Danil 9(a). Danil se Gebed vir Israel

Danil 9 handel oor voorbidding vir die fisiese en geestelike herstel van Israel, en eindig met een van die mees merkwaardige profesie oor die toekoms van Israel, naamlik di oor die sewentig jaarweke. In hierdie hoofstuk sal ons net op die noodsaaklikheid van voorbidding vir Israel let, asook op beloftes oor hulle fisiese n geestelike herstel. In die volgende hoofstuk sal ons na die sewentig jaarweke kyk, waarin die toekoms van die volk Israel, die kruisiging van Christus, die regering van die Antichris en die bedeling van ewige geregtigheid voorspel word.

Hierdie hoofstuk word s ingelui: In die eerste jaar van Darius, die seun van Ahasveros, uit die geslag van die Meders, wat koning gemaak was oor die koninkryk van die Chalders, in die eerste jaar van sy regering het ek, Danil, in die boeke gemerk dat die getal jare waaroor die woord van die Here tot die profeet Jeremia gekom het met betrekking tot die puinhope van Jerusalem, sewentig volle jare was (Dan. 9:1-2).

Anders as baie mense vandag, het Danil in die letterlike vervulling van Bybelse profesie geglo. In Jeremia s die Here die volgende oor Israel se herstel n die Babiloniese ballingskap: En hierdie hele land sal n puinhoop, n woesteny word; en hierdie nasies sal die koning van Babel sewentig jaar lank dien. En as sewentig jaar vol is, sal Ek oor die koning van Babel en oor di nasie, spreek die Here, hulle ongeregtigheid besoek, en oor die land van die Chalders, en sal dit ewige wildernisse maak (Jer. 25:11-12).

Dieselfde versekering word later herhaal met vermelding van die hoopvolle toekoms wat die Here aan sy volk bied: Want so s die Here: As eers sewentig jaar vir Babel verby is, sal Ek op julle ag gee en aan julle my goeie woord vervul om julle na hierdie plek terug te bring. Want k weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle n hoopvolle toekoms te gee. Dan sal julle My aanroep en heengaan en tot My bid, en Ek sal na julle luister (Jer. 29:10-12).

In die lig van hierdie duidelike beloftes het Danil voorbidding vir sy volk in ballingskap gedoen, steeds met sy venster oop in die rigting van Jerusalem. Die gebedslewe van Danil was n groot probleem vir sy heidense kollegas, want hulle het besef dat hy n man van God was wat tot die lewende God gebid het om in die lotgevalle van sy volk Israel in te gryp. In Danil 6 word vertel hoe hulle onder die aanstigting van Satan n komplot teen Danil gesmee het om op te hou om tot sy God te bid, en hoe hierdie sameswering vir Danil in die leeukuil laat beland het. Die Here het Danil egter uitgered nt soos wat Hy ook sy volk uit die heidense oorheersing verlos het.

Danil se gebed

Danil skryf self oor sy gebed: En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy. En ek het tot die Here my God gebid en belydenis gedoen en ges: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge afgewyk. En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders en tot die hele volk van die land nie. Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, aan die manne van Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, die wat naby en die wat ver is in al die lande waarheen U hulle verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het. Here, aan ons kom toe beskaming van die aangesig, aan ons konings, aan ons owerstes en aan ons vaders, omdat ons teen U gesondig het. By die Here onse God is barmhartigheid en vergewing, want ons het teen Hom opgestaan en na die stem van die Here onse God nie geluister om te wandel in sy wette wat Hy ons deur die diens van sy knegte, die profete, voorgehou het nie. Maar die hele Israel het u wet oortree en afgewyk deurdat hulle nie na u stem geluister het nie; daarom is die vloek en die eed oor ons uitgestort wat geskrywe is in die wet van Moses, die kneg van God, want ons het teen Hom gesondig. En Hy het sy woorde in vervulling laat gaan wat Hy oor ons gespreek het en oor ons rigters wat ons bestuur het, deur groot onheil oor ons te bring wat onder die ganse hemel nie gebeur het soos in Jerusalem nie; soos in die wet van Moses geskrywe is al hierdie onheil het oor ons gekom, en ons het die aangesig van die Here onse God nie om genade gesmeek deur ons te bekeer van ons ongeregtighede en ag te gee op u waarheid nie. Daarom was die Here wakker oor die onheil, om dit oor ons te bring; want die Here onse God is regverdig by al sy werke wat Hy doen, maar ons het nie na sy stem geluister nie. Nou dan, o Here onse God wat u volk uit Egipteland met n sterke hand uitgelei en vir U n Naam gemaak het soos dit vandag is, ons het gesondig, ons was goddeloos. o Here, laat tog volgens al u geregtigheid u toorn en u grimmigheid van u stad Jerusalem, u heilige berg, afgewend word, want om ons sondes en die ongeregtighede van ons vaders ontwil is Jerusalem en u volk n voorwerp van versmading vir almal rondom ons. Hoor dan nou, onse God, na die gebed van u kneg en na sy smekinge, en laat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes l. Neig u oor, my God, en hoor, open u o en aanskou ons verwoeste plekke en die stad waar u Naam oor uitgeroep is; want nie op grond van ons geregtigheid werp ons ons smekinge voor u aangesig neer nie, maar op grond van u grote barmhartigheid. Here, hoor! Here, vergeef! Here, merk op en doen dit, vertoef tog nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep. Terwyl ek nog spreek en bid en my sonde en die sonde van my volk Israel bely en my smeking voor die aangesig van die Here my God neerwerp, ter wille van die heilige berg van my God, terwyl ek nog spreek in die gebed, het die man Gabril wat ek, uitgeput van vermoeienis, n vorige keer in die gesig gesien het, na my gekom omtrent die tyd van die aandspysoffer. En hy het my onderrig en met my gespreek en ges: Danil, nou het ek heengegaan om jou insig te gee. By die begin van jou smekinge het n woord uitgegaan, en ek het gekom om dit mee te deel, want jy is n geliefde man; gee dan ag op die woord en verstaan die gesig (Dan. 9:3-23).

Danil se gebed vertoon die volgende kenmerke:

Hy bid in antwoord en uit reaksie op die Woord van God wat tot hom gekom het. Hy het opgemerk dat die 70 jaar van die ballingskap amper verstreke was, soos bereken sedert sy eie wegvoering in 605 v.C., en hy herinner God nou aan sy talle beloftes van herstel. Hoewel God se raadsplan vas en seker is en lank vooruit bepaal is, wil Hy sy gelowige kinders deur gebed deel van die uitvoering van sy raadsplan maak. Sodoende word die geloof in hulle eie harte versterk dat die Here n waarmaker van sy beloftes is, en kan hulle ook ander mense se aandag op die groot dade van die Here se reddende genade vestig. Die beloftes in God se Woord het Danil tot gebed opgewek.

Danil bid Godgesentreerd. Die hoogheilige naam van God, naamlik Jahweh, kom sewe keer in hierdie hoofstuk voor, maar nrens elders in die boek Danil nie. Deur hierdie naam word die lof en almag van God verkondig, en in die besonder word Hy as die ewige Verbondsgod aangespreek wat aan al sy beloftes getrou bly. Hoewel die volk in n benoude toestand verkeer en naarstiglik na hulle redding uit die ballingskap uitgesien het, tref ons baie min daarvan in die gebed aan. In ons gebede moet dit nie in die eerste plek om ns behoeftes gaan nie, maar om die eer van God wat hoog gehou moet word. Selfs aan die einde van sy gebed waar Danil die werklike nood en bede van sy volk na vore bring, stel hy dit telkens duidelik dat al hierdie dinge met die oog op die eer van God gevra word: Laat ter wille van die Here u aangesig skyn oor u heiligdom wat woes l (9:17). Vertoef tog nie, om U ontwil, my God; want u Naam is oor u stad en u volk uitgeroep (9:19).

Sy gebed is n uitdrukking van sy persoonlike verhouding met God. Ek het tot die Here my God gebid en belydenis gedoen (9:4). Ook s hy: Neig u oor, my God, en hoor (9:18). Hoewel Danil in di besondere gebed eintlik belydenis van sy volk se sondes doen, kom sy persoonlike verhouding met die Here tg duidelik na vore. Om Christen te wees, beteken nie om kerk toe te gaan of net in die bestaan van God te glo nie, maar om n persoonlike verhouding met die lewende Christus te h. Die Here Jesus het na die aarde gekom en aan n kruis gesterf om die afstand tussen God en die mens te oorbrug, en deur sy Heilige Gees elke oomblik in ons te woon. Is u elke oomblik van die heerlike teenwoordigheid van God bewus?

Danil doen in die gebed belydenis van sy sonde. Ons kan wel s dat dit in hierdie gebed meer oor die volk se sondes gaan, maar tg is dit duidelik dat Danil deurgaans homself insluit. In vers 20 word dit pertinent gestel dat hy s sonde n die sonde van sy volk bely. Selfs by Danil, wat so n groot geloofsheld was, word ges dat hy sonde gehad het om te bely. Lees maar die verhale van meer resente geloofshelde, en die een waarheid sal altyd na vore kom: hoe heiliger n mens is en hoe nader jy aan God kom, hoe meer word jy van jou onwaardigheid en sonde bewus. Is u op hierdie oomblik bereid om die deursoekende ligglans van God se geregtigheid op u lewe te laat skyn om dit op die proef te stel? Dit is beslis nie maklik nie, want die natuurlike mens soek na mag, eer en rykdom. Dit vra baie van ons om te kan s: Here, ek het gesondig! Ons hoop is nie daarin gele om onsself te verontskuldig, te regverdig en met ons geregtigheid te spog nie, maar om in nederigheid ons skuld en onwaardigheid voor die Here te bely en op grond van sy beloftes te pleit dat Hy ons sal reinig (1 Joh. 1:9). Hierdie is die ligkant van skuldbelydenis, want dit gaan nie oor skielike en onoplosbare skuldgevoelens nie, maar oor die vaste wete dat God genadig is en sal vergewe. Danil het op grond van God se groot barmhartigheid gebid.

Die Here verhoor opregte gebede. Wanneer ons nie uit selfsugtige motiewe bid, of slegs in n noodsituasie nie, maar ter wille van die eer van die Here en die redding van mense, dan sal Hy ons verhoor. Reg aan die begin van Danil se gebed word die engel reeds met n boodskap gestuur om die antwoord op Danil se gebed aan hom oor te dra. Dit was n bietjie anders as wat Danil verwag het. Vir hom het dit om die onmiddellike behoefte van die volk gegaan om uit hulle ballingskap verlos te word, maar vir God het dit om die totale en uiteindelike herstel van sy volk gegaan om die ongeregtigheid te versoen en ewige geregtigheid aan te bring (Dan 9:24). Ons moet ook nooit afgeskrik word as ons gebede nie verhoor word soos ons dit graag wou gehad het nie. God weet oneindig beter, en eendag sal ons besef dat al moes ons ook tydelik deur n groot beproewing gaan soos wat Israel in ballingskap moes gaan, die Here net die beste vir ons beskik het. Kom ons bid altyd vir die eer van die Here, die redding van siele en die vervulling van die Here se wil met ons lewens.

Eindtydse toepassing

Ons is in n situasie wat baie soortgelyk aan di van Danil is. Die heidense koninkryke is in beroering hulle is vyandig teenoor Israel, hulle beveg mekaar omdat hulle in n bitter magstryd om wreldleierskap gewikkel is, en hulle is ook in n verdiepende stryd teen die God van die Bybel gewikkel. Hulle minag of vervolg almal wat op die handhawing en eerbiediging van sy Woord aandring. Hulle steur hulleself ook nie aan die godgegewe mandaat van Israel oor hulle eie land nie, net soos wat die wreldmoondhede in Danil se tyd nie gehuiwer het om die Jode as ballinge uit hulle eie land weg te voer nie.

Danil het besef dat net n ingryping deur die Here hierdie situasie sou kon verander. Hy het ook besef dat God nie sonder rede toegelaat het dat sy volk uit hulle Bybelse erfdeel verdryf en onder n vreemde juk geplaas is nie. Hulle het self die Here se Woord geminag en nagelaat om in sy we te wandel, daarom het Hy swaar beproewings oor hulle gestuur. Danil begin dus in sy gebede by persoonlike verootmoediging en sondebelydenis voor die Here, en gaan dan voort om ook vir sy volk in te tree, hulle sondes te bely en by God om genade vir hulle fisiese n geestelike herstel in te tree. Hy het homself in die geloof op God se beloftes oor Israel se herstel uit die Babiloniese ballingskap beroep, en met vaste vertroue om die vervulling van Bybelse profesie gebid.

Ons is bevoorreg om in n tyd te leef kort voordat Danil se profesie oor God se eindtydse oordele oor die nasies met die oog op die openbaring van sy eie koninkryk van geregtigheid op aarde uitgestort gaan word. Die groot teken dat ons in die eindtyd is, is die herstel van Israel in hulle eie land. Die Here Jesus het in sy profetiese rede ges: Jerusalem sal vertrap word deur die nasies totdat die tye van die nasies vervul is (Luk. 21:24). Jerusalem is in 1967 deur moderne Israel van Jordaniese beheer bevry en in 1980 tot die ewige en onverdeelbare hoofstad van Israel verklaar. Toe het die stad vir die eerste keer weer die status verkry wat dit voor die Babiloniese ballingskap gehad het, naamlik die hoofstad van n onafhanklike volk van Israel, wat nie onder die beheer van enige wreldmoondheid is nie. Die ster van Dawid het oor die stad gewapper om die sekere boodskap te verkondig dat die tyd van God se groot eindtydse handelinge met Israel en die nasies in hierdie geslag sal aanbreek.

Ons het alle rede om ernstig tot God vir die verdere herstel van Israel te bid. Hierdie volk is wel in n gevorderde stadium van fisiese herstel, maar hulle is geestelik nog dood. Die Here het dit aan Esegil, n ander profeet van Israel tydens die Babiloniese ballingskap, getoon dat Hy Israel in die eindtyd na hulle land sal terugbring om hulle ook geestelik te laat herleef:

Daarom, s vir die huis van Israel: So spreek die Here Here... Ek sal my grote Naam heilig wat onder die nasies ontheilig is, wat julle onder hulle ontheilig het; en die nasies sal weet dat Ek die Here is, spreek die Here Here, as Ek My in julle voor hul o as die Heilige laat ken. En Ek sal julle uit die nasies gaan haal en julle uit al die lande bymekaar laat kom, en Ek sal julle in jul land bring. Dan sal Ek skoon water op julle giet, sodat julle rein kan word; van al jul onreinhede en van al jul drekgode sal Ek julle reinig... En Ek sal my Gees in jul binneste gee en sal maak dat julle in my insettinge wandel en my verordeninge onderhou en doen. En julle sal woon in die land wat Ek aan jul vaders gegee het; en julle sal vir My n volk en Ek sal vir julle n God wees (Eseg. 36:22-28).

Bid vir die geestelike ontwaking van Israel. Hulle leef ver van die Here af en verwerp steeds die Messias. Onder hierdie omstandighede kan dit nie met hulle goed gaan nie, daarom wag die komende verdrukking ook vir Israel. Jeremia s: Wee, want die dag is groot, sonder weerga! En dit is n tyd van benoudheid vir Jakob; maar hy sal daaruit verlos word (Jer. 30:7). Hierdie volk mt eers geestelik lewend gemaak en met die Messias versoen word voordat Christus die troon van Dawid sal herstel en uit Jerusalem oor die hele wreld sal regeer. Daar is baie beloftes oor hierdie wonderlike, geestelike herstel van Israel sodat di volk, hulle land en hulle hoofstad tot n sen vir die hele wreld verhef kan word. Herinner u die Here gereeld aan hierdie beloftes, soos wat Danil ook in Babilon gedoen het?

o Jerusalem, Ek het wagte op jou mure uitgesit wat gedurigdeur die hele dag en die hele nag nie sal swyg nie. o Julle wat die Here herinner aan sy beloftes moenie rus nie en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot n lof op aarde! (Jes. 62:6-7).

Koning Dawid, wat Jerusalem 3000 jaar gelede verower en tot die hoofstad van Israel verklaar het, het ges: Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe! (Ps. 122:6). Hy het n profetiese vergesig gehad van die Messias wat eendag van sy troon af uit di stad sal regeer. Die Here het ges: Een maal het Ek gesweer by my heiligheid: Waarlik, Ek sal vir Dawid nie lieg nie! Sy nageslag sal vir ewig wees en sy troon soos die son voor My. Soos die maan sal hy vir ewig vasstaan (Ps. 89:36-38).

Jesaja bevestig ook die belofte van die Messias wat vir ewig van die troon van Dawid af sal regeer: Want n Kind is vir ons gebore, n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors tot vermeerdering van die heerskappy en tot vrede sonder einde, op die troon van Dawid en oor sy koninkryk, om dit te bevestig en dit te versterk deur reg en deur geregtigheid, van nou af tot in ewigheid. Die ywer van die Here van die lerskare sal dit doen (Jes. 9:5-6).

Ons is op die drumpel van n direkte ingryping van God in die lotgevalle van Israel en die nasies. Groot en wonderlike dinge gaan vir die oorblyfsel van Israel gedoen word wanneer die Messias kom. Hy s: Oor die huis van Dawid en oor die inwoners van Jerusalem sal Ek uitgiet die Gees van genade en smekinge; en hulle sal opsien na My vir wie hulle deurboor het, en hulle sal oor Hom rouklaag soos n mens rouklaag oor n enigste seun en bitterlik oor Hom ween soos n mens bitterlik ween oor n eersgebore kind... In di dag sal daar n geopende fontein wees vir die huis van Dawid en vir die inwoners van Jerusalem teen sonde en onreinheid (Sag. 12:10; 13:1).

Hoeveel rede het ons nie om, soos Danil, by die Heilige van Israel vir die geestelike herstel van hierdie volk in te tree nie! Ons moet hulle ook deur ons voorbeeld jaloers maak op die manier waarop ons die God van Abraham, Isak en Jakob deur die Messias dien. Ons sal self ook in die vrederyk gesen word wanneer Israel ten volle geestelik ontwaak het. Paulus s: Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot die heidene gekom om hulle jaloers te maak. En as hulle val die rykdom van die wreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie! (Rom. 11:11-12).

Wat n wonderlike dag wanneer die hele Israel gered sal word! Die Verlosser sal uit Sion kom en die goddelooshede van Jakob afwend (Rom. 11:26). Die tye van die goddelose nasies sal dan verby wees en vrede op aarde heers.