Daniël 4. Nebukadnésar se Tweede Droom

In Daniël 4 word die volgende beskrywing van Nebukadnésar se tweede droom gegee:”

“Koning Nebukadnésar aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon: Mag julle vrede groot wees! Dit behaag my om die tekens en wonders wat die allerhoogste God aan my gedoen het, te verkondig. Hoe groot is sy tekens, en hoe magtig sy wonders! Sy koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag! Ek, Nebukadnésar, het rustig in my huis gelewe en was voorspoedig in my paleis. Ek het ‘n droomgesig gesien wat my verskrik het – droombeelde op my bed en die gesigte van my hoof het my verontrus. Daarop is deur my bevel gegee om al die wyse manne van Babel voor my te bring, dat hulle my die uitlegging van die droom bekend kan maak. Toe het die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs en die waarsęers gekom, en ek het hulle die droom vertel, maar hulle het sy uitlegging my nie bekend gemaak nie; totdat eindelik Daniël voor my ingekom het, wie se naam Béltsasar is, na die naam van my god, en in wie die gees van die heilige gode is; en ek het hom die droom vertel: Béltsasar, owerste van die geleerdes, van wie ek weet dat die gees van die heilige gode in jou is en dat geen enkele geheim jou kwel nie, vertel my die droomgesigte wat ek gesien het, naamlik die uitlegging daarvan. Wat nou die gesigte van my hoof op my bed betref – ek het gesien, en kyk, daar was ‘n boom in die middel van die aarde, en sy hoogte was groot. Die boom het groot geword en sterk, en sy hoogte het tot aan die hemel gereik, sodat hy tot aan die einde van die hele aarde sigbaar was. Sy blare was mooi en sy vrugte baie, en aan hom was vir alles voedsel; onder hom het die diere van die veld skaduwee gesoek, en in sy takke het die voëls van die hemel gewoon, ja, alle vlees is daardeur gevoed. Ek het in die gesigte van my hoof op my bed gesien, en kyk, ‘n bode, naamlik ‘n heilige, het uit die hemel neergedaal; hy het hardop geroep en só gesę: Kap die boom om en kap sy takke af, trek sy blare af en verstrooi sy vrugte; laat die diere onder hom uit wegvlug en die voëls uit sy takke. Maar laat sy penwortel in die aarde staan, en dit met ‘n band van yster en koper in die groen gras van die veld; en laat hy deur die dou van die hemel natgemaak word en saam met die diere deel hę aan die plante van die aarde. Laat sy hart anders word as dié van ‘n mens en ‘n dierehart aan hom gegee word, en laat sewe tydperke oor hom heengaan. Op ‘n besluit van die bodes berus die bevel, en ‘n woord van die heiliges is die saak, met die bedoeling dat die lewendes kan erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil, en die nederige onder die mense daaroor aanstel. Dit is die droomgesig wat ek, koning Nebukadnésar, gehad het; en jy, Béltsasar, sę my die uitlegging, omdat al die wyse manne van my koninkryk my die uitlegging nie kon bekend maak nie; maar jy is daartoe in staat, want die gees van die heilige gode is in jou. Toe het Daniël, wie se naam Béltsasar was, ‘n oomblik verstom gestaan en sy gedagtes het hom verskrik. Die koning het daarop gespreek en gesę: Béltsasar, laat die droom en die uitlegging jou nie verskrik nie. Béltsasar het geantwoord en gesę: My heer, mag die droom u haters en sy uitlegging u teëstanders oorkom. Die boom wat u gesien het – wat groot en sterk geword het, en waarvan die hoogte tot aan die hemel gereik het en wat vir die hele aarde sigbaar was, en waarvan die blare mooi en die vrugte baie gewees het, en waar voedsel vir alles aan was, waaronder die diere van die veld gehou en in die takke waarvan die voëls van die hemel gewoon het – dit is u, o koning, wat groot en sterk geword het, wie se grootheid toegeneem het en reik tot aan die hemel en u heerskappy tot aan die einde van die aarde. En dat die koning ‘n bode, naamlik ‘n heilige, uit die hemel sien neerdaal het met die woorde: Kap die boom om en verwoes hom, maar laat sy penwortel in die aarde staan, en dit met ‘n band van yster en koper in die groen gras van die veld, en laat hy deur die dou van die hemel natgemaak word en sy lot saam met die diere van die veld wees totdat sewe tydperke oor hom heengegaan het – dit is die uitlegging, o koning, en dit is die besluit van die Allerhoogste wat oor my heer die koning kom: Hulle sal u uit die mensdom verstoot, en u woning sal saam met die diere van die veld wees, en hulle sal u soos die beeste plante laat eet; en u sal deur die dou van die hemel natgemaak word, en sewe tydperke sal oor u heengaan totdat u erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil. En dat hulle bevel gegee het om die penwortel van die boom te laat staan – u koningskap sal vir u bestendig wees vandat u erken het dat die hemel heers. Daarom, o koning, laat my raad u welgevallig wees en breek met u sondes deur geregtigheid en met u ongeregtighede deur genade te bewys aan die ellendiges as daar verlenging van u rus moet wees. Dit alles het oor koning Nebukadnésar gekom. Aan die einde van twaalf maande terwyl hy op die koninklike paleis van Babel rondwandel, het die koning aangehef en gesę: Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot ‘n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë, en tot verheerliking van my majesteit nie? Terwyl die woord nog in die mond van die koning was, val daar ‘n stem uit die hemel: Koning Nebukadnésar, jou word aangesę – die koningskap word jou ontneem; en hulle sal jou uit die mensdom verstoot, en jou woning sal saam met die diere van die veld wees; hulle sal jou plante laat eet soos die beeste, en sewe tydperke sal oor jou heengaan, totdat jy erken dat die Allerhoogste mag het oor die koningskap van die mens en dit gee aan wie Hy wil. Dieselfde oomblik het die woord in vervulling gegaan oor Nebukadnésar – hy is uit die mensdom verstoot en het plante geëet soos die beeste, en deur die dou van die hemel is sy liggaam natgemaak, totdat sy hare lank geword het soos die vere van arende, en sy naels soos dié van voëls. En ná verloop van tyd het ek, Nebukadnésar, my oë na die hemel opgeslaan, en my verstand het in my teruggekeer, en ek het die Allerhoogste geloof en Hom wat ewig lewe, geprys en geëer, wie se heerskappy ‘n ewige mag en wie se koningskap van geslag tot geslag is. En al die aardbewoners word as niks geag nie, en na sy wil handel Hy met die leër van die hemel en die bewoners van die aarde, en daar is niemand wat sy hand kan afslaan en vir Hom kan sę: Wat doen U nie? In dié tyd het my verstand in my teruggekeer; en wat die eer van my koningskap betref – my majesteit en my glans het in my teruggekeer, en my raadsmanne en my maghebbers het my opgesoek; en ek is in my koningskap herstel, en buitengewone grootheid is my toegevoeg. Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel” (Dan. 4:1-37).

Daniël 4 is uniek in die Bybel omdat dit deur ‘n nie-Joodse koning geskryf is wat die getuienis oor sy persoonlike geloof in die ware God van die hemel daarin gee. Ná Nebukadnésar se ondervinding wat in hierdie hoofstuk beskryf word, het hy sy getuienis opgestel en aan al die konings in sy ryksgebied uitgestuur. In sy getuienis stel hy homself onvoorwaardelik aan God ondergeskik wanneer hy sę: “Sy koninkryk is ‘n ewige koninkryk, en sy heerskappy is van geslag tot geslag” (4:3). Met hierdie woorde erken Nebukadnésar dat sy koninkryk nie sulke eienskappe het nie. Dit is ‘n belangrike bekentenis vir só ‘n koning, want ons het reeds in Daniël 2 en 3 gesien dat hy homself as die permanente oppergesag van die aarde beskou het. Nou het hy tot berusting gekom en sy eie gesag as komende van God aanvaar.

In die laaste verse van hierdie hoofstuk het Nebukadnésar inderdaad sy persoonlike geloof in en afhanklikheid van God bely. Hy sę: “Nou prys ek, Nebukadnésar, en ek roem en eer die Koning van die hemel: al sy werke is waarheid en sy paaie is reg, en Hy kan verneder die wat in hulle trotsheid wandel.” Met hierdie getuienis het hy terselfdertyd die grondwet van sy magtige koninkryk verander, want hy het daarna uitdruklik die oppergesag van die ware God erken.

Hierdie persoonlike getuienis van bekering én amptelik beleidsverklaring is ‘n goeie voorbeeld vir moderne staatshoofde, waarvan die meeste reeds sekulęre grondwette aanvaar het waarin God se oppergesag nie erken word nie, en ook nie die beproefde riglyne wat in sy Woord uiteengesit is nie. Die arrogante leiers wat hulleself teen die God van die hemel verhef, moet nie verbaas wees as hulle in die komende verdrukking deur die Here verneder word nie. Hy sę: “Ek sal aan die węreld sy boosheid besoek, en aan die goddelose hulle ongeregtigheid; en Ek sal die trots van die vermeteles laat ophou en die hoogmoed van tiranne verneder” (Jes. 13:11).

Die gebeurtenisse van Daniël 4 speel waarskynlik naby aan die einde van Nebukadnésar se bewind van 43 jaar af. Hy sę dat hy rustig en voorspoedig was (4:4). Dit dui daarop dat hy feitlik alles bereik het wat hy in sy koninkryk vir homself ten doel gestel het. Daar was ook geen noemenswaardige bedreiging van buite af nie. Ons sien dus hier ‘n mens wat baie tevrede met homself is, en dink dat hy niks van iemand anders óf van God nodig het nie.

God is egter steeds besig om met hierdie man te werk, en skielik moet sy rustigheid vir verontrusting plek maak. Elke mens wat tot bekering kom, het alles aan die genadige werking van God te danke. Almal van ons het egter die verantwoordelikheid om keuses te maak en besluite te neem as ons in die regte verhouding met die Here wil kom. Dikwels word ons in moeilike omstandighede geplaas waaruit ons net deur die Here gered kan word. Selfs in sulke situasies moet ons keuses maak oor waar ons ons hulp gaan soek. Nebukadnésar het die regte besluit geneem, daarom kon hy roem in die Here wat hom uitgered het.

Die feit dat sy droom hom verontrus het, is waarskynlik daaraan toe te skryf dat hy vermoed het wat die uitleg daarvan was, naamlik dat hy self die boom was wat afgekap sou word. Was sy wyse manne werklik nie in staat om die droom te verklaar nie, of was hulle dalk net bang om sulke slegte nuus aan die koning oor te dra? Uiteindelik verskyn Daniël ook voor die koning. Het die koning hom dan eers laaste ingeroep? Ek dink nie so nie. Hy het waarskynlik rustig sy kans afgewag om aan die einde weer te bewys dat die mag en wysheid van God dié van die Chaldeërs ver te bowe gaan.

Vers 17 versterk die vermoede dat Nebukadnésar ‘n goeie idee moes gehad het van wat die droom beteken, want hier sę hy, nog voordat die droom deur Daniël uitgelę is, dat die bodes (dit is engele) bevel gegee het dat die boom afgekap moes word sodat lewendes die mag van die Allerhoogste oor die koningskap van die mens sal erken. “God weerstaan die hoogmoediges, maar aan die nederiges gee Hy genade” (Jak. 4:6). Elkeen van ons word opgeroep om sy eie toestand van onwaardigheid en verlorenheid voor God te erken en te bely, want daarsonder kan die Here Jesus nie sy werk van versoening en heiligmaking in ons voltrek nie.

Daniël is ook eers huiwerig om só ‘n slegte boodskap aan die koning oor te dra, maar hy word gerusgestel. Nebukadnésar moes hoor dat sy ergste vrees wél gegrond was. Hy was die groot boom wat soveel majesteit en eer rondom homself vergader het, en wat nou afgekap sou word. Daar is egter nog hoop vir die toekoms, want die boom word nie totaal uitgeroei nie. Die penwortel bly staan en word verder deur ‘n band van koper en yster beskerm. Nebukadnésar se kranksinnigheid sou sewe tydperke lank duur, m.a.w. sewe seisoensjare. ‘n Tyd word ook in Daniël 7:25 as een jaar verklaar.

Indien die koning ná die sewe jaar die almag van God erken, sou hy in sy amp herstel word. God se strafgerigte in die Bybel is dikwels daarop ingestel om ‘n volk of ‘n individu tot inkeer te bring. Sy genade en liefde teenoor sondaars is altyd in sy tugtiging duidelik. Daniël verstaan die saak ook so en voeg ‘n woord van vermaning by deur vir die koning te sę: “Breek met u sondes deur geregtigheid en met u ongeregtighede deur genade te bewys aan die ellendiges ” (4:27). Nebukadnésar het op sy weg na sukses en roem baie ongeregtighede gepleeg en baie ellendiges vertrap. So sal hy nooit voor God kan verskyn nie. Hy moes met sy sonde breek en dit voor God bely indien hy genade wou ontvang.

Ons lees in vers 30 dat die uurglas vir Nebukadnésar uitgeloop het toe hy weer in ‘n oomblik van selfvoldaanheid al sy geboue en prestasies gadegeslaan het: “Is dit nie die groot Babel wat ek opgebou het tot ‘n koninklike verblyf, deur die sterkte van my vermoë, en tot verheerliking van my majesteit nie?” Hierdie soort selfverheerliking is ook die groot probleem met die węreld van ons dag. Die wetenskap en tegnologie het so ver gevorder dat die mensdom begin dink dat daar byna niks vir hom onmoontlik is nie, en dat hy self al sy probleme sal kan oplos. Loop ons nie ook die gevaar om oor al ons eiewaan die stem van oordeel uit die hemel te hoor nie?

Nebukadnésar se straf het die gewenste uitwerking gehad, want ons lees in vers 34 dat hy ná verloop van tyd sy oë na die hemel opgeslaan het. Nou is dit nie meer, soos in die vorige hoofstukke, slegs ‘n erkenning van God se mag, of ‘n proklamasie dat niemand van die God van die hemel sleg mag praat nie. Nee, in nederigheid en diep onder die besef van sy toestand van mislukking en verlorenheid soek hy nou self sy hulp by God. Sy gebed word nie beskaam nie en hy word onmiddellik herstel. Daarna volg sy danklied waarin hy die heerskappy en almag van God prys. In die laaste vers stel hy dit onomwonde dat hy persoonlik die Koning van die heelal roem en eer.

Uit Nebukadnésar se ervaring leer ons dat bekering die stap is waarin ‘n mens van jou lewe van sonde en ongehoorsaamheid omdraai en vir redding voor God se genadetroon neerbuig. Hy vergewe jou, red jou siel en stel jou in staat om daarna op ‘n heel nuwe pad van diensbaarheid aan God en getuienis van sy groot dade te wandel. “Laat ons dan met vrymoedigheid na die troon van genade gaan sodat ons barmhartigheid kan verkry en genade vind om op die regte tyd gehelp te word” (Heb. 4:15). Ons word uit genade gered, deur die geloof – nie deur werke nie (Ef. 2:8). Geen mens kan sy saligheid deur goeie werke verdien nie. ‘n Stap wat ons egter móét neem, is dié van bekering – om ons sondes te bely en ons vir redding tot God te wend. Daarna moet ons doelgerig vir die Here werk – nie om gered te word nie, maar omdat ons gered is (Ef. 2:10). Ons moet getuienis van God se genade tot redding lewer, sodat ander ook tot bekering kan kom. Nebukadnésar het nie net van sy persoonlike redding getuig nie, maar ook sy groot koninkryk se grondwet verander om die gesag van God te erken.

Profetiese perspektief

Die sewe jaar van Nebukadnésar se kranksinnigheid het ook ‘n profetiese toepassing. In Daniël 9:27 lees ons van ‘n jaarweek (‘n tydperk van sewe jaar) waarin die Antichris oor die aarde sal regeer. Hierdie tyd word in twee helftes van 3˝ jaar elk verdeel. In die eerste helfte sal die Antichris as ‘n valse vredevors regeer en die mensdom toelaat om baie verskillende gode te aanbid op voorwaarde dat hulle hom as die oorkoepelende węreldmessias erken. In die tweede helfte van die week sal hy, soos Nebukadnésar, ‘n beeld laat oprig en almal met die dood dreig wat sou weier om voor die beeld neer te buig en dit te aanbid (Op. 13:15). Hy sal dus ‘n tipies Babiloniese godsdiens van verpligte afgodediens instel. Volgens Openbaring 13:5 sal sy skrikbewind 42 maande lank duur, wat presies 3˝ jaar is.

Die oordele wat gedurende ‘n tydperk van sewe jaar oor Nebukadnésar gekom het, is ‘n profetiese tipe van die oordele wat gedurende die komende verdrukking van sewe jaar oor die hele mensdom sal kom. Die eindtydse mensdom se humanistiese selfvoldaanheid en selfverheffing is só erg dat God openlik gesmaad en verwerp word. “Die konings van die aarde staan gereed, en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde (Christus) en sę: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (Ps. 2:2-3). Ons kan verwag dat die goddelose mense wat deur hulle optrede die Babiloniese kultuur en godsdiens laat herleef, net soos Nebukadnésar daarvoor in die gerig gebring sal word.

In die komende tydperk van sewe jaar sal een ramp en oordeel ná die ander die mens en al die prestasie wat hy bereik het, tref (Op. 6 tot 19). Konings en maghebbers sal in dié tyd in ‘n soortgelyke posisie as Nebukadnésar wees. Johannes sę: “Die konings van die aarde en die grotes en die rykes... het hulle weggesteek in die spelonke en in die rotse van die berge, en vir die berge en rotse gesę: Val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam; want die groot dag van sy toorn het gekom, en wie kan bestaan?” (Op. 6:15-17).

Tóg sal die wortel steeds oorbly en die ganse mensdom sal nie uitgewis word nie, want Jesus het gesę: “As daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie” (Matt. 24:22). Aan die einde van die verdrukking sal daar ‘n oorblyfsel van Israel en die nasies gered word: “En dadelik ná die verdrukking van daardie dae sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die kragte van die hemele sal geskud word. En dan sal die teken van die Seun van die mens in die hemel verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid” (Matt. 24:29-30).

Dit is veel beter om berou oor jou sonde te hę voordat jy in die oordele van die Here kom. Diegene wat dít doen, kom nie in die oordeel nie omdat hulle oorgegaan het uit die dood in die lewe. Die Here Jesus het vir sy dissipels gesę: “Waak dan en bid altyddeur, sodat julle waardig geag mag word om al hierdie dinge wat kom, te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan” (Luk. 21:36). ‘n Relatief klein groep ware dissipels van Christus sal die komende oordeel van die verdrukking van sewe jaar ontvlug. Die groot meerderheid op die breë weg sal, soos Nebukadnésar, as gevolg van hulle sonde en ongeregtigheid die voorwerpe van God se toorn wees. Die klein groep wat dit oorleef, sal die Seun van die Mens op die wolke van die hemel sien kom wanneer die sewe jaar verby is.

Op daardie oomblik sal die tye van die nasies verby wees en sal Israel se koninkryk onder die persoonlike beheer van die Messias herstel word. Net mense wat aan Hom behoort omdat hulle siele gered is, sal saam met Hom in sy koninkryk op aarde regeer. Onder sy dissipels sal daar Jode wees sowel as ‘n groot menigte uit elke volk en taal en nasie. Indien Nebukadnésar as ‘n gelowige gesterf het, sal hy ook in dié koninkryk wees, wat veel groter en wonderliker sal wees as die eens magtige Babiloniese ryk wat hy opgebou het.