die teenoorgestelde as die Messias, die ware Herder, is, aanvaar. Hy sal nie vir die kudde omgee of in hulle behoeftes voorsien nie, maar net uiting aan sy eie inhaligheid gee. In plaas daarvan om die kudde te beskerm, sal die slegte herder dit vernietig. Sy arm dui op sy krag en sy oog op sy intelligensie. Sy krag sal verbreek en die dwaasheid van al sy “slim” planne geopenbaar word wanneer die ware Herder kom. Die slegte herder en sy mederegeerder, die valse profeet, sal dan tot die poel van vuur veroordeel word (Op. 19:20).

Hierdie hoofstuk in Sagaria beklemtoon die feit dat daar, geestelike gesproke, in Israel ťn in die wÍreld net twee groepe mense is – die ongereddes wat kinders van die duiwel is (Joh. 8:44) en die gereddes wat kinders van God is (Fil. 2:15). “Hy wat die Seun het, het die lewe; wie die Seun van God nie het nie, het nie die lewe nie” (1 Joh. 5:12). Daar is geen middeweg nie; jy volg ůf die ware Herder ůf jy volg een of ander valse herder wat ‘n wegbereider vir die eindtydse valse messias, die Antichris, is. As ‘n volgeling van die ware Herder sal jy die ewige lewe beŽrf, asook ryke seŽninge van die Here, maar die volgelinge van die slegte herder sal die oordele van God beŽrf, asook die ewige dood in die poel van vuur.

Alle mense het ‘n vrye wil en moet ‘n besliste keuse maak om Jesus Christus as hulle Verlosser aan te neem. Om bloot net ‘n lid van die uitverkore volk (Israel) of ‘n lid van ‘n Christelike kerk te wees, kwalifiseer jou nie outomaties as ‘n volgeling van die Messias nie. Alle mense is in sonde ontvang en gebore en moet ‘n lewensveranderende oorgawe aan Jesus Christus maak, wat die enigste Verlosser van die wÍreld is. Hy het gekom tot ‘n val en opstanding van baie in Israel en tot ‘n teken wat weerspreek sou word (Luk. 2:34). Het jy uit die doodsheid van jou sondige verlede opgestaan? Dawid het gebid: “Verlig my oŽ, sodat ek nie in die dood inslaap nie” (Ps. 13:4). Paulus sÍ: “Ontwaak, jy wat slaap, en staan op uit die dode, en Christus sal oor jou skyn” (Ef. 5:14). Om Hom te ignoreer of te verwerp deur na sinnelose argumente te luister dat Hy nie die beloofde Messias en Seun van God is nie, kom daarop neer om in duisternis te wandel en jou ewige verlorenheid in die hand te werk.

Die geestelike verblinding wat deur valse herders oor Israel gebring is, sal eers tydens die Messias se tweede koms finaal verdwyn. Dit is die onderwerp van die volgende twee hoofstukke in Sagaria. DaniŽl bevestig ook die feit dat die maat van Israel se sonde eers aan die einde van hulle 70ste jaarweek van heilsgeskiedenis nŠ die Babiloniese ballingskap, wat die komende verdrukking van sewe jaar is, vol sal wees (Dan. 9:24). Neem in ag dat die kerkbedeling, of tye van die nasies, nŠ Israel se 69ste jaarweek ingepas is toe hulle hul Messias-Koning verwerp het. NŠ die kerkbedeling sal hulle vir sewe jaar lank ‘n verbond met die valse messias sluit (Dan. 9:27), en aan die einde van diť sewe jaar sal die Messias weer kom. Tydens ‘n nasionale bekering sal die hele volk se sonde vergewe en hulle ongeregtigheid versoen word. Almal van hulle sal geestelik nuut gemaak word om die Here van harte te dien. Ewige geregtigheid sal dan vir Israel in die Messiasryk aanbreek.