Daniël 5. Die Skrif aan die Muur

Nebukadnésar het 43 jaar lank regeer en in dié tyd die Babiloniese ryk uitgebrei en verenig. Hy het as heerser ‘n onaanvegbare posisie beklee. Nebukadnésar is in 562 v.C. dood, en in die daaropvolgende jare totdat Kores die Babiloniese ryk in 539 v.C. tot ‘n val gebring het, het hierdie magtige węreldryk intern in chaos en wanorde verval. Afgodediens is weer met mening beoefen en alle pogings is aangewend om Nebukadnésar se verering van die ware God van die hemel met die Babiloniese tradisie van afgodediens te vervang. Magsbeheptheid het ook tot só ‘n mate van die nuwe leiers besit geneem dat een ná die ander van hulle in komplotte en sluipmoorde vermoor is. Die ryk het ook toenemend verdeeld en verswak geraak, en deur sy leiers se eie toedoen was die einde vir hulle spoedig in sig.

Nebukadnésar is in 562 v.C. deur sy seun, Evil-Meródag, opgevolg (2 Kon. 25:27). Hy het twee jaar lank regeer voordat hy Augustus 560 v.C. deur Nebukadnésar se skoonseun, Nergal-Saréser, vermoor is. Ons lees van hom in Jeremia 39:3. Nergal-Saréser het vier jaar lank regeer, van 560 tot 556 v.C. Ná sy dood is hy deur sy jong seun, Labasi-Mardoek, opgevolg, wat net twee maande lank regeer het voordat hy in ‘n sluipmoordaanval om die lewe gebring is. Labasi-Mardoek is deur Nabonidus opgevolg, wat ‘n ander skoonseun van Nebukadnésar was. Nabonidus het tot met die val van Babel in 539 v.C. regeer. Hy was met Nebukadnésar se dogter, Nitocris, getroud, en sy moeder was die hoëpriesteres van die maangod, Sin, in Haran. Onder haar beďnvloeding het hy ‘n groot belang by die uitbreiding van die Babiloniese godsdiens gehad, en het baie gedoen om van die vervalle en verlate tempels te herstel.

Nabonidus was vir 10 van die 17 jaar waarin hy koning was, van Babilon af weg. Hy het eers die tempel van die maangod in Haran herstel en daarna Edom en dele van Arabië aangeval en verower, waar hy ook ‘n tyd lank gewoon het. As gevolg hiervan het hy sy oudste seun, Belsasar, as mede-regeerder en koning in Babilon aangestel. Hoewel ons in Daniël 5:2 lees dat Belsasar die seun van Nebukadnésar was, was hy in werklikheid Nebukadnésar se kleinseun deur sy moeder, Nitocris. Dit was in Bybelse tye gebruiklik om enige van die voorvaders van ‘n persoon ook “vader” te noem. Dawid word bv. die vader van verskeie konings genoem.

Belsasar vier fees en bespot die Here

Belsasar se naam beteken “Bel het die koning beskerm.” Bel is ‘n ander naam vir Mardoek, die beskermgod van Babilon. (Ander volke noem hulle eie hoofbeskermgod “Baäl,” wat ook ‘n verpersoonliking van die songod is). Belsasar het in 539 v.C. ‘n baie groot geleentheid van een van Babilon se feesdae gemaak. Dit was ‘n tyd van groot bedreiging vir Babilon omdat die Persiese leër al drie maande lank buite die stad ontplooi was, maar Belsasar het homself nie hieraan gesteur nie en besluit om met die fees voort te gaan.

Die muur rondom Babilon was in elk geval, wat hom betref, ‘n oninneembare skans. Die ringmuur was 87 voet dik en 350 voet hoog, met 250 wagtorings. Binne-in die stad was genoeg kos en opgegaarde voorrade vir 20 jaar. Water was nie ‘n probleem nie, omdat die Eufraatrivier dwarsdeur die stad gevloei het. Daar was groot sluisdeure in die muur waardeur die water van die rivier in die stad ingevloei en anderkant weer uitgevloei het. Belsasar het dus nie die Perse gevrees nie en met sy fees voortgegaan. Daniël beskryf sy houding só:

“Koning Belsasar het ‘n groot maaltyd berei vir sy duisend maghebbers, en in teenwoordigheid van die duisend het hy wyn gedrink. By die genot van die wyn het Belsasar bevel gegee om die goue en silwervoorwerpe te bring wat sy vader Nebukadnésar uit die tempel van Jerusalem weggevoer het, sodat die koning en sy maghebbers... daaruit kon drink. Toe het hulle die goue voorwerpe gebring wat uit die tempel, uit die huis van God in Jerusalem weggevoer was, en die koning en sy maghebbers, sy vroue en sy byvroue het daaruit gedrink. Hulle het wyn gedrink en die gode van goud en silwer, koper, yster, hout en klip geprys” (Dan. 5:1-4).

Belsasar het verskeie doelstellings met hierdie fees gehad: Hy het sekuriteit by die gode van Babilon teen die aanslag van die Perse gesoek en wou daardeur sy onderdane se vrese besweer. Hy het sy pa se pogings ondersteun om Babilon se gode en hulle heiligdomme in ere te herstel, daarom is hierdie gode geprys. Dit was ook ‘n doelbewuste poging om met die God van Israel die spot te dryf omdat Hy, volgens Belsasar, nie sy volk teen die Babiloniese aanslag kon beskerm nie. Die minagting van die ware God is gedemonstreer deurdat Belsasar, sy maghebbers en sy vroue uit die goue en silwervoorwerpe wat in die tempel in Jerusalem geroof is, wyn gedrink en hulle eie gode geëer het.

Dit is duidelik dat die drank hier begin praat het. Selfs Belsasar sou onder normale omstandighede nie maklik waag om die heilige voorwerpe van ‘n ander volk te ontheilig nie. Drank laat ‘n mens egter heeltemal anders as normaalweg optree, daarom sę die Bybel dat ons liewer onder die beheer van die Heilige Gees as onder beďnvloeding van drank moet wees (Ef. 5:18). Christene kan hulle getuienis in gevaar stel en selfs heeltemal verongeluk as hulle aan die immorele gebruike van die węreld meedoen.

By hierdie geleentheid het drank Belsasar se totale ondergang beteken, want hy het soveel bravade aan die dag gelę dat hy sy hand na die heilige voorwerpe van die tempel in Israel uitgesteek het. Daardeur het hy die mag van die God van Israel uitgedaag. Hierdie was ‘n konfrontasie tussen die satanies-geďnspireerde, Babiloniese godsdiens en die enigste ware godsdiens wat op die verering van die Heilige van Israel gerig is. Belsasar het dus nie om een of ander nietige rede verkies om wyn uit die goue en silwerbekers te drink wat uit die tempel in Jerusalem kom nie – hy het die Here deur sy optrede uitgetart en uitgedaag. God laat Hom nie bespot nie, daarom sou Belsasar baie gouer as wat hy gedink het die ernstige gevolge van sy onbesonne daad moes dra.

Die skrif teen die muur

Die res van die gebeure van daardie noodlottige aand word só deur Daniël beskryf:

“Op dieselfde oomblik het daar vingers van ‘n mens se hand te voorskyn gekom en teenoor die kandelaar op die kalk van die muur van die koninklike paleis geskrywe, en die koning het die deel van die hand gesien wat geskrywe het. Toe het die gelaatskleur van die koning verander, en sy gedagtes het hom verskrik, en die gewrigte van sy heupe het losgeraak, en sy knieë het teen mekaar geslaan. Die koning het hardop uitgeroep om die besweerders, die Chaldeërs en die waarsęers in te bring. Daarop het die koning gespreek en aan die wyse manne van Babel gesę: Enigeen wat hierdie skrif lees en my sy uitlegging te kenne gee, hy sal met purper beklee word, en ‘n goue ketting sal om sy hals wees, en as derde in rang sal hy in die koninkryk heers. Toe het al die wyse manne van die koning ingekom, maar hulle was nie in staat om die skrif te lees en sy uitlegging aan die koning bekend te maak nie. Toe het koning Belsasar baie verskrik geword, en sy gelaatskleur het aan hom verander, ook sy maghebbers was in verwarring. Na aanleiding van die woorde van die koning en van sy maghebbers het die koningin in die eetsaal ingegaan; die koningin het begin spreek en gesę: Mag die koning in ewigheid lewe! Laat u gedagtes u nie verskrik en u gelaatskleur nie verander nie. Daar is ‘n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is: in die dae van u vader is verligting en insig en wysheid soos die wysheid van die gode in hom gevind; daarom het u vader, koning Nebukadnésar, hom as owerste van die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs, die waarsęers aangestel – u vader, o koning! – omdat in hom ‘n voortreflike gees en kennis en verstand gevind is om drome uit te lę en raaisels op te los en knope los te maak – in Daniël aan wie die koning die naam van Béltsasar gegee het; laat Daniël nou geroep word, dan sal hy die uitlegging te kenne gee. Toe is Daniël voor die koning gebring; die koning het begin spreek en vir Daniël gesę: Is jy Daniël wat by die Joodse ballinge behoort, wat die koning, my vader, uit Juda gebring het? Ek het van jou gehoor dat die gees van die gode in jou is, en dat verligting en verstand en voortreflike wysheid in jou gevind word. Nou net is die wyse manne, die besweerders, voor my gebring om hierdie skrif te lees en sy uitlegging aan my bekend te maak; maar hulle is nie in staat om die uitlegging van die woord te kenne te gee nie. Maar ek het van jou gehoor dat jy uitlegginge kan gee en knope kan losmaak; as jy nou die skrif kan lees en sy uitlegging aan my bekend maak, sal jy met purper beklee word, en ‘n goue ketting sal daar om jou hals wees, en jy sal as derde in rang in die koninkryk heers. Toe het Daniël geantwoord en voor die koning gesę: U kan u gawes maar vir uself hou en u geskenke aan ‘n ander gee; nogtans sal ek die skrif vir die koning lees en die uitlegging aan hom bekend maak. Wat u betref, o koning, die allerhoogste God het aan u vader Nebukadnésar die koningskap en grootheid en heerlikheid en majesteit gegee. En vanweë die grootheid wat Hy hom gegee het, het al die volke, nasies en tale gebewe en vir hom gesidder; wie hy wou, het hy gedood, en wie hy wou, het hy laat lewe, en wie hy wou, het hy verhoog, en wie hy wou, het hy verneder. Maar net toe sy hart hom verhef het en sy gees verhard is om oormoedig te wees, is hy van die troon van sy koningskap afgestoot, en die heerlikheid is hom ontneem. En hy is uit die mense verstoot, en sy hart het soos dié van die diere geword, en hy het saam met die wilde-esels gewoon; hulle het hom plante laat eet soos die beeste, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak totdat hy erken het dat die allerhoogste God mag het oor die koningskap van die mens en daaroor kan aanstel wie Hy wil. Maar u, Belsasar, sy seun, het u hart nie verneder nie, alhoewel u dit alles weet; maar u het u verhef teen die Here van die hemel, en die voorwerpe van sy huis het hulle voor u gebring; en u en u maghebbers, u vroue en u byvroue het wyn daaruit gedrink; en u het die gode van silwer en goud, koper, yster, hout en klip geprys, wat nie sien en nie hoor en nie weet nie, maar die God in wie se hand u asem en voor wie al u paaie is, Hom het u nie vereer nie. Toe is deur Hom die deel van die hand gestuur en hierdie skrif geskrywe. En dit is die skrif wat geskrywe is: Mené, mené, tekél ufarsín. Dit is die uitleg van die woord: Mené – God het u koningskap getel en daar ‘n einde aan gemaak; tekél – u is op die weegskaal geweeg en te lig bevind; perés – u koninkryk is verdeel en aan die Meders en Perse gegee. Toe het Belsasar bevel gegee, en hulle het Daniël met purper beklee, met ‘n goue ketting om sy hals, en aangaande hom openlik uitgeroep dat hy as derde in rang in die koninkryk sou heers. In dieselfde nag is Belsasar, die koning van die Chaldeërs, gedood” (Dan. 5:5-30).

Belsasar was nog met sy onheilige swelgery besig toe die hand in dieselfde uur verskyn en op die gepleisterde muur, reg oorkant die kandelaar sodat dit deur almal gelees kon word, begin skryf. Uit Belsasar se patetiese en bejammerenswaardige reaksie is dit duidelik dat hy ‘n skuldige gewete gehad het en deeglik daarvan bewus was dat sy partytjie iets van die verlede was. Miljoene mense se partytjies op aarde sal ook soos dié van Belsasar eindig wanneer hulle skielik in bewing hulleself nugter sal skrik in afwagting van die oordeel van God.

Die besweerders en sterrewiggelaars kon nie help om die skrif te ontsyfer nie. Hulle het wél oor sataniese magte beskik, maar toe hulle met God gekonfronteer is, was hulle hoegenaamd nie in staat om die skrif te lees nie. Daniël was nie by die dronkpartytjie teenwoordig nie, hoewel hy tóg as hoofamptenaar uitgenooi moes gewees het. Dit betaam nie ‘n ordentlike, gelowige mens soos hy om sy oë op só ‘n plek te wys nie. Die koninginmoeder het egter uit die dae van Nebukadnésar onthou dat Daniël oor groot wysheid beskik, en hy is ontbied.

Daniël het nie in die minste in die geskenke en bevordering belanggestel wat vir hom aangebied is nie. Hy sou derde in rang in die Babiloniese ryk gewees het, ná Nabonidus en Belsasar wat mede-regeerders was. Daniël het nie sy eie eer gesoek nie, maar dié van God. Sy houding is in skrille kontras met moderne gebruike, waar menseverering, omkopery en hoogs korrupte vorms van selfverryking aan die orde van die dag is. Daniël het Belsasar van die volgende drie ernstige wandade beskuldig:

1.    Belsasar het die verhaal van sy grootvader, Nebukadnésar, geken, en alles wat as gevolg van sy optrede met hom gebeur het. Tóg gaan hy op sy weg van selfverheerliking en ongeloof voort. As Belsasar só sterk aanspreeklik gehou word vir die bietjie lig wat hy ontvang het, hoeveel te meer sal ons dan aanspreeklik wees. Ons het die hele Bybel tot ons beskikking, asook byna 2000 jaar van kerkgeskiedenis. Belsasar het geweet maar nie geglo en volgens die feite tot sy beskikking gehandel nie. Jesus Christus het Homself aan ons geopenbaar en die skuld vir ons sonde gedra. Hy beloof in Mattheus 11:20-24 ‘n baie swaar straf vir diegene wat nie sy woord van verlossing aanneem nie.

2.    Hy het verwaand opgetree en God bespot deur die heilige voorwerpe te ontheilig. God het die mens geskape om Hom te verheerlik, en Belsasar het in hierdie basiese doel van menswees misluk.

3.    Hy het afgode aanbid. Hoewel afgodediens nie meer in hierdie vorm beoefen word nie, weet ons dat enigiets wat inbreuk op ons onverdeelde toewyding aan die Here Jesus is, afgodediens is.

In die lig van hierdie oortredings is Belsasar se tydperk van koningskap getel (mene) en beëindig. Hy is geweeg (tekel) en te lig bevind. Sy koninkryk is van hom weggeneem en verdeel (ufarsin) en aan die Meders en Perse gegee. Die beloofde geskenke is tóg aan Daniël gegee, want dit het gegaan om die eer van God wat daardeur uitgedra sou word – nie sy eie eer nie.

Die val van Babilon

In ander historiese bronne lees ons dat die Perse die water van die Eufraatrivier wat deur Babilon gevloei het, afgekeer het deur ‘n kanaal te grawe wat die water na ‘n nabygeleë meer laat wegvloei het. Die watervlak van die rivier het sodanig gesak dat die soldate aan die noorde- én suidekant deur die sluisdeure tot binne-in die stad kon marsjeer. Hulle het die stad sonder ‘n geveg ingeneem en vir Belsasar om die lewe gebring. Dit het in die nag van 16 Tisri (12 Oktober 539 v.C.) gebeur. Die daaropvolgende bewind van die Meders en Perse was die tweede fase van die tye van die nasies, soos deur die silwer bors en arms van die beeld in Daniël 2 voorgestel word.

Profetiese toepassing

In Openbaring 17 en 18 word die val van Babilon ook beskryf, maar hierdie keer is dit die Babiloniese stelsel van die Antichris wat in die komende groot verdrukking, kort voor die wederkoms van Christus, vernietig sal word. Daniël 5 het dus ook ‘n profetiese toepassing van oordele wat die koninkryke van hierdie verdorwe aarde te wagte kan wees. Ons het reeds die aandag op soortgelyke profetiese toepassings in Hoofstuk 2 gevestig waar die beeld wat die heidense koninkryke voorstel, in die eindtyd finaal vergruis sal word. In Hoofstuk 4 het die sewe jaar van Nebukadnésar se kranksinnigheid ook ‘n profetiese toepassing op die sewe jaar van verdrukking wat oor die hoogmoedige leiers en hulle onderdane van die eindtyd sal kom.

Soos wat die Babiloniese koninkryk se dae in Daniël 5 getel is, is die dae van die eindtydse węreld wat eweneens in ‘n toestand van rebellie teen God is omdat hulle sy Woord én sy Seun verwerp het, ook getel. Op ‘n vasgestelde dag sal die teëhouer (die ware kerk van Jesus Christus) uit die weg geruim word, en dan sal die Antichris geopenbaar word en sal die aftelling van die laaste sewe jaar voor Christus se wederkoms begin (2 Thess. 2:6-12).

Gebeure in die Midde-Ooste is duidelike tekens van die tyd waarin ons leef. Die huidige Irak is die land waarin die oorblyfsels van die stad Babilon teenaan die Eufraatrivier geleë is. Babilon is stadig maar seker besig om uit die stof van die eeue op te staan. Die stad word sedert 1978 deur Irak herbou, en in September en Oktober 1987 is die eerste fase van die herboude Babilon feestelik ingewy. Dit sluit die suidelike deel van Nebukadnésar se paleis in, asook die beroemde troonsaal waarin die skrif tydens Belsasar se bewind teen die muur verskyn het. Dit is duidelik dat Babilon se rol in die geskiedenis van die nasies nog nie uitgespeel is nie.

In elk geval is daar internasionaal op kulturele, politieke en godsdienstige terreine beslis ‘n Babiloniese węreldkultuur besig om te ontstaan. Die ontluikende nuwe węreldorde stel alle godsdienste gelyk en minag daardeur openlik die God van die Bybel. Dit heg ook nie hoë waarde aan volksgrense nie, omdat dit hulle doel is om van alle mense in die eerste instansie węreldburgers te maak. Hulle streef ook daarna om, soos Nebukadnésar van ouds, ‘n węreldregering te skep wat absolute gesag oor alle volke op aarde sal hę.

Dit is skrikwekkend en haas ondenkbaar dat die moderne węreldleiers ten spyte van al die historiese feite tot hulle beskikking, sowel as die profetiese voorkennis in die Bybel, voortgaan om ‘n Babiloniese nuwe węreldorde te vestig. Behalwe vir die onwerkbaarheid daarvan, skep hulle duidelik die strukture vir die Antichris se węreldregering, węreldgodsdiens en węreldekonomie. Die Europese nasies bou geesdriftig saam aan die eindtydse Babiloniese węreldregering deur van hulle nasionale soewereiniteit afstand te doen en ‘n belangrike deel van hulle regeringsmagte aan die Europese Parlement oor te dra. ‘n Gemeenskaplike Europese geldeenheid is reeds in gebruik en baan die weg vir nog meer en verreikende hervormings in die nabye toekoms.

Wanneer die verenigde Europa ook na die Midde-Ooste en Noord-Afrika uitgebrei het, sal die tyd vir die openbaring van die moderne koning van Babel, die Antichris, gereed wees. Hy sal uit die Midde-Ooste opstaan en daarvandaan sy opmars na węreldleierskap maak. Dit beteken dat die oordele van God oor die eindtydse Babiloniese węreldstaat naby gekom het. Wanneer daardie donker tyd vir die goddeloses aanbreek, sal die ware kinders van die Here, soos Daniël, met eer bekroon word en voor die hemelse Koning en Bruidegom verskyn.