Danil 10. n Felle Stryd Teen Bose Wreldheersers

Hoofstuk 10 is die inleiding tot die laaste visioen wat Danil in hoofstukke 11 en 12 beskryf. Hy s: In die derde jaar van Kores, die koning van die Perse, is n woord geopenbaar aan Danil wat Bltsasar genoem is, en die woord is waarheid maar groot swarigheid (Dan. 10:1). Die woord swarigheid word in die Amplified Bible as verdrukking en konflikte vertaal, en in die New International Version as n groot oorlog.

Die datum van hierdie visioen word gegee as die derde jaar van Kores, twee jaar n die verskyning van Gabril aan Danil in hoofstuk 9. Hierdie laaste visioen kom dus twee jaar n die eerste terugkeer van die Jode na Jerusalem (Esra 1:1-4). Slegs n klein minderheid van hulle het teruggekeer. Die meerderheid was nog in ballingskap en in n erg verslae toestand. Danil het, waarskynlik as gevolg van sy ho ouderdom, nie saam met die eerste groep ballinge na Jerusalem teruggekeer nie.

Die openbaring van hierdie visioen het by die profeet enige hoop vernietig dat Israel hulle nuwe vryheid baie lank sou geniet. Die Here het aan Danil geopenbaar dat Israel in talle oorlo betrokke sou wees, en uiteindelik by die groot verdrukking voor die koms van die Messias. In hoofstuk 12 s hy: Daar sal n tyd van benoudheid wees soos daar nie gewees het vandat n volk bestaan het tot op di tyd nie (12:1). Danil het die volle omvang van die visioen verstaan en in reaksie daarop drie weke lank getreur, sy dieet verander om in di tyd geen smaaklike kos te eet nie, en hy het homself ook nie gesalf nie.

Die datum wat in vers 4 genoem word, naamlik die 24ste dag van die eerste maand op Israel se godsdienstige kalender, dui op die tyd net n die fees van die ongesuurde brode, wat op sy beurt net n die Paasfees volg (Ex. 12:18-19). Die Paasfees verkondig verlossing deur die bloed, en die fees van die ongesuurde brode dui op n geheiligde lewe wat n die verlossing moet volg (1 Kor. 5:6-8). In hierdie tyd moes die Israeliete een week lank ongesuurde brood eet as simbool van die verwydering van sonde uit hulle lewe en van hulle toewyding aan God.

Danil het hier n groot saak op sy hart gehad en verleng die tydperk van verootmoediging van een week tot drie weke. Hy het nie net sy dieet gewysig nie, maar homself ook van salwing onthou. Die gebruik was dat n persoon homself daagliks as beskerming teen sonbrand met olie versorg het, en verder was dit ook n teken van blydskap (Spr. 27:9). Danil se weerhouding hiervan dui op sy ingesteldheid van rou. Die beeld van iemand wat treur, word s in 2 Sam. 14:2 beskryf: Stel jou tog aan soos een wat treur, en trek rouklere aan; en salf jou nie met olie nie.

n Mens kan nie net deur uiterlike handelinge soos vas die guns van God afdwing nie, maar dit is wl noodsaaklik om van tyd tot tyd jou aardse en vleeslike behoeftes te temper om s die ingesteldheid van jou hart te suiwer en jou geestelike kommunikasie met God te verhoog. Danil wou nie bloot die voorskrif van die ongesuurde brood nakom nie, maar hy wou sy hart en sy hele wese aan die Here toewy, terwyl hy ook na groter duidelikheid oor onaangename werklikhede in die lewe van sy volk gesoek het.

Onder ons Afrikaners is daar vandag baie oorgelewerde godsdienstige tradisies wat meesal nie eers meer gehoorsaam word nie, bv. huisgodsdiens en die eerbiediging van sekere godsdienstige dae, maar daar is ondanks hierdie tradisies baie min opregte en hartlike toewyding aan die Here. Het Danil meer rede as ons gehad om s op te tree? Ek dink nie so nie. U en ek het aan die een kant die ten volle geopenbaarde profetiese Woord van God tot ons beskikking, en aan die ander kant n geweldige heidendom. Het ons nie n groot verantwoordelikheid om die volle implikasies van mense se sondige lewenswyse aan hulle te verkondig nie? Ons verantwoordelikheid is nt so groot, of dalk nog groter as di van Danil wat vir die verlossing van sy volk gebid het.

In antwoord op Danil se afsondering en gebed volg die visioen van die volgende verse, asook die voorspellings van hoofstuk 11. Ons lees in die eerste vers dat die woord wat Danil ontvang het, waar en betroubaar is. Dit is in elk geval reeds as waar bewys, aangesien die grootste gedeelte daarvan wat op gebeure in Danil se tyd betrekking het, in fyn detail vervul is. Ons kan daarvan seker wees dat die eindtydse profesie ook net so letterlik vervul sal word. Die feit word beklemtoon dat daar groot swarigheid vir Israel wag. Die volk het reeds moeilike tye deurgegaan, maar die ergste het nog vir hulle voorgel.

Hierdie stryd wat rondom God se uitverkore volk gevoer word, word nie net op aarde gevoer nie omdat dit wesenlik n stryd tussen God en Satan is. Dit is die onderwerp van hierdie hoofstuk. Danil het die gesig verstaan en insig daarin gehad. Miskien beteken dit dat Danil hier by die laaste hoofstukke vir die eerste keer n duidelike perspektief gekry het, en in die lig daarvan ook die eerste hoofstukke beter verstaan het. Die openbarings gaan nie net oor hom en die ballinge nie, maar om n wreld wat uit die greep van Satan gered moet word.

Verskyning van die hemelse boodskapper

Danil s: En op die vier en twintigste dag van die eerste maand, terwyl ek op die wal van die groot rivier was, dit is die Hiddkel, het ek my o opgeslaan, en daar sien ek n man met linne bekleed, en sy heupe was omgord met goud van Ufas. En sy liggaam was soos chrisoliet, en sy aangesig soos die geflikker van bliksem en sy o soos fakkels van vuur en sy arms en sy voete soos blink geskuurde koper en die geluid van sy woorde soos die gedruis van n menigte. En ek, Danil, alleen het die gesig gesien, maar die manne wat saam met my was, het die gesig nie gesien nie; nogtans het n groot skrik hulle oorval, sodat hulle gevlug het om hulle te verberg. Toe het k alleen oorgebly en hierdie groot gesig gesien, en geen krag het in my oorgebly nie, en my gesonde kleur het aan my verander en verdwyn, en ek het geen krag oorgehou nie. En ek het die geluid van sy woorde gehoor, en toe ek die geluid van sy woorde hoor, het ek bewusteloos op my aangesig, met my aangesig op die aarde, geval (Dan. 10:4-9).

Die tyd van Paasfees en die fees van die ongesuurde brood is ryk aan simboliek wat op die Here Jesus, sy offer aan die kruis en die volk se reiniging van hulle sonde dui. Terwyl Danil homself in di tyd verootmoedig, ontvang Hy n gesig van n hemelse Persoon wat heel waarskynlik Christus is, wat in hoofstuk 7 as die Seun van die mens beskryf word. Die volgende drie redes ondersteun hierdie beskouing:

1.      Christus (die Messias) staan sentraal in die hele verlossingsplan vir die volk Israel, soos wat ook in hoofstuk 9 aangetoon is. Die offerlam wat in Egipte geslag is, is n heenwysing na die Lam van God wat vir die sonde van die hele wreld geoffer is (Joh. 1:29).

2.      Die beskrywing van die Persoon in hierdie verse kom verbasend ooreen met dit wat in Openbaring 1 van Christus ges word. Johannes het ges hy sien Een soos die Seun van die mens met n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met n goue gordel. Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy o soos n vuurvlam, en sy voete soos blink koper wat gloei soos in n oond, en sy stem soos die stem van baie waters (Op. 1:12-15).

3.      Dit gebeur selde of ooit dat n engel in soveel detail en heerlikheid beskryf word as wat hier die geval is. Die Man wat met die linne bekleed was, het die heerlikheid van di Een wat later as die Eniggeborene van die Vader mens geword en aan sy volk verskyn het (Joh. 1:14)

Die beskrywing van die Persoon wat aan Danil verskyn het, verwys na sy reinheid, heiligheid, koninklikheid en skoonheid, en ook na sy doel om gesien en gehoor te word, om te ondersoek en te oordeel. Danil het baie hewig op hierdie verskyning gereageer. Sy gesonde kleur het hom verlaat en hy het bewusteloos neergeval. Sy totale onwaardigheid en nietigheid het hom oorweldig. Sy vriende het nie eers die gesig gesien nie, waaruit dit blyk dat dit n visioen was en nie n persoonlike verskyning nie. Hulle het as gevolg van Danil se reaksie die bonatuurlike teenwoordigheid aangevoel en weggevlug. Dit herinner sterk aan Christus se verskyning aan Paulus op die pad na Damaskus (Hand. 22:9).

Die vors van Persi

Danil gaan voort met die beskrywing van sy visioen: En kyk, n hand het my aangeraak en my op my knie en op die handpalms waggelend laat opstaan. En hy het vir my ges: Danil, geliefde man, gee ag op die woorde wat ek met jou spreek, en gaan staan op jou staanplek, want ek is nou na jou gestuur. En terwyl hy hierdie woord met my spreek, het ek bewende gaan staan. Toe s hy vir my: Wees nie bevrees nie, Danil; want van die eerste dag af dat jy jou hart daarop gerig het om ag te gee en jou voor die aangesig van jou God te verootmoedig, is jou woorde gehoor, en om jou woorde ontwil het ek gekom; maar die vors van die koninkryk van die Perse het een en twintig dae lank teenoor my gestaan, en kyk, Migael, een van die vernaamste vorste, het gekom om my te help; en k het daar oorgebly by die konings van Persi. Ek het dan gekom om jou inligting te gee oor wat jou volk aan die einde van die dae te beurt sal val, want die gesig sien nog op die verre toekoms. En terwyl hy hierdie woorde met my spreek, het ek my aangesig na die grond gedraai en stom geword. En kyk, een wat soos n mens gelyk het, het my lippe aangeraak. Toe het ek my mond oopgemaak en gespreek en aan hom wat teenoor my staan, ges: My heer, deur die gesig het krampe my oorval en het ek geen krag oorgehou nie. En hoe kan so n geringe kneg van my heer met so n heer van my spreek? Wat my aangaan, bestaan daar nou geen krag in my nie, en geen asem het in my oorgebly nie. Toe het die een wat soos n mens gelyk het, my weer aangeraak en my versterk en ges: Wees nie bevrees nie, geliefde man, vrede vir jou, wees sterk, ja, sterk! En terwyl hy met my spreek, het ek moed geskep en ges: My heer kan maar spreek, want u het my versterk. Toe s hy: Weet jy waarom ek na jou gekom het? Ek moet dan nou teruggaan om te veg met die vors van die Perse; en as ek heengegaan het, kyk, dan kom die vors van Griekeland. Nogtans sal ek jou te kenne gee wat geskrywe is in die boek van die waarheid; en daar is nie een wat hom saam met my dapper gedra teen hulle nie, behalwe julle vors Migael (Dan. 10:10-21).

As ons ook, soos Danil, kan verstaan en insig in die profetiese woord verkry, dan sal ons baie beter begrip h vir die stryd wat Christus in Getsmane gevoer het. Daar het dit nie net om die verlossing van die Jode uit die ballingskap gegaan nie, maar oor die oorwinning oor die mag van Satan om die weg te open vir alle mense op aarde wat hulleself tot God wil bekeer. Daar het dit nie om n stryd teen die vors van Persi gegaan nie, maar n stryd teen Satan self wat die vors van die hele gevalle wreld is. Verstaan ons werklik wat Jesus Christus op Glgota vir alle verlore sondaars gedoen het? Hy het gekom om die werke van die duiwel te verbreek (1 Joh. 3:8). Almal wat Hom as Verlosser aanneem, word uit die mag van die duisternis na die ewige koninkryk van Christus oorgebring (Kol 1:13).

Danil was omtrent 84 jaar oud toe hy hierdie dieper insig in die Woord van God verkry het. Ons het egter die uitnemende voorreg om die ganse openbaring van God deur sy Woord tot ons beskikking te h. Laat ons Hom innig daarvoor dank en onsself daarop toel om sy Woord te ken en te verstaan, want dit is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot onderwysing in die geregtigheid, sodat die mens van God volkome kan wees, vir elke goeie werk volkome toegerus (2 Tim. 3:16-17). God se woord is ook vir ons n profetiese lig op die pad, sodat ons in hierdie donker dae perspektief kan h omdat ons weet wat om te verwag en wat God se raadsplan met die mens is (2 Pet. 1:19).

Dit is uit Danil se visioen duidelik dat die vors van Persi nie net n aardse koning was nie, want di kan tog nie teen n engel of teen die Here veg nie. Hierdie vors is n demoon wat die koninkryk van die Perse as n spesiale arbeidsveld ontvang het. Die hele drie weke terwyl Danil in gebed was, het die Engel van die Here stryd gevoer teen die vors van die koninkryk van die duisternis. Hierdie vors wou die Jode as die uitverkore volk van God vernietig en voorkom dat hulle uit die ballingskap na hulle land terugkeer. Verder word daar ook na die vors van Griekeland verwys, wat soortgelyke doelstellings gehad het.

Daar is inderdaad n voortdurende stryd in die geesteswreld aan die gang, en die Here beskerm ons teen hierdie aanslag uit die bonatuurlike. Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die wreldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug (Ef. 6:12). Ons het met die wreldheersers van die duisternis van hierdie eeu te doen. Die Here Jesus noem Satan die owerste van hierdie wreld (Joh. 14:30), Johannes s dat die hele wreld in die mag van die Bose l (1 Joh. 5:19), en Paulus noem hom die god van hierdie wreld (2 Kor. 4:4) en die owerste van die mag van die lug, wat in die kinders van die ongehoorsaamheid werk (Ef. 2:2). Openbaring 13:2 s dat Satan n troon en groot mag het.

Ons weet dus baie goed van die koninkryk van die duisternis en van die groot mate van beheer wat hulle oor die teenwoordige bose wreld het (Gal. 1:4). Ons is egter nie in detail oor al die werkinge en gesagsposisies van hierdie koninkryk ingelig nie, en die Nuwe Testament lig ons ook nie oor spesifieke demone in wat oor sekere lande aangestel is nie. Ons weet net van die oorhoofse beheer wat Satan oor die hele wreld het, asook die feit dat hy n groot aantal demone as handlangers het.

Ons weet ook dat die duiwel die beheer oor die goddelose wreld sal behou totdat Jesus terugkom om die antichristelike wreldheersers te verdelg (Op. 19:19-21) en die duiwel in n bodemlose put te laat bind. (Op. 20:1-3). Sy aanslag op die mensdom sal gedurende die verdrukking aansienlik toeneem. Volgens Openbaring 12:12 sal hy in die middel van die verdrukking met dubbele woede op die mensdom toeslaan omdat hy sal weet dat hy min tyd oor het voordat Christus na die aarde sal terugkom.

In die lig hiervan is dit noodsaaklik om die duiwel te weerstaan en jou eie lewe in die oorwinning van Christus te leef. Trek die volle wapenrusting van God aan, sodat jy staande kan bly teen die liste van die duiwel (Ef. 6:11). Ons moet die wapen van geloof in Christus gebruik, want in sy Naam en deur sy krag kan ons teen elke versoeking oorwin. Ons moet ook die swaard van die Gees gebruik, wat die Woord van God is. Satan is weerloos teen die beloftes in die Bybel. Ons moet dit net in die geloof ons eie maak en in die lig daarvan wandel. Ook is daar die bloed van die Lam, dit is die kruisdood van Jesus Christus, waardeur die mag van die duiwel se aanslae verbreek kan word. Deur sy kruisdood het Christus die duiwel oorwin wat mag het oor die dood (Heb. 2:14).

Hierdie oorwinning word aan individuele gelowiges belowe, sodat hulle volkome vry van Satan se beheer kan leef. Dit beteken egter nie dat ons die mag het om Satan van sy wreldwye magsposisie as die owerste van hierdie wreld te ontneem nie. Daar is wl groepe Christene wat hierdie sienswyse huldig, daarom beoefen hulle strategiese geestelike oorlogvoering in sekere dorpe, stede of lande in n poging om gebiedsdemone te verdryf. Hulle meen dat hulle sodoende Satan se mag heeltemal kan breek sodat die koninkryk van God in die plek daarvan gevestig kan word. Hulle verwag groot herlewings nadat hulle op gebedsmarse gegaan en al die vestings van Satan in sekere plekke verbreek het. Hierdie benadering is tipies van koninkryksteologie en di mense is vas daarvan oortuig dat hulle die wreld van demoniese benvloeding kan bevry voordat Christus weer kom. Hulle neem onder meer Danil se verwysing na die vors van Persi as n voorbeeld van die bestaan van gebiedsdemone en stel dan planne in werking om hierdie demone te oorwin en te verdryf. Dit is vir hulle die sleutel tot groot Christelike transformasies in die samelewing.

Dit is n onbybelse idee, omdat ons weet dat die tye van die goddelose nasies, asook die duiwel se beheer oor die miljoene mense wat die duisternis liewer het as die lig, tot met die wederkoms van Christus sal voortduur. Tot daardie tyd sal ons vreemdelinge en bywoners in n wreld wees wat in die mag van die Bose l. Ons opdrag is om die evangelie te verkondig sodat mense uit satansmag bevry en soos brandhout uit die vuur geruk kan word. Daarna moet hulle skyn soos ligte te midde van n krom en verdraaide geslag. Diegene wat op die smal weg is, sal steeds n minderheid in n oorwegend goddelose wreld wees.

Danil was uitermate geskok toe hy in die visioen van die groot ellendes kennis geneem het wat oor God se volk sou kom. Hy het daarna met groter erns en toewyding vir Israel by God ingetree. Bybelstudente van ons tyd behoort selfs nog in n groter mate onder die indruk van die erns van die situasie te wees. Daar kom n groot verdrukking soos daar nog nooit was nie. Dit sal benewens die Antichris se skrikbewind ook met ongekende goddelike oordele oor n bose wreld gepaard gaan. Jesaja s: Die aarde word heeltemal leeg gemaak en heeltemal geplunder, want die Here het hierdie woord gespreek... Die aarde is ontheilig onder sy bewoners; want hulle het die wette oortree, die insetting geskend, die ewige verbond verbreek. Daarom verteer die vloek die aarde en moet sy bewoners boet; daarom word die bewoners van die aarde deur n gloed verteer en bly daar min mense oor (Jes. 24:3-6).

Dit is n saak van die uiterste erns dat ons mense sal waarsku om in die regte verhouding met die Here te kom, sodat hulle waardig kan wees om die komende verdrukking te ontvlug en voor die Seun van die mens te staan (Luk. 21:36). Volgens Danil 7:13-14 is die heerskappy van die wreld aan die Seun van die mens oorgegee en sal Hy met sy wederkoms sy koninkryk hier vestig. Tydens sy wederkoms sal Hy egter almal oordeel wat sy koninkryk verwerp het en in die plek daarvan aan die koninkryk van Satan dienstig was. Die groot dag van sy toorn is baie naby, en dan sal die goddeloses paniekbevange wegvlug en s: Berge val op ons en verberg ons vir die aangesig van Hom wat op die troon sit, en vir die toorn van die Lam (Op. 6:16). Vir die regverdiges sal ewige heerlikheid in Christus se koninkryk aanbreek.