Sagaria 1: Die Here Ontferm Homself oor Jerusalem

Die boek Sagaria handel oor die geestelike herstel van die volk Israel n hulle hoofstad, Jerusalem nie net in Sagaria se tyd nie, maar veral in die eindtyd n die Messias se tweede koms. God se oordele oor sy vyande word ook beskryf, en dit is duidelik dat hulle ook vyande van die volk Israel is.

In die agtste maand, in die tweede jaar van Darius, het die woord van die HERE gekom tot Sagaria... (1:1). Hierdie vers openbaar die tyd, die goddelike bron n die menslike instrument van die openingsoproep tot bekering. Die spesifieke dag in die agtste maand, wat op 27 Oktober 520 v.C. begin het, is belangrik omdat die Joodse profeet sy profesie ooreenkomstig die regeringstyd van n heidense koning dateer. Hierdeur is Sagaria se hoorders aan die feit herinner dat die tye van die nasies reeds n aanvang geneem het, en dat daar nie n afstammeling van Dawid op die troon in Jerusalem regeer nie. Verder is dit ook duidelik dat Sagaria net die persoon was wat die profesie uitgespreek het hy was nie die oorsprong daarvan nie, omdat die woord van die Here tot hom gekom het (vgl. 2 Pet. 1:21). As profeet was hy net n dienskneg en woordvoerder wat deur die Here geroep en gesalf is om sy woord aan die volk te verkondig.

Keer na die Here terug! (1:2-6)

n Ernstige waarskuwing word aan Israel gerig om nie met die ongehoorsaamheid van hulle vaders voort te gaan nie, omdat hulle daardeur die toorn van die Here teen hulle opgewek het. Hulle moes liewer van sy genade gebruik maak en tot bekering kom: Die HERE was baie vertoorn op julle vaders... Keer terug na My, spreek die HERE van die lerskare, en Ek sal na julle terugkeer... Moenie soos julle vaders wees nie... Bekeer julle tog van julle bose we (1:2-4). Terwyl die sondes van hulle vaders tot die verwoesting van die tempel en Jerusalem gelei het, asook die Babiloniese ballingskap van die volk, het hulle eie sondes tot n vertraging in die herbouing van die stad en die tempel gelei, en tot die sukses van hul vyande wat hulle aangeval en ontmoedig het. Indien hulle nie van harte tot bekering kom nie, sou hulle die teenwoordigheid en sen van die Here verbeur en sy toorn oor hulle laat ontvlam. Hy sou Homself dan weer van Israel onttrek en hulle aan hul vyande oorgee.

Die erns van die situasie is deur twee vrae aan hulle gestel, waardeur die kortstondigheid van die lewe beklemtoon is, asook die noodsaaklikheid om so gou as moontlik op die Here se oproep tot bekering te reageer: Julle vaders waar is hulle? (1:5). Hulle het deur die swaard, hongersnood, pessiektes en aan natuurlike oorsake gesterf, soos deur die profete voorspel is. En sal die profete vir ewig lewe? (1:5). Die gempliseerde antwoord is nee. Hulle bediening was van korte duur, daarom moes die geleentheid wat hulle vir bekering gebied het, nie gegnoreer word nie.

Die voorwaarde vir die seninge van die Here, soos deur die profete verkondig, is n heelhartige bekering tot die Here. Hulle moes nie ongehoorsaam aan hierdie oproep wees, soos die vorige geslag wat as gevolg van God se oordele as ballinge weggevoer is nie.

Bekering was nie net in die Ou Testament vir Israel die sleutel tot die ontvang van vergifnis en die seninge van die Here nie, maar is ook in die Nuwe Testament ewe nodig. Paulus s: God het dan die tye van onkunde oorgesien en verkondig nou aan al die mense oral dat hulle hul moet bekeer (Hand. 17:30). Deur bekering wend n verlore sondaar homself in die geloof tot God om vergifnis van sondes te verkry, deur die wedergeboorte geestelik lewend gemaak te word, en om met die Heilige Gees vervul te word om die Here te kan dien.

God het die doodstraf oor alle sondaars bepaal: Die siel wat sondig, di moet sterwe (Eseg. 18:4; vgl. Rom. 6:23). Om hierdie rede kan daar geen vergifnis sonder bloedvergieting plaasvind nie (Heb. 9:22; vgl. Lev. 17:11). Die Messias, Jesus Christus, is die Lam van God wat sy bloed gestort en aan die kruis gesterf het toe Hy vir ons sonde versoening gedoen het (Joh. 1:29; Rom. 3:25). Voor die koms van die Messias moes die Israeliete diere vir hulle sondes offer, wat tipologies op die toekomstige offer van die Messias gedui het. Omdat die wet egter net n skaduwee van die toekomstige weldade was, moes die Ou Testamentiese offers oor en oor herhaal word totdat die eenmalige offer van die volmaakte Lam van God in die volheid van die tyd gebring is (Heb. 10:1-18).

Onder die ou verbond was dit nogtans noodsaaklik om die herhalende diere-offers te bring, omdat mense se sondes voorlopig vergewe is, hangende die koms en offer van die Messias. Die wet en sy voorgeskrewe offers is alles in die Messias vervul (Matt. 5:17). Paulus het ges: Want Christus is die einde van die wet tot geregtigheid vir elkeen wat glo (Rom. 10:4). Die voortsetting van Ou Testamentiese diere-offers in die voorhof van die tempel was noodsaaklik omdat dit bekering van die mense geis het, dit het die beginsel beklemtoon dat daar geen versoening sonder bloedvergieting is nie, en het daardeur die Messiaanse hoop van die volk lewendig gehou. Aangesien dit onmoontlik vir die bloed van stiere en bokke was om die sonde weg te neem (Heb. 10:4), het die gelowiges in Israel die verlossing verwag wat net die Lam van God (die Messias) vir hulle kon bring. Jesaja het ges: Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom... Die HERE het die ongeregtigheid van ons almal op Hom laat neerkom (Jes. 53:5-6).

Voordat die Messias gekom het, moes Israel die skaduagtige gebruike van die wet eerbiedig en beoefen. Daardeur het hulle die belofte van die komende Messias omhels, asook die toekomstige seninge wat daar vir alle gelowiges sou wees. In die eeue wat kom, sal hulle ook, soos ons, in die Messias roem (Sag. 12:10), in sy versoening vir die sondes van die hele wreld (Op. 5:9), in sy oorwinning oor die magte van die duisternis (Heb. 2:14-15), en in sy ewige seninge vir al die gelowiges van alle tye (Heb. 11:13,39-40).

In die Ou Testament was die verwaarlosing van die tempeldiens altyd n aanduiding daarvan dat Israel geestelik teruggeval het, omdat hulle opgehou het om na die wet te luister wat hulle van sonde oortuig het, en dus ook met die belydenis van sonde wat altyd met hulle offers en gebede vir sen gepaard gegaan het. Hulle het die Here vergeet en in sonde begin leef. n Terugkeer na die Here het altyd die herstel van die tempeldiens behels, van die daaglikse offers, die lees van die wet en die profete, en n nuwe oorgawe om die Heilige van Israel te gehoorsaam en te dien, omdat net Hy magtig is om te red.

Dit is die rede waarom die herbouing van die tempel en die herstel van die tempeldiens so belangrik vir die Jode was wat uit die ballingskap teruggekeer het. Sagaria het hulle sterk aangemoedig om hulleself aan hierdie groot taak toe te wy. n Belangrike deel van sy motiveringsboodskappe was die belofte van die Messias se koms. Al die diere-offers sou in Hom vervul word, omdat Hy vir Israel se ongeregtighede deurboor sou word (12:10). Hy sal die Priester-Koning van Israel n die hele wreld wees (14:9).

Die ruiter op die rooi perd tussen die mirtebome (1:7-17)

Sagaria het in n enkele nag agt gesigte gesien wat die toekoms van Israel beskryf, en wat deur n engel aan hom verklaar is. Hierdie gesigte was nie drome nie, want die profeet was volkome wakker en bewus van wat hy gesien het. Hy het as gevolg van die gesigte soms moeg geword en aan die slaap geraak, sodat die engel hom weer moes wakker maak (4:1). Die gesigte beskryf God se seninge oor die eeue heen, vanaf die herbouing van die tempel in Sagaria se tyd tot met die herstel van Israel se koninkryk onder die Messias.

Die ruiter op die rooi perd tussen die mirtebome word as die Engel van die Here gedentifiseer dit is n Ou Testamentiese verskyning van die Messias voor sy menswording. Die kleur van die perd word in die Afrikaanse Bybel verkeerdelik as bruin aangetoon terwyl dit, soos in die meeste Engelse Bybels, as rooi beskryf moet word. Die Hebreeuse woord adom beteken volgens die Strongs konkordansie red, ruddy. Hierdie kleur sinspeel nie alleen op die bloed van Christus nie, maar stel ook goddelike oordele en oorlogvoering voor (vgl. Jes. 63:1-6).

Hierdie ruiter is deur engele op rooi, gespikkelde (KJV speckled) en wit perde gevolg. Rooi simboliseer oorlog, bloedvergieting en oordeel. n Gespikkelde perd (rooi met wit kolletjies) dui op n sending van oordeel n genade. Wit stel reinheid en oorwinning voor. Die mirtebome in die diepte (n diep kloof) simboliseer die volk Israel in hulle vernedering, lyding en vertrapping. Dit is tipies van hulle versonke toestand tydens die lang periode van die tye van die nasies.

Die engele-ruiters is gestuur om die aarde te gaan verken en oor hulle bevindings verslag te doen. Hulle het die aarde deurkruis en bevind dat almal stil en rustig was. Dit was nie goeie nuus nie, want Sagaria het geweet dat die herstel van Israel se koninkryk deur wreldwye oorlo en die neerwerping van aardse koninkryke voorafgegaan sal word (14:2), soos ook deur Haggai bevestig (Hag. 2:21-22). Tydens Sagaria se profesie was daar geen teken van die nabyheid van Jerusalem se finale herstel en redding nie. Dit verklaar die vraag in vers 12: HERE van die lerskare, hoe lank nog bly U sonder ontferming oor Jerusalem...?

Dit moes vir Sagaria vertroostend gewees het dat die Here self in die laagte tussen die mirtebome was. Hy is steeds in die midde van sy volk gedurende hulle lyding en verwerping deur die heidennasies. Hy sal hulle nie verlaat nie, maar volgens sy beloftes volkome herstel. Vanaf vers 13 tot 17 word trooswoorde aan Jerusalem gerig. Die Here ywer oor Jerusalem (1:14), Hy het hulle verkies (3:2) en sal nie toelaat dat hulle uit sy hand geruk word nie. Hierdie woorde van vertroosting is die volgende:

Ek wend My met ontferming tot Jerusalem. Dit was waar in Sagaria se tyd toe die Here Israel gehelp het om Jerusalem en die tempel te herstel nadat sy heerlike teenwoordigheid vroer die tempel en die stad verlaat het (Eseg. 10:18-19; 11:22-23). Hierdie belofte verwys egter ook na die tyd wanneer die Messias permanent na Jerusalem sal terugkeer om gedurende die millennium van di stad af te regeer (vgl. Jes. 2:1-4; Jer. 3:17). Die heerlikheid van die Here sal dan die tempel en die stad vervul (Eseg. 43:5; 48:35).

My huis sal daarin gebou word. Dit sien eerstens op die herbouing van die tempel in Sagaria se tyd, maar dui ook op die bou van die laaste tempel gedurende die millennium (Eseg. 4044).

n Meetsnoer sal oor Jerusalem gespan word. Dit dui op die vooruitgang en uitbreiding van Jerusalem, veral tydens die duisendjarige vrederyk wanneer dit die hoofstad van die wreld sal wees waar alle nasies die Here sal dien en aanbid (Sag. 8:20-22; vgl. Jer. 31:38-40; Hand. 15:16-17).

Die HERE sal Sion weer vertroos, en Hy sal Jerusalem weer verkies. Wanneer die Messias weer kom, sal Hy sy genadige beloftes aan Israel en Jerusalem vervul (vgl. Jes. 12:1; 62:6-7; Rom. 11:26-29). In die tyd van Sagaria is die Jode net in n beperkte mate vertroos. Dit is duidelik dat die Here se volle sen en vertroosting eers oor hulle uitgestort sal word nadat hulle deur die Messias n nuwe verbond met God gesluit het (vgl. Jer. 31:31-37; Heb. 8:10-12; Eseg. 36:22-38).

Die vier horings en die vier smede (1:18-21)

Die tweede gesig toon God se oordeel oor die nasies wat vir Israel vervolg. Horings is simbolies van mag en verwys meesal na heidense konings (vgl. Dan. 7:24; Op. 17:12). Die koninkryke waarna hier verwys word, is vyandig teenoor Israel, daarom die stelling: Dit is die horings wat Juda so verstrooi het (1:21). Die vier smede is magte wat deur God opgewek is om die nasies (of horings) te vernietig wat teen Israel geveg het.

Die vier horings mag dalk na al Israel se vyande uit die vier hoeke van die aarde verwys, of, meer waarskynlik, na die vier diere wat in Danil 7 beskryf word, omdat hulle dieselfde rol vervul het as dit wat aan die vier horings toegeskryf is. Hierdie vier diere stel die Babiloniese, Medo-Persiese, Griekse en Romeinse ryke voor, wat Israel gedurende die tye van die nasies beveg, onderdruk en verstrooi het. Diegene wat hierdie vertolking van die gesig verwerp, s gewoonlik dat die laaste twee koninkryke nie in Sagaria se tyd bekend was nie, omdat die mense van daardie tyd net van die Babiloniese en Medo-Persiese ryke geweet het die ander twee was nog toekomstig. Ons weet egter dat die naggesigte nie net tot Sagaria se tyd beperk was nie, maar na die totale tydperk van oorheersing deur die nasies verwys.

Die vier smede wat n die horings gesien is, is opeenvolgende magte wat deur God gebruik is om die koninkryke te vernietig wat teen Israel opgetree het. Ons weet dat die Medo-Persiese ryk die Babilonirs onderwerp het. Nadat hulle as n smid deur die Here gebruik is, het hulle self n horing geword wat teen die koninkryk en volk van God geveg het. Op n soortgelyke wyse is die Griekse ryk gebruik om die Medo-Persiese ryk te verslaan, terwyl die Romeinse ryk weer die Griekse ryk beindig het. Die Romeinse ryk is in twee dele verdeel (oos en wes) en is nooit deur n ander wreldryk vervang nie. In die eindtyd sal die herstelde Romeinse ryk, wat n herlewing van al die antieke heidense koninkryke sal wees, onder die leiding van die Antichris se beheer staan en deur die Messias vernietig word wanneer Hy sal kom om Israel se koninkryk op te rig (Sag. 14:2,12-13; Op. 19:19-21).

Ons kry ook n aanduiding van hoe erg hierdie nasies die Jode vervolg het. Hulle het Juda so verstrooi dat niemand sy hoof opgehef het nie (1:21). Die ophef van iemand se hoof dui op krag en moed. Die verstrooide Jode het egter gedurende die tye van die nasies geen krag gehad nie omdat hulle geheel en al deur verskeie heidennasies onderwerp is.

Die feit dat Israel n so baie jare weer in hulle land terug is, in beheer van Jerusalem is, en ook die vermo het om hulleself suksesvol teen hulle vyande te kan verdedig, is n sekere teken dat die tye van die nasies amper verby is en dat die koms van die Messias op hande is. Omdat Israel hulleself as volk nog nie tot God bekeer het deur die Messias as Verlosser aan te neem nie, is hulle probleme beslis nog nie verby nie. Die ergste l nog in die komende verdrukking onder die valse messias vir hulle voor.

Toe die Messias tydens sy eerste koms deur Israel verwerp is, het Hy reguit aan hulle ges dat hulle op n koers is waarin hulle uiteindelik n verbond met die valse messias sal sluit (Joh. 5:43). Wanneer hy n beeld van homself in die herboude tempel in Jerusalem laat oprig, sal hy alle Jode probeer ombring wat hulle verbond met hom verbreek het. Jesus het ges: Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Danil, sien staan in die heiligdom... dan moet die wat in Judea is na die berge vlug... Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wreld af tot nou toe nie gewees het en ook nooit sal wees nie. En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes [Israel] sal daardie dae verkort word (Matt. 24:15,16,21,22).

Sagaria beskryf hierdie onvergelyklike, eindtydse vyandigheid teenoor Israel (12:2-3), asook die feit dat twee-derdes van alle Jode in die vurige vervolging van daardie tyd sal omkom (13:8). Die Here sal nie net die nasies gebruik om Israel weens hulle voortgesette ongeloof te straf en te verdruk nie Hy sal ook die nasies oordeel omdat hulle Israel gehaat en selfs vervloek het, en elke geleentheid gebruik het om hulle te vervolg en uit hulle land te verdryf (Joel 3:2; vgl. Gen. 12:3).

Wanneer sal Israel en die nasies op die ernstige en dikwels herhaalde oproep tot bekering ag slaan? Die Here red, vertroos en sen net diegene wat hulle met hulle hele hart tot Hom bekeer. Di wat weier om dit te doen, leef in rebellie teenoor Hom en bly gevolglik die voorwerpe van sy toorn: Hoe sal ons ontvlug as ons so n groot saligheid verontagsaam? (Heb. 2:3). Die ongeredde mense moet weet dat dit vreeslik is om te val in die hande van die lewende God (Heb. 10:31). Hy is f jou Redder f jou Regter jy het die keuse. Bekeer julle tog van julle bose we en julle bose werke; maar hulle het nie gehoor en na My nie geluister nie, spreek die HERE (1:4).