Danil 1. Die Tye van die Nasies

Die gebeurtenisse in Danil 1 is die begin van Israel se Babiloniese ballingskap en derhalwe n belangrike keerpunt in die geskiedenis van Israel as die onafhanklike verbondsvolk van God in hulle eie land met Jerusalem as hulle hoofstad. Hier begin die tye van die nie-Joodse nasies, waarin heidense koninkryke oor Israel heers, heidense kulturele en godsdienstige gebruike op hulle afgedwing word, en waarin tyd volgens nie-Joodse kalenders, in terme van die regeringstermyne van heidense konings, bereken word.

Proff. Walvoord en Zuck (Bible Knowledge Commentary) s: Die tye van die nasies het met Nebukadnsar se inname van Jerusalem in 605 v.C. begin en sal voortduur totdat die Messias terugkeer. Christus sal dan die nasies onderwerp, die land Israel van heidense oorheersing bevry, die volk Israel geestelik herstel deur n nuwe verbond met hulle te sluit en daardeur die seninge van sy millennium-koninkryk aan hulle verleen.

N die val van Jerusalem en die beindiging van Israel se koninklike dinastie sou die koningshuis van Dawid nie meer die manifestasie van God se koninkryk op aarde wees nie en sou heidense konings die septer in die Midde-Ooste n die res van die wreld swaai. Selfs n Israel se herstel uit die Babiloniese ballingskap was hulle aan die oorhoofse gesag van heidense wreldryke onderworpe, terwyl die tye van die nasies sy verdere loop geneem het. In die hele Nuwe Testamentiese tydperk is Jerusalem deur die nasies vertrap (Luk. 21:24).

God se koninkryk sal eers weer as n sigbare werklikheid op aarde gesien kan word wanneer Israel en Jerusalem ten volle herstel is en Jesus Christus op die troon van Dawid regeer. Voor die geboorte van Jesus het die engel aan Maria ges dat haar Seun groot sal wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee (Luk. 1:32). Tydens sy eerste koms was Jesus die lydende Messias wat sy lewe vir die sondes van die hele wreld afgel het, maar met sy wederkoms sal Hy as Koning kom wat ook die vervalle troon van Dawid sal herstel (Hand. 15:16-17).

Alle pogings deur koninkryksteolo om God se koninkryk sonder n ten volle herstelde Israel en Jerusalem sigbaar op aarde te manifesteer, is misleidend en onbybels, en kan net deur die Antichris gebruik word om n nuwe heidense (humanistiese) koninkryk op aarde te vestig waarin Israel glad nie die leidende rol sal speel nie. Die ware kinders van God is steeds vreemdelinge en bywoners in n wreld wat in die mag van die Bose l. Die doel met die evangelie is om mense uit die teenwoordige bose wreld te red, en nie om van die hele wreld n Christelike wreld te maak en sodoende sigbare gestalte aan God se koninkryk te probeer gee nie. Dit sal eers gebeur wanneer die Koning gekom en die troon van Dawid in Jerusalem herstel is.

Ons leef in n baie belangrike tyd van die wreldgeskiedenis, waarin Jerusalem en Israel toenemend in afwagting op die koms van die Koning herstel word. Jerusalem is in Junie 1967 deur die herstelde Israel uit Jordaniese beheer bevry en in Augustus 1980 tot hulle ewige en onverdeelbare hoofstad verklaar. Sedert Augustus 1980 het Jerusalem vir die eerste keer weer die status geniet wat dit voor die Babiloniese ballingskap gehad het die hoofstad van n onafhanklike Israel, maar sonder n koning. Sedert die Babiloniese ballingskap was daar nooit weer n opvolger van Dawid op die koninklike troon in Jerusalem nie en was die stad en land nie onafhanklik nie. Tydens Jesus se eerste koms was Jerusalem onder die beheer van die Romeine.

Ons nader nou die oomblik wanneer Dawid se troon herstel sal word en Jerusalem nog veel meer as in die glorieryke dae van Dawid en Salomo die middelpunt van wreldgebeure sal wees. Dit wat voor die Ou Testamentiese ballingskap in Israel verkeerd gegaan het, moet eers reggestel word. Die volk moet hulle bekeer deur die Messias aan te neem sodat die Here aan hulle nuwe harte kan gee (Eseg. 36:24-28). Omdat Israel steeds weier om die Here Jesus as Messias te erken, gaan die gedeeltelik herstelde Jerusalem in die komende verdrukking weer aan heidense beheer oorgegee word. Dit sal soortgelyk aan die Babiloniese ballingskap van Israel wees net baie korter maar steeds baie erg. Jesus het Israel gewaarsku dat hulle n valse messias sou aanvaar (Joh. 5:43), dat hierdie misleier die tempel in Jerusalem sal ontheilig (Matt. 24:15), dat die stad gedeeltelik deur sy vyande ingeneem en byna deur hulle verwoes sal word (Sag. 14:2). Baie Jode sal weer eens vir oorlewing uit die stad moet vlug, dan sal Jesus as Messias skielik op die Olyfberg neerdaal, tot hulle redding kom, die vyandelike magte verdelg en sy koninkryk in Jerusalem vestig (Sag. 14:4-9).

Met die oog op hierdie onbetwisbare Bybelse feite oor komende oordele in die verdrukking, moet Israel n die nasies maar weer in die Bybel gaan kyk wat die gevolge van die verwerping van die lewende God en sy Seun is. Die komende verdrukking sal nie net oor ongelowige Israel kom nie, maar ook oor al die ewe ongelowige nasies wat nie vir Jesus Christus as Verlosser en Here wil aanneem en dien nie. Al die heidense koninkryke het uiteindelik weens hulle magsbeheptheid, korrupsie en morele verrotting tot niet gegaan en is deur ander bose koninkryke onderwerp. Hierdie kringloop van geweld en toenemende goddeloosheid sal eers beindig word wanneer Christus terugkom en sy vyande se mag finaal verbreek (Ps. 2:1-12; Dan. 2:44). Hy sal dan as die Koning van Geregtigheid van Dawid se troon af uit Jerusalem oor die hele wreld regeer. Danil se boodskap is dus van besondere betekenis vir die tyd waarin ons leef.

Begin van die ballingskap

In die derde jaar van die regering van Jojakim, die koning van Juda, het Nebukadnsar, die koning van Babel, na Jerusalem gekom en dit beler. En die Here het Jojakim, die koning van Juda, in sy hand gegee, met n gedeelte van die voorwerpe van die huis van God, en hy het hulle na die land Sinear gebring in die huis van sy god, en die voorwerpe het hy in die skathuis van sy god gebring (Dan. 1:1-2). Deur hierdie stap word die oorwinning van Babel se gode oor die God van Juda gesimboliseer. Dit was n groot vergissing, want die Here is oppermagtig maar het sy volk as gevolg van hulle geestelike afvalligheid aan die heidene oorgegee. Die hoofgod van die Babilonirs was Bal, wat ook Mardoek genoem is.

Nebukadnsar was in hierdie jaar (605 v.C.) op n militre veroweringstog om die Sirirs en Egiptenare se mag te verbreek en ook die Joodse gebiede onder die gesag van Babel te bring. Toe hy van sy pa, Nebopolasser, se dood verneem het, het hy na Babilon teruggekeer om as die nuwe koning aangestel te word. Op sy terugreis het hy ook vir Danil en sy drie vriende as ballinge weggevoer.

Volgens Danil 1:3-6 het Nebukadnsar aan Aspenas, die owerste van sy hofdienaars, bevel gegee om uit die kinders van Israel, uit die koninklike geslag sowel as uit die adelikes, te bring: jong seuns aan wie geen enkele liggaamsgebrek was nie, maar wat mooi van aansien was en vernuftig in allerhande wysheid en in besit van kennis en insig in wetenskap, en wat bekwaam was om in die paleis van die koning te dien; en om hulle die skrif en taal van die Chalders te leer... en onder hulle was uit die kinders van Juda: Danil, Hananja, Misael en Asarja. Die ander ballinge se name word nie genoem nie omdat hulle nie so n belangrike rol in Babilon sou vervul nie.

Wat Danil en sy drie vriende betref, is alle pogings aangewend om hulle identiteit heeltemal te verander hulle moes van hulle volksverband, godsdiens, taal en kultuur losgemaak word, en selfs ook van hulle eetgewoontes, sodat hulle in alle opsigte by die Babiloniese wreldkultuur ingelyf kon word. As n vertrekpunt vir die proses van assimilasie in die Babiloniese samelewing het hulle nuwe name gekry, omdat hulle ou name hulle aan die God van Israel verbind het.

Die agtervoegsel ja (soos in Hananja) is n verkorting van Jahweh. El (soos in Misael) is ook n Hebreeuse naam vir God. Bet-El is die Huis van God. Danil beteken God is my Regter, en hy het die nuwe naam Belsasar gekry (Dame, beskerm die koning). Hananja beteken God was genadig en hy het Sadrag geword (Ek is bevrees, bedoelende vir n ander god). Misael beteken Wie is soos God? en sy nuwe naam was Mesag (Ek is verneder, bedoelende voor n ander god). Asarja beteken God het my gehelp en sy naam is verander na Abednego (Dienskneg van Nego). Dit was n ander vorm die Babiloniese god Nebo se naam.

Aspenas, die owerste oor Nebukadnsar se hofdienaars, was vasbeslote om enige herinnering van of verwysing na die God van Israel in Babilon se paleis uit te wis. Dit was die rede waarom hierdie vier manne name moes kry wat hulle onderworpenheid aan Babel se gode aangedui het. Verder moes die ballinge so gou as moontlik Aramees aanleer en net in di taal kommunikeer. Hulle het dit ook gedoen.

Wat hierdie vier jongmanne egter nie gedoen het nie, was om die koning se dieet te volg, wat ook afgodsoffers en drank ingesluit het: En Danil het hom voorgeneem om hom nie te verontreinig met die spys van die koning of met die wyn wat hy gedrink het nie; daarom het hy by die owerste van die hofdienaars vergunning gevra dat hy hom nie hoef te verontreinig nie (Dan. 1:8). Hierdie versoek is toegestaan, maar die hofdienaar was bekommerd dat Danil en sy vriende maer en swak sou word as gevolg van ondervoeding. Danil het hom gerusgestel en ges dat hy hulle tien dae lank op die proef kon stel. N die tien dae het die vier manne beter daar uitgesien as die ander jongmanne wat die koning se kos geet het. Op grond daarvan is hulle vir die res van hulle tyd van opleiding toegelaat om met hulle eie dieet van groente voort te gaan. Die opleiding het drie jaar lank geduur (Dan. 1:5).

Die vier jongmanne wat vir verantwoordelike posisies deur Nebukadnsar opgelei is, is in werklikheid deur God vir hulle toekomstige rolle voorberei. Ons lees in Danil 1 van vers 17 af: En hierdie vier jong seuns God het aan hulle wetenskap en verstand in allerhande geskrifte en wysheid gegee; ook het Danil verstand gehad van allerhande gesigte en drome. En aan die einde van die dae wat die koning vasgestel het om hulle in te bring, het die owerste van die hofdienaars hulle voor Nebukadnsar gebring. En die koning het met hulle gespreek, en onder hulle almal is daar niemand gevind soos Danil, Hananja, Misael en Asarja nie. So het hulle dan voor die koning gedien. En in enige saak van wyse insig waarin die koning hulle ondervra het, het hy bevind dat hulle al die geleerdes en besweerders in sy hele koninkryk tien maal oortref het (Dan. 1:17-20).

Aan die einde van die drie jaar het Danil en sy vriende insig en kennis van die wetenskappe gehad wat al die geleerdes in Babel in die skadu gestel het. Daar was ook baie besweerders en waarsers in Babilon wat onder andere met die behulp van astrologie die toekoms probeer voorspel het. Israel is verbied om hierdie soort okkultiese praktyke te beoefen: Daar mag niemand by jou gevind word... wat met waarsery, golery of met verklaring van voortekens of towery omgaan nie, of wat met besweringe omgaan, of wat n gees van n afgestorwene vra of n gees wat waars, of wat die dooies raadpleeg nie. Want elkeen wat hierdie dinge doen, is vir die Here n gruwel (Deut. 18:10-12). Danil en sy vriende het nie okkultiese aktiwiteite beoefen nie, maar as gevolg van die gawe wat Danil gehad het om gesigte en drome te vertolk, kon hy akkurate voorspellings oor die toekoms doen. Babilon se waarsers kon gladnie op hierdie terrein met hom kompeteer nie.

Nebukadnsar het vir die res van sy lang termyn as koning vir inligting oor die toekoms op Danil se vertolking van drome en visioene staatgemaak. In hierdie opsig het Danil profeties Israel se toekomstige rol as God se spreekbuis teenoor die heidene vervul. Gedurende die millennium sal Israel die lig van die nasies wees en die we van die Here aan hulle verkondig. Die Here het ges: Julle sal vir my n koninkryk van priesters en n heilige nasie wees (Deut. 19:6). Hulle sal as n koninklike priesterdom die spesiale getuies van die Messias teenoor die nie-Joodse wreld wees. Dit sal in die toekomstige koninkryksbedeling van die vrederyk wees, m.a.w. n die kerkbedeling, die wederkoms van die Messias en die nasionale bekering van die oorblyfsel van Israel. Danil het profeties s n bediening in Babilon vervul.

Die Here het hierdie jongmanne in Babel beloon omdat hulle getrou aan Hom gebly het, hulleself nie met afgodediens en immorele praktyke besoedel het nie, maar die wet van die Here stiptelik onderhou het. Hulle het soos ligte in n donker wreld geskyn en ook hulle onderdrukkers ver oorleef. Die Babiloniese ryk het in 539 v.C. tot n val gekom toe dit deur die Perse onder die leiding van Kores verower is. Danil het tot ten minste drie jaar n Kores se oorwinning nog geleef, m.a.w. in 536 v.C. (Dan. 10:1). Dit beteken dat hy minstens 85 jaar oud was indien hy 16 jaar was toe hy in 605 v.C. deur Nebukadnsar weggevoer is.

Die verhaal van Danil se beginselvastheid en vinnige opgang in die paleis van n heidense koning is een van die besondere gedeeltes in die Bybel. Hierin word daar vir ons n tydlose waarheid uitgebeeld, naamlik dat God net deur n gehoorsame en afgesonderde lewe gedien kan word n lewe wat as anders in die wreld uitgeken kan word omdat dit aan God toegewy is. Die stelsels van hierdie wreld is, soos in Babilon, heidense en afgodiese stelsels waarin geen kind van God hom- of haarself tuis kan maak nie. Die stelsels van die heidense wreld word vir oorname deur die Antichris voorberei, soos later in Danil gesien sal word.

Watter rol het n Christen hier te speel? Hy moet die lig van n donker wreld en die sout van n bedorwe aarde wees, en nooit enige kompromie met die wreld maak nie. Word nie aan hierdie wreld gelykvormig nie, maar word verander deur die vernuwing van julle gemoed (Rom. 12:2). Ons moet gedurig onder die leiding van die Heilige Gees vernuwe word na die beeld Christus, sodat Hy volle gestalte in ons kan verkry. As ons rein lewens lei wat nie deur die wreld en sy gebruike besoedel is nie, sal die Here ons ook gebruik om sy Woord en sy wil aan die wreld bekend te maak. Ons sal, soos Danil, n besondere mate van geestelike wysheid en insig h wat die wysheid van die wreld ver sal oortref.

Om te sterwe vir die wreld beteken egter nie dat ons niks daarmee te doen mag h nie. Ons is in die wreld maar nie van die wreld nie (Joh. 17:11,14,16). Danil het n ho posisie in Babilon beklee, maar nogtans nie deel van die Babiloniese stelsel geword nie. Christene werk dikwels vir sekulre, goddelose organisasies en regerings, maar hulle moet juis hierdie geleentheid gebruik om slegs volgens die beginsels van Christus se koninkryk op te tree. In sy boek, Soos Christus, s dr. Andrew Murray die volgende hieroor:

Die ware volgeling van Jesus moet albei hierdie beginsels kombineer. As hy nie duidelik wys dat hy nie van die wreld is terwyl hy die groter sen van n hemelse lewe voorstaan nie, hoe sal hy die wreld van sonde oortuig en aan hulle bewys dat daar n beter lewe is, of aan hulle leer om te begeer wat hulle nog nie het nie? Opregtheid, heiligheid en afskeiding van die gees van die wreld moet die Christen kenmerk. Sy hemelse gees moet hom onderskei as iemand wat aan n ander koninkryk as di van die wreld behoort.

Nogtans moet hy leef as iemand wat in die wreld is. Hy is uitdruklik deur God hier geplaas tussen hulle wat in die wreld is, om hulle harte te wen, invloed oor hulle te verkry en aan hulle die Gees te kommunikeer wat in die gelowiges is. Die Christen moet voortdurend planne maak hoe hy hierdie doel ten beste kan bereik. Hy sal nie sukses behaal deur toe te gee, kompromie te maak en sodoende die ernstige werklikhede van die Christelike geloof te versag of af te water nie. Nee, hy sal slegs sukses behaal deur in die voetspore te volg van Hom wat alleen vir ons kan leer hoe om in die wreld te wees en nogtans nie van die wreld nie. n Christen kan slegs n sen vir die wreld wees as hy n lewe van diensbaarheid en opofferende liefde lei en daardeur duidelik bely dat die eer van die Here die hoogste doel van sy bestaan is. Vervul met die Heilige Gees, moet hy mense in direkte verbinding met die warmte en liefde van n hemelse lewe bring (einde van aanhaling).

Danil het juis dt gedoen, daarom was hy as n jongman reeds n kragtige instrument in die Here se hand. Sy bediening het altyd in n geestelik vyandige omgewing plaasgevind, maar dit is juis in die donkerte van ongeloof, bygeloof en misleiding deur valse profete waar die lig van God se Woord op sy helderste skyn. Danil was bereid om die verdrukking en verwerping te verduur wat deur sy getuienis veroorsaak is, omdat hy die einddoel van God se raadsplan met die mens begryp het. Vir die gelowiges wag daar ewige heerlikheid en vir die ongelowiges die ewige verderf. In die laaste hoofstuk van sy boek s Danil: Baie van die wat in die stof van die aarde slaap, sal ontwaak, sommige tot die ewige lewe en sommige tot groot smaadheid, vir ewig afgryslik (Dan. 12:2). Elkeen van ons moet n duidelike keuse maak vr die Here en sy geregtigheid, of vr n verdorwe wreld wat in die mag van die Bose l.

Daar kan nie n versoeningsbrug tussen die koninkryk van die lig en die koninkryk van die duisternis gebou word nie, omdat hulle vir altyd vyandig teenoor mekaar is. Danil het sy posisie in Babilon gebruik om aan die magtigste en mees geleerde heidene te toon dat die krag en wysheid van God onvergelyklik en onoortreflik is. Slegs in Hom is daar ware lewe en n hoopvolle toekoms.