15. Die Millennium

Wanneer die Here Jesus na die aarde toe terugkom, kom Hy as Koning van die konings en sal n regering van reg en geregtigheid vir die hele wreld instel: En die sewende engel het geblaas en daar was groot stemme in die hemel wat s: Die koninkryke van die wreld het die eiendom van onse Here geword en van sy Christus, en Hy sal as Koning heers tot in alle ewigheid (Op. 11:15). Dit sal n Christelike nuwe wreldorde wees wat al die goddelose regerings sal vervang en in hulle plek oor die nasies regeer.

Danil s in sy profesie oor die eindtyd dat die Seun van die mens met sy koms soos n rots sal wees wat die aardse koninkryke totaal sal verbrysel en tot stof vermaal, en self in hulle plek sal regeer (Dan. 2:44-45). Sagaria s: En die Here sal Koning wees oor die hele aarde (Sag. 14:9). Dieselfde belofte oor sy koningskap op aarde is voor Jesus se geboorte aan Maria gemaak: En kyk, jy sal swanger word en n Seun baar, en jy moet Hom Jesus noem. Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee (Luk. 1:31-32). Hierdie belofte moet nog vervul word.

Die troon van Dawid is nie in die hemel nie, maar op aarde. Die Here Jesus regeer nie nou in n geestelike sin van die troon van Dawid af nie, want di troon is sedert die Babiloniese ballingskap van Israel al vervalle en in onbruik. Jesus Christus sal hierdie troon in Jerusalem eers met sy wederkoms herstel en dan daarvandaan regeer: Daarna sal Ek terugkom en die vervalle hut van Dawid weer oprig, en wat daarvan verwoes is, sal Ek weer oprig en dit herstel, sodat die oorblyfsel van die mense die Here kan soek, en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat al hierdie dinge doen (Hand. 15:16-17). Met die oog hierop sal die wederkoms van Christus met n sterk proklamering van sy koningskap en mag gepaard gaan: Nou het die heil en die krag en die koningskap die eiendom van onse God geword, en die mag van sy Christus (Op. 12:10). Daar sal dus n besliste bewindsoorname plaasvind.

Wanneer die Here Jesus, wat tans as Hopriester by die Vader se troon vir ons intree, na die aarde terugkom, sal Satan se mag en invloed op aarde verbreek en Christus se koninkryk ingestel word. Die duiwel sal dan nie meer die owerste en god van hierdie wreld wees, in wie se mag die huidige verdorwe wreld l nie (Joh. 14:30; 2 Kor. 4:4; Ef. 6:12; 1 Joh. 5:19).

n Verdere bewys daarvan dat die duisendjarige koninkryk nie in die hemel is nie, is die feit dat daar nog inherente vleeslikheid en wanordelikheid onder die nasies sal wees, wat sal vereis dat hulle met n streng hand regeer word. Hoewel die duiwel gebind sal wees en die mense nie tot openlike sondes sal kan verlei nie, sal hulle nog n gevalle natuur h wat gedissiplineer moet word. In Openbaring 12:5 en 19:15 word ges dat Christus die nasies met n ystersepter sal regeer. In hierdie toekomstige koninkryk sal sy getroue diensknegte saam met Hom regeer: Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom. En aan hom wat oorwin en my werke tot die einde toe bewaar, sal Ek mag oor die nasies gee, en hy sal hulle regeer met n ysterstaf: soos erdegoed word hulle verbrysel, net soos Ek ook van my Vader ontvang het (Op. 2:25-27).

Gedurende die Messiasryk sal die Here Jesus se troon in Jerusalem die ontmoetingspunt tussen die hemel en aarde wees, en dus die sentrum vir goddelike wysheid, gesag en n regering van geregtigheid. Jesaja s: En aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die Here vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en al die nasies sal daarheen toestroom. En baie volke sal heengaan en s: Kom laat ons optrek na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob, dat ons sy we kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van die Here uit Jerusalem. En Hy sal oordeel tussen die nasies en regspreek oor baie volke; en hulle sal van hul swaarde pikke smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog te voer nie (Jes. 2:2-4; kyk ook Jes. 24:23 en Sag. 8:22).

n Toestand soos hierdie waarin daar geen oorlo gevoer, geen militre opleiding ondergaan of enige wapens vervaardig word nie, het nog nooit op aarde bestaan nie. Dit kan slegs op die toekomstige vrederyk betrekking h. Gewelddadigheid en oorlogvoering sal nie voorkom nie omdat die duiwel gedurende die duisend jaar van Christus se regering gebind sal wees sodat hy die nasies nie kan verlei nie. Ander vorms van sonde sal ook verdwyn en die hele wreld sal slegs die Christelike godsdiens erken en aanhang: Hulle sal geen kwaad doen of verderf aanrig op my heilige berg nie; want die aarde sal vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem oordek (Jes. 11:9). Die name van die afgode sal nie eers genoem word nie (Sag. 13:2), gevolglik sal alle nie-Christelike godsdienste permanent van die aarde af verdwyn.

Jerusalem sal spontaan deur almal as hoofstad van die wreld erken word, en daar sal geen vyandigheid of politieke spanning tussen individue of nasies bestaan nie: In di tyd sal hulle Jerusalem noem die troon van die Here; en al die nasies sal daarheen saamkom vanwe die Naam van die Here in Jerusalem; en hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose hart nie" (Jer. 3:17).

Die enigste vorm van wangedrag wat wl sal voorkom, sal laksheid wees deurdat sommige nasies sal nalaat om die Here te eer en te dien soos hulle moet. Dit sal nog steeds n geval wees van: die gees is gewillig, maar die vlees is swak (Matt. 26:41). Hulle sal as gevolg daarvan deur vermanings en strafmaatrels aangespreek word: En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te aanbid voor die Koning, die Here van die lerskare, en om die huttefees te vier. En wie uit al die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die Here van die lerskare, te aanbid nie hulle sal geen ren kry nie" (Sag. 14:16-17).

Daar sal in hierdie tyd dus n oorblyfsel van die nasies op aarde wees. Hulle sal sterflike mense wees wat as gevolg van hulle gevalle natuur nog steeds gered sal moet word om waarlik aan die Here te behoort. Volgens Sagaria 14:16-17 sal hulle wl die groot verdrukking en die slag van Armageddon oorleef, en hoewel hulle nie die nommer van die Antichris sal aanvaar nie, sal hulle nie aan Jesus Christus behoort voordat hulle hul sondes bely en Hom daadwerklik as Verlosser aangeneem het nie.

Daar is aanduidings in die Bybel dat die relatief klein oorblyfsel van die nasies direk n die wederkoms van die Here Jesus almal saam met die oorblyfsel van Israel gered sal word. Sagaria s dat met die wederkoms, die oorblyfsel van Israel rou sal bedryf wanneer hulle met die Messias versoen word (Sag. 12:10-14; 13:1,9). Mattheus dui aan dat alle nasies in hierdie rou en verootmoediging sal deel: en dan sal al die stamme van die aarde rou bedryf en die Seun van die mens sien kom op die wolke van die hemel met groot krag en heerlikheid (Matt. 24:30).

Dit beteken dat die vrederyk met n eerste geslag Christene sal begin. Omdat hierdie mense nog almal hulle Adamiese, sonde-geneigde natuur sal h, sal die opkomende geslagte (soos ook nou) ongered gebore word en dus weergebore moet word om kinders van God te word. Om hulle te evangeliseer, sal die taak van die geredde Israel wees, wat ook nog sterflike maar weergebore mense sal wees. Hulle sal die evangelie na alle nasies uitdra: In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wreld vol vrugte sal maak (Jes. 27:6).

Dit is uit Openbaring 20 duidelik dat daar gaandeweg l hoe minder lede van die opkomende geslagte gered sal word. Wanneer die duiwel aan die einde van die vrederyk vir n kort tydjie losgelaat word, sal miljoene mense as gevolg van hulle ongeredde toestand dadelik in sy mag val (Op. 20:7-9).

Die eerste opstanding

Die leer oor die twee opstandings kom duidelik in verband met die duisendjarige vrederyk ter sprake. Slegs hulle wat deel het aan die eerste opstanding, waarby ook ingereken moet word die n-oes van die verdrukking, sal saam met Jesus Christus in sy ryk regeer. In Openbaring 20 word ges dat die twee opstandings n duisend jaar uitmekaar is. Johannes verwys na Christenmartelare wat in die eerste opstanding opgewek sal word om in die duisendjarige vrederyk op aarde as konings saam met Jesus Christus te regeer:

"en hulle het geleef en as konings geregeer saam met Christus die duisend jaar lank. En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding [waaraan die ander dode wat ongered is, nie deel het nie]. Salig en heilig is hy wat deel het aan die eerste opstanding; oor hulle het die tweede dood geen mag nie, maar hulle sal priesters van God en van Christus wees en saam met Hom as konings regeer duisend jaar lank" (Op. 20:4-6). Diegene wat deel het aan die eerste opstanding, word salig genoem. Dit is dus n besonder bevoorregte posisie om deelgenote hiervan te wees.

Daar is in verskeie ander gedeeltes in die Bybel onweerlegbare getuienis dat die heiliges eerste opgewek sal word. In 1 Korinthirs 15 word daar na n orde van opstandings verwys wat n lang tyd n mekaar plaasvind: "Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling geword van die wat ontslaap het. Want aangesien die dood deur n mens is, is die opstanding van die dode ook deur n mens. Want soos hulle almal in Adam sterwe, so sal hulle ook almal in Christus lewend gemaak word; maar elkeen in sy eie orde: as eersteling Christus, daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. Daarna kom die einde, wanneer Hy die koninkryk aan God die Vader oorgee" (1 Kor. 15:20-24).

Daar kan n tydsgaping van omtrent 2000 jaar wees tussen Christus as die eersteling wat opgewek is, en daarna die wat aan Christus behoort by sy koms. Uit Openbaring 20 is dit duidelik dat daar n verdere 1000 jaar tussen die eerste opstanding en die einde sal verloop wanneer die res van die dode opgewek sal word om hulle oordeel voor die groot wit troon te ontvang.

Let ook op die volgende voorwaardes verbonde aan deelgenootskap aan die eerste opstanding: "Ja waarlik, ek ag ook alles skade om die uitnemendheid van die kennis van Christus Jesus, my Here, ter wille van wie ek alles prysgegee het en as drek beskou, om Christus as wins te verkry sodat ek Hom kan ken en die krag van sy opstanding en die gemeenskap aan sy lyde terwyl ek aan sy dood gelykvormig word, of ek miskien die opstanding uit die dode kan bereik" (Fil. 3:8-11).

Wat bedoel Paulus hiermee? Elkeen sal tog opstaan dit word duidelik in die Bybel geleer. Wat is dan hierdie opstanding waarvoor Paulus homself beywer en alles inspan om dit te verkry? Dit kan tog nie n algemene opstanding wees nie, want daaraan sou hy in elk geval deel h. Dit moet n heel besondere opstanding wees waaraan slegs diegene deel sal h wat Christus geken het, en die krag van sy opstanding, en wat aan sy dood gelykvormig geword het. Niemand kan hierdie gedeelte interpreteer sonder om te erken dat daar eers n opstanding van die regverdiges is voordat die opstanding van die goddeloses sal plaasvind nie.

In Lukas 20 is daar n stelling wat ook n duidelike bewys is dat daar wl n spesiale opstanding sal wees. Die Saddusers het n probleem gestel met betrekking tot die verhouding tussen mans en vrouens in die hemel, waarop Jesus geantwoord het: "maar die wat waardig geag word om daardie eeu en die opstanding uit die dode te verkry, trou nie en word nie in die huwelik uitgegee nie. Want hulle kan ook nie meer sterwe nie, want hulle is soos die engele en is kinders van God, omdat hulle kinders van die opstanding is" (Luk. 20:35-36).

Dit is duidelik dat daar n bepaalde standaard vir hierdie opstanding vereis word, want kinders van die opstanding word spesifiek as kinders van God gekwalifiseer. U vind ook n belofte aan hierdie mense in Lukas 14: "Maar wanneer jy n feesmaal gee, nooi armes en jy sal gelukkig wees, omdat hulle niks het om jou te vergeld nie; want dit sal jou vergeld word in die opstanding van die regverdiges" (Luk. 14:13-14). Daar sou geen noodsaaklikheid voor gewees het om te s in die opstanding van die regverdiges indien daar net een algemene opstanding was nie.

Die volgende is terme wat net op die eerste opstanding betrekking het:

       Die eerste opstanding (Op. 20:6).

       Die opstanding van die kinders van God (Luk. 20:36).

       Die opstanding van di wat in Christus gesterf het (1 Thess. 4:16).

       Die opstanding van die regverdiges (Luk. 14:14).

       n Beter opstanding (Heb. 11:35).

       Die opstanding tot die lewe (Joh. 5:29).

       Die opstanding uit die dode in Jesus (Hand. 4:2).

Wanneer daar na die Christene se opstanding uit die dode verwys word, asook wanneer die opstanding van Christus ter sprake is, word die uitdrukking ek nekroon in Grieks gebruik. Dit beteken uit die dode en word slegs ten opsigte van n opstanding gebruik waarin daar ander dode is wat agterbly. Hierdie uitdrukking, wat 49 keer in die Nuwe Testament gebruik word, waarvan 34 keer in verband met die opstanding van die Here Jesus, word nie een keer in verband met die finale opstanding gebruik nie. Na die tweede opstanding word slegs as toon nekroon verwys, wat die opstanding van die dode is. Wanneer die wegraping plaasvind, staan die regverdiges met verheerlikte liggame onder die ander dode op (vanuit die dode) en gaan dan met di wat nog in die lewe is, Christus tegemoet in die lug (1 Thess. 4:16-17).

Die ander dode is die ongeredde menigte van alle eeue, en hulle sal nie herleef totdat die duisend jaar voleindig is nie (Op. 20:5). Hulle sal dan voor die groot wit troon verskyn om tot die ewige dood in die poel van vuur verdoem te word.

Kenmerke van die vrederyk

Die wreld met sy natuurlike skepping en al sy inwoners sal n totaal nuwe bedeling betree wanneer die koninkryk van Christus geopenbaar is, want dan sal Hy wat die wreld gemaak het, saam met sy heiliges oor die aarde regeer. Die koninkryk van die duisternis wat deur die eeue heen net op vernietigingswerk ingestel was, sal sy magsbasisse en invloedsfeer heeltemal verloor. Toestande sal dus radikaal anders as gedurende die kerkbedeling wees. Die volgende is die belangrikste kenmerke van die toekomstige vrederyk op aarde:

       God sal in die Persoon van Jesus Christus op aarde regeer. n Teokratiese wreldregering sal dus gevestig word (Luk. 1:31-33; Op. 19:15; Jes. 11:5-16).

       Die troon van Christus sal in Jerusalem wees (Sag. 8:22; Jes. 24:23). Sy regering sal deur geregtigheid gekenmerk word (Jes. 1:26-27; Jer. 23:5-6), en die nasies sal na Jerusalem optrek om in die we van die Here onderrig te word (Jes. 2:2-3).

       Die Here sal die smaad van sy volk Israel vir ewig van die aarde af wegneem (Jes. 25:8-9). Daar sal geen sprake meer van Jodehaat en oorlo teen Israel wees nie (Jes. 60:12,14).

       Daar sal vrede wees. Nasies sal nie meer leer om oorlog te voer nie (Jes. 2:4), want hulle sal nie meer wandel na die verharding van hul bose harte nie (Jer. 3:17).

       Satan sal gebind wees sodat hy die nasies nie kan verlei nie (Op. 20:1-4). Hy en sy demone sal dus nie in n posisie wees om rebellie teen God se koninkryk te stig, valse godsdienste te bevorder en die mensdom tot aktiewe dade van sonde aan te hits en te bemagtig nie.

       Die leiers van die nasies sal spontaan na Jerusalem optrek om deur die Here onderrig te word en in sy we te wandel (Jes. 2:3; 11:10; Sag. 8:20-22).

       Omdat sterflike mense nog steeds met n sondige natuur gebore sal word, sal hulle gevangeliseer en gedissiplineer moet word (Op. 2:26-27; Sag. 14:16-17).

       Die geredde Israel sal hulle verbly in die Here en die hele wreld evangeliseer (Jes. 12:3-6; 40:9). Deur hulle evangelisasie sal hulle die wreld vol vrugte maak (Jes. 27:6) en hulleself grootliks in die Here verbly (Jes. 28:5).

       Israel sal deur al die nasies geer en gedien word omdat hulle in n baie spesiale sin die volk van die Koning sal wees (Sag. 8:23; Jes. 60:14). Israel se bure en huidige vyande soos Egipte en Assiri (lg. sluit Siri en Irak in) sal Israel probeer oortref in die wyse waarop hulle die Messias in daardie tyd sal eer en dien (Jes. 19:23-25).

       Die aarde sal vol wees van die kennis van die Here soos die waters die seebodem oordek (Hab. 2:14). Die name van die afgode en valse godsdienste sal heeltemal uit die wreld uitgeroei word (Sag. 13:2; Hos. 2:16).

       Daar sal nie siekte wees nie: Geen inwoner sal s: ek is siek nie (Jes. 33:24). n Stroom water sal uit Jerusalem vloei, met vrugtebome aan weerskante, waarvan die blare tot genesing sal wees (Eseg. 47:12).

       Mense sal ho ouderdomme bereik. n Man van 100 jaar oud sal as n kind beskou word (Jes. 65:20-23). Die proses van veroudering sal dus baie stadiger plaasvind, soos voor die vloed.

       Die natuur, wat as gevolg van die sondeval aan die nietigheid onderworpe is, sal sy volle potensiaal bereik en nie onder die druk van natuurrampe gebuk gaan nie. Om di rede wag die hele skepping met reikhalsende verwagting op die openbaarmaking van die kinders van God (Rom. 8:19-22; Jes. 41:18-20).

       Tye van ekonomiese voorspoed sal aanbreek. Wanneer dit planttyd is, sal die vorige oes nog nie eers klaar ingesamel wees nie (Jes. 55:13; Amos 9:13-14; Jol 3:18).

       Daar sal n ten volle ontwikkelde, ekonomies voorspoedige gemeenskap wees wat in die behoeftes van die Koning se onderdane sal voorsien (Jes. 65:21-23).

       Harmonie sal in die diereryk heers. Die wolf sal saam met die lam wei en die leeu gras vreet soos n os, omdat die Here n nuwe verbond met die diere van die veld en die visse van die see sal sluit (Jes.11:6-9; 65:25; Hos. 2:17).

Israel se posisie in die vrederyk

Uit Israel se oogpunt is dit om die volgende vier redes baie duidelik dat die vrederyk nog nie vir hierdie volk aangebreek het nie:

Eerstens: Volgens die profete sal die beloofde Messiasryk ongekende seninge vir Israel meebring nadat dit aangebreek het. Die volk het nie een van hierdie seninge die afgelope 2000 jaar beleef nie. Tydens hulle internasionale ballingskap was daar geen ander volk wat soveel aanhoudende smarte as die Jode ervaar het nie. Selfs in die 40 jaar voor die verwoesting van Jerusalem in die eerste eeu, was die land Israel n kookpot van onderlinge twiste, haat en opstande teen die Romeinse owerheid.

Tweedens: In die vrederyk sal die Messias benewens sy wreldwye koningskap ook die Koning van die Jode wees. Die feit is dat die Jode nog nooit vir Jesus as hulle Koning en Messias erken het nie. Hulle het nog nie as volk die geopende o gehad om vir Hom wat hulle deurboor het, as Messias te erken nie (Sag. 12:10). Indien Jesus reeds die koningskap op die troon van Dawid aanvaar het (Luk. 1:32; Hand. 15:16-17), dan is Hy as Koning van die Jode n Koning sonder n volk. Om profesie s te verklaar, kom prakties daarop neer om Bybelse stellings te ontken en in die plek daarvan jou eie teorie te verkondig.

Derdens: In die vrederyk sal Jerusalem as die hoofstad van die wreld hoog en verhewe wees. Die nasies sal daarheen toestroom om in die we van die Here onderrig te word, en die volk Israel sal deur hulle geer word. Die afgelope byna 2000 jaar is Jerusalem se regmatige inwoners egter deur die nasies verstrooi en die stad misken en vertrap.

Vierdens: In die vrederyk sal Israel hulle doel as die volk van God verwesenlik en die hele wreld evangeliseer. Tot dusver het hulle as volk nog nie die Messias aanvaar nie en kon dus nog nie sy boodskap van verlossing aan die nasies verkondig nie.

Israel se posisie in die komende Messiasryk word dikwels in die Ou Testament beskryf en spesifiek met die dag van die Here in verband gebring. Aan die begin van hierdie tyd, tydens die verdrukking, sal die Here Israel se vyande verdelg en ook die volk Israel in n tyd van benoudheid bring waaruit net n oorblyfsel gered sal word. Daarna, in die millennium, sal n tyd van sen, oorvloed, blydskap in die Here en vrede op aarde aanbreek. Israel sal dan sy volle potensiaal as volk van God vervul en n nasie wees waardeur die Here die hele aarde sal sen. Paulus het van Israel ges: As hulle val die rykdom van die wreld is hoeveel te meer sal hulle volheid dit nie wees nie! (Rom. 11:12).

Deur Israel se val, omdat hulle die Messias, Jesus, verwerp en laat kruisig het, is die versoening van God aan die nie-Joodse wreld gebied. Wat n geweldige sen is dit nie vir ons nie! Hoeveel te meer sal Israel dan nie in die vrederyk n sen vir die wreld wees wanneer hulle die verlossingswerk van die Messias onder alle nasies sal verkondig nie! Hulle sal dan hulle roeping as volk van God ten volle vervul. Die volgende is voorbeelde van beloftes oor Israel se herstel en heerlikheid in die komende Messiasryk:

Die hele oorblyfsel van Israel sal die koninkryk van God berf: En in di dag sal die Here vrugte afslaan, van die stroom van die Eufraat af tot by die spruit van Egipte, en jlle sal ingesamel word, een vir een, o kinders van Israel! (Jes. 27:12).

Want die dag is daar dat die oppassers op die berge van Efraim roep: Maak julle klaar en laat ons optrek na Sion, na die Here onse God. Want so s die Here: Jubel oor Jakob van vreugde, en juig oor die hoof van die nasies; laat dit hoor, sing lof en s: O Here, verlos u volk, die oorblyfsel van Israel! Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek met die huis van Israel en die huis van Juda n nuwe verbond sal sluit Ek gee my wet in hulle binneste en skrywe dit op hulle hart; en Ek sal vir hulle n God wees, en hulle sal vir My n volk wees (Jer. 31:6-7,31,33).

En hulle sal My tot n eiendom wees, s die Here van die lerskare, op die dag wat Ek skep, en Ek sal met hulle medelye h soos n man medelye het met sy seun wat hom dien" (Mal. 3:17).

Die Messias sal van die troon van Dawid af regeer: In di dag sal Ek die vervalle hut van Dawid weer oprig, en Ek sal sy skeure toebou en sy puinhope herstel, en Ek sal dit opbou soos in die ou tyd; sodat hulle in besit kan neem die oorblyfsel van Edom en al die nasies oor wie my Naam uitgeroep is, spreek die Here wat dit doen En Ek sal die lot van my volk Israel verander, en hulle sal die verwoeste stede bou en bewoon en Ek sal hulle plant in hul land, en hulle sal nie meer uitgeruk word uit hul land wat Ek hulle gegee het nie, s die Here jou God (Amos 9:11-12,14-15).

Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat Ek die goeie woord in vervulling laat gaan wat Ek gespreek het aangaande die huis van Israel en die huis van Juda. In di dae en in di tyd sal Ek vir Dawid n Spruit van geregtigheid laat uitspruit, en Hy [die Messias] sal reg en geregtigheid doen in die land. En in di dae sal Juda verlos word en Jerusalem veilig woon; en dit sal die naam daarvan wees: Die Here ons Geregtigheid (Jer. 33:14-16).

Jerusalem n die hele land sal herbou en herstel word: Daar kom n dag om jou mure te herbou! In di dag sal die gebied ruim wees (Miga 7:11).

Kyk, daar kom dae, spreek die Here, dat die stad vir die Here herbou sal word, van die toring Hannel af tot by die Hoekpoort [dit] sal nie weer uitgeruk of verwoes word tot in ewigheid nie (Jer. 31:38,40).

Dan sal julle weet dat Ek die Here julle God is, wat woon op Sion, my heilige berg; dan sal Jerusalem n heiligdom wees" (Jol 3:17).

Kyk, Ek laat vir die stad genesing en gesondmaking tot stand kom en sal hulle gesond maak en aan hulle openbaar n oorvloed van duursame vrede. En Ek sal die lot van Juda en die lot van Israel verander en hulle bou soos tevore. En Ek sal hulle reinig van al hulle ongeregtigheid waarmee hulle teen My gesondig het, en vergewe al hulle ongeregtighede waarmee hulle teen My gesondig en teen My oortree het. En die stad sal vir My wees n vreugdevolle roem, n lof en n sieraad by al die nasies van die aarde wat sal hoor van al die goeie wat Ek aan hulle doen; en hulle sal bewe en ontroer word oor al die goeie en oor al die vrede wat Ek daaraan bewys (Jer. 33:6-9).

o Julle wat die Here herinner aan sy beloftes moenie rus nie en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot n lof op aarde (Jes. 62:6-7).

Die hele Israel sal die Here dien: In di dag sal hierdie lied gesing word in die land Juda: n Sterk stad het ons; God stel heil tot mure en skanse. Maak oop die poorte, dat die regverdige nasie kan ingaan wat die trou bewaar! (Jes. 26:1-2).

In di dag sal die Here van die lerskare wees tot n sierlike kroon en n pragtige krans vir die oorblyfsel van sy volk (Jes. 28:5).

En julle sal in di dag s: Dank die Here, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!... laat dit bekend wees op die hele aarde (Jes. 12:4-5).

In die dae wat kom, sal Jakob wortel skiet, Israel sal bloei en uitbot, sodat hulle die wreld vol vrugte sal maak (Jes. 27:6).

Israel sal deur die nasies geer word: So s die Here van die lerskare: In di dae sal tien man uit al die tale van die nasies die slip van n Joodse man gryp en dit vashou en s: Ons wil met julle saamgaan, want ons het gehoor dat God met julle is (Sag. 8:23).

En die seuns van hulle wat jou verdruk het, sal gebukkend na jou toe trek; en almal wat jou verag het, sal hulle neerbuig by jou voetsole; en hulle sal jou noem: Stad van die Here, Sion van die Heilige van Israel (Jes. 60:14; vgl. Jes. 49:23).

Al die nasies sal saam met Israel die Here dien: En in di dag sal die nasies vra na die wortel van Isai [verwysende na Jesus, die Messias] wat daar staan as n banier van die volke, en sy rusplek sal heerlik wees (Jes. 11:10).

In di dag sal die mens kyk na sy Maker, en sy o sal sien op die Heilige van Israel (Jes. 17:7).

Want dan sal Ek aan die volke rein lippe toebring, sodat hulle almal die Naam van die Here sal aanroep en Hom met n eenparige skouer sal dien (Sef. 3:9).

So s die Here van die lerskare: Nog sal volke aankom en die inwoners van baie stede. En die inwoners van die een stad sal gaan na die ander en s: Kom, laat ons heengaan om die aangesig van die Here om genade te smeek en die Here van die lerskare te soek... So sal dan baie volke en magtige nasies kom om die Here van die lerskare in Jerusalem te soek en die aangesig van die Here om genade te smeek (Sag. 8:20-22).

In di dag [dit is die dag van die Here in die komende vrederyk] sal daar n grootpad wees van Egipte na Assiri, en Assirirs sal in Egipte kom en Egiptenaars in Assiri; en Egipte sal saam met Assiri die Here dien. En in di dag sal Israel die derde wees naas [saam met] Egipte en Assiri, n sen in die midde van die aarde, omdat die Here van die lerskare hom gesen het met die woorde: Gesend is my volk Egipte en my maaksel Assiri en my erfdeel Israel! (Jes. 19:23-25).

Groot ekonomiese voorspoed sal heers: Dan sal Hy ren gee vir die saad waarmee jy die grond besaai, en broodkoring wat die grond voortbring, en dit sal smaaklik en voedsaam wees; jou vee sal in di dag wei op n uitgestrekte weiveld en op elke ho berg en op elke verhewe heuwel sal strome wees... (Jes. 30:23,25).

En op di dag sal die berge drup van mos en die heuwels vloei van melk en al die spruitjies van Juda stroom van water; en uit die huis van die Here sal daar n fontein uitkom om die dal van Sittim te besproei (Jol 3:18).

Kyk die dae kom, spreek die Here, dat die ploer die maaier inhaal... dat die berge van mos sal drup en al die heuwels daarvan oorvloei sal wees (Amos 9:13).

Hierdie en baie ander seninge sal die kenmerk van die Messias se duisendjarige vrederyk wees wanneer Hy op die troon van Dawid regeer. Sy verheerlikte kerk sal saam met Hom regeer en geregtigheid oral op aarde laat geskied. Israel sal n leidende rol in wreldsake speel en die Here se spesiale getuies onder die nasies wees. Al die nasies sal hulle eer, erken en respekteer.

Dispensasionele onderskeid

Indien die toekomstige dispensasie van die koninkryk (die vrederyk van Christus) nie duidelik van die huidige kerkdispensasie onderskei word nie, kan dit tot groot teologiese verwarring en verkeerde verwagtings lei. Wanneer hierdie twee bedelings saamgegooi word, lei dit na n vorm van koninkryksteologie waarin tekens en wonders nagestreef word, asook mensgemaakte herlewings met die oog op die verwagte oorname van die wreld. Baie Christenleiers wil n soos konings leef en groot magte beoefen.

Laat ons voortgaan om die ware millennium te verwag wat n die koms van die Koning, Jesus Christus, sal aanbreek. Slegs H kan die oorblyfsel van Israel n die nasies red (Sag. 12:10; Matt. 24:30), die duiwel in 'n put laat bind (Op. 20:1-3), die troon van Dawid herstel (Hand. 15:16-17) en toestande van vrede en harmonie op aarde skep. As ons bereid is om nou te ly en ons bediening te midde van groot testand te vervul (Joh. 16:33, 1 Thess. 3:3-4), sal ons waardig wees om saam met Christus in sy geopenbaarde koninkryk te regeer (Rom. 8:17).

Diegene wat probeer om vr die Koning se koms 'n kunsmatige utopia op aarde te skep, is besig om 'n humanistiese droom deur rekonstruksionisme te probeer verwesenlik. Daar is tans toestande op aarde wat ons net eenvoudig nie kan verander voordat die Here Jesus weer kom nie! Ons kan ten beste in hierdie bedeling die lig van n geestelik donker wreld en die sout van n moreel bedorwe aarde wees, met die wete dat omstandighede nader aan die einde aansienlik sal versleg (1 Tim. 4:1; 2 Tim. 3:1; 2 Thess. 2:3). Dit is waarom ons 'n wonderlike toekomsverwagting in verband met die Here Jesus se wederkoms het. Ons sal nie alleen die komende verdrukking waarop die vervallende wreld gewis afstuur, ontvlug nie (Luk. 21:36), maar sewe jaar later terugkom om saam met Christus in sy geopenbaarde koninkryk op aarde te regeer (Op. 5:9-10).