Daniël 2. Die Profetiese Geskiedenis van die Nasies

Van Daniël 2:4(b) af tot aan die einde van Hoofstuk 7 is die oorspronklike teks in die destydse węreldtaal, Aramees, geskryf en nie in Hebreeus soos die res van die boek nie. Die uitdruklike doel hiermee was omdat dié gedeelte oor die profetiese toekoms van die nie-Joodse węreldryke handel. Dit het die einde van Israel se koninkryk tydens die aanvang van die tye van die nasies meegebring, asook die feit dat God se koninkryk in Nuwe Testamentiese tye onder alle nasies net in ‘n verborge vorm in gelowiges se harte funksioneer – dit is nie van hierdie węreld nie. Die politieke, kulturele en geestelike oorheersing van die węreld deur heidense koninkryke sou voortduur totdat hulle in die eindtyd deur ‘n ingryping van God tydens die wederkoms van Christus vernietig en vervang sal word. Dan sal Israel se koninkryk ook in groter heerlikheid as die verlede herstel word, en al die heiliges uit alle nasies sal saam met Christus in sy geopenbaarde koninkryk op aarde regeer (Op. 5:9-10).

Die Here het die toekoms van die nasies deur ‘n droom aan Nebukadnésar geopenbaar, maar hy kon die droom nie verstaan of verklaar nie. Hierdie aardse maghebber was duidelik in die duister oor dié dinge wat werklik belangrik is, en was gevolglik onrustig en slapeloos oor die droom. Die vrede en wysheid van God het heeltemal in sy lewe ontbreek. In sy onkunde het hy homself tot die wyse manne van Babel gewend om ‘n antwoord oor die betekenis van sy droom te kry – dit was die sterrekykers, besweerders en towenaars van die Chaldeërs. As ‘n toets van hulle bekwaamheid om verborge dinge te kan verstaan, moes hulle eers aan die koning vertel wat hy gedroom het, en daarna die betekenis daarvan bekend maak. Groot loon is aan die waarsęers gebied indien hulle dié droom en sy betekenis bekend kon maak, maar summiere doodstraf vir almal van hulle indien hulle dit nie kon doen nie.

Nie een van hulle kon dit doen nie en die koning het hulle oor hul onvermoë verkwalik. Hulle wou eers inligting oor die droom hę voordat hulle dit verklaar, maar die koning het geweier en die oordeel oor hulle herbevestig. Dit sou ‘n groot terugslag vir die geloofwaardigheid van hierdie manne van aansien in die samelewing wees, omdat die hele Babiloniese godsdiensstelsel rondom hulle okkultiese praktyke en esoteriese kennis gebou is. Dit het sterrewiggelary en waarsęery ingesluit, asook die aanbidding van verskeie afgode, waarvan die belangrikste die songod, Baäl, asook die hemelgodin en haar seun was.

Hierdie valse godsdiens van mistiese spiritualiteit, towery, toekomsvoorspelling, die aanbidding van die god van hierdie węreld, asook die verering van ‘n vrouefiguur en haar kind, het deur die eeue heen sy merk op die geskiedenis van die nasies gemaak. Die Babiloniese godsdiensstelsel wat in verborgenheid onder die heidennasies gegaan en in verskillende vorms voortgeleef het, sal volgens Openbaring 17 nog tot in die komende verdrukking voortbestaan en sterk erkenning by die Antichris kry voordat dit finaal vernietig sal word. Johannes noem haar: “Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde” (Op. 17:5). Sy sal weer haar posisie as ‘n moederorganisasie vir al die afvalliges terugkry.

Wat in Nebukadnésar se paleis gebeur het, was ‘n geloofwaardigheidstoets vir die amptelik erkende godsdiensleiers van sy magtige węreldryk. Die Here het hierdie geleentheid gebruik om hulle onvermoë en valsheid aan die koning te demonstreer, en ook aan hom te wys dat daar net een openbaarder van geheimenisse is, naamlik die ware God van die hemel en aarde. In hierdie situasie is die enigste ware godsdiens teenoor die valse godsdienste van die węreld gestel. Die konfrontasie tussen hulle was onvermydelik, omdat hulle dwaasheid en onvermoë in die lig van God se teenwoordigheid geopenbaar en bestraf moes word.

Daniël was sonder sy wete ook deel van die koning se veroordeling van al die wyse manne in sy koninkryk indien hulle nie aan sy eis oor die droom kon voldoen nie. Die waarsęers het gesę dat geen mens hierdie inligting te kenne kon gee nie. “Die koning het toornig en baie kwaad geword en bevel gegee om al die wyse manne van Babel om te bring. Toe die bevel uitgevaardig is en die wyse manne gedood sou word, het hulle ook Daniël en sy metgeselle gesoek om gedood te word... Daarop het Daniël ingegaan en die koning versoek dat hy hom tyd moes gee om die uitlegging aan die koning te kenne te gee. Toe gaan Daniël na sy huis en maak aan Hananja, Misael en Asarja, sy metgeselle, die saak bekend, en dat hulle barmhartigheid van die God van die hemel moes afsmeek oor hierdie geheim, sodat hulle Daniël en sy metgeselle en die orige wyse manne van Babel nie sou ombring nie. Daarop is in ‘n naggesig die geheim aan Daniël geopenbaar” (Dan. 2:12-19).

Hierop het Daniël eers die Here geprys: “Toe het Daniël die God van die hemel geloof... en gesę: Mag die Naam van God geprys word van ewigheid tot ewigheid, want die wysheid en die krag is syne... Hy sit konings af en stel konings aan; Hy verleen wysheid aan die wyse manne en kennis aan die wat insig het; Hy openbaar ondeurgrondelike en verborge dinge; Hy weet wat in die duister is, en die lig woon by Hom. U, God van my vaders, loof en prys ek, want U het my wysheid en krag verleen, en nou het U my bekend gemaak wat ons van U afgesmeek het, want die saak van die koning het U ons bekend gemaak” (Dan. 2:19-23).

Hierna is Daniël voor die koning gebring en het aan hom gesę: “Die geheim waarna die koning vra, kan die wyse manne, die besweerders, die geleerdes, die waarsęers nie aan die koning te kenne gee nie. Maar daar is ‘n God in die hemel wat geheime openbaar, en Hy het koning Nebukadnésar bekend gemaak wat aan die einde van die dae sal gebeur” (Dan. 2:27-28).

In sy tyd van toetsing het Daniël kalm gebly en saam met vriende die aangesig van die Here in gebed oor die koning se droom gesoek. Hulle het genade van die Here afgebid om hierdie geheimenis aan hulle bekend te maak. Die Here reageer altyd uit genade op ons behoeftes, wat dit ook al mag wees. Ons moet net ons onvermoë teenoor Hom erken om self ons probleme op te los, en dan om sý wysheid en die grootheid van sy goedertierenheid bid. Ons gebedsversoeke moet altyd op die eer van sy Naam gerig wees.

Wanneer die Here ons begenadig het met krag en wysheid uit die hoogte, moet ons vreesloos vir Hom ‘n standpunt in hierdie goddelose węreld inneem. Daniël se toewyding aan die Here het nie net in sy binnekamer plaasgevind nie, maar hy het dit ook in die openbaar bekend gemaak. Wanneer hy dit gedoen het, was hy versigtig om aan die Here al die eer te gee. Daniël is aan die koning voorgestel as ‘n persoon wat die droom kon uitlę, maar hy het dadelik volle erkenning aan die Here as die openbaarder van geheimenisse gegee. Ons moet ook daarteen waak om onsself te verhef en op ‘n troontjie te plaas. Gee aan die Here die eer vir die groot dinge wat Hy vir jou gedoen het – jy is net ‘n dienskneg en gesant van Hom.

Daniël het die droom só verduidelik: “U, o koning, het ‘n gesig gehad – kyk, daar was ‘n groot beeld; hierdie beeld was hoog, en sy glans was buitengewoon; dit het voor u gestaan en sy voorkoms was vreeslik. Wat die beeld betref, sy hoof was van goeie goud, sy bors en sy arms van silwer, sy buik en sy lendene van koper, sy bene van yster, en sy voete gedeeltelik van yster en gedeeltelik van klei. U het gekyk totdat daar sonder toedoen van mensehande ‘n klip losraak wat die beeld getref het aan sy voete van yster en van klei en dit fyngestamp het. Toe is tegelykertyd die yster, die klei, die koper, die silwer en die goud fyngestamp, en dit het soos kaf geword van die dorsvloere in die somer, wat die wind wegneem, sodat daar geen spoor van gevind is nie; maar die klip wat die beeld getref het, het ‘n groot rots geword wat die hele aarde gevul het. Dit is die droom” (Dan. 2:31-36).

Die uitleg van die droom is só deur Daniël verduidelik: “U, o koning, koning van die konings, aan wie die God van die hemel die koningskap, die krag, en die sterkte en die eer verleen het, en in wie se hand Hy in die hele bewoonde węreld die mensekinders, die diere van die veld en die voëls van die hemel gegee het, sodat Hy u as heerser oor hulle almal aangestel het – u is die hoof van goud. En ná u sal daar ‘n ander koninkryk opstaan, geringer as dié van u; daarna ‘n ander, ‘n derde koninkryk, van koper, wat oor die hele aarde sal heers; en die vierde koninkryk sal hard wees soos yster, juis omdat yster alles fynstamp en verpletter; en soos die yster wat vergruis, sal hy dit alles fynstamp en vergruis. En dat die voete en tone, soos u gesien het, deels van pottebakkersklei en deels van yster was – dit sal ‘n verdeelde koninkryk wees, en van die hardheid van die yster sal daarin wees, omdat u die yster met kleigrond gemeng gesien het. En dat die tone van die voete deels van yster en deels van klei is – ‘n gedeelte van die koninkryk sal hard en ‘n gedeelte sal bros wees... Maar in die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan – net soos u gesien het dat sonder toedoen van mensehande ‘n klip van die berg af losgeraak het wat die yster, die koper die klei, die silwer en die goud verbrysel het. Die grote God het aan die koning bekend gemaak wat hierna sal gebeur; en die droom is waar en sy uitlegging betroubaar” (Dan. 2:37-45).

Daniël se uitleg het ‘n opeenvolging van heidense ryke aangedui wat as magtige koninkryke oor die destyds bekende węreld, en dus ook oor Israel, sou regeer. Die Babiloniese ryk was die kop van goud. Die Here het Nebukadnésar aangestel sodat deur hom uitvoering aan sy raadsplan vir die nasies gegee kon word. Alle mense is aan sy gesag onderwerp, selfs ook die diere en die voëls. Die Babiloniese ryk het van 626 tot 539 v.C. regeer.

Die tweede deel van die beeld was die bors en arms van silwer. Dit het op die ryk van die Meders en die Perse gedui (die twee arms van die beeld) wat die Babiloniërs in 539 v.C. oorwin en onderwerp het. Hoewel die Medo-Persiese ryk meer as 200 jaar lank regeer het, van 539 tot 330 v.C., wat veel langer as die Babiloniese ryk se 87 jaar was, was dit minderwaardig teenoor die Babiloniese ryk, soos wat silwer minder as goud werd is.

Die buik en lendene van koper stel die derde koninkryk voor, naamlik die Griekse ryk. Alexander die Grote het die Medo-Persiese ryk in 330 v.C. verslaan en daarna hulle hele gebied beheer. Hy het die Griekse ryk verder oos tot in Indië uitgebrei.

Die bene van yster stel die Romeinse ryk voor. Hulle het die Griekse ryk in 63 v.C. verower. Hoewel die Romeinse ryk in twee dele verdeel is, soos die twee bene van die beeld, en uiteindelik in ‘n mengsel van yster en klei sal eindig, was dit nogtans een ryk. Hierdie ryk is deur sy groot krag gekenmerk, soos wat yster sterker as brons, silwer en goud is. Die Romeinse ryk het hard en genadeloos toegeslaan en al die lande wat deel van die vorige drie ryke was, by hulle ryk ingelyf. Met verloop van tyd het die Romeinse ryk egter toenemend verdeeld begin raak, soos yster en klei wat nie kan meng nie. In 476 n.C. het dit as ‘n politieke eenheid verbrokkel.

Die Romeinse ryk is egter nooit deur ‘n ander węreldryk vervang nie, en ten spyte van sy politieke verbrokkeling het dit as twee invloedryke godsdienstige en kulturele organisasies voortbestaan – een in die weste en een in die ooste. Sodoende het die twee bene van die beeld in die oostelike en westelike dele van die Romeinse ryk hulle invloed laat geld. Die westelike deel van die Romeinse ryk wat uit Rome beheer is, was ‘n belangrike groeipunt vir die Westerse beskawing van die eerste węreld. Wes-Europese kulture, die Romeinse reg en die Christelike geloof (Katolisisme én Protestantisme) het hiervandaan verder versprei – ook na ander węrelddele wat uit Wes-Europa se kolonisasie van nuwe gebiede ontstaan het.

Die Oostelike deel van die Romeinse ryk wat uit Konstantinopel beheer is, het ook verder uitgebrei tot in Rusland. Hiermee saam het die invloed van die Grieks-Ortodokse Kerk gegaan, wat vir die vestiging van die latere Russies-Ortodokse Kerk verantwoordelik was. Sodoende het Oos-Europa ‘n groeipunt vir die tweede węreld geword, wat later deur kommunisme oorheers is.

Met die ontdekking en kolonisering van die derde węreld het die węreld mettertyd in drie breë groeperings verdeeld geraak. Die strategie van die nuwe węreldorde is egter om die węreld weer te verenig en onder die gesag van ‘n enkele, VN-gebaseerde regering te plaas. Sodoende sal die laaste węreldryk voor die wederkoms van Christus sy beslag kry.

Uit die oogpunt van die beeld wat Nebukadnésar gesien het, sal die gebied van die ou Romeinse ryk die kern van die laaste węreldryk wees. Daar moet in gedagte gehou word dat die Romeinse ryk ‘n Mediterreense ryk was wat gedeeltes van Wes-Europa, Oos-Europa, die Midde-Ooste én dele van Noord-Afrika ingesluit het. Die val van die ystergordyn wat Wes- en Oos-Europa van mekaar geskei het, was ‘n belangrike verwikkeling in die herlewing van die Romeinse ryk. Nou moet hulle nog net lande uit die Midde-Ooste en Noord-Afrika ook by die Europese Gemeenskap betrek.

Die tien tone van die beeld stel die eindtydse, herstelde Romeinse ryk voor. Hierdie alliansie sal polities, kultureel, godsdienstig en taalkundig erg verdeeld wees, soos yster en klei wat nie kan meng nie. Nogtans sal hulle ‘n bondgenootskap van lande vorm wat verteenwoordigend van al vier die vorige węreldryke is. Die Midde-Ooste is die gemeenskaplike gebied wat deel van al vier die vorige ryke was, daarom sal die herstelde Romeinse ryk waarskynlik ook uit die Midde-Ooste beheer word. Die Siriese provinsie van die Romeinse ryk (die huidige Libanon, Sirië, Irak en Koeweit) was die hartland van die ou Babiloniese ryk en het ook ‘n belangrike deel van die Medo-Persiese en Griekse ryke gevorm. Volgens verdere profesieë in Daniël sal die eindtydse valse messias hier na vore tree en uiteindelik mag oor die hele węreld verkry.

‘n Duidelike beskrywing word oor die vernietiging van die beeld gegee. ‘n Klip raak sonder toedoen van mensehande los, tref die beeld aan sy tone en vergruis die hele beeld. Wanneer die koninkryke van die nasies finaal vernietig word, sal dit nie deur menslike toedoen geskied nie. Die rots wat neerdaal en dit tref, dui op die wederkoms van Christus, wat ook Israel se Messias is. Hy word dikwels in die Bybel met ‘n rots vergelyk (Ps. 118:22; Jes. 8:14; 1 Pet. 2:6-8). Hierdie rots sal groot word en die hele aarde vul. Nadat Christus die aardse koninkryke verbrysel het, sal Hy sy ewige koninkryk in hulle plek vestig. Dit sal die vervulling van Openbaring 11:15 wees: “Die koninkryke van die węreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid.”

Die feit dat die hele beeld verbrysel sal word wanneer die rots die tone daarvan tref, is ‘n duidelike bewys daarvan dat die eindtydse węreldregering nie net ‘n herlewing van die Romeinse ryk sal wees nie, maar ook ‘n herlewing van die Babiloniese, Medo-Persiese en Griekse węreldryke. Uit ‘n verdere studie van Daniël sal dit duidelik word dat die komende węreldregering nie uit Rome beheer sal word nie, maar uit die Midde-Ooste, uit die gebied wat in die Romeinse ryk as die Siriese provinsie bekend gestaan het. Dit is die hartland van die ou Babiloniese ryk, en was ook ‘n belangrike deel van die Medo-Persiese en Griekse ryke. Die Romeinse ryk moet dus as die erfgenaam en opvolger van die vorige, goddelose ryke gesien word, daarom sal die hele beeld val en tot stof vermaal word wanneer sy voete getref word.

Nebukadnésar het in sy droom die toekoms van vier opeenvolgende węreldryke gesien, wat al vier in die eindtydse węreldryk van die Antichris sal herleef. ‘n Alliansie van tien konings sal onder die oorhoofse beheer van die Antichris aan die bewind wees wanneer die Here sal ingryp om hulle gesag en mag finaal te beëindig: “In die dae van dié konings sal die God van die hemel ‘n koninkryk verwek wat in ewigheid nie vernietig sal word nie, en die heerskappy daarvan sal aan geen ander volk oorgelaat word nie; dit sal al daardie koninkryke verbrysel en daar ‘n einde aan maak, maar self sal dit vir ewig bestaan” (Dan. 2:44).

Die fout moes dus nie begaan word om slegs ‘n Ou Testamentiese interpretasie aan die betekenis van hierdie beeld te koppel nie. Die beeld verteenwoordig die totale tydperk van die tye van die nasies totdat Israel se koninkryk weer deur die Messias herstel sal word. Daniël het dit duidelik gestel dat die God van die hemel deur die droom aan Nebukadnésar getoon het wat aan die einde van die dae sal gebeur (Dan. 2:28). Die feit dat Israel die afgelope byna tweeduisend jaar in verstrooiing was en Jerusalem deur die nasies vertrap is (Luk. 21:24), is ‘n bewys daarvan dat die tyd van die heidense koninkryke nog nie verby is nie.

Jerusalem word sedert 1980 as die herstelde Israel se hoofstad erken, en dit het ons op die drumpel van die beëindiging van die tye van die nasies gebring. Jerusalem is nog nie volkome herstel nie, omdat die troon van Dawid steeds vervalle is en die Koning wat van hierdie troon af moet regeer, nog nie gekom het nie. Hy sal egter spoedig kom, en dan sal sy rotskoninkryk die koninkryke van die nasies verbrysel en self in hulle plek regeer. Die Priester-Koning wat vir die troon van Dawid bestem is, leef vir ewig en sal ‘n regering van geregtigheid instel sodat al die nasies onder sy bewind in vrede kan leef.

Ons sien reikhalsend daarna uit dat die Here in die geskiedenis van die mensdom sal ingryp en ‘n einde aan die goddeloosheid en sonde sal bring waaraan miljoene mense blootgestel word. Uit die profesieë in Daniël weet ons dat die korrupte strukture van menslike regering in die ontluikende nuwe węreldorde tot sy groot eindtydse manifestasie opgebou sal word en dat die mens van sonde, die valse messias, volle beheer daaroor sal verkry. Hierdie węreldryk sal egter van korte duur wees omdat die openbaring van God se koninkryk die einde daarvan sal beteken.

Groot eer het vir Daniël te beurt geval nadat hy die koning se droom beskryf en verklaar het. Hy is as heerser oor die provinsie Babel aangestel, en ook as owerste oor die wyse manne wie se lewens hy gespaar het. Sy drie vriende, wat in Babilonië Sadrag, Mesag en Abednego genoem is, het ook senior bestuursposte gekry. Daniël het uit die koning se paleis regeer. Só het die Here ook die getroue Israeliete in hulle ballingskap beskerm.